sava nuusbrief nommer 157 februarie 2020 voeg lewe tot … · dataclysm: who we are (when we think...

15
1 SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot jou jare toe Woorde is verkleurmannetjies wat die kleur van hulle omgewing weerspieël. Learned Hand 1872–1961 American judge GESONDHEID 9 SUPERVOEDSELS VIR GESONDHEID Avokadopere Alhoewel avokadopere meer vet as byna enige ander vrug bevat, is dit feitlik alles mono-onversadigde vet waarvan baie voordele die verhoging van goeie cholesterol, die verlaging van slegte cholesterol en die voorkoming van hartsiekte insluit. Hulle is ook ryk aan vesel, laag in kalorieë, en bevat meer kalium as selfs piesangs. Beet Beet is die natuur se multivitamien en bevat ons vir ons 'n groter reeks voedingstowwe as feitlik enige ander vrugte of groente op die planeet. Bessies Framboos, braambessies, aarbeie en bloubessies maak saam hulle "span van alle supervrug-sterre". Elkeen behoort in gelyke mate by 'n dieet bygevoeg te word om voordeel uit hulle individuele voordele te trek Kopkool In die supergesonde familie van kruisdraende groentes wat brokkoli en blomkool insluit, staan kopkool uit. Wetenskaplikes het bestanddele in kopkool geïdentifiseer wat die risiko van kankers, hartsiekte, maagdermkanaalprobleme en Alzheimer se siekte verminder. Vis Studies toon dat die gereelde eet van vis kan help om bloeddruk te verlaag en ontsteking te verminder, en dat die visolie in hulle 'n breinvoedende bestanddeel voorsien wat die verstandelike agteruitgang wat met veroudering geassosieer word, kan vertraag. Lensies (Sien die dahl-resep aan die einde van hierdie nuusbrief) Voedingkundiges waarsku toenemend teen die gesondheidsrisiko van die inname van te veel rooi vleis; lensies is 'n byna perfekte plaasvervanger. Wanneer hierdie klein peulvruggies met rys of 'n ander graan gemeng word, vorm dit 'n volledige proteïen met al die aminosure wat die liggaam benodig. Neute Amandels, kasjoeneute, haselneute, okkerneute, en grondbone is feitlik vol van hart- gesonde vette.

Upload: others

Post on 13-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

1

SAVA NUUSBRIEF

NOMMER 157 FEBRUARIE 2020

voeg lewe tot jou jare toe

Woorde is verkleurmannetjies wat die kleur van hulle omgewing weerspieël.

Learned Hand 1872–1961 American judge

GESONDHEID

9 SUPERVOEDSELS VIR GESONDHEID Avokadopere Alhoewel avokadopere meer vet as byna enige ander vrug bevat, is dit feitlik alles mono-onversadigde vet waarvan baie voordele die verhoging van goeie cholesterol, die verlaging van slegte cholesterol en die voorkoming van hartsiekte insluit. Hulle is ook ryk aan vesel, laag in kalorieë, en bevat meer kalium as selfs piesangs. Beet Beet is die natuur se multivitamien en bevat ons vir ons 'n groter reeks voedingstowwe as feitlik enige ander vrugte of groente op die planeet. Bessies Framboos, braambessies, aarbeie en bloubessies maak saam hulle "span van alle supervrug-sterre". Elkeen behoort in gelyke mate by 'n dieet bygevoeg te word om voordeel uit hulle individuele voordele te trek Kopkool In die supergesonde familie van kruisdraende groentes wat brokkoli en blomkool insluit, staan kopkool uit. Wetenskaplikes het bestanddele in kopkool geïdentifiseer wat die risiko van kankers, hartsiekte, maagdermkanaalprobleme en Alzheimer se siekte verminder. Vis Studies toon dat die gereelde eet van vis kan help om bloeddruk te verlaag en ontsteking te verminder, en dat die visolie in hulle 'n breinvoedende bestanddeel voorsien wat die verstandelike agteruitgang wat met veroudering geassosieer word, kan vertraag. Lensies (Sien die dahl-resep aan die einde van hierdie nuusbrief) Voedingkundiges waarsku toenemend teen die gesondheidsrisiko van die inname van te veel rooi vleis; lensies is 'n byna perfekte plaasvervanger. Wanneer hierdie klein peulvruggies met rys of 'n ander graan gemeng word, vorm dit 'n volledige proteïen met al die aminosure wat die liggaam benodig. Neute Amandels, kasjoeneute, haselneute, okkerneute, en grondbone is feitlik vol van hart-gesonde vette.

Page 2: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

2

Spinasie Dit is kriptoniet vir kankerselle. Spinasie bevat so baie antioksidante dat dit op 'n paar maniere die ekwivalent van twee of drie bedienings van groentes in een is. Tamaties Die gereelde inname van tamatieprodukte kan die risiko van kanker en hartsiekte verminder, te danke aan tamaties se kragsentrale-kombinasie van vitamines en fito-voedingstowwe soos likopien. Kook verhoog eintlik die gesondheidsbevorderende eienskappe van tamaties deurdat dit voedingstowwe makliker opneembaar maak. https://www.aarp.org/food/healthy-eating/info-10-2011/10-superfoods-to-eat-healthy.html VERWERKTE VOEDSELS Niemand weet tot watter mate omgewingsfaktore nou tot kankers bydra nie, omdat dit wesenlik onmoontlik is om vas te stel. Meer as tagtigduisend chemikalieë word vandag in die handel in die wêreld geproduseer, en volgens een berekening is 86 persent van hulle nog nooit getoets vir hulle effekte op mense nie. The Body deur Bill Bryson SPAAR JOU KNIEË – 6 Maniere As jy sovêr sonder enige ernstige knieprobleme geloop, gedraf en voetgeslaan het, is daar meer wat jy kan doen as om jou gelukkige sterre te dank. 'n Paar basiese stappe kan help om jou knieë te beskerm terwyl jy verouder. 1. Handhaaf 'n gesonde gewig. Die ronddra van oormatige gewig plaas geweldige druk op jou knieë. Vir elke pond gewig wat jy aansit, sal die knieë vier meer ponde van druk op hulle hê, en selfs meer as dit wanneer jy trappe op- of afklim. 2. Hou aan beweeg. Gereelde fisiese aktiwiteit help om gewrigsfunksie in stand te hou, insluitende sterkte en bewegingsruimte in die knieë, wat beteken dat minder druk op die knieë geplaas word. Dit is interessant dat ontspanningshardlopers 'n veel laer risiko as kompeterende hardlopers en sittende mense het om osteoartritis van die knie te ontwikkel. Moenie op opeenvolgende dae hardloop nie; doen dit elke tweede dag, omdat ons nie so goed herstel soos wat ons oud word nie. Doen iets met 'n lae impak, soos fietsry, Pilatus, of swem op die dae tussenin. 3. Versterk die spiere wat jou knieë ondersteun. Ontwikkeling van sterk dyspiere – veral die vierkopspier, skenkelsenings en wegtrekspiere – verbeter die bewegingsruimte, beskerm knie-kraakbeen, en verminder die stres wat jy op die knie plaas. Kom in die gewoonte om twee kere 'n week hurk- en sprongoefeninge te doen, en maak seker dat jou knieë bokant jou voete bly en nie voor jou tone verbysteek nie. Ná die ouderdom van 50, vermy hurk onder 'n 90-grade hoek (met jou heupe wat onder jou knieë sak), omdat diep hurke verhoogde druk op die knieë plaas.

Page 3: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

3

4. Vervolmaak jou liggaamshouding. Mense beweeg dikwels gebukkend of word krommer soos hulle oud word. Dit is problematies, omdat 'n swak liggaamshouding jou liggaam se swaartepunt verander en bykomende druk op jou knieë en heupe plaas. Maak daarom 'n punt daarvan om regop te staan, met jou kop in lyn met jou skouers, jou skouers direk bokant jou heupe, jou heupe belyn met jou knieë, en jou knieë belyn met jou voete. 5. Kies die regte skoene. Die dra van ondersteunende, gemaklike skoene bevorder behoorlike belyning van die gewrigte in jou onderlyf soos wat jy beweeg. 6. Luister na die pyn in jou knie. As jy pyn en swelling in jou knie ontwikkel, rus van stappery, hardlopery of enige ander hoë-impak aktiwiteit wat jy doen. Gee jou knie die RYKE-behandeling – rus, ys, kompressie, en elevasie – en neem 'n anti-inflammatoriese medikasie soos ibuprofeen. As dit nie binne 'n week of twee reageer nie, laat 'n dokter daarna kyk. https://www.aarp.org/health/conditions-treatments/info-2019/knee-health-tips.html?cmp=EMC-DSO-NLC-WBLTR---CTRL-101819-F1-4105572&ET_CID=4105572&ET_RID=1554613&encparam=xRFt%2fR1zIctQhbOyU8zfo6RmN9nevV5HTXunpOObw5U%3d BLOEDDRUK – Hoe om dit te verlaag Bloeddruk styg soos wat jy oud word. Hier is vyf wenke om dit te verlaag.

Eet goed en oefen. Volg 'n dieet met lae sout en baie vrugte en groente. Doen vir 30 minute oefeninge in die oggend, of loop selfs op 'n trapmeul.

Vermy geprosesseerde kosse. Punt. (Sien hier onder).

Doen handgreepoefeninge. Hou vir twee minute op 'n keer vir vyftien minute per dag, drie keer 'n week.

Vermy verkouemedikasie en nie-steroïed anti-inflammatoriese medisyne.

Haal diep asem. Neem ses groot asemteue in 30 sekondes. AARP Sien die video hier: https://videos.aarp.org/detail/videos/aarp-top-tips/video/6093516468001/how-to-lower-blood-pressure?cmp=EMC-DSO-NLC-RSS-STUDIOS-TOPTIPS-CTRL-102319-P1-4115473&ET_CID=4115473&ET_RID=1554613&encparam=xRFt%2fR1zIctQhbOyU8zfo6RmN9nevV5HTXunpOObw5U%3d

ALKOHOL EN JOU LIGGAAM

DIE WETENSKAP VAN ALKOHOL – Hoe dit jou liggaam affekteer Die drink van alkohol kan mense taamlik goed laat voel, ten minste op die kort termyn. Jou liggaam sien alkohol egter as 'n gif. Dit kan dit nie stoor nie en wil dit afbreek en daarvan ontslae raak. Dit is waar die lewer inkom. As jy egter meer drink as wat jou lewer kan verwerk, begin jy dronk word. Dit maak dat die alkohol-vlak in jou bloed styg. Dit help om drink- en bestuurperke te bepaal. Tans is die drink- en bestuurperk in Engeland 80 mg alkohol per 100 ml

Page 4: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

4

bloed, en in Skotland is dit 50 mg alkohol per 1200 ml bloed. In werklike terme beteken daardie 50 mg-perk dat 'n gemiddelde man net minder as 'n pint bier of 'n groot glas wyn kan drink en vrouens 'n halwe pint bier of 'n klein glas wyn kan drink. Na mening is die toepassing van zero verdraagsaamheid nie prakties nie, omdat alkohol in mondspoelmiddels en nageregte gevind kan word. (Sal iemand dit uitwys aan zero-vlak fanatici wat onskuldiges wil beskerm?) Besondere effekte van alkohol op die liggaam maak drink gevaarlik vir bestuurders. Dit affekteer chemikalieë in die brein wat boodskappe na ander dele van die liggaam dra en vir hulle vertel wat om te doen. Alkohol maak dat hierdie oordragstowwe die kluts so 'n bietjie kwyt raak. Jy word minder ingetoë en jy is in die versoeking om meer risiko's as gewoonlik te neem. In die geval van bestuur dink jy jy kan daardie hoek maak, jy dink daar is genoeg spasie tussen jou en die voertuig voor jou, ensovoorts. Daar is ook die fisiese aspek: die motoriese vaardighede – kommunikasie met jou brein – word stadiger. Wat jou brein dan vir jou spiere sê om te doen is ook stadiger. Jou reaksies word swakker. http://www.bbc.co.uk/newsbeat/article/30350860/the-science-of-alcohol-how-booze-affects-your-body

NUUSMEDIA

VOOROORDEEL Ons kan met reg trots wees op Suid-Afrika se Daily Maverick en News 24 wat deur Media Bias/Fact Check as die "minste bevooroordeeld" aangeslaan word. KONSERWATIEF BEVOOROORDEELD The Spectator – gematig konserwatief in vooroordeel Hierdie mediabronne is effens tot matig konserwatief in vooroordeel. Hulle publiseer dikwels feitelike inligting wat gelaaide woorde gebruik (bewoording wat probeer om 'n gehoor te beïnvloed deur appèl op emosie of stereotipes te gebruik) om konserwatiewe sake te bevoordeel. Hierdie bronne is in die algemeen betroubaar wat inligting betref, maar mag verdere ondersoek benodig. MINSTE BEVOOROORDEELD Daily Maverick SA News 24 SA The Economist Financial Times Sky News Hierdie bronne het minimale vooroordeel en gebruik baie min gelaaide woorde (bewoording wat probeer om 'n gehoor te beïnvloed deur appèl op emosie of stereotipes te gebruik). Verslagdoening is feitelik en gewoonlik gestaaf met bronne. Time Magazine The Guardian The Week (UK)

Page 5: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

5

BBC Hierdie mediabronne het 'n effense tot matige liberale vooroordeel. Hulle publiseer dikwels feitelike inligting wat gelaaide woorde gebruik (bewoording wat probeer om 'n gehoor te beïnvloed deur appèl op emosie of stereotipes te gebruik) om liberale sake te bevorder. Hierdie bronne is in die algemeen betroubaar wat inligting betref, maar mag verdere ondersoek benodig. LIBERAAL BEVOOROORDEELD – Sterk bevooroordeeld Die New Yorker Hierdie mediabronne is matig tot sterk bevooroordeeld teenoor liberale sake by wyse van storie-seleksie en/of politiese affiliasie. Hulle mag sterk gelaaide woorde gebruik (bewoording wat probeer om 'n gehoor te beïnvloed deur appèl op emosie of stereotipes te gebruik), publiseer misleidende verslae en laat verslaggewing of inligting wat liberale sake mag skaad, weg. Sommige bronne van hierdie kategorie mag onbetroubaar wees. https://mediabiasfactcheck.com Die AllSides Media Bias Chart is meer omvattend as enige ander mediavooroordeelkaart op die Web. Terwyl ander mediakaarte vir jou net die subjektiewe mening van die een persoon wat dit uitgespreek het, wys, is ons mediavooroordeel-beoordelingsmetodologie gebaseer op wetenskaplike ontleding van veelvuldige aanhangers en deursigtige metodologie. Wat my interesseer is dat hierdie webtuiste CNN opinion en Fox opinion aan die uiterste linkse en regse posisie van die werklikheidspektrum beoordeel. https://libguides.lorainccc.edu/c.php?g=29395&p=183699

BOEKE NIE-FIKSIE

ʼn Paar lede het my gevra oor nie-fiksie. Oor die afgelope 7 jaar het ek 356 boeke op my Kindle aangekoop. Hiervan staan 24 uit in my geheue (in alfabetiese volgorde):

A Field Guide to the English Clergy: A Compendium of Diverse Eccentrics, Pirates, Prelates and Adventurers; All Anglican, Some Even Practising deur Fergus Butler-Gallie

Admissions: A Life in Brain Surgery deur Henry Marsh

Before there were Trolley Dollies deur Angela Waller

Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder

Dearest Jane...: My Father's Life and Letters deur Roger Mortimer

Do No Harm: Stories of Life, Death and Brain Surgery deur Henry Marsh

Factfulness: Ten Reasons We're Wrong About The World - And Why Things Are Better Than You Think deur Hans Rosling

How Emotions are Made: The Secret Life of the Brain deur Lisa Feldman Barrett

Jan Smuts: Unafraid of Greatness deur Richard Steyn

Our Church: A Personal History of the Church of England deur Roger Scruton

Page 6: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

6

Prisoners of Geography: Ten Maps That Tell You Everything You Need To Know About Global Politics deur Tim Marshall

Reality Is Not What It Seems: The Journey to Quantum Gravity deur Carlo Rovelli

Seven Brief Lessons on Physics deur Carlo Rovelli

Six Walks in the Fictional Woods (The Charles Eliot Norton Lectures) deur Umberto Eco

Skyfaring: A Journey with a Pilot deur Mark Vanhoenacker

The Black Swan: The Impact of the Highly Improbable deur Nassim Nicholas Taleb

The Living Mountain: A Celebration of the Cairngorm Mountains of Scotland (Canons) deur Nan Shepherd

The Pigeon Tunnel: Stories from My Life deur John le Carré

The Shortest History of Germany deur James Hawes

Vintage Champagne on the Edge of Space: The Supersonic World of a Concorde Stewardess deur Sally Armstrong

When the Facts Change: Essays 1995 – 2010 deur Tony Judt

Who We Are and How We Got Here: Ancient DNA and the new science of the human past deur David Reich

Will My Cat Eat My Eyeballs? Big Questions from Tiny Mortals About Death deur Caitlin Doughty

Word by Word: The Secret Life of Dictionaries deur Kory Stamper Die 25ste een is ʼn uitstekende een oor Kennedy se moord, maar ek kan nie onthou watter een nie. Dit is waarskynlik Crossfire: The Plot That Killed Kennedy deur Jim Marrs

TOPVERKOPERS 2019

AMAZON.COM Meeste Boeke Verkoop Fiksie 1. Where the Crawdads Sing deur Delia Owens 2. The Silent Patient deur Alex Michaelides 3. Treasure Island: An Audible Original Drama deur Robert Louis Stevenson en

Marty Ross 4. Harry Potter and the Sorcerer's Stone deur J.K. Rowling 5. The Handmaid's Tale deur Margaret Atwood Nonfiction 1. Becoming deur Michelle Obama 2. Educated deur Tara Westover 3. Girl, Stop Apologizing deur Rachel Hollis 4. Girl, Wash Your Face deur Rachel Hollis 5. Can't Hurt Me deur David Goggins

Page 7: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

7

‘N STIL GEMOED

DIE WEG In die 1990’s het politieke wetenskaplikes begin om te bestudeer wat hulle die “CNN-effek” genoem het. Asemlose, vier-en-twintig uur dekking maak dit aansienlik moeiliker vir politici en HUB’s om enigsins anders as reaktief te wees. Daar is te veel inligting, elke onbenullige detail word onder die mikroskoop vergroot, spekulasie vier hoogty – en die gemoed word oorweldig. Die CNN-effek is nou vir almal ʼn probleem, nie net vir presidente en generaals nie. Elkeen van ons het toegang tot meer inligting as wat ons ooit redelikerwys sou kon gebruik. Ons sê vir onsself dat dit deel van ons werk is en dat ons “op hoogte van dinge” moet wees, en daarom offer ons kosbare tyd op aan nuus, verslae, vergaderings en ander vorme van terugvoer. Selfs wanneer ons nie aan ʼn televisie vasgenael is nie, word ons steeds omring deur skindery en drama en ander afleidings. Ego is betrokke by pogings om met alles op hoogte te wees, of dit ʼn prysenswaardige televisieprogram, die nuutste industrie-gerug, die slimste warm vangs, of die warmste krisis in [die Midde-Ooste, Afrika, Asië, die klimaat, die NATO-spitsberaad, ad infinitum] is. Daar is ego in pogings om na die mees ingeligte persoon in die vertrek te lyk, die een met al die skinderstories, wat weet van elke enkele ding wat in almal se lewens gebeur. Nie alleen kos dit ons ons gemoedsrus nie, maar daar is ook ʼn ernstige geleentheidskoste. As ons stiller was, meer selfvertoue gehad het, meer insig in die toekoms gehad het, aan watter werklik betekenisvolle onderwerp kon ons ons verstandelike energie wy? Die punt is dat dit baie moeilik is om duidelik te dink of op te tree (om nie te praat van gelukkig wees nie) wanneer ons in inligting verdrink. Dit is waarom regsgeleerdes probeer om die ander kant in papier te verdrink. Dit is waarom intelligensie-operateurs die vyand met propaganda oorspoel, sodat hulle die reuk van die waarheid verloor. Dit is nie toevallig dat terloops na die doel van hierdie taktiek as ontledingsverlamming verwys word nie. Nogtans doen ons dit aan onsself. Ons moet dit stop. Stillness is the Key deur Ryan Holiday

DIE WESTERSE WÊRELD

VERENIGDE STATE

Die Verenigde State is gelaat in die bisarre en teenstrydige situasie dat sy burgers hoofsaaklik die wêreld se mees oorvoede mense is, maar ook onder die voedingkundig gebrekkigstes is.

Deesdae is die nalatenskap wat nuutgebore babas saam met hulle in die wêreld bring nie ʼn gebrek aan voeding nie, maar die teenoorgestelde. Hulle word nie slegs gebore in huishoudings waar mense meer eet en minder oefen nie, maar het ook ʼn aangebore kwesbaarheid om te beswyk aan die siektes wat swak leefstyle bring. Dit is voorgestel dat kinders wat vandag opgroei die eerstes in die moderne geskiedenis sal wees wat korter, minder gesonde

Page 8: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

8

lewens as dié van hulle ouers sal ly. Dit lyk of ons nie slegs onsself in vroeë grafte in eet nie, maar kinders inteel om langs ons in te spring.

Selfs nou is daar egter groot wisselvalligheid in sterftekoerse van moeders onder lande in die ontwikkelde wêreld. In Italië is die aantal vroue wat by kindergeboorte sterf 3.9 per 100 000; in Swede is dit 4.6, Australië 5.1, Ierland 5.7, en Kanada 6.6. Brittanje kom drie-en-twintigste op die lys met 8.2 sterftes per 100 000 lewendige geboortes, wat dit onder Hongarye, Pole en Albanië plaas. Denemarke (9.4 per 100 000) en Frankryk (10.0) vaar ook verrassend swak. Onder ontwikkelde nasies is die Verenigde State in ʼn liga van sy eie, met ʼn moederlike sterftekoers van 16.7 per 100 000, wat dit nege-en-dertigste onder die lande plaas.

Bryson, Bill. The Body. Bransford. Kindle Tuition. PS Professor JP van Niekerk het my vertel dat in 2017, Suid-Afrika se sterftekoers 119 per 100 000 geboortes was, bietjie minder as die 200 in 2009.

DIT WAS DIE GOEIE OU DAE

707 DAE Ek het baie jare ná aftrede ʼn reünie-party bygewoon; langs my by die aandete was Nicole Sargent Kapper, een van ons oorspronklike Franse lugwaardinne, steeds pragtig met groot, uitdrukkingsvolle bruin oë, ʼn baie intelligente dame. “Sê my, Bob,” het sy gevra, “wat was die beste tyd van ons vlieëry?” Sonder ʼn oomblik se nadenke het ek gesê: “Die 707-dae.” “Ja,” het sy saamgestem en voortgegaan. “Ons het toe trots gehad; in ons diens, die kos, en aangename atmosfeer van elke vlug.” Sy was reg; dit was die goeie ou dae, en om baie redes. Ons het dieselfde roetes gevlieg as voorheen, maar die atmosfeer het verander: vertragings as gevolg van enjinprobleme het geëindig, lugverkeer het nie gegroei om die lug te vul nie, die vliegtuie was stil en gemaklik, selfs in die ekonomiese klas. Vlieg met ʼn lugredery het toe klas gehad, toe passasiers na vlugte uitgesien het. Dit was ʼn era tussen die primitiewe vroeë dae en die moderne beestrok-styl wat van die vlug iets maak wat verduur moet word eerder as geniet moet word, tensy ʼn mens onbeperkte fondse het, ʼn uitgawerekening of genoeg gereelde vlieër-myle om in die eerste klas te wees. Eerste of ekonomiese klas, almal ly egter onder die vertragings van lugverkeer en die onaangename saamgedronge terminale. Die 707-tyd blink bo alle ander, en is inderdaad vir ewig verlore. Ons het daarna gestreef om vlieg met ʼn lugredery suksesvol en beskikbaar vir almal te maak, maar nou is diegene van ons wat vanaf die vroeëre dae daar was, nie trots op die onmenslike stelsel wat dit geword het nie. North Star over My Shoulder: A Flying Life (Buck, Bob) Bob het gevlieg vanaf 1930 tot 1974, van DC 2’s (ja, 2’s) tot 747’s).

Page 9: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

9

2030

WAT SAL DIE VOLGENDE DEKADE VIR ONS BRING? Daar word wyd voorspel dat die volgende wêreldwye neigings wat onlangs na vore gekom het, sal voortgaan om die wêreld te domineer:

ʼn Groterwordende gety van nasionalisme en woede oor die status quo wat manifesteer in pogings om immigrasie na Wes-Europa en die Verenigde State te stop, ʼn groeiende wegbeweeg van vrye handel, en meer en meer burgerlike onrus. As jy dit alles saamvoeg, sal dit uitloop op stadiger globale ekonomiese groei en stygende spanning tussen lande en konflikte tussen nasies (Indië en Pakistan, Turkye en die Koerde/Siriërs, die VSA en Iran, om ʼn paar te noem).

Vir Suid-Afrika, wat van groeiende handel afhanklik is, sal dit meer druk op ʼn reeds sukkelende ekonomie plaas. Burgerlike onrus is ook ʼn beduidende neiging hier, en hopelik kan ons die 1990’s herskep toe ons die wêreld verbyster het deur ʼn vreedsame oorgang na demokrasie onderhandel het.

Spannings tussen supermoondhede wanneer China wedywer om die VSA ekonomies en militêr verby te steek. So ver het dit uitgespeel in VSA-tariewe teenoor China en sanksies teen Rusland, maar jy kan verwag dat dit gaan vererger.

Suid-Afrika is ver weg van hierdie slagvelde en behoort enige konflikte wat onstaan, gespaar te bly. Om die waarheid te sê, ons sal waarskynlik voordeel trek wanneer die supermoondhede om invloed meeding, wat behoort oor te gaan na belegging in ons agteruitgaande infrastruktuur.

Die laaste dekade is gekenmerk deur maklike geld en lae rentekoerse, wat die duidelike moontlikheid skep dat daar nog ʼn ekonomiese ineenstorting soortgelyk aan die een in 2008 sal wees.

Dit sou nie goeie nuus vir Suid-Afrika wees nie, omdat ons ekonomie reeds deur stygende skuld gerek word. Ons het die laaste ineenstorting goed oorleef omdat ons sterk ekonomiese fondamente gehad het en in staat was om die effekte van die ineenstorting met ʼn ekonomiese stimulusprogram te beveg, maar nou het ons geen beweegruimte om ʼn globale resessie af te weer nie, indien daar ʼn ineenstorting sou wees.

Nog ʼn faktor is of ons na volle rommelstatus sal daal, wat nadelig vir die ekonomie sal wees.

Klimaatverandering, wat alles oorskadu en in die skaduwee plaas, het gekom en maak homself toenemend voelbaar. Ons het reeds gesien hoe ʼn rampspoedige droogte een van die oorsake van die Siriese burgeroorlog was, en ons weet hoe droog dele van Suid-Afrika is. Stygende vlakke van koolstofdioksied maak die wêreld warmer (temperature het reeds met 1 graad Celsius gestyg en styg nog steeds) – as temperature ʼn halwe graad styg, sal dit die wêreld $56 triljoen kos om die effekte te hanteer.

Die probleem met klimaatverandering is dat dit al die bogenoemde probleme soos stygende getalle vlugtelinge, minder kos, ens. Vererger. Desertifikasie sal meer mense na oorbevolkte stede dryf tesame met meer uiterste weer-gebeure.

Page 10: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

10

Meer en meer klimaatveranderingspesialiste sê ons kom nader aan ʼn kantelpunt waar klimaatverandering onomkeerbaar word. Waarom verbind ons onsself nie almal om op ons eie klein maniere die koolstofdioksied-uitlatings wat ons veroorsaak, te verminder en na maniere te kyk om water te bewaar nie? Wilder Lockitch, Januarie 2020

VINNIGE FEITE

SPORT Om ʼn bofbal te slaan, is alreeds ʼn byna ondenkbare prestasie. Dit vereis van die slaner om ʼn klein bal wat vanaf ʼn verhewe posisie sestig voet weg teen ʼn spoed vinniger as 90 myl per uur trek te sien, te prosesseer, ʼn besluit te neem, daarna te swaai en te tref. Vierhonderd millisekondes. Dit is hoe lank dit neem vir die bal om vanaf die hopie tot by die slaner te trek. Om in staat te wees om te swaai en dit te tref gaan fisika letterlik te bowe – dit is die enkele moeilikste aksie in alle sporte. Stillness is the Key deur Ryan Holiday

TEGNOLOGIE

PRIVAATHEID Die kuns van privaatheid in die digitale eeu. Hoe kan jy ophou om aanlyn inligting oor jouself te lek? “Een ding wat jy natuurlik kan doen is om in ouer tegnologie te belê en ʼn ou-styl selfoon te kry wat jy net vir telefoonoproepe en SMS’e gebruik.” Raad van ʼn voormalige MI5-intelligensie-offisier. https://www.bbc.com/ideas/videos/the-art-of-privacy-in-the-digital-age/p07qntb4

SAVA-DIENSTE

Gaan asseblief na www.SAARP.net en klik op die Voordele-skakel om ons reeks dienste vir lede te sien:

SAVA-NUUS

LIDMAATSKAP In 2019 het lidmaatskap met 23 persent teenoor 2018 toegeneem. Twee derdes van nuwe lede merk steeds “Mondelings” as hoe hulle van SAVA gehoor het.

Page 11: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

11

TERUGVOERING VAN LEDE

Dankie vir jou professionele diens. Ek het begin wanhoop oor die diens wat ek van jou kollegas ontvang het, en dinge het net begin beweeg toe ek weekliks vir 2 of 3 weke ingebel het. Toe het jy van verlof af teruggekeer en alles was binne ʼn oogwink uitsorteer. Wys dit asseblief vir jou bestuurder, omdat jy my geloof in Santam-eise herstel het. Ek was taamlik opgewerk en het selfs geskryf om te kla oor die diens en aan SAVA ʼn kopie gestuur omdat ek deur hulle by Santam betrokke geraak het. Ek het Santam by hierdie e-pos ingesluit om ʼn gebalanseerde prentjie te gee.

My man, Yogan, en ek het regtig ons wegbreek by Cayley Lodge geniet. Die eenheid was baie gemaklik met ʼn pragtige uitsig op die berg en die Bell-dam. Hoogtepunte was die Woensdag-konsert van die Drakensbergse Seunskoor en die landskapsritte en stoppe by die verskillende koffiewinkels in die area. Ons was ʼn bietjie teleurgesteld met ons besoek aan die Spioenkop natuurreservaat. Ek raai hulle is geraak deur die droogte, maar daar was geen personeel by die plek te sien nie. Ek het voorheen Dikhololo bespreek en het ook goeie waarde vir geld gehad. Dankie vir hierdie wonderlike diens, ons waardeer dit regtig. Ek vertel al my afgetrede vriende van SAVA.

Dankie vir die wonderlike SAVA-nuusbrief wat jy saamstel. Dit is stimulerend, opvoedkundig, amusant en inspirerend. Baie dankbaar. Alethea Fleming

Dankie, liewe Ray Hattingh en al jou goeie mense, vir die jongste SAVA-nuusbrief en alles wat jy doen om ons geïnteresseerd en ingelig te hou. Dit is so goed om te hoor dat SAVA steeds sy beste doen om ons afgetredenes op hoogte te hou van alles wat rondom ons gebeur. Dankie ook dat jy ons help om ons bejaarde weergawes by te werk. En nou gaan ek meer lees – op die ou end mag ek afgetree wees, maar ek is ook versool en hou daarvan om besig en op datum te wees. Groete en met dankbaarheid, Verna Kruse.

Baie, baie dankie vir hierdie maand se Nuusbrief. Ek het die artikel werklik geniet en sien uit na die volgende uitgawe. Groete Trevor Meiring

SAVA-VAKANSIEKLUB

LET WEL: As gevolg van die ongekende aanvraag vir ons vakansie-aanbiedings sal ons die aantal punte wat elke maand beskikbaar is, beperk. Die volgende is voorbeelde van buiteseisoenvakansies met korting wat ons vakansieklub vir julle en julle gesinne aanbied. Om te bespreek, skakel Renske by 021 592 1279 of stuur vir haar ʼn e-pos by [email protected]

OORD AREA DATUM EENHEID PRYS

TABLEVIEW CABANAS BLOUBERG 24-28 AUG 1 S/KAMER R1610

CLUB MYKONOS LANGEBAAN 13-17 JULIE 1 S/KAMER R1610

ROYAL ATLANTIC SEA POINT 25-29 MEI 1 S/KAMER R2012.50

Page 12: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

12

FAIRWAYS DRAKENSBERG 25-29 MEI 2 S/KAMER R2415

CAYLEY LODGE DRAKENSBERG 11-15 MEI 3 S/KAMER R2817.50

MAGALIESPARK BRITS 20-24 JULIE 1 S/KAMER R1610

MAGALIESPARK BRITS 8-12 JUNIE 1 S/KAMER R1610

THE DUNES PLETTENBERG BAY 13-17 JULIE STUDIO R1207.50

THE DUNES PLETTENBERG BAY 27-31 JULIE STUDIO R1207.50

UMHLANGA CABANAS UMHLANGA 24-28 AUG 2 S/KAMER R2415

DIKHOLOLO BRITS 18-22 MEI 2 S/KAMER R1610

HAZYVIEW CABANAS HAZYVIEW 8-12 JUNIE 3 S/KAMER R2415

DOLPHIN VIEW UMDLOTI 3-7 AUG 1 S/KAMER R1610

NOTA 1: Die bogenoemde pryse sluit 15% BTW in. NOTA 2: Die prys is vir die hele tydperk. NOTA 3: Alle kansellasies moet 7 weke voor die aankomsdatum gemaak word. BETALING: Wanneer Renske jou bespreking BEVESTIG het, sal sy 'n faktuur uitreik wat SAVA se bankbesonderhede bevat. Wanneer jy die verlangde bedrag in SAVA se bankrekening inbetaal het, stuur asseblief bewys van betaling deur een van die volgende te gebruik:

Faks: 021 592 1284 E-pos: [email protected]

En onthou om jou ID-nommer en naam aan te haal. MOENIE ENIGIETS BETAAL VOORDAT JY DIE BEVESTIGING

VAN DIE BESPREKING EN DIE FAKTUUR ONTVANG HET NIE.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

SAVA, sy verskaffers, uitgewer, drukker en bydraers het geen bedoeling om spesifieke mediese of ander advies te voorsien nie, maar mag lesers eerder voorsien van inligting ingevolge sy regte onder die Konstitusie van Suid-Afrika. Inligting wat hier verskaf word, is nie 'n plaasvervanger vir professionele advies van enige aard nie, meer spesifiek mediese advies, sorg, diagnose of behandeling. Dit is ook nie ontwerp om enige mediese praktyk of behandeling, program of produk wat in die redaksionele inhoud van die Bulletin of webtuiste of soortgelyke platform geadverteer of genoem word, te bevorder of te onderskryf nie. Bykomend en soortgelyk bied SAVA nie professionele advies op enige terrein aan nie, insluitende maar nie beperk nie tot regsake en finansies. In alle gevalle, sou lesers advies benodig, behoort hulle 'n behoorlik geakkrediteerde en gekwalifiseerde spesialis op die terrein te raadpleeg.

Page 13: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

13

ALLEDAAGSHEDE

BROKKIES

Onlangs het NASA ʼn interne verslag gepubliseer waarin hulle erken het dat twee ruimtemanne tydens ten minste twee ruimtetuiglanserings behoorlik, heeltemal hik- en stormgelukkig dronk was; en, om eerlik te wees, as ek op die punt was om teen verskeie kere die spoed van lig na ʼn eindelose leë ruimte afgevuur te word, sou ek ook ʼn skoot van die ou staatmaker wou gehad het. A Short History of Drunkenness deur Mark Forsyth

Ons hoor die beskrywende woorde psigopaat en sosiopaat heeltyd, maar hier is ʼn nuwe een: monopaat. Dit beteken ʼn persoon met ʼn kleingeestige gedagtegang, ʼn eenspoorbrein, ʼn droë bokkom, ʼn super-spesialis, ʼn deskundige met geen ander belangstellings – met ander woorde, die rolmodel van keuse in die Westerse wêreld.

In die malle najaging van super-oordadige verbruiksartikels het die mensdom die rede en doel van lewe heeltemal vergeet en het selfs begin om nuwe behoeftes te bedink om die oneweredige hoeveelheid tyd wat by die werk met die vervaardiging van onnodige gebruiksartikels gespandeer word, te regverdig. Aristotle’s Way deur Edith Hall

Amazon se verkope het gedurende die Kersseisoen geklim en 21% sedert die vorige jaar gestyg, in skerp teenstelling met swakheid wat deur ander kleinhandelaars gerapporteer is. Amazon het verlede jaar op meer as 37% van die e-handelsmark van die VSA aanspraak gemaak, volgens die beramings van die navorsingsfirma eMarketer. Dit is verantwoordelik vir byna 10% globaal.

Skrywers haal vandag gereeld aan: o vC 620 vCE – Thales of Miletus o vC 470-399 – Socrates o vC 384-322 – Plato o vC 384-322 – Aristotle o vC 342-271 – Epicurus

In 4019 nC, watter name uit die 20ste en 21ste eeue sal ons nageslagte waarskynlik aanhaal as gevolg van hulle gewaardeerde insigte? Enigiemand?

LEWE

Die eerste helfte van ons lewens word deur ons ouers geruïneer, die tweede helfte deur ons kinders. Clarence Darrow 1857–1938 Amerikaanse regsgeleerde

Die enigste manier om jonk te bly is om oumense te vermy. James D. Watson 1928– Amerikaanse bioloog,

Waaraan skryf ek my langlewendheid toe? Slegte geluk. Quentin Crisp 1908–99 Engelse skrywer

Page 14: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

14

Soos Groucho Marx eenmaal gesê het: ‘Enigeen kan oud word – al wat jy hoef te doen is om lank genoeg te leef.’ Elizabeth II 1926 – Britse koningin.

Om kinders te hê maak jou nie meer van ʼn ouer as wat om ʼn klavier te hê van jou ʼn klavierspeler maak nie. Michael Levine

Oxford Dictionary of Humorous Quotations deur Gyles Brandreth STOF TOT NADENKE

Bring ouderdom wysheid, of lê dit maar net vooroordele vas?

Altyd skuilende in die agtergrond is die wet van onbedoelde gevolge en sy uitvloeisel van elke oplossing is maar net die uitbroeiplek vir nuwe probleme.

Alle politieke lewens, tensy hulle in die middel van die stroom by ʼn gelukkige tydstip afgesny word, eindig as ʼn mislukking, omdat dit die aard van politiek en van menslike aangeleenthede is. Enoch Powell,

Wetenskap vorder een begrafnis op ʼn slag. ʼn Nuwe wetenskaplike waarheid triomfeer nie deur sy opponente te oortuig en hulle die lig te laat sien nie, maar eerder omdat sy opponente uiteindelik sterf en ʼn nuwe geslag opgroei wat daarmee bekend is. Max Planck

SKOOLSEUN-FLATERS (Uit 1930) (Onvertaald vanweë die idiomatiese aard van die taal)

A spiritualist is a man who works in a distillery.

The embalmed body of an Egyptian is called a dummy.

A goblet is a male turkey.

A brunette is a young bear.

A litre is a nest of young puppies.

An invoice is another name for conscience.

The feminine of bachelor is lady-in-waiting.

A meteor is a thing you put pennies in to get gas.

A conservative is a kind of greenhouse.

Latitude is a state of weariness and faintness. Ray Hattingh NS “Yster roes as gevolg van nie-gebruik; stagnante water verloor sy suiwerheid en vries in koue weer; net so tap dadeloosheid die krag van die verstand.” Leonardo da Vinci

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

voeg lewe tot jou jare toe

Page 15: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 157 FEBRUARIE 2020 voeg lewe tot … · Dataclysm: Who We Are (When We Think No One's Looking) deur Christian Rudder Dearest Jane...: My Father's Life and Letters

15