skoolsake - midstreamcollege.co.za · die volgende vakke is vanjaar as addisionele vakke in graad...

4
012 661 2341 012 661 2340 [email protected] Bladsy | 1 Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR Ek het al by verskeie geleenthede na die Romeinse god Janus verwys waarna die maand Januarie vernoem is. Janus was die bewaarder van poorte en ingange en het twee gesigte gehad, een wat na die verlede en een wat die toekoms in kon kyk. Ek glo ons sal beide dié perspektiewe en nog meer nodig hê om ons die insig te gee om 2021 met sy nuwe uitdagings die hoof te bied. As ons terugkyk na 2020 en die Covid-19-pandemie het ons verskeie lesse geleer wat ons handig kan gebruik in die nuwe jaar. Ek wil graag ons lojale ouers en leerders terug verwelkom. My boodskap aan elke leerder vir 2021 is om positief te wees, elke geleentheid aan te gryp en veilig te bly. ‘n Spesiale vuisstamp aan elke nuwe leerder en hulle ouers. Ek is trots om te sê dat ons ons grootste graadagtgroep tot op hede het. Hou styf vas tydens die opwindende reis en geniet elke oomblik van jou vyf jaar op hoërskool. Carpe Diem! Ons sal op gereelde basis met u kommunikeer tot sake na normaal terugkeer, wees gevolglik geduldig en help ons om die golf te ry. Ek wil u graag opnuut verseker dat die veiligheid van u kind en elke onderwyser steeds ons hoogste prioriteit bly. Alle Covid-protokolle soos vereis en meer is steeds in plek by die College. In lyn met die minister se pleidooi dat ons kampus onderrig vir twee weke uitstel, gebruik ons die week om leerders gereed te kry vir hul nuwe graad en aanlyn onderrig wat volgende week begin. Sodra die finale riglyne en reëls van die Departement van Basiese Onderwys ontvang is, sal ons u ingelig hou rakende die begin van kampusonderrig. Onthou privaat skole het baie meer vryheid in die verband as openbare skole. Ons harte gaan uit na elke familie wat direk en indirek geraak is deur Covid-19. Veral dié wat geliefdes aan die dood moes afstaan, maar ook diegene wat finansieel swaar kry. My beroep op u is om veilig te bly, mediese hulp in te roep en om te isoleer wanneer nodig. Ek hoop die woorde van Psalm 121 sal u bybly in hierdie onseker tye: Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het ... Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. Die Bybel-83 vertaling. Omsendskrywe 01/2021 21 Januarie 2021

Upload: others

Post on 24-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Skoolsake - midstreamcollege.co.za · Die volgende vakke is vanjaar as addisionele vakke in graad 11 en 12 beskikbaar: Besigheidstudies, Geografie, Toerisme en RTT. Aangesien leerders

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Bladsy | 1

Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ek het al by verskeie geleenthede na die Romeinse god Janus verwys waarna die maand Januarie vernoem is. Janus was die bewaarder van poorte en ingange en het twee gesigte gehad, een wat na die verlede en een wat die toekoms in kon kyk. Ek glo ons sal beide dié perspektiewe en nog meer nodig hê om ons die insig te gee om 2021 met sy nuwe uitdagings die hoof te bied. As ons terugkyk na 2020 en die Covid-19-pandemie het ons verskeie lesse geleer wat ons handig kan gebruik in die nuwe jaar. Ek wil graag ons lojale ouers en leerders terug verwelkom. My boodskap aan elke leerder vir 2021 is om

positief te wees, elke geleentheid aan te gryp en veilig te bly. ‘n Spesiale vuisstamp 😊 aan elke nuwe leerder en hulle ouers. Ek is trots om te sê dat ons ons grootste graadagtgroep tot op hede het. Hou styf vas tydens die opwindende reis en geniet elke oomblik van jou vyf jaar op hoërskool. Carpe Diem! Ons sal op gereelde basis met u kommunikeer tot sake na normaal terugkeer, wees gevolglik geduldig en help ons om die golf te ry. Ek wil u graag opnuut verseker dat die veiligheid van u kind en elke onderwyser steeds ons hoogste prioriteit bly. Alle Covid-protokolle soos vereis en meer is steeds in plek by die College. In lyn met die minister se pleidooi dat ons kampus onderrig vir twee weke uitstel, gebruik ons die week om leerders gereed te kry vir hul nuwe graad en aanlyn onderrig wat volgende week begin. Sodra die finale riglyne en reëls van die Departement van Basiese Onderwys ontvang is, sal ons u ingelig hou rakende die begin van kampusonderrig. Onthou privaat skole het baie meer vryheid in die verband as openbare skole. Ons harte gaan uit na elke familie wat direk en indirek geraak is deur Covid-19. Veral dié wat geliefdes aan die dood moes afstaan, maar ook diegene wat finansieel swaar kry. My beroep op u is om veilig te bly, mediese hulp in te roep en om te isoleer wanneer nodig. Ek hoop die woorde van Psalm 121 sal u bybly in hierdie onseker tye:

Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het ... Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.

Die Bybel-83 vertaling.

Omsendskrywe 01/2021 21 Januarie 2021

Page 2: Skoolsake - midstreamcollege.co.za · Die volgende vakke is vanjaar as addisionele vakke in graad 11 en 12 beskikbaar: Besigheidstudies, Geografie, Toerisme en RTT. Aangesien leerders

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Bladsy | 2

Akademie WEEK 1-REëLINGS

Die akademiese jaar begin Maandag 25 Januarie met ‘n formele opening asook ‘n boodskap van dr Kriek en die graadhoofde. ‘n Skakel na hierdie videos sal Maandag op die webblad beskikbaar wees. Tydens aanlyn onderrig vanaf Maandag, sal daar elke dag om 7:30 ‘n registerperiode op Google Meet wees. Gedurende die tyd sal die registeronderwyser die klas ontmoet en register sal geneem word om te verseker dat die leerders reg is om die skooldag aanlyn te begin. Belangrike inligting en afkondigings oor die aanlyn aktiwiteite en ander skoolinligting sal in hierdie tyd gemaak word. Die aanlyn skooldag sal die gewone skoolrooster en tye volg wat hieronder geplaas is. Die aanlyn skool begin Maandag met die rooster van dag 2. Enige navrae kan aan die vakonderwysers of registeronderwysers gerig word. Roostertye week 1 (25 Januarie tot Vrydag 29 Januarie vir aanlyn skool)

Skool begin 07:30

Eindig

Register 08:00

Periode 1 08:40

Periode 2 09:20

Periode 3 10:00

Periode 4 10:40

Pouse 11:20

Periode 5 12:00

Periode 6 12:40

Periode 7 13:20

ADDISIONELE VAKKE

Addisionele vakke mag deur leerders in graad 11 en 12 geneem word, op voorwaarde dat hulle ‘n algehele gemiddeld van 75% het. Die enigste Addisionele vak wat in graad 10 geneem mag word, is Gevorderde Program in Wiskunde. Die volgende vakke is vanjaar as addisionele vakke in graad 11 en 12 beskikbaar: Besigheidstudies, Geografie, Toerisme en RTT. Aangesien leerders tans tuis is, versoek ons dat u die personeel e-pos indien u kind daarin belangstel om ‘n addisionele vak te neem.

EKSTRA KLASSE

Alle personeellede is op Maandae van 14:15 tot 15:15 beskikbaar om leerders met akademiese navrae te help.

Page 3: Skoolsake - midstreamcollege.co.za · Die volgende vakke is vanjaar as addisionele vakke in graad 11 en 12 beskikbaar: Besigheidstudies, Geografie, Toerisme en RTT. Aangesien leerders

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Bladsy | 3

HALFJAAR- EN EINDJAAREKSAMENS

U aandag word daarop gevestig dat beide dié eksamens tot aan die einde van die kwartaal strek (sien skooldagboek) en dat alle leerders op daardie dag sal skryf. Ouers wat oorsese vakansies beplan, moet veral hierop let, aangesien geen leerder vir vakansiedoeleindes van geskeduleerde eksamens verskoon kan word nie. U samewerking in die verband word waardeer.

Kultuur ALGEMEEN

Inligting met betrekking tot kultuuroudisies en interne kompetisies sal deurlopend aan leerders gekommunikeer word. Van ons kompetisies sal die jaar aanlyn geskied. Indien u meer inligting verlang oor oudisies, kompetisies en algemene inligting, kan u ook die skoolwebblad besoek. Ons sal so spoedig moontlik voortgaan met die beoefening van die verskillende kultuuraktiwiteite wat by die skool aangebied word. Die nodige protokolle sal te alle tye gevolg word. Ons wil leerders aanmoedig om deel te neem aan die verskillende kultuuraktiwiteite wat die jaar aangebied kan word.

REDENAARS

Ons sal binnekort meer inligting en nuwe datums beskikbaar stel vir die interne redenaarskompetisies. Inskrywings vir eksterne redenaarskompetisies word beperk en daarom sal daar voorkeur aan leerders gegee word wat aan die interne kompetisies deelgeneem het. Die onderwerpe vir die ATKV-redenaarskompetisie is reeds op die skool se webblad onder REDENAARS beskikbaar. Vir verdere navrae kan die volgende personeel gekontak word:

Afrikaansredenaars me Sharon de Bod ([email protected]) English Orators me Caitlin Page ([email protected])

ERKENNING AAN BUITE-SKOOLAKTIWITEITE: KULTUUR

Ons wil graag erkenning gee aan leerders wat aan buite-skoolkultuuraktiwiteite deelneem en presteer. Stuur asseblief enige bewyse, inligting en/of sertifikate aan me L’Mri Lamprecht ([email protected]).

Sport ALGEMEEN

Die Covid-19-pandemie en gepaardgaande regulasies het reeds met die afskop van hierdie jaar ‘n groot effek op sport en het reeds ‘n impak op ons sportprogram. Die krieket se Woerieweek is gekanselleer, die vriendskaplike atletiek- en swembyeenkomste is gekanselleer en die sweminterhoër is voorlopig uitgestel. Sodra die onderskeie beheerliggame ‘n besluit oor ‘n sportsoort se byeenkoms geneem het, sal ons u daaroor inlig.

Page 4: Skoolsake - midstreamcollege.co.za · Die volgende vakke is vanjaar as addisionele vakke in graad 11 en 12 beskikbaar: Besigheidstudies, Geografie, Toerisme en RTT. Aangesien leerders

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Bladsy | 4

Intussen sal die onderskeie sporte met oefening kan aangaan soos wat die sportkodes dit binne die huidige regulasies toelaat. Streng protokolle word steeds gevolg en ons wil die leerders aanmoedig om aan te hou oefen soos wat die omstandighede dit toelaat. Enige navrae in hierdie verband kan aan die onderskeie organiseerders gerig word. Ons vertrou dat ons weldra weer normale sport kan beoefen.

ERKENNING AAN BUITE-SKOOLAKTIWITEITE: SPORT

Ons wil graag erkenning gee aan leerders wat aan buite-skoolsportaktiwiteite deelneem en presteer. Stuur asseblief enige bewyse, inligting en sertifikate aan mnr Hans van Vreden ([email protected]).

Algemeen KOMMUNIKASIE

Kommunikasie aan ouers sal in die lig van die inperking weer weekliks uitgaan. Dit kan of ‘n kommunikasieboodskap of die tweeweeklikse nuusbrief wees.

KOMMUNIKEER MET ONS U kan met ons kommunikeer of alle omsendskrywes,sowel as ander belangrike inligting, vind by

www.midstreamcollege.co.za

Facebook (soek Midstream College)

Instagram (midstream_college)

VOLGENDE NUUSBRIEF Donderdag, 4 Februarie 2021