sava nuusbrief nommer 163 augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus;...

14
1 SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou jare "Dit is belangrik om te besef dat wanneer jy ooit mag aan politici of burokrate gee, dit gebruik sal word vir wat hulle wil hê, nie vir wat jy wil hê nie." Harry Browne COVID-19 Die Amerikaanse AARP het hierdie interessante artikel op hulle webtuiste. Maak dit oop en volg die "Read more"-skakels om meer uit te vind. COVID – Verstaan die tol wat die virus eis As die longe die beginpunt vir COVID-19 is, begin dokters meer leer oor hoe die siekte wat deur die virus veroorsaak word, organe regdeur die liggaam aantas. Baie COVID-19-infeksies bring hartskade mee – dikwels vinnig en ernstig genoeg om hartversaking of hartaanvalle te veroorsaak. Toenemend word verstaan dat potensieel noodlottige komplikasies nie slegs die hart nie, maar ook die niere en brein by wyse van hewige infeksies of beroerte aantas. Wanneer die pad wat die virus deur die liggaam neem ook in fokus begin kom, kry dokters insig in hoe reaksies soos ontsteking, of 'n immuunstelsel wat deurmekaar geraak het, tot sisteemwye uitdagings kan lei wat deur onderliggende faktore soos diabetes of hoë bloeddruk vererger word. Die virus lyk soos volg in verskillende dele van die liggaam, en volgens kundiges kan jy jouself soos volg die beste beskerm: Brein Dokters regoor die wêreld neem kennis van die effek van COVID-19 op die brein, met simptome, wat strek vanaf duiseligheid tot verlies van gevoel en reuk en selfs beroertes. Lees meer. Longe (Asma, COPS) COVID-19 loods sy aanval vanaf die longe. Toestande soos COPS versterk die effek van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma. Lees meer oor COPS. Hart Diegene met vooraf bestaande toestande mag die grootste risiko loop, maar dokters sien baie tipes hartskade wat deur die virus – of die liggaam se immuniteitreaksie daarop – veroorsaak word. Lees meer. Niere Diegene met die grootste risiko vir hewige nierskade met COVID-19 is mense met diabetes, hoë bloeddruk en chroniese niersiekte. Lees meer. Kathleen Fifield, 7 Mei 2020

Upload: others

Post on 13-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

1

SAVA NUUSBRIEF

NOMMER 163 Augustus 2020

voeg lewe by jou jare

"Dit is belangrik om te besef dat wanneer jy ooit mag aan politici of burokrate gee,

dit gebruik sal word vir wat hulle wil hê, nie vir wat jy wil hê nie." Harry Browne

COVID-19

Die Amerikaanse AARP het hierdie interessante artikel op hulle webtuiste. Maak dit oop en volg die "Read more"-skakels om meer uit te vind. COVID – Verstaan die tol wat die virus eis As die longe die beginpunt vir COVID-19 is, begin dokters meer leer oor hoe die siekte wat deur die virus veroorsaak word, organe regdeur die liggaam aantas. Baie COVID-19-infeksies bring hartskade mee – dikwels vinnig en ernstig genoeg om hartversaking of hartaanvalle te veroorsaak. Toenemend word verstaan dat potensieel noodlottige komplikasies nie slegs die hart nie, maar ook die niere en brein by wyse van hewige infeksies of beroerte aantas. Wanneer die pad wat die virus deur die liggaam neem ook in fokus begin kom, kry dokters insig in hoe reaksies soos ontsteking, of 'n immuunstelsel wat deurmekaar geraak het, tot sisteemwye uitdagings kan lei wat deur onderliggende faktore soos diabetes of hoë bloeddruk vererger word. Die virus lyk soos volg in verskillende dele van die liggaam, en volgens kundiges kan jy jouself soos volg die beste beskerm: Brein Dokters regoor die wêreld neem kennis van die effek van COVID-19 op die brein, met simptome, wat strek vanaf duiseligheid tot verlies van gevoel en reuk en selfs beroertes. Lees meer. Longe (Asma, COPS) COVID-19 loods sy aanval vanaf die longe. Toestande soos COPS versterk die effek van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma. Lees meer oor COPS. Hart Diegene met vooraf bestaande toestande mag die grootste risiko loop, maar dokters sien baie tipes hartskade wat deur die virus – of die liggaam se immuniteitreaksie daarop – veroorsaak word. Lees meer. Niere Diegene met die grootste risiko vir hewige nierskade met COVID-19 is mense met diabetes, hoë bloeddruk en chroniese niersiekte. Lees meer. Kathleen Fifield, 7 Mei 2020

Page 2: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

2

https://www.aarp.org/health/conditions-treatments/info-2020/covid-19-and-your-body.html?cmp=EMC-DSO-NLC-RSS---CTRL-050820-P1-4558216&ET_CID=4558216&ET_RID=1554613&encparam=xRFt%2fR1zIctQhbOyU8zfo6RmN9nevV5HTXunpOObw5U%3d

EFFEK VAN COVID OP DIE GEMEENSKAP

Twee eeue van industrialisasie, bevolkingsgroei en koorsagtige ekonomiese aktiwiteit het vir ons rookmis, besoedelde mere, riviere en oseane, toksiese afval, gronderosie, ontbossing, uitwissing van plant- en dierspesies, en aardverwarming nagelaat. Rondom ons kan ons die moeilikheid sien waarin ons is, die bedreigings vir ons oorbevolkte wêreld, vir ons oormatig ingewikkelde en gevolglik toenemend kwesbare gemeenskap en leefwyse. En nou staar ons die feit dat die georganiseerde gemeenskap inderdaad 'n broos konstruk is, in die gesig.

MEDIES

SUIKER – 'n Verrassende bevinding. As 'n kind wat in armoede in die landelike oostelike hooglande van Zimbabwe groot geword het, het Moses Murandu opgemerk dat suiker oënskynlik wonde vinniger help genees as behandeling met sout. Toe hy in 1997 gewerf is om as 'n verplieër vir die VK se Nasionale Gesondheidstelsel (NGS) te werk, was hy daarom verbaas om te vind dat suiker in geen amptelike hoedanigheid gebruik word nie. Hy het besluit om dit te probeer verander. Murandu se idee word nou uiteindelik ernstig opgeneem. As 'n senior navorser in volwasse verpleging aan die Universiteit van Wolverhampton, het Murandu 'n aanvanklike loodsstudie voltooi wat op die aanwendings van suiker in genesing van wonde fokus, en hy het in Maart 2018 'n toekenning van die Journal of Wound Care vir sy werk ontvang. In sommige dele van die wêreld mag hierdie prosedure deurslaggewend wees omdat mense nie antibiotika kan bekostig nie. In die VK is egter ook belangstelling, omdat wanneer 'n wond eers besmet is, dit soms nie op antibiotika wil reageer nie. Murandu sê al wat jy moet doen om 'n wond met suiker te behandel, is om die suiker op die wond te strooi en 'n verband daarop te sit. Die korreltjies suig die vog wat bakterieë toelaat om te floreer, op. Sonder die bakterieë genees die wond gouer. Getuienis van alles hiervan is in Murandu se proewe in die laboratorium gevind. 'n Groeiende versameling gevallestudies van oor die wêreld het Murandu se bevindings ondersteun, insluitend voorbeelde van suksesvolle suikerbehandeling op wonde wat bakterieë bevat en weerstandig teen antibiotika is. Nietemin het Murandu 'n opdraande stryd in die gesig gestaar. Befondsing vir verdere navorsing sou hom help om sy uiteindelike doel te bereik – om die NGS te oortuig om suiker as 'n alternatief vir antibiotika te gebruik. 'n Groot deel van mediese navorsing word egter deur

Page 3: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

3

farmaseutiese maatskappye befonds. Hy wys daarop dat hierdie maatskappye min voordeel kry uit befondsing van navorsing oor iets wat hulle nie kan patenteer nie. https://www.bbc.com/future/article/20180328-how-sugar-could-help-heal-wounds#:~:text=To%20treat%20a%20wound%20with,the%20wound%20heals%20more%20quickly. Professor JP Van Niekerk het soos volg op hierdie artikel kommentaar gelewer: Die antieke Egiptenare het heuning en olie as ontsmettingsmiddels gebruik, en dit is bewys dat dit werk. heuning het antimikrobiese bestanddele wat nie in suiker teenwoordig is nie. Bakterieë hou ook nie van suiker nie, omdat ontwatering deur osmose hulle doodmaak.

GESKIEDENIS

'N PAAR GEDAGTES OOR MONUMENTE

• Helde is soos reënboë: hulle kan regtig net van 'n afstand af waardeer word. Wanneer ons te naby kom, is die eienskappe wat hulle laak blink geneig om te verdwyn.

• Helde kom en gaan. 'n Martelaar is vir altyd.

• Die probleem met afwesigheid is dat dit self 'n soort teenwoordigheid kan word.

• Wat anders is 'n gedenkteken as dit nie 'n ritueel is wat in steen gegiet is nie?

• Geskiedenis is 'n gevangenis waaruit niemand ontsnap nie.

• Die ou monumente, uit metaal en steen gekerf, word dikwels afgebreek omdat hulle hul toepaslikheid vir latere geslagte verloor het. Geskiedenis verander, en as monumente nie met daardie verandering tred hou nie, moet hulle soms gaan.

• Monumente, net soos mense, sal altyd gevangenes van die geskiedenis wees.

• Die afbreek van monumente los nie ons geskiedenis op nie; dit dryf eenvoudig daardie geskiedenis ondergronds. Terwyl 'n monument nog staan, sal dit altyd gekonfronteer en bespreek moet word. Op hierdie manier hou monumente ons verantwoordbaar. Hulle is voorwerpe wat seker maak ons vergeet nie ons skuld aan die geskiedenis nie – of ons verslawing daaraan nie.

Vertaal uit: Prisoners of History: What Monuments Tell Us About Our History and Ourselves (Lowe, Keith)

AANLYN-AANKOPE

TAKEALOT Takealot is Suid-Afrika se grootste aanlyn inkoop-platform, met oor 2 000 werknemers en verkope van nagenoeg R1 biljoen per maand. Takealot word besit deur Naspers en bedien die land se top e-handelplatforms– Takealot.com, Superbalist.com, en Mr D Food.

Page 4: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

4

Die jongste Naspers-resultate toon dat Takealot sy leierskap uitgebrei het in die Suid-Afrikaanse e-handelsmark met 46% jaar-tot-jaar groei in die bruto handelsvolume (BHV) Een van die hoof aandrywers agter hierdie groei was Takealot se markplekbesigheid, wat die BHV oor die afgelope jaar met 77% laat groei het. Takealot se dominansie is nie toevallig nie. Sedert sy loodsing in Junie 2011 het hy op die belangrikste aspek van enige aanlyn besigheid gefokus – logistiek. Sy aankoop van Mr Delivery in 2014 het aan die besigheid eienaarskap gegee oor sy eie logistieke netwerk deur die Takealot afleweringspan-afdeling – voorheen Mr D Courier. Takealot het sedert die aankoop sy afleweringsvermoë vergroot en bied tans ongeëwenaarde diensvlakke en ondersteuning. https://mybroadband.co.za/news/business/361712-how-takealot-crushed-makro.html?utm_source=newsletter Ek stem saam. Boeke, elektroniese toerusting, en selfone – ons het al hierdie deur hulle gekoop. Aflewering by Riebeeck Kasteel is spoedig. Ray

VOEDSEL

"BEST BEFORE"-DATUMS Met verwysing na jou e-pos aan Ann van SANCU, reageer ek op jou in my hoedanigheid as voorsitter van FACS (Food Advisory Consumer Service). Die e-pos wat jy van Mike O'Leary ontvang het, is baie relevant, en ek sal my bes doen om te help waar ek kan. In die algemeen verwys "Best Before"-datums (BBD's) na kwaliteit, terwyl "Sell By"-

datums (SBD's) na voedselveiligheid verwys. Die meeste produkte kan veilig ná die

BBD verbruik/ingeneem word, maar die verbruiker moet gesonde verstand

gebruik en staat maak op sigbare inspeksie, reuk, en proefsmaak voordat

besluit word of dit steeds vir verbruik geskik is. Dit is wat 'n mens doen met

vrugte en groente wat nie normaalweg BBD's dra nie. Vanselfsprekend mag

sommige senior burgers nie so goed met hulle sintuie wees nie, maar hopelik

kan hulle vriende of helper sin hierdie opsig help.

'n Mens moet regtig na voedselsoorte in kategorieë kyk, en dit is daarom 'n taamlike breë en ingewikkelde onderwerp. Die meeste voedselsoorte behou voedselveiligheid en kwaliteit integriteit terwyl hulle vir 'n lang tyd gevries is, mits hulle vars was toe hulle bevries is en daar geen onderbreking in die bevriesingsproses was nie, bv. as gevolg van kragonderbrekings. Byna alle geblikte goedere kan lank ná die BBD op die etiket veilig verbruik word. Daar is drie goeie artikels oor die onderwerp op die FACS-webtuiste by www.foodfacts.org.za, en ek stel voor jy vestig jou lede se aandag op hulle. Kyk onder "Articles" om "Best Before/Use By Dates (FSA)", "Best Before - Interpreting Label Terms (NHS)", en "Labelling (FACS)" te vind. David Watson, Voorsitter: FACS

Page 5: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

5

BOEK-UITTREKSELS

OUR FINAL HOUR deur Martin Rees (uit Engels vertaal):

• Kernwapens kan uitmekaar gehaal word, maar hulle kan nie on-uitgedink word nie. Die bedreiging is onuitwisbaar.

• 'n Georganiseerde netwerk van Al Qaeda-tipe terroriste sou nie benodig word nie: net 'n fanatiese of sosiale wanaangepaste mens met die ingesteldheid van diegene wat rekenaarvirusse ontwerp. Daar is mense met sulke geneigdhede in elke land – baie min, sekerlik, maar bio- en kubertegnologieë gaan so kragtig word dat selfs een te veel mag wees.

• Ander nuwe risiko's kan nie heeltemal uitgesluit word nie. Eksperimente wat atome met ontsaglike krag saambons kan 'n kettingreaksie begin wat alles op aarde wegvreet; die eksperimente sou selfs die materiaal van die ruimte self kon skeur, 'n uiteindelike "Oordeelsdag"-katastrofe waarvan die neerslag teen die spoed van lig versprei om die hele heelal te verswelg.

(Martin John Rees, Baron Rees of Ludlow, OM, FRS, FREng, FMedSci, FRAS (gebore 23 Junie 1942) is 'n Britse kosmoloog en astrofisikus. Hy was sedert 1995 Koninklike Sterrekundige en was Meester van Trinity Kollege, Cambridge, vanaf 2004 tot 2012 en President van die Koninklike Vereniging tussen 2005 en 2010).

STATISTIEK

VK-KROEË In 2018 was daar 22% minder kroeë in die VK vergeleke met 2000. Tragies. Maar wag In 2001 was 445 000 by kroeë in diens, en dit het nou vermeerder na 450 000. Waarom? Wie is besig om te lieg? Lees verder. Top treffer-kroeë in Engeland is toegelaat om te heropen. Hoeveel was daar voor die inperking? In 2018 was daar 47 600 kroeë in die VK, 13% minder sedert 2011 en 22% sedert 2000. Aanstellings in kroeë het egter sedert 2001 vanaf 445 000 na 450 000 toegeneem, wat daarop dui dat dié wat oorbly, groter ondernemings is. Hiervan is 22 740 kroeë onafhanklik 14 260 word deur kroegmaatskappye besit, en 10 600 word deur brouerye besit. The Spectator Miskien sal die byvoeging van die drankverbruiksyfers van 2000 en 2018 'n ander prentjie skets.

Page 6: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

6

FINANSIËLE BEPLANNING

AFTREDE Die hartseer feit is dat slegs ongeveer 6% voldoende voorsiening vir hulle aftrede gemaak het. Wetende hiervan, het ek 'n artikel oor die onderwerp in die Amerikaanse AARP-tydskrif raakgeloop. Hier is die opskrifte en die skakel (in Engels gelaat om verwarring te voorkom): Money Regret No. 1: Skimping on saving Money Regret No. 2: Avoiding the stock market Money Regret No. 3: Spoiling your kids Money Regret No. 4: Missing out on a Roth Money Regret No. 5: Ignoring long-term care Money Regret No. 6: Buying a timeshare https://www.aarp.org/retirement/planning-for-retirement/info-2020/bad-financial-decisions.html?cmp=EMC-DSO-NLC-RSS-SAPLA--CTRL-062420-P1-4665369&ET_CID=4665369&ET_RID=1554613&encparam=xRFt%2fR1zIctQhbOyU8zfo6RmN9nevV5HTXunpOObw5U%3d Ek het gedink dit moet vir ons lede bruikbaar wees deurdat hulle dit na hulle kinders kan aangee en het 'n betroubare adviseur daaroor gevra. Sy antwoord is taamlik ysingwekkend. Dankie, Ray Die kort antwoord is Nee. Jou aanwysings begin nie eers om die oppervlak te raak nie; hartseer! Almal van hulle behels finansiële dissipline, wat deur die bank kortkom, en toewyding, waaraan baie min getrou bly, omdat dit ongemaklik is. Niks het in my 45 jaar van betrokkenheid verander nie, en ek kan nie enige verandering in hierdie opsig op die pad vorentoe sien nie Agter die skerms is die voorgaande een van die hoof aandrywers na sosialisme as 'n wonder geneesmiddel vir huidige en toekomstige finansiële kwale. Groete B

ALLEDAAGSHEDE

SPEELKAARTE Het jy geweet dat die tradisionele pak kaarte 'n treffende samehangende kalender vorm? Die wiskundige perfeksie is verstommend. * In 'n jaar / In 'n pak: 52 weke / 52 kaarte; 13 weke in elke seisoen / 13 kaarte in 'n stel; 4 seisoene / 4 stelle; 12 maande / 12 hofkaarte (Boer – Koning in 4 kleure) * Rooi kaarte = Dag / Swart kaarte = Nag * As Boere = 11, Koninginne = 12, Konings = 13, dan is die som van al die kaarte in een stel (1 + 2 + 3 + … tot 13) = 91; vermenigvuldig dit met die vier stelle (91 x 4) = 364. Voeg 1 vir die Grapjas by, en jy het 365, wat gelykstaande is aan dae in 'n jaar!). Sommige kaartspelle vereis 2 Grapjasse – so is daar 'n skrikkeljaar!

Page 7: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

7

* Skoppens dui op ploeg/arbeid; Harte dui op 'Hou van u gewasse'; Klawers bloei en welige groei; terwyl Diamante oes & welvaart aandui. * As jy al die letters in Engels 'one, two, three ... tot by Jack, Queen, King' optel = 52 (terug by 52 weke in die jaar!). As jy regtig verveeld is, kyk hierna gedurende inperking.

BESOEKERS UIT DIE RUIMTE

ANTARKTIKA METEORIETE LEWER GLOBALE BOMBARDEMENTKOERS OP Dit is persoonlike belangstelling. U sal die twee sirkels rondom Kaapstad sien. Julie en ek het een daarvan in helder daglig teen omtrent 8 vm. op pad werk toe gesien. Dit het 'n lang, helder silwer/wit streep getrek soos wat dit koers na die Suidpool gekies het.

https://www.bbc.com/news/science-environment-52465237

RIVIERE VAN DIE WÊRELD

WATER – Die toekoms

Deesdae sukkel die riviere om hulle vrag na die see te dra. Hulle gly verby geharde stede, saamgetrek deur damme, gesmoor deur ingenieurs, deur die meeste oor die hoof gesien. Steeds het riviere die oorhand. Hulle sal ons almal oorleef.

Ons sal egter nie sonder hulle staande bly nie.

Page 8: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

8

Die baie maniere waarop mense riviere gebruik het van streke verskil en oor tyd verander. Nogtans het hulle belangrikheid vir ons voortbestaan omdat hulle ons van vyf grondliggende voordele voorsien: toegang, natuurlike kapitaal, grondgebied, welsyn, en 'n manier om mag te projekteer. Die manifestasies van hierdie voordele het verander, maar ons onderliggende behoeftes aan hulle het nie.

In Egipte het die Nylrivier byvoorbeeld vroeër natuurlike kapitaal in die vorm van slikryke vloedwaters voorsien. Vandag voorsien dit natuurlike kapitaal in die vorms van hidroëlektrisiteit, munisipale watervoorsiening, en eiendom van hoë waarde op die rivierfront in die middestad van Kaïro. Die Hudsonrivier het vroeër die Lenape van vis voorsien. Vandag voorsien dieselfde rivier toegang tot kosbare waterfrontparke in die stad New York, 'n wemelende grootstad met min groen ruimtes. Die besonderhede verskil, maar die vyf oorkoepelende voordele het bestendig gebly. Deur hierdie voorsienings het riviere menslike beskawings gedien sedert ons eerste groot gemeenskappe op die banke van die Tigris-Eufraat-, Indus-, Nyl- en Geelriviere in die huidige Irak, Indië-Pakistan, Egipte en China.

Vertaal uit: Rivers of Power deur Laurence C Smith

LITERATUUR

DIE KORTVERHAAL – Die oorspronklike meester van die vorm Anton Chekhov het verstaan dat die lewe goddeloos, willekeurig en wreed was, mense gely het, en lui middelmatighede dikwels floreer het. Hy het weggeskram van 'n netjiese verhalende slot en die weg gebaan vir 'n moeitelose, vormlose vorm wat byna ondraaglik lewensgetrou was. Sy werk word bevolk met brutale, onkundige kleinboere, aanstellerige beamptes, gefrustreerde vrouens en ruggraatlose mans. En tog was hy geen sedepreker of skrywer met 'n boodskap nie. Hy het eenvoudig 'n voortreflik waargenome spieël op die eietydse Russiese gemeenskap gedraai en dan die leser gelaat om sy/haar eie gevolgtrekkings te maak. BBC

STOF TOT NADENKE

BEWUSTHEID Ons arme bysiende mense, met nóg die roofvoël se gawe van langafstand skerpheid, nóg die talente van 'n huisvlieg vir panoramiese visie. Met ons groot breine is ons egter ten minste bewus van die beperkings van ons visie. Met 'n mate van nederigheid wat seldsaam by ons spesie is, erken ons daar is baie wat ons nie kan sien nie en bewerkstellig merkwaardige maniere om die wêreld waar te neem. Infrarooi satellietbeelding en die Hubble-ruimteteleskoop bring uitgestrektheid tot binne ons gesigsveld. Elektronmikroskope laat ons die afgeleë heelal van ons eie selle bewandel. Maar op die gemiddelde skaal, dié van die selfstandige oog, blyk ons

Page 9: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

9

sintuie vreemd verstomp te wees. Met hoogs ontwikkelde tegnologie streef ons om te sien wat buite ons bereik is, maar is dikwels blind vir die menigte sprankelende fasette wat so byderhand lê. Ons skerpte op hierdie middelskaal blyk verklein te wees, nie deur enige mislukking van die oë nie, maar deur die gewilligheid van die verstand. Het die krag van ons toestelle ons daartoe gelei om ons selfstandige oë te wantrou? Of het ons afwysend geraak teenoor wat geen tegnologie nie maar slegs tyd en geduld neem om waar te neem? Aandagtigheid alleen kan met die kragtigste vergrootlens wedywer. Robin Wall Kimmerer

Geskiedenis

POUS - Gregory VII (1073-1085). Ons vind dat, onder sy invloed, ondeug, traagheid, en korrupsie uit die kerk gevee is, dat die metode om die Pouse te verkies hervorm is, en dat 'n groot stryd met die keiser gevoer is oor die klaarblyklik lewensbelangrike vraag van "inhuldigings", die vraag of die Pous of wêreldlike heerser die beslissende sê in die aanstelling van biskoppe in hulle gebiede behoort te hê. Tot dusver was die Romeinse geestelikes in staat om te trou; maar nou, om hulle doeltreffend van die wêreld af te skei en hulle geheel en al die instrumente van die kerk te maak, is die ongehude staat op alle priesters afgedwing... Vertaal uit: The Outline of History: Being a Plain History of Life and Mankind (H. G. Wells)

TEGNOLOGIE

. . . 'N BAIE KORT TONEELSTUK Die toneel: 'n Slaapkamer, beide karakters in die bed, gebruik elektroniese toerusting. Julie (Gebruik 'n iPad in 'n Google-soektog): Waarom kry ek al hierdie advertensies vir sekuriteitsdeure wat opspring? Ray (Lig sy oë van sy Kindle af op): Vanmiddag het jy vir Hancock 'n WhatsApp gestuur om te vra vir 'n kwotasie vir 'n diefwering vir die venster van die opwaskamer, derhalwe die advertensies. Einde

SAVA-DIENSTE

BLITSOPNAME Die banier van ons webtuiste bevat 'n item Julie Opname. Dit vra die volgende:

• Op watter drie hoofdinge behoort SAVA in belang van sy lede te konsentreer? Neem 'n oomblik om dit in te vul, omdat dit ons help om dienste te lewer wat aan julle behoeftes voldoen.

Page 10: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

10

Ons sal in Augustus en September twee meer hê. Klik asseblief op Survey op www.saarp.net – as jy nie die weergawe sien wat Survey bevat nie, doen ‘n CTRL/F5. Dankie. Gaan asb. na www.saarp.net en klik op die 'Benefits'-skakel om ons reeks dienste vir lede te sien:

SAVA-NUUS

TERUGVOER VAN LEDE ZBOOKS – Wees versigtig Van 'n lid: Adviseer asseblief julle lesers/lede dat Zbooks 'n rooftuiste is wat die skrywer se 'intellektuele eiendom' skend en daarom onwettig is. (Ek het dit op Google nagegaan, en dit word duidelik gestel). Ongelukkig is dit wat dikwels te goed lyk om waar te wees ... net dit.

SAVA-VAKANSIEKLUB

Die volgende is voorbeelde van buiteseisoenvakansies met korting wat ons vakansieklub vir julle en julle gesinne aanbied. Om te bespreek, skakel Renske by 021 592 1279 of stuur vir haar ʼn e-pos by [email protected]

OORD AREA DATUM EENHEID PRYS

BESPREEKINGS VIR 2020

KIARA LODGE CLARENS 26-30 OKT 1 S/KAMER R1610

DRAKENSBERG SUN DRAKENSBERG 26-30 OKT 1 S/KAMER R1610

DRAKENSBERG SUN DRAKENSBERG 2-6 NOV 1 S/KAMER R1610

DOLPHIN VIEW CABANAS UMDLOTI 26-30 OKT 1 S/KAMER R1207.50

TABLEVIEW CABANAS BLOUBERG 5-9 OKT 1 S/KAMER R2990

UMHLANGA SANDS UMHLANGA 12-17 OKT 1 S/KAMER R2990

MARGATE BEACH CLUB MARGATE 9-13 NOV 1 S/KAMER R1610

MARGATE BEACH CLUB MARGATE 9-13 NOV 1 S/KAMER R1610

DIKHOLOLO BRITS 2-6 NOV STUDIO R2012.50

DIKHOLOLO BRITS 9-13 NOV STUDIO R2012.50

WATERBERG GAME PARK LIMPOPO 2-6 NOV 1 S/KAMER R3220

KIARA LODGE CLARENS 2-6 NOV 1 S/KAMER R3220

CAYLEY LODGE DRAKENSBERG 9-13 NOV 1 S/KAMER R3220

Page 11: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

11

DOLPHIN VIEW UMDLOTI 30/11-4/12 1 S/KAMER R2012.50

ROYAL ATLANTIC SEA POINT 2-6 NOV 1 S/KAMER R3220

ROYAL ATLANTIE SEA POINT 9-13 NOV 1 S/KAMER R3220

FORMOSA BAY PLETTENBERG 2-6 NOV 1 S/KAMER R2415

FORMOSA BAY PLETTENBERG 9-13 NOV 1 S/KAMER R2415

PLACID WATERS SEDGEFIELD 2-6 NOV 1 S/KAMER R3220

PLACID WATERS SEDGEFIELD 9-13 NOV 1 S/KAMER R3220

BESPREEKINGS VIR 2021

CLUB MYKONOS LANGEBAAN 1-5 FEB 1 S/KAMER R2415

CLUB MYKONOS LANGEBAAN 18-22 FEB 1 S/KAMER R2415

CLUB MYKONOS LANGEBAAN 22-26 FEB 2 S/KAMER R3220

CLUB MYKONOS LANGEBAAN 10-14 MEI 1 S/KAMER R1610

CLUB MYKONOS LANGEBAAN 17-21 MEI 1 S/KAMER R1610

CLUB MYKONOS LANGEBAAN 31/5-4 JUNIE 2 S/KAMER R2012.50

CLUB MYKONOS LANGEBAAN 7-11 JUNIE 2 S/KAMER R2012.50

TABLEVIEW CABANAS BLOUBERG 10-14 MEI 1 S/KAMER R1610

TABLEVIEW CABANAS BLOUBERG 17-21 MEI 1 S/KAMER R1610

TABLEVIEW CABANAS BLOUBERG 24-28 MEI 2 S/KAMER R2012.50

PLACID WATERS SEDGEFIELD 17-21 MEI 1 S/KAMER R2012.50

PLACID WATERS SEDGEFIELD 24-28 MEI 1 S/KAMER R2012.50

FORMOSA BAY PLETTENBERG 8-12 FEB 1 S/KAMER R2415

FORMOSA BAY PLETTENBERG 22-26 FEB 1 S/KAMER R2415

ROYAL ATLANTIC SEA POINT 10-14 MEI 1 S/KAMER R2012.50

ROYAL ATLANTIC SEA POINT 17-21 MEI 1 S/KAMER R2012.50

DIKHOLOLO BRITS 10-14 MEI 2 S/KAMER R1610

DIKHOLOLO BRITS 24-28 MEI 2 S/KAMER R1610

DOLPHIN VIEW CABANAS UMDLOTI 15-19 FEB 1 S/KAMER R2817

CAYLEY LODGE DRAKBERG 10-14 MEI 1 S/KAMER R2012.50

WATERBERG GAME PARK LIMPOPO 1-14 MEI 1 S/KAMER R1610

KIARA LODGE CLARENS 10-14 MEI 1 S/KAMER R1610 NOTA 1: Die bogenoemde pryse sluit 15% BTW in. NOTA 2: Die prys is vir die hele tydperk. NOTA 3: Alle kansellasies moet 7 weke voor die aankomsdatum gemaak word. BETALING: Wanneer Renske jou bespreking BEVESTIG het, sal sy 'n faktuur uitreik wat SAVA se bankbesonderhede bevat. Wanneer jy die verlangde bedrag in SAVA

Page 12: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

12

se bankrekening inbetaal het, stuur asseblief bewys van betaling deur een van die volgende te gebruik:

Faks: 021 592 1284 E-pos: [email protected]

En onthou om jou ID-nommer en naam aan te haal.

Ons het baie versoeke vir Vakansieklub-besprekings gekry, en baie is reeds gemaak. Met die huidige beperkings wat as gevolg van die Covid-19 pandemie

ingestel is, sal ons die besprekings hou maar sal nie fakture vir betaling uitstuur totdat ons seker is dat die vakansies moontlik sal wees nie, anders sal ons weer gedwing wees om terugbetalings vir gekanselleerde besprekings te maak. Moet asseblief geen betalings maak voordat u die betalingsfaktuur wat ons aan u sal

stuur, ontvang het nie.

MOET NIKS BETAAL NIE VOORDAT U DIE BEVESTIGING

VAN DIE BESPREKING EN DIE FAKTUUR ONTVANG HET NIE.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

SAVA, sy verskaffers, uitgewer, drukker en bydraers het geen bedoeling om spesifieke mediese of ander advies te voorsien nie, maar mag lesers eerder voorsien van inligting ingevolge sy regte onder die Konstitusie van Suid-Afrika. Inligting wat hier verskaf word, is nie 'n plaasvervanger vir professionele advies van enige aard nie, meer spesifiek mediese advies, sorg, diagnose of behandeling. Dit is ook nie ontwerp om enige mediese praktyk of behandeling, program of produk wat in die redaksionele inhoud van die Bulletin of webtuiste of soortgelyke platform geadverteer of genoem word, te bevorder of te onderskryf nie. Bykomend en soortgelyk bied SAVA nie professionele advies op enige terrein aan nie, insluitende maar nie beperk nie tot regsake en finansies. In alle gevalle, sou lesers advies benodig, behoort hulle 'n behoorlik geakkrediteerde en gekwalifiseerde spesialis op die terrein te raadpleeg.

Page 13: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

13

ALLEDAAGSHEDE

BROKKIES

• Die Tygervallei Voëlklub het 'n verrassende getal katliefhebbende lede. En jy kry nie baie katliefhebbende mense wat meer voëlverskrik as Fiona is nie. Wanneer die kat vs. voël-argument na vore gekom het, het die kat-mense se stadaard reaksie reaksie te make gehad met 'n opname wat in die VK gemaak is. Meer voëls is doodgemaak omdat hulle in vensters vasgevlieg het as wat deur katte doodgemaak is.

• Die natuur soek altyd 'n balans, en 'n mens wonder of die bakterieë wat ontwikkel om immuun teen antibiotika te wees en die kwaadaardige virusse nie die begin van die terugveg daarvan is nie. Ek het 'n plaaslike boer – nou 82 - gevra waarom dit lyk of 'n besondere plant besig is om te versprei in die 14 jaar wat ons in die Riebeeckvallei woon. Hy het geantwoord dat die chemiese middel wat gebruik word om dit dood te maak, dit nou voed. Die plant het aangepas om 'n gif as voedsel te gebruik.

• My vrou wou 'n wyn met lae kalorieë hê, en ek het dit vir haar gegee met die woorde: "My liefling, hier is jou equinis urinus. Ek het dit geproe, en dit was 'n voortreflike perd." (Engels: "My Dear, here is your equinis urinus. I tasted it, it was a fine horse.")

• Wat is 'n fanatikus? Dit is 'n persoon wat in sy kop plek vir slegs een idee op 'n slag het.

• Wene se Sirkel is permanent onder beleg van die 21e eeu se dodelikste virus, massa-toerisme.

NATUUR AANHALING STOF TOT NADENKE GLIMLAG – WYSE RAAD VAN DIE VSA

ANTWOORD OP VASVRA

Ray Hattingh NS Die geskiedenis is 'n ontsaglike vroeë waarskuwingstelsel. Norman Cousins

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

Page 14: SAVA NUUSBRIEF NOMMER 163 Augustus 2020 voeg lewe by jou … · 2020. 8. 28. · van die virus; asma blyk minder van 'n risikofaktor te wees as wat eers geglo is. Lees meer oor asma

14

voeg lewe by jou jare