sava nuusbrief nommer 140 julie 2018 voeg lewe tot jou jare … 140.pdf · of op dae waarop jy...

14
SAVA NUUSBRIEF Nommer 140 Julie 2018 voeg lewe tot jou jare by In die koninkryk van die gekke mag ʼn man met een cliché wys voorkom. Theodore Dalrymple WATER IS LEWE – SPAAR DIT Die Kaapstadse damme het 50% kapasiteit bereik, en die stadsraad praat van beperkings verlig. Gelukkig sal die sentrale regering nie enige verligting toelaat voordat die vlakke 85% bereik het nie. Ons het so goed met ons waterbesparingsinisiatiewe reggekom, en ek hoop ons gaan voort om so te doen. Die verwagte bevolkingsgroei, wat verder in die nuusbrief getoon word, behoort genoeg motivering te wees. SAVA-NUUS AFGETREDE MEDIESE LEDE – Oproep vir vrywilligers Die Tshemba Stigting gee aan mediese professionele lui (plaaslik en in die buiteland) die geleentheid om aan die gemeenskap terug te gee, diegene met ʼn nypende behoefte aan mediese sorg te help, en weer hulle liefde van die kuns van medisyne te vind. Wie jy ook al is, waar jy ook al vandaan kom, en wat jou terrein van mediese kundigheid ook al is, ons nooi jou om vrywillig by Tshemba Foundation betrokke te raak. Vir meer inligting oor hoe jy ʼn verskil kan maak en ʼn unieke boservaring kan geniet, kontak Barbara by [email protected] of 064 507 5527, of besoek ons webtuiste by www.tshembafoundation.org SAVA-DIENSTE BOOTREIS-AANBIEDINGS Skakel Lifestyle Cruises om te bespreek by 0861 11 33 88, besoek lifestylecruises.co.za, of e-pos [email protected] PACKAGE 1 Departing: 26 April 2019 Durban To Venice Grand Voyage Package Includes PACKAGE 2 Indian Ocean Treasures Departing: 15 Feb 2019 Package Includes

Upload: others

Post on 14-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

SAVA NUUSBRIEF

Nommer 140 Julie 2018

voeg lewe tot jou jare by

In die koninkryk van die gekke mag ʼn man met een cliché wys voorkom.

Theodore Dalrymple

WATER IS LEWE – SPAAR DIT

Die Kaapstadse damme het 50% kapasiteit bereik, en die stadsraad praat van beperkings verlig. Gelukkig sal die sentrale regering nie enige verligting toelaat voordat die vlakke 85% bereik het nie. Ons het so goed met ons waterbesparingsinisiatiewe reggekom, en ek hoop ons gaan voort om so te doen. Die verwagte bevolkingsgroei, wat verder in die nuusbrief getoon word, behoort genoeg motivering te wees.

SAVA-NUUS

AFGETREDE MEDIESE LEDE – Oproep vir vrywilligers Die Tshemba Stigting gee aan mediese professionele lui (plaaslik en in die buiteland) die geleentheid om aan die gemeenskap terug te gee, diegene met ʼn nypende behoefte aan mediese sorg te help, en weer hulle liefde van die kuns van medisyne te vind. Wie jy ook al is, waar jy ook al vandaan kom, en wat jou terrein van mediese kundigheid ook al is, ons nooi jou om vrywillig by Tshemba Foundation betrokke te raak. Vir meer inligting oor hoe jy ʼn verskil kan maak en ʼn unieke boservaring kan geniet, kontak Barbara by [email protected] of 064 507 5527, of besoek ons webtuiste by www.tshembafoundation.org

SAVA-DIENSTE

BOOTREIS-AANBIEDINGS Skakel Lifestyle Cruises om te bespreek by 0861 11 33 88, besoek lifestylecruises.co.za,

of e-pos [email protected]

PACKAGE 1 Departing: 26 April 2019 Durban To Venice Grand Voyage Package Includes

PACKAGE 2 Indian Ocean Treasures Departing: 15 Feb 2019 Package Includes

24 Nights Full Board Cruise onboard MSC MUSICA Gratuities, Port Taxes & Baggage Charges Return Flight and Taxes to Johannesburg Selected Transfers Cruise Itinerary Durban, South Africa | Pointe des Galets, Reunion | Port Louis, Mauritius | Port Victoria, Seychelles | Aqaba, Jordan | Suez Canal (transit), Egypt | Katakolon, Greece | Kotor, Montenegro | Split, Croatia | Venice, Italy Prices From Inside: R 36 999 pps Outside: R 45 999 pps Balcony: R 54 999 pps

Return Flights & Taxes from Johannesburg 1 Nights Hotel Stay in Mauritius 14 Nights full board cruise onboard the COSTA VICTORIA Port Taxes & Baggage Charges Cruise Itinerary Port Louis (Mauritius) | Victoria (Seychelles) | Victoria (Seychelles) | Nosy Be (Madagascar) | Diego Suarez (Madagascar) | Tamatave (Madagascar) | St.Denis - Le Port (Réunion) | Port Louis (Mauritius) Prices from Inside: R 23 999 pps Outside: R 27 999 pps Balcony: R 33 999 pps

SAVA VAKANSIEKLUB

Die volgende is voorbeelde van korting wat ons Vakansieklub tydens buiteseisoen-vakansies vir julle en julle gesinne kan aanbied. Om te bespreek, skakel Renske by 021 592 1279.

OORD AREA DATUM EENHEID PRYS

Club Mykonos Langebaan 21-25 January 2 R2 760

Club Mykonos Langebaan 18-22 February 2 bedroom R2 760

Club Mykonos Langebaan 6-10 May 2 bedroom R1 725

Club Mykonos Langebaan 3-7 June 1 bedroom R1 380

Club Mykonos Langebaan 19-23 August 1 bedroom R1 380

Kruger Park Lodge Hazyview 4-8 February 2 bedroom R3 795

Kruger Park Lodge Hazyview 11-15 February 2 bedroom R3 795

Hermanus Beach Club Hermanus 20-24 May 3 bedroom R2 415

Hermanus Beach Club Hermanus 5-9 August 3 bedroom R2 415

Hermanus Beach Club Hermanus 26-30 August 3 bedroom R2 415

Umhlanga Sands Umhlanga 28/1 – 2 Feb 1 bedroom R2 760

Umhlanga Sands Umhlanga 27/5 – 1 June 1 bedroom R1 725

Umhlanga Sands Umhlanga 15-20 July 1 bedroom R1 725

NOTA 1: Die bogenoemde pryse sluit 15% BTW in. NOTA 2: Die prys is vir die hele tydperk. NOTA 3: Alle kansellasies moet 11 (elf) weke voor die aankomsdatum gemaak word om die verlies van ʼn terugbetaling wat op ʼn kansellasie uitloop, te voorkom. BETALING: Wanneer Renske jou bespreking BEVESTIG het, sal sy 'n faktuur uitreik wat SAVA se bankbesonderhede bevat. Wanneer jy die verlangde bedrag in SAVA se bankrekening inbetaal het, stuur asseblief bewys van betaling deur een van die volgende te gebruik:

Faks: 021 592 1284 E-pos: [email protected]

En onthou om jou ID-nommer en naam aan te haal. MOENIE ENIGIETS BETAAL VOORDAT JY DIE BEVESTIGING

VAN DIE BESPREKING EN DIE FAKTUUR ONTVANG HET NIE.

SAVA VAKANSIEKLUB-BETALINGS

ROMMELPOSSNELLERS (“SPAM TRIGGERS”) Wanneer jy ʼn EFT-betaling doen, moenie jou bank vra om ʼn e-pos na SAVA te stuur nie. Sonder uitsondering sê hulle Betaling Kennisgewing.pdf of Kennisgewing van Betaling of betaling_kennisgewing.pdf – wat almal rommelpossnellers (“spam triggers”) op sommige IDV’s kan wees en wat die e-posse na ons toe blok.

GESONDHEID

GESONDHEID – Vyf foute wat jy voor 09:00 maak Eenvoudige veranderings aan jou roetine kan gewig, energie en stresvlakke verbeter. Om die dag reg te begin gaan oor baie meer as om ekstra produktief by die werk te wees; dit kan ook tot voordeel van jou gesondheid wees. Hier is vyf foute wat jy dalk elke oggend mag maak. Voordat jy uit die bed opstaan Fout 1: Haastigheid om op te staan Terwyl sommige van ons wil opspring en die dag volstoom aandurf, mag ʼn meer ontspannende benadering beter vir jou liggaam wees. Fout 2: gryp jou selfoon Wanneer jy in die oggend omrol en heel eerste jou selfoon gryp, mag jy tot jou stresvlakke bydra deur jouself aan spertye en onbeantwoorde e-posse te herinner voordat jy uit die bed opgestaan het.

Fout 3: Bly in die donker Dit kan aanloklik wees om die blindings toe te hou en jou snoesige nagtelike kokon vir so lank moontlik te hou. Navorser by die Northwestern University's Feinberg School of Medicine het egter in 2014 in ʼn studie bevind dat blootstelling aan natuurlike vroegoggendlig met laer liggaamsvet geassosieer word. Fout 4: Slaan ʼn glas water oor Jy het die hele nag geslaap, en jou liggaam mag ontwater het; daarom is dit belangrik om heel eerste met ʼn glas water te hervul. Voordat jy die huis verlaat Fout 5: Slaan ontbyt oor Die inname van meer kalorieë vroeër in die dag verminder die kanse van ʼn hartaanval, beroerte of ander probleme met die sirkulasiestelsel. Bykomend, moenie vergeet om proteïene by elke maaltyd in te sluit nie. Bonuswenk Vermy die aktivering van die sluimeralarm. Wanneer jy aan die slaap raak nadat jy dit gedoen het, stel jy jouself bloot aan nog ʼn slaapsiklus wat jy nie kan voltooi nie. Kim Hayes, AARP, June 5, 2017 VOEDSEL – Toets jou ontbyt-IK Watter van die volgende keuses sou ʼn slimmer begin aan jou dag maak? Spek vs. Wors Wenner: Spek ʼn Stuk wors by ʼn eetsalon voeg gemiddeld 277 kalorieë by. Kies spek, en die syfer daal tot 131 kalorieë, met ʼn derde minder natrium en die helfte minder versadigde vet. Tuisbraai vs. Gebakte Aartappelkoekies[DS1] Wenner: Tuisbraai Neem die keuse wat die minste gebak is, wat in hierdie geval tuisbraai is. Vergeleke met konfetti-grootte repies, het dik aartappelskywe minder oppervlak waarop olie kan hou; hulle lewer minder vet en omtrent 15 persent minder kalorieë as gebakte aartappelkoekies. Hoëveselgraan vs. Hawermeel Wenner: Hoëveselgraan Mense wat die meeste vesel eet, het laer syfers van hartsiekte, diabetes, selfs kniepyn. Eiertoebroodjie vs. Ontbytburrito Wenner: Eiertoebroodjie Die restaurantburrito’s wat ons ontleed het, het elk gemiddeld 1 000 kalorieë gehad. Die gemiddelde eiertoebroodjie het 722 kalorieë. Clint Carter, AARP The Magazine, Junie 2018 TEEDOEKE – HULLE KAN VOEDSELVERGIFTIGING VEROORSAAK

Herhaalde gebruik van teedoeke stel huishoudings bloot aan die risiko van voedselvergiftiging. Wetenskaplikes van die Universiteit van Mauritius het 100 doeke wat vir ʼn maand gebruik is, ondersoek. Hulle het bevind dat E.coli meer waarskynlik gevind sou word op handdoeke wat vir meervoudige take gebruik word, soos om eetgerei af te vee en oppervlaktes skoon te maak, asook om hande af te vee. Dit word ook meer waarskynlik gevind op klam handdoeke of dié in huishoudings waar vleis geëet word. Meervoudige gebruik verhoog die kanse van kruisbesmetting van potensiële patogene wat bakterieë kan versprei en tot voedselvergiftiging lei. Die regering beveel aan dat waslappe, teedoeke, sponse en oondhandskoene gereeld gewas of vervang word en hulle moet droog word voor hergebruik. Wetenskaplikes het die bakterieë wat op die handdoeke gevind is, gekweek om hulle te identifiseer en die bakterielading te bepaal. Volgens die navorsers dui die teenwoordigheid van E.coli op moontlike fekale besmetting en swak higiëniese praktyke. “Die data toon dat onhigiëniese praktyke terwyl nie-vegetariese voedsel hanteer word, algemeen in die kombuis is,” het die leidende skrywer, dr. Susheela Biranjia-Hurdoyal, gesê. “Klam handdoeke en meerdoelige gebruik van kombuishanddoeke moet ontmoedig word. Groter gesinne met kinders en bejaarde lede moet veral waaksaam wees ten opsigte van higiëne in die kombuis,” het sy bygevoeg. Hoe om te voorkom dat kieme in die kombuis versprei Ruil waslappe en teedoeke gereeld. Sommige kundiges beveel aan dat jy jou kombuishanddoeke daagliks moet vervang,

of op dae waarop jy gekook het. Die gebruik van weggooibare lappe of papierhanddoeke sal die verspreiding van

kieme stop. Herbruikbare lappe behoort ná alke gebruik ontsmet of teen 60°C (140°F) gewas te

word. Was borsels gereeld in ʼn skottelgoedwasser of maak met ʼn reinigingsmiddel en warm

water skoon ná elke gebruik. Maak seker kosvoorbereidingsoppervlaktes is skoon voor gebruik. Gebruik aparte snyplanke vir ongekookte kos – soos rou vleis – en kos wat nie gekook

hoef te word nie. Was jou hande en droog hulle af nadat jy kosse soos rou vleis hanteer het. Maak oppervlaktes onmiddellik ná gebruik skoon. BBC

VERBRUIKERISME

Beste Ray, die Suid-Afrikaanse Nasionale Verbruikersunie (SANVU) deel die siening van julle lid, B N Reddy, dat die praktyk om inhoud te verminder in plaas van (en soms gekoppel aan) prysverhogings hoogs oneties is en grens aan misleiding. Oorspoeling van “die gesaghebbendes” met klagtes sal egter waarskynlik min vermag, omdat dit ʼn wêreldwye tendens is om die hoeveelhede waarin verbruikersprodukte toegelaat word om verkoop te word, te dereguleer. Verbruikers moet ʼn ander manier vind om teen hierdie praktyk, wat velerlei bekend is as “afskaling”, “krimpflasie”, en “ondergrootte” (“undersizing”), terug te veg. Ons kan leer uit wat verbruikers in ander lande doen. Eenheid-prysvasstelling: In reaksie op verbruikersdruk het ʼn groeiende getal lande, insluitende die hele EU, Australië, en dele van die VSA en Kanada regulasies ingestel wat supermarkte dwing om die prys per eenheidsgewig (bv. Rand per kg of liter) bykomend tot die werklike verkoopprys op alle raketikette en in alle advertensies aan te dui. Dit moedig verbruikers aan om te vergelyk watter items beter waarde vir geld bied, afgesien van die werklike hoeveelheid in die pakkie. ʼn Internasionale standaard oor hoe om hierdie inligting aan te bied en te bevorder is tans in ʼn gevorderde stadium van voorbereiding, en wanneer dit uitgereik word, sal SANVU aandring op die aanneming daarvan in Suid-Afrika. Individuele verbruikers behoort ook daarop aan te dring. Misleidende praktyk: Reg oor die wêreld (en in Suid-Afrika) is regulasies wat verband hou met die “ondervulling” van ondeursigtige houers, wat as ʼn misleidende praktyk beskou word. In sommige lande dring verbruikersliggame aan op die verbreding van sulke regulasies om afskaling in te sluit. SANVU werk ook aan ʼn voorstel ten opsigte hiervan. Noem en beskaam: Verbruikers voel gekul wanneer hulle bewus word van afskaling; hulle verloor respek vir en lojaliteit teenoor die handelsnaam. Die bedreiging van blootstelling op sosiale media mag verskaffers ontmoedig om aan die praktyk deel te neem. SANVU ondersoek die moontlikheid om sulke inligting op sy webtuiste en Facebook-blad te plaas. SANVU sal enige bevestigde getuienis (bv. foto’s voor en agterna) van verbruikers verwelkom om hierdie proses te laat vlamvat. Ann Goslin Uitvoerende Beampte SUID-AFRIKAANSE NASIONALE VERBRUIKERSUNIE

REKENAARS

Webtuistes, toeps en programme hou op funksioneer omdat die rekenaars waarop hulle is, verslete raak en bygewerk en/of vervang moet word. Die wêreld verander. Sagteware moet bygewerk word. Wanneer selfs ʼn eenvoudige webtuiste by ʼn maatskappy gehuisves word, sal daardie maatskappy deur bestuursveranderinge gaan, verkoop word

of sy bedieners opgradeer, en uiteindelik sal dit tot ʼn ramp lei. Elke jaar wat jy ʼn sagtewareprojek dryf, bou jy tegniese skuld op – die koste van onderhoud van die huidige sagteware en byvoeging van regstellings en verbeterings. Teenstrydig met populêre oortuiging, sal die enorme aantal ingenieurs en sagteware-ontwikkelaars wat in die toekoms benodig sal word, nie vir nuwe of innoverende projekte benodig word nie: 70 persent van ingenieurs werk tans aan die onderhoud van bestaande produkte en maak nie nuwes nie. Die probleem van onderhoud is ʼn goeie herinnering dat die digitale wêreld nie meer nuut is nie. Vrylik vertaal uit: Broussard, Meredith. Artificial Unintelligence: How Computers Misunderstand the World (MIT Press) (Kindle Locations 3662-3677). The MIT Press. Kindle-uitgawe.

WÊRELD

WEES BANG – Die Weste se verdediging is in ʼn haglike toestand ʼn Verslag vir die Duitse parlement vroeër vanjaar het die omvang van die agteruitgang van sy leër, vloot en lugmag openbaar. Aan die einde van verlede jaar het die Bundeswehr 128 Eurofighters gehad, waarvan 39 kon vlieg. Dit het ses duikbote gehad, waarvan nie een gewerk het toe die verslag saamgestel is nie. Van sy 13 verouderende fregatte kon net vyf seil. Van sy 93 Tornado vegvliegtuie was 26 gereed vir aksie. Leerlinge van die Duitse lugmag het gesukkel om te kwalifiseer omdat so min vliegtuie gereed was vir gebruik. Geneem uit: Fraser Nelson, The Spectator, 16 Junie 2018 Duitsland is die rykste EU-land per nominale BBP in biljoene VSA dollars:

Duitsland 4,211,635

Verenigde Koninkryk 2,936,286

Frankryk 2,925,096

DIE TOEKOMS

BEVOLKING – ʼn Hardnekkige probleem? Die boonste grafiek toon die bevolkingsouderdomsreekse in 2017. Die onderste grafiek toon die beraamde groei tot 2100. Daar is te veel jongmense (Afrika – werkloosheid en bevolkingsgroeiprobleme), en te veel oumense (die res – ekonomiese probleme). Daar is geen tegniese oplossing vir een van die twee probleme nie.

“. . . teen enige redelike standaarde is die vinnigste groeiende bevolkings op aarde vandag (in die algemeen) die ellendigste.” Vrylik vertaal uit The Tragedy of the Commons deur Garrett Hardin

0.0

2.0

4.0

6.0

8.0

10.0

12.0

14.0

16.0

0 to4

5 to9

10to14

15to19

20to24

25to29

30to34

35to39

40to44

45to49

50to54

55to59

60to64

65to69

70to74

75to79

80 +

Africa

Europe

North America

Asia

Latin America

Oceana

ONS PLANEET

BOEKRESENSIE – The Spinning Magnet (dit is ons) ʼn Boeiende geskiedenis van die wetenskap van een van die vier grondliggende fisiese kragte in die heelal, elektromagnetisme, tot by die laaste aanduidings dat die pole binnekort die wêreld se kragnetwerke en elektroniese kommunikasies gaan omkeer en vernietig. ʼn Rampspoedige planetêre verskynsel is besig om diep binne die Aarde krag op te bou. Die magnetiese Noordpool sal uiteindelik plekke ruil met die Suidpool. Satelliet-getuienis suggereer vir sommige wetenskaplikes dat die beweging reeds begin het, maar baie dink steeds dit sal vir baie dekades nie gebeur nie. Almal stem saam dat dit baie kere vantevore gebeur het en weer sal gebeur. Dit sal egter hierdie keer anders wees. Dit sal ʼn baie slegte dag vir die moderne beskawing wees. Die onlangse bevinding dat die Aarde se magnetiese kragveld besig is om tien keer vinniger agteruit te gaan as wat voorheen gedink is, wat op ʼn dreigende poolomkering dui, gee aan hierdie storie ʼn ysingwekkende dringendheid. Wanneer die pole omruil, ʼn proses wat baie jare neem, is die Aarde onbeskermd teen sonbestralingstorms wat onder andere alle elektromagnetiese tegnologie sou uitwis. Geen satelliete, geen Internet, geen slimfone – miskien heeltemal geen kragnetwerk nie. Sulke potensieel katastrofiese sonstorms is nie ongewoon nie. Die laaste een het in 2012 plaasgevind, en ons het ʼn terugkeer na die Donker Eeue vermy net omdat die deel van die son wat uitgebars het, weg van die Aarde gekeer was. Goodreads.com Sommige uittreksels en parafraserings (vrylik vertaal): “Die ruimte, eerder as die kalm, leë en goedaardige plek wat ons voorsate voorgestel het, is gevul met dodelike ioniserende bestraling.” In Sep 1859 was Richard Carrington, ʼn Britse sterrekundige, die eerste mens wat ʼn son-superstorm waargeneem en gerapporteer het. Die uitbarsting het die nuwe telegraaflyne van die VSA na Australië omvergegooi. Op 31 Oktober 2013 het ʼn sonflikkering transformators in Suid-Afrika sleg beskadig, en een in Swede het afgeskakel. Die Voyager 2 ruimtetuig het later die gebeurtenis vanaf 11 biljoen kilometers weg opgeneem. Die tweede superstorm het die Aarde op 23 Julie 2012 getref. Deur ʼn gril van die noodlot het hierdie gewelddadige uitbarsting plaasgevind aan die kant van die son wat weg van die aarde gekeer was. “As dit ʼn week vroeër plaasgevind het, sou die volle krag daarvan ons getref het, en die effek op die Aarde se elektriese infrastruktuur sou katastrofies wees en die beskawing terugstuur na ʼn Victoriaanse era voordat daar elektrisiteit was,” het NASA gesê. The Spinning Magnet: The Force that Created the Modern World - and could Destroy it deur Alanna Mitchell.

TAAL

SPREEKTAALUITDRUKKINGS – Australië se bydraes Die Oxford Dictionary lys meer as 2 000 woorde, definisies en sinsnedes wat in Australië ontstaan het. Die alombekende ‘selfie’ is een. Die ‘-ie’-agtervoegsel bied ʼn gedeelde kode van gemeensaamheid en eenheid in die taal:

barbie (barbecue/braai)

sunnies (sunglasses/sonbril)

prezzie (a present/’n geskenk) (-o) as laaste deel van die woord is ook ʼn gunsteling:

ambo (ambulance/ambulans)

demo (demonstration/demonstrasie)

rello (relative/familielid) Hulle het ook die volgende opgeroep:

perv (sexual pervert/seksuele pervert)

uni (university/universiteit ) En werkwoorde:

to crash (to go to sleep/om te gaan slaap)

to hurl (to vomit/op te gooi) BBC

SUID-AFRIKAANSE LEWENSKOSTE

2008 2018 Toename

Brandstof R10.50 R15.80 Op 50%

DStv Premium R469.00 R809.00 Op 72%

Big Mac R16.90 R31.00 Op 83%

MyBroadband

WÊRELDWYE WEB

SPIOENERING – Wat techno reuse regtig met jou data doen Naspeuring van jou foon se giroskoop, skandering van jou boodskappe, en gee jou data aan derdeparty-maatskappye. Hierdie is net drie van die dinge waartoe jy ingestem het toe jy op sommige teg maatskappye se toeps en webtuistes ingeteken het. BBC-navorsing het bevind dat sommige van die taal wat in private beleide en bepalings gebruik word, ʼn universiteitsopvoeding vereis om dit te verstaan. 1. Jou ligging word nagespeur – selfs al laat jy dit nie toe nie

Baie toeps vra toestemming om jou presiese ligging deur jou foon se “globale posisioneringstelsel” (GPS) na te speur, wat gebruikers kan weier. Selfs wanneer jy die toep toestemming weier, kan hulle steeds sien waar jy is. 2. Maatskappye stuur jou data aan vir sustermaatskappye... Wanneer jy tot bepalings en voorwaardes instem, gee jy dikwels jou data nie net aan daardie spesifieke toep nie – daar is baie datadeling tussen groepe. 3. ...en jy is ook gebind deur derdeparty-bepalings Asof dit nie genoeg was om die reus se bepalings te lees nie, mag jy ook dié lees van ander maatskappye wat jou data gebruik. Die EU se Algemene Databeskermingsregulasie (ADBR) (Engels: General Data Protection Regulation – GDPR), wat in Mei van krag geword het, gee nie opdrag aan maatskappye om hierdie derde partye in hulle bepalings te lys nie. 4. Tinder versamel giroskoop-data Soms gaan dataversameling verby naam, ouderdom en ligging. Tinder sê dat die toep data van jou foon se versnellingsmeters (vir meet van beweging), giroskope (wat die hoek meet waarteen jy jou foon hou), en kompas versamel 5. Facebook hou die soektogte wat jy uitgevee het... Facebook bied die keuse om soektogte van uit hulle geskiedenis uit te vee, wat aan die gebruiker die indruk gee dat rekords van hulle soektogte skoongevee is. Die probleem is egter dat dit nie die geval is nie. 6. ...en spoor jou na al is jy af van die toep af Facebook speur selfs na wat jy doen wanneer jy nie daarop ingeteken is nie – of wanneer jy nie ʼn rekening het nie. Volgens die databeleid daarvan werk dit met ”adverteerders, toep-ontwikkelaars en -uitgewers”, wat aan hulle inligting kan stuur “oor jou aktiwiteite op Facebook”, deur iets genaamd Facebook Business Tools. Dit gebeur “of jy ʼn Facebook-rekening het of aangeteken is op Facebook of nie”. BBC

SAVA-DIENSTE

Gaan asseblief na www.SAVA.net en klik op die Voordele-skakel om ons reeks dienste vir lede te sien:

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

SAVA, sy verskaffers, uitgewer, drukker en bydraers het geen bedoeling om spesifieke mediese of ander advies te voorsien nie, maar mag lesers eerder voorsien van inligting ingevolge sy regte onder die Konstitusie van Suid-Afrika. Inligting wat hier verskaf word, is nie 'n plaasvervanger vir professionele advies van enige aard nie, meer spesifiek mediese advies, sorg, diagnose of behandeling. Dit is ook nie ontwerp om enige mediese praktyk of behandeling, program of produk wat in die redaksionele inhoud van die Bulletin of webtuiste of soortgelyke platform geadverteer of genoem word, te bevorder of te onderskryf nie. Bykomend en soortgelyk bied SAVA nie professionele advies op enige terrein aan nie, insluitende maar nie beperk nie tot regsake en finansies. In alle gevalle, sou lesers advies benodig, behoort hulle 'n behoorlik geakkrediteerde en gekwalifiseerde spesialis op die terrein te raadpleeg

ALLEDAAGSHEDE

BROKKKIES

KLERE WAARVAN MENSE NIE HOU NIE. Nousluitende swembroeke, insluitend dié wat deur Speedo gemaak word, word gereken as die mees gehate kledingstuk in die VK. Die manlike swemdrag – dikwels eenvoudig na verwys as ‘Speedo’s’of ‘budgie-smugglers’ – is wesenlik ʼn waterdigte broekie wat baie nou pas. In ʼn YouGov-opname het meer as twee derdes Britte gesê dat hulle nie van die broeke hou nie, terwyl 74% van vroue ʼn ongunstige siening van hulle gedeel het. Net 13% van die 3 277 mense wat gevra is, het gesê dat hulle daarvan hou. Van die 25 stukke wat gelys was, is leerbroeke uitgewys as die tweede ergste item, terwyl Crocs – die gewilde rubberskoene – derde gekom het.

Die Russe besit natuurlik die grootste land ter wêreld en ʼn wonderlike ryk taal waarmee dit beskryf kan word. Hulle literêre en musiektradisies is net so wonderlik as wat hulle politieke gewoontes betreurenswaardig is. Vrylik vertaal uit: Beneath Another Sky: A Global Journey into History by Norman Davies.

PRAGTIGE METAFOOR Hy is manhaftig, en hierdie moed het hom in staat gestel om teen ʼn bevredigende desibelvlak in die porseleinwinkel van politieke korrektheid rond te pletter. STOF TOT NADENKE Baie verduidelikings word gegee vir die gebeure van ons tyd en die gebeure in die geskiedenis. Een van die algemeenste verduidelikings is dat verskeie eksterne

omstandighede mense gelei of gedwing het om dit of dat te doen, en een van die mees miskende verduidelikings is dat verskeie interne dryfkragte hulle gelei het om die dinge te doen wat hulle gedoen het, insluitende dinge wat in terme van die eksterne omstandighede geen sin gemaak het nie. Een van hierdie interne dryfkragte is veral die begeerte om “belangrik te voel”, in T.S. Eliot se woorde – dit pas baie idees en aksies wat andersins moeilik sou wees om te verduidelik. Die begeerte van individue en groep om hulself op te blaas deur hulle visie aan ander mense af te smeer is ʼn herhalende tema in die kultuuroorloë wat bespreek is in die eerste afdeling van die essays wat volg. Sulke pogings tot selfverheerliking in die naam van edelklinkende kruisvaarte word te dikwels “idealisme” genoem, eerder as die noue ego-reis wat dit is. Vrylik vertaal uit: Thomas Sowell, Ever Wonder Why? And Other Controversial Essays UIT DIE MOND VAN SUIGLINGE Ons familiekring het ʼn baie slim jong dame in standerd 5. Sy vertel aan haar oupa dat sy volgende jaar kosskool toe wil gaan “. . . omdat die kos beter is daar. My ma is nie ʼn entoesiastiese kok nie.” Klein Jimmy is gevra om die seën te vra aan die begin van die maaltyd. Hy hetsy oë toegemaak en gesê: “Dankie, Here, vir die vleis en aartappels wat ons nou gaan eet.” Hy kyk toe op na sy ma en sê: “Ek gaan nie vir Hom dankie sê vir die brokkoli nie, want Hy sal weet ek lieg.” GLIMLAG Liewe Skoonma, Moet my asseblief nie leer hoe om my kinders te behandel nie. Ek leef saam met een van julle s’n, en hy het baie verbetering nodig! Julle Skoondogter GEDAGTE Ons weet nou dat herinneringe nie vas of gevries soos Proust se ingelegte flesse in ʼn spens is nie, maar met elke daad van herinnering omvorm, uitmekaargehaal, aanmekaargesit en geherkategoriseer word. Oliver Sacks, neuroloog en skrywer AANHALING Ek dink die een oorweldigende emosie wat ons gehad het, was toe ons die Aarde in die verte oor die maanlandskap sien opkom . . . . dit het ons laat besef dat ons almal op ʼn klein aardbol bestaan, want op ʼn afstand van 230 000 myl weg is dit regtig ʼn klein planeet.

Vrylik vertaal uit: Frank Borman, Apollo 8, January 10 1969 Ray Hattingh NS “Dit is wat dit is.” Dink oor die wysheid in hierdie stelling.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

voeg lewe tot jou jare by