september 2012 graad 12 afrikaans eerste addisionele...

13
AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL EEN PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. GRAAD 12 SEPTEMBER 2012

Upload: others

Post on 01-Aug-2020

12 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL EEN

PUNTE: 80 TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

GRAAD 12

SEPTEMBER 2012

Page 2: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

2 Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Kyk- en leesbegrip (Vraag 1en 2) (30) AFDELING B: Opsomming (Vraag 3) (10) AFDELING C: Taal (Vraag 4, 5 en 6) (40)

1. Lees al die instruksies baie goed. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE afdeling op ‘n NUWE bladsy. 4. Trek ‘n streep na elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. STERKTE! Die Afrikaanse Departement

Page 3: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

3 Blaai om asseblief

AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1(A): ARTIKEL Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae:

‘n Geheime juweel van die Kaap

1. Die Kaap is wêreldberoemd vir Tafelberg, goeie wyne, die Waterfront,

Kirstenbosch en ‘n pragtige kus. Maar daar is tog ook ander plekke wat nie so

bekend is aan almal nie. Een van die plekke is die Cederberg Wildernis

gebied. Dit lê ongeveer 200km noord van Kaapstad. Dit strek vanaf die

Middelbergpas by Citrusdal tot by die Pakhuispas in Clanwilliam. Ongeveer

71 000 ha rowwe, bergagtige terrein vorm deel van die ongelooflik-mooie

geskenk van die natuur. Maar as ons nie seker maak dat hierdie gebied

bewaar word nie, sal die mooi natuurskoon vinnig iets van die verlede wees.

2. Die Cederberg is in 1973 as ‘n wildernis-gebied aangewys en sedertdien word

dit jaar na jaar gewilder as ‘n besoekplek vir stappers en bergklimmers. Die

Cederberg is nie net bekend vir die pragtige natuurskoon nie, maar ook vir die

interessante rotsformasies, rotstekeninge sowel as die skaars sederbome.

Geologies bestaan die Cederberg meestal uit sandsteen. Dit is ‘n taamlik

sagte rotstipe en verander maklik van vorm deur die natuurelemente.

Winderosie het dus interessante en pragtige sandsteenformasies gevorm,

soos by Wolfberg en die Maltese Kruis.

3. San en Khoi mense het vanaf die vroegste tye in die Cederberge gewoon.

Daar is rotstekeninge wat tussen 300 en 6000 jaar oud is. Vandale wat hierdie

rotstekeninge beskadig, kan ‘n boete van tot R10 000 betaal, of vir 2 jaar

tjoekie toe gaan!

4. Rondom 1876 het Graaf de Regne, ‘n Franse Edelman wat in beheer was van

die staatswoude van Suid-Afrika, die een gebied in die Cederberge Algerië

genoem. Die rede hiervoor was dat die sederbome en bergagtige omgewing

hom aan die land Algerië herinner het. Deesdae is Algerië ‘n pragtige

Page 4: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

4 Blaai om asseblief

kampeerterrein met 48 kampplekke op die oewer van die Rondegatrivier.

5. Vanaf 1903 tot 1973 is baie natuurlike produkte uitgewis in die Cederberge.

Die plaaslike bevolking het rooibostee- en boegoebosse geoes vir medisinale

plante. Beeste is ook toegelaat om te wei aan al die inheemse plantegroei.

Deesdae is hierdie plante so skaars in die Cederberge dat hulle byna glad nie

meer natuurlik daar groei nie. Sederbome is afgekap om huise te bou. Daar is

boonop 7200 bome afgekap om as telefoonpale te gebruik tussen Piketberg

en Calvinia. Daar was ook verskeie vure in die berge en die gevolg is dat

byna alle sederbome nou uitgewis is. Op die oomblik word 8000 sederbome

jaarliks teen die hange van die berge geplant.

6. Winters in die Cederberge is koud en nat terwyl somers warm en droog is. In

die somer kan temperature van tot 40°C bereik word. Veldbrande kom dan

maklik voor. Die plantegroei in die Cederberge is meestal fynbos. Proteas,

sandolywe, ridderspore en restios groei maklik hier. Daar is ook verskeie

diere soos bobbejane, klipspringers en wilde katte, asook ‘n paar luiperds.

7. Die Luiperdtrust is ‘n baie suksesvolle program wat in die Cederberge

bestaan. Die basiese rede vir die trust is om navorsing en bewaring van die

Kaapse roofdiere (veral luiperds) te verseker. Hulle bestudeer die habitat van

luiperds, werk saam met boere in die omgewing aan die oorlewing van die

luiperds en probeer aan soveel as moontlik skoolkinders die bewaring van die

luiperd bekend stel. Die program word finansieel deur die Lotto-stelsel

ondersteun.

8. Om die Cederberge te besoek, is ‘n voorreg en ‘n sielservaring. In die skadu

van die majestueuse berge vind ‘n mens stilte vir jou siel en rus in jou hart. Jy

kan nie help om dankbaar te voel dat jy een van die min bevoorregtes is wat

in hierdie geheime juweel van die Kaap kan deel nie.

1.1 Watter 2 dinge kan jy aflei van die titel van die stuk? (2)

1.2 Die Cederberg Wildernis gebied lê in die stad self. 1.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 1.2.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 1.2.1. Haal ‘n sin uit paragraaf 1 aan. (1) 1.3 Watter 2 bergpasse vorm die beginpunt en eindpunt van die Cederberge? (2) 1.4 Uit paragraaf 1 is dit duidelik dat ons elkeen ‘n voorreg (right) en ‘n verantwoordelikheid (responsibility) het. Verduidelik wat daardie voorreg en verantwoordelikheid is. (2)

Page 5: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

5 Blaai om asseblief

1.5 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter (A tot D) neer. “... sedertdien word dit jaar na jaar gewilder” beteken A Die diere probeer ‘n mens aanval. B Die jare gaan verby. C Meer en meer mense besoek dit. D Mense word elke jaar daar bedien. (1) 1.6 Watter dinge, behalwe die natuurskoon, maak die Cederberge so spesiaal? (3) 1.7 Voltooi in jou eie woorde:

As vandale wat hierdie rotstekeninge beskadig, ‘n boete kan kry, beteken dit dat hulle (1.7.1) __________ moet betaal en as hulle tjoekie toe kan gaan, beteken dit dat hulle (1.7.2) ________ toe kan gaan. (2)

1.8 Wat kan jy nou in Algerië in die Cederberge gaan doen? (1) 1.9 Pas die inlgting in KOLOM A by die REDE VIR DIE UITWISSING in KOLOM B.

KOLOM A KOLOM B

1.9.1 rooibostee en boegoe a. boubedryf

1.9.2 plaaslike plante b. medisyne

1.9.3 sederbome c. weilande

(3)

1.10 Indien die sederbome elke jaar in Junie geplant word, hoeveel bome sou daar al geplant wees tussen 2010 en nou? (1) 1.11 Met watter 2 groepe mense werk die Luiperdtrust veral? (2) 1.12 Verduidelik in jou eie woorde hoekom ‘n mens “stilte vir jou siel en rus in jou hart” kan vind in die Cederberge. (1) [22]

Page 6: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

6 Blaai om asseblief

VRAAG 1(B): ARTIKEL MET FOTO Bestudeer die artikel en foto op die volgende bladsy aandagtig en beantwoord die vrae wat volg.

SUID-AFRIKAANSE TIENER WEN WêRELDKOMPETISIE 1. Die heel eerste wenner van die jeugafdeling van 'n internasionale

fotografiekompetisie, is 'n Suid-Afrikaanse tiener. Die dag toe Bernard Pieterse (17) uitvind hy het 'n internasionale foto-kompetisie gewen, wou hy deur die dak spring van opgewondenheid.

2. Bernard is die heel eerste wenner van Sony World Photography Awards se jeugafdeling in die natuur-kategorie. Dis 'n splinternuwe afdeling van dié kompetisie vir enigiemand jonger as 20 jaar. Bernard het sy wenfoto verlede jaar in Sossusvlei in Namibië geneem. Volgens hom is dit die dik Namibiese sand en die 40 °C waarin hy die foto geneem het, wat dit so uniek maak.

3. Vir Bernard is fotografie nie net "nog 'n ding" wat hy doen nie, dit is iets wat hom 'n rukkie van realiteit laat vergeet. "Ek hou daarvan om soms alleen te wees. Om foto's te neem, vat my na 'n ander wêreld," sê hy. Dis nie toevallig dat Bernard se foto in die natuurafdeling van die kompetisie sukses behaal het nie. Dis sy gunsteling-plek om kiekies te neem.

1.13 Watter woord bewys dat die kompetisie oop was vir mense van regoor die

wêreld? (1) 1.14 Hoe oud moet jy wees as jy aan die jeugafdeling wil deelneem? (1) 1.15 Watter 2 dinge het volgens Bernard bygedra tot sy suksesvolle foto? (2) 1.16 Soek sinonieme uit paragraaf 3 vir elk van die volgende woorde: 1.16.1 werklikheid 1.16.2 foto’s (2) 1.17 Bestudeer Bernard se wenfoto. Verduidelik in jou eie woorde waarom jy dink dat dit ‘n goeie foto is. (2)

[8] Totaal Afdeling A: 30

Page 7: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

7 Blaai om asseblief

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: MAAK JOU LAASTE PAAR WEKE OP SKOOL ONVERGEETLIK

Som die wenke in SEWE sinne op.

Skryf die feite in volsinne neer.

Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer.

Laat ʼn reël tussen die sinne oop.

Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.

Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

MAAK JOU LAASTE PAAR WEKE OP SKOOL ONVERGEETLIK

Dis nou of nooit! Jy het slegs ‘n paar weke van skool oor en jy kan so verlore raak in al die akademie dat jy skoon vergeet om die laaste rukkie sosiaal spesiaal te maak. Probeer dus bietjie tyd tussen die boeke afstaan en geniet jou laaste paar skoolweke. Maak die meeste van jou matriekafskeid. Moenie so dom wees om te veel te drink sodat jy jou aand moet kortknip nie. Geniet die feit dat jy en jou metgesel mooi aangetrek is. Voel belangrik – dis jou aand. En onthou – jy het net een matriekafskeid. Maak seker dat jy die son die volgende oggend sien opkom. Gaan hou ‘n lekker strandpartytjie die oggend na die matriekafskeid. Hoeveel keer in ‘n mens se lewe sien jy eintlik die son opkom? Maak dit ‘n onvergeetlike herinnering. Dit sal miskien ‘n bietjie beplanning verg, maar reël ‘n lekker wegbreeknaweek. Hou dit na die matriekafskeid. Jy en ‘n groep vriende. Gaan kamp lekker en herleef die stories van die matriekjaar en matriekafskeid. Huur ‘n lekker fliek wat jy en jou maats saam gekyk het toe julle nog op laerskool was. Slaap oor by iemand se huis, kyk die fliek saam, lag heerlik oor julle jong dae en eet springmielies! Wees braaf en bespreek die voorste ry in ‘n komedie-vertoning. Sit almal bymekaar en wees bereid om deur die komediant gespot te word. Niks bind mense so saam as om saam te sukkel nie. Gaan speel kegelbal of gaan ysskaats op ‘n Saterdagmiddag. Breek weg van die boeke af vir ‘n paar uur. Gaan gly, val en lag lekker. Jy is op die drumpel van die grootmenswêreld en dinge gaan vir ewig verander. Hou ‘n dagboek oor jou laaste paar weke in matriek. Maak notas oor jou vriende en wat hulle vir jou beteken. Een van die dae spat julle in verskillende rigtings en sien mekaar miskien nooit weer nie.

Totaal Afdeling B: 10

Page 8: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

8 Blaai om asseblief

AFDELING C: TAAL VRAAG 3: ADVERTENSIE Die taalvrae wat volg, is op die volgende advertensie gebaseer.

Page 9: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

9 Blaai om asseblief

3.1 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies. (Begin) die dag met ‘n heerlike ontbyt. (1) 3.2 Wat is die BETEKENIS van die vetgedrukte woord in die onderstaande sin? “Blitsige ontbyt” (1) 3.3 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

(Ongegeur) jogurt is nie so lekker soos vanielje jogurt nie. (1) 3.4 Skryf die getal tussen hakies in WOORDE. (250) ml per porsie (1) 3.5 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD. Dis so gerieflik om te gebruik. (1) 3.6 Gee die ENKELVOUD van die vetgedrukte woord. 125 g frambose (1) 3.7 Gee die KORREKTE TRAP VAN VERGELYKING van die woord tussen hakies. Dis ‘n (gerieflik) ontbyt as spek en eiers. (1) 3.8 Gee die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies. Die lepel (met + wat) jy die jogurt opskep, moet skoon wees. (1) 3.9 Gee die KORREKTE VOLGORDE van die sin. eet / soggens / jogurt en muesli / ek / in die kombuis (1) 3.10 Met watter vrug sou jy die bessies vervang? (1) [10] VRAAG 4: DEFINISIE Die taalvrae wat volg, is op die volgende definisie gebaseer.

Wanneer jy LAG

vanuit die kern van jou WESE

vanuit die punt van jou HART,

lag die heelal saam met jou! Elke sel in jou liggaam is

GELUKKIG ONSKULDIG

REIN sonder inhibisie sonder stres...

Page 10: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

10 Blaai om asseblief

4.1 Verbeter die TAALFOUT in die volgende sin. Skryf die sin korrek oor.

Die laggend meisie het mooi wit tande. (1) 4.2 VOLTOOI die sin deur die korrekte VERSAMELNAAM te gebruik.

Skryf net die korrekte antwoord neer. Geluk, onskuld en reinheid is voorbeelde van mense se _____________. (1) 4.3 Gee die INTENSIEWE VORM van die vetgedrukte woord. Die meisie is gelukkig. (1) 4.4 Kies die korrekte VOORSETSEL en skryf dit neer. As jy lag, kan jy nie kwaad (vir / met / aan) iemand bly nie. (1) 4.5 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD.

Sy lag om van haar hartseer te vergeet. (1) 4.6 Gee die VERKLEINING van die vetgedrukte woord. As jy lag, maak dit mense se harte bly. (1) 4.7 Gee die ENKELVOUD van die vetgedrukte woord. As jy lag, het jy (‘n) goeie gevoelens oor jouself. (1) 4.8 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM. Hy het ‘n snaakse grap vertel. (1) 4.9 KIES die korrekte IDIOOM tussen hakies. As jy geen stres het nie, voel jy (voëlvry / varkvry). (1) 4.10 Voltooi die onderstaande HOE-HOE-KONSTRUKSIE. Hoe meer jy lag, (jy voel rustig). (1) [10] VRAAG 5: RESTAURANT RESENSIE Die taalvrae wat volg, is op die restaurant resensie gebaseer.

Page 11: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

11 Blaai om asseblief

EASTERN FOOD BAZAAR

Stap jy oor middagete by een van die twee ingange van die Eastern Food Bazaar in, wonder jy of daar ‘n veiling van ‘n soort binne aan die gang is. Dis mense in toue en almal staar na dieselfde kant en beduie en dit raas en mens wonder of jy welkom sal wees daar binne!

Jy is. Heeltemal. Dis die vreemdste eetplek wat ek in ‘n lang tyd raakgestap het en ek moes byna ‘n taxi kry om my na my kar te neem, soveel het ek geëet vir onder R50!!!

Gaan waar die geure jou lei, en val in die tou in. Bestel waarvoor jy lus is, en neem jou betaalstrokie na die toonbank en die sjefs maak seker jou dis word vars voorberei. Gryp ‘n tafel, en val weg aan ‘n smaaksensasie in ‘n eiesoortige spasie.

Moenie hierdie geleentheid misloop om heerlike Oosterse kosse te probeer nie. En as jy nie vol is nie, kan jy altyd ‘n 10-stuks falafel-balletjies met verskeie souse gaan kry teen R10 en hoop jy is naby genoeg geparkeer!

Eastern Food Bazaar Langmarkstraat 46 Kaapstad

5.1 Skryf die sin oor met die KORREKTE LEESTEKENS. Die kliënt vra Sjef, mag ek asseblief ‘n falafel bestel? (2) 5.2 Kies die KORREKTE SPELLING uit die woorde tussen hakies. Ek het vir 6.2.1 (vyftig / vyftag) rand geëet by die beste adres. Dit was

6.2.2 (ses-en-veertig / ses-en-viertig) Langmarkstraat. (2) 5.3 Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD. Jy wonder of daar miskien ‘n veiling aan die gang is. (2) 5.4 Gee telkens die korrekte VOORNAAMWOORDE. Die Oosterse kosse 6.4.1 (wat / wie) jy kan probeer, bestaan meestal uit vleis 6.4.2 (wat +op) verskeie souse is. (2) 5.5 Skryf die volgende sin in die NEGATIEF. Sit asseblief in die vreemde eetplek. (2) 5.6 VERBIND die onderstaande sinne soos aangedui. Die kos was ongelooflik goedkoop. Ek het vreeslik baie geëet. Aangesien... (2)

Page 12: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

12 Blaai om asseblief

5.7 Skryf die onderstaande sin in die INFINITIEF. Jy moet hierdie geleentheid gebruik. Begin so: Jy behoort … (1)

5.8 Skryf die onderstaande sin in die VERLEDE TYD. Ek val weg aan ‘n smaaksensasie. (1) [14] VRAAG 6: GRAPPIES Die volgende vrae is op die grappies gebaseer:

6.1 Gee die PERSOONSNAAM van die woord tussen hakies.

Die (bestuur) is kwaad, want sy motor het gaan staan. (1) 6.2. Gee die SINONIEM vir die vetgedrukte woord. Daar is twee koppies in die agtergrond. (1) 6.3 Verander die onderstaande sin in ‘n VRAAGSIN. Jou antwoord moet die onderstreepte deel wees.

Die motor het langs die pad gaan staan. (1)

6.4 Voltooi die sin met die korrekte VOORNAAMWOORD. Hy kan nie glo dat ___________ motor gaan staan het nie. (1)

Page 13: SEPTEMBER 2012 GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE …bishopsafrikaans.weebly.com/.../7/...80_september.pdf · INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings

AFRIKAANS EAT/V1 TAALVRAESTEL SEPT 2012

13 Blaai om asseblief

6.5 Gee die AFKORTING vir die vetgedrukte woord. Die diere kyk televisie. (1) 6.6 VOLTOOI die sin. Skryf net die korrekte antwoord neer. Ons weet hierdie grappie speel met woorde, want... (1) [6] Totaal Afdeling C: 40 TOTAAL VIR VRAESTEL: 80