seniorsertifikaat-eksamenbishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/... · afrikaans...

15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. AFRIKAANS TWEEDE TAAL V1 STANDAARDGRAAD 2014 3

Upload: others

Post on 11-Oct-2019

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

AFRIKAANS TWEEDE TAAL V1

STANDAARDGRAAD

2014

3

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 2 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.

Beantwoord AL die vrae. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1, 2 en 3) AFDELING B: Opsomming (VRAAG 4) AFDELING C: Kommunikatiewe taalgebruik (VRAAG 5, 6 en 7) Lees die instruksies by AL die vrae. Nommer die antwoorde soos wat die vrae genommer is. Begin ELKE VRAAG (VRAAG 1–7) boaan ʼn NUWE bladsy. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. Beplan jou tyd. Skryf netjies en leesbaar.

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 3 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: KOERANTARTIKEL Lees die koerantartikel goed deur en beantwoord die vrae.

KENNETH SE

TREINMODELLE

1 2 3 4 5

Deur Jody Nel Kenneth Rossouw (42) het by sy ouma in Cradock gewoon waar hy as ʼn veiligheids-beampte gewerk het. Ná haar dood het hy gesukkel om die huur te betaal. Die maandelikse elektrisiteitsrekening was ook vir hom te hoog. Sy familie het hom gelukkig gehelp en vir hom blyplek aangebied. Toe Kenneth na Discovery in Roodepoort getrek het om by sy neef, Paul Rossouw, te gaan woon, was hy baie hartseer. Hy was werkloos en het begin dink om lokomotiewe van rommel wat hy orals opgetel het, te bou. Hy moes eers die lokomotiewe teken en daarna met die bouwerk begin. Dit neem hom gewoonlik drie weke om ʼn lokomotief met die hand te bou. Die buitekant en die binnekant van die lokomotiewe lyk net soos dié van regte treine. Hy gebruik draadjies, plastiekpype en karton en enigiets wat hy optel. Sy lokomotiewe is omtrent ʼn meter lank en weeg 2 kilogram. Tot dusver het hy omtrent 80 lokomotiewe gebou en ook alreeds ʼn paar bestellings gekry. Die modelle word vir R3 000 en meer verkoop en op hierdie manier verdien hy geld. Hoewel hy nie ʼn opgeleide kunstenaar is nie, het hy op skool al begin teken. Hy het op ʼn plaas in Parys in die Vrystaat grootgeword waar die skilder, Adriaan Boshoff, hulle buurman was. Kenneth het Adriaan gehelp om sy werkplek skoon te maak en dan het hy ure lank gestaan en kyk hoe Adriaan skilder. Só het Kenneth geleer hoe om te skilder. Deur sy kontak met Adriaan het Kenneth belangrike lewenslesse geleer. Ouers in Kenneth se omgewing het nou dieselfde idee: hulle bring hulle seuns tydens skoolvakansies om Kenneth te help. Volgens hulle is dit ʼn geleentheid vir hulle kinders om by Kenneth iets waardevols te leer doen.

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 4 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6 7

Kenneth was nog altyd lief vir treine. Sy pa en sy oom was treindrywers en hy het self van 1989 tot 1993 in Sasolburg vir die Spoorweë gewerk. Dit is vir hom lekker om met iets waarvan hy hou, te werk. Daarom hoop Kenneth om eendag sy eie winkel te hê waar hy sy treinmodelle kan verkoop.

[Verwerk uit: Beeld, 10 Junie 2013]

Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord. 1.1 Wie het hierdie koerantartikel geskryf? (1) 1.2 Waar het Kenneth gebly voordat hy Roodepoort toe getrek het? (1) 1.3 Waarom kan ons sê dat Kenneth min geld verdien het as ʼn

veiligheidsbeampte? Gee TWEE feite.

(2) 1.4 Hoe het Kenneth gevoel toe hy moes trek? Haal EEN WOORD aan. (1) 1.5 By wie het Kenneth ondersteuning gekry? (1) 1.6 Haal EEN WOORD aan (paragraaf 2) wat sê dat Paul nie gewerk gehad het

nie.

(1) 1.7 Kenneth moes eers twee dinge doen voordat hy kon begin om die lokomotiewe

te bou. Noem die TWEE dinge.

(2) 1.8 Watter ooreenkoms is daar tussen Kenneth se lokomotiewe en regte

lokomotiewe? (Paragraaf 3)

(1) 1.9 Om watter rede weeg hierdie lokomotiewe nie meer as twee kilogram nie?

Haal EEN SIN aan.

(1) 1.10 R3 000 is die hoogste prys wat ʼn mens vir ʼn lokomotief betaal. 1.10.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 1.10.2 Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE aan om jou antwoord

op VRAAG 1.10.1 te motiveer.

(1) 1.11 Waar het Kenneth grootgeword? (1) 1.12 Hoe het Kenneth geleer om te skilder? (1) 1.13 Gee EEN WOORD uit die stuk wat wys dat Kenneth iets geleer het wat hy sy

hele lewe sal onthou en gebruik.

(1) 1.14 Met watter doel bring ouers hulle seuns gedurende die vakansies na

Kenneth toe?

(1)

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 5 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.15 Hoeveel jaar het Kenneth vir die Spoorweë gewerk? (1) 1.16 Watter stelling is KORREK? Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D)

neer.

A

B C D

Kenneth is deur Adriaan as ʼn kunstenaar opgelei. Kenneth het by sy neef in Roodepoort gaan woon. Kenneth is die eerste in sy familie om met treine te werk. Kenneth het skilderye geteken en daarna lokomotiewe gebou.

(1)

1.17 Wat beplan Kenneth vir die toekoms? (1) [20] VRAAG 2: ADVERTENSIE Lees die advertensie goed deur en beantwoord die vrae.

Laat die beste werkgewers

jou hier op die internet by

Careers24 soek Laai jou CV op by Careers24.

Die grootste besighede in die land

sal jou CV hier kan kry.

Besoek www.careers.24.com waar jy advertensies vir topposte

kan lees en maklik aanlyn aansoek kan doen.

Careers24 is Suid-Afrika se beste loopbaan-webtuiste vir werknemers.

Vind selfs die Sondagkoerant, Rapport, se poste en nog meer hier.

[Verwerk en saamgestel uit: Rapport, 23 Julie 2013 en Google Images]

Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord. 2.1 Voltooi die onderstaande sin met die KORREKTE antwoord. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer. Careers24 is ʼn besigheid wat vir mense ...

A

B C D

oorsee werk kry. ʼn curriculum vitae opstel. nuus oor alle loopbane stuur. werkadvertensies op webtuiste plaas.

(1)

2.2 Watter inligting van jou het Careers24 nodig? (1)

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 6 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.3 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. (Werknemers/Werkgewers) soek

mense vir topposte in hulle besighede by Careers24.

(1) 2.4 ʼn Mens doen per brief vir poste by Careers24 aansoek.

2.4.1 Is hierdie stelling WAAR OF ONWAAR? (1)

2.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (1)

2.5 Is Careers24 die beste in die hele wêreld? Motiveer jou antwoord. (1)

2.6 By watter plek kan jy volgens die advertensie aansoek doen as jy ʼn joernalis is?

(1)

[7]

VRAAG 3: DAGBOEK-UITTREKSEL

Lees die dagboek-uittreksel van gebeure in Gauteng en die Kaap vir Maart goed deur en beantwoord die vrae.

DAGBOEK VIR MAART: GAUTENG EN DIE KAAP

1 MAART

Muratie, een van die Kaap se oudste wynplase, hou hul jaarlikse druiwefees. Kom saam op die wingerdtoer of kom proe wyn of geniet die heerlike kos en musiek onder die eikebome teen pryse wat almal kan bekostig. Geen wyn word aan persone onder agtien bedien nie. Besoek hulle webblad, www.muratie.co.za, vir meer inligting.

7–9 MAART

Vir die Johannesburgse manne: hierdie maand vind die Mighty Men-kompetisie plaas in ʼn saal by Eikenhof, suid van die stad. Die koste is R250 per persoon. Pa’s kan hulle seuns bo 12 jaar saambring. Lees meer oor hierdie landswye kompetisie by www.mmcjoburg.co.za.

15 MAART

Die Hartklop-musiekfees, is ten bate van Paul Kruger-kinderhuise. Dit vind by die NG-Kerk, Moreleta, in Pretoria-Oos plaas. Lees meer oor wat hierdie kinderhuise nodig het by www.krugerkinderhuise.co.za. Die publiek kan kaartjies koop by www.itickets.co.za.

[Verwerk uit: Leef met hart en siel, Maart 2014]

Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord.

3.1 Hoe dikwels vier die eienaars van Muratie fees? (1) 3.2 Noem TWEE dinge wat ʼn mens tydens die Kaapse druiwefees kan doen. (2)

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 7 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.3 Na watter geleentheid kan ʼn mens nie as ʼn gesin saamgaan nie? (1) 3.4 Vir wie is die Mighty Men-kompetisie bedoel? (1)

3.5 Vind die Mighty Men-kompetisie net in Johannesburg plaas? Motiveer jou antwoord met EEN WOORD.

(1)

3.6 Vir wie help mens as jy na die Hartklop-musiekfees toe gaan? (1)

3.7 Wat kan ʼn mens doen om te verseker jy kry plek by die Hartklop-musiekfees? (1) [8]

TOTAAL AFDELING A: 35

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 8 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 4

DINGE WAT LANI UIT ERVARING GELEER HET

INSTRUKSIES

● ● ● ● ● ● ● ● ●

Lees die onderstaande artikel goed deur. Skryf SEWE dinge neer wat Lani uit ervaring geleer het. Skryf elkeen van die dinge wat sy geleer het in jou eie, goeie volsin neer. Jy mag nie meer as een sin oor elke ding skryf nie. Skryf jou sinne puntsgewys onder mekaar van 1 tot 7 neer. Laat ʼn reël tussen die sinne oop. Jou opsomming mag nie langer as 100 woorde wees nie. Dui die getal woorde aan die einde van die opsomming aan. Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 100 woorde skryf of as jy nie die getal woorde aandui nie.

DINGE WAT LANI UIT

ERVARING GELEER HET

1

2

Lani de Klerk se lewe het leeg gevoel. Sy het navorsing gedoen en ʼn huis vir hawelose kinders geregistreer. Al het sy kinders van haar eie, het sy geleer dat ʼn mens altyd nóg plek in jou lewe het om hawelose kinders te help.

Sy het geweet dit sal ʼn groot uitdaging wees. Mettertyd het Lani geleer dat die kinders haar lewe baie verryk. Sy het die kinders met haar

3

4

5

6

7

liefde oorlaai en in die proses het sy ook net soveel liefde terug ontvang.

Lani moes die kinders help met hulle algemene ontwikkeling. Hulle het nie genoeg woordeskat gehad om te kommunikeer nie, kon nie ʼn bal raak vang nie en was altyd huilerig. Sy was geskok om uit te vind hoe ver agter hierdie kinders in hulle ontwikkeling is.

Sy het gehoop dat die gemeenskap haar sou help met daaglikse goed soos kos, klere en vervoer. Sy het egter uitgevind dat min mense werklik omgee vir hawelose kinders. Dit het haar diep seergemaak.

Lani het toe ʼn organisasie, Baba Moses, begin om meer kinders te help. Die skok het haar toe eers getref! Sy het nooit geweet daar is soveel kinders wat traumatiese situasies ervaar het nie. Lani moes inspring, ʼn kursus volg en leer hoe om met sulke kinders te werk.

Soms was sy bekommerd oor maandelikse betalings, byvoorbeeld vir water en ligte. Maar Lani het gou geleer dat groot besighede altyd regstaan om te help: hulle was altyd bereid om haar met donasies te help.

Lani het ʼn groot lewensles geleer. Sy het geleer hoe gebroke kinders normale, gelukkige jongmense kan word wat op hulle eie bene kan staan.

[Verwerk uit: Beeld, 23 Desember 2013]

TOTAAL AFDELING B: 10

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 9 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: KOMMUNIKATIEWE TAALGEBRUIK

VRAAG 5: WOORDGEBRUIK EN WOORDSTRUKTURE

Bestudeer die prente hieronder.

`

[Uit: Google Images]

INSTRUKSIES

● ●

Voltooi die volgende paragrawe soos aan die regterkant aangedui. Skryf net die vraagnommer (5.1–5.24) en die antwoord neer.

Phillip Davids (18), was verlede jaar ʼn 5.1 (matriekulant/matrikulant) aan die 5.2 (Hoërskool/Hoêrskool) Linden. Hy het gister gehuil 5.3 (as/wanneer/toe) hy die finale matriekuitslae sien. Sy punte vir 5.4 (Fisies) Wetenskappe was altyd gemiddeld, maar hy het 5.5 (89) vir Wetenskap in 5.6 (hy/sy/hom) finale uitslae gekry. Dit is nege persent 5.7 (hoog) as sy opstuurpunt! Hy is baie trots 5.8 (op/in) hierdie 5.9 (presteer) en weet hy verdien die klein 5.10 (motor) wat sy ouers hom belowe het. Davids 5.11 (wie/wat) verlede jaar in September reeds by die 5.12 (Univ.) van Pretoria aanvaar is om medies te gaan 5.13 (studie), het sewe onderskeidings in matriek 5.14 (gehaal/ behaal). Leerlinge van dié skool het al voor agtuur 5.15 (opgewen/opgewonde) in die skoolsaal gewag vir hulle punte. Die skool het borde vol 5.16 (toe + broodjies) op tafels uitgepak en elkeen het ʼn koeldrank gekry.

5.1 5.2 5.3 5.4 5.5 5.6 5.7 5.8 5.9 5.10 5.11 5.12 5.13 5.14 5.15 5.16

Kies die korrekte spelling. Gee die korrekte spelling. Kies die korrekte woord. Gee die korrekte vorm. Skryf die getal uit. Kies die korrekte woord. Gee die korrekte vorm. Kies die korrekte woord. Gee die korrekte vorm. Gee die korrekte vorm. Kies die korrekte woord. Skryf die afkorting voluit. Gee die korrekte vorm. Kies die korrekte woord. Kies die korrekte woord. Gee EEN woord.

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 10 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Ingrid Dreyer was 5.17 (baie gelukkig) met haar punte wat baie 5.18 (goed/goeie) was terwyl Charl de Wit baie 5.19 (tevrede) was met uitslae in vier vakke. Marie is van plan om ʼn 5.20 (onderwyser) te word en Gerhard Steenkamp 5.21 (plan) om ʼn vlieënier te word. Hy reis 5.22 (binnekort/ kortliks) na Port Alfred toe om sy droom te bewaarheid. Hy droom 5.23 (van+dit) om humanitêre werk in Afrika te doen. Die 5.24 (prinsipaal) van Linden was ook baie bly, want sy skool was een van die bestes in Gauteng.

5.17 5.18 5.19 5.20 5.21 5.22 5.23 5.24

Gee EEN woord. Kies die korrekte woord. Gee die antoniem. Gee die korrekte vorm. Gee die korrekte vorm. Kies die korrekte woord. Gee EEN woord. Gee die sinoniem.

(24 ÷ 2) [12]

VRAAG 6: SINSTRUKTURE

Die taalvrae wat volg, is op die inligting hieronder gebaseer.

NUWE VOLVO SE SITPLEK HET GESKEUR

Arno Goosen het ʼn nuwe Volvo gekoop en hy was baie ongelukkig, want die een sitplek het geskeur. Hy sê dit is ʼn fabrieksfout en Volvo moet dit regstel. Volvo weier om te help!

[Verwerk uit: Beeld, 8 Januarie 2014 en Google Images] 6.1 Rangskik die volgende groepe woorde tussen hakies in die korrekte volgorde.

Skryf die hele sin uit. Arno Goosen (baie hartseer) (was) (gister).

(1)

6.2 Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui: 6.2.1 Ek het ʼn nuwe Volvo gekoop.

Volgende jaar ...

(1) 6.2.2 Arno sien dat die een sitplek geskeur het.

Eergister ...

(1)

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 11 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.2.3 Die verkoopsman vra: “Het jy vir Volvo van die probleem vertel?”

Die verkoopsman vra of ...

(2) 6.2.4 Volvo moet die sitplek vervang.

Volvo behoort ...

(1) 6.2.5 Volvo verduidelik dat die stukkende sitplek nie hulle fout is nie.

Volvo verduidelik: “ ... ”

(1) 6.2.6 Arno het vanoggend gou ʼn e-posbrief aan Volvo Hatfield gestuur.

Vanoggend ...

(1) 6.2.7 Volvo Hatfield het foto’s van die sitplek geneem.

Foto’s van die sitplek ...

(1) 6.2.8 Volvo Suid-Afrika moet die sitplek vervang.

Volvo Suid-Afrika hoef nie ...

(1) 6.2.9 Goosen se probleem is deur Volvo opgelos.

Nee, ...

(1) 6.3 Verbind elke keer die twee sinne en begin soos aangedui. 6.3.1 Arno is hartseer. Volvo is nie bereid om hom te help nie.

Alhoewel ...

(2) 6.3.2 Arno is verkeerd. Volvo Hatfield is verkeerd.

Óf ... óf ...

(1) 6.3.3 Arno sal dankbaar wees. Volvo aanvaar die verantwoordelikheid.

Arno sal dankbaar wees as ...

(1) 6.3.4 Die foto’s is verlore. Volvo Suid-Afrika kan niks daaraan doen nie.

Die foto’s is verlore, dus ...

(1) 6.3.5 Stel ʼn vraag waarop die onderstreepte woorde ʼn antwoord is.

Arno is teleurgesteld, want die Volvo se sitplek het geskeur.

(1)

6.4 Verander die volgende stelsin in ʼn bevelsin. Arno moet die motor terugstuur. (1) [18]

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 12 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 7: KOMMUNIKASIE

INSTRUKSIES ● Bestudeer die prente in hierdie vraag. ● Lees die situasie by elke prent. ● Voer dan die opdrag uit.

7.1 OM VERSKONING VRA

[Uit: Clipart]

Situasie: Jy het vandag om tienuur ʼn onderhoud. Daar was ʼn ongeluk op die

pad en jy is ʼn uur laat vir die onderhoud. Wat sal jy sê as jy by die onderhoud opdaag?

Opdrag: Kies EEN van die volgende moontlikhede.

A B C D

Jy het geweet ek sal hier wees, al is dit laat. Ek is bly ek het dit eindelik gemaak. Ek is baie jammer dat ek so laat is. Julle mag my nie penaliseer nie.

(1)

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 13 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.2 BLYDSKAP TOON

[Uit: Clipart]

Situasie: Jy nooi jou vriendin om saam met jou met vakansie te gaan. Sy

aanvaar die uitnodiging. Wat sal jy vir haar sê om jou blydskap te toon?

Opdrag: Kies EEN van die volgende moontlikhede.

A B C D

Ek is so bly. Ons moet meer saam vakansie hou. Ek het gedink jy sal nie my uitnodiging aanvaar nie. Ek het dit nie verwag nie. Is jy seker jy wil saamgaan? Ek het ʼn ander vriendin ook gevra. Dink jy jy wil nog gaan?

(1)

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 14 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.3 REAKSIE OP ’N OPROEP

Situasie: Dis jou eerste dag by ʼn nuwe werk. ʼn Goeie vriend/vriendin bel

jou, terwyl ʼn kliënt met jou wil praat.

Opdrag: Hoe gaan jy reageer?

Kies EEN van die volgende moontlikhede.

A

B C D

Ag, hier kom nou nóg ʼn kliënt in. Kom hiernatoe, dan kan ons gesels. Praat gou, hier staan ʼn kliënt voor my. Ek bel jou vanaand, dan gesels ons lekker.

(1)

[Uit: Afrikaans sonder grense Gr. 12]

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 15 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou

7.4 GOEIE TAFELMANIERE

[Uit: Clipart]

Situasie: Julle nuwe bure nooi julle vir aandete. Jy geniet die koolslaai

baie.

Opdrag: Hoe sal jy vra of jy nog van die slaai mag kry?

(Nie meer as 20 woorde nie.)

Jy: “ ... ” (2) [5] TOTAAL AFDELING C:

GROOTTOTAAL: 35 80