sa gideon herfs-uitgawe 2020 ...1 sa gideon herfs-uitgawe 2020 1 sa gideon herfs-uitgawe 2020 42...

22
SA GIDEON www.gideons.co.za Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar Ons Gebed “sodat die volgende geslag dit kan weet en die kinders wat nog gebore sal word, dit weer aan húlle kinders kan vertel.” AMPTELIKE KWARTAALLIKSE TYDSKRIF VAN DIE GIDEONS INTERNASIONAAL IN SUID-AFRIKA Psalm 78:6

Upload: others

Post on 29-Mar-2021

18 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

1SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 20201 www.gideons.co.za

SA GIDEONwww.gideons.co.zaHerfs-uitgawe 2020

42 Jaar en steeds geen einde nieToekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar Ons Gebed

“sodat die volgende geslag ditkan weet en die kinders wat nog gebore sal word, dit weer aan húlle kinders kan vertel.”

AMPTELIKE KWARTAALLIKSE TYDSKRIF VAN DIE GIDEONS INTERNASIONAAL IN SUID-AFRIKA

Psalm 78:6

Page 2: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

2 www.gideons.co.za

ARTIKELHERFS-UITGAWE 2020

REDAKTEURJohanett Theunissen

TAALVERSORGINGFrieda Tolsma

ONTWERP & UITLEGGwyn Lubbe

DRUKKERSSunnyprint

HOOFKANTOORDie Gideons Internasionaal in

Suid-Afrika

KONTAKPosbus 11263, Hatfield, 0028

Tel: (012) 460 7241/2Faks: (012) 460 8552

epos: [email protected]

BANKBESONDERHEDEEerste Nasionale Bank (FNB),

PretoriaTakkode: 25 14 45 (EFT)

Tjekrekening: 510 608 41 497

facebook.com/Gideonsinternational

SouthAfrica

The Gideons Intl in SA

www.gideons.co.zaSA G

IDEO

N

SA GIDEON 4 42 Jaar en steeds geen

einde nie Rudi Claassen

6 Toekomsbouersberaad 2020 Koers Fourie

9 Internasionale perspektief Dan Heighway

10 Van gevangene tot predikant Sean Potter

12 Angola blitz Christo Fourie

14 Die Kerk en Die Gideons Ds. Willem Badenhorst

16 Ons gebed Johan du Plessis en Ané Esterhuizen

18 Opleiding – ʼn Nuwe era breek aan Petrie Mouton

20 Ter wille van Jesus Christus Geopende Deure

22 Die Geloofsfonds en die Vriende van Gideons inisiatief Wat is die verskil?

Page 3: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

3SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 2020

by die herfs-uitgawe van dieSA Gideon

WelkomARTIKEL

n hierdie uitgawe neem ons u op ʼn reis.

Eerstens ʼn reis na die toekoms saam met die Toekomsbouers, ʼn groep jong Gideons en hulle vrouens; gevolg deur ʼn geestelike reis saam met ons nasionale kapelane, Johan en Ané.Onderneem ʼn reis na ʼn geskiedkundige eerste vir Die Gideons – opleiding vir amper 100 mense via ʼn webinaar.

Ons maak ook twee lewensreise mee: een van ʼn gevangene wat vandag ʼn pastoor is met sy eie gemeente, asook ʼn reis van diens en leierskap oor 42 jaar saam met Die Gideons.

Laastens reis ons saam met medegelowiges en leer meer oor wat hulle ter wille van die Evangelie moet verduur.

Kom reis saam met ons!

SEËNWENSEDie Redaksionele span

I

Page 4: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

4 www.gideons.co.za HOW DO YOU ACT TOWARDS OTHERS?

E k is ʼn boorling van die Paarl, en het my voor- en nagraadse studies voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch.

Een van my doelwitte was om vir ʼn tyd lank ʼn sendingdokter te wees voordat ek privaat gaan praktiseer. Uit dankbaarheid wou ek iets vir die koninkryk van God doen en toe ʼn kollega my nooi na ʼn Gideons nuwe lede-aand, het dit my gepas om op ʼn georganiseerde wyse vir die Here te kan werk binne bestaande strukture. Ek was 25 jaar en een maand oud toe ek

42 jaar gelede aangesluit het en Sarette, my vrou, het ʼn paar maande later ʼn Hulpgroeplid geword.Hoewel dit nooit op my agenda was nie het ek in die bestuur van die vereniging beland wat ook uiteindelik ʼn baie verrykende ondervinding was. As nasionale president was daar destyds ʼn paar moeilike besluite om te neem, maar daar was ʼn goeie span manne op die kabinet en ʼn ondersteunende uitvoerende komitee wat baie ure se werk ingesit het.

42 JAAR

Rudi Claassen vertel ons van sy meer as vier dekades in die bediening van Die Gideons.

EN STEEDS GEEN EINDE NIE

42J A A R

Page 5: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

5SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 2020

Vanaf 2013 tot 2019 het die besondere voorreg my te beurt geval om as die internasionale trustee van Suid-Afrika verkies te word en te dien op die Internasionale Kabinet. Dit was ʼn spesiale tyd in my lewe om te assosieer met uiters toegewyde manne op die i n t e r n a s i o n a l e kabinet wat in hul eie beroepe groot sukses behaal het en baie verantwoordelikheid daar gehad het en dan nog tyd kon maak om soveel werk vir die bediening te doen. Sonder my dierbare vrou sou ek nie die verskeie bestuursposisies kon hanteer nie. Toe sy Hulpgroeppresident was, kon ek weer vir ʼn tydjie net as haar chauffeur funksioneer. Dis geen geheim dat Gideons wie se vrouens ook deel van die bediening is, geneig is om meer betrokke te wees.Deesdae is ek net aktief in my laer wat vir my ʼn groot vreugde is, want dis op laervlak waar die bediening eintlik gebeur. Ek het op laervlak nou die verantwoordelikheid om die Vriende-inisiatief te dryf en is ook verantwoordelik vir nuwe lede en ons het ʼn vrugbare paar maande agter die rug wat Vriende en lede betref.Tans is ek afgetree en dit gee my ook meer vryheid om leraarsverhoudinge te bou en om my rol in die laer meer effektief te vervul. Die afwesigheid van die stres van mikrochirurgie wat ek as oogspesialis moes doen en die afwesigheid van die verantwoordelikheid om ʼn eenmanspraktyk effektief te bedryf, is ʼn groot lekkerte.Dit is noodsaaklik dat ons meer jonger lede kry en daarvoor dink ek moet ons ʼn bietjie minder formeel word en die nuwe lede moet gementor word en in

die bediening ingelyf word. Dit help ook as ʼn mens meer as een jong persoon in ʼn laer saam betrek sodat hulle met mekaar ʼn nouer band kan smee. Hoe gouer hulle ook op ʼn blitz gaan, hoe

meer entoesiasties is hulle. Ek poog tans om vyf nuwe lede te mentor en dis ʼn groot vreugde om my kennis met hulle te

deel en hul te motiveer met betrekking tot persoonlike werk.Ek onthou toe ek by geleentheid gestaan en wag het by die konvensiehotel om lughawe toe te gaan, het ek opgemerk dat die deurwag daar rond staan. Ek knoop toe ʼn gesprek met hom aan. Later vra ek vir hom of hy weet waarheen hy gaan as hy sterf. “Nee”, sê hy, “want ek was nog nie dood gewees nie.” Ons kon nie help om saam te lag voordat ek die pad van saligheid aan hom verduidelik het nie. Dis die getuienis-geleenthede wat die Here voorsien wat ons moet aangryp.Een van die dinge wat my altyd tref is hoe die Here vir ʼn mens sorg as jy besig is met Sy werk. My personeel het my spontaan vertel dat wanneer ek weg was na Internasionale Kabinetsvergaderings, my telefoon feitlik nooit gelui het nie, maar net voor ek moes terugkom, het dit onophoudelik gelui.

Na soveel jare in die bediening is dit absoluut ʼn leefwyse en my lewe was en is altyd rondom Gideonsaktiwiteite gereël. Ek sou beslis geestelik baie armer gewees het as ek nie by die bediening aangesluit het nie en sou nie naastenby die vrymoedigheid gehad het om te getuig soos ek nou doen nie.

Rudi Claassen Durbanville laer

RUDI CLAASSEN

“...hoe die Here vir ʼn mens sorg as jy besig is met Sy

werk.”

Page 6: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

6 www.gideons.co.za

TOEKOMS-BOUERSBERAAD 2020

Gedurende die naweek van 10 en 11 Januarie 2020 het jong Gideons en

Hulpgroeplede van regoor Suid-Afrika by Monte Bello Estate in Bloemfontein bymekaar gekom. Jong manne en vroue wat dieselfde voel en dink, het onder een dak koppe bymekaar gesit, om geïnspireer en bemagtig te word met ‘n nuwe, positiewe visie vir die jonger generasie in die Gideonsbediening.

Die missie van die Toekomsbouersberaad was om:

• Die jong lede toe te rus met innoverend mentorskap deur Christo

en Koers Fourie, Corné de Jager en Leon van der Merwe.• Jonger, passievolle Gideons, hul vrouens en kinders vir ‘n naweek bymekaar te kry.• Hul gemeenskaplike visie en doelwit met mekaar te kon deel, naamlik om verlore mense deur die Woord te bereik en hierde verlorenes die geleentheid te gee om die Here Jesus Christus aan te neem as Verlosser.• Die belangrikste “kernwaardes” van die Gideonsbediening te beklemtoon en elkeen weer opnuut te herinner om getrou te bly in die

“It is no longer someone else’s job to worry about the next generation and what kind of leaders they will be. It is our responsibility, as Christian leaders, to produce young people who are grounded in Truth and who are willing to influence the world by living Christ-focused lives.” Josh McDowell, Skrywer van “Evidence that demands a Verdict.”

Page 7: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

7SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 2020

roeping wat aan hulle gegee is.• Kosbare tyd saam te spandeer in aanbidding, gebed en geleentheid is gegee om idees uit te ruil, mekaar positief te bemoedig en aan te spoor.• Die jong leiers uit te daag met ‘n verskeidenheid toepaslike onderwerpe .• Na die strategieë en die uitkomste tydens kleingroepbesprekings te luister.• Leiding te gee oor hoe belangrike struikelblokke in die bediening oorkom kan word en hoe elkeen ‘n verskil kan maak.• Die jonger geslag te bemagtig om die Gideonsbediening te verstaan en met selfvertroue rigting te gee deur tye van verandering.• Familietyd saam met hul kinders te kon spandeer, asook die kinders onder toesig van ‘n bekwame kleuterskooljuffrou te los, wat dit makliker gemaak het vir die mammas.• ‘n Onvergeetlike naweek saam met jong Gideonfamilies te kon hê.

Die kerndoel van die naweek was om na die jong Gideons en hul vrouens se kreatiewe idees en doelstellings te luister en dit na vore te bring.

Saterdagoggend is begin met die emosionele getuienis van Charles Dunn. Na sy getuienis is almal weer eens geïnspireer en gemotiveer om met nuwe ywer in die bediening te werk. Die belangrikheid om die Woord van God in gevangenisse te plaas, is opnuut deur Charles beklemtoon.

Hier is die terugvoer van sommiges wat die naweek bygewoon het:

“Dit is maklik om negatief te raak en te wonder of daar nog ‘n plek vir die jonger generasie in Die Gideonsbediening is. Baie dankie vir die naweek. Dankie Leon dat julle na ons behoeftes geluister het. Ons het moed en hoop vir die toekoms gekry. Ons gaan werklik moeite doen

om jonger mense by hierdie wonderlike bediening betrokke te kry.”

“Ek was altyd baie konserwatief in my aa n b id d ing. Tyd ens d ie Toekoms-bouersberaad kon ek die kettings loslaat en die Here ten volle prys en aanbid. Ek het ‘n bevryding in myself ervaar deur die aanbidding. Dankie vir die wonderlike aanbiddingsmusiek.”

“Dankie dat ek die hele ‘Beraad’ kon bywoon, sonder om my oor die kinders te bekommer - dankie Jo-Mari, jy was uitstekend!”

Die Bouersberaad sou nie suksesvol wees sonder die vrygewigheid en vriendelikheid van die Groblers van Monte Bello nie. Die warmte en gasvryheid van Sonja Grobler en haar span is deur die ‘Toekomsbouers’ diep geraak. Die personeel was ongelooflik en die Gideons is soos koninklikes bedien. Die watertand maaltye is iets wat almal sal bybly. Weer eens dankie dat julle sulke fantastiese gashere was!

Die Toekomsbouersberaad was ‘n naweek, propvol gelaai met oomblikke van kragtige aanbidding, nuwe idees, lekker gesels en lag. Almal het Bloemfontein verlaat, verfris, herlaai en geïnspireer om ‘n verskil in die bediening te maak.

“sodat die volgende geslag dit kan weet en die kinders wat nog gebore sal word, dit weer aan hulle kinders kan vertel.” Psalm 78:6

Koers FourieNasionale Hulpgroep-ledeprogramkoördineerder

Page 8: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

8 www.gideons.co.za

Internasionale Konvensie

NASHVILLE, TENNESSEEWelkom by die 121ste jaarlikse Internasionale Kovensie van Die Gideons Internasionaal. Die Konvensie vind op 21-26 Julie 2020 in Nashville, Tennessee, VSA, plaas. Die tema is ‘Maak gereed en bou’. Dit is ‘n hoogs geantisipeerde byeenkoms, dus is vroeë registrasie belangrik om u bywoning te verseker.

Indien u wil bywoon, stuur asseblief ‘n e-pos aan die Nasionale Dienssentrum wat met u in verbinding sal tree om u op die konvensie-webwerf te registreer.

Vlugte - Afgevaardigdes moet sorg dat hulle betyds arriveer vir die aanvang van die Konvensie. Bespreek asseblief u vlugte om op 20 Julie te arriveer. As u op 26 Julie ‘n kerkaanbieding wil waarneem, moet u vertrek vir 27 Julie bespreek word.Visums - Suid-Afrikaanse afgevaardigdes benodig ‘n toerismevisum om die VSA te besoek. Let wel dat visumaansoeke baie lank kan duur om te voltooi.Hotelkamers - Kamerbesprekings vir die Suid-Afrikaanse afvaardiging sal deur die Nasionale Dienssentrum gemaak word; u kredietkaartbesonderhede is belangrik omdat die betaling van die deposito u bespreking verseker. Hotelkamer is $161,50 insluitend belasting per nag. Kinders wat in dieselfde kamer saam met ouers bly, is gratis. Akkommodasie word volgens u versoek toegeken, onderhewig aan beskikbaarheid.Internasionale Hoofkantoor-toer - Die Internasionale Hoofkantoor is 15 minute van die Internasionale Konvensie af. ‘n Bus haal die afgevaardigdes by die hotel af, bring hulle na die Internasionale Hoofkantoor en bring hulle terug na die hotel.

2020 Internasionale Konvensie | Nashville, TN | 21-26 Julie

Page 9: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

9SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 2020

Wat is die handelsmerk van Die Gideons Internasionaal? Waarvoor is ons bekend?Die meeste mense vereenselwig Die Gideons met die verspreiding van die Woord van God, maar my begeerte is dat mense Die Gideons sal begin sien as die primêre bediening vir besigheids-en professionele mans en hul vrouens.

Hoe ontwikkel Die Gideons in die digitale omgewing?Dit is ‘n uitdaging om ‘n organisasie te neem wat in die papieromgewing be-gin het en dit in ‘n digitale omgewing te omskep. Ek glo Die Gideons is goed geposisioneer en moet in die rigting beweeg. Ons moet na interne prosesse kyk en vanuit die digitale oogpunt oor die bediening nadink - veral hoe om an-der vir die Here Jesus Christus te wen.

Hoe belangrik is persoonlike werk in die bediening?Ek glo dat baie mense juis by die be-diening aansluit omdat hulle glo dat hulle ‘n verskil in mense se lewens kan maak deur die Woord van God met hulle te deel.

Wat is die rol van vroue in die be-diening?Baie dinge in die lewe van ‘n sakeman neem hom van sy vrou weg. Deur Die Gideons kan man en vrou saam in die bediening wees. Dit is ‘n seën vir my vrou, Karen, en vir my.

Wat is u belangrikste bekommernisse oor die bediening?Ek sou sê die eerste probleem is lid-maatskap. Oor die hele wêreld was daar slegs twee lande in die afgelope tien jaar wat ‘n konstante groei in lidmaat-skap getoon het, Indië en Duitsland. Die ledetal wêreldwyd neem af, wat bete-ken dat die invloed in die wêreld af-neem. My ander groot bekommernis is die geestelike welstand van die bedien-ing.

Wat is die rol van Suid-Afrika in die toekoms?Daar is gebiede in die land waar die be-diening nie gevestig is nie, en dit is ‘n geleentheid om die bediening op te bou. Ek bid dat God u ‘n manier sal wys om dit te doen om verlorenes vir Christus te bereik.

INTERNASIONALEPERSPEKTIEF

Dan Heighway, uitvoerende direkteur van Die Gideons Internasionaal sedert 2018, het Suid-Afrika einde Januarie vanjaar besoek. Leon van der Merwe het met hom gesels.

Page 10: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

10 www.gideons.co.za

Van gevangenetot predikant

Page 11: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

11SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 2020

Op Donderdag 17 Januarie 2019 het ek teruggekeer na my kantoor na ‘n suksesvolle Bybelplasing in die Johannesburg Sentraal-

gevangenis. ‘n Man met ‘n Bybel het by my kantoordeur kom staan. Ek het hom ingenooi en gevra of ek moontlik kan help. Hy het homself voorgestel as pastoor Matthew. Hy het my vertel dat hy van deur tot deur gaan om geld in te samel om sy kerktent, wat deur ‘n storm beskadig is, te herstel. Ek het vir hom gesê dat ek ongelukkig nie geld vir hom het nie, maar ons het voortgegaan om oor die dinge van die Here te praat en toe ook Die Gideons bespreek. “O, Die Gideons het my lewe gered,” het pastoor Matthew vertel. “Ek het in die Sentraal-gevangenis in Johannesburg op my bed gelê en beplan hoe ek myself sou doodmaak. Dit was op 26 November 1997. Ek kan die dag onthou omdat dit my ma se verjaardag was. Iemand van Die Gideons het die sel binnegekom en my ‘n Bybel gegee, hy het met my gepraat, maar ek het nie geluister na wat hy gesê het nie. Later die dag het ek besluit om die Bybel te lees, en van daardie oomblik af het ek die voorneme verloor om myself dood te maak.” “Die Gideons het ‘n paar dae later, op 5 Desember, weer na die gevangenis gekom. Hierdie keer wou ek hoor wat hulle sê en ek het my lewe op daardie dag aan Jesus gegee. Ek het elke dag my Bybel gelees, en God het met my begin praat. Hy het vir my gesê ek gaan ‘n pastoor word. Hy het my selfs die naam van die kerk gegee. God het my aangesê om met sommige van die langtermyn geharde gevangenes te gaan praat. Hulle het my meestal weggejaag en gedreig om my met ʼn mes te steek, daarom het ek die Here gevra om vir my leiding te gee. Sy antwoord: “Vas en bid”.

Soms het ek vir daardie manne 30 dae lank gevas en ek het gesien hoe hulle harte sag word en meer gewillig was om na die Evangelie te luister.” Matthew is na die Pretoria-gevangenis oorgeplaas waar hy sy studies voltooi het, asook drie ander sertifikate van verskillende Bybelskole verwerf het. Hy het die eerste persoon geword wat tegelyk ‘n gevangene by daardie korrektiewe fasiliteit was, asook een van die amptelike pastore. Hy is in 2003 vrygelaat en het die Imanuelle Bybelkerk in Randfontein gestig. Hy het tydens ‘n gevangenisbesoek aan die ‘Sun City’ tronk by ons aangesluit waar hy jare gelede die Here gevind het. Weens onvoorsiene omstandighede het ons ongelukkig nie die gevangenes daardie dag gesien nie. Hy het egter belowe dat hy weer na die gevangenis sal terugkeer om die prisoniers te besoek. ‘n Boodskap aan al my medegelowiges: ons sal miskien nooit die vrug van die saad wat ons saai sien nie, maar ons moet gehoorsaam wees en die Woord plaas, omdat God se Woord nooit leeg sal terugkeer nie (Jesaja 55:11).

Sean PotterAlberton laer

Sean Potter (regs) saam met pastoor Matthew

Page 12: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

12 www.gideons.co.za

Gedurende September 2019 het ek op ‘n blitz na die stad Luanda vertrek. Aan die een kant een van die duurste stede ter wêreld met ‘n bevolking van 2,6 miljoen, maar aan die ander kant ook ‘n stad waar armoede en terreur heers.

GENERAAL JORGE DA CRONHA VUNGULIPIOp 15 was hy ‘n skerpskutter en ‘n genadelose moordenaar. Hy het Christene vervolg en doodgemaak.Die mees radikale en dramatiese optrede was toe hy ‘n evangeliese pastoor tereggestel het. Kort voor sy teregstelling het hierdie pastoor generaal Vungulipi gevra of hy vir hom kon bid. Nadat hy gebid het, het hy vir generaal Vungulipi ‘n Bybel van Die Gideons gegee en hom gevra om Romeine 10:20 te lees. Generaal Vungulipe het die gedeelte gelees, maar dit het nie vir hom sin gemaak nie. Hy het die pastoor tereggestel.Generaal Vungulipi was baie ontsteld toe hy nagedink het oor die woorde van die pastoor se gebed, net voor hy hom tereggestel het. Hy het gebid: ‘Vader, vergewe hierdie jong man, want hy weet nie wat hy doen nie.’ Na daardie nag het hy ‘n vrees ontwikkel en vir baie jare het hy die klein Bybeltjie met hom saamgedra.

Openbaring 7:9 “Hierna het ek ‘n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande.”

Dit is die eintlike visie, nie waar nie? Om voor die troon van die Lam te staan in aanbidding met mense van regoor die wêreld. Die visie van Die Gideons Internasionaal om die Evangelie met mense van regoor die hele wêreld te deel.

ANGOLAblitz13 - 21 SEPTEMBER 2019

Page 13: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

13SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 2020

Ongeveer 20 jaar later, het hy baie siek geword en het hy die Here Jesus Christus in ‘n kerk aangeneem as persoonlike Verlosser en Saligmaker. Die predikant van die gemeente het hom gehelp om sy naam agter in die Gideon Testament te skryf. Gedurende 2011 het hy en sy vrou by die Gideonsbediening aangesluit en was hy ‘n Gideon tot die dag van sy dood in 2014. Sy vrou is steeds ‘n Hulpgroeplid. As Gideon en uitvoerende direkteur van Die Gideons in Angola, het hy sy geloof beoefen deur Testamente aan sy kollegas en die soldate in die weermag te gee. Hy het hulle gehelp om Jesus Christus as hul Here en Verlosser aan te neem.Ek het die voorreg gehad om sy vrou te ontmoet en het tydens die blitz saam met ‘n paar van sy kollegas gewerk, wat almal Gideons geword het - ‘n nalatenskap van generaal Vungulipi.ANGOLESE GIDEONS Ons Vader het my ‘n medelye vir die Angolese mense gegee. Ek het die pyn van ons Angolese Gideonbroers ervaar en kon sien hoe dringend hulle die Tesamente geplaas wou kry. Tydens die blitz het hulle nie baie geslaap nie, want gedurende die nagte het hulle die Bybels met taxi’s en klein voertuie afgelewer by die verskeie Bybelplasingsareas, sodat dit beskikbaar vir ons kon wees die volgende dag. Ons het na sommige van die moeilikste plekke gegaan, maar ons as gewone Gideons is geroep vir ‘n buitengewone reis, bevoorreg om God se groot verlossingswerk in Angola te kon ervaar. GEBEDE EN GODDELIKE AFSPRAKE Dankie vir u getroue gebede vir ons. Baie dankie vir al die intersessors, veral Leana Mostert en Francois Graaff.Ons het die Vrydagoggend probleme gehad by die universiteit met ‘n baie militante jong man wat die kampuspolisie gebel het. Ek kon nie die taal verstaan nie, maar terwyl hulle in Portugees argumenteer het, het ek

Bybels aan die kampuspolisie oorhandig en hulle het dit gretig aanvaar. Hierdie militante man het die stadspolisie en die weermag geskakel en die volgende oomblik was die stadspolisie en weermag daar.Abreue, my metgesel, het gesê dat ons probleme het – ‘n moontlikheid dat ons daardie nag in die tronk kon slaap. Ons het na die Here uitgeroep en ek het net gewéét, dat iemand êrens in hierdie wêreld op daardie oomblik vir ons bid. Hulle het in Portugees gestry en wat het ek gedoen? Ek het klein Testamente aan al die polisiebeamptes en soldate uitgedeel. Abreue het ook die voorreg gehad om vir die kolonel ‘n klein Testament te kon gee.Hulle het gery met glimlagte op hul gesigte en ons het gelukkig nie in die tronk geslaap nie. Ons eer die Here vir Goddelike afsprake en die 89 000 Testamente wat ons gedurende die week geplaas kon kry.

Ek het na die massas gekyk - so baie sonder hoop. Ons vertrou dat die krag van die Heilige Gees elke hopelose en moedelose Angolese man, vrou, skolier wat ‘n Testament ontvang het, se hart sal aanraak en die res van die werk sal doen.Psalm 28:7 “Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.” Christo FourieNasionale Ledeprogram-koördineerder

Page 14: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

14 www.gideons.co.za

Vertel ons asseblief ʼn bietjie van uself, waar u groot geword het en hoe u tot geloof in die Here gekom het?Ek is ʼn plaasseun van Lichtenburg in die Noordwes. Ek het sorgeloos in die huis van twee Godvresende ouers grootgeword. Ek sal hul ewig dankbaar bly vir hul voorbeeld van onvoorwaardelike liefde, onselfsugtigheid, integriteit, standvastigheid, eenvoud en harte vir hul medemens. My pa was ʼn man van God en ek dink ʼn saadjie vir sending, die kerk en die Woord is reeds vroeg in my lewe gesaai deur sy betrokkenheid by die kerk en sy hart vir sy mense op die plaas en in die omgewing. My ouers se liefde vir die Woord was aansteeklik. Ek het reeds op die ouderdom van vyf ʼn sterk roeping ervaar om in God se diens te staan.

Ten spyte van hierdie roeping en my opvoeding, het ek nie in ʼn persoonlike verhouding met God geleef nie. In Januarie 1988 het ek egter na ʼn kragtige

boodskap oor die radio besef dat ek verlore is en toe my hart vir die Here gegee. My hele lewe het radikaal verander en ek het ʼn ongekende passie beleef om die boodskap van redding aan alle mense te verkondig. Vertel ons meer van u passie vir sendingwerk, gebed en herlewing.My eerste gemeente was Lichtenburg Moedergemeente. Ek het ʼn begeerte gehad dat God nuwe lewe in die gemeente sou bring. Ek het baie oor herlewing gelees en verskeie herlewingseminare in die gemeente gehou. God het ons in 1995 deur sy Heilige Gees besoek en ons het ʼn radikale verandering beleef. My diepste verlange is dat God herlewing in Suid- Afrika sal bring. Behoort die kerk en Die Gideons as vennote nader aan mekaar te beweeg?Die kerk en Die Gideons is gesamentlik in God se ‘weermag’ om saam die geestelike oorlog te voer teen die bose magte. Nouer samewerking en kommunikasie is van uiterste belang om weerstand te bied teen die ‘vyand’. Watter waarde het dit vir u gehad om op te tree by die 2019 Gideons Konvensie, en wat was u ervaring van die Konvensie as geheel?Ek het geweldige respek vir die werk wat Die Gideons oor die jare gedoen het en steeds doen. Dis ʼn gerekende organisasie met baie vrug op hul arbeid. Om dus as spreker te kon optree, het my met nederigheid vervul. Dit is net deur die genade van God dat ek tydens die Konvensie kon optree, om ook op hierdie manier ʼn medewerker van die Gideonsbediening te kon wees.

Ds. Badenhorst is uitvoerende direkteur: Moreletapark Gemeente: Gebed en Evangelisasie

Ons praat met Ds. Willem Badenhorst, Bybelspreker by die 2019 Nasionale Konvensie

DI E K E R K E N DI E GI DE ON SW E R K S A A M V IR D IE KO NINK R Y K

Page 15: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

15SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 2020

AREASAAMTREKKE 2020Aandag alle Gideons en Hulpgroep - Dit is tyd vir jaarlikse areasaamtrekke, ‘n tyd vir samesyn, kameraadskap en ʼn tyd om insig in ontwikkelings van die bediening te kry.

Areasaamtrekke is ‘n gewilde byeenkoms in Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika. Wees op die uitkyk vir kommunikasie van u areadirekteur en wees deel van wat God in die bediening doen.

Let op die datum van die areasaamtrek vir u area en plaas die datum in u kalender.

6 Junie Kaapstad MetroBolandSuid-KaapNoord-Kaap

NoordrandWesrandVrystaat- Noord

KZN-SuidKZN-NoordKZN-Binneland

Oos-randNoord-Oos GautengBosveldLimpopo

13 Junie NamakwalandKarooOos-Kaap

NoordwesSuidrandVrystaat-Suid

HoëveldLaeveld

PretoriaKremetart

STREEK 1

STREEK 2

STREEK 3

STREEK 4

STREEK 1

STREEK 2

STREEK 3

STREEK 4

Page 16: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

16 www.gideons.co.za

Dat elke Gideon en Hulpgroeplid in hierdie bediening net sal doen waarvoor die Here Jesus ons geroep het en dit is om

siele vir Sy Koninkryk te wen. Dat elke lid elke geleentheid sal gebruik om persoonlike werk te doen, veral deur Persoonlikewerkerstestamente te gebruik en met selfvertroue te vertel en te getuig wat die Here Jesus in sy/haar lewe gedoen het. Dat elke laerkapelaan opnuut die uitdaging sal aanvaar om die geestelike voog vir sy/haar laerlede te wees én met albei hande die uitdaging sal aangryp en benut. In hierdie bediening is oneindige geleenthede hiervoor en moet hierdie geleenthede ten volle benut word. Om hierdie visie/droom te bereik bestaan daar geen neergelegde formule nie en sal niks bereik word deur druk en reëls aan te wend nie. Slegs deur die inwerking van die Heilige Gees in die harte van elke Gideon en Hulpgroeplid wat met sekerheid kan sê dat hy/sy ʼn kind van God is, kan hierdie visie/droom bereik word.

Hierdie visie kan slegs bereik word deur volhardende gebed vir elke Gideon en elke Hulpgroeplid, asook vir die bediening en kan ons maar net Paulus se gebed in Efesiërs 1, ook ons gebed maak: “Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en

van julle liefde vir alle gelowiges, hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur Sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop Sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.” AMEN.

MAAK DIT DEEL VAN JOU LEWE EN STEL JOU HART OOP VIR DIE KRAGTIGE WERKING VAN DIE HEILIGE GEES IN JOU.Johannes 21:22 - Volg jy My!

Ons leen die volgende gedagtes by Isak de Villiers: Om Jesus na te volg soos Petrus hier beveel, is om met Jesus saam te gaan. Om te volg beteken Iemand gaan voor my uit; ek het ʼn Gids. En wanneer jy ʼn gids in ʼn groot, vreemde stad het - soos die lewe maar is – sorg jy dat jy so na as moontlik aan die gids bly om alles te hoor wat hy sê en te gaan waar hy heen beweeg. Anders verdwaal jy gou.

Dit is ook Jesus se boodskap aan ons. Soos met Petrus verander Hy nie ons

Johan en Ané deel met ons hulle gebed vir elkeen in die bediening.

NIE ONS VISIE OF DROOM NIE MAAR

ONS GEBED

Page 17: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

17SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 2020

persoonlikheid nie, maar heilig dit langsamerhand. Daar het ʼn gedagte in die Christelike kerk ontstaan dat ons soos Jesus moet wees, moet doen soos Hy doen. Hy verwag dit egter nie eers van Petrus of Johannes nie. Ons kan tog NIE die skuld van die wêreld op ons skouers neem, aan ʼn kruis sterf en na drie dae weer opstaan nie!

Ons kan egter soos Jesus die lewe ingaan, die hele wêreld, waar die mense is. En hoe wonderlik rus Hy ons nie toe nie! Deur daagliks tyd in Sy teenwoordigheid deur te bring, kan Hy ons harte vul met Sy liefde, omgee en wysheid - tot voordeel van dié met wie ons in aanraking kom. Die bediening en ons medelede is sterker en funksioneer beter wanneer ons vir mekaar bid.

Daarby het ons Sy woord in ons hande - in ons taal, selfs in verskeie vertalings - om begrip en die toepassing of leef daarvan aan te help. Ons het die wonderlike gawe en “gereedskapstuk”, naamlik die Persoonlikewerkerstestament. Die besondere verse heel voor in die Testament, asook op die agterblad

help ons om met ander die oorvloedige LEWE te deel en dit boonop in hul eie taal!

Jy en ek het ook elkeen ons eie storie van Jesus se genade en voorsiening in ons lewens. Ons getuienis kan ander bemoedig, toerus en aanvuur. Mag ons Jesus getrou volg en die Persoonlikewerkerstestamente en ons eie getuienis gebruik oral waar ons gaan.

Kom ons vra Jesus daagliks om vir ons geleenthede te skep en ons elkeen op ons eie, unieke manier te gebruik tot Sy eer en tot uitbou van Sy koninkryk. Soli Deo Gloria!

“Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.” (Efesiers 6:10-11).

Johan du Plessis Nasionale kapelaan & Ané Esterhuizen Nasionale Hulpgroep- kapelaan

Page 18: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

18 www.gideons.co.za

OPLEIDING‘N NUWE ERA BREEK AANLigte, kamera, aksie .. . Dit was die oggend van 25 Januarie 2020 en die ontvangsarea by die Nasionale Dienssentrum is omskep in ʼn ateljee. Die raadsaal sit vol mense vas-genael voor die televisieskerm.

Die afwagting was egter nie net by Nasionale Dienssentrum nie. Hierdie was ʼn landswye gebeurtenis. Geskiedenis is

gemaak! Dwarsoor die land sit Gideons en Hulpgroeplede gereed om die eerste regstreekse uitsending van ʼn hele oggend van opleiding te beleef. Die doel van hierdie geleentheid was die opleiding van areadirekteure.

VOORBEREIDINGOm die geleentheid moontlik te maak, moes heelwat werk vooraf gedoen word. Baie tyd is spandeer deur ʼn span van Nasionale Dienssentrum en ‘n paar Gideons om die program vir die opleiding te bepaal. Die doelwit was om soveel as moontlik mense te betrek, dit so koste-effektief moontlik te doen, deelname van aanhoorders te verseker en die belangrikste: om die beste kwaliteit te verseker sover dit sprekers, inhoud en tegnologie betref. Nadat die program uitgeklaar is, moes die aanbieders uitgesoek word. Dit was ʼn uitdaging om mense te kry wat die kundigheid het, goed lyk en nog goed klink ook!

Die ander uitdaging was hoe gaan dieselfde boodskap deur dieselfde sprekers op dieselfde tyd by almal uitkom? Die komitee het verskeie opsies oorweeg en daar is uiteindelik besluit om van Zoom gebruik te maak. Daar was ʼn paar staatmakers by Nasionale Dienssentrum wat binne ʼn kort tydjie die tegnologie moes baas raak. Toetsuitsendings is gehou om moontlike haakplekke uit te stryk. Die aanbieders moes ook touwys gemaak word om mooi stadig en duidelik te praat, mooi vir die kamera te kyk en nog te onthou om bietjie te glimlag ook.

UITSENDINGVan vroeg af was dit ʼn gewerskaf om alles betyds aan die gang te kry. Getrou aan Gideonstradisie begin die uitsending op tyd. Soos ʼn wafferse professionele kontinuïteitsaankondiger verwelkom uitvoerende direkteur Leon van der Merwe almal by hierdie geskiedkundige geleentheid. Corné de Jager begin die dag met Skriflesing en gebed. Hierna rig die nasionale president en Hulpgroeppresident ʼn woord van welkom aan almal wat ingeskakel het.

Page 19: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

19SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 2020

Die program verloop op tyd en een na die ander kom die verskillende sprekers aan die woord. Almal wat na die webinaar kyk, kry geleentheid om vrae in te stuur waarop die sprekers dan kan antwoord.

TERUGVOERVolgens die terugvoer wat ontvang is, het 96% gesê dat hulle dit positief ervaar het en dat die metode definitief weer in die toekoms gebruik moet word. Afgesien van enkele persone, het niemand nodig gehad om sy huis te verlaat nie. Tegnies kon elkeen dit op sy eie rekenaar volg. Dus is baie tyd en koste bespaar op reis en verblyf wat normaalweg met opleiding gepaard gaan.

Die sagteware / programme / tegnologie wat gebruik is, kan op enige stadium weer gebruik word vir vergaderings, opleiding en velerlei ander gebruike. Dit was ʼn eenmalige koste wat op sigself heelwat minder was as wat op reise spandeer sou word.

DIE TOEKOMSDie lewenskoste styg daagliks en alles word duurder. Sommige van ons lede moet oor lang afstande reis en oorslaap om ʼn vergadering by te woon. Die Opleidingskomitee sal webinaars beslis as ʼn opsie oorweeg om weer in die toekoms te gebruik. Dit kan egter nie alles (soos areasaamtrekke) vervang nie. Komponente hiervan kan wel gebruik word tydens sulke geleenthede.Hartlike dank aan Leon en die hele span

by Nasionale Dienssentrum wat hierdie dag moontlik gemaak het.

Alles is opgeneem om later weer hergebruik te kan word. U is welkom om na die volledige aanbieding te gaan kyk op Vimeo. Volg die skakels na die betrokke aanbiedings:

1. Leadership in a Christian ministry: Jean Symons https://vimeo.com/3936061092. The ecosystem of the area director: Leon van der Merwe https://vimeo.com/3936072713. Area director role and responsibilities: AJ Wohlfahrt & Ané Esterhuizen https://vimeo.com/3911695124. “A week in the life of an area director”; Riaan & Ettorina Stoop https://vimeo.com/3936105115. Organising a top class area rally - role of the area director: Kobus Geldenhuys https://vimeo.com/3936101226. High performance leaders - finding meaning and growing resilience: Gielie Hoffmann https://vimeo.com/393606524

Petrie MoutonVoorsitter Opleidingskomitee

Page 20: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

20 www.gideons.co.za

221222220

44444555553333333333333

1

3

2743

1115 2

6

417

2429

34

12

182236

2541

39

2232232

44

28

2120

37

1938

4030

49

45

23

35

16

42444747 10

31

33

50

48

265

9

8

13

14

7

32

TER WILLE VANJESUS CHRISTUSIn Lukas 6:22 sê Jesus: “Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens.”

O ngelukkig maak baie Christene vandag die aanname dat vervolging deel is van die kerk se verlede. Die waarheid is dat daar lede van die liggaam van Christus is wat in die een-en-twintigste eeu erge vervolging en beperkings in die gesig staar as gevolg van hul geloof

in Jesus Christus. Elke dag, van elke jaar, en op elke kontinent, staar mans en vroue vervolging in die gesig as gevolg van hul geloof in Jesus Christus.

Volgens Geopende Deure word Christene vervolg in 50 lande regoor die wêreld. Vier-en-twintig van hierdie lande is ook nie oop vir Die Gideonsbediening nie, en daar word spesifiek vir hulle gebid in Die Gideons se Gebedskalender. Selfs lande soos Indië en Nigerië, waar Die Gideons Nasionale verenigings het, gaan gebuk onder vervolging. Die tipe vervolging wat Christene ervaar, sluit onder andere in: fisiese en verbale mishandeling, foltering, moord, tronkstraf, ontvoering, omkopery, deportasie, verwoesting van eiendom en boetes.

Page 21: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

21SA GIDEON | HERFS-UITGAWE 2020

1. Noord Korea 21. Vietnam 41. Colombië

2. Afganistan 22. Turkmenistan 42. Oman3. Somalië 23. Sjina 43. Koewait4. Libië 24. Mauritanië 44. Kenia5. Pakistan 25. Sentraal-Afrikaanse

Republiek45. Bhoetan

6. Eritrea 26. Marokko 46. Russiese Federasie7. Soedan 27. Katar 47. Verenigde Arabiese

Emirate8. Jemen 28. Burkina Faso 48. Kameroen9. Iran 29. Mali 49. Indonesië10. Indië 30. Sir Lanka 50. Niger11. Sirië 31. Tadjikistan12. Nigerië 32. Nepal13. Saoedi-Arabië 33. Jordanië14. Maledive 34. Tunisië15. Irak 35. Kazakstan16. Egipte 36. Turkye

17. Algerië 37. Broenei18. Oezbekistan 38. Bangladesj19. Mianmar 39. Ethiopië20. Laos 40. Maleisië

Noord-Korea word sedert 2002 gelys as die moeilikste land vir Christene om in te leef. Hier word Christene as vyande van die staat geag omdat hulle dit waag om in ’n hoër gesag te glo as die Kim-familie, wat absolute trou en gehoorsaamheid vereis. Die Kim-familie word verafgod. Foto’s van die Kim-familie moet in alle huise en skole opgehang word en die eerste woorde wat ouers hul kinders moet leer, is: “Dankie, Vader Kim.”

Indien Christene betrap word, word hulle na arbeiderskampe gestuur as politiese misdadigers of selfs summier doodgemaak. Hul families ontvang dieselfde straf. Weens hierdie rede deel die meeste Christene eers hul geloof met hul kinders wanneer hulle tieners is - uit vrees dat die jong kinders iets oor hul gesin se geloof sal kwytraak. Die mense van Noord-Korea gaan ook gebuk onder erge belasting en baie mense ly honger en is ondervoed aangesien die staat nie genoegsame rantsoene verskaf nie.CHRISTELIKE VERVOLGING WAARNEMINGLYS:

UITERMATIGE VERVOLGING

BAIE HOË VERVOLGING

HOË VERVOLGING

BRON:GEOPENDE DEURE

Page 22: SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 ...1 SA GIDEON HERFS-UITGAWE 2020 1 SA GIDEON Herfs-uitgawe 2020 42 Jaar en steeds geen einde nie Toekomsbouersberaad 2020 Nie Ons Visie of Droom nie maar

22 www.gideons.co.za

Die Geloofsfondsprogram moenie verwar word met die Vriende van Gideons -inisiatief nie. Die Vriende van Gideons-inisiatief vervang nie die Geloofsfondsprogram nie. Vanaf Desember 2016 het die Vriende van Gideons-inisiatief deel geword van die Geloofsfondsprogram. Bydraes deur die Vriende van Gideons word gebruik vir die nasionale Bybelfonds indien dit deur laers geoormerk word. Die Geloofsfonds bestaan uit spesifieke geoormerkte bydraes deur lede en die Vriende van Gideons wat geheel en al gebruik moet word om finansiële hulp te verleen aan Internasionale Uitreikbedieningslande wat nie kan bekostig om hul eie Bybels aan te koop nie. Die Nasionale Kovensie-offergawe word ook aan die Geloofsfonds toegeken. Belangrik: die Vriende van Gideons-geleenthede het wel die Geloofsfonds- geleentheid wat voorheen gehou is, vervang. Laers word aangemoedig om ‘n inkomste van minstens 30% vir die Vriende van Gideons-inisiatief te begroot. Laers hoef egter nie spesifiek vir die Geloofsfonds te begroot nie.

Nico van WykNasionale Geloofsfonds-programkoördineerder

WAT IS DIE VERSKIL?

GELOOFS-FONDSEN DIEVRIENDE VAN GIDEONS-INISIATIEF