sava nuusbrief nommer 150 junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof...

14
1 SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou jare toe “Boeke is die draers van die beskawing. Sonder boeke is die geskiedenis stil, literatuur stom, wetenskap kreupel, en staan denke en spekulasie stil. Sonder boeke sou die ontwikkeling van die beskawing onmoontlik wees. Hulle is die dryfkragte van verandering (soos die digter gesê het, vensters op die wêreld en ligtorings opgerig in die see van tyd. Hulle is metgeselle, onderwysers, towenaars, bankiers van die skatte van die denke. Boeke is die mensdom in drukvorm.” Vrylik vertaal – Barbara W. Tuchman WATER IS LEWE – SPAAR DIT Baie van die waterstelsels wat ekosisteme laat gedy en ʼn groeiende menslike bevolking voed, het onder druk gekom. Riviere, mere en waterdraers droog op of word te besoedel vir gebruik. Meer as die helfte van die wêreld se moeraslande het verdwyn. Landbou verbruik meer water as enige ander bron en mors baie daarvan deur ondoeltreffendhede. Klimaatverandering verander weerpatrone en water oor die wêreld heen en veroorsaak tekorte en droogtes in sommige gebiede en vloede in ander. Teen die huidige verbruikstempo sal hierdie situasie net erger raak. Teen 2025 mag twee derdes van die wêreldbevolking watertekort in die gesig staar. En ekosisteme oor die wêreld heen sal selfs meer ly. WWF SOSIALE KLUB-NUUS NAPIERKLUB Inderdaad nog ʼn slagoffer van geen nuwe komitee. Die klub het ontbind. My dank aan al die komiteelede wat dit vir so baie jare bestuur het. Oor hierdie onderwerp het ek soos volg op ʼn vraag van ʼn lid gereageer: Ek is bevrees dat die “ineenstortende klub”-sindroom selfs die Gewyde Sale van Harvard geraak het – Ek verstaan minder en minder lees hulle biblioteekboeke. Die jonger geslag blyk getroud te wees met “Websosialisering” en elektroniese lees.

Upload: others

Post on 26-Sep-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

1

SAVA

NUUSBRIEF Nommer 150

Junie 2019

voeg lewe tot jou jare toe

“Boeke is die draers van die beskawing. Sonder boeke is die geskiedenis stil,

literatuur stom, wetenskap kreupel, en staan denke en spekulasie stil. Sonder boeke sou die ontwikkeling van die beskawing onmoontlik wees. Hulle is die dryfkragte van verandering (soos die digter gesê het, vensters op die wêreld en ligtorings opgerig in die see van tyd. Hulle is metgeselle, onderwysers, towenaars, bankiers van die skatte

van die denke. Boeke is die mensdom in drukvorm.” Vrylik vertaal – Barbara W. Tuchman

WATER IS LEWE – SPAAR DIT

Baie van die waterstelsels wat ekosisteme laat gedy en ʼn groeiende menslike bevolking voed, het onder druk gekom. Riviere, mere en waterdraers droog op of word te besoedel vir gebruik. Meer as die helfte van die wêreld se moeraslande het verdwyn. Landbou verbruik meer water as enige ander bron en mors baie daarvan deur ondoeltreffendhede. Klimaatverandering verander weerpatrone en water oor die wêreld heen en veroorsaak tekorte en droogtes in sommige gebiede en vloede in ander. Teen die huidige verbruikstempo sal hierdie situasie net erger raak. Teen 2025 mag twee derdes van die wêreldbevolking watertekort in die gesig staar. En ekosisteme oor die wêreld heen sal selfs meer ly. WWF

SOSIALE KLUB-NUUS

NAPIERKLUB Inderdaad nog ʼn slagoffer van geen nuwe komitee. Die klub het ontbind. My dank aan al die komiteelede wat dit vir so baie jare bestuur het. Oor hierdie onderwerp het ek soos volg op ʼn vraag van ʼn lid gereageer: Ek is bevrees dat die “ineenstortende klub”-sindroom selfs die Gewyde Sale van Harvard geraak het – Ek verstaan minder en minder lees hulle biblioteekboeke. Die jonger geslag blyk getroud te wees met “Websosialisering” en elektroniese lees.

Page 2: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

2

SAVA-NUUS

WEBTUISTE – Kort stories Sedert ek hulle in Maart 2018 begin laai het, is die volgende die statistiek van die top tien wat in 2019 afgelaai is. Almal hiervan was op die webtuiste vanaf 1 Januarie 2019. Ek het geen idee hoeveel op die webtuiste gelees word nie.

Titel 2018 2019

Hoofweg Minste Gereis.pdf 2 042 798

Botterblom.pdf 905 376

Stop my as jy hierdie een gehoor het 254 275

Tyd vir Besluit.pdf 710 264

Vinnige Terugbetaling.pdf 953 260

Die Ondeurgrondbare Dame.pdf 509 255

ʼn Moeder se wraak.pdf 218 237

Encore.pdf 733 236

Die Hardloper.pdf 470 235

Die Fontein.pdf 331 226

Lees enige van julle ʼn storie aanlyn? Laat my asb weet as jy dit doen. [email protected] NUUSBRIEF – Terugvoering Hier is twee voorstelle waaroor julle as lede raad mag gee:

Voorstelle van lesers van verskillende klubs om aan te sluit

Voorstelle oor hoe om gewig AAN TE SIT “Gesondheid” en “voedsel” was die woorde wat die gereeldste in die reaksies gebruik is. Hierdie lid se kommentare som regtig ʼn samesteller se dilemma op: Ek lees gewoonlik die hele brief hoewel sommige items my meer as ander interesseer. Ek stel voor dat jy aanhou om items te voorsien wat jy interessant vind en met die lede wil deel. Dit sal onmoontlik wees om al die lede al die tyd tevrede te stel. NUUSBRIEF – Meer terugvoering

Dankie vir die jongste Nuusbrief met sy interessante artikels. Het jy geweet dat sommige banke spesiale tariewe vir pensionarisse aanbied? My bank hef byvoorbeeld geen fooie vir OTM-onttrekkings nie, en huidige tjekrekenings is ook gratis. Hierdie spesiale tariewe is beskikbaar vir kliënte van 60+ met die voorbehoud dat hulle ʼn spesifieke minimum balans in hulle rekenings handhaaf. Met die voortdurende styging in bankkoste verteenwoordig dit ʼn beduidende besparing.

Jou verstand kan jou gesond hou. Ek is ʼn lewende bewys daarvan. Ek het verskeie stokperdjies maar het onlangs besluit om op skryf te konsentreer: Ek geniet dit, en dit is ʼn tydverdryf wat ek kan aanhou geniet, al funksioneer my

Page 3: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

3

liggaam nie meer soos dit moet nie. Verlede jaar het ek op 85 my eerste roman geskryf. Die skryfproses was so opkikkerend dat dit vir my voel ek het 10 jaar van my ouderdom afgetrek. Ek is steeds besig om my manuskrip te poleer, en intussen het ek met ʼn tweede roman begin. Die belangrike ding is dat skryf my ʼn rede gee om in die oggend op te staan.

SAVA-NUUS

BANKE – Is jy “gekul” deur joune? Een van ons lede het hierdie kwessie onder ons aandag gebring, en ons stel voor jy neem tyd om jou eie bankstaat te ondersoek – net om seker te maak dat jy nie onwetend betaal vir ʼn fasiliteit wat jy nie wil hê nie en nie gebruik nie. Die kwessie wat onder ons aandag gebring is, is iets wat ons meegedeel is algemeen in die bankbedryf gedoen word as ʼn soort “standaard bedryfspraktyk” en ʼn oortrokke fasiliteit behels wat aan geselekteerde kliente beskikbaar gemaak en aangebied word. Selfs indien die aanbod nooit spesefiek aanvaar is nie, word rente gehef op die fasiliteit wat aan jou beskikbaar gemaak is. Natuurlik mag verskillende instellings verskillende terminologie gebruik, maar in hoofsaak kan mense vind dat hulle gereeld gedebiteer word met ʼn fooi omdat geld vir jou beskikbaar gehou word, selfs al gebruik jy nie die fasiliteit nie. Ten tye van die aanbod van hierdie fasiliteit is jy nie altyd bewus van die verstandhouding dat tensy jy die aanbod van die hand wys (verkieslik op skrif), jou rekening op ʼn maandelikse basis gedebiteer sal word omdat die fasiliteit vir jou beskikbaar gehou word. Die lid wat die saak aan ons rapporteer het, het uitgebreide ondersoeke gedoen en gevind dat sy skoonmoeder se bankrekening vir jare gedebiteer is en dat die fooi ʼn eskalerende een was wat oor tyd vermeerder het tot ʼn groot debiet (meer as R2000.00 op ʼn ongebruikte R500.00 fasiliteit). Ons beveel aan dat jy seker maak jy is nie in hierdie kategorie van mense wat onwetend bydraers vir ongebruikte dienste is nie – jy is dit aan jouself verskuldig.

SAVA-VAKANSIEKLUB

LET WEL: As gevolg van ʼn onvoorsiene vraag na ons vakansie-aanbiedings, sal ons die aantal punt wat elke maand beskikbaar is, beperk. Die volgende is voorbeelde van buiteseisoenvakansies wat ons Vakansieklub vir julle en julle gesinne aanbied. Om te bespreek, skakel Renske by 021 592 1279 of e-pos haar by [email protected]

OORD AREA DATUM EENHEID PRYS

Magaliespark Brits 15-19 Julie 1 s/kamer R1495

Fairways Drakensberg 15-19 Julie 2 s/kamer R2242.50

Fairways Drakensberg 22-26 Julie 2 s/kamer R2242.50

Page 4: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

4

Fairways Drakensberg 26-30 Aug 1 s/kamer R3363.75

Dikhololo x 4 Brits 26-30 Aug 2 s/kamer R1495

Dikhololo x 2 Brits 2-6 Sept 2 s/kamer R1495

Dolphin View Umdloti 2-6 Sept 1 s/kamer R1495

Hazyview Cabanas Hazyview 16-20 Sept 2 s/kamer R2616.25

Sondela x 2 Bela Bela 18-22 Nov 2 s/kamer R3737.50

Drakensberg Sun Drakensberg 9-13 Sept 1 s/kamer R3363.75

Club Mykonos x 4 Langebaan Mei 1 s/kamer R1495

Umhlanga Sands x 4 Umhlanga Junie & Aug 1 s/kamer R1868.75

NOTA 1: Die bogenoemde pryse sluit 15% BTW in. NOTA 2: Die prys is vir die hele tydperk. NOTA 3: Alle kansellasies moet 7 weke voor die aankomsdatum gemaak word. BETALING: Wanneer Renske jou bespreking BEVESTIG het, sal sy 'n faktuur uitreik wat SAVA se bankbesonderhede bevat. Wanneer jy die verlangde bedrag in SAVA se bankrekening inbetaal het, stuur asseblief bewys van betaling deur een van die volgende te gebruik:

Faks: 021 592 1284 E-pos: [email protected]

En onthou om jou ID-nommer en naam aan te haal. MOENIE ENIGIETS BETAAL VOORDAT JY DIE BEVESTIGING

VAN DIE BESPREKING EN DIE FAKTUUR ONTVANG HET NIE.

GESONDHEID

SLAAPLOOSHEID – ʼn Paar verrassende oorsake Die getal gesondheidstoestande wat met onvoldoende slaap verbind word, is byna eindeloos, met swaarlywigheid, diabetes en hartsiekte bo-aan die lys. 1. Bloulig-slaaploosheid Jy het herhaaldelik gehoor dat jy elektroniese toestelle ʼn uur of so voor slaaptyd moet afskakel omdat hulle ʼn blou lig uitstraal wat melatonien, ʼn slaapwekkende hormoon, onderdruk. Gloeiende blou lig self drie lof vier ure vroeër – soos om TV gedurende of kort ná aandete te kyk – is egter genoeg om die produksie van melatonien te vertraag. 2. Onderduimse kafeïen-slaaploosheid Terwyl dit instinktief mag wees dat die drink van koffie vir ʼn namiddag-regmakertjie later met jou slaap sal inmeng, het mense geen idee dat hulle kafeïen in ander vorme, soos verkilde tee (“iced tea”) of sjokolade, inneem nie. As jy probleme het om aan die slaap te raak, vermy hierdie items ná middagete. 3. Ongebonde slaaploosheid

Page 5: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

5

Moenie dat roetines by die venster uitwaai nie. ʼn hot-en-haar-skedule beteken jou liggaam stel melatonien later in die dag vry. Handhaaf ʼn gereelde skedule so naby as moontlik, selfs oor naweke. 4. Slapie-slaaploosheid Die algemeenste tyd wanneer mense slaperig word, is tussen 2 en 3 in die middag, wanneer ons ʼn natuurlike daling in energie ervaar. Moenie ʼn slapie neem nie. As jy namiddag-energie geneig is om laag te wees, probeer om iets aktiefs vir daardie tyd te skeduleer. Dit sal jou help om verfris te voel, en navorsing toon dat mense wat oefen ook beter slaapkwaliteit het – dit is dus dubbele “waarde vir geld”. 5. Bedverwarring-slaaploosheid Lees mag ʼn ontspannende aktiwiteit wees, maar jy behoort jou boek na ʼn leunstoel te neem – nie jou bed nie. Lees in die bed kan veroorsaak dat jou brein die bed assosieer met aktiwiteite wat jy doen terwyl jy wakker is, wat jou vermoë om snags aan die slaap te raak, kan affekteer. 6. Alkohol-geïnduseerde slaaploosheid Ja, ʼn glas wyn kan jou afkoel en dit makliker maak om aan die slaap te raak. Terwyl dit jou mag help om om te kap, veroorsaak dit egter ligter en meer gefragmenteerde slaap in die tweede helfte van die nag. Dit verlaag ook slaapkwaliteit – jy staan dus minder verfris op. Beperk alkohol tot drie ure voor slaaptyd en drink matig (een drankie vir vroue en twee vir mans). Lees al 11 hier: https://www.aarp.org/health/conditions-treatments/info-2019/have-trouble-sleeping.html?cmp=EMC-DSO-NLC-WBLTR---CTRL-042619-F1-3724466&ET_CID=3724466&ET_RID=1554613&mi_u=1554613&mi_ecmp=20190426_Webletter_Clickbot_CTRL_SC4N_685000_1009801&encparam=xRFt%2fR1zIctQhbOyU8zfo6RmN9nevV5HTXunpOObw5U%3d

GESIGSVERMOË

Oë – Vlotters en Flikkers Hulle kan skadeloos wees of ʼn sigbedreigende probleem aandui. Byna almal sal in hulle leeftyd oogvlotters ervaar, veral soos hulle ouer word. Hulle is daardie klein kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk soos weerligstrale is ook meer algemeen met ouderdom. Meestal is nóg vlotters nóg flikkers rede tot kommer, maar onder sekere omstandighede vereis hulle onmiddellike mediese aandag. Wat hulle is Vlotters kan voorkom as ringe, swepe, velle, kronkels of ander patrone en is geneig om te beweeg wanneer die oog beweeg – byvoorbeeld, beweeg op wanneer die oog op beweeg en ondertoe wanneer die oog stil is. Flikkers is anders. Hulle is helder, spleetsekonde, wit steurings in die visie wat mense dikwels as ʼn weerligstraal beskryf. Oorsake

Page 6: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

6

Die meeste van die tyd is beide vlotters en flikkers as gevolg van normale ouderdomsverwante veranderings in die glasliggaam van die oog, die jel-struktuur wat die agterkant van die oog vul en die oog rond hou. Vlotters of flikkers kan tekens van ʼn posterior glasliggaam-loslating wees, waarin die glasliggaam van die agterkant van die oog skei – iets wat redelik algemeen is ná die ouderdom van 50. Gewoonlik is hulle nie ʼn rede tot kommer nie. ʼn Retinale skeur of loslating, aan die ander kant, is ʼn ernstige probleem (sien hier onder). Wanneer om bekommerd te wees Wanneer vlotterveranderings klein of geleidelik is, is daar nie rede om bekommerd te wees nie. Indien veranderings egter drasties is – soos ʼn dramatiese toename in die aantal vlotters, die skielike begin van vlotters, die sien van iets wat soos ʼn gordyn oor jou sig afkom, of enige ander agteruitgang in jou sigvermoë – kan hulle ʼn bruikbare waarskuwingsteken van ʼn retinale skeur of loslating wees. Wat om volgende te doen As jy hierdie tekens waarneem, sien ʼn oogarts of ʼn retinale spesialis binne 24 uur. Die dokter sal in staat wees om te sien of daar ʼn skeur of ʼn loslating is. Nie een daarvan veroorsaak pyn nie, omdat daar nie pynreseptore in die oog is nie, daarom is die ondersoek die enigste manier om skade waar te neem. As jy pyn ervaar, is daar iets op die oppervlak van die oog, nie binne-in die oog nie. Behandeling As jy ʼn retinale skeur vroegtydig vang, kan ʼn laserprosedure dit herstel. Dit kan in ʼn dokter se kantoor gedoen word, en jy sal dieselfde dag huis toe gaan. Met ʼn retinale loslating skei die retina van die agterste wand van die oog, soos muurpapier wat van ʼn muur af loskom. Dit is ʼn noodsituasie en, as dit nie dadelik behandel word nie, kan dit permanente sigverlies veroorsaak. As jy egter vinnig optree, kan jy jou sig red. Andrea Barbalich, AARP https://www.aarp.org/health/conditions-treatments/info-2019/understanding-eye-floaters-flashes.html?cmp=EMC-DSO-NLC-HLTH---NMCTRL-050819-F1F-3748918&ET_CID=3748918&ET_RID=1554613&mi_u=1554613&mi_ecmp=20190508_Health_Clickbot_CTRL_SC4N_654300_963201&encparam=xRFt%2fR1zIctQhbOyU8zfo6RmN9nevV5HTXunpOObw5U%3d

DIE DENKE

OEFEN JOU BREIN – hou jou brein jonk ‘Elke week vra iemand vir my, sal ek oukei wees as ek blokkiesraaisels doen?’ sê die bebaarde neurowetenskaplike, Henry Mahncke, HUB van die VSA-maatskappy Posit Science. ‘My antwoord is nee. Ja, jy dink – jy probeer om ʼn anagram of ʼn sinoniem te vind – maar jy maak nie die brein vinniger of meer akkuraat nie. Daarvoor is dit nodig dat jy jouself uitdaag.’ Baie van ons kan nou uitsien na uitgerekte middeljare wat vêr in ons sewentigs en selfs daarna voortduur. As ons hierdie ekstra tyd geniet, moet ons ons verstandelike lewensduur uitbrei om by ons fisiese lewensduur aan te pas. Dit beteken om die

Page 7: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

7

meeste te maak van deurbrake in neurowetenskap wat toon dat ons breine regdeur ons lewens aanhou leer en aanpas. Mense het herstel van beroertes, ongeag permanent beskadigde dele van hulle breine, omdat ander dele bygekom het, soos lugredery-passasiers wat die kontroles by ʼn bewustelose loods gryp. ‘Jy is nooit te oud om te leer nie.’ sê Dr lara Boy, ʼn breinnavorser aan die Universiteit van Brits-Columbië wat met beroerte-pasiënte werk. ‘Daar is nie ʼn geneesmiddel wat jy kan neem nie – die primêre aandrywer van neuroplastiese verandering in jou brein is jou eie gedrag. Die dosis benodig om nuwe vaardighede te leer of oues weer te leer is egter baie groot.’ In 2017 het die VSA Nasionale Akademies vir Wetenskap, Ingenieurswese en Geneeskunde 17 moontlike maniere om verstandelike agteruitgang en demensie te vertraag, ondersoek. Die drie belowendste maniere was fisiese aktiwiteit, bloeddrukbestuur en verstandelike oefening, insluitende spoedprosesserende programme. ‘Geen pyn, geen voordeel’ dring die fiksheidsfanatici aan. Dit blyk ook op verstandelike oefening van toepassing te wees. Die brein mag regtig soos ʼn spier wees en in staat te wees om regdeur die lewe sterker te word. Dit is duidelik dat ons uit die groef moet kom en gereelde swaar verstandelike oefening moet doen: deur fisiese oefening, sosiale kontak, en nuwe uitdagings. Ou honde, so blyk dit, mag baie jonger wees as wat hulle dink. Vertaal uit: Extra Time: Ten Lessons for an Ageing World, gepubliseer deur Harper Collins.

LEWE

OMKEERPRAATJIES – Die gawe en krag van emosionele moed Dink hieroor: Emosies is data, hulle is nie direktiewe nie Die sielkundige Susan David deel waarom die manier waarop ons met ons emosies omgaan alles vorm wat saak maak: ons optredes, beroepe, verhoudings, gesondheid, en geluk. In hierdie diep aandoenlike, humoristiese en potensieel lewensveranderende praatjie daag sy die kultuur uit wat positiwiteit bo emosionele waarheid stel en bespreek die kragtige strategieë van emosionele ratsheid. ʼn Tyd om te deel. UITTREKSEL (vrylik vertaal): Een persoon het egter nie my storie van triomf oor verdriet gekoop nie. My graad 8 Engels-onderwyser het my met brandende blou oë vasgenael terwyl sy blanko notaboeke uitgedeel het. Sy het gesê, “Skryf wat jy voel. Vertel die waarheid. Skryf asof niemand lees nie.” Luister hier: https://www.ted.com/talks/susan_david_the_gift_and_power_of_emotional_courage

Page 8: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

8

VASVRA

WYNLIEFHEBBERS – Kan jy die oop ruimte invul? Halflyf [ . . . . .] met bessiekonfyt-aromas, sitrus & bruinsuikergeure & medium-suurheid. Antwoord aan die einde van hierdie nuusbrief.

VERVOER

VEILIGHEIDSVLAKKE

Vervoermetode deur gebruiker gebruik

Noodlottige ongelukke per miljard passasier-kilometers

Lugredery-passasier 0.1

Spoorwegpassasier 0.16

Bus/toerbuspassasier 0.43

Motor-insittende 4.45

Kragaangedrewe tweewielvoertuie 52.59

Noodlottigheid-risiko by die gebruik van verskillende vervoermetodes

REKENAARWÊRELD

KUBERAANVALLE ʼn Nuwe verslag het bevind dat, terwyl aanvalle op verbruikers met 24 persent gedaal het, aanvalle op besighede met 235 persent toegeneem het. Kuberkriminele het op ʼn groot skaal op besighede gefokus. Kan verbruikers ʼn sug van verligting slaak? In ag geneem dat die meeste besighede jou gegewens het, waarskynlik nie. E-POSSE – slotwoorde Die verskillende maniere waarop verskillende kulture e-posse onderteken word in ʼn BBC-artikel uiteengesit. Hier is ʼn paar glanspunte:

Afhangende van waar jy woon, kan die woorde wat jy gebruik om jou e-pos af te sluit net so belangrik soos die inhoud wees.

Ongeveer 40 % van die Koreane in hierdie studie het die Australiese e-posse onbeskof gevind, vergeleke met die 28% in die omgekeerde situasie.

Afsluiting van ʼn e-pos met die woordelikse ekwivalent van ʼn drukkie kan ongemakklik wees vir mense van meer gereserveerde kulture.

Die belangrikheid van kulturele padwysers beteken nie dat daar nie ruimte is vir individuele persoonlikheid nie.

Taalgedrag is essensieel kultuurgedrag. Die kulturele belangrikeheid van afsluitings

Page 9: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

9

Die paar woorde aan die einde van ʼn e-pos kan insig bied nie slegs in sosiale status, geslag, verhoudingsdinamika en werkplekkultuur nie, maar ook in die breër kultuur. In Nigerië is dit byvoorbeeld algemeen vir e-posse om op ʼn godsdienstige noot te eindig, byvoorbeeld variante van ‘Bly geseën’. Die verpersoonlikte afsluiting van die Keniaanse sjef Njathi Kabui, ‘Eet goed’, is beide professioneel en polities. Kabui sê dat terwyl “die meeste Keniane werkverwante e-posse op die tipies koloniale manier onderteken” met uitdrukkings van Britse invloed soos ‘Sincerely’ en ‘All the best’, het hy daarna gestreef om selfs sy e-posse te dekolonialiseer. Lees die artikel hier: http://www.bbc.com/capital/story/20190508-why-the-way-you-close-your-emails-is-causing-confusion?ocid=global_capital_rss&ocid=global_bbccom_email_09052019_capital Hierdie artikel het by my ʼn seer punt aangeraak. Ek het die volgende aan die Plain English Society in die VK geskryf:

Perhaps I'm a 75 year-old fuddy-duddy but "Regards" and "Best Regards" from businesses or strangers annoys me. Can English not come up with a modern version of "Yours faithfully", "Yours truly", "Yours sincerely", or "Sincerely". I’m nobody's "Yours" and I'm not always "Sincere" (sometimes I’m pretty annoyed by the sender) - I just want to sign off in a neutral way. HELP!

Geen reaksie tot op hede nie.

BOEKE

LEESLYSTE Baie lede het gevra vir aanbevelings ten opsigte van watter boeke om te lees. Wel, hier is 150 wat hulle vir ʼn ruk sal amuseer.

100 (Fiksie-) Boeke om in ʼn Leeftyd te Lees Ons het hierdie lyste voorheen gesien – Van Amazon tot die Telegraph tot Time Magazine en verder. Baie mense het lyste van die 100 beste boeke van alle tye, die 100 boeke wat jy behoort te lees, ensovoorts. En die mooi is dat hulle almal verskillend is, ten spyte van oorvleueling. Die glorieryke subjektiwiteit van kuns beteken dat geen twee van hierdie lyste ooit heeltemal dieselfde behoort te wees nie. Sok, dit is ons s’n, ons spesiale sneeuvlokkie van ʼn lys, gebore uit ons passie vir boeke. ons hou dit by fiksie hierdie keer. Sommige van die verwagte klassieke werke is daar, benewens sommige meer eietydse werke. Daar is ʼn bietjie wetenskapfiksie, ʼn bietjie YA, en bowenal ʼn paar onvergeetlike stories. Vind hulle hier: https://www.abebooks.com/books/100-books-to-read-in-lifetime/ 50 Onmisbare Nie-fiksieboeke (wat jy werklik sal lees)

Page 10: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

10

Soortgelyk aan ons lys van 100 (fiksie-) Boeke om in ʼn Leeftyd te Lees, bevat hierdie lys van 50 nie-fiksieboeke aanbevelings wat jy werklik mag lees (as jy dit nie reeds gedoen het nie). Hierdie lys dek die reeks van nie-fiksie, van meesleurende oorlogsverhale tot sleutel feministiese tekste, tot ongelooflike stryde tot oorlewing, tot stories van lewe in die kosmaakbedryf. Jy mag dalk nie heeltemal met ons aanbevelings saamstem nie, en sleuteltitels ontbreek sekerlik; daarom, deel asseblief julle aanbevelings vir essensiële nie-fiksieboeke wat almal behoort te lees. Vind hulle hier: https://www.abebooks.com/books/50-essential-non-fiction-books/index.shtml LESER SE BOEKE Ek het hierdie lys van ʼn lid af gekry:

Jonas Jonasson: “The Hundred year old man etc” (so slim) en “The girl who saved the King of Sweden” – geamuseer deur die SA-begin van laasgenoemde)

Marina Lewycka, veral “The Lebutkin Legacy” en tot ʼn mindere mate “We are all made of glue”

Fredrik Backman: “A Man Called Ove”

Alexandra Fuller (al haar boeke)

Alice Hoffman (ditto – baie lig)

Deborah Rodriguez: “The little Coffee Shop of Kabul” en haar ander werke

Karen Joy Fowler: “We are all completely beside ourselves” (briljant!)

Sally Andrews: beide Tannie Maria-boeke

Koos Kombuis: “The Complete Secret Diaries of God” En ʼn paar nie-fiksie

Jay Griffiths: “Wild: An Elemental Journey”

John D. Ratey & Richard Manning: “Go Wild” en “Spark” deur laasgenoemde

David R. Hawkins: “Power vs Force

Norman Doidge: “The Brain that changes Itself”

Anne Moir (geneticist) & David Jessel: “Brainsex” (“the brain is sexed in the womb”)

Manal Al-Sharif: “Daring to Drive”

AFTREDE

AFTREDE Hierdie klein boekie is te laat vir ons, maar wat van ons kinders en kleinkinders? Doen hulle ʼn guns en vertel hulle daarvan. Moenie dat hulle dieselfde foute maak as wat sommige van ons gemaak het nie. Seven Questions to Answer Before You Turn 65 by Hilary Henderson

Waar wil ek woon wanneer ek oud en swak is?

Hoe skakel ek my beleggingskapitaal om in ʼn vaste inkomste?

Wat het ek nodig as my inkomste onvoldoende is om my lewensstandaard te handhaaf?

Wat behoort ek omtrent my gesondheid te doen?

Page 11: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

11

Hoe sal ek my lewe struktureer om daaraan doel te gee?

Hoe bou ek ʼn nuwe sosiale netwerk?

Wie kan my met al hierdie dinge help? Om kopieë van hierdie boek te bekom, kontak

Tolvry 0800 990 914 (Suid-Afrika)

+44 20 3014 3997 (buite Suid-Afrika)

[email protected]

www.partridgepublishing.com/africa Dit is beskikbaar in sagteband en eBook. AFTREDE – Wenke Bederf jouself met ontbyt by ʼn byderwetse koffiewinkel. Verval in angs wanneer jy besef jy het geen idee wat ristretto en affogato is nie. Steier tot by die park-bankie.

Moenie op die park-bankie sit nie. Die volgende ding wat jy weet is dat jy duiwe voer.

Herinner jouself dat jy nou al die dinge kan doen wat jou nog altyd wou doen. Leer Frans, word fiks, trek voordeel uit laasteminuut-reisaanbiedinge.

Onderdruk die drang om die volgende woorde in ʼn gesprek te gebruik: "kleinkinders," "tegnies ongeletterd," "was eens op ʼn tyd," "kolonoskopie."

Kontak ʼn vriend wat ʼn paar jaar vroeër afgetree het vir ʼn opvang-middagete. Hoor dat hy dit nie kan maak nie, as gevolg van die laaste woord op jou verbode lys.

Moenie op Facebook gaan en die hoërskool-liefling met wie jy behoort te getrou het, naspoor nie. Dit is vir ná middernag.

Gaan ry deur die platteland en keer terug na die stad gedurende spitstyd, wanneer almal vertrek. Wanneer jy die briesende pendelaars in die verkeer sien, waai en glimlag as jy teen 90 kilometer per uur verbysnel.

Is aftrede nie pragtig nie?

SAVA-DIENSTE

Gaan asseblief na www.SAARP.net en klik op die Voordele-skakel om ons reeks dienste vir lede te sien:

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

Page 12: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

12

SAVA, sy verskaffers, uitgewer, drukker en bydraers het geen bedoeling om spesifieke mediese of ander advies te voorsien nie, maar mag lesers eerder voorsien van inligting ingevolge sy regte onder die Konstitusie van Suid-Afrika. Inligting wat hier verskaf word, is nie 'n plaasvervanger vir professionele advies van enige aard nie, meer spesifiek mediese advies, sorg, diagnose of behandeling. Dit is ook nie ontwerp om enige mediese praktyk of behandeling, program of produk wat in die redaksionele inhoud van die Bulletin of webtuiste of soortgelyke platform geadverteer of genoem word, te bevorder of te onderskryf nie. Bykomend en soortgelyk bied SAVA nie professionele advies op enige terrein aan nie, insluitende maar nie beperk nie tot regsake en finansies. In alle gevalle, sou lesers advies benodig, behoort hulle 'n behoorlik geakkrediteerde en gekwalifiseerde spesialis op die terrein te raadpleeg.

ALLEDAAGSHEDE

BROKKIES

Kan jy dwaasheid met wetgewing uitskakel?

“Texting while crossing road may be banned” BBC-hoofopskrif

Lees aanlyn: Ons wonder watter poslengte gemiddeld die meeste aandag trek. ons het in die data rondgegrawe en die antwoord gevind” 7 minute. (Teen 130 per minuut is dit 910 woorde). Dit is beter dat jy enigiets wat langer vir die gemiddelde persoon neem om te lees in ʼn ander formaat aflewer, byvoorbeeld as ʼn PDF-lêer.

Hoe dodelik is galbessies? Die blare en bessies van belladonna (dodelike nastergal) is uiters giftig. Daar is verskeie verwante algemene voedselsoorte, insluitende aartappels en eierplant. Die tersaaklike chemiese bestanddele het goeie en slegte potensiaal. Die hoofboodskap raak aartappels – moenie daardie eet wat vir ʼn lang tyd gehou is of wat uitloop nie.

Mans. Beursies verander hoe jy sit. Baie mans dra ʼn beursie in hulle agtersak. Dit is ʼn hoofoorsaak van lae rugpyn. Elke keer wanneer jy op die beursie sit, verwring jy die laer lumbale gedeelte van jou werwelkolom. Dit kan uiteindelik die werwelkolom verswak en destabiliseer. Daarom, kom van jou beursie af.

VRAAG Is jy hieraan skuldig?

Gedurende my jare as ʼn restoureerder van huismeubels, het ek elke stukkie houtmeublement in my vorige huis en in hierdie een gekoop/aangeskaf/ gevind/gesteel, met die oorskotmateriaal en gedeeltelike items wat my motorhuis vul. In die 30 jaar wat ons hier woon, was daar nog nooit ʼn motor in die motorhuis nie!

Dit is buite my begrip om te verstaan waarom ʼn R250 000-motor buite in die oprit moet staan terwyl die motorhuis gevul is met “goed” wat gesamentlik waarskynlik nie R5 000 sal inbring nie.

Page 13: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

13

STOF TOT NADENKE Mense is orals. Soos kakkerlakke en rotte is hulle aanpasbaar, vermeerder vinnig en reis goed. Hulle is taai en veerkragtig. Hulle is slim. Hulle kan territoriale, dag-, nag- of skemerwesens wees. Hulle kan gaaf of wreed wees. Mense het heersers van die planeet geword, in voor- en teenspoed. As die dinosourusse vandag nog geleef het, sou mense hulle vir trofeë doodmaak, of hulle eet, of hulle in parke en dieretuine sit. Hulle sou nie teen sapiens opgewasse wees nie. Mense, nie hulle nie, is die top-roofdiere van alle tye op hierdie planeet. Vertaal uit: How Language Began: The Story of Humanity’s Greatest Invention (Everett, Daniel) VERSKILLENDE VOOROORDELE? Jare gelede het ʼn jong paartjie in Suid-Afrika verlief geraak – Apartheid was van krag, daarom het hulle na Ierland geemigreer. Eendag het ʼn plaaslike persoon hulle gevra waarom hulle gekies het om Ierland toe te kom. Hulle het gesê dit was omdat hulle nie toegelaat was om in Suid-Afrika te trou nie. “Waarom nie,” het hy gevra, “ek het gedink julle was beide Katoliek?” AANHALING “’n Man wat nooit skoolgegaan het nie mag van ʼn vragwa steel; maar as hy universiteitsopleiding het, mag hy die hele spoorweg steel.” (Vrylik vertaal) – Theodore Roosevelt STOF TOT NADENKE Dink aan die beskawing as ʼn swak geboude leer. Wanneer jy klim, val elke trap wat jy

gebruik weg. ʼn val van ʼn hoogte van net ʼn paar trappies is nog in die haak. Hoe hoër

jy egter klim, hoe groter die val. Uiteindelik, wanneer jy ʼn voldoende hoogte bereik

het, is enige val van die leer af noodlottig.

GLIMLAG Die partkeerterrein van die viering van die klas se vyf-en-twintigste reünie was vervuil van gesinsmotors toe Dumbo met sy Rolls Royce en sy Gucci-vertoon van sukses opdaag. Toe die wyn begin praat, is die vraag gevra. “Dumbo, hoe het dit gebeur dat jy so suksesvol is?”” “Wiskunde,” antwoord hy eenvoudig. “Kom nou, Dumbo, jy kon nie twee en twee bymekaar tel nie.” “Wiskunde, sê ek vir jou, wiskunde is wonderlik. Ek koop hierdie twee items vir twee Rand en verkoop hulle vir vyf Rand. Die wins wat jy maak met ʼn drie persent prystoename is verbasend.”

Page 14: SAVA NUUSBRIEF Nommer 150 Junie 2019 voeg lewe tot jou ... · kolletjies of strepies wat lyk asof hulle voor die oog is, maar hulle dryf eintlik binne-in die oog. Flikkers wat lyk

14

ANTWOORD OP VASVRA

Koffie! Ek maak nie ʼn grap nie . . .. Deesdae kan jy oënskynlik enigiets vir ʼn liggelowige mark voorstel. Tee volgende? “Subtiele wenke van groen blare, mistieke reuke, bessie (verpligtend) en sterk suurgehalte.” Ray Hattingh NS Ons weet dat mense nie eintlik in die Werklikheid leef nie. Deur uit te wis, skeef te trek en te veralgemeen, bewoon ons ons waarnemings en vertolkings van die Werklikheid.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

voeg lewe tot jou jare by