sava nuusbrief nommer 154 oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter...

13
1 SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou jare toe As dew is drawn upwards, in rain to descend Your thoughts drift away and in Destiny blend. You cannot escape them, for petty or great, Or evil or noble, they fashion your Fate. GESONDHEID EIERS – Om dit te eet of nie te eet nie; dit is die vraag? Kom tot ʼn eie besluit. DIE WAARHEID OOR DIE EET VAN EIERS As daar so iets soos ʼn perfekte voedsel was, sou eiers ʼn goeie mededinger wees. Hulle is geredelik beskikbaar, maklik om gaar te maak, bekostigbaar en gepak met proteïen. Die eet van eiers benewens ander voedsel kan ons liggame help om meer vitamines te absorbeer. ʼn Studie het byvoorbeeld getoon dat die byvoeging van ʼn eier tot slaai die hoeveelheid vitamien E wat ons uit die slaai kry, kan verhoog. Vir dekades was die eet van eiers egter ook aanvegbaar vanweë hulle hoë cholesterol. Die jongste navorsing het geen verwantskap gevind tussen die eet van eiers en ʼn verhoogde risiko vir hartbloedvatsiekte nie. Die bespreking oor die gesondheidseffekte van eiers het verskuif deels omdat ons liggame kan vergoed vir die cholesterol wat ons inneem. En wanneer dit by eiers kom, mag cholesterol selfs minder van ʼn gesondheidsrisiko inhou. Cholesterol is skadeliker wanneer dit in ons are oksideer, maar oksidasie vind nie plaas met die cholesterol in eiers nie, omdat daar allerhande soorte anti-oksidante in eiers is wat voorkom dat dit oksideer. Navorsing wat vroeër vanjaar gepubliseer is, het egter die onlangse konsensus dat eiers geen gevaar vir ons gesondheid inhou nie, uitgedaag. Navorsers het gegewens van 30 000 volwassenes vir 17 jaar gevolg en bevind dat elke bykomende halwe eier per dag beduidend met ʼn hoër risiko vir hartsiekte en dood verbind kon word. Die studie was ook teenstrydig met resultate in die verlede. Talle studies suggereer dat eiers goed vir hartgesondheid is. ʼn Vorige ontleding van ʼn halfmiljoen volwassenes in China, gepubliseer in 2018, het selfs die presiese teenoorgestelde bevind: eierinname is met ʼn laer risiko vir hartsiekte geassosieer. Diegene wat elke dag eiers geëet het, het ʼn 18% laer risiko vir dood as gevolg van hartsiekte gehad, en ʼn 28% laer risiko vir dood as gevolg van beroerte in vergelyking met diegene wat nie eiers geëet het nie.

Upload: others

Post on 28-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

1

SAVA

NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019

voeg lewe tot jou jare toe

As dew is drawn upwards, in rain to descend

Your thoughts drift away and in Destiny blend. You cannot escape them, for petty or great,

Or evil or noble, they fashion your Fate.

GESONDHEID

EIERS – Om dit te eet of nie te eet nie; dit is die vraag? Kom tot ʼn eie besluit. DIE WAARHEID OOR DIE EET VAN EIERS As daar so iets soos ʼn perfekte voedsel was, sou eiers ʼn goeie mededinger wees. Hulle is geredelik beskikbaar, maklik om gaar te maak, bekostigbaar en gepak met proteïen. Die eet van eiers benewens ander voedsel kan ons liggame help om meer vitamines te absorbeer. ʼn Studie het byvoorbeeld getoon dat die byvoeging van ʼn eier tot slaai die hoeveelheid vitamien E wat ons uit die slaai kry, kan verhoog. Vir dekades was die eet van eiers egter ook aanvegbaar vanweë hulle hoë cholesterol. Die jongste navorsing het geen verwantskap gevind tussen die eet van eiers en ʼn verhoogde risiko vir hartbloedvatsiekte nie. Die bespreking oor die gesondheidseffekte van eiers het verskuif deels omdat ons liggame kan vergoed vir die cholesterol wat ons inneem. En wanneer dit by eiers kom, mag cholesterol selfs minder van ʼn gesondheidsrisiko inhou. Cholesterol is skadeliker wanneer dit in ons are oksideer, maar oksidasie vind nie plaas met die cholesterol in eiers nie, omdat daar allerhande soorte anti-oksidante in eiers is wat voorkom dat dit oksideer. Navorsing wat vroeër vanjaar gepubliseer is, het egter die onlangse konsensus dat eiers geen gevaar vir ons gesondheid inhou nie, uitgedaag. Navorsers het gegewens van 30 000 volwassenes vir 17 jaar gevolg en bevind dat elke bykomende halwe eier per dag beduidend met ʼn hoër risiko vir hartsiekte en dood verbind kon word. Die studie was ook teenstrydig met resultate in die verlede. Talle studies suggereer dat eiers goed vir hartgesondheid is. ʼn Vorige ontleding van ʼn halfmiljoen volwassenes in China, gepubliseer in 2018, het selfs die presiese teenoorgestelde bevind: eierinname is met ʼn laer risiko vir hartsiekte geassosieer. Diegene wat elke dag eiers geëet het, het ʼn 18% laer risiko vir dood as gevolg van hartsiekte gehad, en ʼn 28% laer risiko vir dood as gevolg van beroerte in vergelyking met diegene wat nie eiers geëet het nie.

Page 2: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

2

Soos die vorige studie was dit ook deur waarneming – bedoelende dit is onmoontlik om oorsaak en effek uit te pluis. Goeie eier Terwyl hierdie studies die debat oor die effek van cholesterol in eiers op ons gesondheid aangevuur het, weet ons van sommige maniere waarop eiers ons risiko vir siekte kan affekteer. Intussen begin wetenskaplikes om ander gesondheidsvoordele van eiers te verstaan. Eiergeel is een van die beste bronne van luteïen, ʼn pigment wat byvoorbeeld al met beter sig en laer risiko vir oogsiekte verbind is. Terwyl navorsers nog lank nie verstaan waarom eiers ons verskillend affekteer nie, suggereer die oorgrote meerderheid onlangse navorsing dat hulle geen risiko vir ons gesondheid inhou nie en meer waarskynlik gesondheidsvoordele voorsien. Nietemin, om elke dag eiers vir ontbyt te eet is waarskynlik ook nie die gesondste opsie nie – ten minste word aanbeveel dat ons ʼn dieet met verskeidenheid volg ... eerder as om al ons eiers in een mandjie te sit. Lees meer: http://www.bbc.com/future/story/20190916-are-eggs-good-for-you?ocid=global_future_rss&ocid=global_bbccom_email_16092019_future

KAN JY EIERS EET AS JY DIABETES HET? Die Amerikaanse Diabetesvereniging beskou eiers as ʼn uitstekende keuse vir mense met diabetes. Dit is hoofsaaklik omdat een eier omtrent ʼn halwe gram koolhidrate bevat; na mening sal dit nie jou bloedsuiker verhoog nie. Eiers is egter hoog in cholesterol. Een groot eier bevat byna 200 mg cholesterol, maar dit is debatteerbaar of dit die liggaam negatief affekteer. Monitering van jou cholesterol is belangrik wanneer jy diabetes het, omdat diabetes ʼn risikofaktor vir hartbloedvatsiekte is. Voordele van eiers ʼn Hele eier bevat ongebeer 7 gram proteïene. Eiers het baie voedingstowwe, soos luteïen en kolien, en daar word gereken dat kolien breingesondheid verbeter. Eiergeel bevat biotien, wat belangrik is vir gesonde hare, vel en naels, asook vir vervaardiging van insulien. Eiers is ook sag op die midellyn. Een groot eier het slegs omtrent 75 kalorieë en 5 gram vet – waarvan ʼn blote 1.6 gram versadigde vet is. Eiers is veelsydig en kan op verskillende maniere voorberei word om jou smake te pas. Jy kan ʼn reeds gesonde voedsel selfs beter maak deur tamaties, spinasie of ander groente by te meng. Hier is meer goeie ontbyt-idees vir mense met diabetes. So gesond as wat hulle op so bie maniere is, behoort eiers matig ingeneem te word.

Page 3: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

3

Cholesterol-bekommernisse Eiers het jare gelede ʼn slegte tik oor die vingers gekry toe hulle as te hoog in cholesterol geag is om deel van ʼn gesonde dieet te wees. Sedertdien het baie verander. So, wat is daar vir ontbyt? ʼn Hardgekookte eier is ʼn handige hoëproteïen smulhappie as jy diabetes het. Die proteïen sal jou vol hou sonder om jou bloedsuiker te affekteer. Proteïen vertraag nie net spysvertering nie; dit vertraag ook die opname van glukose. Dit is van groot hulp as jy diabetes het. Daaglikse diabetes-wenk Geroer? Geposjeer? Hardgekook? Hoe jy ook al jou eier voorberei wil hê, probeer om elke week tot drie van hierdie veelsydige wonders op te eet om uit hulle proteïen- en koolhidraat-voordele voordeel te trek. As jy bekommerd is oor cholesterol, verminder jou inname of gebruik eierwitte. Lees meer: https://www.healthline.com/health/diabetes/eggs#takeaway

OORWIN DEMENSIE – LEER POËSIE

POËSIE – Die waarde om dit uit jou kop te leer Professor Usha Goswami van die Cambridge Universiteit se Departement van Neurowetenskap het dit wat in die breine van babas en jong kinders aangaan, bestudeer en gemeet en bevind dat die metriese strukture en ritmiese patrone van kinderversies met die brein se senuweeskommeling saamval. Sy onthul dat hoe meer gedigte jy vir jou kinders voordra – voordat hulle gebore is asook wanneer hulle babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide wanneer dit kom by die gesproke, en later die geskrewe taal. “Op watter ouderdom jy ook al is,” volgens die professor, “sal jy steeds die vermoë hê om nuwe dinge te leer as jy jou daarop toelê. Daar is geen tekort van breinselle soos wat jy ouer word nie.” Sy is onomwonde: die leer van gedigte van buite is goed vir die brein. “Jy moet die brein aktief hou. Ek het kollegas in hulle sewentigs, tagtigs en negentigs hier by Cambridge – nie een van hulle het demensie nie. Die oefening en dissipline om ʼn gedig van buite te leer, is sekerlik goed om demensie in bedwang te hou.” Die leer van reëls is goed vir jou – en doenbaar, ongeag jou ouderdom. Dame Judi Dench, 83, leer hare vir haar volgende film op die oomblik. Dame Maggie Smith, 83, het so pas hare geleer vir die Downtown Abbey-film wat sy besig is om te maak. Dame Eileen Atkins, 84, begin met ʼn nuwe toneelstuk by West End enige oomblik nou. Sy is natuurlik woord-perfek. Die gedigte wat die maklikste is om te leer, is dié met ʼn sterk ritme – en dié waarvoor jy ʼn aanvoeling het. Die professor verduidelik dat jy die gedig moet leer terwyl jy dit hardop sê. Om die woorde te hoor en die ritme te voel, is belangrik. Rympies is nie belangrik nie – maar hulle is hake wat jou in die leerproses kan help. Kies ʼn gedig

Page 4: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

4

waarvan jy hou en lees dit hardop, leer dit dan, herhaal dit reël vir reël, in die stort, in die kombuis, in die motor, en buite wanneer jy jou hond vir ʼn wandeling neem. Die leer van gedigte van buite sal jou ʼn beter ouer maak en aan jou ʼn langer, gelukkiger, en ryker verstandelik aktiewe lewe gee. Feit. Luister: ‘Poetry by Heart’ by https://www.bbc.co.uk/programmes/b0blhfpn Lees: https://www.theoldie.co.uk/blog/the-joy-of-learning-poems-by-heart

VRAAG

Wat was die eerste woorde wat op die maan gepraat is? (Antwoord aan die einde van hierdie nuusbrief).

REIS

VISUMS – Haat jy die beslommernis? Hierdie lande benodig nie visums vir SA paspoorthouers nie:

Thailand

Singapoer

Maleisië OORBEVOLKTE STEDE Wêreldreise en toerisme gaan voort om teen ʼn dolle vaart te groei, vinniger as die wêreld se BBP, en dra elke jaar meer as $8 triljoen tot die ekonomie by. Nietemin, in sommige stede met ʼn rekord getal besoekers begin regerings en inwoners bevraagteken of toerisme nie te veel van ʼn goeie ding is nie. Die volgende stede met ʼn hoë groei in toerismegetalle ondervind ʼn stremming op hulle bestaande infrastrukture: Amsterdam Met 18n miljoen besoekers verlede jaar en ʼn bevolking van onder 1 miljoen, het Amsterdam ervaar dat toeriste tot stygende eiendomspryse bydra, deels as gevolg van korttermynhuur asook die bydrae tot oorbevolkte strate en probleme met hulle verslapte dwelmwette. Ongelukkige inwoners het dit die afkrakende bynaam van Venesië’ gegee – ʼn simbool van ʼn stad wat oorspoel is deur vakansiegangers. San Francisco Kalifornië se kusstad was altyd ʼn aantrekkingskrag vir toeriste met sy ikoniese Golden Gate Bridge en Fisherman’s Wharf, maar die tegnologiese oplewing van Silicon Valley hier het bykomende stremming op die hulpbronne van die stad geplaas, soos wat toeristegetalle aanhou groei. Een van die weerligafleier-landmerke in die stad op die oomblik is Lombard Street, bekend as die ‘kromste straat in die wêreld’ met sy kronkelende, steil haarnaalddraaie. Die opbou van verkeer om deur hierdie klein stukkie te ry, spoel oor na naasliggende strate en blok die verkeervloei. Praag Die hoofstad van die Tsjeggiese Republiek (ʼn stad van net 1.3 miljoen mense) het verlede jaar ʼn rekord 7.9 miljoen besoekers getrek. Die meeste besoekers verlaat nooit die gebied van Praag 1 nie – die distrik met Old Town, Malá Strana (die ‘Lesser

Page 5: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

5

Quarter’) en die kasteelgebied, wat die negatiewe effekte ingeperk hou. Plaaslike mense voel egter dat dit ʼn skande is dat die sentrum nou aan toeriste oorgegee is. Barcelona In onlangse jare het Barcelona gesukkel om die aantal toeriste wat op sy sondeurdrenkte strate neersak, te beheer. Met meer as 30 miljoen besoekers verlede jaar, kan besoekers ver meer wees as die plaaslike bevolking van 1.6 miljoen, wat groot druk op die stad se hulpbronne plaas. – BBC

TEGNOLOGIE

Mense is ʼn baie groter bedreiging vir die mensdom as wat KI (AI) ooit kon hoop om te wees. ons behoort baie minder bekommerd te wees oor die bedreiging van kunsmatige intelligensie (KI) en baie meer bekommerd oor die bedreiging van menslike intelligensie. Op baie maniere maak ons menslike karaktertrekke ons sleg by die neem van besluite en die kies van ʼn manier van optrede. Ons gedagtes word deur foute en vooroordeel gepootjie. Die byvoeging van gevorderde tegnologie tot ʼn vloeibare sosiale situasie is net brandstof op die vuur. “Dit is nie kunsmatige intelligensie waaroor ek bekommerd is nie; dit is menslike dwaasheid wat my bekommer,” sê Peter Diamandis, stigter van die X Prize Foundation en medestigter van Singularity University. Aan die ander kant waarsku die historikus Yuval Harari dat “een ding wat die geskiedenis ons geleer het, is dat ons nooit menslike dwaasheid behoort te onderskat nie.” Tse, Terence C.M. (2019-06-24T22:58:59). The AI Republic: Building the Nexus Between Humans and Intelligent Automation. Lioncrest Publishing. Kindle-uitgawe.

APOLLO 11 – 5O JAAR LATER

APOLLO 11 (1969) – 10 minder bekende feite 1. Neil Armstrong se ‘een klein stap vir die mensdom’ (‘one small step for man’) was

glad nie klein nie. Hy moes oor ʼn meter van die Eagle se leer na die oppervlak spring.

2. ʼn NASA-sekretaresse het waarskynlik die Amerikaanse vlag wat deur die Apollo 11-bemanning op die maan geplant is by ʼn Houston Sears-winkel gekoop.

3. Tydens hierdie herdenkingsjaar sal ses spanne wetenskaplikes begin om een van drie geheime voorrade van maan-regoliet van Apollo-missies wat sedert 1972 by NASA se Johnson Ruimtesentrum gestoor is, te ondersoek.

4. Die Apollo-leidingsrekenaar het 31.7 kilogram geweeg, maar was minder kragtig as vandag se slimfone.

5. In 2015 het David Robert Grimes (PhD), ʼn fisikus aan die Universiteit van Oxford, ʼn wiskundige model ontwikkel wat bepaal het dat indien die regering die VSA se maanlandings voorgegee het, ʼn beraamde 411 000 mense deel sou wees van die kullery en dat ten minste een persoon binne 3 jaar en 8 maande die sameswering sou laat uitlek.

Page 6: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

6

6. Die Eagle verkenner Neil Armstrong het 26 meriete-onderskeidingstekens verwerf (21 word benodig), maar nie die Ruimteverkenning-onderskeidingsteken nie. Dit is eers in 1965 geskep.

7. Die Saturn V-vuurpyl wat Apollo 11 lanseer het, het 770 000 liter paraffien en nog 1 203 761 liter vloeibare suurstof opgebrand om die ruimtetuig net 61 km die lug in te stuur.

8. As die Saturn V-vuurpyl sou ontplof, sou dit ʼn vuur warmer as 1 370 0Celsius veroorsaak het.

9. Die sending was so gevaarlik dat die ruimtemanne nie lewensversekering kon kry nie. Elkeen van hulle het daarom honderde filatelie-‘omslae’, koeverte wat hulle vriende op 20 Julie 1969 geposmerk het, onderteken, wat hulle geweet het hulle gesinne aan versamelaars sou kon verkoop om hulle kinders se kollege-onderrig te befonds indien hulle nie sou terugkeer nie.

10. Jammer, kullery-teoretici: NASA se maanverkennings-omwentelingskamera het foto’s van die ses Amerikaanse vlae geneem. Vyf staan; Apollo 11 s’n was omgeblaas deur die opstyg-dryfkrag.

Popular Mechanics, Sep 2019

BOEKE

DIE 21 BESTE ROMANS VAN DIE 21STE EEU 1. 1Q84 deur Haruki Marukami 2. 2666 deur Roberto Bolaño 3. A Storm of Swords deur George R.R. Martin 4. A Visit from the Goon Squad deur Jennifer Egan 5. American Gods deur Neil Gaiman 6. The Bonesetter’s Daughter deur Amy Tan 7. White is for Witching deur Helen Oyeyemi 8. The Brief, Wondrous Life of Oscar Wao deur Junot Díaz 9. The Curious Incident of the Dog in the Night-Time deur Mark Haddon 10. Exit West deur Mohsin Hamid 11. Harry Potter and the Goblet of Fire deur J.K. Rowling 12. The Lightning Thief deur Rick Riordan 13. Lincoln in the Bardo deur George Saunders 14. Looking for Alaska deur John Green 15. Mother’s Milk deur Edward St. Audeurn 16. Oryx & Crake deur Margaret Atwood 17. Sag Harbor deur Colson Whitehead 18. The Sellout deur Paul Beatty 19. Soon I will be Invincible deur Austin Grossman 20. Swamplandia! deur Karen Russell 21. White Teeth deur Zadie Smith Webtuiste: https://reedsy.com/discovery/blog/best-novels-of-the-21st-century

Page 7: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

7

VINNIGE FEITE

Die UK Nasionale Gesondheidsdiens is die wêreld se 4e grootste werkgewer ná die US Departement van Verdediging, die Chinese Rooi Leër en Walmart.

NASA se ‘skoon kamers’ is vervuil van mikrobes wat hitte, uitdroging en bestraling weerstaan en die reinigingsprodukte eet.

ʼn Slimfoon het meer rekenaarkrag as wat die hele NASA in 1969 gehad het.

ʼn Apple iPhone bevat meer as die helfte van die elemente in die periodieke tabel.

Palmolie is in meer as 50% van al die produkte in supermarkte, vanaf kits noedels tot skoonmaakmiddels.

Suiker is ʼn bestanddeel in 70% van vervaardigde voedsel.

Alzheimer-pasiënte verloor die vermoë om grondboontjiebotter te ruik.

‘PIN-nommer’ en ‘OTM-masjien’ is voorbeelde van die Oorbodige Akroniem-sindroom.

DIE MENS EN BEMARKING

DIE MENS Die probleem met marknavorsing is dat mense nie dink wat hulle voel nie, hulle nie sê wat hulle dink nie, en hulle nie doen wat hulle sê nie. Trivers en Kurzban het die ontwikkelingswetenskap agter daardie raaisel verduidelik: Ons het eenvoudig nie toegang tot ons opregte motivering nie, omdat dit nie in ons belang is om te weet nie. Ogilvy se tydgenoot, Bill Bernbach, sê: ‘Die menslike natuur het vir ʼn miljoen jaar nie verander nie. Dit sal nie eers in die volgende miljoen jaar verander nie. Net die oppervlakkige dinge het verander. Dit is fatsoenlik om oor die veranderende mens te praat. ʼn Kommunikeerder moet hom besig hou met die veranderende mens – watter kompulsies hom aandryf, watter instinkte al sy aksies domineer, al kamoefleer sy taal te dikwels dit wat hom regtig motiveer.’ Jare gelede, in ʼn onderhoud oor aanlyn boek koop vir ʼn kliënt, het ʼn jong man vir my iets vertel wat verassend eerlik was: ‘Kyk, om eerlik te wees, ek hou nie so baie daarvan om romans te lees nie, maar ek vind dat as jy ʼn paar Ian McEwan [-romans] gelees het, jy ʼn baie beter klas meisie kan trek.’ Sulke eerlikheid oor ons dieper motiewe is seldsaam. Menslike selfmisleiding bemoeilik ons werk om ʼn ander rede: niemand wil in die bestaan daarvan glo nie, en dit is iets wat mense blykbaar slegs op ʼn vlak teoretiese vlak aanvaar. Miskien is dit so omdat ons klaarblyklik ʼn vlak van selfmisleiding benodig om as ʼn sosiale spesie te funksioneer. BEMARKING Verbruikersgedrag, en adverteerders se pogings om dit te manipuleer, kan beskou word as ʼn reusagtige sosiale eksperiment met aansienlike mag om die waarheid oor wat mense wil hê en wat hulle aanspoor, te ontbloot. Wat mense met hulle eie geld (hulle ‘ontblote voorkeure’) doen, is in die algemeen ʼn beter gids tot wat hulle regtig wil hê as hulle eie gemelde gebreke en behoeftes. As Darwin ʼn honderd-en-vyftig jaar

Page 8: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

8

gewag het, sou hy homself baie moeite en seesiekte gespaar het in die ontdekking van ons primaat-voorgeslagte deur vanaf Down House (en my) plaaslike Sainsbury’s Supermark in Otford in Kent te reis. Daar sou hy uit verkooppuntdata kon leer dat van 30 000 items op die rakke, die enkele item wat die gereeldste gekoop word, soos deur alle kruidenierskopers in Brittanje, . . . ʼn piesang is. Alchemy Rory Sutherland

WETENSKAP EN FEITE

ONKUNDE ʼn Gedwonge verblyf in die hospitaal as gevolg van ʼn gebreekte femur het aan my die geleentheid gebied om regtig my Kindle te gebruik. Ek het begin met:

Ignorance: How It Drives Science, Stuart Firestein Hier is die skrywer se siening:

Jan Publick se siening van wetenskap is “meestal ʼn verhaal geweef deur koerantberigte, televisiedokumentêre en hoërskoollesplanne. Laat ek jou my ietwat verskillende perspektief meedeel. Dit is nie feite en reëls nie. Dit is swart katte in donker kamers. Soos die Princeton-wiskundige Andrew Wiles dit beskryf: Dit is tasting en ondersoek en rondsnuffel, en ʼn bietjie geploeter en knoeiery, en dan word ʼn skielike verandering ontdek, dikwels per ongeluk, en die lig word aangesteek, en elkeen sê: ‘O, gaats, so dit is hoe dit lyk,’ en dan gaan dit na die volgende donker kamer, op soek na die volgende geheimsinnige swart kat.”

Vir die van julle wat van die BBC-program QI hou en/of in eienaardige en vreemde feite belangstel, het dit my gelei na die boeke in die lys hier onder (in die volgorde waarin dit gelees is).

1,227 QI Facts To Blow Your Socks Off: Fixed Format Layout 1,234 QI Facts To Leave You Speechless 1,339 QI Facts To Make Your Jaw Drop: Fixed Format Layout 1,342 QI Facts To Leave You Flabbergasted (Quite Interesting) 1,411 QI Facts To Knock You Sideways 1,423 QI Facts To Bowl You Over 2,024 QI Facts To Stop You In Your Tracks QI: The Pocket Book of General Ignorance QI: The Second Book of General Ignorance QI: The Third Book of General Ignorance

Jy sal verbaas gelaat word deur die groot aantal algemeen aanvaarde feite wat óf mites is óf deur skrywers geskep is jare nadat die werklike gebeure plaasgevind het. Ray

SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS

SKEEPSMEESTERS Toe ek tussen 1979 en 1983 by die SAS&H was, was dit die enkele grootste organisasie in die suidelike halfrond wat van bevoegdheidsertifikate as ʼn meester van

Page 9: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

9

ʼn oorsee-varende vaartuig (‘Certificates of Competency as Master of a Foreign Going Vessel’) gebruik gemaak het Vasmering van een skip met die gebruik van twee sleepbote sou direk die gebruikmaking van 7 meestersertifikate behels. 1. Die stuurman op die skip. 2. Meesters en hoofoffisiere op die twee sleepbote. 3. Die assistent hawekaptein aan diens by Hawebeheer. 4. Die hoofoffisier by Hawebeheer. Die hawekaptein en die adjunk-hawekaptein sou dieselfde kwalifikasie hê. net soos die meesters en hoofoffisiere op die ander drie sleepbote aan diens, maar nie betrokke by die operasie nie. Synde ʼn 24-uur-diens, sou elke pos 3 mans in diens hê, en ʼn geskikte aantal in diens om in te staan vir dié wat met verlof of siekverlof was. Daar sou ook ʼn meestersertifikaat op die drywende hyskraan wees. Die hawens betrokke was Walvisbaai, Kaapstad, Port Elizabeth, Oos-Londen, Durban en Richardsbaai. Mosselbaai, Lüderitz en Port Nolloth sou elkeen ʼn hawemeester met ʼn meestersertifikaat hê Rasionalisering het nou die getal drasties verlaag. Dit was ʼn wisselende feit. Ek het nooit iets op skrif daaroor gesien nie, maar ek glo dat dit heeltemal moontlik is, en meer waarskynlik waar. Les Hellmann – Hier is sy kort CV: “Het in 1967 my see-opleiding by die Generaal Botha by Grangerbaai gedoen. My eerste skip in Februarie 1968 in Kaapstad aangeteken, en die laaste een in Januarie 2008 in Lome, Togo, afgeteken. Was die hele tyd by Safmarine, hoewel hulle deur Maersk Line uitgekoop is, en ons was ʼn maatskappy binne ʼn maatskappy. Bevorder na kaptein September 94.” WEERKANTOOR – Oos-Londen Gedurende 1963/4 het ek by die weerkantoor by Coollondale Lughawe, Oos-Londen, gewerk (die naam is later na die Ben Schoeman Lughawe verander, en nog later na die Oos-Londen Lughawe. Hier is ʼn paar herinneringe. Een van die hooffunksies van die weerkantoor was om besonderhede vir vliegtuigbewegings te verskaf. By geleentheid, vir ʼn nagvlug vanaf Jan Smuts na Port Elizabeth, sou die lughawe onder streng beheer met ʼn baie lae wolklaag wees. Ek het hierdie inligting na Jan Smuts aangestuur en gretig op die vertrekbesonderhede van die Viscount gewag. Normaalweg vlieg die vliegtuig na oos-Londen op 11 000 voet. Soos die onvoorspelbaarheid van die weer is, sou die wolklaag by baie geleenthede styg en sou sigbaarheid tot veilige vlakke verbeter. Wanneer die vliegtuig binne radio-reikfafstand kom, het die kaptein die Oos-Londen LVB (lugverkeerbeheerder) geskakel, wat die bemanning oor die baie verbeterde toestande sou inlig. Sonder uitsondering was die reaksie: “Dankie, Oos-Londen, jy kan sluit. Goeie nag.” Trae passasiers het ook nie vertrektye opgehou nie. Die vliegtuigtrappe is verwyder en die masjiene is op tyd aangeskakel. By meer as een geleentheid moes ʼn verwese passasier staan en toekyk hoe sy vlug sonder hom vertrek. Wanneer die weer goed was, het die Skymasters “1 000 voet strandlangs vanaf Durban na Kaapstad gevlieg

Page 10: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

10

Om snags ʼn wolklaag te bepaal, het ek ʼn 30-gram waterstofballon (hoogs plofbaar) met ʼn aangesteekte kers in ʼn dun papierkoppie wat daaronder hang, gebruik om die wolklaag te bepaal – jy kan jou die foutspeling voorstel. En glo dit as jy wil, die LVB het ʼn Very-vuurwapen gehad wat hy gebruik het om rooi of groen fakkels af te vuur om landingsinstruksies aan loodse wat sonder radio’s gevlieg het, te stuur. Vlieg was nog pret. Ray Hattingh

SAVA-DIENSTE

Gaan asseblief na www.SAARP.net en klik op die Voordele-skakel om ons reeks dienste vir lede te sien:

TeleCare Solutions

SAVA-NUUS

TERUGVOER VAN LEDE

Goeiedag, Renske. Wil net dankie se vir daai heerlike midweek tyd wat ons by Dikhololo kon deurbring. Ons lidmaatskap by SAVA is vir ons pensioenarisse wonderlik aangesien ons nie op ʼn ander manier sulke geleenthede sou kon kry nie. Nogmaals dankie, Renske.

My pa het baie jonk in ʼn motorongeluk gesterf en my moeder met 3 kinders om te voed, agtergelaat. In haar later jare het my ma altyd aarmoede gepleit. Ek is nou ʼn pensionaris en verstaan heeltemal waarom obsessief oor finansies geraak het. Ek vind dat ek konstant my bankbalans dophou en my pennies tel. Ek wil daarom my waarderende dank teenoor SAVA en Lorraine Moggee uitspreek dat hulle my bekend gestel het aan Alexander Forbes, wat my premie met die helfte verminder het. Terwyl ek wegbeweeg het van Mutual en Federal af, was ek teensinnig om the verander, maar ek kan nie ʼn besparing soos hierdie ignoreer nie en het my versekering na Alexander Forbes verander. Dankie, SAVA en personeel, vir julle bystand en verwysing.

SAVA VAKANSIEKLUB

LET WEL: As gevolg van ʼn onvoorsiene hoë vraag na ons vakansie-aanbiedings, sal ons die aantal punt wat elke maand beskikbaar is, beperk. Die volgende is voorbeelde van buiteseisoenvakansies wat ons Vakansieklub vir julle en julle gesinne aanbied. Om te bespreek, skakel Renske by 021 592 1279 of e-pos haar by [email protected]

Page 11: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

11

OORD AREA DATUM EENHEID PRYS

Brookes Hill Port Elizabeth 3-7 February 2 s/kamer R3737.50

Tableview Cabanas Blouberg 5-9 October 1 s/kamer R2990.00

Breakers Umhlanga 3-8 February Studio R2616.25

Royal Atlantic Sea Point 10-14 February 1 s/kamer R2990.00

Riviera on Vaal Gauteng 17-21 February 1 s/kamer R2990.00

Banana Beach Club South Coast 3-7 February 1 s/kamer R2242.50

Brookes Hill Port Elizabeth 3-7 February 2 s/kamer R3737.50

Tableview Cabanas Blouberg 5-9 October 1 s/kamer R2990.00

Breakers Umhlanga 3-8 February Studio R2616.25

NOTA 1: Die bogenoemde pryse sluit 15% BTW in. NOTA 2: Die prys is vir die hele tydperk. NOTA 3: Alle kansellasies moet 7 weke voor die aankomsdatum gemaak word. BETALING: Wanneer Renske jou bespreking BEVESTIG het, sal sy 'n faktuur uitreik wat SAVA se bankbesonderhede bevat. Wanneer jy die verlangde bedrag in SAVA se bankrekening inbetaal het, stuur asseblief bewys van betaling deur een van die volgende te gebruik:

Faks: 021 592 1284 E-pos: [email protected]

En onthou om jou ID-nommer en naam aan te haal. MOENIE ENIGIETS BETAAL VOORDAT JY DIE BEVESTIGING

VAN DIE BESPREKING EN DIE FAKTUUR ONTVANG HET NIE.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

SAVA, sy verskaffers, uitgewer, drukker en bydraers het geen bedoeling om spesifieke mediese of ander advies te voorsien nie, maar mag lesers eerder voorsien van inligting ingevolge sy regte onder die Konstitusie van Suid-Afrika. Inligting wat hier verskaf word, is nie 'n plaasvervanger vir professionele advies van enige aard nie, meer spesifiek mediese advies, sorg, diagnose of behandeling. Dit is ook nie ontwerp om enige mediese praktyk of behandeling, program of produk wat in die redaksionele inhoud van die Bulletin of webtuiste of soortgelyke platform geadverteer of genoem word, te bevorder of te onderskryf nie. Bykomend en soortgelyk bied SAVA nie professionele advies op enige terrein aan nie, insluitende maar nie beperk nie tot regsake en finansies. In alle gevalle, sou lesers advies benodig, behoort hulle 'n behoorlik geakkrediteerde en gekwalifiseerde spesialis op die terrein te raadpleeg.

ALLEDAAGSHEDE

Page 12: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

12

BROKKIES

Waar aanhalings ter sprake was, het Cardus hom nie noodwendig onnodig belas met die ongemak om streng feitelik te wees nie. Deesdae sou jou nooit daarmee wegkom nie, en toe het hy net-net daarmee weggekom. Maar hy was nie regtig ʼn moer-en-boute-verslaggewer nie; hy was ʼn humoristiese skrywer, en alle humoristiese skrywers probeer van tyd tot tyd om iets beter te laat lyk. Dit is nie of jy die waarheid uitbrei of uitrek wat saak maak nie. Dit is of mense jou glo. The Great Romantic: Cricket and the Golden Age of Neville Cardus, deur Duncan Hamilton

Ek het so pas Blitzed, ʼn pragtig nagevorsde boek oor dwelms in Nazi Duitsland, klaar gelees. Blykbaar was ‘crystal meth’ (die dwelm metielamfetamien) die brandstof vir die Blitzkrieg – dit het die pantserdrywers in staat gestel om vir drie dae sonder slaap te bly en het selfmoord-selfvertroue aan die golwe van aanvallende Duitse troepe gegee. Die sukses van ʼn roekelose stormloop, ondanks alles, het net hulle optimisme versterk. Teen 1944 het Hitler die Führer se selfvertroue met ses inspuitings per dag in stand gehou. Sommige was mengeldrankies van varkbloed (wat nie sy geloof dat hy ʼn vegetariër was, geaffekteer het nie). Maar dit was toenemend kombinasies van heroïen en metamfetamien. Die generaals – verbaas oor sy optimisme in die aangesig van alle negatiewe verslae op elke front – het aangeneem dat hy ʼn geheime wapen gehad het. Die geheim was chemies geïnduseer. The Spectator, 5 September 2019

‘N GEDAGTE VIR VANDAG: Wanneer mense fanaties toegewyd is aan politieke of godsdienstige gelowe of enige ander soorte dogmas of doelstellings, is dit altyd omdat hierdie dogmas of doelstellings betwyfel word. Robert M. Pirsig, author and philosopher (6 Sep 1928-2017) AFGELUISTER Daardie politikus verleen ʼn hele nuwe dimensie aan die woord ‘vervelig’. STOF TOT NADENKE “Wanneer dit by verkiesings kom, sal sommige kiesers hoor wat hulle wil hoor, selfs al weet hulle diep binne-in dat jy lieg of aandik of ʼn waansinnige, seniele persoon is.” AANHALING Die Duitse fisikus Max Planck het gesê dat wetenskap een begrafnis op ʼn slag vooruitgaan. of meer presies: “’n Nuwe wetenskaplike waarheid triomfeer nie deur sy opponente te oortuig en hulle die lig te laat sien nie, maar eerder omdat die teenstanders daarvan uiteindelik sterf en ʼn nuwe geslag opgroei wat daarmee bekend is.”

Page 13: SAVA NUUSBRIEF Nommer 154 Oktober 2019 voeg lewe tot jou ... · babas en kleuters is – hoe beter sal hulle in staat wees om te kommunikeer, beide ... Kies ʼn gedig . 4 waarvan jy

13

GLIMLAG Humor, satire, grappe is feitlik doodgemaak deur politieke korrektheid en die onliberale aksies van baie sogenaamde liberale. ons het hulle ontsettend nodig, en dit is waarom ek aanbeveel dat mense hierdie 14-minute TED-praatjie kyk: ʼn Vrye wêreld het satire nodig Uittreksel: “. . . burgers van vrye samelewings – eintlik burgers van enige samelewing – benodig humor net soveel as die lug wat ons inasem. Dit is waarom die ekstremiste, die diktators, die outokrate en, eerlik, al die ideoloë van die wêreld nie humor kan verdra nie.” https://www.ted.com/talks/patrick_chappatte_a_free_world_needs_satire/transcript?utm_sour

ce=newsletter_weekly_2019-09-

20&utm_campaign=newsletter_weekly&utm_medium=email&utm_content=talk_of_the_wee

k_button

ANTWOORD OP VRAAG

“Contact Light”, uitgespreek deur Buzz Aldrin. Tegnies, toe die voelstaaf aan die onderkant van die landingstuig die oppervlak geraak het, wat beteken het dat die maantuig “op die maan” was, het Buzz Aldrin gesê: “Contact light.” Armstrong het toe gereageer met “Shutdown”, en toe het hulle deur die lang nagaanlys gegaan om al die landingstelsels af te skakel en die lanseerstelsels voor te berei ingeval hulle ʼn noodlansering terug na die omwentelende bevelstuig moes maak. Ray Hattingh

NS "Ons verstaan die weer op Jupiter beter as wat ons verstaan wat in ons koppe aangaan. Dit is merkwaardig.”

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

voeg lewe tot jou jare toe