seniorsertifikaat-eksamen – 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_3_afrikaans_2de_taal_sg_v3.pdf ·...

16
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 1013.3 AFRIKAANS TWEEDE TAAL V3 STANDAARDGRAAD PUNTE: 80 TYD: 2 UUR OKTOBER/NOVEMBER 2007 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN – 2007 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, wat 4 bylae insluit.

Upload: others

Post on 25-Dec-2019

8 views

Category:

Documents

0 download

TRANSCRIPT

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1013.3

AFRIKAANS TWEEDE TAAL V3

STANDAARDGRAAD PUNTE: 80

TYD: 2 UUR OKTOBER/NOVEMBER 2007

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN – 2007

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, wat 4 bylae insluit.

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.

Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Maak seker dat jou vraestel volledig is.

2. Maak seker dat jou eksamennommer op die antwoordboek reg is. 3. Beantwoord EEN vraag uit elkeen van AFDELINGS A, B en C. 4. Skryf duidelik en leesbaar. 5. Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies bo-aan. 6. Gee spesiale aandag aan spelling, taal en sinskonstruksie. 7. Ons beveel aan dat jy jou werk deurlees voordat jy dit inlewer. 8. Doen VRAAG 3.1 op BYLAAG A. 9. Doen VRAAG 3.3 op BYLAAG B

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3

AFDELING A: LANGER SKRYFSTUKKE VRAAG 1 Skryf 'n opstel van ongeveer 250 - 300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe: 1.1 VERHALENDE OPSTEL

DIE DAG TOE EK WEGGELOOP HET …!

[Uit: Image Library]

Toe ons kinders was, het die meeste van ons op 'n stadium daaraan gedink

om weg te loop van die huis af. Ons was kwaad vir ons ouers omdat ons nie kon kry wat ons wou hê nie, of kon doen wat ons wou nie. Jy het ook van die huis af weggeloop. Vertel waarom jy weggeloop het en wat alles gebeur het. Hou die volgende in gedagte:

• Waarom het jy weggeloop en hoe het jy gevoel? • Wanneer het jy weggeloop en waarheen het jy gegaan? • Wat het jy alles saamgeneem? • Wat het jy gedoen toe jy nie meer kos gehad het nie? • Hoe lank het jy weggebly? • Wat was die einde van die storie?

OF

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4

1.2 BESKRYWENDE OPSTEL

MY EIE MOTOR!

[Uit: Motor Beeld, 14 Des. 2006] Jy het lank gewerk en gespaar. Uiteindelik het jy genoeg geld bymekaar gemaak om jou droommotor te kan koop. Jy onthou die dag toe jy by die garage uitgestap het, nadat jy die motor gekoop het. Die motor se sleutels was in jou hand. Beskryf jou nuwe motor. Hou die volgende in gedagte:

• Beskryf watter soort motor dit was en hoe dit gelyk het. • Beskryf hoe die motor geruik het en hoe die geluid van die enjin vir jou

geklink het. • Beskryf hoe jy gevoel het toe jy begin ry het.

OF

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5

1.3 ARGUMENTERENDE OPSTEL

WAT IS DIE LEKKERSTE: 'N STAD OF DIE PLAAS? Vir baie mense is die lewe op die plaas baie lekkerder as die lewe in die stad. Vir ander is die stadslewe weer baie lekkerder as die plaaslewe. Skryf 'n argumenterende opstel waarin jy redes gee hoekom jy van die stadslewe hou en nie die plaaslewe nie, of hoekom jy van die plaaslewe hou en nie die stadslewe nie. Hou die volgende in gedagte:

• Waarom is dit beter om op 'n plaas/in die stad te bly? • Waarom wil jy nie in die stad/op die plaas bly nie? • Wat dink jy is die beste en waarom?

OF

1.4 BESPIEGELENDE OPSTEL

'N DAG OM VAN TE DROOM!

[Uit: Afrikaans is lekker, M Banda, T Brink e.a.]

Jy het 'n prys gewen in 'n kompetisie. Die prys is dat jy vir een dag alles kan

doen wat jy graag wil doen. Wat wil jy alles graag doen? Hou die volgende in gedagte:

• Op watter verskillende plekke sal jy dalk jou droomdag wil deurbring? • Watter plek dink jy is die beste en waarom sê jy so? • Wie kan almal saam met jou gaan en wie kies jy? Waarom sê jy so? • Wat sal jy wil aantrek en eet? • Wat sal jy alles kan doen?

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6

OF

1.5 FEITELIKE OPSTEL

DERTIEN JAAR NA DEMOKRASIE!

[Uit:Raamwerk, Esterhuizen e.a.]

Ons het almal so uitgesien na die nuwe Suid-Afrika en al die positiewe dinge wat die nuwe regering vir die land en sy mense sou doen. Maar nogtans gebeur daar baie dinge wat die mense ongelukkig maak. Die prentjie oor demokrasie hierbo wys maar net 'n paar sulke dinge vir ons. Noem en bespreek ten minste VIER dinge in 'n feitelike opstel wat mense in ons land ongelukkig maak en sê hoe die situasie verbeter kan word. Hou die volgende in gedagte:

• Wat is hierdie dinge wat die mense so ongelukkig maak? • Waarom maak dit die mense ongelukkig? • Wat kan die mense doen om die situasie te verbeter? • Wat kan die regering doen om die situasie te verbeter?

TOTAAL VIR AFDELING A:

40

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7

AFDELING B: FUNKSIONELE SKRYFSTUKKE VRAAG 2 • Doen net EEN vraag in hierdie afdeling. • Elke vraag in hierdie afdeling tel 20 punte. • Die inhoud van die vraag moet 120 – 150 woorde lank wees.

2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF

MY MAAT IS KWAAD VIR MY.

[Uit: Afrikaans is lekker, Van der Merwe en Christensen]

Jou beste vriend/vriendin is kwaad vir jou. Jy het iets gesê of gedoen wat hom/ haar kwaad gemaak het. Skryf 'n brief aan hom/ haar waarin jy die probleem probeer oplos. Hou die volgende in gedagte:

• Vra om verskoning vir wat jy gesê of gedoen het. • Verduidelik wat dit is wat jou vriend/in kwaad gemaak het. • Sê wat jy sal doen sodat jou vriend/in nooit weer vir jou kwaad sal word

nie.

OF

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8

2.2 DIALOOG

MOENIE GELD LEEN NIE!

Jou beste maat soek dringend geld. Die bank wil hom/ haar nie help nie.

Nou wil hy/sy by mense gaan geld leen wat 20% - 30% rente vra! Jy wil hom/ haar waarsku teen dié mense wat geld uitleen. Skryf julle gesprek in dialoogvorm neer. Begin jou dialoog só:

Maat: Ek soek dringend geld. Waar het jy laas geld geleen toe jy in die moeilikheid was? Ek: Nee, ou maat, ek sê jou nie, want jy moet asseblief nie dieselfde fout as ek maak nie!

Onthou: Laat EEN reël oop tussen elke spreekbeurt.

OF

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9

2.3 TOESPRAAK

HOE OM 'N VIGSPASIËNT TE HELP

[Uit: Bladsak, R Vosloo e.a.]

Iemand wat jy ken, is dood aan Vigs. Jy het die persoon tot aan die einde toe

gehelp en versorg. Jy is daarna gevra om tieners toe te spreek en te vertel hoe 'n mens iemand help en versorg wat Vigs het. Skryf jou toespraak neer. Hou die volgende in gedagte: • Hoe kan 'n mens so 'n siek mens help (kos, was, medisyne en praat

oor wat gebeur)? • By watter plekke kan hulp gekry word? • Watter ander mense sal graag help? • Watter raad het jy vir die familie?

TOTAAL AFDELING B: 20

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

10

AFDELING C: TRANSAKSIONELE SKRYFWERK

VRAAG 3

• Doen EEN vraag uit hierdie afdeling. • Elke vraag in hierdie afdeling tel 20 punte. • Die inhoud van die vraag moet 120 – 150 woorde lank wees.

3.1 CURRICULUM VITAE

SEKURITEIT DRINGEND BENODIG

SEKURITEITSBESTUURDER

'n Groot maatskappy benodig dringend die dienste van 'n sekuriteitsbestuurder. Die persoon moet 'n sterk karakter hê en baie betroubaar wees. 'n Minimum van 5 jaar

ondervinding is nodig. Eie betroubare vervoer is noodsaaklik. Moet

tweetalig wees.

Faks CV met referente aan: John (012 123 4567) Sluitingsdatum: 30 November 2007

WINKELASSISTENT BENODIG!

Ons is op soek na 'n hardwerkende persoon om in die winkel te help. Vorige verkoopsondervinding is 'n vereiste.

Moet akkuraat met geld kan werk en basiese kennis van 'n rekenaar hê.

Moet ten minste tweetalig wees en goeie menseverhoudings is noodsaaklik.

Faks jou CV aan: Peter by 011 456 7898 Sluitingsdatum: 30 November 2007

Jy wil graag aansoek doen vir een van die bostaande poste. Lees die advertensies goed deur en voltooi dan die CV op BYLAAG A op bladsy 13 en beantwoord die instruksies op bladsy 13 en 14.

OF

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11

3.2 HULDEBLYK

[Uit: Afrikaans is lekker, M Banda, T Brink, e.a.]

Jou beste vriend/in het onlangs in 'n motorongeluk gesterf. Aangesien julle al

van laerskooldae af vriende was, het die familie jou gevra om 'n kort huldeblyk tydens die begrafnis te lewer. Skryf hierdie huldeblyk neer. Hou die volgende in gedagte:

• Waarom was julle twee sulke goeie vriende? • Waarom is die persoon so spesiaal en wat sal jy spesifiek van hom/

haar onthou? • Watter woorde van troos kan jy aan die familie gee?

OF

Afrikaans TweedeTaal/SG/V3 DoE/Okt-Nov/2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

12

3.3 VOLTOOIING VAN VORM.

DIS NOU MY KULTUUR!

Die Kuns-en-Kultuuronderwyser by die skool wil meer uitvind oor die verskillende kulture in Suid-Afrika. Hy het die leerders by die skool gevra om te help en daarom moet jy die volgende vorm (BYLAAG B) oor jou kultuur voltooi. Voltooi nou die vorm in BYLAAG B. Lees die opdragte op die vorm baie goed.

TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 80

Afrikaans TweedeTaal/SG/V3 13 DoE/Okt-Nov/2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BYLAAG A EKSAMENNOMMER: SENTRUMNOMMER: 3.1 CURRICULUM VITAE PERSOONLIKE BESONDERHEDE Van: ____________________________________ Voornaam/Voorname: ____________________________________ Geboortedatum: ____________________________________ Identiteitsnommer: ____________________________________ Huisadres of Posadres: ____________________________________ ____________________________________ ____________________________________ ____________________________________ Huistaal: ____________________________________ Noem nog TWEE ander tale wat jy ken: ____________________________________ ____________________________________ Huwelikstatus: ____________________________________ (10 ÷ 2)

(1) (1) (1) (1) (2) (1) (2) (1) (5)

VERDERE INLIGTING: Vertel waar en wanneer jy op skool was. (Ongeveer 10 woorde)

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

14

Wat was jou hoogste graad wat jy voltooi het en noem die vakke wat jy geslaag het? (Ongeveer 10 woorde) _____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Aan watter sportsoort(e) en ander aktiwiteite het jy deelgeneem en watter prestasies het jy daarin behaal? (Ongeveer 20 woorde) _____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Vertel meer van jouself (jou karakter). (Ongeveer 20 woorde) _____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Watter dinge kan jy as sekuriteitsbestuurder of winkelassistent doen? Hoe en waar het jy geleer om hierdie dinge te kan doen? (Ongeveer 40 woorde) _____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Gee redes hoekom jy die werk moet kry: (Ongeveer 20 woorde) _____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(15) [20]

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

15

BYLAAG B EKSAMENNOMMER: SENTRUMNOMMER: 3.3 INVUL VAN 'N VORM DIS NOU MY KULTUUR! Aan watter kultuur behoort jy? ____________________________________________________________________ Noem ten minste TWEE feesdae wat in jou kultuur gevier word en sê in TWEE aparte sinne wat julle op dié dae doen.

____________________________________________________________________

Hoe lyk jou kultuur se tradisionele kleredrag? Die vroue: ___________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Die mans: ___________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Watter tradisionele kossoorte eet julle graag? Noem ten minste TWEE kossoorte. _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ Van watter tipe tradisionele musiek hou julle die meeste? _____________________________________________________________________ (10 ÷ 2)

(1) (4) (2) (2) (1) (5)

Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

16

Gee in 80 – 100 woorde interessante inligting oor die volgende dinge in jou kultuur: Troues: _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ Begrafnisse: _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ Tradisies/ rituele: _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ TOTAAL AFDELING C:

(15) 20