seniorsertifikaat-eksamen - 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_1_afrikaans_2de_taal_sg_v1.pdf ·...

16
1013.1 AFRIKAANS TWEEDE TAAL V1 STANDAARDGRAAD OKTOBER/NOVEMBER 2007 PUNTE: 80 TYD: 2 uur SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2007 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Upload: others

Post on 25-Dec-2019

72 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1013.1 AFRIKAANS TWEEDE TAAL V1

STANDAARDGRAAD

OKTOBER/NOVEMBER 2007 PUNTE: 80

TYD: 2 uur

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2007

Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 2 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.

Beantwoord AL die vrae. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1, 2 en 3) AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 4) AFDELING C: KOMMUNIKATIEWE TAALGEBRUIK (VRAAG 5, 6 en 7) Lees die instruksies by AL die vrae. Nommer die antwoorde soos wat die vrae genommer is. Begin ELKE VRAAG (VRAAG 1 - 7) boaan ʼn nuwe bladsy. Laat 'n reël oop na elke vraag se antwoorde. Skryf netjies en leesbaar. Beplan jou tyd.

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 3 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: KOERANTBERIG Lees die volgende koerantberig versigtig deur.

1. 2 3 4 5

Ons eie Romeo en Juliet: Plett en Birdie Wie ken nou nie Shakespeare se verliefde paartjie, Romeo en Juliet, nie? Hier is nou 'n verhaal van 'n groter liefde as wat dié twee gehad het. Dis die liefdesverhaal van twee pikkewyne, Plett en Birdie. Eers het Birdie van haar familie afgedwaal en toe spoel sy saam met 'n klomp kleiner pikkewyntjies uit op die strand. Mense op die strand het die beseerde Birdie opgetel en na die rehabilitasiesentrum op Kaap St. Francis geneem. Sy het mooi gesond geword en was die leier van die pikkewyne daar. Toe kom 'n ander pikkewyn vol olie uit Plettenbergbaai by die rehabilitasie-sentrum aan en die mense noem hom Plett. Hy was 'n mannetjie en het gou gewys hý wil die baas van die plek wees. Een, twee, drie het Birdie op hom verlief geraak. Drie weke later was Birdie en die kleintjies sterk genoeg om vrygelaat te word, maar Plett moes nog drie weke agterbly. Baie mense het gestaan en kyk hoe die pikkewyne in die see losgelaat is. Birdie het geswem dat die water spat, maar in die verkeerde rigting: terug strand toe waar haar maat Plett was. Haar liefde vir hom was groter as haar liefde vir die see. Nou bly die twee pikkewyne die hele tyd bymekaar. As Plett eers gesond is, gaan hulle saam losgelaat word. Almal hou duimvas vir Birdie en Plett. Sal hulle "huwelik" hou? Plett kom mos van Plettenbergbaai en Birdie van Birdeiland.

Plett Birdie

[Verwerk uit: Die Burger, 9 September 2006]

• Gee slegs die antwoord. • Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie.

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 4 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1 Met watter verliefde paartjie van Shakespeare word die pikkewyne, Plett en

Birdie, vergelyk? (1)

1.2 Waarheen is Birdie geneem nadat sy op die strand uitgespoel het? (1) 1.3 Wat was fout met Plett dat hy ook gehelp moes word? (1) 1.4 Haal DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE aan uit paragraaf 2 as bewys dat

Plett baie gou Birdie se hart gesteel het. (1)

1.5 Voltooi die volgende sinne: 1.5.1

1.5.2

Die mense het haar Birdie genoem, want … . Die mense het hom Plett genoem, want … .

(1) (1)

1.6 Hoe weet ons Birdie was liewer vir Plett, haar maat, as vir die see? (1) 1.7 Niemand het geweet dat Birdie en die ander pikkewyne vrygelaat word nie. 1.7.1

1.7.2

Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? Gee 'n rede vir jou antwoord.

(1) (1)

1.8 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter van die

alfabet neer. Wat beteken dit as almal vir Birdie en Plett duim vashou (par. 5)?

A Die mense hou vir Birdie en Plett styf aan hulle vlerke vas. B Birdie en Plett gaan mekaar in die toekoms styf vashou. C Hulle hoop Birdie en Plett gaan nou vir altyd gelukkig saambly. D Almal se duime is in die lug om vir Birdie en Plett geluk te wens. (1) 1.9 Waarom word "huwelik" (par. 5) in aanhalingstekens geskryf? (1)

[11]

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 5 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2: RESENSIE VAN 'N FLIEK • Lees die volgende resensie versigtig deur. FLUSHED AWAY *** Waaroor gaan dit? Jy moet arme Roddy, die rot, baie jammer kry. Dis maar swaar om sonder vriende in 'n groot stad soos Londen te leef. Roddy is 'n vriendelike rot met perfekte maniere. Eendag val Roddy in die toilet en word weggespoel. Hy beland onder die strate van Londen waar hy vir Rita, die onbeskofte rotmeisie, ontmoet. Wie sal hiervan hou? Hierdie animasieprent is beter as vorige animasieprente, want dit is nie so vervelig nie. Almal wat van 'n komedie hou, sal hierdie fliek geniet. 'n Mens leer dat niemand alleen kan oorleef nie. Moet jy wag vir die DVD? Ja. Dele van die fliek is 'n bietjie te erg, want daar word te veel rondgehardloop en geskree. Kinders sal hiervan hou, maar grootmense wil soms opstaan en iets anders gaan doen. Hoe het dit oorsee gedoen? Dit het een biljoen rand gekos om te maak, maar het nog glad nie soveel geld verdien nie.

[Verwerk uit: Huisgenoot, 14 Desember 2006]

• Gee slegs die antwoord. • Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie.

2.1 Wie is die hoofkarakter in hierdie fliek? (1) 2.2 In watter stad woon Roddy? (1) 2.3 Watter les leer die kykers? (1) 2.4 Hoe beland Roddy onder die strate van Londen? (2) 2.5 Hoekom is hierdie fliek nie soos ander animasieprente nie? (1) 2.6 Noem EEN ding wat jy aan die fliek sou verander sodat grootmense ook die

heeltyd sal sit en kyk.

(1)

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 6 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.7 Jy gaan lag in hierdie fliek. 2.7.1

2.7.2

Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? Haal EEN WOORD aan om jou antwoord te bewys.

(1) (1)

2.8 Hoe verskil Roddy en Rita se gedrag van mekaar? (2) 2.9 Hoe weet jy dat die fliek nie aan die einde van 2006 'n finansiële sukses was

nie? (1) [12]

VRAAG 3: ADVERTENSIE

• Lees die volgende advertensie versigtig deur.

KOM TUIS NA 'N LEKKER POS IN 2008

MR PRICE HOME in THE WHEEL in Durban soek 'n persoon met ondervinding om die volgende pos te vul:

WINKELBESTUURDER

BASIESE SALARIS: R48 000 – R58 000 per jaar KWALIFIKASIES/VEREISTES: Graad 12-sertifikaat Ondervinding as winkelassistent Goed met administrasie Leierseienskappe Baie energie Moet goed met mense kan werk

VOORDELE: Jaarlikse verlof Kommissie Jaarlikse bonus SLUITINGSDATUM: Vrydag, 22 Desember 2007 om 16:00 Stuur jou volledige CV en gesertifiseerde afskrifte van alle kwalifikasies en identiteitsdokument na mr.price@net of faks dit na 031 123 4567. Ons sal net die kandidate wat op die kortlys is, skakel. AC BLACK

Personeelbeampte

[Verwerk uit: Rapport, November 2006]

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 7 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Gee slegs die antwoord. • Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie.

3.1 Na watter dorp of stad in Suid-Afrika sal jy moet trek as jy hierdie werk kry? (1)

3.2 Watter winkel soek 'n winkelbestuurder? (1)

3.3 Noem die akademiese kwalifikasie wat jy vir hierdie werk moet hê. (1)

3.4 Watter DRIE dokumente moet jy instuur as jy vir die werk aansoek doen? (3) 3.5

Hoe weet ons dat iemand in hierdie werk meer as die basiese salaris kan verdien?

(1)

3.6 Wanneer moet jou aansoek by die personeelbeampte wees? (1)

3.7 Watter vereiste beteken dat die winkelbestuurder vriendelik met die personeel

en die publiek moet wees?

(1)

3.8 Haal EEN WOORD aan wat vir jou sê dat jy nie jou oorspronklike Graad 12-sertifikaat moet stuur nie.

(1)

3.9 'n Persoon in hierdie pos sal een maal per jaar met vakansie kan gaan.

3.9.1

3.9.2

Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE aan om jou antwoord te motiveer.

(1) (1) [12]

TOTAAL AFDELING A: 35

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 8 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 4: OPSOMMING VAN TEKS INSTRUKSIES • Lees eers die volgende artikel versigtig deur. • Skryf SEWE dinge uit die artikel neer wat sê hoe jy seker kan maak dat jy veilig

reis. • Skryf elke feit in jou eie, goeie volsin neer. • Jy mag nie meer as een sin oor elke feit skryf nie. • Skryf jou sinne puntsgewys en onder mekaar van 1 tot 7 neer. • Laat 'n reël tussen die sinne oop. • Jou opsomming mag nie langer as 100 woorde wees nie. • Dui die getal woorde aan die einde van die opsomming aan. • Jy sal gepenaliseer word as jy baie meer as 100 woorde skryf of as jy nie die

getal woorde aandui nie.

DINGE WAT JY MOET DOEN AS JY VEILIG WIL REIS Omdat daar hierdie feestyd weer baie meer motors op die pad gaan wees, het die Automobiel Assosiasie (AA) 'n paar wenke vir 'n veiliger vakansiereis gegee. Heelbo aan die kontrolelys is ligte. Maak seker dat alle motorligte, onder andere jou flikkerligte, honderd persent werk. Vensters met krake kan baie gevaarlik wees. Jy kan langs die pad in slegte weer jou voorruit verloor. Moet dus nie vergeet om al jou vensters te inspekteer nie. Maak seker dat jou ruitveërs goed werk, want dit kan dalk reën. Vervang dit indien nodig. Die toestand van 'n motor se bande kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Dit is belangrik dat daar goed na die loopvlak van al vier bande en die noodwiel gekyk word. Maak ook seker dat die bande hard genoeg gepomp is. Moenie die domkrag en ander nodige gereedskap vergeet nie. Jy weet nooit wanneer jy 'n pap wiel kry nie. As daar olie, water of petrol onder 'n motor lê, is dit nooit 'n goeie teken nie. As jy dit sien, moet jy kyk of daar nie lekplekke in die enjin is nie. Soms gebeur daar iets met jou motor wat jy nie verwag nie. Die AA beveel aan dat jy ekstra onderdele, olie en water moet saamneem. Dit is beter om eers jou motor te laat versien voordat jy, jou familie of vriende die reis begin.

[Verwerk uit: Die Burger, 1 Desember 2005]

TOTAAL AFDELING B: 10

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 9 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: KOMMUNIKATIEWE TAALGEBRUIK VRAAG 5: WOORDGEBRUIK EN WOORDSTRUKTURE

• Bestudeer die volgende spotprent versigtig.

[Uit: Weg, April 2005]

[Uit: Weg, April 2005] INSTRUKSIES

• Voltooi die volgende paragrawe soos aan die regterkant aangedui. • Skryf net die vraagnommer en die antwoord.

Die seuns ry 5.1 (stadig) op hulle fietse. Hulle wil gaan swem; daarom vat hulle 5.2 (hand + doeke) saam. Eers gaan hulle met hulle fietse oor die swembad spring. Dis vir hulle lekker, want dis 'n klein 5.3 (swembad). Een seun wil verder spring as 5.4 (hom/sy/haar) vriend. 5.5 (Met ander woorde), hy wil die wenner wees. Hy weet nie hy gaan 5.6 (van/af) sy fiets afval nie.

5.1 Gee die antoniem. 5.2 Gee EEN woord. 5.3 Gee die korrekte vorm. 5.4 Kies die korrekte woord. 5.5 Gee die afkorting. 5.6 Kies die korrekte woord.

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 10 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

As hulle van hulle fietse afval, sal iemand hulle moet 5.7 (hulp/help), want dis 'n 5.8 (gevaarlik) speletjie waarmee hulle besig is. Hulle gaan nog hulle 5.9 (arm) breek. Dit 5.10 (bedoel/beteken) dat hulle hospitaal toe sal moet gaan. Hierdie 5.11 (iemand wat fietsry) gaan ook 5.12 (baie flou) wees. Dis nou al die 5.13 (tien) keer dat hulle oor die swembad spring. Daar was 5.14 (vier/fier) vriende by hulle, maar nou is almal 5.15 (wie/wat) saamgespeel het, huis toe. Die fietse 5.16 (wat + op) hulle ry, is Kersgeskenke. Een van die seuns sê dat 5.17 (syne/hare) mooier is as sy maat s'n. Hulle gaan 5.18 (binnekort/kortliks) begin baklei, maar môre is alles weer verby. Dis hoe 'n mens 5.19 (leer/leër) om saam te speel. Dan maak hulle weer 'n groot 5.20 (lawaai) totdat hulle om 5.21 (eenuur/een uur) gaan eet. As hulle die bure pla, moet hulle om 5.22 (verskoon) vra. Dit is die heel 5.23 (goed) ding om te doen. 'n Mens moet af en 5.24 (aan/toe/laf) die minste wees.

5.7 Kies die korrekte woord. 5.8 Gee die korrekte vorm. 5.9 Gee die korrekte vorm. 5.10 Kies die korrekte woord. 5.11 Gee EEN woord. 5.12 Gee EEN woord. 5.13 Gee die korrekte vorm. 5.14 Kies die korrekte woord. 5.15 Kies die korrekte woord. 5.16 Gee EEN woord. 5.17 Kies die korrekte woord. 5.18 Kies die korrekte woord. 5.19 Kies die korrekte spelling. 5.20 Gee die sinoniem. 5.21 Kies die korrekte spelling. 5.22 Gee die korrekte vorm. 5.23 Gee die korrekte vorm. 5.24 Kies die korrekte woord om die uitdrukking te voltooi.

(24 ÷ 2) [12]

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 11 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 6: SINSTRUKTURE • Die taalvrae wat volg, is op die volgende spotprent gebaseer.

EKSKUUS?!

Om korrek te spel, is nie

belangrik nie, solank jy net kan

kommunikeer.

[Verwerk uit: Die Burger, 9 November 2006]

6.1 Rangskik die volgende groepe woorde tussen hakies in die korrekte volgorde. Skryf die hele sin uit. Jeremy staan (voor sy pa) (bang) (aan die einde van die kwartaal). Jeremy staan …

(1)

6.2 Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui. 6.2.1 Jeremy leer die spelwoorde.

Jeremy is besig … . (1)

6.2.2 Kinders verstaan SMS-taal.

Dis maklik vir kinders … . (1)

6.2.3 Jeremy se pa skryf speltoetse.

Baie jare gelede … . (1)

6.2.4 Jeremy se kinders spel ook swak.

Oor vyftien jaar … . (1)

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 12 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.2.5 Pa is geskok oor Jeremy se rapport.

Gister … .

(1) 6.2.6 Kan die grootmense SMS-taal verstaan?

Nee, … .

(1) 6.2.7 Die kind het al leer spel.

Nee, … .

(2) 6.2.8 Pa vra: "Jeremy, gebruik jy SMS-taal?"

Pa vra vir Jeremy of … .

(2) 6.2.9

Jeremy antwoord: "My onderwyser hou nie daarvan nie." Jeremy antwoord dat … .

(2)

6.2.10 Die onderwysers straf die kinders.

Die kinders … .

(2) 6.3 Verbind elke keer die twee sinne en begin soos aangedui. 6.3.1 Die onderwysers probeer hul bes. Die kinders sukkel om te spel.

Die onderwysers probeer hul bes, maar … .

(1) 6.3.2 Die kinders kan nie spel nie. Die onderwysers is baie bekommerd.

Die kinders kan nie spel nie; daarom … .

(1) 6.3.3 Die kinders se spelling is swak. Hulle gebruik SMS-taal.

Die kinders se spelling is swak, omdat … .

(1) [18]

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 13 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 7: KOMMUNIKASIE INSTRUKSIES • Bestudeer die prente in hierdie vraag. • Lees die situasie by elke prent. • Voltooi dan die opdrag.

7.1 VERDUIDELIKING VRA

[Microsoft Clip Art] Situasie: Die onderwyseres skryf iets op die skryfbord, maar een van die

leerders kan nie sien wat daar staan nie.

Opdrag: Hoe sal hy vir haar mooi vra om hom te help?

Kies EEN van die volgende moontlikhede:

A

B C D

Wat skryf jy daar op die bord? Ek kan nie sien nie. Juffrou, jy krap op die bord. Ek kan nie sien nie. Kan jy my help met wat jy op die bord geskryf het? Juffrou, kan jy my asseblief sê wat op die bord staan?

(1)

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 14 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.2 RIGTING BEDUIE

[Microsoft Clip Art]

Situasie: John en sy vrou, Jenny, gaan by vriende kuier en op pad daarheen

verdwaal hulle. Jenny bestuur die motor.

Opdrag: Hoe sal John op 'n mooi manier vir haar verduidelik hoe om te ry?

Kies EEN van die volgende moontlikhede:

A

B C D

Vroumens, jy moet nou hier links draai. Vroutjie, ek dink jy moet nou hier links draai. Vrou, jy weet mos jy moet hier links draai. Mevrou, ek is seker jy moet hier links draai.

(1)

7.3 WOEDE UITSPREEK

[Uit: IsiXhosa Vol. 2 No. 2]

Afrikaans Tweede Taal/SG/V1 15 DoE/Okt.-Nov./2007 Seniorsertifikaat-eksamen

Kopiereg voorbehou

Situasie: Bongani ry amper die ou dame met sy skaatsplank raak. Sy is kwaad, want sy het groot geskrik.

Opdrag: Wat sal sy vir Bongani sê?

Kies EEN van die volgende moontlikhede.

A

B C D

Dit was seker 'n ongeluk, né. Wat dink jy doen jy, jou stout kind! Ek hoop nie jy het seergekry nie, kindjie? Ai, die kinders van vandag, darem!

(1)

7.4 VERBASING UITSPREEK

[Microsoft Clip Art]

Situasie: Jonathan is baie verbaas toe hy sy vriend na jare weer sien. Opdrag: Wat sê Jonathan? (nie meer as 20 woorde nie) Jonathan: " …………………………………………….. .!"

(2) [5]

TOTAAL AFDELING C: 35

GROOTTOTAAL: 80