sestig dae in suid-soedan

16

Upload: nb-publishers

Post on 26-Mar-2016

254 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

Extract - Uittreksel

TRANSCRIPT

Page 1: Sestig dae in Suid-Soedan

soedan5p 6/2/10 4:19 PM Page 1

Composite

C M Y CM MY CY CMY K

Page 2: Sestig dae in Suid-Soedan

FRANZ KEMP

Sestig dae in die Suid-Soedan

TAFELBERG

Page 3: Sestig dae in Suid-Soedan

Tafelberg’n druknaam van NB-Uitgewers, Heerengracht 40, Kaapstad

www.tafelberg.com© 2010 Franz Kemp

Alle regte voorbehouGeen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige

elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige

ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting

Teksversorging: Suzette Kotzé-MyburghProeflees: Faan Herholdt

Boekontwerp: Nazli JacobsBandontwerp: Russel Starke

Kaartontwerp: Izak VollgraaffGeset in Candida deur Nazli Jacobs

Gedruk en gebind deur CTP Boekdrukkers,Kaapstad, Suid-Afrika

Eerste uitgawe 2010

ISBN: 978-0-624-04881-7

Page 4: Sestig dae in Suid-Soedan

Vir Reinet

My geliefde engel, my inspirasie, my muse, my vrou.

Met dank aan Elize Viljoen en Hein Lottering vir hul samewerking

Page 5: Sestig dae in Suid-Soedan

Khartoem

Juba

Johannesburg

Page 6: Sestig dae in Suid-Soedan

7

Dinsdag 5 Augustus

IN MY GEVAL WAS DIT NIE ’N KLEIN MISTYKIE OM AF TE TREE NIE,

maar ’n moerske een. ’n Jaar gelede het ek vir die tweede keer af-getree, en my dae is so lank en leeg soos die pad deur Verneukpan. Ná vyf dekades in die joernalistiek ken ek nie van stilsit nie en soek ek kronies iets om my mee besig te hou.

Deesdae is dit soggens so ’n uur of wat in die gym, en af en toe ’n stuk vertaalwerk of kopieskryf, maar meestal is dit ek en my nuut-gevonde pel Johnnie Walker. Ons het al goeie vriende geword en hy help dat ek soms net vergeet hoeveel ure daar in die dag is. Engel, koningin in my domein, is bekommerd oor hierdie vriendskap. Erg. Frons sal sy, maar berispe nooit.

Een keer per week gaan soek ek ontvlugting in die casino, waar ek ure lank sit en video-poker speel. Ek speel vir die lekker, nie vir die wen nie. En dan stap die tyd vinnig aan.

Vandag is een van daardie dae. Ek sit al van halfses vanoggend hier. Ek kom vroeg in, want ek hou van stilte om my, en wanneer die mense teen tienuur begin instroom, gee ek pad. Ek haat mas-sas. Seker deel van oudword, sodat ek deesdae winkelsentrums met hul troppe woelende menigtes vermy. Miskien word ek mal-koppie weens al die eensame, vervelige dae van g’n mens sien of mee praat nie.

Dis halftien en ek hoor die visarend. Eg waar. Ja, hier in die ca-sino. Dis my visarend, die luitoon op my selfoon. Elize. Aangename Elize Viljoen met wie ons al vriende is vir meer as 25 jaar. Het haar ook deur een huwelik gesien, en nog een is ’n waarskynlikheid.

Vanoggend met die opstaan het Engel gesê dat Elize gisteraand gebel het toe ek al aan die slaap was. Sy het iets genoem dat hulle ’n joernalis soek. Sy werk rond en bont in Afrika. Met televisie te doen, dink ek. Altyd in vyfde rat. Was deur die jare al van joernalis tot stilis, van uitlegkunstenaar tot pryswennende TV-vervaardiger. Die laaste paar jaar is sy in Nairobi, en sy kan nie ophou praat oor hoe wonder-lik die regte, werklike Afrika is nie.

Page 7: Sestig dae in Suid-Soedan

8

Hoor ek haar op die selfoon sê daar is iewers ’n joppie vir ’n ou toppie? Ek is so donners gretig om besig te bly dat ek enige werk op byna enige plek sal aanvaar.

“Ons soek iemand om ons televisienuus van die grond af te kry en om joernaliste op te lei.”

Die verbinding is swak en die selfoon kraak – en ek het so pas vier konings geslaan en die klokke lui en die muntstukke rammel soos die Victoria-waterval.

“Waar? Nairobi?” vra ek. Ek kan haar stem kwalik hoor. “Nee, nie Kenia nie . . .” en ek hoor net sy sê: “Djedda”.“Moeder Maria! Ja, ja!” Ek, wat altyd gewens het ons liewe Heer moes my eerder vlerke

as voete gegee het, ek wat altyd jeuk om nuwe lande en plekke te sien, is so opgewonde as wat kan kom. Djedda, iewers in die Midde-Ooste weet ek, moet besonders en eksoties wees. Dit kom asof die Oubaas dit gestuur het.

“Ek bel jou sodra ek terug is by die huis,” antwoord ek. “Maar vat dit solank as ’n ja.”

“Sal jy vir ses maande gaan? Rêrig?!” “Ja, man, rêrig.”Toe ek by die huis kom, bel ek vir Engel. “Is dit oukei as ek vir ’n

paar maande in Saoedi-Arabië gaan werk? Dis waaroor Elize gebel het.” En ek hou vir haar dié wortel uit: “Miskien kan jy selfs kom kuier . . .”

Engel, wat dieselfde reisgierigheid as ek het, antwoord gemaklik: “Kyk, as dit jou gelukkig sal maak, doen dit. Ons weet almal jy sit verveeld by die huis, en dit kan ’n oplossing wees. Vir hoe lank? Die Midde-Ooste is so fassinerend dat ek beslis sal kom kuier.”

Toe google ek gou eers vir Djedda. As joernalis het ek feitlik die hele wêreld platgereis agter stories aan, maar wat die Midde-Ooste betref, ken ek eintlik net Libanon. Ek wil darem ’n idee kry hoe lyk Djedda en hoe die lewe daar is.

Dit wat ek op die internet sien, hou ek van: ’n stad met wolke krab-bers, beskaafd en vol lewe. Ses maande langs die Rooi See kan mos net pure plesier wees, al beteken dit ek sal weens die algehele alko hol-verbod in Saoedi-Arabië moet afskeid neem van my ou vriend. In elk geval mos net tydelik.

Ek bel vir Elize. Ek moet darem ’n bietjie meer huiswerk doen. “Wat van die salaris?”

Page 8: Sestig dae in Suid-Soedan

9

“Praat met ons baas. Hoe gou kan jy op ’n vliegtuig kom?”“Wel, ek is reg om te vlieg. Kry die vliegkaartjie en ek het vlerke.

Wie reël my visum vir Saoedi-Arabië?”Daar is ’n paar oomblikke stilte. Toe kom haar verwarde stem:

“Waar van praat jy? Juba is in die Suid-Soedan.”“Juba? Nie Djedda nie? Nog nooit van so ’n plek gehoor nie. Die

Suid-Soedan, nie Saoedi-Arabië nie?”Maar moet ek nou kop uittrek en nog ’n wêreldervaring misloop?

Ek google vir Juba.En wat ek sien, laat my besef: Fok, ek is gefok.Drie dae later is ek op die vliegtuig. Noordwaarts, die Suid-Soe-

dan, Juba toe. Werklik die onbekende in.

Page 9: Sestig dae in Suid-Soedan

10

Saterdag 9 Augustus

KENYA AIRWAYS LAND DIE OGGEND HALFSES OP DIE JOMO KENYATTA-

lughawe in Nairobi. Onmiddellik voel dit anders, ruik dit anders. ’n Ryp aardsheid wat heeltemal verskil van die sambreel rookmis wat oor Johannesburg lê. Daar is ’n losgat-hittigheid in die lug. Nóú is dit Afrika. Nie so verwesters en gepoleer soos Johannesburg nie. Niks Europees nie.

Dis ’n lekker gevoel, en ek voel tuiser as by die huis. Mense van alle kleure en in elke denkbare styl kleredrag, en almal vloei geluk-kig saam. Dis vriendelike gesigte met glimlagte. Niks van die aggres-sie wat so aanstootlik tasbaar in Suid-Afrika is nie.

In die aankomsaal wag Moses – kort en donker en half-Arabies – op my, visum in die hand. Net so ’n fladderende stukkie papier wat sê ek mag ’n maand, en een maand alleenlik, in die Suid-Soedan bly. Lyk darem amptelik.

Moses is ’n aangename man. Hy wys my hoe om by Terminaal 1 te kom en beduie ook waar ek buitelangs koffie kan koop. Die twee mei-sies agter die kiosk se toonbank is uitspattig vriendelik en sag op die oog. Die koffie is vaal en smaakloos. Ek koop vir Elize ’n karton Em-bas sy Lights. Sy het laat weet dié sigarette is nie in Juba beskikbaar nie.

Op pad na Terminaal 1 groet mense ongevraagd en vra of hulle kan help. Dis nog vroegoggend, maar dis warm – nie net die lug nie, maar ook die mense. Wat is fout met die Keniane dat hulle am-per orig van vriendelikheid is?

Dis ’n lang wag vir Jet Link se toonbank om oop te maak. My vlug na Juba vertrek eers om tienuur. Ek gaan sit op ’n harde stoeltjie teen die agterste venster sodat ek die mense kan dophou. Dis ’n be-lewenis. Soos ’n Verenigde Nasies in die kleine. Hierdie is régte mense, en dis baie interessanter as Londen se Oxford Street of Parys se Champs-Elysées . . . Ek sien ’n groep mans aangestap kom. So swart soos Nugget-skoenpolitoer. Hulle vang dadelik die oog, want almal is lank, baie lank. En ly beslis nie aan oorgewig nie.

Page 10: Sestig dae in Suid-Soedan

11

Ek tel hulle. Sewentien altesame. Almal uiters deftig geklee in donker pakke; die etiket sit nog spoggerig buite op die linkermou. Donker das, die langpuntskoene spieëlblink gevryf. Armani-klere-sakke oor die arm. Hulle bewonder mekaar se blink mansjetkno pies, komplimenteer mekaar op hul naskeermiddel. Jy voel sommer aan hierdie is belangrike, baie belangrike manne.

Een staan later nader en vra of ek Juba toe gaan, wat ek daar gaan doen. Ek voel byna gedwonge om te vertel dat ek by die televisie-stasie gaan werk. Binne ’n paar sekondes versprei dit onder die an-der en ’n hele paar kom groet. Hulle glimlag dat die tande skitter en knik ingenome: “SSTV?”

Ek gaan staan in die tou om my instapkaart te kry en ontmoet ’n professor van Toronto. Ene William. Hy vertel dat hy in Juba woon en werk. Welkom, sê hy lakonies. Hoe ’n soort plek is dit? vra ek.

William draai nie doekies om nie: “The shit hole of the world.”Dadelik nooi hy my om by hul drinkklub aan te sluit. Hulle ver-

gader elke Saterdagaand op ’n ander plek in Juba. Dan kuier hulle en hulle drink. Of hulle drink en hulle kuier.

Vanaand is hy die gasheer, maar hy weet nog nie waar hulle by-mekaarkom nie, want hy was op ’n week lange Masai Mara-safari in Kenia. As jy so ’n toer hier in Nairobi koop, is dit belaglik goed-koop, en hy is voortdurend aan ’t reise iewers in Donker Afrika.

Toe ons aan boord gaan en na die klein, ligte straler loop wat in die hitte staan en hyg, kom een ouerige omie na my aangestap. “I believe you are going to Juba to work for Southern Sudan Television? I want to take this opportunity to welcome you to my country.”

Ek sê dankie en vra wie hy is. Hy antwoord sonder aanstellerigheid: “The minister of telecom-

munications.” Altyd wanneer ek vlieg, sit ek weens hoogtevrees heel voor, teen die

gangetjie. Vandag sit ek op sitplek 1C. En toe, langs my op 1A, kom sit meneer die minister. Hy vertel van die geslote beraad in Nai robi waar hy onderhandel het oor groot uitbreidings aan die Soedan se te le- kommunikasie. Hy is deel van daardie groep formeel gepakte manne.

Ons gesels lekker – en toe kry ek sommer my eerste storie, oor die beraad wat hy in Nairobi bygewoon het en waar hy ’n sken king vir ’n ontsaglike telekommunikasieprojek vir die Suid-Soedan ge kry het. Kan ons iets vir die televisienuus daaroor doen? vra ek voor barig. Ja, stem hy in, en dit kan ’n persoonlike onderhoud met hom wees.

Page 11: Sestig dae in Suid-Soedan

12

Hy praat verder nie veel nie, maar toe ons bo Juba se gehuggies neerdaal, stamp hy my met die elmboog en wys my trots die Wit Nyl waar dit magtig en swierig en breed deur die landskap kronkel wat so groen soos ’n Vrystaatse mielieland lyk.

Ek kry so ’n ligte rilling – die Nyl! Slagaar van die vasteland. Fok-kit, maar nou is ek wragtig in Afrika!

Halfeen die middag land ons op Juba International Airport. Die lughawe is plat en deurmekaar, ’n warboel van mense wat kom en gaan en druk en stamp, primitief en eenvoudig. Dit laat my dink aan Lusaka se lughawe so ’n paar dekades gelede.

Daar staan Elize. Jy kan daardie woeste bos rooi hare nie miskyk nie. Sy is lank en slank en het genoeg houding uit haar balletdae om oral aandag te trek. Tussen die malende menigte lyk sy soos ’n lig-toring wat wink.

Uitgevat: los, wit hemp en netjiese wit langbroek. En drie stringe pêrels om die nek. Ja, pêrels! ’n Vrou met genoeg persoonlikheid in net haar pinkie.

“Kemp, welkom!” borrel sy opgewonde en hartlik. Sy kyk geamu-seerd na my kakiehemp en -broek en stewels. “Out of Africa, nè?” sê sy laggend. “Of net nog boer?”

Dan draai sy om en stel my voor aan die skraal man by haar. “Dis nou Hein Lottering, nog ’n Suid-Afrikaner wat by SSTV werk. Hy is aan die tegniese kant, in beheer van die televisietoevoer uit Johan-nesburg. Hy sorg dat alles reg verloop in die ateljee, maar is eintlik ’n jack of all trades.”

Hy is so in sy laat dertigs, skat ek. Regte maer slungel met lewen-dige, vriendelike oë. Kasueel en gemaklik in sy groen T-hemp en jeans. Lyk vaagweg bekend. Het ek hom nie in een of ander sepie op televisie gesien nie? Ek kan sweer.

My twee allemintige tasse word deur die doeanebeamptes oop-gemaak. Ek het so byna die koelkas ook ingepak. Van boeke en skryf-behoeftes tot ’n klein TV-stel en my onmisbare iPod. Die uniform-manne krap nie eintlik nie en laat my maklik deurstap.

Buite sleep ons die tasse deur modderpoele na die Hilux wat be-ter dae gesien het. Elize wil my eers ons kantore gaan wys en ons ry op die enkele stuk teerpad deur die dorp.

In Nairobi is ek ingelig: “Juba? The biggest shanty town you can imagine. Frontier world.”

Korrek, is my onmiddellike waarneming.

Page 12: Sestig dae in Suid-Soedan

13

Van die teer op grondpaaie, vol slote en dongas wat jou longe aan flarde laat skud. Tussen modderhutte en gehuggies deur. Die mense gaan hul gang sonder om ’n oomblik aandag aan ons te gee. Dit wemel van klein, ligte motorfietse – soms vier, vyf mense op die twee dun wieletjies.

Ons draai by ’n groot perseel oorkant die kultuursentrum in. “Daar is ons ateljee,” wys Elize.

’n Verwaarloosde, mankoliekerige wit platdakgebou wat jare laas ’n laag verf gesien het. Bokant wapper die Suid-Soedanse vlag: swart, rooi en groen, met ’n geel ster op ’n blou driehoek.

“En dáár,” sê Hein, “is ons long drops.” Hy wys na die geboutjie met drie blou deure wat oop en bloot in die veld staan. “Maar dis so vieslik daar dat jy dit nie naby kan waag nie. Ons gebruik sommer die kasteroliebosse agter die kantore.”

Eina.Die kantore is ’n entjie verder deur ’n hek wat nie meer bestaan

nie: ou opslaangeboue wat vroeër deur die Verenigde Nasies beset was. Die letters UN staan nog groot teen die mure geverf.

Die nuuskantoor waar ek gaan werk, is in die middel van die U-vormige opset. Daar is ’n lang tafel waar nuusvergaderings gehou word. Vyf lessenaartjies en ’n versameling gehawende stoele waar-van sommige gebreek en onbruikbaar is. Twee rekenaars sonder in ternetverbinding.

Ou donkerbruin gordyne hang van die plafon af en daaragter is bokse en stukkende rekenaars. Een flentergat-lugversorger wat nog in werkende toestand is.

“Sorg net dat jy by die aircon sit, want hier word dit donners warm,” is Hein se advies.

My gemoed sak, maar ek sorg dat my gesig nie wys wat ek dink nie. Alles lyk bedroef en primitief. Nie seepglad en modern toe-gerus soos die nuuskantore wat ek ken nie.

Hier gaan opgeruim word en dan gaan ons werk, oortuig ek my-self. Ek kyk verby die modder en papiere en koerante en bokse en ander rommel op die deurgetrapte linoleumvloer. Ek sien wragtie ’n stuk of sewe rekenaars.

Langsaan is Elize se benoude kantoortjie, tot oorlopens toe vol met twee lessenaars, kameras, apparaat, elektroniese toerusting en voorrade. Selfs ’n mini-kombuis. Sy het ’n belangrike werk: Sy is die uitvoerende hoof in Juba van die Suid-Afrikaanse maatskappy wat

Page 13: Sestig dae in Suid-Soedan

14

die baanbrekerswerk vir SSTV doen. Sy moet die hele televisie pro-jek koördineer, ontwikkel en aan die gang kry.

“Nou vat ons jou eers hotel toe,” sê sy. “Logali House.” Ek klou soos ’n neet aan die Hilux se dak terwyl die res van my

ledemate skuddend hul eie gang gaan. Verkyk my aan die menigte spaza-winkeltjies langs die stofstrate, sommige in skeepshouers.

Bar, baar, maar tog sjarmant in sy vergetelheid is Juba. Hier het die wêreld nog nie bygekom nie. Ek voel amper soos Living-stone . . .

’n Mens voel nie bedreig nie; daar is geen haat of vrees in die lug nie. Jy is nie wít nie, net nog ’n mens.

Logali House is ’n ou koloniale dubbelverdiepinghuis wat van on-dergang gered en opgeknap is om as hotel diens te doen. Verwag dat Karen Blixen met ’n geweer op die stoep moet staan. Dis die beste slaapplek in Juba, word ek verseker. Dit voel en lyk onvanpas en on-gewoon, soos ’n herewoning te midde van die see van Soedanse klei-hutte en modder en slaggatpaaie.

Ek word vriendelik ontvang en kry kamer 6 op die tweede verdie-ping. Geen matte op die vloer nie, net kaal sement – lekker koel in die ver swelgende hitte. Jy voel nie alleen die hitte nie, jy sien ook hoe die sweet tap.

Die hotel het ’n wye, koel stoep waar almal saamdrom en bier drink. Bonkige houttafels en stoele en ’n groot skerm. Ons sit en kyk na ’n ou wedstryd van die Bokke en Argentinië.

Elize en Hein gaan kantoor toe. By SSTV is elke dag van die week ’n werksdag vir die expats. Ek gaan kamer toe en pak uit.

Laatmiddag kom hulle terug en ons sit op die stoep. So ’n soort visserigheid en aartappels vir aandete. Au gratin staan daar netjies op die swartbord waarop die spyskaart geskryf is.

Die hotel is skaflik en die Belgiese bestuurder, Jean-Paul, doen moeite. My verblyf word betaal. Dit kos elke maand ’n klein for-tuin – meer as my hele salaris toe ek nog heeltyds in Suid-Afrika gewerk het.

Die jong klomp van die TV-stasie gaan die nag saam met die Liba-nees Ali paartie by die VN-kampong, maar ek het lus vir die dubbel-bed onder die groot muskietnet. En die koelte van die lugversorging in my kamer.

Dis soel, vogtig en stikkend warm. Kortbroek en ’n dun hemp as jy nie werk nie. By die kantoor verwag hulle dat ons altyd netjies

Page 14: Sestig dae in Suid-Soedan

15

moet lyk, dus word langbroek en ordentlike hemp afgedwing. Juba se expats lyk meestal slordig en ongeërg oor hul voorkoms.

Ek is vanaand vertel om lig te loop vir sulke groot, lelike, lui vlieë wat op jou kom sit. As jy hulle wegklap, spuit hulle ’n streep suur wat jou vel vreet, en dit duur weke om gesond te word. Hein sit juis met ’n arm wat lelik lyk ná so ’n kakstreep.

Ek verlang ’n bietjie huis toe, na Engel en die Schnauzers, maar die nuwigheid en verandering hou my te besig om veel aan hulle te dink. Een van die ouens het vir my Skype geïnstalleer en nou sal ek elke aand lekker lank met haar kan gesels. ’n Nuwigheid vir my, hierdie gratis, internasionale telefoondiens.

SSTV is die amptelike TV-kanaal van die regering van die Suid-Soedan. Ons ressorteer onder die minister van inligting en hy is hoof van die TV-kanaal. My verpligting is om die nuus te bestuur en te behartig. Ek sou graag wou spog met ’n imponerende titel, maar dis die minister beskore – ek is gewoon die “News Specialist”. Hier is ’n bestaande nuusredakteur en ’n span joernaliste, veld-werkers en kameramanne, maar die mense het nie ervaring nie, en dis waar ek in die prentjie kom.

Ek moet sorg vir die daaglikse nuusbulletin van 20.00 tot 20.30, wat dan van 21.00 tot 21.30 in Arabies herhaal word. Die Soedan staan op die vooraand van ’n landwye verkiesing, en oor ’n jaar wil die Suid-Soedan ’n referendum hou oor moontlike onafhanklikheid en afstig ting van die Noord-Soedan. Die verkiesing sowel as die refe-rendum moes lankal plaasgevind het, maar dit word telkens uitge-stel. Die nuusbulletins sal ingespan word om die bevolking daarop voor te berei. Ek besef my werk sal sekerlik baie propagandisties van aard wees.

My kontrak is vir ses maande, met die opsie om dit tot drie jaar te verleng. Televisie is vir my ’n heel nuwe veld en ek hoop en glo maar net dat ek die mas sal opkom.

Ek is hart en siel in my nuwe loopbaan. Eerstens is dit ’n won-derlike, vars uitdaging. Tweedens is dit so opwindend as wat ek kan vra: om jong mense op te lei, om my kennis en ervaring met ander te deel. Derdens moet ek erken dat ek tog trots is dat ek ondanks my jare nog in aanvraag is. En laastens en beslis nie die minste nie: Die geld is goed. Ek voel geïnspireer vir die taak wat voorlê.

Soos vele ander Afrika-stede is Juba so chaoties soos jy jou nie kan indink nie. Geen stywe formaliteit nie, niks georden nie, glad

- 1 line pls

Page 15: Sestig dae in Suid-Soedan

16

nie agtermekaar nie, maar alles deurmekaar en genotlik slordig. Rou, wild en woes, selfs brutaal. Maar dis ’n stad in die laagste rat en in die eenvoudigste sin van die woord. Eintlik net ’n groot en uitge-strekte plakkersdorp met sy kleihutte en sinkhuisies.

Hier is ook baksteenhuise, ou koloniale huise, plekke wat erg ver-waarloos is en verskeie nuwe geboue wat in die laaste paar jaar op-gerig is. Die stad spog met die parlementsgebou, netjiese nuwe ge-boue vir die verskillende staatsdepartemente en ’n presidensie. Twee universiteite, maar dink klein, dink karig, dink eenvoudig.

Volgens die internet is Juba amptelik die snels groeiende stad in Afrika, maar dis gelukkig nog nie ontdek deur oubaas Kentucky en Robert McDonald en daardie kliere nie. Jy voel dit aan: lê maar agteroor en laat gods water oor gods aarde loop.

Die stad met sy sestig kilometer teerpad is taamlik jonk, in 1922 deur Griekse handelaars gevestig. In die negentiende eeu was hier ’n handelspos en sendingstasie genaamd Gondokoro in die om ge-wing.

Hier is nie winkels soos in ons stede nie – net een Westerse win-kel, JIT, wat ’n klompie ingevoerde produkte verkoop. Teen ’n prys. En verskeie groot plaaslike markte, geskoei op die Arabiese soeks, waar jy feitlik enigiets onder die son kan kry, mits jy bereid is om in daardie doolhowe van nou gangetjies te soek.

Juba is op die westelike oewer van die Wit Nyl. As mens pynlik korrek wil wees, is dit eintlik die Bahr al Jabal-seksie van die Wit Nyl wat hier rustig en breed verbyvloei – die naam beteken “rivier van die berg”. Dié vogtige, tropiese wêreld is op die oomblik groe-ner as gras, want dis reënseisoen. Feitlik daagliks val swaar, ekwa-toriale buie wat die grond onmiddellik in modderplasse verander.

Die Soedan is ’n land vol verrassings en ek kan nie wag om so gou moontlik uit te breek en die wêreld te verken nie. As die grootste land in Afrika is dit in twee verdeel: die Noord-Soedan en die Suid-Soedan. Die hoofstad, Khartoem, is in die noordelike deel en ek wil dol graag daar ’n draai maak.

Die dominante Noorde is hoofsaaklik Moslem-Arabies en het ste-wige bande met Egipte, terwyl die Suide met sy Christendom en animisme meer met swart Afrika identifiseer.

Die Suide het ’n geskiedenis van burgeroorloë, massaslagtings en wreedheid, en hierdie mense is nog steeds katswink daarvan. Die eerste oorlog het van 1955 tot 1972 geduur, en toe het ’n tweede van

Page 16: Sestig dae in Suid-Soedan

17

1983 tot 2005 gevolg – altesame byna 40 jaar lank. Na raming het omtrent 2,5 miljoen mense gesterf, en meer as vyf miljoen moes uit hul huise vlug en elders herberg soek. Hongersnood en wanvoeding het die bevolking van die Suide vernietig.

Nou is die Suid-Soedan – en veral Juba – besig om op te staan, maar weens die dekades van oorlog is dit steeds tot ’n groot mate afge sny en geïsoleer van die buitewêreld. Die beskawing staan nog op ’n afstand, maar kyk gulsig toe.

In Tsjad, die naburige land, het die Yanks groot oliebelange, maar 98% van die Suid-Soedan se olie gaan tans na China. Amerika en ook die Verenigde Nasies het ’n sterk teenwoordigheid in Juba, en hier is voortdurend buitelandse maatskappye wat na beleggings-moontlikhede kom kyk. MTN het hierdie week oordadig sy teen-woordigheid in Juba bekend gestel, en SAB Miller is stil-stil besig om ’n brouery op te rig.

Maar dis veral die Chinese teenwoordigheid wat opval. Soggens nog vóór sonop sien jy die Chinese in hul blou oorpakke en strooi-hoede waar hulle pad maak, mure bou, dakke slaan, en saans teen don ker is hulle nog steeds aan die gang. Dié mense neem oor.

Dis in hierdie maalstroom waarin ek my nou begewe.