sawa gebied goeie hoop · nuusflitse #002 februarie 2019 nu terugvoer - gebiedbestuur - gebied...

19
SAWA Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie Gebied Goeie Hoop Nuusflitse #002 Februarie 2019 NUB Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008

Upload: others

Post on 21-Jan-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal

SAWA Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie

Gebied Goeie Hoop Nuusflitse #002 Februarie 2019

NUB Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp

Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008

Page 2: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal

Uit die pen van Gebied Goeie Hoop se Voorsitter.

SAWA vriende dit voel onwerklik om te dink ons staan op die drumpel van Kersfees Dit was vir my ‘n

groot voorreg om Gebied Goeie Hoop te verteenwoordig by die afgelope NUB op 10 November 2018.

Op Nasionale vlak was daar ‘n besluit geneem om nie Streek Oosvaal te ontbind nie maar onder beheer

van Gebied Oos-Transvaal te plaas totdat hulle ‘n bestuur in plek kan kry.

Daniel van Deventer wat aan die hoof staan van Strategiese Beplanning het terugvoer kom gee aan die

NUB. Die grootste probleem wat geidentifiseer kon word in SAWA was kommunikasie. Daar word

voorgestel dat Gebieds Voorsitters as ‘n eerste hulpmiddel ‘Whatsapp’ moet gebruik om direk met lede te

kommunikeer en belangrike besluite deur te gee. Ek sal met Streeks Voorsitters gesels en ons sal kyk wat

prakties sal wees in ons Gebied.

In Gebied Goeie Hoop self heers daar ‘n goeie gees. Ons het kennis geneem dat van Streek Helderberg se

mense ongelukkig was oor die manier wat die gesamentlike AJV aangebied is en sal poog om te verbeter

hierop. Verder wil ek net weereens vir Suidwes-Kaap bedank vir ‘n heerlike naweek.

Ek het by die NUB genoem dat daar ‘n moontlikheid ontstaan vir ‘n Sateliet streek aan die Wes-Kus. Hou

asseblief duimvas dat ons dit kan laat realiseer. Wynand Theron die Nasionale Penningmeester is ons

Voog vir volgende jaar en het belowe om my te help. Tans het ons 3 Albatros lede wat in Langebaan woon

en hulle wil graag meer gereeld kamp maar afstand maak dit nie altyd moontlik nie.

Volgende jaar is SAWA se 50ste verjaarsdag! Ons gaan feesvier en partytjie hou. Die Kongres vir 2019 is

een maand vervroeg en sal in September gehou word sodat ons landwyd die naweek van 12 tot 14 Ok-

tober 2019 saamtrekke kan hou. Ons het reeds Ou Skip bespreek vir Gebied Goeie Hoop. Die Nasionale

Voorsitter en SAWA se President sal vir ons ‘n boodskap lewer via Skype gedurende die aand se feesvier-

ings en ete. Maak asseblief ‘n GROOT kring om julle datums van belang want dit sal wonderlik wees om

100+ waens en lede daar te kan hê. Ons gaan eet, dans en sommer net lekker kuier. Vir ons lede wat nie

huidiglik waens of tente het nie gaan ons huisies bespreek.

Ons wil ook graag volgende jaar hulde bring aan oud uitgetrede SAWA lede, wat weens omstandighede

nie meer kan kamp, of deel is van SAWA nie, maar wat hard gewerk het om SAWA te bou tot die organi-

siasie wat dit is. Indien julle kontak besonderhede het vir daardie persoon of persone, gee dit asseblief

deur aan my. Die idee is om een Saterdag, ‘n oggend tee te reël en hierdie persone te nooi om saam met

ons Senior Verteenwoordigers te kom kuier. Ons Nasionale Voorsitter en President sal ook poog om die

funksie by te woon.

Vriende, enige terugvoer, korrespondensie, raad en sommer net gesels sal waardeer word. Julle is meer

as welkom om my te mail of te skakel. Indien ek nie dadelik antwoord nie beteken dit ek sit iewers in ‘n

vergadering en droom van kamp maar sal poog om so gou moontlik te antwoord. Ek en Husband (Duane)

wil vir julle ‘n baie Geseënde Kersfees toewens, wees veilig en juig want ons as Gebied is vriende en is

geseënd.

SAWA Groete

Esmé Coetzee

Page 3: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal

Gebied Goeie Hoop 2019

Voorsitter: Esmê Coetzee (Albatros)

Sekundie vir Esmè Johan Oosthuizen (SWK)

Sekretaresse: Benita Stramrood (Albatros) (alias Wikipedia)

Penningmeester: Francoi Vivier (Albatros)

Skakelbeampte: Paul Steyn (SWK)

Redaksie: Petrus Theron (SWK)

NUB Voog: Wynand Theron (Nee dit is nie familie nie)

Streke: Albatros

Theo Roux: Voorsitter

Martin Coetzee: Onder Voorsitter

Helderberg

Koos van Wyk: Voorsitter

Bennie van Niekerk: Onder Voorsitter

Noord-Boland

Greg Albrecht: Voorsitter

Marius vd Mescht: O/Voorsitter

SWK

Danny le Roux: Voorsitter

Petrus Theron: O/Voorsitter

Burgemeesters

Christo Snyman: Albatros

Johan Oosthuizen: SWK

Strategies Kommitee:

Goeie Hoop verteenwoordiging by NUB: Niël Goslett, Martin Coetzee, Esme Coetzee

Goeie Hoop se kommitee: Theo Roux, Danny le Roux, Marius vd Mescht, Koos van Wyk

Belangrike datums: Kongres 2019 - 13 - 15 September 2019 - Ouskip

SKIMKAMP – SWK doen so awesome joppie ons wil hulle elke jaar ondersteun en maak dit nuwe Nasionaal. Ons sal metodes vind om hulle te help met fonds insameling.

Ou Nasionaal by Ou Skip Maart – word nuwe Gebiedskamp!

Page 4: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal

Goeie dag almal

Na aanleiding van die verslag met die terugvoer van die NUB wil ons graag julle aandag daarop vestig dat ons Gebiedsvergadering datums weer moes skuif.

Die vergaderings sal dus soos volg wees:

Ons vra dus die streke se samewerking, om asseblief hulle maand verslae gereeld en volledig aan Esme (in die formaat soos wat sy dit nog sal deurgee) te voorsien. Enige opvolg inligting tot die einde van die maand voor die NUB vergadering, soos hierbo genoem, moet ook deurgegee word vir opdatering van haar verslag aan die NUB. Dit sal dus meen dat daar meer gereeld verslae aangestuur sal moet word.

Ons maak staat op almal se samewerking, sodat daar so volledig as wat moontlik is, verslag gedoen kan word by die NUB, van ons werksaamhede hier in Gebied Goeie Hoop.

Baie dankie

Benita Stramrood

Sekretaresse

Gebied Goeie Hoop

Datum Streek Persoon NUB 21 Jan 19 Noord Boland Greg Albrecht 2 Feb 2019

13 April 19 SWK Danny le Roux 11 Mei 2019

20 Junie 19 Albatros Theo Roux 6 Jul 2019

24 Okt 19 Gebied Esmé Coetzee 9 Nov 2019

Page 5: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal

Terug flits 2008

Dank aan Sawanante in Aksie!

Page 6: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 7: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 8: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 9: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 10: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 11: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal

Skimkamp terugvoer

Ons werkspan het Donderdag 14 Februarie , vroeg die oggend na die skimkamp terrein vertrek om die

laaste afrondings werk te doen. Vrydagoggend kon almal wat skimkamp toe kom hul roete briewe 10h00

by Wynland One Stop Engen vulstasie optel. Hierna sou hulle nog ‘n brief iewers op die roete kry.

Vrydag oggend by Leentjiesklip se hek het ons vir hulle ingewag. Hier het hulle Roomys in ‘n bakkie, ‘n leër

met briewe in en ‘n boek gekry. Elke dame het ‘n blom gekry. So is elkeen vriendelik gegroet.

Nadat Dave Griessel die boekevat waargeneem het, het ons die “verhoog” reggekry vir die verlowing.

Die rol vertolkers was Danny le Roux en Ohna Oosthuizen agter ‘n groot wit doek. Die trane het geloop

soos ons gelag het. Daar was kaas, koekies, wyn en sap om die verlowing te vier.

Saterdag oggend kom almal bymekaar vir ‘n groot tee tuin. Die ondersteuning hier was goed. Ses man

met mini rompies aan het tee en koffie bedien. Die lede het solank gewerk aan hul skeppings vir hul tafels

vir die aand se onthaal. Vyf mans het vir ons die bruid se blomme rangskikkings gemaak. Hulle was

geblinddoek. Ai ek weet nie wie gewen het nie, die blomme of hulle?

Tot net voor die troue het die lede nog nie geweet wie gaan trou nie, dis mos ‘n skimkamp! Die saal in

Langebaan is geboek en reggemaak vir die troue. Die rol vertolkers vir ons troue was Andre Potgieter en

Louie-Cecile Boonzaaier. Hul was bygestaan deur Tommie en Natascha Jones. Pastoor Andre Heyns het

die troue waar geneem. So in ‘n kleine was hy met elke getroude paartjie besig.

Buite het die trou kar gewag wat ook aan ‘n SAWA lid behoort – Kobus Theart.

Babels babels en nog babels het die pasgetroudes ontmoet toe hulle uit die saal uit kom.

Die onthaal was ‘n fees, die wyn was geskenk deur William Swatton se seun wat werksaam is by

Swartland kelder. Op die spyskaart het ons ‘n voorgereg, hoofgereg en nagereg gekry. Die hoofgereg was

voorberei deur Theo Roux (Albatros) en sy span. Die gaste moes hul eetgerei bêre en ons het vir hulle

chopsticks gegee. Die musiek fabriek, Dennis Mitchell en Ian Heyns het gesorg dat die daar tot laat aand

gedans was.

Sondag het Andre Heyns vir ons ‘n raak vat boodskap gebring oor die gesin. Die bedankings vir die naweek

het gevolg en daar was baie. Toe vir die groot bekendstelling van ons Skim.

Niël Goslett kon nie kom kamp nie maar hy en Rozel het vir ons kom kuier. Die Skim is sy baba en hy het

weereens vir ons aan die raai gehad. Andre Potgieter (10de Skim) jy was ‘n goeie skim en die wat geraai

het was almal verkeerd.

Die 2019 Skimkamp (21ste) was aangebied deur Suidwes-Kaap.

Bestuurslid verantwoordelik: Petrus Theron

Albatros 15 lede, Helderberg 6 lede, Noord-Boland 3 lede en Suidwes-Kaap 40 lede en 1 gas.

Dankie aan die volgende borge:

Hi-Tec, Sanlam, Swartland kelder – Stiaan Swatton, Elmien Eiendomme, Teresa le Roux

Baie dankie vir my span en SWK bestuur vir al die ondersteuning en bydraes.

Page 12: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 13: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 14: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 15: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 16: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 17: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal
Page 18: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal

Van die gaste wat by die troue was.

Page 19: SAWA Gebied Goeie Hoop · Nuusflitse #002 Februarie 2019 NU Terugvoer - Gebiedbestuur - Gebied vergadering terugvoer - Skimkamp Dank aan Sawanate in Aksie! - 2008 ... Ou Nasionaal

Al die oud Skimme, behalwe Karin Augusteyn. Elkeeen het ‘n ander rol vertolk op facebook.

Baie dankie vir elkeen wat kom saam kamp het. Saamgestel deur Petrus Theron

Facebook

photos