sava nuusbrief nommer 153 september 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir...

14
1 SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe tot jou jare toe ‘Die lewe behoort nie uitsluitlik deur die standaard van dollars en sente getakseer te word nie. Ek is nie geneig om te kla dat ek geplant het en ander die vrugte gepluk het nie. ʼn Mens het rede vir spyt slegs wanneer hy saai en niemand oes nie.’ Charles Goodyear Verskoning Die Augustus-nuusbrief het ʼn paar probleme opgelewer as gevolg van ʼn stelselfout wat ondervind is deur die Maatskappy wat dit namens ons aflewer. Hulle adviseer: Een van ons baie kliënte het kommunikasie uitgestuur wat die rommelpos- lysting veroorsaak het. Ongelukkig kan ons nie waarborg dat iets soos hierdie nie weer in die toekoms sal gebeur nie. Dit is egter die 2e keer in 9 jaar wat dit gebeur het; dit is dus nie iets wat gereeld gebeur nie en is nie binne ons beheer nie. Die kwessie is opgelos en ons vra om verskoning vir enige skrik en ongerief veroorsaak. Bykomend is sommige van die bedrae vir die Vakansieklub verkeerdelik deur sagteware omgeskakel. Ons het ʼn regstellende nuusbrief uitgestuur. Indien u nie die Augustus-nuusbrief ontvang het nie, kan u dit hier lees:

Upload: others

Post on 20-Nov-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

1

SAVA

NUUSBRIEF Nommer 153

September 2019

voeg lewe tot jou jare toe

‘Die lewe behoort nie uitsluitlik deur die standaard van dollars en sente getakseer

te word nie. Ek is nie geneig om te kla dat ek geplant het en ander die vrugte gepluk het nie. ʼn Mens het rede vir spyt slegs wanneer hy saai en niemand oes nie.’

Charles Goodyear

Verskoning

Die Augustus-nuusbrief het ʼn paar probleme opgelewer as gevolg van ʼn stelselfout wat ondervind is deur die Maatskappy wat dit namens ons aflewer. Hulle adviseer:

Een van ons baie kliënte het kommunikasie uitgestuur wat die rommelpos-

lysting veroorsaak het. Ongelukkig kan ons nie waarborg dat iets soos hierdie

nie weer in die toekoms sal gebeur nie. Dit is egter die 2e keer in 9 jaar wat dit

gebeur het; dit is dus nie iets wat gereeld gebeur nie en is nie binne ons beheer

nie. Die kwessie is opgelos en ons vra om verskoning vir enige skrik en

ongerief veroorsaak.

Bykomend is sommige van die bedrae vir die Vakansieklub verkeerdelik deur sagteware omgeskakel. Ons het ʼn regstellende nuusbrief uitgestuur. Indien u nie die Augustus-nuusbrief ontvang het nie, kan u dit hier lees:

Page 2: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

2

SAVA – Ons nuwe Facebookblad

https://web.facebook.com/saarpsa/ Enige vrae? Kontak:

GESONDHEID

OORSAKE VAN BEROERTE – Agt verrassende dinge Hoë bloeddruk, hoë cholesterol, swaarlywigheid, diabetes en rook is die grootste risikofaktore, maar hulle is nie die enigstes nie. Hier is ʼn paar minder bekende faktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg (of te veel) slaap Daar is toenemende getuienis dat afskeep van slaap jou risiko vir beroerte beduidend verhoog. Navorsers sê ʼn gebrek aan slaap mag inflammasie, streshormone, bloeddruk en bloedsuikervlakke verhoog. 2. Slegte mondhigiëne Daaglikse borsel en vlos help nie net jou tande nie; dit mag ook jou kardiovaskulêre stelsel gesond hou. ʼn Studie in 2018 het bevind dat hoe slegter jou mondhigiëne, hoe hoër jou kans om ʼn beroerte te kry. Dokters is nie seker waarom nie, maar dit is moontlik dat die bakterieë wat jou tandvleis besmet in jou bloedstroom insypel en inflammasie in die bloedvate en ander probleme veroorsaak. 3. Episodes van ongereelde hartslag Voel jy soms of jou hart in jou borskas rondspring? Indien wel, mag jy atriale fibrillasie of AFib hê, wat ʼn algemene hartprobleem is. Onbehandelde AFib verdubbel jou risiko vir hartverwante dood en verhoog jou risiko vir ʼn beroerte met ʼn tamaaie 500 persent; nogtans weet die oorgrote meerderheid van mense wat AFib het nie dat hulle dit het nie. AS jy bekommerd is, praat met jou dokter. Wanneer ons weet dat jy dit het, is daar baie wat ons kan doen om jou risiko te verminder. 4. ʼn enkele nag van fuifdrinkery Miskien het jy gehoor van studies wat toon dat die drink van rooiwyn of bier kan help om jou teen hartsiekte te beskerm. ʼn Ontleding in die vaktydskrif Circulation het bevind dat indien jy ses of meer skemerkelkies op ʼn aand drink, jy ʼn 30 persent hoër risiko het om binne 24 uur ʼn kardiovaskulêre voorval te hê. Middeljarige mans wat net een babelas per jaar het, verdriedubbel byna hulle kans vir ʼn beroerte, volgens ʼn

Page 3: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

3

ander studie. Die Amerikaanse Hartvereniging beveel nie meer nie as twee drankies per dag vir mans en een drankie per dag vir vroue aan. 5. Langdurige gebruik van antibiotika ʼn Studie van 36 429 vroue gepubliseer in die European Heart Journal het bevind dat die neem van antibiotika vir twee maande of langer korreleer met ʼn hoër risiko om ʼn kardiovaskulêre voorval, insluitende ʼn beroerte, te ervaar. Antibiotika vernietig die “goeie” probiotiese bakterieë in die ingewande en verhoog die voorkoms van mikrobes wat siekte kan veroorsaak. Wanneer jy antibiotika neem kan jy jou ingewande versterk en help om die goeie bakterieë terug te plaas deur gefermenteerde voedsels soos jogurt, kombucha of appelasyn te eet of drink. 6. Griepagtige siekte As jy onlangs griep of ʼn boonste respiratoriese infeksie gehad het, wees op die uitkyk vir simptome van beroerte. ʼn Studie aan die Universiteit van Colombië wat in 2019 vir die American Stroke Association aangebied is, het bevind dat ʼn griepagtige siekte jou kanse om oor die volgende 15 dae ʼn beroerte te kry, met byna 40 persent verhoog, en dat die verhoogde risiko vir tot ʼn jaar bly. ʼn Siekte verhoog inflammasie in jou bloedstroom, en dit mag tot bloedklonte lei, wat ʼn beroerte meer waarskynlik maak. Beskerm jouself deur baie hande te was en deur elke jaar ʼn griepinspuiting te kry. 7. Te veel sit Sit vir langdurige tydperke – by ʼn lessenaar of voor ʼn TV – word verbind met ʼn beduidende toename in jou risiko vir hartsiekte en beroerte. In ʼn studie het diegene wat vir 10 ure of meer per dag gesit het, ʼn 18 persent hoër kans vir beroerte gehad as diegene wat vir vyf ure of minder gesit het, ongeag hoeveel hulle geoefen het. 8. ʼn Dieet met baie rooi vleis Dink twee keer voordat jy daardie ekstra repie spek gryp. Studie na studie dui daarop dat die eet van rooi en geprosesseerde vleis ʼn nadelige uitwerking op jou hart het. Die goeie nuus? Jy kan jou risiko beduidend verminder deur rooi vleis met gesonde plantproteïen-keuses soos neute en bone te vervang, volgens navorsing by Harvard. Meer oor Bloeddruk en Beroerte https://www.aarp.org/health/conditions-treatments/info-2019/cardiovascular-risk-factors.html?cmp=EMC-DSO-NLC-RSS---CTRL-080919-P1-3946712&ET_CID=3946712&ET_RID=1554613&mi_u=1554613&mi_ecmp=20190809_DailyBulletin_Control_SC4N_247401_320001&encparam=xRFt%2fR1zIctQhbOyU8zfo6RmN9nevV5HTXunpOObw5U%3d Kommentaar deur ʼn Suid-Afrikaanse mediese professor: Die artikel bied huidige denke en is daarom goed. Die tendense wat ek gevolg het, sou egter nie met die neem van statien vir matige hoë cholesterolvlakke (of vir voorkomingsdoeleindes) saamstem nie; die beswaddering van rooi vleis is ook baie oordoen (hoewel nie vir geprosesseerde kosse en transvette nie).

Page 4: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

4

LANGLEWENDHEID

VEROUDERING – Hoe om dit te vertraag Dokters kan nog nie ʼn lewensverlengende pil voorskryf nie. Hulle kan wel voorstelle aanbied vir ʼn lewensverlengende leefwyse. Vrugte en groente Daar is meer as 20 000 verskillende fito-voedingstowwe in vrugte en groente, en elkeen speel ʼn rol in die bevegting van ouderdomsverwante skade aan ons liggame. Maer proteïen Studies het getoon dat mense beter spiere het wanneer hulle genoeg proteïen eet – ten minste 25 tot 30 gram per maaltyd. Kragoefening Die onderhouding van spiere kan help om metabolisme en beweeglikheid te verbeter. Aërobiese oefening Loop, hardloop, fietsry – probeer vir ʼn minimum van 30 minute vyf keer ʼn week. Sonskerm en skaduwees Hulle help om blootstelling aan die son, wat vrye radikale aktiveer en DNA beskadig, te beperk. Gewigverlies Die verloor van ekstra kilogramme, veral rondom die midderif, kan help om inflammasie te verminder. Vakansie Kan chroniese stres, wat veroudering deur die voortbringing van inflammasie versnel, verminder, verminder. Vir akute stres, soos hartseer, mag berading help. AARP Magazine, Junie/Julie

VRAAG

Waar is Engels die amptelike taal? (Antwoord aan die einde van hierdie nuusbrief.)

DIE BREIN

OË Hoe kan jy sê of iemand bly is om jou te sien? Ignoreer die vorm van hulle mond – ʼn ware glimlag is in die oë. Die Franse dokter, Guillaume Duchenne (1806-75) het die geheim van die glimlag in 1862 ontdek deur elektriese skokke op die gesigte van sy deelnemers toe te pas en die resultate te fotografeer. Hy het gevind dat ʼn kunsmatige glimlag slegs die groot spier aan elke kant van die gesig, bekend as die sigomatiese hoofspier, gebruik, terwyl ʼn opregte glimlag, gewek deur ʼn snaakse grap, ook die spiere wat deur die oë loop, of die orbicularis oculi, gebruik. Die effek is ʼn sigbare kreukeling rondom die ooghoeke wat buite vrywillige beheer is. In glimlag-navorsingskringe staan ʼn opregte glimlag steeds as ʼn ‘Duchenne-glimlag’ bekend,

Page 5: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

5

terwyl ʼn vals glimlag ʼn “pan Am-glimlag’ is – soos die glimlagge van lugwaardinne in die uitgediende lugredery se advertensies. Die belangrikheid van die oë in die aanduiding van opregte emosies word weerspieël in die ‘emoticons’ wat in Japan en Sjina gebruik word. Westers emoticons het ʼn paar vaste punte vir oë maar verander die vorm van die mond soos volg: :) bedoelende ‘gelukkig’ en :( bedoelende ‘hartseer’. Emoticons in die Verre Ooste konsentreer op veranderinge in die oë, maar laat die mond dieselfde, soos volg: ^_^ (gelukkig) en ;_; (hartseer). Dit suggereer dat die veronderstelde onpeilbare Ooste beter is met (en kan sê) wie bly is om wie te sien as wat ons is. QI: The Second Book of General Ignorance

GESKIEDENIS

Dit is moeilik om aan die geskiedenis van die twintigste eeu te dink, insluitende die groot sosiale bewegings daarvan, sonder om die rol van Hitler, Stalin en Mao Zedong te betrek. Daar was egter 'n oomblik in tyd, net voordat 'n eier bevrug is, toe daar 'n vyftig-vyftig kans was dat die embrio wat Hitler sou word, vroulik kon gewees het. Wanneer die drie gebeure saam gesien word, was daar 'n waarskynlikheid van een agste van 'n twintigste eeu sonder een van die drie boewe, en dit is onmoontlik om te argumenteer dat die geskiedenis rofweg dieselfde in hulle afwesigheid sou wees. Die bevrugting van hierdie drie eiers het gewigtige gevolge gehad, en dit maak die idee dat langtermynontwikkelings voorspelbaar is, belaglik. Daniel Kahneman

GLO DIT OF NIE

DIE LISTIGHEDE EN GEWOONTES VAN DIE WÊRELD

In 2015 het ʼn vragvliegtuig van die Singapoer lugredery ʼn noodlanding gedoen nadat windlatende skape die rookalarm laat afgaan het.

Tussen 2005 en 2011 het die getal besoeke aan noodeenhede in die VSA veroorsaak deur energiedrankies van onder 2 000 tot meer as 20 000 toegeneem.

‘Naghonger’ was ʼn toestand uitgedink deur Horlicks om meer Horlicks te verkoop.

Toe weervoorspelling begin het, het die skeepsbergingsindustrie probeer om dit te laat verbied.

Die getal boodskappe wat elke twee dae via WhatsApp en Facebook gestuur word, is meer as die getal mense wat ooit geleef het.

Brasilië het meer mobiele fone as mense.

125 VAN Amerikaners dink USB is ʼn land in Europa.

‘Twitter’ was ʼn 19de-eeuse woord vir ʼn abses in ʼn perd se poot.

Al die foto’s wat binne ʼn uur op Snapchat gedeel word, sal 10 jaar neem om te kyk.

Page 6: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

6

72% van 18- tot 25-jariges vind dit makliker om hulle emosies met emojies as met woorde uit te druk.

$1,000 wat in 2014 in kokaïenhandel belê is, sou in 2015 $182,000 werd wees.

Dit sou £9 miljard kos om een van elke item wat op Amzon.com te koop is, te koop.

Amerika se kernwapens word steeds met sagte diskette beheer.

Apollo 13 het byna met opstyging neergestort, maar ʼn tweede onklaarheid het die eerste onklaarheid herstel. (Alles gebeur in drieë . . . ? Ray)

Lloyd, John. 1,342 QI Facts to Leave you Flabbergasted (Quite Interesting). Faber & Faber. Kindle-uitgawe.

SOSIALE MEDIA

‘N VERSLAWINGSMASJIEN Die sosiale industrie het ʼn verslawingsmasjien ontwerp, nie per ongeluk nie, maar as ʼn logiese manier om waarde aan die kapitaalbeleggers van die onderneming terug te gee. Die verslawende gedrag waaraan dit die naaste is, is dobbel; ʼn lotery met takelwerk. Elke dobbelaar vertrou op ʼn paar abstrakte simbole – die kolle op ʼn dobbelsteen, syfers, kleure, rooi of swart, die grafeme op ʼn vrugtemasjien – om vir hulle te sê wie hulle is. In die meeste gevalle is die antwoord brutaal en vinnig: jy is ʼn verloorder en jy gaan met niks huis toe nie. Die ware dobbelaar put perverse vreugde daaruit om die inset te verhoog en hulle hele wese op die spel te plaas. Op sosiale media krap jy ʼn paar woorde, ʼn paar simbole, uit en druk ‘send’, wat die dobbelsteen rol. Die internet sal vir jou vertel wie jy is en wat jou bestemming is deur rekeningkundige ‘likes’, ‘shares’ en ‘comments’. The Twittering Machine, deur Richard Seymour

VIR LIEFHEBBERS VAN ENGELS, GESKIEDENIS EN KRIEKET

Baie jaar gelede het ek onder andere aan Frank Muir, p/a BBC, Londen, Engeland, geskryf. Ek wou weet wat die oorsprong van die sinsnede “cometh the hour, cometh the man” is. Hy het geantwoord dat hy dit nie in een van sy groot versameling boeke van aanhalings kon vind nie, en afgesluit:

Damn and thrice damn From an utterly hopeless

Frank Muir Kort daarna het Arthur Bleksley ( van "Three Wise Men" op Springbok Radio – onthou?) geskakel en my op die uittreksel hier onder gewys: Cliff Gladwin sal altyd onthou word vir die rol wat hy gespeel het om vir Engeland daardie opwindende wen met die laaste bal oor die Springbokke by Durban in 1948 te gee toe ʼn bylopie die knoop deurgehaak het. Die wedstryd word gereken as een van die opwindendste wat ooit gespeel is.

Page 7: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

7

Gladwin was klaarblyklik gebore vir die krisis, omdat hy, terwyl op pad was na die paaltjies om te kolf, hy luid aangekondig het: "Coometh the hour, coometh the man." Gladwin het koelkop gebly gedurende daardie gespanne laaste drie boulbeurte toe, met die lig wat vinnig begin verswak het en die tyd wat verbytik, hy aan sy maat, Alec Bedser, gesê het: "Now then, my little champion, we're going to get those runs." Toe die laaste boulbeurt begin het en nog agt lopies benodig was, was die spelers opgewen van spanning, veteraan nuusmanne kon skaars hulle notas neerkrabbel, en die toeskouers was koorsagtig. Met byna ’n swier het Gladwin egter beheer van die situasie geneem. "Coom on, Iaad," het hy vir die bonkige Bedser geskree toe hy dapper tussen die paaltjies skarrel vir lopies. Die laaste bal van die wedstryd was afgelewer met die tellings gelyk. Gladwin het opdrag aan Bedser gegee om ten alle koste te hardloop, en tot Tuckets se bal grondvat, het Gladwin verwoed daarna geslaan, gevoel hoe dit hom hard teen die dy tref, en vir sy lewe gehardloop. En Engeland het gewen, glorieryk. Agterna in die kleedkamer het Gladwin verklaar dat hy nooit die merk op sy dy sou was nie – dit was ʼn taamlike kneusplek – en trots aan almal die plek gewys waar krieket se beroemdste bylopie aangeteken was. "I told you, coometh the hour, coometh the man” het hy gekgeskeer met Dudley Nourse, kaptein van die Suid-Afrikaners. En Dudley, meewarig, kon nie meer saamstem nie. Try and Stump me! by Arthur Goldman, 1956

BOEKE

LEWENSVERHALE

Funny Man: Mel Brooks, Patrick McGilligan.

Becoming Dr. Seuss: Theodor Geisel and the Making of an American Imagination, Brian Jay Jones

First: Sandra Day O’Connor, Evan Thomas. Hier is ʼn geleentheid om die lewe van ʼn vroulike regter te verken – die eerste om in die VSA se hoogste hof te dien.

The Matriarch: Barbara Bush and the Making of an American Dynasty, Susan Page

FIKSIE

The Sentence Is Death, Anthony Horowitz. Hierdie raaisel is ʼn waardige en gevatte opvolg op verlede jaar se topverkoper, The Word is Murder.

The Nickel Boys, Colson Whitehead. Nadat hy die Pulitzerprys en nasionale Boektoekenning vir The Underground Railroad in 2016 gewen het, is daar hemelhoë verwagtinge vir Whitehead se nuwe roman.

Under Currents, Nora Roberts. Waarom? Omdat sy Nora Roberts is en ziljoene bewonderaars het. Haar laaste een is ʼn mondigwording-storie.

Lady in the Lake, Laura Lippman. Die topverkoper Baltimore-raaiselskrywer plaas hierdie roman met die vinnige tempo in die 1960’s.

Page 8: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

8

Chances Are …: A Novel, Richard Russo. Die skrywer van die Pulitzerprys-wennende Empire Falls in 2001 is terug met sy eerste onafhanklike roman sedert 2009 se That Old Cape Magic.

AARP

KLIMAATVERANDERING

‘N ENKELE OORSAAK? Cirruswolke is die enigste wolke in die lug wat heeltemal uit ys bestaan. Hulle is baie meer algemeen in die atmosfeer as wat eers gedink is en help om die aarde se temperatuur te reguleer. Hulle word dikwels verwek deur die kondensasiestrome van hoogvlieënde straalvliegtuie. Toe lugverkeer ná 11 September 2001 gestop is, het die daaglikse temperatuurverandering oor die VSA oor die volgende agt-en-veertig uur met tot 3 °C gestyg soos wat die cirrusbeskerming gekrimp het: meer hitte snags uitgelaat het en meer sonlig ingelaat het gedurende die dag. QI: The Pocket Book of General Ignorance (Lloyd, John; Mitchinson, John) Aan ons word vertel dat die uitlaatgasse van hoogvlieënde straalvliegtuie tot aardverwarming bydra; nogtans, wanneer hulle vir net 48 uur ophou vlieg, styg die temperatuur met 3 grade. Ek is nie ʼn vuurpylwetenskaplike nie, maar . . . ?

TEGNIESE HOEKIE

GROOT VERANDERINGE KOM BY WHATSAPP WhatsApp, die gewildste boodskapdiens in Suid-Afrika, kry ʼn uitgebreide lys van veranderinge – insluitende die aanpassing aan sy amptelike naam. Facebook – die eienaar van WhatsApp – sal die amptelike naam van die boodskapdiens van ‘WhatsApp’ na ‘WhatsApp from Facebook’ verander. Dieselfde sal met Instagram gebeur, wat nou ‘Instagram from Facebook’ genoem sal word. Op die vraag waarom die maatskappy hierdie verandering gemaak het, het ʼn woordvoerder gesê: “Ons wil duideliker wees oor die produkte en dienste wat deel van Facebook is.” Daar is baie ander veranderinge op pad vir WhatsApp-gebruikers, waarvan die meeste die gebruikerservaring sal verbeter. Facebook het aangekondig dat dit vanaf die begin van 2020 advertensies op WhatsApp se statusblad sal begin vertoon. Hierdie status-advertensies sal gebruik word om die geld wat Facebook van die boodskaptoepassing kan maak, te vermeerder, en na verwagting sal dit soortgelyk wees aan die advertensies wat in Instagram se Stories gevind word. Facebook beplan ook om ʼn besigheidskatalogus-eienskap met WhatsApp te integreer wat gebruikers sal toelaat om na produkte te soek.

Page 9: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

9

Hierdie eienskap sal beskikbaar wees in geselsies (‘chats’) tussen klante en WhatsApp-geregistreerde besigheid en word aan gewerk as deel van ʼn algemene herontwerp van die platform. https://mybroadband.co.za/news/software/315811-big-changes-coming-to-whatsapp.html?source=newsletter Miljoene ou toestelle ‘opgegaar in laaie’ Het jy geweet dat jou mobiele foon ten minste 30 verskillende elemente bevat wat natuurlik voorkom? Natuurlike hulpbronne van ses hiervan gaan binne die volgende 100 jaar opraak, met verskeie wat onder stygende bedreiging is met verhoogde gebruik. Hierdie elemente is nie slegs deurslaggewend vir die tegnologie wat ons in ons alledaagse lewens as vanselfsprekend aanvaar nie, maar hulle word ook gebruik in enigiets vanaf vuurspreistelsels en antibakteriese kleredrag tot sonpanele en sjirurgiese inplantings. En hulle sou in die toekoms gebruik kon word vir ander tegnologieë wat ons nog nie ontdek het nie – vir gesondheid, groen energie, behandeling van besoedeling en nog meer. Wat kan jy doen om te help? Verandering moet op ʼn wêreldwye skaal plaasvind, maar daar is eenvoudige stappe wat ons almal kan neem om ʼn verskil te maak. Help ons om bewustheid van hierdie dringende kwessie te skep. Praat met jou vriende en familie, en deel die feite deur jou digitale toestelle te gebruik. Jy kan ook help deur die 3 R’e van ‘recycling’ (herwinning) te volg:

Reduce (Verminder) – Stel die opgradering van jou foon vir ʼn jaar of meer uit.

Reuse (Hergebruik) – Stuur jou ou foon aan na ʼn familielid, of skenk dit vir ʼn liefdadigheidsorganisasie

Recycle (Herwin) – As jy in die Verenigde Koninkryk is, besoek recyclenow.com om herwinningsopsies in jou omgewing op te soek. Andersins, doen 'n soektog op “recycle electronic devices near me”.

Sal my data veilig wees? Daar is ʼn risiko dat jou besonderhede gesteel kan word indien stappe nie geneem word om data van jou ou foon of rekenaar af te vee voordat jy dit aangee of herwin nie. As jy onseker is, beveel ons aan dat jy geen risiko’s neem nie. Soek spesialisadvies en gebruik ʼn maatskappy wat waarborg dat hulle jou data sekuur sal uitvee. Ons beveel aan dat die vervaardiger in die eerste plek gekonsulteer word. https://www.rsc.org/campaigning-outreach/campaigning/saving-precious-elements/elements-in-danger/

Page 10: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

10

SAVA-DIENSTE

Gaan asseblief na www.SAARP.net en klik op die Voordele-skakel om ons reeks dienste vir lede te sien:

MAHALA NUUSBRIEF – (SAVA Lidmaatskap Kaart) Dit is Lente en ons nooi alle SAARP lede uit om die groot afslag en besparinge wat ons vir julle onderhandel het te gebruik… dit is so maklik soos 1, 2, 3. Het jy al die Mahala app afgelaai op jou Slimfoon? Of het jy al gaan loer na www.mahala.mobi? Al wat jy hoef te doen is om in te teken met jou lidmaatskapnommer op jou SAARP lidmaatskapkaart. Indien jy nog probleme ervaar of nie verstaan hoe nie, SMS gerus die woord SAARP na 35004 en ons skakel jou terug. Een van ons behulpsame agente sal jou stap-vir-stap deur alles vat en jou dan ook sommer wys hoe om al die besparinge af te laai direk na jou Slimfoon toe. Sommige van ons Vennote hoef jy slegs jou lidmaatskapkaart te wys om die voordeel te geniet. Hierdie besparinge voel jy sommer dadelik in jou sak. Ons daag jou vandag uit om dit te probeer. Hier volg die stappe vir die van dié wat braaf genoeg is sommer self te probeer… dit is eintlik regtig besonders maklik! Probeer gerus:

1. Vanaf jou Slimfoon gaan jy sommer direk na www.mahala.mobi OF laai die gratis Mahala app af vanaf Google Playstore of iTunes en teken in met jou lidmaatskapnommer en jy is reg om te begin woeker. Gaan na die “SHOP” ikoon en soek die transaksie tipe wat jy verkies en jy kan sien hoe om die voordeel te gebruik.

2. SAVA lidmaatskapkaart: Sommige van ons Vennote hoef jy slegs jou SAVA lidmaatskapkaart te wys by die betalingspunt. Skakel ons gerus vir ‘n lys van Vennote of om ‘n programgids te ontvang.

Kyk na van ons Lente aanbiedinge en gaan probeer dit gerus: Gee jou huis ‘n opgradering met ‘n splinternuwe verflaag:

Jack’s Paint: Wys jou SAVA lidmaatskapkaart en kry 5% afslag op Penache Verf en 10% afslag op Bou materiale en “Powertools".

Tyd om die lyf weer fiks en vrolik te kry?

FITSA: 20% afslag op alle onafhanklike gimnasiums in SA wat aan FITSA behoort. Skakel gerus 0860 62 42 52 om uit te vind of die jou naaste gymnasium deel is van die FITSA netwerk.

Bederf jou motor met splinternuwe bande of diens: Tiger Wheel & Tyre OF Tyres & More: Wys jou SAARP kaart en kry 5% af op

bande en 20% af op werkmanskap. Dink jy nie dit is tyd dat jy die Mahala voordele van jou SAARP lidmaatskap begin probeer nie? SMS SAARP na 35004 en ons skakel jou terug om al jou vragies te beantwoord.

Page 11: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

11

SAVA-NUUS

SAVA-LEDEKAART – Kortings ʼn Nuwe lid het ons so pas geadviseer dat die karavaanpark waarin hulle bly hulle fooi vanaf R1 000 na R300 verlaag indien hulle ʼn SAVA-kaart toon. Ek sal graag van julle wil hoor of julle soortgelyke ervarings het sodat ek dit met ons lede kan deel.

WAARSKUWING - BEGRAFNISONDERNEMERS

Ek het sopas van n skokkende ervaring te hore gekom. n Verpleeginrigting wat tuisversorging aanbied, het nadat die persoon oorlede is, ‘n begrafnisondernemer geskakel. Toe die man n paar dae later vra om die lyk van sy vrou te sien, het n personeellid van die ondernemer na vele onderhandelinge uiteindelik n adres verskaf ver van die begrafnisondernemer se perseel. Daar het hulle sy vrou gevind, onbedek, binne-in die bad in die badkamer. Dit blyk dat die begrafnisondernemer geen koelstoorfasiliteit gehad het nie en subkontrakteurs gebruik het. U kan uself die trauma indink. Maak baie seker dat die ondernemer wat u gebruik betroubaar is. Toe ek die spesifieke maatskappy wou google, het die ek die volgende gekry:

SAVA VAKANSIEKLUB

LET WEL: As gevolg van ʼn onvoorsiene vraag na ons vakansie-aanbiedings, sal ons die aantal punt wat elke maand beskikbaar is, beperk. Die volgende is voorbeelde van buiteseisoenvakansies wat ons Vakansieklub vir julle en julle gesinne aanbied. Om te bespreek, skakel Renske by 021 592 1279 of e-pos haar by [email protected]

OORD AREA DATUM EENHEID PRYS

Drakensberg Sun Drakensberg 21-25 Okt 2019 1 s/kamer R3 363.75

Brookes Hill Port Elizabeth 3-7 Feb 2020 2 s/kamer R3 737.50

Brookes Hill Port Elizabeth 16-20 Maart 2020 2 s/kamer R3 737.50

Umhlanga Sands Umhlanga 26-31 Okt 2020 1 s/kamer R2 990.00

Royal Atlantic Sea Point 14-18 Oct 1 bedroom R2,990.00

Page 12: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

12

Table View Cabanas Blouberg 5-9 Okt 2020 1 s/kamer R2 990.00

Club Mykonos Langebaan 3-7 Aug 2020 2 s/kamer R1 868.75

NOTA 1: Die bogenoemde pryse sluit 15% BTW in. NOTA 2: Die prys is vir die hele tydperk. NOTA 3: Alle kansellasies moet 7 weke voor die aankomsdatum gemaak word. BETALING: Wanneer Renske jou bespreking BEVESTIG het, sal sy 'n faktuur uitreik wat SAVA se bankbesonderhede bevat. Wanneer jy die verlangde bedrag in SAVA se bankrekening inbetaal het, stuur asseblief bewys van betaling deur een van die volgende te gebruik:

Faks: 021 592 1284 E-pos: [email protected]

En onthou om jou ID-nommer en naam aan te haal. MOENIE ENIGIETS BETAAL VOORDAT JY DIE BEVESTIGING

VAN DIE BESPREKING EN DIE FAKTUUR ONTVANG HET NIE.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

SAVA, sy verskaffers, uitgewer, drukker en bydraers het geen bedoeling om spesifieke mediese of ander advies te voorsien nie, maar mag lesers eerder voorsien van inligting ingevolge sy regte onder die Konstitusie van Suid-Afrika. Inligting wat hier verskaf word, is nie 'n plaasvervanger vir professionele advies van enige aard nie, meer spesifiek mediese advies, sorg, diagnose of behandeling. Dit is ook nie ontwerp om enige mediese praktyk of behandeling, program of produk wat in die redaksionele inhoud van die Bulletin of webtuiste of soortgelyke platform geadverteer of genoem word, te bevorder of te onderskryf nie. Bykomend en soortgelyk bied SAVA nie professionele advies op enige terrein aan nie, insluitende maar nie beperk nie tot regsake en finansies. In alle gevalle, sou lesers advies benodig, behoort hulle 'n behoorlik geakkrediteerde en gekwalifiseerde spesialis op die terrein te raadpleeg.

ALLEDAAGSHEDE

BROKKIES

Die feit is dat die mens ʼn dier is wat oor simbole stry, en genadedood is ʼn kwessie wat net soveel van simboliese as van praktiese belang is.

85% van vliegtuie wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog op Britse grond neergestort het, het aan die Geallieerdes behoort.

Page 13: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

13

TOEVALLIG GEHOOR Daardie politikus verleen ʼn heel nuwe dimensie aan die betekenis van die woord ‘vervelig’. NEOLOGISMES Die Washington post het die wen-inskrywings van sy jaarlikse neologisme-kompetisie gepubliseer, waarin lesers gevra word om alternatiewe betekenisse vir algemene woorde te gee – en die wenners is:

1. Coffee (n.), the person upon whom one coughs. 2. Flabbergasted (adj.), appalled over how much weight you have gained. 3. Abdicate (v.), to give up all hope of ever having a flat stomach. 4. Esplanade (v.), to attempt an explanation while drunk. 5. Lymph (v.), to walk with a lisp.

STOF TOT NADENKE

Een van die dinge wat die mediese praktyk vir die waarnemer van die menslike aard leer is dat geen gedrag so bisar is dat mense nie daartoe in staat is en hulle nie daarin sal begeef nie. Inderdaad lyk dit dikwels of hulle ʼn behae daarin skep om nuwe vorme van destruktiewe en selfvernietigende gedrag te skep om hulle vryheid van die voorskrifte van rede en goeie begrip te verklaar.

Mense is ʼn baie groter bedreiging vir die mensheid as wat AI ooit kon hoop om te wees. Ons behoort baie minder bekommerd te wees oor die bedreiging van kunsmatige intelligensie en baie meer bekommerd te wees oor die bedreiging van menslike intelligensie. Op baie maniere maak ons fundamentele menslike karaktertrekke ons sleg in die neem van besluite en die kies van ʼn handelswyse. Ons verstande word gepootjie deur foute en vooroordele. Die byvoeging van gevorderde tegnologie tot ʼn wisselvallige sosiale situasie is net brandstof op die vuur. “Dit is nie kunsmatige intelligensie waaroor ek bekommerd is nie; dit is menslike gekheid wat my bekommerd maak,” sê Peter Diamandis, stigter van die X Prize Foundation en medestigter van die Singularity University. Aan die ander kant waarsku die historikus Yuval Harari dat “een ding wat geskiedenis ons leer is dat ons nooit menslike dwaasheid moet onderskat nie”. Vrylik vertaal uit: Tse, Terence C.M., The AI Republic: Building the Nexus Between Humans and Intelligent Automation.

AANHALING Facebook, Twitter en al die ander het uit die 20ste-eeuse advertensie-industrie verrys. Hulle is reuse oorredingsmasjiene wat duisende en duisende datapunte gebruik om mense met ʼn veldtog of ʼn boodskap te help om mense soos ons te

Page 14: SAVA NUUSBRIEF Nommer 153 September 2019 voeg lewe … 153.pdffaktore wat met ʼn hoër risiko vir beroerte en hartaanvalle verbind word, en wat jy oor elkeen kan doen: 1. Nie genoeg

14

teiken. Dit kan vir handelsveldtogte of politieke veldtogte wees. Maar hier is die ding; mense wil hierdie goed reguleer. GLIMLAG Die towenaar aan boord van ʼn toerskip het ʼn ernstige frustrasie ontwikkel jeens die kaptein se papegaai, wat na sy optredes gekyk het. Die papegaai sou babbel: “Dis agter sy rug; hy’t dit op die grond laat val” ensovoorts. Die skip is in ʼn orkaan gevang en het gesink. Twee oorlewendes het die land bereik: die papegaai en die towenaar. Vir ʼn paar dae het ʼn ysige stilte geheers, wat uiteindelik deur die papegaai gebreek is: “Goed, ek gee op, wat het jy met die skip gedoen?”

ANTWOORD OP DIE VRAAG

Daar is baie lande waarin Engels die amptelike taal is, maar Engeland, Australië en die Verenigde State is nie onder hulle nie. ʼn Amptelike taal word gedefinieer as ʼn taal waaraan wetlike status gegee is vir gebruik in ʼn nasie se howe, parlement en administrasie. In Engeland, Australië en meer as die helfte van die VSA is Engels die nie-amptelike taal. Dit word gebruik vir alle staatsbesigheid, maar geen spesifieke wet het ooit die gebruik daarvan bekragtig nie. QI: The Second Book of General Ignorance Ray Hattingh NS Apollo 13 het byna met opstyging neergestort, maar ʼn tweede onklaarheid het die eerste onklaarheid herstel. (Alles gebeur in drieë . . . ? Ray)

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

voeg lewe tot jou jare by