sava nuusbrief nommer 159 april 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). die vooruitgang van...

15
1 SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou jare toe Ons is hier op aarde om goed aan ander te doen. Ek het geen idee waarvoor die ander hier is nie. W H Auden Gesondheid SEPSIS – Beskerm jouself Sepsis is ʼn komplikasie wat plaasvind wanneer jou liggaam probeer om ʼn infeksie te beveg, hetsy longontsteking, ʼn urienweginfeksie of iets soos ʼn gastro-intestinale infeksie. Die immuunstelsel gaan oor in snelrat en stel chemikalieë in die bloedstroom vry om die infeksie te beveg. Ouderdom maak saak Enigiemand kan op enige ouderdom sepsis kry, maar ouer mense is in groter gevaar. Mense bo die ouderdom van 65 maak byna 60 persent van sepsis-gevalle uit. Om die waarheid te sê, dit blyk dat sepsis die algemeenste rede is waarom ouer volwassenes in ʼn intensiewe sorg-eenheid opgeneem word. Wanneer ons ouer word, word ons immuunstelsel minder effektief om infeksies te beveg, en saam met elke infeksie kom ʼn risiko om sepsis te ontwikkel. ʼn Probleem is dat die immuunstelsel verder onderdruk word by ʼn bejaarde persoon wat medikasie neem om twee of meer chroniese siektetoestande te behandel. Pasop vir die teelaarde Die meeste sepsis-gevalle begin buite ʼn gesondheidsorg-omgewing, maar bedlêende pasiënte kan besonder kwesbaar wees. Navorsing toon dat swak higiëne die nr. 1- oorsaak is dat mense ʼn hospitaal-verworwe infeksie opdoen. Ander skuldiges is bedsere en blootstelling aan indringende toestelle soos kateters en asemhalingsbuise, wat beide ʼn teelaarde vir kieme en bakterieë is. Tydsberekening is alles Sepsis strek vanaf lig tot ernstig, maar hoe vroeër jy met behandeling begin, hoe beter die vooruitsig. Sepsis Alliance het die It’s About TIME-veldtog ontwikkel, ʼn akroniem wat maklik onthou kan word en tot die herkenning van tekens van sepsis kan bydra, terwyl dit die belangrikheid om gou behandeling te ontvang, beklemtoon. TIME staan vir ‘temperature’ (temperatuur), ‘infection’ (infeksie), ‘mental decline’ (verstandelike agteruitgang) en ‘extremely ill’ (uiters siek):

Upload: others

Post on 17-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

1

SAVA

NUUSBRIEF NOMMER 159

April 2020

voeg lewe tot jou jare toe

Ons is hier op aarde om goed aan ander te doen. Ek het geen idee waarvoor die ander hier is nie.

W H Auden

Gesondheid

SEPSIS – Beskerm jouself Sepsis is ʼn komplikasie wat plaasvind wanneer jou liggaam probeer om ʼn infeksie te beveg, hetsy longontsteking, ʼn urienweginfeksie of iets soos ʼn gastro-intestinale infeksie. Die immuunstelsel gaan oor in snelrat en stel chemikalieë in die bloedstroom vry om die infeksie te beveg. Ouderdom maak saak Enigiemand kan op enige ouderdom sepsis kry, maar ouer mense is in groter gevaar. Mense bo die ouderdom van 65 maak byna 60 persent van sepsis-gevalle uit. Om die waarheid te sê, dit blyk dat sepsis die algemeenste rede is waarom ouer volwassenes in ʼn intensiewe sorg-eenheid opgeneem word. Wanneer ons ouer word, word ons immuunstelsel minder effektief om infeksies te beveg, en saam met elke infeksie kom ʼn risiko om sepsis te ontwikkel. ʼn Probleem is dat die immuunstelsel verder onderdruk word by ʼn bejaarde persoon wat medikasie neem om twee of meer chroniese siektetoestande te behandel. Pasop vir die teelaarde Die meeste sepsis-gevalle begin buite ʼn gesondheidsorg-omgewing, maar bedlêende pasiënte kan besonder kwesbaar wees. Navorsing toon dat swak higiëne die nr. 1-oorsaak is dat mense ʼn hospitaal-verworwe infeksie opdoen. Ander skuldiges is bedsere en blootstelling aan indringende toestelle soos kateters en asemhalingsbuise, wat beide ʼn teelaarde vir kieme en bakterieë is. Tydsberekening is alles Sepsis strek vanaf lig tot ernstig, maar hoe vroeër jy met behandeling begin, hoe beter die vooruitsig. Sepsis Alliance het die It’s About TIME-veldtog ontwikkel, ʼn akroniem wat maklik onthou kan word en tot die herkenning van tekens van sepsis kan bydra, terwyl dit die belangrikheid om gou behandeling te ontvang, beklemtoon. TIME staan vir ‘temperature’ (temperatuur), ‘infection’ (infeksie), ‘mental decline’ (verstandelike agteruitgang) en ‘extremely ill’ (uiters siek):

Page 2: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

2

Temperatuur: Kyk vir ʼn koors bo 101 grade Fahrenheit of ʼn temperatuur onder 96.8 grade Fahrenheit, gepaardgaande met bewerasie of voel of jy baie koud kry.

Infeksie: Tekens sluit in verhoogde bloedsuiker by diegene met diabetes; wonde, sere of snye wat rooi vertoon, warm [of pynlik] voel; of dreinering wat sleg ruik. Kry onmiddellik mediese hulp indien infeksies wat met antibiotika behandel word, erger word of nie verbeter nie.

Verstandelike agteruitgang: Diegene met sepsis mag verward of gedisoriënteerd voorkom, of hulle mag slaperig wees of moeilik om wakker te maak.

Uiters siek: Heel eenvoudig, voel uiters siek, hetsy ongemak of uiterste pyn, swakheid of sukkel om asem te haal.

As jy sepsis vermoed, is dit belangrik om onmiddellik mediese aandag te soek. Sepsis moet soos ʼn mediese noodgeval hanteer word. Sterfte as gevolg van sepsis verhoog met elke uur wat verbygaan voordat behandeling begin. Hoe om sepsis te stop ... voordat dit begin Voorkom in die eerste plek infeksies voordat hulle plaasvind deur hierdie wenke te volg:

Hou chroniese toestande onder beheer. Mense met diabetes moet byvoorbeeld hulle glukose binne voorgeskrewe vlakke hou en hulle vel versorg. Algemene higiëne is ook belangrik – as jy ʼn diabeet met ʼn voetinfeksie is, soos ʼn chroniese voetseer wat algemeen by die siekte is, wees bewus van wanneer veranderings plaasvind en moenie skaam wees om vir mediese bystand – of ten minste advies – te vra wanneer jy dink dinge verander nie.

Rol op jou moue. Dit beteken om op hoogte te bly van inentings. Baie mense mis hul jaarlikse griep-inenting, en ons moet nog baie doen om pneumokokkus-inentings tot by die aanbevole dekking onder ouer mense te kry. Dit is deurslaggewend omdat longontsteking die nr. 1-oorsaak van sepsis is.

Hou dit skoon. Maak seker dat versorgers alles doen wat hulle kan om infeksies te voorkom. Bedlêende pasiënte moet elke twee ure gedraai en in ʼn nuwe posisie geplaas word om bedsere wat in infeksies en longontsteking kan omsit, te voorkom. En maak seker die versorgers hande was. Gebrek aan hande was of onbehoorlike handwassery plaas mense in gevaar om ʼn infeksie op te doen – net so wanneer nie handskoene gedra word wanneer versorging verskaf word en handskoene nie tussen pasiënte geruil word nie.

Hierdie artikel (uit die Engels vertaal) is oorspronklik op 7 November 2018 gepubliseer. Dit is bygewerk met die AARP Top Tips-video op 6 Februarie 2020.

Page 3: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

3

MEDIA

VOOROORDEEL In opvolging van verlede maand se statistiek is hier ʼn paar meer oor die media. As jy, soos ek, daarvan hou om gematigde publikasies te lees, ons het toegang tot 14 persent van die totale media wat nagegaan is.

Links Links-Middel Minste

Bevooroordeeld Regs-Middel Regs

332 541 264 436 282

VRUGTE OF GROENTE

DIE NEDERIGE TAMATIE

Reg in die middel van die oorvleuelende gedeelte is die tamatie. So, waarom is dit ʼn vrug, en waarom is dit ʼn groente? Botanies gesproke is ʼn vrug ʼn saaddraende struktuur wat uit die vrugbeginsel van ʼn blomplant ontwikkel, terwyl groente alle ander plantdele soos wortels, blare en stingels is. Teen hierdie standaarde is saad-uitgroeisels soos appels, murgpampoen en, ja, tamaties almal vrugte, terwyl wortels soos beet, aartappels en rape, blare soos spinasie, kool en blaarslaai, en stingels soos

0

100

200

300

400

500

600

Left Left-Center Least Biased Right-Center Right

Media Bias

Kookgroente Botaniese

Vrugte

Page 4: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

4

seldery en brokkoli almal groentes is. Die sienswyse is egter taamlik verskillend by kookkuns. Kokke beskou baie voedselsoorte wat (botanies gesproke) vrugte is maar wat geurig eerder as soet is, tipies as groente. Dit sluit botaniese vrugte soos eierplante, soetrissies en tamaties in.

BOEKUITTREKSELS

Ek is geneig om uiters sinies oor Homo sapiens in die algemeen en van die amptenaredom in besonder te wees. Daar is geen beter bewys van my gronde vir hierdie sinisme as sommige van die feite wat in hierdie boek uiteengesit is nie. DIE TIRANNIE VAN METRIEK

Polisie-bevelvoerders is obsessief oor die bereiking van syfers – byvoorbeeld gevalle opgelos, dwelmarrestasies, misdaadkoerse – en hulle doen so op verskillende maniere wat effektiwiteit opoffer om statistiekteikens te bereik. Politici vereis syfers wat getuig van polisie-sukses in die beheer van misdaad. Polisie-eenhede doen dus hul bes om te verhoed dat moorde aan hulle distrikte toegeskryf word: wanneer ʼn dwelmbende van liggame in verlate huise ontslae geraak het, ontmoedig die moord-sersant hulle ontdekking, omdat dit die “klaringskoers” sou verlaag, die metriek van die persentasie misdade opgelos.

Wanneer hospitale gepenaliseer word op grond van die persentasie pasiënte wat nie oorleef vir dertig dae ná ʼn operasie nie, word pasiënte soms vir een-en-dertig dae aan die lewe gehou sodat hulle dodetal nie in die hospitaal se metriek weerspieël word nie.

Hierdie metriek-spel vind op elke terrein plaas: in polisiëring; in primêre, sekondêre en hoër opvoeding; in geneeskunde; in organisasies sonder winsbejag; en natuurlik in besigheid.

Vertaal uit: The Tyranny of Metrics deur Jerry Z Muller

PRODUKTE

STAAFKODES Onlangs was daar ʼn paar paniekstokende e-posse oor staafkodes, veral rondom Chinees-vervaardigde produkte. Ek het daarom SANCU om raad genader. Ek het die volgende van die voorsitter van die Adviserende Voedselverbruikersdiens ontvang: Beste Ray Ann van SANCU het jou korrespondensie na my toe aangestuur, en sy het my gevra om in my hoedanigheid as voorsitter van FACS (Food Advisory Consumer Service – Adviserende Voedselverbruikersdiens: AVVD) op jou e-pos te reageer. Daar is niks verkeerds om verbruikers oor staafkodes in te lig nie, omdat dit in die openbare domein is en daar geen poging is om hulle geheim te hou nie. Die SA staafkode-syfers

Page 5: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

5

is 600, en dit is jammer dat daar nie ʼn groter poging van julle organisasie is om julle lede hiervan te vertel nie en hulle aan te moedig om, indien moontlik, altyd plaaslik te koop nie. Ek stem glad nie saam daarmee dat alles wat uit China kom, sleg vir jou of giftig is nie. Oor die afgelope jare het die regering van China dramaties streng opgetree ten vervaardigers wat kortpaaie neem, en in die algemeen het die kwaliteit van produkte beduidend verbeter. David Watson Hier is ʼn paar kodes vir julle inligting:

600: Suid-Afrika 50: Verenigde Koninkryk

890: Indië 57: Denemarke

690, 691 - 692: China 64: Finland

00 - 09: VSA & Kanada 76: Switserland en Liechtenstein

30 - 37: Frankryk 471: Taiwan

40 - 44: Duitsland 628: Saudi-Arabië

471: Taiwan 629: Verenigde Arabiese Emirate

45 of 49: Japan 740: 745: Sentraal-Amerika

489: Hong Kong 480: Filippyne

Dus, mense, hou dit plaaslik.

WÊRELDGESONDHEID

AANSTEEKLIKE SIEKTES Tot hierdie jaar het ek gedink hierdie soort aansteeklike pandemie sou nie vandag kon gebeur nie. Die oorwinning van aansteeklike siektes as ʼn oorsaak van sterftes was so volledig dat dit onoorwinlik gelyk het: plaag, pokke, cholera, tifus, masels, polio, kinkhoes en baie meer is uitgewis of byna so. Die onvermoë van verskriklike nuwe dier-ontleende virusse soos Hanta, Marburg, Sars, Mers, ebola, varkgriep, voëlgriep en zika om meer as net ʼn plaaslike of tydelike onderbreking van die opmars van vooruitgang te veroorsaak, het ons selfvoldaan gelaat. (Slegs MIV het wêreldwyd versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan ons valse vertroue gegee: ons sou weet hoe om dit te oorwin teen die tyd dat dit uit China gekom het. Dit het geblyk dat slegs die mees onskadelike van algemene verkoues, en matiger vorme van griep, in staat blyk te wees om alomteenwoordig te bly. En Corona-virusse is ʼn algemene oorsaak van die algemene verkoue; daarom (ondanks Sars) lyk hulle soos katte, nie soos tiere nie. Dit blyk dat ek en baie ander erg verkeerd was. Die menslike ras het al die ty epidemiologiese Russiese roelet gespeel. Dit het Moeder Natuur ʼn lang tyd geneem om ʼn patroon in die regte kamer te sit en hoë aansteeklikheid met asimptomatiese draers en ʼn beduidende sterftekoers te kombineer, maar sy het dit gedoen. Vertaal uit: Matt Ridley, The Spectator

Page 6: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

6

‘SPORTKOMMENTAAR’

Biografie, soos grootwildjag, is een van die erkende vorme van sport, en dit is so onregverdig soos net sport kan wees. Philip Guedalla 1889–1944 Britse geskiedkundige.

VERSLAGGEWER: So, Gordon, op watter terreine dink jy was Middlesborough vandag beter as julle? GORDON STRACHAN: Watter terreine? Hoofsaaklik daardie groot groen een daar buite ... Gordon Strachan 1957 – Skotse sokkerbestuurder.

Krieket – ʼn spel wat die Engelse, nie synde ʼn geestelike volk, uitgedink het om aan hulle ʼn begrip van die ewigheid te gee. Lord Mancroft 1914–87

Persoonlik het ek altyd na krieket as georganiseerde leeglêery gekyk. Siening van ʼn toekomstige aartsbiskop van Canterbury in 1925 William Temple 1881–1944 Engelse teoloog en aartsbiskop.

Vir die toeskouer is krieket meer van ʼn terapie as ʼn sport. Dit is soos om na vis te kyk wat in ʼn poel rondswem. Michael Wale, Engelse joernalis: Len Deighton en Adrian Bailey.

Krieket is basies sagtebal op Valium. Robin Williams 1952– Amerikaanse akteur.

Toe Sir Stanley Rous haar gevra het of sy dink enigiemand goed gespeel het in ʼn besondere vervelige sokkerbeker-finaal: Ja, die orkes. Elizabeth II, 1926–, Britse koningin.

Ons het hulle nie onderskat nie. Hulle was baie beter as wat ons gedink het. Oor Kameroen se sokkerspan. Bobby Robson, 1933–2009, Engelse sokkerspeler en bestuurder.

Ek sou nie sê dat ek die beste bestuurder was nie, maar ek was onder die top een. Brian Clough, 1935–2004, Engelse sokkerbestuurder.

As ʼn man drie wedstryde sokker ma mekaar kyk, behoort hy wetlik dood verklaar te word. Erma Bombeck, 1927–1996, Amerikaanse humoris.

Vertaal uit: Oxford Dictionary of Humorous Quotations deur Gyles Brandreth

DIE 21ste EEU

VYF SUPERMOONDHEDE REGEER DIE WÊRELD IN 2050 Binne 30 jaar sal die meeste van die wêreld se grootste ekonomieë daardie wees wat vandag na vore kom en huidige kolosse soos die VSA, Japan en Duitsland oortref.

Page 7: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

7

Top 10 ekonomieë in 2050, volgens die PWC se The World in 2050-verslag 1. China 2. Indië 3. VSA 4. Indonesië 5. Brasilië 6. Rusland 7. Mexiko 8. Japan 9. Duitsland 10. Verenigde Koninkryk

http://www.bbc.com/travel/story/20200322-five-superpowers-ruling-the-world-in-

2050?ocid=global_travel_rss&xtor=ES-213-[BBC%20News%20Newsletter]-2020March23-

[travel]

DIE WAARHEID IS VREEMDER AS FIKSIE

Drankies – Nie-alkoholies

Verbeel jou jy sit in die bestuurskamer van ʼn groot, wêreldwye drankie-maatskappy met die opdrag om ʼn nuwe produk wat as die wêreld se tweede gewildste koue, nie-alkoholiese drank met die posisie van Coca-Cola sal wedywer.

Wat sê jy? Hoe sal jy reageer? Wel, die eerste ding wat ek sou sê, tensy ek in ʼn besondere stout bui is, is iets soos volg: ‘Ons moet ʼn drankie vervaardig wat lekkerder as Coke smaak, minder as Coke kos, en in ʼn regtig groot bottel kom sodat mense goeie waarde vir geld kry.’ Wat ek redelik seker is niemand sal sê nie, is dit: ‘Haai, kom ons probeer om ʼn regtig duur drankie te bemark wat in ʼn klein blikkie kom ... en wat soort van walglik smaak.’ Dit is immers presies wat ʼn maatskappy gedoen het, en sodoende het hulle ʼn alkoholvrye drankie bekendgestel wat inderdaad ʼn waardige mededinger vir Coca-Cola sou word: daardie drankie was Red Bull.

Wanneer ek sê dat Red Bull ‘soort van walglik smaak’, is dit nie ʼn subjektiewe mening nie. Nee, dit was die opinie van ʼn wye deursnit van die publiek. Voordat Red Bull buite Thailand, waar dit ontstaan het, vrygestel is, was daar wye gerugte dat die lisensiehouer ʼn navorsingsagentskap genader het om te sien wat die internasionale gebruikersreaksie op die drankie se smaak sou wees. Die agentskap, ʼn spesialis in navorsing oor die geure van gaskoeldranke, het nog nooit ʼn slegter reaksie op enige voorgestelde produk gesien nie.

Normaalweg in verbruikersproeflopies van nuwe drankies mag onentoesiastiese respondente hulle afkeur bedees verwoord: ‘Dit is nie regtig my ding nie’; ‘Dit is meer ʼn drankie vir kinders’ – daardie soort ding. In die geval van Red Bull was die kritiek byna woedend: ‘Ek sou nie hierdie pis drink as jy my betaal nie’,

Page 8: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

8

was een refrein. Nogtans kan niemand ontken dat die drankie wildweg suksesvol was nie – op stuk van sake is winste van die verkope van die ses biljoen blikkies wat jaarliks verkoop is, voldoende om ʼn Formule 1-span as bysaak te befonds. Vertaal uit: Sutherland, Rory. Alchemy (pp. vii-viii). Ebury Publishing. Kindle-uitgawe.

DIE WÊRELD VAN SKEEPVAART

VERSTEKELINGE – ʼn Werklike lewenservaring Dit is so maklik om onwettige immigrante as ʼn kruipende massa ongewensde insekte te beskou. My siening het verander toe ek kontak gehad het met mans van twee Roemeense gesinne wat desperaat was om ʼn beter lewe vir hulle gesinne te maak. Ek was skeepskaptein op die “Mediterraneo”, ʼn houerskip op vaart na Vancouver. Op 20 April 1998 het ons twee Roemeense verstekelinge ontdek. Ek het verstaan dat hulle Italië onwettig binnegekom het. In Milaan het geld van hande gewissel, en hulle is in ʼn houer met rooiwyn vir verskeping na Kanada gelaai. Hulle het oorland na Livorno gereis, is op die “Mediterraneo” gelaai en het saam met ons via Cadiz en Lissabon na Vancouver geseil. Meer as 15 dae was te veel vir hulle, en hulle het hulle weg na buite met spesiale beitels en ʼn groot hamer uitgekap Ek het groot probleme met die Kanadese immigrasie verwag. Dit was laatnag toe ek klaar was met al die beamptes, buiten immigrasie. Ek het gevra of ons die verstekelinge die volgende oggend kon hanteer. “Sekerlik, kaptein. Maar ons moet vanaand hulle mediese toestand nagaan.” Dit is op ʼn kalm en vriendelike manier gedoen. ʼn Nuwe verstekeling-ervaring vir my. “Sal hulle môre tronk toe gaan?” “Nee, ʼn hotel” “No, a hotel.” “Uh?” “Dis goedkoper as die tronk.” “En as hulle ontsnap?” “Met geen amptelike reisdokument, Engels of Frans, sal hulle nie akkommodasie of werk kry nie. Plus onmiddellike repatriasie wanneer hulle weer gevange geneem word, met geen kans van politieke immuniteit nie. En indien hulle oorglip na die VSA is dit nie langer ons probleem nie.” Steeds hoop vir die mensdom. Les Hellmann, afgetrede Safmarine skeepskaptein-seevaarder.

Page 9: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

9

SPORT

BOEKUITTREKSELS

Dit woorde deesdae dikwels gesê dat sport ʼn besigheid is, en dit is waar. Die tersaaklike besigheid is egter vermaak. En in ʼn wêreld war al die mededingers geoefen, gevoed, gemasseer en sielkundig tot perfeksie gelei word, is dit soos om na robotte te kyk. En dit is glad nie vermaaklik nie. Vertaal uit: Talk on the Wild Side (Greene, Lane)

Londen, November 2017 – Een vir een het hulle voor die Churchill Hotel in Mayfair stilgehou in swart huurmotors, motors wat deur chauffeurs bestuur is, en ʼn silwer Rolls-Royce. Hulle het die marmervloer-voorportaal binnegestap, die toeriste wat te veel bagasie rondgestoot het, gesystap, en flink links gedraai na die privaat vergaderlokaal waar hulle 10 vm. moes wees, hopende om ongeërg te lyk toe hulle kyk watter van hulle kollegas en bewerkers van hulle ondergang reeds opgedaag het. Hulle was die eienaars, uitvoerende beamptes, en inwonende geldmagnate van die twintig sokkerklubs in die Premierliga. En hulle het vergader om seker te maak dat hulle gesamentlike kontantkoei, wat meer as $5.6 miljard per seisoen genereer, aanhou vet word teen dieselfde astronomiese koers as wat dit oor die afgelope kwarteeu gedoen het. Sedert 1992 het die Premierliga se gesamentlike inkomste met ‘n onwelvoeglike 2 500 persent gegroei. Nie sleg vir ‘n groep ouens wat mekaar meestal verfoei nie. Gedurende die volgende twee ure het die klubs in die kamer die nuutste terme van hulle waardevolste inkomstebron uitgepluis: die Premierliga se televisie-uitsaairegte wat op pad was om binne die volgende drie maande opgeveil te word. Vir vyf-en-twintig jaar het daardie verkope die ruggraat van die ligas se besigheid gevorm. Sy wedstryde word nou in 185 lande vertoon – die Verenigde Nasies erken net 193 – en elke naweek word hulle na ‘n potensiële TV-gehoor van 4.7 miljard mense uitgesaai. Dit was nie ‘n byeenkoms van twintig sokkerklubs nie. Dit was iewers tussen ‘n aandeelhouerskonferensie en ‘n produksievergadering vir ‘n realiteit TV-vertoning wat elke episode skiet met ‘n roterende rolverdeling van twee-en-twintig mans voor ‘n lewendige gehoor. Vertaal uit: Clegg, Jonathan. The Club: How the Premier League Became the Richest, Most Disruptive Business in Sport.

BOEKE – LEES

FIKSIE VS. NIE-FIKSIE Studies toon dat fiksie empatie verhoog en gedagtelesery verbeter, wat ons beter in staat stel om ander the verstaan. Breinbeelding het ‘n oorvleueling tussen gedeeltes van die brein wat deur die lees van narratiewe stories geaktiveer word en dele betrokke by die teorie van intellek, getoon. Een studie het die hoeveelheid fiksie en

Page 10: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

10

nie-fiksie wat mense lees, gemeet en bevind dat empatie positief gekorreleer het met die hoeveelheid fiksie wat gelees is, maar negatief met die hoeveelheid nie-fiksie. Vertaal uit: The Wandering Mind: What the Brain Does When You're Not Looking by Michael C Corballis Ek stem saam. My laaste vyf boeke was:

End Times deur Bryan Walsh

Small Men on the Wrong Side of History: The Decline, Fall and Unlikely Return of Conservatism deur Ed West

The Stupidity Paradox: The Power and Pitfalls of Functional Stupidity at Work deur Mats Alvesson

The Precipice: Existential Risk and the Future of Humanity deur Todeur Ord

The Tyranny of Metrics deur Jerry Z. Muller Hulle het my verby sinisme tot by berusting beweeg. Daar is niks wat vir my oorbly as om lekker te lag nie. Ray

OPPAS VIR DIE ‘JABBERWOCK’, MY SEUN! DIE KAKE WAT BYT, DIE KLOUE WAT VANG!

APOLOGIE AAN LEWIS CARROL Ek het die volgende e-pos ontvang (ooglopend in 2019 saamgestel): Een aand het ‘n kleinseun met sy ouma oor huidige gebeure gepraat. Hy het haar gevra wat sy van die skietvoorvalle by skole, die rekenaar-eeu en lewe in die algemeen dink. Die ouma het geantwoord:

Ek is gebore voor: Daar was geen: Die mens het nog nie die volgende uitgevind nie:

televisie 1927 penisillien 1928 polio-inspuitings 1954 bevrore kos 1930 Xerox 1959 kontaklense 1887 Frisbees 1957 en die pil 1960

kredietkaarte 1950 laserstrale 1960 of bolpuntpenne 1944

lugversorgers 1902 skottelgoedwassers 1886 kleredroërs 1938

Hierdie vrou sou net 67 jaar oud wees. Sy sou laat in 1952 gebore wees. Gee jou iets om oor na te dink? Wel, ja, hoofsaaklik dat mense wat hierdie e-posse voortbring, of hulle aanstuur, eers hulle feite behoort na te gaan. Sy was verkeerd oor al die rooi datums.

TEGNOLOGIE

WAT IS ‘N BEDROGSPUL (ENGELS: SCAM)? – Die Belangrike Gids om Bedrogspul-vry te Bly

Page 11: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

11

Ek beveel aan dat jy klik op die skakel wat voorsien word en hierdie artikel lees. ‘n Bedrogspul (‘scam”) is ‘n bedrieglike poging om iets wat vir jou van waarde is, te verkry, tipies geld, maar nie altyd nie. In hierdie artikel gee ons ‘n uiteensetting van die algemeenste tipes aanlyn-bedrogspulle, terwyl ons aan jou die gereedskap gee wat jy nodig het om bedrieërs op te spoor en teen hulle te veg. Jy sal altyd veiliger aanlyn wees met ‘n betroubare kubersekuriteit-gereedskapstuk aan jou sy. Deur Ivan Belcic op 12 Februarie 2020. Bygewerk op 26 March 2020 https://www.avast.com/c-scam?utm_content=361375&utm_term=128140545_1838_18&utm_medium=email&utm_source=sfmc&utm_campaign=c_oo_paal_a_a_20q1_jj_news03avast3

SAVA-DIENSTE

OPNAME SAVA doen navorsing oor aftrede en die trauma wat mense ervaar, soos trauma wat dikwels onvoorsien is of deur gebrek aan beplanning veroorsaak word. Dit is ‘n anonieme opname, en jy is onder geen verpligting om daarop te reageer as jy nie wil nie. Die bedoeling is om die aard van en die soorte traumas wat mense ervaar of sedert aftrede ervaar het, te identifiseer. Daarom sal hierdie vrae gebruik word om praktiese areas van kwesbaarheid waarmee mense probleme gehad het, te identifiseer. Dit sal die aandag vestig op kwessies wat mense in hulle aftrede-beplanning moet hanteer, of selfs in gedagte moet hou wanneer aftrede ‘n werklikheid is. Dankie vir jou inset. Die doel is om ‘n positiewe verskil in die lewens van mense te maak. Klik asseblief op Survey op www.saarp.net – as jy nie die weergawe sien wat Survey bevat nie, probeer CTRL/F5. Dankie.

Gaan asseblief na www.saarp.net en klik op die Benefits-skakel om ons reeks dienste aan lede te sien.

SAVA-NUUS

LIDMAATSKAP

Page 12: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

12

In 2019 het lidmaatskap met 23 persent teenoor 2018 toegeneem. Twee derdes van nuwe lede merk steeds “Mondelings” as hulle bekendstelling aan die SAVA. BRIEF VAN LID Hallo Ray, Iemand het my vertel van SAVA. Ek het by julle aangesluit. Twee weke gelede by Spec Savers 'n nuwe bril gekry. Die korting as gevolg van die lidmaatskap by SAARP was 62.47%. Die oorspronklike bedrag was R 3456. Wat ek moes betaal: R 1297. Dankie vir al die moeite wat julle vir ons doen. Word baie waardeer. Hartlike Groete, Douwe Ganzevoort. TERUGVOER VAN LEDE

Baie dankie vir al die advies ens. wat jy aan my en my vrou verskaf het en ook vir die aansienlike hoeveelheid besparing aan versekeringspremies oor die jare. Ek het baie mense na SAVA verwys, en omdat ek vir 56 jaar in versekering was en steeds werk met die opstel van B Comm-versekeringsdokumente, kan ek julle uit persoonlike ervaring aanbeveel.

Hierdie jaar het ek begin om die kortverhale te lees. Ek moet sê ek vind hulle genotvol en baie meer pret as die eindelose verbeeldinglose geskrifte van die skoolkinders wat ek dan moet lees en nasien. Ek hou van die plaaslike inhoud, die feit dat ek ‘n hele storie binne ‘n paar minute kan lees, en tot op datum het ek nog geen grammatika- of spelfoute gevind nie. Wel gedaan, en ek moedig meer lede aan om dit oop te maak en te lees.

SAVA-VAKANSIEKLUB

Skakel Renske by 021 592 1279 of stuur vir haar ʼn e-pos by [email protected] in verband met the lockdown toestand.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

SAVA, sy verskaffers, uitgewer, drukker en bydraers het geen bedoeling om spesifieke mediese of ander advies te voorsien nie, maar mag lesers eerder voorsien van inligting ingevolge sy regte onder die Konstitusie van Suid-Afrika. Inligting wat hier verskaf word, is nie 'n plaasvervanger vir professionele advies van enige aard nie, meer spesifiek mediese advies, sorg, diagnose of behandeling. Dit is ook nie ontwerp om enige mediese praktyk of behandeling, program of produk wat in die redaksionele

Page 13: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

13

inhoud van die Bulletin of webtuiste of soortgelyke platform geadverteer of genoem word, te bevorder of te onderskryf nie. Bykomend en soortgelyk bied SAVA nie professionele advies op enige terrein aan nie, insluitende maar nie beperk nie tot regsake en finansies. In alle gevalle, sou lesers advies benodig, behoort hulle 'n behoorlik geakkrediteerde en gekwalifiseerde spesialis op die terrein te raadpleeg.

ALLEDAAGSHEDE

BROKKIES

Waar aanhalings ter sprake was, het Cardus homself nie onnodig belas met die ongemak om streng feitelik te moet wees nie. Deesdae sou jy nooit daarmee kon wegkom nie, en hy het toe net-net daarmee weggekom. Hy was egter nie regtig ‘n moere-en-boute-verslaggewer nie; hy was ‘n humoristiese skrywer, en alle humoristiese skrywers maak van tyd tot tyd dinge mooier as wat hulle is. Dit is nie of jy die waarheid vergroot of uitbrei wat saak maak nie. Dit is of mense jou glo. Vertaal uit: The Great Romantic: Cricket and the Golden Age of Neville Cardus deur Duncan Hamilton

Ek het so pas Blitzed klaar gelees – ‘n pragtig nagevorste boek oor dwelms in Nazi-Duitsland. Dit blyk dat die Blitzkrieg met metamfetamien (Eng: crystal meth) aan die gang gehou is – dit het die pantserbestuurders toegelaat om tot drie dae sonder slaap te gaan en selfmoordende vertroue aan die golwe aanvallende Duitse troepe gegee. Die sukses van ‘n roekelose stormloop ondanks alles het net hulle optimisme versterk. Teen 1944 het Hitler die Führer se selfvertroue met ses inspuitings per dag in stand gehou. Sommige was mengsels van varkbloed (wat nie sy oortuiging dat hy ‘n vegetariër was beïnvloed het nie). Toenemend was dit egter kombinasies van heroïen en metamfetamien. Die generaals – verstom oor sy optimisme in die aangesig van al die negatiewe verslae oor elke front – het aangeneem dat hy ‘n geheime wapen gehad het. Die geheim was chemies geïnduseer. The Spectator, 5 September 2019

Gedurende die twintigste eeu is my beste raaiskoot dat ons ‘n een uit ‘n honderd risiko van menslike uitwissing of die onherstelbare ineenstorting van die beskawing in die gesig staar. Gegewe alles wat ek weet, plaas ek die bestaansrisiko hierdie eeu op om en by een uit ses: Russiese roelet. Vertaal uit: The Precipice deur Toby Ord. Sy werk is gefokus op bestaansrisiko.

VAN ‘N LESER My 82-jarige neef in Cambridge (Verenigde Koninkryk) het gepeins: “Meestal net bywoorde, nie waar nie?” (Onvertaal omdat die vertaling nie sal werk nie).

"Watch what you're doing with that paddle," said Tom, awestruck. “Get to the back of the ship!" Tom said, sternly. "I have no flowers," Tom said, lackadaisically. "I decided to come back to the group," Tom rejoined. "Do you write fairy tales?" asked the brothers, grimly.

Page 14: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

14

"The exit is right there," Tom pointed out. "If you want me, I’ll be in the attic," Tom said, loftily "The rest of you are singing off-key", Tom remarked, sharply. “That’s a load of cobblers,” Tom said, at last. “I’m a spy” Tom said, bluntly. Volpunte as jy die laaste een dadelik ‘gevang’ het..

AANHALING VAN DIE JAAR Ek dink adverteerders maak ‘n groot fout om volwasse mense te kategoriseer. Ek onthou iemand wat 84 was en gesê het hulle wou nie by ‘n senior burger-klub aansluit nie omdat dit vir oumense was. WOORDE VAN WYSHEID

In interpersoonlike verhoudings, selfs die intiemste verhoudings, hang sukses van ‘n mate van dubbelsinnigheid en ondeursigtigheid af, van nie alles weet wat die ander doen nie, om nie eers te praat van dink nie.

‘n Gedyende bestuursvorm, soos ‘n gesonde huwelik, skuif sommige sake na die skaduwees. In internasionale verhoudings, soos by interpersoonlike verhoudings, is baie praktyke funksioneel solank hulle dubbelsinnig en ondeursigtig is.

Vertaal uit: The Tyranny of Metrics deur Jerry Z Muller HELP? – Regtig? Is daar ‘n meer misleidende woord in die Engelse taal as ‘helpline’ (Afr.: hulplyn)? Omdat die personeel byna sonder uitsondering omtrent so behulpsaam is soos ‘n steek in die oog met ‘n skerp stok. Hulle vertel jou niks wat jy wil weet nie maar suggereer net maniere om op te gradeer – m.a.w. meer geld te spandeer. Dit is as jy kan deurkom na hulle toe in die eerste plek as gevolg van die ‘hoë volume oproepe wat ons tans ervaar’. En waarom skakel so baie mense hulle? Kom ons kyk. Miskien is dit omdat hulle produk/diens gemors is? STOF TOT NADENKE Om armes te blameer omdat hulle ‘n bestaan uit welsyn maak, het geen regverdiging nie, tensy ons ook gewillig is om elke ryk persoon van die samelewing te beoordeel op hoe produktief hy of sy is. Individu vir individu genome, is dit waarskynlik dat daar meer ledigheid en misbruik van regeringsgunste onder die ekonomies bevoorregtes as in die geledere van die agtergeblewenes is. Norman Mailer 1923-2007 (Vrylik vertaal) Ray Hattingh NS Dit is nie wat jy bymekaar maak nie, maar wat jy verstrooi, wat vertel watter soort lewe jy gelei het.

Page 15: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 159 April 2020 voeg lewe tot jou ... · versprei). Die vooruitgang van wetenskap wat die vinnige lees van die genoom van die nuwe Corona-virus toelaat het aan

15

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

voeg lewe tot jou jare toe