seisoen van luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-handelinge14… · web viewthe...

21
Handelinge 14:1-20 Barnabas die Bewonderde Inhoud Inleiding..........................................................1 Fokusteks: Handelinge 14:1-20......................................2 Eksegetiese opmerkings.............................................3 Vers 1-6......................................................... 3 Vers 7-13........................................................ 4 Vers 14-18....................................................... 4 Vers 19-20....................................................... 6 Erediens...........................................................7 Tema............................................................. 7 PowerPoint agtergrond............................................ 7 God nooi ons uit en ons kom tot rus................................7 Rus.............................................................. 7 Liedere.......................................................... 7 God praat met ons en ons luister...................................8 Preekriglyn...................................................... 8 God stuur ons om te leef..........................................11 Nederigheid..................................................... 11 Joernaal........................................................ 12 Volgende erediens.................................................12 Nog ‘n hulpmiddel: Barnabas.......................................12 Inleiding Ons fokus op ‘n karakter in die Nuwe Testament, Barnabas. Hy is vir ons ‘n voorbeeld van iemand wat sy arsenaal van gawes – bemoediging, vrygewigheid, gasvryheid, begeleiding – tot voordeel van die kerk en 1 | Bladsy

Upload: others

Post on 28-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Handelinge 14:1-20Barnabas die Bewonderde

InhoudInleiding.................................................................................................................................................1

Fokusteks: Handelinge 14:1-20..............................................................................................................2

Eksegetiese opmerkings........................................................................................................................3

Vers 1-6.............................................................................................................................................3

Vers 7-13...........................................................................................................................................4

Vers 14-18.........................................................................................................................................4

Vers 19-20.........................................................................................................................................6

Erediens.................................................................................................................................................7

Tema..................................................................................................................................................7

PowerPoint agtergrond.....................................................................................................................7

God nooi ons uit en ons kom tot rus.....................................................................................................7

Rus.....................................................................................................................................................7

Liedere...............................................................................................................................................7

God praat met ons en ons luister..........................................................................................................8

Preekriglyn.........................................................................................................................................8

God stuur ons om te leef.....................................................................................................................11

Nederigheid.....................................................................................................................................11

Joernaal...........................................................................................................................................12

Volgende erediens...............................................................................................................................12

Nog ‘n hulpmiddel: Barnabas..............................................................................................................12

InleidingOns fokus op ‘n karakter in die Nuwe Testament, Barnabas. Hy is vir ons ‘n voorbeeld van iemand wat sy arsenaal van gawes – bemoediging, vrygewigheid, gasvryheid, begeleiding – tot voordeel van die kerk en in diens aan die Here aangewend het. Hy illustreer vir ons hoe ‘n Christelike lewenstyl werk.

Een van die maniere waarop die kerk deur die eeue hierdie Christelike lewenstyl aangeleer en gekoester het, was deur praktiese geestelike gewoontes. Elke preekriglyn sal dus uitmond op ‘n toepassing van die preekriglyn in terme van hierdie geestelike gewoontes.

1 | B l a d s y

Page 2: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Die geestelike gewoonte wat met hierdie greep uit Barnabas se lewe saamhang, is nederigheid. Barnabas en Paulus se hantering van die probleem van bewondering en heldeverering in Listra is ’n model vir ons om na te volg.

Onthou ook die inligting oor Pinkster 2011, die Seisoen van Luister, geestelike gewoontes, die verhaal van Barnabas en die oorsig oor die boek Handelinge in die Pinkster inleiding dokument.

Fokusteks: Handelinge 14:1-20Paulus en Barnabas in Ikonium

14 In Ikonium het Paulus en Barnabas op dieselfde manier opgetree. Hulle het weer na die Joodse sinagoge toe gegaan en daar gepreek, met die gevolg dat ’n groot aantal Jode en Grieke gelowig geword het. 2Maar die Jode wat nie die boodskap wou aanneem nie, het die gemoedere van die heidene opgesweep en hulle teen die gelowiges aangehits. 3Ten spyte hiervan het die apostels ’n geruime tyd in die stad gebly en in vertroue op die Here onbevrees gespreek. Die Here het ook die boodskap van sy genade bevestig deur die apostels tekens en wonders te laat doen. 4Die inwoners van die stad was verdeeld, party vir die Jode en party vir die apostels. 5Die heidene en die Jode saam met hulle leiers het egter oproerig begin word en wou hulle aanrand en stenig. 6Toe die apostels dit agterkom, het hulle na Listra en Derbe en omgewing gevlug. Dit was twee stede in Likaonië. 7Daar het hulle toe die evangelie verkondig.

Paulus en Barnabas in Listra

8In Listra was daar ’n man met gebreklike voete. Hy was van sy geboorte af verlam en kon nooit loop nie. 9Hy het geluister terwyl Paulus praat. Paulus het stip na hom gekyk en gesien dat hy die geloof het om gesond gemaak te word. 10Toe roep hy na hom: “Staan regop, op jou voete!”

Die man het opgespring en hy kon loop. 11Toe die mense sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: “Die gode het soos mense geword en het na ons toe afgekom!”

12Hulle het Barnabas Zeus genoem en vir Paulus Hermes, omdat hy die woordvoerder was. 13Die priester van die Zeustempel, net buitekant die stad, het bulle en blomkranse na die stadspoort toe gevat, en hy wou saam met die mense offers aan die apostels gaan bring. 14Toe die apostels, Barnabas en Paulus, daarvan hoor, het hulle hulle klere geskeur en tussen die mense ingespring en geskreeu: 15“Mense, wat vang julle nou aan? Ons is maar net sulke mense soos julle. Ons bring vir julle die goeie boodskap dat julle hierdie sinlose gode moet laat staan en julle tot die lewende God bekeer. Dit is Hy wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. 16Hy het in die verlede alle nasies toegelaat om hulle eie koers te gaan, 17maar tog bekend gemaak dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy het vir julle reën van die hemel af gegee en gereelde oeste; Hy het julle volop kos gegee en julle gelukkig gemaak.”

18Maar selfs met hierdie woorde kon die apostels nouliks voorkom dat die mense aan hulle offers bring.

19Toe het daar Jode van Antiogië en Ikonium af gekom en die mense na hulle kant toe oorgehaal. Hulle het Paulus met klippe gegooi en hom uit die stad gesleep onder die indruk dat hy dood is.

2 | B l a d s y

Page 3: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

20Daar het die gelowiges rondom hom kom staan, en hy het opgestaan en weer die stad ingegaan. Die volgende dag het hy en Barnabas na Derbe toe vertrek.

Eksegetiese opmerkingsDie eksegese neem ’n ietwat ander karakter in as wat leraars normaalweg verwag. Dit fokus op die karakter van Barnabas – en hier natuurlik ook Paulus – binne die groter verhaal van die perikoop en boek Handelinge. Daar is egter ook ’n oorsig oor die boek Handelinge in die inleidingsartikel vir die reeks, wat geraadpleeg kan word. Die ander inleidingsvraagstukke van die boek as ’n geheel en kleiner eksegetiese vraagstukke van die behandelde perikope kan in die kommentare nagespeur word.

Hier is ’n paar opmerkings oor Barnabas en Paulus wat saamhang met die perikoop in Handelinge 14:1-20.

Vers 1-6 Van Antiogië in Pisidië het Paulus en Barnabas, steeds as ’n span, na Ikonium in die suide gegaan en daar op dieselfde wyse as te vore opgetree. Die eerste punt van ontmoeting was weer die sinagoge op ’n sabbatdag waar hulle gepreek het. Ikonium was volgens Lukas in die streek van Frigië en deel van die Romeinse provinsie Galasië.

Die evangelie ontlok sowel geloof as ongeloof

Die gevolg was weereens tweërlei: ’n groot aantal Jode en Grieke word gelowig, maar die Jode wat nie die boodskap wou opneem nie, het hulle teëgestaan. Let op hoe slinks die Jode optree. Hulle sweep die stad se mense teen die sendelinge op, waarskynlik omdat hulle geweet het dat dit die stadsmasjinerie teen die apostels in werking kan bring. So was dit ook vroeër in Jerusalem – die Joodse Raad vs Jesus met ’n beroep op Herodes en Pilatus – en in Antiogië in Pisidië, en sou ’n patroon wees wat hulle nog op baie plekke sou teëkom (Listra, Tessalonika, Berea, Korinte).

Hierdie verdeeldheid het ’n effek op die hele stad gehad, sodat party vir die Jode was en party vir die apostels. Maar die mense wat in opstand teen die apostels gekom het, het meer publieke status gehad en kon die leiers oorreed om op te tree teen hulle.

Dit keer vir ’n geruime tyd nie vir Paulus en Barnabas om in die stad te bly nie. Hulle het in vertroue op die Here onbevrees gepreek. En die Here het die boodskap van sy genade bevestig deur die tekens en wonders wat Hy die apostels laat doen het.

Maar uiteindelik word die druk en bedreiging van aanranding (OAV het mishandel en NIV mistreat, wat hierdie gelade Griekse woord hubrizô vertaal, wat ook as hooghartige of skandelike, selfs gewelddadige optrede vertaal kan word) en steniging te veel en hulle vlug na Listra, Derbe en die omgewing, twee stede in Likaonië, waar hulle hul werk voortgesit het. Let op dat Paulus en Barnabas albei as apostels aangedui word, ’n benaming wat Lukas voor hierdie verwysing net vir die 12 gebruik het.

Dit is interessant dat Lukas by baie plekke in die boek presiese data gee, ander kere soos hier, egter nie. Hy praat van ’n “geruime tyd”, sonder om dit nader te definieer, en sy plekaanwysing is waarskynlik nie akkuraat nie. Ikonium was volgens ’n hele paar ander skrywers uit dié tyd ook in die

3 | B l a d s y

Page 4: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

streek Likaonië. ’n Mens moet wel onthou dat Lukas eers persoonlik saamreis van Troas af op pad na Masedonië (Hand 16:10), wat die onakkuraatheid moontlik sou kon verklaar. En dit is ook moontlik dat die insluiting by Likaonië ’n administratiewe reëling van die Romeinse owerhede was wat nie veel gewig gedra het onder die inwoners nie, omdat die mense van Ikonium hulleself blykbaar steeds as Frigiërs beskou het (De Villiers).

Vers 7-13’n Genesing stimuleer bewondering

Reeds in Ikonium het daar wonders en tekens plaasgevind, as begeleidende tekens vir die prediking. Hier in Listra is dit egter die eerste keer dat die wonders die aanleidende oorsaak word vir kontak met die gemeenskap. Paulus en Barnabas raak by die genesing van ’n man betrokke wat met gebreklike voete gebore is. Daar was waarskynlik nie ’n sinagoge in Listra nie, wat die werkswyse in konteks plaas.

Paulus en Barnabas se prediking volg dus op die bewondering, amper goddelike status, wat hulle na die wonder te beurt val toe die mense uitroep dat die gode soos mense geword het en na hulle toe afgekom het.

Interessant genoeg was daar ’n bekende legende dat Zeus en Hermes in menslike gedaante die omgewing van Listra besoek het, en net deur een egpaar gasvry ontvang is (Metamorphoses van die Romeinse digter Ovid). Waarskynlik wou die gemeenskap van Listra nie weer dieselfde fout maak om hulle nie te herken nie!

Intense kommunikasie fasiliteer die genesing

Let op hoe daar intense kommunikasie tussen Paulus en die man plaasvind: hy luister aandagtig, en Paulus kyk stip na hom. Dit is nie ’n toevallige of terloopse ontmoeting wat enigiemand onaangeraak gaan laat nie.

’n Mens herinner jou die amper soortgelyke beskrywing van Petrus en Johannes in gesprek met die verlamde man by die Mooipoort van die tempel in Jerusalem (Hand 3). Hulle het ook stip na die man gekyk, hoewel hy nie soseer geluister het nie, maar iets by hulle probeer bedel het. Dit het egter ook tot ’n wonder gelei wat groot opskudding in die stad en onder die inwoners veroorsaak het.

Daar is nog ooreenkomste – die verlamde man in Jerusalem het ook by die tempel gesit en sy genesing het ook tot verwondering gelei. Hierdie man met die gebreklike voete in Listra sit nou wel nie by die heidense Zeus-tempel nie, want dit was buite die stad, maar ontlok steeds reaksie van die tempel af. Een van die priesters van die Zeus-tempel, miskien ’n hoëpriester, wil letterlik offers aan Barnabas en Paulus saam met die mense van die stad bring. Ironies genoeg was die verwondering in Petrus-hulle se geval by die tempelgangers, terwyl die Joodse Raad sterk teen hulle opgetree het, anders as die tempel-leiers in Listra, wat hier saam met die gewone mense verwonderd is.

Vers 14-18Barnabas en Paulus verneder hulleself deur hulle klere te skeur

4 | B l a d s y

Page 5: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Let op dat Lukas Barnabas hier eerste noem in die apostel-span, waarskynlik weens die mense wat hom Zeus, die hoofgod van die Grieke, noem terwyl Paulus Hermes, die boodskapper van die gode, genoem is.

Kornelius het ook eerbiedig gekniel voor Petrus (Hand 10) wat Petrus genoop het om op sy nederigheid klem te lê dat hy ook net ’n mens was soos Kornelius. Op soortgelyke wyse tree Barnabas en Paulus hier op, maar met meer erns en passie, omdat die kanse vir misverstand hier heelwat groter was.

’n Mens sien hier hoe maklik bewondering in verering kan ontaard en dat dit met alle mag beveg moet word. Geen wonder nie, want hoogmoed kon so maklik ’n strik raak waarin die apostels kon trap. Hulle kies dus om in nederigheid hulle werk verder te doen en alle moontlike hoër status wat ander mense aan hulle menswees en bediening wou koppel, teë te staan.

Hulle beklemtoon drie goed in hulle impromptu toespraak:

1. Die apostels is gewone mense ten spyte van die wonders wat hulle werk begelei – hulle het dieselfde menslike passies (homoiopathes) staan daar letterlik, wat die klem lê op God wat in die wonderwerk opgetree het. Terloops: Jakobus sou die wonder van gebedsverhoring later verbind aan God wat optree ten spyte van die feit dat gewone mense dinge van Hom vra (Jak 5:16-18).

2. Die goeie boodskap van God is dat hulle hul sinlose gode moet laat staan en hulle tot die lewende God moet bekeer. Dit moes onrusbarende nuus gewees het vir die priesters van die Zeus-tempel, hoewel dit lyk asof hulle dié implikasie gemis het in die opwinding wat rondom Barnabas en Paulus ontstaan het.

3. God het Hom as Skepper in die verlede onderskei en maak Homself nou in sy Voorsiening in die hede bekend deur die goeie dinge wat Hy gee – reën en gereelde oeste.

Let op dat daar geen melding gemaak word van die boodskap van Christus as sodanig nie, iets wat in Paulus se volgende toespraak op die Areopagus in Atene, wat waarskynlik ook impromptu was, wel gedoen word, en waar hy sterker op Christus fokus, hoewel steeds met ’n oog vir God se hand in die skepping en geskiedenis (Hand 17).

Maar hulle slaag wel daarin om die fokus na God te skuif weg van hulleself, al is dit met moeite.

Die prediking fokus hierna al sterker op Jesus as Christus en gekruisigde

’n Mens sien waarskynlik in Atene (Hand 17), en later in Korinte (Hand 18) ’n progressie in die verwoording van die boodskap van die evangelie aan die Jode en godvresendes, sowel as aan die heidene. Toe Paulus in Korinte op sy tweede sendingreis kom, het hy hom voorgeneem om net oor Jesus, en Hom as Christus (Messias) en gekruisigde te praat (1 Kor 2:1-4).

Dit stem ooreen met wat Lukas daaroor skryf. Paulus het met sy besoek daar, “al sy tyd bestee aan die prediking om die Jode daarvan te oortuig dat Jesus die Christus (Messias) is” (Hand 18:5). Dit was ook die inhoud van sy boodskap aan die godvresendes toe hy uit die sinagoge geskop is (Hand 8:7-8).

5 | B l a d s y

Page 6: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Dit is ook baie betekenisvol dat dit juis in Korinte is waar die Here in ’n gesig Paulus kom versterk en aanmoedig om aan te hou preek, want Hy is met hom. Dit sit die seël op sy bediening en waarborg die sukses daarvan.

Sy bediening in Korinte het daarom ook groot sukses gehad. Paulus wyt dit self aan twee goed:

1) aan die kragtige werk van die Heilige Gees (1 Kor 2:4-5), nie aan sy welsprekendheid of wysheid nie; en

2) aan die boodskap van Jesus as die Christus en die gekruisigde.

Dit bly dus ook vandag nog die spilpunt waarom die evangelieverkondiging draai.

Vers 19-20Die teenstand teen die evangelie verskerp

Die fokus op God weg van jouself sluit ongelukkig baie keer in dat die verering in veragting omsit. Ons dien immers ’n Lydende Messias … en dit was Sy lot ook.

Hoewel hier nie ’n groot gemeenskap van Jode was nie, het die Jode van Antiogië in Pisidië en Ikonium af vir hulle moeilikheid kom maak. Hulle het dit reggekry om die mense na hulle kant toe oor te haal, en stenig Paulus – iets wat hulle reeds in Ikonium wou doen, maar nie kon regkry nie – en sleep hom daarna na buite die stad onder die indruk dat hy dood is (vgl 2 Kor 11:25). Dit wil voorkom asof Barnabas nie hierdie lot te beurt geval het nie.

Dit is onvermydelik dat ’n mens hier ook iets raaklees van die lot wat Jesus te beurt geval het met sy Intog in Jerusalem in, die laaste week voor sy kruisiging. Die skare het Hom ook vereer en bewonder (Joh 12:12 vv), om uiteindelik te skreeu: “Kruisig Hom!” (Joh 19:15). Soos die Here, so ook sy boodskappers.

Dit wil lyk asof die gelowiges rondom hom kom staan het om vir hom te bid, soos wat Petrus dit vir Dorkas gedoen het (Hand 9) en Paulus dit vir Eutigus sou doen (Hand 20) en hy self ’n wonderwerk beleef. Paulus verwys moontlik daarna in 2 Kor 6:9, soos onder andere Calvyn dit uitgelê het. Hoe dit ook al sy, Paulus staan weer op en gaan baie moedig weer die stad binne, om die volgende dag egter saam met Barnabas na Derbe toe te vertrek.

’n Nuwe bedienaar word vir die evangelie gewerf

Paulus sou later weer terugkom na Listra waar sy verbintenis met Timoteus sou begin (Hand 16). Dit kan wees dat hierdie eerste ontmoeting, ten spyte van die bewondering en steniging, alreeds vrugte gedra het in terme van ’n potensiële nuwe bedienaar wat vir die evangelie gewerf is, hoewel Paulus dit eers later agterkom . Hy laat egter met sy tweede besoek nie gras onder sy voete groei nie, en neem Timoteus saam op sy verdere reis, iets wat hy net tevore nie met Johannes Markus wou doen nie (Hand 15:38).

Timoteus – en natuurlik Johannes Markus onder die bekwame leiding van Barnabas – maak uiteindelik deel uit van die volgende geslag wat die vlam van die evangelie sou dra, ’n kritiese punt in die oorlewing van die nuwe Christelike beweging.

6 | B l a d s y

Page 7: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Erediens

TemaBarnabas die Bewonderde’n Nederige lewenstyl kies die pad van dienslewering en nie magsvertoon nie(nederigheid)

PowerPoint agtergrondDie deurlopende agtergrond wil die storie in die preek ondersteun.

Illustrasie van ’n nederige lewenstyl word deur Paulus en Barnabas illustreer.

’n Musiek liefhebber het eenmaal die groot komponis Johannes Brahms onverwags ontmoet. Toe hy Brahms herken het hy vir Brahms gevra om ’n kort stukkie van ’n beroemde musiekstuk vir hom neer te skryf en dit dan te teken, sodat hy dit as ’n aandenking van sy ontmoeting met Brahms kan vertroetel.

Brahms het ’n pen en papier geneem en die eerste balke van Die Blou Donou van Johann Strauss neergeskryf en dit geteken: “Ongelukkig nie deur my nie, Johannes Brahms.”

Die onderliggende agtergrond is ‘n deeltjie van Johann Straus II se mees bekende komposisie.

Wikipedia berig daaroor soos volg: The Blue Danube is the common English title of An der schönen blauen Donau, Op. 314 (German for At the Beautiful Blue Danube), a waltz by the Austrian composer Johann Strauss II, composed in 1866.

The first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in 1867). Strauss' signature appears in the lower-right corner.

Die agtergrond op skyfie 3 is ‘n fiktiewe voorstelling van Barnabas in hoofsaaklik waterverf (Wicus Wait). Of ‘n mens nou kan peil trek op die 6de eeuse monnik van Siprus, Alexander Monachus, se beskrywing van Barnabas al dan nie – “his face was like that of an angel ... and he had sparkling eyes” (Laudatio Barnabae, 25). Die rooi en goud ruimte waarop aanvullende grafika geplaas kan word verteenwoordig die liturgiese kleure van Pinkster.

God nooi ons uit en ons kom tot rus

RusAanvangsgebed: Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid. (Prediker 11:2).

Terugvoer

Ons het by die vorige erediens nagedink oor getuienis. Gee geleentheid dat lidmate verhale deel van wat met hulle gebeur het terwyl hulle die dissipline van getuienis beoefen het.

LiedereLied 438 (Gees van God, o Gees van lewe)

7 | B l a d s y

Page 8: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Flam 60 (U Liefdeslied Vir My)

en ‘n seleksie van geliefde lofliedere wat by jul gemeente se styl pas.

God praat met ons en ons luister

PreekriglynNederigheid kom nie natuurlik vir enigeen van ons nie. Niemand wil graag aan die onderpunt van die leer wees nie. Dit moeilik om spontaan en konsekwent die minste te wees. Veral binne ons kultuur waar mag en selfbe-mag-tiging so ’n hoë prioriteit is. Ons hou van mense wat “goed doen vir hulleself” en bo uitkom.

Leith Anderson vertel van ’n besoek wat hy aan Manilla se vullishope gebring het. Nes in ander groot stede, soos Kaïro, woon tienduisende mense op Manila se vullishope en maak ’n lewe uit die gemors wat ander weggooi. Manila se vullismense bou hul krothuisies uit die nuttelose materiaal wat ander weggooi. Hulle stuur hul kinders soggens om vir kos te gaan soek in ander se vullis. Hieruit word hulle familie-etes berei. Anderson vertel hoedat mense op die vullishoop gebore word en grootgemaak word. Hulle gaan nooit iewers anders heen nie, selfs nie eers na Manila toe nie. Die vullishope is hul wêreld.

Op Manila se vullishope het hy Amerikaanse sendelinge ontmoet. Dit is mense wat die wonderlike, rustige, veilige en skoon lewe in die VSA agtergelaat het om die liefde van Christus op die vullishope te verkondig aan mense wat dit andersins nooit sou hoor nie. Merkwaardig dat mense bereid is om dit te doen. Dit is ’n daad van nederigheid, om ander se belange ver bo jou eie te plaas.

Maar nog nie so merkwaardig soos Christus nie, sê Anderson, wat sy Goddelike heerlikheid agtergelaat en tussen ons kom woon het nie. Daarmee stel Hy die standaard vir die self-ontlediging en diensbaarheid wat die evangelie van ons vra. (Preaching Audio Today no 208)

Grafika: http://farm4.static.flickr.com/3099/2910280122_0f44db479c_z.jpg?zz=1

Kopiereg bepaal mag onveranderd gebruik

By Sajjad Hussain, this photo was taken on October 3, 2008.

Tafel gedek vir versoeking

Ons het almal ’n behoefte na erkenning. Ons wil graag goed voel as ons iets reggekry het. Ons wil beloon word. Veral as mens swaargekry het en moes opoffer om iets reg te kry. Die probleem is dat ’n sug na waardering maklik ’n sug na mag kan word. Mens kan jou oog van die bal afhaal en erkenning, mag en selfverheerliking begin najaag.

Dit was juis die versoeking waarvoor Jesus in die woestyn beland het. Hy was honger en dors. Hy word versoek met brood (“iemand solank sonder kos verdien tog brood”), Hy word versoek met mag en erkenning. Jesus kies reg deur sy lewe om doelbewus nie die magspel te speel nie, maar nederig te bly en na die wil van sy Vader te soek, al kos dit wat. Daarmee vervul Hy die visie vir die Dienaar van die Here en word Hy die lydende Messias.

8 | B l a d s y

Page 9: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Die omstandighede waarin Paulus en Barnabas hulle in Listra bevind, dek ook vir hulle die tafel vir versoeking. Nadat hulle in Antiogië in Pisidië verwerp en uit die stad gejaag is, gebeur dieselfde in Ikonium. Hulle moet vlug na die omgewing van Listra en Derbe.

Menslik gesproke draai die gety in Listra met die wonderbaarlike genesing van die verlamde man. Toe die man regop kom – opspring! – en loop, roep die mense uit dat Paulus en Barnabas gode is wat hulle kom besoek het.

Die hele omgewing is dadelik in rep en roer. Barnabas word Zeus, die hoofgod, en Paulus Hermes genoem, woordvoeder van die gode. Die priester van die Zeustempel bring bulle en blommekranse en wil saam met die mense offers aan die apostels bring.

Die gety het gedraai. Skielik is daar darem ’n bietjie erkenning.

Mens voel amper jy sou Paulus en Barnabas nie kon kwalik neem as hulle dié gebeure so ’n klein bietjie wou uitbuit nie, natuurlik vir ’n goeie doel. As hulle sou wou saamspeel, kon hulle hul gode-status dalk tot voordeel van die evangelie gebruik?

Fokus op die evangelie

Paulus en Barnabas verloor vir geen oomblik hulle fokus nie. Hulle ken die Here en hulle ken die boodskap van sy nederige selfprysgawe om verlossing van sonde vir ons te werk. Hierdie boodskap stempel hulle identiteit en selfverstaan. Hulle bly die evangelie beliggaam.

Geen wonder dat Barnabas en Paulus hier byna met aggressie reageer op die heldeverering wat hulle te beurt val nie. Hulle keer vasberade dat hulle in die sentrum van die mense se gedagtes kom staan. Dit gee ook die regte perspektief op die plek van wonders en tekens – as dit nie die fokus op God plaas nie, is die gevaar van hoogmoed en magsvertoon lewensgroot.

In hulle impromptu toespraak beklemtoon hulle dat hulle gewone mense is. Die eer vir die wonderwerk kom God toe. Die goeie boodskap van hierdie God is dat mense hulle sinlose gode (en hul self-verafgoding) moet laat staan, en hulle tot God bekeer. Dit is Hy wat as Skepper vir sy skepsels sorg en vir hulle goeie dinge gee.

Hulle skuif in nederigheid, met groot moeite, die aandag weg van hulleself en na God toe.

Illustrasie van ’n nederige lewenstyl

Daarmee illustreer Paulus en Barnabas hoe ’n nederige lewenstyl werk.

’n Musiek liefhebber het eenmaal die groot komponis Johannes Brahms onverwags ontmoet. Toe hy Brahms herken het hy vir Brahms gevra om ’n kort stukkie van ’n beroemde musiekstuk vir hom neer te skryf en dit dan te teken, sodat hy dit as ’n aandenking van sy ontmoeting met Brahms kan vertroetel.

Brahms het ’n pen en papier geneem en die eerste balke van Die Blou Donou van Johann Strauss neergeskryf en dit geteken: “Ongelukkig nie deur my nie, Johannes Brahms.”

Hoe groot Brahms se bydrae tot die musiekskat is, kies hy doelbewus om die fokus op Johann Strauss te laat val.

9 | B l a d s y

Page 10: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Die Christelike keuse is om die fokus op God te laat val en jouself vanuit die blik op God te verstaan. Hierdie God gee reën, goeie oeste, gawes en talente – mens kan daarom bekostig om nederig oor jouself te dink en die eer aan God te bring.

Hoe God nederigheid in ons lewe inweef

Hoe groei ’n mens prakties in nederigheid?

William Farley vertel hoedat hy ’n dieper verhouding met God begeer het, en veral aangespreek was deur Jesaja 66:2: “Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.” Letterlik staan daar: “Ek gee ag op hom wat arm is en verslae van gees” – woorde wat aan die bekende Saligsprekinge herinner.

Farley kon egter nie verstaan wat die konneksie tussen “ontsag vir die Here se woord” en “leeg aan jouself, verslae, arm van gees” is nie. Hy wou sy lewe oriënteer aan God se Woord, hy wou doen wat God sê, met God as die sentrum van sy lewe. Hoe maak dit jou leeg aan jouself? Nederig? Daarom het hy gebid dat die Here hierdie versie ’n konkrete werklikheid vir hom sou maak.

Vyf dae later ry hy en sy vrou teen die kus. So in die ry dink hy na oor 1 Kor. 13:12: “Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.” Weer bid hy, hierdie keer om te vra: “Here, help my om myself te sien soos U my sien.”

So in die ry begin hy bewus raak van die verband tussen Jesaja 66:2 en 1 Kor. 13:12. “As jy jouself kan sien soos God jou sien, sal dit jou help om nederig voor God te lewe en ontsag te hê vir die lering van sy Woord,” dink hy. Maar hoe werk dit? Hoe groei hierdie nederige afhanklikheid van God in jou lewe.

Skielik begin sy vrou te praat oor ’n fliek waarvan sy baie hou. Haar opgewonde gesprek dwing hom uit sy diep meditasie. Farley is dadelik geïrriteerd. Hy snou sy vrou iets toe oor haar ligsinnige geklets. Meteens hoor hy amper glashelder ’n stem wat sê: “Daar is dit!” Drie lewensveranderende woorde.

Hy weet skielik dit is God wat gepraat het. “Daar is dit!” “Maar wat is ‘dit’ Here,” bid hy. Skielik weet hy. “Dit” is sy hoogmoed en geestelike aanstellerigheid. “Dit” is sy trots oor sy insigte en sy sogenaamde hoë geestelike stand. Skielik sien hy sy hoogmoed en arrogansie in die lig van God se volmaakte, self-ontledigende liefde. Hy sien sy sondigheid in die lig van God se waarheid.

Nederigheid, geestelike leegheid, diensbaarheid en openheid om op die regte pad deur die Woord gelei te word, word gebore wanneer mens jouself deur God se oë leer sien. Bewus van sy eie sondigheid, vertel Farley, is hy net daar in die motor ook oorval deur die besef van God se groot liefde vir hom. Sy hele lewe lank al het die Here hom lief, ten spyte van sy sonde. Hoe pynlik dit was om sy aanstellerige hoogmoed te ontdek, net so roerend was dit om God se diepe liefde te beleef.

Vanuit die ervaring van God se liefde is ’n nuwe nederigheid, ’n leegheid en afhanklikheid, in Farley gebore.

Doelbewuste keuse vir nederigheid

10 | B l a d s y

Page 11: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Paulus en Barnabas se doelbewuste keuse om nie te val vir die versoeking om gode-speletjies uit te haal nie, laat God toe om God te wees. Dit laat die evangelie van verlossing toe om die bron van hoop te wees. En dit help hulle om doelgerig te bly fokus op hul taak in die proses: om God se getuies te wees.

Mag die Here hierdie nederigheid elke dag in ons lewens inweef.

God stuur ons om te leef

Nederigheid’n Mens kan verskillende fasette van Barnabas se lewenstyl en bediening hier identifiseer. Die een waarop ons wil fokus, nederigheid, soos dit manifesteer binne die verhaal van hulle suksesse in Ikonium en Listra. Hulle hantering van die probleem van heldeverering is ’n model vir ons om na te volg.

Lees die onderstaande beskrywing van nederigheid as geestelike gewoonte.

Nederigheid en eerlikheid is eintlik twee kante van dieselfde munt. “A humble person is simply a brutally honest person” (Richard Rohr). Dit beteken dat jy jouself en wat jy doen nie vergelyk met ander mense nie, maar jou afhanklikheid van God erken (Matt 5:3). Jy gebruik wat jy doen om die lig op God te laat val sodat Hy verheerlik kan word in die oog van ander mense (Matt 5:16).

Nederigheid kies daarom om op die weg van dienslewering te bly, en nie toe te gee aan die versoeking van mag wat moontlik word as mense jou bewonder of vereer vir wat jy in die naam van die Here doen (Hand 14). Die helderste voorbeeld hiervan kry ons reeds in Jesus se lewe, beide in sy versoeking in die woestyn (Matt 4:1-11), en in sy kruisdood (Fil 2:5-11).

Dit behels dat jy afstand kry van jou vermoëns en prestasies deur jouself doelbewus uit die sentrum van jou lewe te haal, en te sorg dat ander jou nie op ’n verhogie plaas nie. Nederigheid word moontlik deur minder gereeld oor jouself te dink, en meer gereeld oor die behoeftes van ander … eerder as dat jy minder van jouself dink (Adele Calhoun). So ’n nederige lewenstyl is vasberade ingestel daarop dat die fokus van jou eie prestasies en invloed af na God se teenwoordigheid in die wêreld verskuif, soos ’n mens hier in Barnabas en Paulus se optrede sien.

Beplan hoe jy voor ons volgende byeenkoms die geestelike gewoonte van nederigheid gaan beoefen. Hier is ’n paar opsies om jou gedagtes te stimuleer:

Kies iemand uit in jou invloedsfeer en gaan bevestig so ’n persoon met ’n waarderende opmerking of guns wat jy vir hom of haar doen. Nederigheid begin waar jy die fokus weg van jouself draai na ander toe.

Kies iemand wat in nood is, en doen iets goeds vir die persoon … sonder om vir hom of haar iets daaroor te sê. Natuurlik moet jy dit ook vir niemand anders sê nie – die linkerhand moenie van die regterhand weet nie (Matt 6:1-4).

Dink na oor jou afkoms en opleiding en ander dinge waarop jy, en jou familie en vriende trots is. Hoe sien jy die hand van die Here daarin raak? Hoe kan jy Hom die eer gee voor mense? Besluit op een manier om dit te doen, en gaan doen dit.

11 | B l a d s y

Page 12: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Kies iemand uit wat jy vertrou (of ’n groep vriende) en vra hulle om eerlik met jou te wees oor jou blindekolle en jou houding teenoor jou eie prestasies en invloed. Skryf dit neer (of laat hulle dit doen, dit help jou met die eerlikheid!) en werk biddend daardeur. Vra die Here om jou insig te gee om met groter eerlikheid te lewe. Dit is die begin van ’n nederige lewenstyl.

JoernaalOnthou jou notaboek. Skryf elke dag neer wat met jou gebeur in die bemeestering van die geestelike gewoonte. Beskou dit as ’n “leefbladsy”. Wees eerlik oor jou ervarings. (Gee geleentheid dat mense in stilte in hul joernaal skryf.)

Gebed: Gee geleentheid vir stil gebed.

Slotsang: Lied 436 [hierdie is ons “temalied” – ons sluit elke erediens daarmee af.]

Afsluitingsgebed Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing—2maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. (Filippense 2:1–4).

Volgende erediensHandelinge 14:21-38

Nog ‘n hulpmiddel: BarnabasGebruik die volgende Bybelstudie boek om die geestelike gewoontes in jul kleingroepe en Bybelstudiegroepe in te oefen.

Koop direk by www.bybelmedia.co.za (direkte skakel na Barnabas)OFBestel op een van die volgende maniere:

E-pos: [email protected] Telefoon: 0860 26 33 42 Faks: 021 873 0832

Bankbesonderhede vir inbetaling:Bank: AbsaRekeningnaam: Bybel-Media HandelRekeningnommer: 405 433 6340Takkode: 632005

Gebruik jou van en rekeningnommer by die verwysingE-pos bewys van betaling na [email protected] of faks dit na 021 873 0832Prys: R64.95 (14% BTW ingesluit)

Outeurs: C. van Wyk; N. Simpson; F. Marais

12 | B l a d s y

Page 13: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

Reis saam met Barnabas. Barnabas is vir almal van ons ’n voorbeeld van iemand wat sy arsenaal van gawes tot voordeel van die kerk en in diens aan die Here aangewend het. Hy illustreer vir ons hoe ’n Christelike lewenstyl werk. Subtitel: Die Christelike lewenstyl – ’n nuwe manier van leef Teikenmark: Bybelstudiegroepe; Kleingroepe; Groepleiers; Gemeentes Unieke verkoopspunte:

Geskoei op die luistersiklus van die Seisoen van Luister Geskryf deur bewese skrywers Sluit aan by die Seisoen van Luister se pinkster-preekreeks Inhoud van die studies kweek geloofsgewoontes

Opsomming van inhoud:Ons gebruik weereens ’n meesterverhaal, dié keer nie ’n hoofstuk of boek in die Bybel nie, maar ’n karakter in die Nuwe Testament, Barnabas. Barnabas is een van die onvertelde en onderskatte verhale in ons Bybelse biblioteek. Hy is egter by uitstek iemand wat wys hoe ’n lewenstyl gevorm word deur die geestelike gewoontes wat jy beoefen:

• Die Here kon Barnabas se dankoffer gebruik om die eerste gemeente finansieël te bemoedig en te laat oorleef. Sonder sy vrygewigheid sou die gemeente baie moeilik ‘n basis kon wees vir die eksponensiële groei van die koninkryk in die eerste paar dekades van ons jaartelling.

• Die kerk kon Saulus en sy bediening aanvaar weens Barnabas wat hom gasvry ontvang het en só vir Saulus as borg in die eerste gemeente opgetree het. Daarsonder sou die kerk baie maklik eksklusief-Joods kon bly en kon kies om nie grense na ander oor te steek nie.

• Die jong Johannes Markus het in Barnabas ‘n begeleier en mentor van formaat gevind wat hom deur sy gawe van bemoediging in staat te stel om nie net uiteindelik met Paulus te versoen nie, maar ook die eerste en oudste evangelie te skrywe. Sy evangelie skets die eerste koherente prentjie van Jesus wat deur die ander sinoptiese evangelies as bronteks gebruik is.

Barnabas het ’n fenomenale bydrae tot die eerste kerk en die vestiging van die koninkryk gemaak. Woorde ontbreek eintlik om sy bydrae na waarde te skat.

Hy was veral ’n Bemoediger, soveel so dat dit sy bynaam geword het. Hy was ’n Borg vir Saulus, ’n Brugbouer in Antiogië, ’n Bemagtiger van Saulus as leraar, ’n pionier Bedienaar van die evangelie aan die heidene en ’n bobaas Begeleier van jong gelowiges.

Barnabas is dus vir almal van ons ‘n voorbeeld van iemand wat sy arsenaal van gawes – bemoediging, vrygewigheid, gasvryheid, begeleiding – tot voordeel van die kerk en in diens aan die Here aangewend het. Hy illustreer vir ons hoe ‘n Christelike lewenstyl werk.

Of ’n mens nou kan peil trek op die 6de eeuse monnik van Siprus, Alexander Monachus, se beskrywing van Barnabas al dan nie – “his face was like that of an angel ... and he had sparkling eyes” (Laudatio Barnabae, 25) – Barnabas verdien ’n plek in die harte van Christene wêreldoor as ’n man wat uitnemend geslaag het daarin om sy gawes in diens van sy roeping in die kerk en koninkryk in te span. Hy is ’n ware stigterspionier van die kerk van Christus wat meegewerk het aan sy wêreldgestalte.

In Die vrou by die Put, ons vorige publikasie wat in 2010 net voor Pinkster verskyn het, het ons die luistersiklus ingespan om ’n beweging te begin wat mense kan laat Groei oor Grense na ander toe. Dit is geëggo in die Pinksterreeks wat daaruit voortgevloei het (jy kan die 10 preekriglyne by www.bybelmedia.co.za aflaai, indien jy belangstel. Die skakels is by die produk). Hierdie oorsteek van grense na ander mense toe is immers die belangrikste verandering wat die evangelie bring, dat dit die verhoudings tussen mense verander, dat ons mekaar anders begin raaksien, dat ons mekaar

13 | B l a d s y

Page 14: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

as geskenke van die Here leer ervaar, dat ons in ware gemeenskap met mekaar leer leef. En daarvoor moet ons doelbewus grense oorsteek, met deernis en openheid, met leerbaarheid en vertroue. Dit is die waardes wat die Seisoen van Luister in ons geskep het.

In hierdie Bybelstudieboek fokus ons nou op die lewenstyl wat tot stand kom in hierdie beweging na ander mense toe. Dit is nie genoeg om net tot rus te kom voor God en na Hom en ander te luister nie – die eerste beweging van die luistersiklus; dit is nie genoeg om net sy stem te hoor, ook in dié van ander, en daardeur geruk of getroos te word nie – die tweede beweging van die luistersiklus. Dit moet altyd ook lei tot ’n nuwe manier van leef, ’n nuwe lewenstyl – die derde beweging van die luistersiklus.

Een van die maniere waarop die kerk deur die eeue hierdie Christelike lewenstyl aangeleer en gekoester het, was deur praktiese geestelike gewoontes, of soos baie dit noem, geestelike dissiplines of geloofsgewoontes. Dit is eenvoudige oordraagbare tegnieke wat in die beoefening en bemeestering daarvan jou lewe vorm en Christus gestalte laat kry in jou (Gal 4:19).

Met geestelike gewoontes leer ’n mens ’n kant van die Christelike lewe ken wat jy nie kan leer net deur boeke te lees of aan die voete van geleerdes te sit nie. Dit is kennis wat net deur ervaring onder begeleiding van die Heilige Gees oopgesluit kan word (1 Kor 2:13). Dit is in die beoefening van die geestelike gewoontes wat ’n mens dié kennis opdoen, op geen ander manier nie.

Ons wil met hierdie Bybelstudieboek op 10 sulke gewoontes fokus en dit koppel aan die Bybelse verhaal – daaroor later. Die 10 geestelike gewoontes is (met die gewoonte waarop dit gebaseer is in Engels):

• Vrygewigheid (stewardship)• Gasvryheid (hospitality)• Bemoediging (compassion)• Omgee (service, mercy)• Daaglikse ondersoek (daily examen)• Getuienis (witness)• Nederigheid (humility)• Gemeenskap (community)• Geloofsonderskeiding (discernment)• Lewenspraktyk (rule for life)

Inhoudsopgawe:Ons kies 10 grepe uit sy verhaal vir hierdie Bybelstudieboek, aan die hand waarvan ons ook die 10 geestelike gewoontes hanteer:

1. Sessie EEN: Hand 4:32-37 – Barnabas die Bemoediger (vrygewigheid)2. Sessie TWEE: Hand 9:26-31 – Barnabas die Borg (gasvryheid)3. Sessie DRIE: Hand 11:19-24a – Barnabas die Brugbouer (bemoediging)4. Sessie VIER: Hand 11:24b-30 – Barnabas die Bemagtiger (omgee)5. Sessie VYF: Hand 13:1-13 – Barnabas die Bedienaar (daaglikse ondersoek)6. Sessie SES: Hand 13:13-52 – Barnabas die Beledigde (getuienis)7. Sessie SEWE: Hand 14:1-20 – Barnabas die Bewonderde (nederigheid)8. Sessie AGT: Hand 14:21-28 – Barnabas die Beskermer (gemeenskap)

14 | B l a d s y

Page 15: Seisoen van Luisterseisoenvanluister.co.za › downloads › 07-Handelinge14… · Web viewThe first few bars of Johann Strauss' most famous work, the Blue Danube waltz (written in

9. SesSie NEGE: Hand 15:1-35 – Barnabas die Besluitnemer (geloofsonderskeiding)10. Sessie TIEN: Hand 15:36-41 – Barnabas die Begeleier (lewenspraktyk)

Outeurs:

• Dr Chris van Wyk is predikant van die NG gemeente Somerstrand in Port Elizabeth• Dr Nico Simpson is predikant van Kruiskerk• Dr Frederick Marais is n gemeentekonsultant by Buvton

15 | B l a d s y