senior fase graad 9 grade 9 senior phaserekords moet ek nog behaal? hoeveel keer op die rostrum, pa,...

25
SENIOR PHASE NOVEMBER Naam en Van: ___________________________ ____________________________________________ ____________________________________________ GRAAD 9 AFRIKAANS HUISTAAL PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Upload: others

Post on 11-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

Province of the EASTERN CAPE EDUCATION

SENIOR PHASE

GRADE 9

NOVEMBER 2012

ARTS AND CULTURE MEMORANDUM

MARKS: 100

This memorandum consists of 4 pages.

Province of the EASTERN CAPE EDUCATION

SENIOR PHASE

GRADE 9

NOVEMBER 2012

ARTS AND CULTURE MEMORANDUM

MARKS: 100

This memorandum consists of 4 pages.

Naam en Van: ___________________________!!____________________________________________!!____________________________________________

Province of the EASTERN CAPE EDUCATION

SENIOR FASE

GRAAD 9

NOVEMBER 2012

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

PUNTE: 100 TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitende ʼn  aanhegsel.

Province of the EASTERN CAPE EDUCATION

SENIOR FASE

GRAAD 9

NOVEMBER 2012

AFRIKAANS HUISTAAL

PUNTE: 100 TYD: 2½ uur

Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Province of the EASTERN CAPE EDUCATION

SENIOR FASE

GRAAD 9

NOVEMBER 2012

AFRIKAANS HUISTAAL

PUNTE: 100 TYD: 2½ uur

Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Page 2: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

2 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) ALGEMENE INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings:

AFDELING A: LEESBEGRIP (20 punte) AFDELING B: OPSOMMING (10 punte) AFDELING C: POËSIE (10 punte) AFDELING D: TAAL IN KONTEKS (20 punte) AFDELING E: SKRYFWERK (40 punte)

2. Beantwoord AL die vrae. 3. Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur. 4. Begin  elke  afdeling  op  ʼn  NUWE  bladsy. 5. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer

is. 6. Laat  ʼn  reël tussen die antwoorde oop. 7. Skryf netjies met blou of swart ink. 8. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Page 3: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

3 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012)

AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees die volgende berig uit Die Burger van 17 Maart 2012 en beantwoord dan die vrae. Brand dryf kese na chardonnay JAN GERBER

Stellenbosch

hoekpas verby die plaas loop en dit die trop se terrein is.

8. Mnr. André Morgenthal, kommunikasiebestuurder van Wines of South Africa (Wosa), het gesê bobbejane bedreig nie werklik oesopbrengste nie.

1. Dit was die onlangse brande wat die bobbejane die berge om Franschhoek laat klim het. En hulle het inderdaad die boere vererg.

9. “Behalwe  wanneer  dit  ʼn kleiner produsent soos Mark Dendy-Young se  La  Petite  Ferme  is,  of  ʼn  blok  wingerd is wat vir  ʼn  spesifieke  wyn  geoormerk  is.”

2. ʼn  Trop  van  sowat  50  kese  het  die  onlangse parstyd so haastig en so lastig die plaas La Petite Ferme in die Franschhoek-vallei se wingerde ingevaar en tot twee ton druiwe per week verorber, het mnr. Mark Dendy-Young, die plaas se bestuurder, gesê. Dit beteken 1 200 tot 1 500 bottels wyn minder.

meen monitors is die beste manier om bobbejaanskade te verhoed. Haar organisasie lei mense op in dié hoedanigheid.

10. Dit is egter nie net bobbejane wat vanjaar vir kleiner oeste gesorg het nie.

11. Luidens  ʼn  onlangse  verkla-ring van die Kaapse Wynmakersgilde het  “sterk  wind  en  ideale  koue,  nat  winter-en lentemaande gesorg vir ʼn    klein  oes  met  uitsonderlike  vrugte en kleurintensiteit vir die meeste kultivars, veral sauvignon blanc  en  cabernet  sauvignon”.

5. “Dit  baat  regtig  nie  om   bobbejane seer  te  maak  nie,”  het  sy gesê en verduidelik indien een trop  verdryf  word,  sal  ʼn  ander  net  sy plek inneem.

3. Dendy-Young raak egter nie té kwaad vir die bobbejane nie, want hy  is  self  ʼn  omgewingsgesinde.    Hulle  het  ʼn  monitor  op  die  plaas  om kese – wat glo veral in chardonnay belanggestel het – dop te hou, maar dit is onmoontlik om ʼn  bobbejaan  agter  elke  bult  te  gaan haal.

6. Uiteraard was daar nog altyd bobbejane in hul omgewing, maar Dendy-Young meen die onlangse brande het die bobbejane die wingerde ingedryf op soek na kos.

12. Vir Dendy-Young is die kleiner oes ook nie net slegte nuus nie: “Die  gehalte  is  fantasties.”

4. Me. Jenni Trethowan, medestigter van Baboon Matters,

7. Hy meen sy plaas het veral deurgeloop omdat die Fransch-

1.1 Watter idiomatiese naam vir bobbejane word in die leesstuk gebruik? (1) 1.2 Gee TWEE bewyse uit die leesstuk dat die skade, wat die bobbejane

aangerig het, nie min was nie. (2) 1.3 1.3.1 Watter maatreël het La Petite Ferme teen die bobbejane gebruik? (1) 1.3.2 Noem TWEE redes waarom hulle juis op dié opsie besluit het. (2) 1.4 Verduidelik hoe, “om  ʼn  bobbejaan  agter  elke  bult  te  gaan  haal”: 1.4.1 letterlik (1) 1.4.2 en figuurlik verstaan kan word. (1) 1.5 Wat het veroorsaak dat die bobbejane juis vanjaar dié wingerd getakel het? (2)

Page 4: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

4 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012)

1.6 Watter verskil is daar in die boere se houding in paragraaf 1 en 3? Gebruik jou eie woorde en nie dié van die leesstuk nie. (1)

1.7 Die kleiner oeste het ook sekere voordele vir die boere gehad. Skryf DRIE

sulke voordele neer. (3) [14] VRAAG 2 Bestudeer die volgende spotprent uit Die Burger, 29 Junie 2012 en beantwoord dan die vrae.

2.1 Op watter moderne tendens lewer die spotprent kommentaar? (1) 2.2 Verduidelik die muis se woorde: “Hulle  ly  ʼn  vreetsame  bestaan”, volledig. (2) 2.3 2.3.1 Na aanleiding van watter baie bekende sprokie van Grimm is die

spotprent geteken? (1) 2.3.2 Gee TWEE visuele bewyse vir jou antwoord in VRAAG 2.3.1. (2) [6] TOTAAL AFDELING A: 20

Page 5: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

5 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 3 Lees die onderstaande berig uit Lig van Augustus 2012 aandagtig deur en voer dan die opdrag uit. SOM DIE PRAKTIESE WENKE AAN OUERS HOE OM MEER TYD VIR HUL KINDERS TE HÊ IN SEWE VOLSINNE OP. x Skryf jou sewe sinne puntsgewys onder mekaar neer. x Jy moet een sin oor elke feit skryf. x Jy mag jou eie woorde gebruik. x Jou opsomming mag nie langer as 50 woorde wees nie. x Dui die getal woorde wat jy gebruik het aan die einde van jou opsomming aan. x Jy sal streng gepenaliseer word as jy nie die aanwysings volg nie. HELP! Waar kry ek tyd vir my kinders? Me. Mart-Mari  Snyman,  ʼn  lewensafrigter  van  Johannesburg,  help  ouers  om  hulle  tyd  beter  te  bestuur.    Sy  gee  die  volgende  wenke  aan  werkende  ma’s:

Terwyl jy in elk geval kook, is dit die moeite werd om sommer baie te kook. Vries dit wat oorbly  vir  later.    Jy  kan  ook  een  keer  per  maand  oor  ʼn  naweek  ʼn  paar  etes  voorberei  terwyl  Pa die kinders besig hou.

Niemand kan deesdae die mag van TV onderskat nie. Dit is belangrik om die kyktyd te beperk.    Lees  eerder  ʼn  boek  saam  met  jou  kind  of  speel  ʼn  bordspeletjie  as  om  TV  te  kyk.

Aandete  is  die  mees  onderskatte  tyd  van  die  dag.    Dit  gee  almal  ʼn  kans  om  tot  rus  te  kom  ná die dag se bedrywighede – al wat julle dan kán doen, is om te eet en te gesels.

Dit  neem  net  sowat  ʼn  kwartier  per  aand  om  julle  volgende  dag  te  beplan.    Pak  die  babasak  en sorg dat jou ouer kinders hul skooltasse pak en hulle klere gereed het vir die volgende dag. Beplan jou eie uitrusting en haal dit vanaand al uit die kas uit.

Dié van ons wat in die stad bly, bestee gewoonlik baie tyd op die pad. Die tyd in die motor hoef   nie   ʼn   strestyd   te   wees   nie.     Gebruik   die   tyd  wat   julle   skool   toe   en   terug   ry   om   te  gesels oor ditjies en datjies, die dag se dinge by die skool, maak rympies op of sing saam.

Daar  is  ʼn  gesegde  wat  sê  dat  blink  ogies  belangriker  is  as  blink  deurknoppe.    Jou  huis  hoef  nie eksie-perfeksie  te  wees  nie.    ʼn  Bietjie  stof  maak  nie  van  jou  ʼn  slegter  mens  nie.    As  jy  dit kan bekostig, kry iemand om jou  ʼn  paar  keer  per  week   in  dié  huis   te  help,  of  koop  ʼn  skottelgoedwasser. Elke lid van die gesin kan met takies help.

Onderhandel met jou werkgewer sodat jy dalk fleksie-ure  kan  werk,  bv.  ʼn  halfuur  vroeër  begin   en   ʼn   halfuur   vroeër   huis   toe   gaan.     Dit   kan   jou waardevolle tyd in die verkeer bespaar, jy kan jou kinders vroeër oplaai en rustiger aandete aan die gang kry. Jy kan ook met   jou   baas   reël   om   ʼn   korter   etensuur   te   kry   of   om   werkure   later   in   te   haal   as   jy   ʼn  belangrike sportwedstryd wil bywoon.

[Verwerk en verkort]

TOTAAL AFDELING B: 10

Page 6: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

6 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) AFDELING C: POËSIE VRAAG 4 Lees die volgende gedig en beantwoord dan die vrae. My siel, Pa

deur Marie van Rensburg

1. Hoeveel ekstra vakke, Pa?

Dux-leerling? Is dit wat Pa vra? Die prestasies, Pa, al is dit top, galgtou oor my kop,

5. En my siel, Pa ... Kan  ek  ʼn  klein-klein stukkie terug vra?

Pa, hoeveel eerstes by die wenpaal,

rekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa,

10. met  ʼn  Achilleshiel  wat  pla? Maar my siel, Pa ... Kan  ek  ʼn  klein-klein stukkie terug vra?

Pa, S.A.-skolespan speel ek al twee jaar,

Pa se Cravenweek is geëwenaar. 15. Hoe hoog moet die turksvy-kind in die

lynstaan spring om Pa eer te bring? Maar my siel, Pa ... Kan  ek  ʼn  klein-klein stukkie terug vra?

20. Pa, is Pa nooit tevrede met die ewebeeld

wat  oor  my  vou  soos  ʼn  donker  kleed? Pa is mos my proto, ek maar net Pa se foto! Maar my siel, Pa ...

25. Kan  ek  ʼn  klein-klein stukkie terug vra? [Uit: Losvoor, Shuter & Shooter, 1993]

Woordverklarings: Dux-leerling: Die leerder wat die beste op akademiese gebied in sy graad vaar. Rostrum: Die verhogie waarop die wenners, wat die eerste drie plekke

verower, staan om hul medaljes te ontvang.

Page 7: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

7 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) Achilleshiel: Jou enigste kwesbare plek. (Achilles was die bekende Griekse held

van die Trojaanse oorlog. Hy het gesterf toe ʼn  pyl hom in die hak getref het – die enigste plek waar sy oorlogsmondering hom nie beskerm het nie.)

Cravenweek: ʼn Rugbytoernooi vir provinsiale skoolspanne tydens die Junie-

vakansie elke jaar. Ewebeeld: Iemand wat presies soos ʼn  ander lyk; jou dubbelganger. Proto: Die eerste voorbeeld van iets. 4.1 Haal TWEE woorde uit die gedig aan om te bewys dat die seun nog op

skool is. (2) 4.2 Verduidelik in jou eie woorde waarom die seun so ongelukkig is. (2) 4.3 Wat  bedoel  die  spreker  met  “top”  in  reël  3? (1) 4.4 Benoem  die  beeldspraak  in  “galgtou  oor  my  kop”  (reël  4). (1) 4.5 Aan watter sportsoort neem die spreker in die tweede strofe deel? (1) 4.6 Waarom sien die spreker homself as ʼn  “turksvy-kind”  (reël  15)? (1) 4.7 Wat word ʼn  strofe genoem wat uit SES reëls bestaan? (1) 4.8 Benoem die rymskema in die gedig. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 10

Page 8: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

8 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) AFDELING D: TAALWERK IN KONTEKS

VRAAG 5 5.1 Lees die volgende verwerkte brokkie uit Jip, 7 Mei 2012 en voer dan die

opdragte uit.

Daar’‛s nié so baie visse nie

Het iemand jou al getroos met die woorde “Toemaar, daar is baie visse in die see”? Wel, daar is toe nie so baie visse in die see nie. Volgens nuwe navorsing raak jy gemideld net vier keer in jou lewe verlief! Nog erger is dat vier (5.1.7) ............. elke tien mense verlief raak op iemand wat nie dieselle voel nie. Ai!

5.1.1 Wat  beteken  die  idioom:  “Daar’s  baie  visse  in  die  see”? (1) 5.1.2 Skryf  die  sin:    “Toemaar,  daar  is  baie  visse  in  die  see”  in  die  

indirekte rede. Begin met: Iemand sê ... (2)

5.1.3 Gee  die  intensiewe  vorm  van  “nuwe”. (1) 5.1.4 Vorm ʼn  persoonsnaam  van  “navorsing”. (1) 5.1.5 TWEE spelfoute is in die brokkie begaan. Verbeter enige EEN

van dié twee woorde se spelwyse. (1) 5.1.6 Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies neer. Die seun se (verlief) veroorsaak dat hy nie aandag aan sy

skoolwerk gee nie. (1) 5.1.7 Voltooi die sin deur slegs die korrekte voorsetsel in te vul. (1)

Page 9: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

9 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) 5.2 Lees die volgende rubriek uit Die Burger van 4 Junie 2012 en voer dan die

opdragte uit.

Vandag wat was

Die akteur Dennis Weaver is in 1924 gebore.

Die (5.2.1)………. Angelina Jolie is 37.

358 jaar gelede (1654): Jan van Riebeeck skryf in sy dagboek dat Tafelbaai elke

dag vol walvisse is. 214 jaar gelede (1798): Glacomo Casanova, van Venesië, sterf op die ouderdom van 73 jaar. 68 jaar gelede (1944): Opgewonde wetenskaplikes maak bekend dat ʼn reuse-alk wat gemeen is uitgesterf het, in Ysland gevind is. 39 jaar gelede (1973): ʼn Russiese vliegtuig ontplof by die Paryse lugskou. Die bemanningslede sterf saam met 27 mense op die grond.

5.2.1 Gee  die  vroulike  vorm  van  “akteur”. (1) 5.2.2 Skryf 358 in woorde. (1) 5.2.3 Wanneer noem ons ʼn  man ʼn  Casanova? (1) 5.2.4 Kies die korrekte vorm:

Die reuse-alk is ʼn  wonderlike (vonds/fonds). (1) 5.2.5 Waarom  word  “reuse-alk”  met ʼn  koppelteken geskryf? (1) 5.2.6 Gee  ʼn  sinoniem  (dieselfde  betekenis)  vir “opgewonde”  soos  dit  in  

die leesstuk gebruik is. (1) 5.2.7 Gee  die  antoniem  (teenoorgestelde)  van  “bemanningslede”. (1)

Page 10: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

10 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) 5.3 Lees die onderstaande strokie uit Die Burger van 20 Julie 2012 en

beantwoord dan die vrae.

5.3.1 Gee die vergrotende  vorm  van  “gewild”. (1) 5.3.2 Watter skryfteken ontbreek in die tweede praatborrel in Groeipyne

se raampie 1? Skryf die sin oor en vul die skryfteken in. (1) 5.3.3 Identifiseer uit Stoffel se  laaste  raampie  in  die  sin:    “Liz  kan  nie  

haar  grimering  opspoor  nie”,  die  volgende: 5.3.3.1 gesegde (1) 5.3.3.2 onderwerp (1) 5.3.3.3 voorwerp (1) TOTAAL AFDELING D: 20

Page 11: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

11 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) AFDELING E: SKRYFWERK VRAAG 6 INSTRUKSIES 1.1 Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf dan ʼn  OPSTEL van

250 – 300 woorde. 1.2 Jy moet jou werk deeglik BEPLAN, REDIGEER en jou skryfstuk

PROEFLEES. Die beplanning moet gedoen word voordat jy die opstel skryf.

1.3 Dui  jou  beplanning  duidelik  aan  met  die  woord  “beplanning”  sodat  daar  nie  

verwarring kan ontstaan oor watter stuk jou finale stuk is nie. 1.4 Nommer die skryfstuk net soos op die vraestel. 1.5 Voorsien die skryfstuk van ʼn  gepaste titel/opskrif. 1.6 Die skryfstukke moet jou eie oorspronklike werk wees. 1.7 Jy mag nie plagiaat pleeg nie. 1.8 Die titel word nie in aanmerking gebring as die woorde getel word nie. 1.9 Dui die getal woorde wat jy gebruik het aan. 1.10 Skryf netjies en leesbaar. 1.11 Gebruik  die  ekstra  inligting,  illustrasies  en  foto’s  net  as  stimulus. 1.12 Onderwerpe kan letterlik of figuurlik verstaan word. 6.1 Oorlog op die kerkbasaar.

Die reuk van pannekoek en kaneelsuiker. Lang toue mense by die nageregtafel. ʼn  Roesemoes. Dogtertjies met blink ogies wat popklere koop. Seuntjies jaag mekaar. Tannies en ooms kuier in die teetuin en praat oor die weer en hul kleinkinders.

6.2 Dit noem ek ʼn  held!

Page 12: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

12 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) 6.3 Dit sneeu in my wêreld!

[Die Burger, 17 Julie 2012] 6.4 Doodskis in die tegnologie-klaskamer

Page 13: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

13 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) 6.5 As ek ʼn  superheld kon wees ...

[Huisgenoot, 14 Julie 2011] 6.6 Gebruik  EEN  van  die  volgende  foto’s  of  illustrasies  as  inspirasie  en  verskaf  

jou eie titel. 6.6.1

[Weg, Oktober 2010]

Page 14: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

14 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) 6.6.2

[Weg, Mei 2010] 6.6.3

[Weg, Julie 2010]

Page 15: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

15 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) 6.6.4

[Weg, Julie 2010] 6.7

[Vrouekeur, 7 September 2007]

Page 16: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

16 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012) 6.8 Verskaf jou eie titel.

[Sarie, Junie 2011] 6.9 Nuwejaarsvoorneme(ns)

6.10

[Huisgenootpols, Herfs 2008] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 100

Page 17: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

Province of the EASTERN CAPE EDUCATION

SENIOR PHASE

GRADE 9

NOVEMBER 2012

ARTS AND CULTURE MEMORANDUM

MARKS: 100

This memorandum consists of 4 pages.

Province of the EASTERN CAPE EDUCATION

SENIOR PHASE

GRADE 9

NOVEMBER 2012

ARTS AND CULTURE MEMORANDUM

MARKS: 100

This memorandum consists of 4 pages.

Province of the EASTERN CAPE EDUCATION

SENIOR FASE

GRAAD 9

NOVEMBER 2012

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NASIENGIDS

PUNTE: 100

Hierdie nasiengids bestaan uit 7 bladsye.

Province of the EASTERN CAPE EDUCATION

SENIOR FASE

GRAAD 9

NOVEMBER 2012

AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM

PUNTE: 100

Hierdie  memorandum  bestaan  uit  8  bladsye  en  ʼn  rubriek  van 1 bladsy.

Page 18: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

2 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012)

AFDELING A: LEESBEGRIP Nasien van die leesbegrip: RIGLYNE: 1. Geen penalisering van SPEL- EN TAALFOUTE nie. 2. Die leerder se antwoorde moet volgens die instruksies by elke vraag

beantwoord word. 3. Die leerder se antwoord moet ʼn  sinvolle antwoord in Afrikaans wees. Indien

ʼn  antwoord van ʼn  ander taal in ʼn  antwoord gebruik word, skryf slegs die hoofletter van die taal, bv. E (ENGELS)/X (XHOSA) boaan die woord neer. Druk die woord toe; indien die betekenis van die antwoord nie beïnvloed word nie, is die antwoord korrek.

4. Waar die antwoord in meer as een sin aangebied word, maar tog tot die

antwoord lei, is dit korrek. 5. Indien twee of meer feite vereis word, word slegs die eerste twee of meer

feite nagesien. 6. Indien die vraag EEN WOORD vra en die woord is uitgelig

(onderstreep/tussen aanhalingstekens), word die punt toegeken. 7. WAAR (JA) of ONWAAR (NEE/VALS/NIE)

¾ EERSTE DEEL KORREK en motivering verkeerd (1) ¾ Eerste deel VERKEERD en motivering verkeerd (0) ¾ Eerste deel verkeerd en MOTIVERING KORREK (0)

8. Indien die vraag spesifiseer dat die antwoord aangehaal moet word, moet

aanhalingstekens gebruik word en die korrekte woorde aangehaal word. Geen penalisering indien die antwoord nie tussen aanhalingstekens is nie.

Page 19: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

3 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012)

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Punt

etoe

kenn

ing

Leer

uitk

omst

e

Asse

serin

gs-

stan

daar

d

Denk

vlak

1.1 “kese” 3 1 3 3.2 1

1.2 “twee  ton  druiwe  per  week”

“1 200 tot 1 500  bottels  wyn  minder”

3 3

(2 x 1)

2

1

1

1.3 1.3.1 Hulle het ʼn  monitor aangestel om die bobbejane

dop te hou.

3

1

1

1.3.2 x Dit is die beste manier om te keer dat

bobbejane skade aanrig.

x Die bobbejane word nie seergemaak nie.

x Die plaas se bestuurder, Mark Dendy-Young is

ʼn  omgewingsgesinde.

3 3 3

(Enige 2)

(2 x 1)

2

1

1

1.4 1.4.1 Letterlik: Jy gaan soek die bobbejaan agter die

bult en bring hom saam. (iets soortgelyk) 3 1

2

1.4.2 Figuurlik: Jy loop moeilikheid vooruit. 3 1 3

1.5 Die brande het die plante wat deur die bobbejane geëet

word vernietig / en hulle moes dus ander kos soek.

3 3

2

2

3

1.6 In paragraaf 1 het die boere boos geword en in

paragraaf 3 was hulle nie té ontsteld nie.

(Mag  nie  “vererg”  of  “kwaad”  gebruik  nie.)

(Albei moet genoem word.)

3 1

2

Page 20: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

4 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012)

1.7 x Die wyn se gehalte is baie goed/fantasties.

x Die kleur is intens.

x Die vrugte is smaakvol/uitsonderlik.

3 3 3

3 1

[14] VRAAG 2 2.1 Die moderne mens word al hoe vetter. 3 1 3 3.2 1

2.2 “ly”  laat ʼn  mens aan ʼn  siekte dink – hulle ly aan vetsug.

“vreetsame”  wys  dat  hulle  te  veel  eet.  

3 3

(2 x 1)

2

2

2.3 2.3.1 Hansie en Grietjie 3 1 2

2.3.2 Die heks se huisie is van lekkers gemaak.

Die heks het mos die kinders vet gevoer.

Daar is ʼn  seuntjie (Hansie) en ʼn  dogtertjie

(Grietjie).

3 3

(Enige 2)

(2 x 1)

2

1

[6] TOTAAL VIR AFDELING A: 20

Page 21: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

5 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012)

AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 3 NASIENRIGLYNE:

x Ken  ʼn  punt  toe  vir  elke  feit  =  7  punte (7 feite = 7 punte) x Slegs volsinne verdien punte x Beoordeel taal en styl = 2 punte

x Geen taalfoute nie en hoogstens 3 spelfoute = 2 punte x Taalfoute en meer as 3 spelfoute = 1 punt x Telegramstyl = 0

x Kontroleer dat daar nie meer as 50 woorde is nie = 1 punt

x Aantal woorde korrek en nie meer as 50 nie = 1 punt x Meer as 50 woorde of getal nie aangedui nie = 0 punte x Sien slegs na tot 50 woorde (die kandidaat verbeur dan die punt vir die korrekte

aantal woorde) 7 + 2 + 1 = 10

[10] KRITERIA PUNTE

Aantal korrekte feite in volsinne Taal en styl Korrekte aantal woorde aangedui en gebruik

7 2 – 0 1 – 0

TOTAAL 10

Punt

etoe

kenn

ing

Leer

uitk

omst

e

Asse

serin

gs-

stan

daar

d

Denk

vlak

7 FEITE 1. Kook meer as benodig en vries etes. 3 1 3 3.4.1 2

2. Besnoei TV-kyktyd en lees of speel saam. 3 1

3. Geniet aandete saam en gesels. 3 1

4. Beplan saans vir die volgende dag. 3 1

5. Gebruik rytyd vir gesels, saamsing of rympies opsê. 3 1

6. Kry ʼn  huishulp, ʼn  skottelgoedwasser of die gesin om met

huisskoonmaak te help.

3

1

7. Onderhandel jou werksure. 3 1

[7]

TOTAAL AFDELING B: 10

Page 22: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

6 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012)

AFDELING C: POËSIE VRAAG 4

Punt

e-to

eken

ning

Leer

uitk

omst

e

Asse

serin

gs-

stan

daar

d

Denk

vlak

4.1 “Dux-leerling”/ ekstra vakke

“SA-skolespan”  /  “Cravenweek”

3 3

(2 x 1)

2

3

3.2

1

4.2 Sy pa is nooit tevrede nie en verwag net altyd nog meer

van hom.

3 3 2

1

2

4.3 die beste, die hoogste 3 1 2

4.4 Metafoor 3 1 1

4.5 Atletiek 3 1 1

4.6 Hy besorg net pyn vir sy pa, want sy pa is altyd

teleurgesteld. (ʼn Turksvy is vol dorings.) 3 1

3

4.7 sestet/sekstet 3 1 1

4.8 Paarrym 3 1 1

[10] TOTAAL AFDELING C: 10

Page 23: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

7 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012)

AFDELING D: TAALWERK IN KONTEKS

VRAAG 5

Pu

ntet

oeke

nnin

g

Leer

uitk

omst

e

Asse

serin

gs-

stan

daar

d

Denk

vlak

5.1 5.1.1 Daar  is  baie  ander  seuns/meisies  met  wie  jy  ʼn  

verhouding kan aanknoop. 3

1

6

6.4.3

2

5.1.2 Iemand sê met simpatie dat daar baie visse in

die see is. /

Iemand sê simpatiek dat daar baie visse in die

see is.

3 3

(Enige 1)

2

6

6.2.17

2

5.1.3 Splinternuwe 3 1 6 6.2.4 1

5.1.4 Navorser 3 1 6 6.1.5 2

5.1.5 Gemiddeld / Dieselfde

3 (Enige 1)

1 6 6.1.1 1

5.1.6 verliefdheid 3 1 6 6.1.5 2

5.1.7 uit 3 1 6 6.2.10 1

5.2 5.2.1 aktrise 3 1 6 6.2.1 1

5.2.2 driehonderd agt en vyftig /

driehonderd agt-en-vyftig 3

(Enige 1)

1 6 6.2.8 1

5.2.3 ʼn  rokjagter  /  ʼn  beginsellose  ontroue  minnaar  /  

ʼn  man  wat  met  baie  vrouens  verhoudings  het.                 3

(Enige 1)

1 6 6.4.3 3

5.2.4 vonds 3 1 6 6.1.8 1

Page 24: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

8 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2012)

5.2.5 ʼn  opeenhoping  van  klinkers  wat  lees  

bemoeilik 3

1 6 6.1.1 2

5.2.6 Verheugde / geesdriftige 3 1 6 6.1.8 2

5.2.7 passasiers (korrekte spelling) 3 1 6 6.1.8 2

5.3 5.3.1 gewilder 3 1 6 6.2.4 1

5.3.2 Wat as sy té gewild is? 3 1 6 6.1.3 1

5.3.3.1 Kan opspoor (nie: kan nie opspoor nie) 3 1 6 6.2.2 2

5.3.3.2 Liz 3 1 6 6.2.12 2

5.3.3.3 (haar) grimering 3 1 6.2.12 2

TOTAAL AFDELING D: 20

AFDELING E: SKRYFWERK VRAAG 6

Merk volgens die ingeslote rubriek. [40] 4 4.1.1 4.1.2

Page 25: SENIOR FASE GRAAD 9 GRADE 9 SENIOR PHASErekords moet ek nog behaal? Hoeveel keer op die rostrum, Pa, 10. metʼnAchilleshielwatpla? Maar my siel, Pa ... Kan ekʼnklein-klein stukkie terug

9 AFRIK

AANS HUISTAAL (NO

VEMBER 2012)

40 PUNTE

KODE 7

Uitstaande 80 – 100%

KODE 6

Verdienstelik 70 – 79%

KODE 5

Beduidend 60 – 69%

KODE 4

Voldoende 50 – 59%

KODE 3

Matig

40 – 49%

KODE 2

Basies 30 – 39%

KODE 1

Ontoereikend

0 – 29%

INHO

UD EN BEPLANNING

28 PUNTE

22½ – 28

-Inhoud is treffende, begrip van onderw

erp. -Idees uitdagend en volw

asse. -B

eplanning en/of eerste poging lei tot gepaste opstel.

20 – 22

-Deeglike

interpretasie van onderw

erp. -Idees interessant en verbeeldingryk. -B

eplanning en/of eerste poging lei tot redelike, gepaste opstel.

17 – 19½

-G

oeie interpretasie van onderw

erp. -Idees interessant en oortuigend. -B

eplanning en/of eerste poging lei tot ʼn  redelike,  gepaste   opstel. .

14 – 16½

-Voldoende interpre-

tasie van onderwerp.

-Idees gewoon en

diepte ontbreek. -B

eplanning en/of eerste poging lei tot ʼn  aanvaarbare   opstel vir TA

T

11½ – 13½

-Gew

oon met

leemtes in

samehang.

-Idees meestal

relevant, herhalend. -B

eplanning en/of eerste poging lei tot gem

iddelde, kohe- rente en verstaan- bare opstel

8½ – 11

-Inhoud dikw

els onverstaanbaar. G

ebrek aan sam

ehang. -Idees is m

in en dikw

els herhalend. -O

nvoldoende beplanning en/of eerste poging. -O

pstel nie goed aangebied nie.

0 – 8

-Inhoud nie ter sake nie. G

een sam

ehang nie. -Idees verw

arrend. -B

eplanning en/of eerste poging ontbreek heeltem

al. S

wak opstel.

TAAL, STYL

EN REDIG

ERING

7 PUNTE

6 – 7

-Toon kritiese taalbew

ustheid. -E

ffektiewe gebruik

van taal en punktuasie. -M

aak van figuurlike taal gebruik. -W

oordkeuse is toepaslik/uitm

untend. -S

tyl gee akkurate w

eergawe van

onderwerp d.m

.v. w

oordkeuse. -O

pstel feitlik foutloos na proeflees en redigering.

5 -E

nkele tekens van kritiese taalbew

us- heid. -Taal en punktuasie redelik onder beheer, kan figuurlike taal gebruik. - W

oordkeuse m

eestal geskik. -S

tyl gee geskikte w

eergawe van

onderwerp d.m

.v. w

oordkeuse. -O

pstel meestal

foutloos na proeflees en redigering.

-Beperkte bew

yse van kritiese taal- bew

ustheid -Taal en punktuasie: m

eestal korrek. -W

oordkeuse is redelik beperk, m

aar gepas vir opstel. -S

tyl redelik toepaslik en voldoen aan vereistes vir onderw

erp. -R

edelik foutloos na proeflees en redigering.

3½ – 4

-ʼn  Aanduiding  van  

kritiese taalbewust-

heid -Taal baie eenvoudig en punktuasie voldoende. -W

oordkeuse effens beperk, m

aar voldoende vir onderw

erp. -S

tyl bietjie in ooreenstem

ming m

et vereistes vir die onderw

erp. -O

pstel het steeds foute na proeflees en redigering.

3 -Taal beperk en punktuasie dikw

els foutiew

elik gebruik.. -W

oordkeuse basies en beperk. -S

tyl toon gebrek aan sam

ehang en nie geskik vir onder- w

erp. -O

pstel het steeds baie foute na proeflees en redigering.-

-Gebrekkige taal en

punktuasie. -W

oordkeuse baie beperk. -S

tyl pas nie by onderw

erp nie. -O

pstel is besaai met

foute ten spyte van proeflees en redigering.

0 – 2

-Ernstige gebrek

aan taal en punktuasie. -W

oordkeuse is verw

arrend. -S

tyl gebrekkig in alle opsigte. -O

pstel is besaai m

et foute en verw

arrend t.s.v. proeflees en redigering.

STRUKTUUR

5 PUNTE

4 – 5

-Ontw

ikkeling van onderw

erp sam

ehangend met

verbeeldingryke detail. -S

inne en paragrawe

samehangend

saamgestel, dra

betekenis goed oor. -Lengte is korrek.

-Ontw

ikkeling van onderw

erp logies. K

oherent. -S

inne en paragrawe

geskik saamgestel,

betekenis is duidelik. -Lengte is korrek.

3 -O

ntwikkeling van

net  ’n  paar  relevante   details. -S

inne en paragrafering redelik saam

gestel, betekenis is duidelik. -Lengte is korrek.

-Onderw

erp bevat som

mige idees;

noodsaaklike detail egter ingesluit. -S

inne en paragraw

e het leem

tes, maar

betekenis is duidelik. -Lengte is am

per korrek.

2 -D

aar is bewys van

ontwikkeling van

somm

ige noodsaak- like idees. -S

inne en paragrafw

e foutief, m

aar betekenis is duidelik. -Lengte is te kort/ te lank

-Dw

aal soms van die

onderwerp af.

algemene gedagte-

gang moeilik om

te volg. -S

inskonstruksie en paragrafering baie elem

entêr saam

gestel. -Lengte is te kort/ te lank.

0 – 1

-Afgedw

aal van die onderw

erp. -S

inskonstruksie en paragrafering: deurm

ekaar en ondeurdag. -Lengte is heeltem

al te kort/te lank.

TO

TAAL AFDELING E:

40

GRO

OTTO

TAAL: 100