sonskynhoekie kleuterskool inligtingsbrosjure en algemene ......bestuurder: rené bekker...

12
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls April 2014 – Hersien 01 1 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek Posbus 5560 Maherrystraat 10 Kockspark Miederpark 2523 Potchefstroom Webwerf : www.sonskynhoekiekleuterskool.co.za Spreuke 16:9 “n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”

Upload: others

Post on 31-Aug-2020

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

1 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

Posbus 5560 Maherrystraat 10

Kockspark Miederpark

2523 Potchefstroom

Webwerf : www.sonskynhoekiekleuterskool.co.za

Spreuke 16:9 – “n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”

Page 2: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

2 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

Beste ouer en kleutermaatjie,

Ons wil julle hartlik verwelkom by Sonskynhoekie Kleuterskool. Baie dankie dat u as ouer en kind deel

is van ons skool. Dit is werklik ons strewe om u kind toe te rus vir die wonder van die lewe.

Ons wil vir u kind ‘n Leerplek, Speelplek, Lekkerplek skep met baie mooi herinneringe,om te koester

vir die res van sy / haar lewe.

Belangrike Kontakbesonderhede:

Bestuurder : René Bekker

Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool

082 921 6585 (Sel)

018 294 4634 (Kleuterskool)

018 294 6007 - Faks

Epos adres: [email protected]

Skoolhoof : Annetjie Oberholzer

Verantwoordelik vir alle personeelsake en skoolopleiding. Kontak haar gerus

om u kind se vordering of enige probleme te bespreek.

Epos adres: [email protected]

084 693 4153 (Sel)

018 294 4634 (Kleuterskool)

Hou hierdie inligtingsdokument byderhand vir maklike verwysing. Dankie dat ons op u samewerking

kan staatmaak sodat Sonskynhoekie Kleuterskool ‘n “Lekkerplek” vir almal kan wees.

Vriendelike Groete

Annetjie Oberholzer (Hoof)

Spreuke 16:9 – “n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”

Page 3: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

3 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

1. Visie

Ons strewe is om u kind toe te rus vir die wonder van die lewe

2. Missie

Sonskynhoekie Kleuterskool se maatstaf is die Bybel. Ons wil waarde tot u kind se lewe

toevoeg deur gebruik te maak van ‘n Christelike geïntigreerde Onderwysprogram, wat deur

bekwame, passievolle onderwysers aangebied word.

3. Waardes

3.1 Christenskap - Die Woord van God is die riglyn vir al ons aanbiedinge. Ons wil ‘n

vroeë Christelike fondasie by u kind vestig, te einde hom / haar toe te rus vir die

uitdagings van die lewe.

3.2 Respek - elke Kind, Ouer en Personeellid sal met die nodige agting en respek

behandel word.

3.3 Eenheid in diversiteit - ongeag die verskille in geslag, kultuur, ras en taal, sal almal

wat deel is van ons skool altyd met die hoogste agting hanteer word. Ons wil hande

vat oor al die grense heen en elkeen toelaat om ‘n unieke bydrae lewer.

3.4 Verantwoordelikheid - Ons is verantwoordelik in ons optrede en sien om na die

welstand en veiligheid van u kind.

Spreuke 16:9 – “n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”

Page 4: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

4 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

1. Assesseringsverslae

U kind se ouderdom bepaal die hoeveelheid assesseringsversale wat hy/ sy per jaar ontvang.

‘n Individuele onderhoud met ouers, ten op sigte van die kind se vordering word met ouers

gevoer tydens die uitdeel van verslae.

Getekende Graad R verslae moet terug gestuur word.

Ten opsigte van Graad R leerders sal rapporte en diplomas slegs uitgereik word indien alle

betalings tot en met November op datum is en u kind die volle leerplan (jaar) voltooi het.

Ten einde maksimum voordeel uit die leerprogram te ontvang, moet u kind die skool gereeld

besoek.

2. Temas

Ons leerprogram is op spesifieke temas gebasseer.

Weeklikse tema tafels / uitstallings word gehou.

Ons moedig u aan om gereelde artikels saam te stuur, wat sal aanpas by die tema wat

aangebied word.

3. Immunisering- en Geboortesertifikate

Ons benodig ‘n afskrif van die immunisering- en geboortesertifikaat vir u kind se leer.

Sodra ‘n volgende immunisering toegedien is, moet u ‘n opgedateerde afskrif van die

sertifikaat voorsien.

4. Kommunikasie / Briewe

Alle kommunikasie sal deur middel van omsendskrywes / briewe gevoer en in die kind se tas

geplaas word.

Daar sal ‘n afskeurstrokie aan elke brief wees, wat na ontvangs terug gestuur moet word.

Indien kommunikasie per epos verkies word kan u dit vir ons so aandui. Ons sal aanvaar dat

u dus die skrywe gelees het.

Vergewis uself met die inhoud van die skool se skrywes.

Liasseer die briewe vir toekomstige verwysing.

Alle briewe sal ook op ons webwerf geplaas word.

5. Verandering van kontakbesonderhede

Page 5: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

5 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

‘n Ernstige beroep word op ouers gedoen om woonadres en telefoonnommers wat verander

het, onmiddelik aan te meld.

Ons moet u ten alle tye kan kontak - veral in geval van nood.

6. Kleredrag

Beste klere moet nie vir kinders aangetrek word nie.

‘n Ekstra stel klere moet ten alle tye in die skooltas van Peuters en die Junior groep (3 tot 4

jaar) beskikbaar wees. Gebruik ‘n lap inkopiesak vir hierdie doel en plaas dit in u kind se tas.

Merk alle kledingstukke en skoene duidelik.

Doen navraag by die kantoor oor verlore kledingstukke en plaas enige vreemde items (wat

by u kind gevind mag word) in die gemerkte houer op die stoep.

7. Skooltasse

Dit is belangrik vir ’n kind om sy eie skooltas te hê.

Die ideale tas kan ‘n A4 grootte bladsy vat (ongeveer 30cm x 40cm).

Die tas moet elke dag saamgebring word en sy / haar kosblik en koeldrank vir die dag moet

hierin geplaas word.

Kosblikke en plastiese koeldrankhouers (250ml – tuitbottel soos Oros: dit lek nie) moet

duidelik gemerk word.

‘n Ekstra stel klere moet ten alle tye in die skooltas van Peuters en die Junior groep (3 tot 4

jaar) beskikbaar wees. Gebruik ‘n lap inkopiesak vir hierdie doel en sit dit in u kind se tas.

Merk die tas en lap inkopiesak duidelik met u kind se naam en van.

Alle omsendskrywes / briewe asook sy / haar trotse werk, sal in die kind se tas geplaas word.

8. Speelgoed

Kinders mag geen speelgoed skool toe bring nie. Dit sal weg geneem word.

Vakansietye is die enigste uitsondering.

Indien vreemde speelgoed by u kind ogemerk word moet dit by die kantoor ingehandig

word.

9. Uitstappies

Ons poog om ten minste twee uitstappies per jaar te hou.

Die aangehegte vrywaringsvorm moet voltooi en terugstuur word indien u kind die

uitstappie mag meemaak. Dit sal vir die jaar geldig wees.

Kospakkies en drinkgoed moet deur ouers voorsien word. Dit moet in weggooibare

materiaal verpak word.

10. Bank Besonderhede

In geval van elektroniese oorbetalings (voorkeur metode van betaling) - gebruik u kind se

naam as verwysing (in geval van twee kinders gebruik die oudste kind se naam).

Page 6: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

6 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

Rekening : ABSA

Rekeninghouer : Sonskynhoekie Kleuterskool

Tipe : Tjekrekening

Rekeningnommer : 680770409

Stuur bewys van betaling na:

Faks : 018 294 6007

Epos : [email protected]

In geval van kontantbetalings (vermy asb sover moontlik) doen u betalings direk by die

sekretaresse van 08:00 tot 14:00. (Die koevert sal op die 28ste van die maand beskikbaar

gestel word). Ongeag u metode van betaling, sal daar maandeliks ‘n kwitansie uitgereik

word.

Skoolgelde vir Januarie van die volgende jaar is vooruitbetaalbaar aan die einde van

November. Ingeval van ‘n laat inskrywing (na Januarie van ‘n betroke jaar) sal ‘n prorata

bedrag vir Desember gehef word.

Geen gelde is terugbetaalbaar ingeval u sou verhuis of u kind by ‘n ander Kleuterskool

ingeskryf word nie.

Geen krediet kan toegestaan word in geval van afwesighede as gevolg van vakansie, siekte

of enige ander rede nie.

Herhaaldelike laat betalings, kan daar toe lei dat toelating deur die Bestuur geweier word.

Volgens ‘n ooreenkoms met ander kleuterskole moet hulle dienooreenkomstig verwittig

word.

EEN MAAND (VANAF DIE EERSTE VAN DIE MAAND) SKRIFTELIKE KENNISGEWING WORD

VEREIS, IN GEVAL VAN KORTER KENNIS SAL DAAR VIR DIE VOLGENDE MAAND BETAAL

MOET WORD, ONGEAG OF U KIND DIE SKOOL BYWOON OF NIE.

R100 Registrasiefooi per kind word gehef ten opsigte van alle nuwe inskrywings.

Ten opsigte van Graad R leerders sal rapporte en diplomas slegs uitgereik word indien alle

betalings tot en met November op datum is.

11. Maandelikse Ondderiggelde

Skoolgelde word gehef oor 11 maande en die volle maandelikse bedrag is streng vooruit

betaalbaar binne die eerste 5 dae van die betrokke maand.

Verhoging van tariewe vind 1 April van elke jaar plaas en vroegtydige kennis sal hiervan

gegee word.

Fooie tot einde Maart 2015:

Kleuters

Voldag - R870 per maand

Halfdag - R650 per maand

Tweede kind ontvang ‘n korting van R20 per maand

Babas

Voldag - R 920 per maand

Halfdag - R 670 per maand

Tweede kind ontvang ‘n korting van R20 per maand

Page 7: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

7 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

12. Noodplan / Veiligheid

Ons skool beskik oor ‘n noodplan wat van tyd tot tyd prakties geoefen word. U kleuter se

veiligheid is ons eerste prioriteit.

U as ouer is verantwoordelik om u kind by die skool te besorg en af te haal.

Ouers moet kinders vergesel tot by sy/haar klas en aan die Onderwyser of personeellid aan

diens (7:00 tot 7:30) besorg. (Studiesentrum sal as ontvangslokaal dien). Die hek sluit om 08:00 waarna die amptelike program begin.

U kind moet in sy / haar klas agfehaal word. Hou sy / haar hand vas totdat hy / sy veilig in die

motor is.

Indien u kind deur enige ander persoon (as oorspronklik op u aansoekvorm aangedui) by die

skool afgehaal word, moet die skool skriftelik daarvan in kennis gestel word.

Indien u kind weens onvoorsiene omstandighede buite amptelike vertrektye van die skool

afgehaal moet word, moet reelings vroegtydig getref word.

13. Skoolure, Skoolbesoek en Vakansies

’n Beroep word op u gedoen om by die ondervermelde tye te hou. Dit vergemaklik roetine

en dissipline in die skool.

Ten einde maksimum voordeel uit die leerprogram te ontvang, moet u kind die skool gereeld

besoek.

Aankomstye vir alle groepe: 07:00 - 08:00

Vetrektyd vir Halfdag Kleuters en Babas: 12:45 - 13:15

Vertrektyd vir Voldag Kleuters en Babas: 16:00 - 17:00

Ouers moet kinders vergesel tot by sy/haar klas en aan die Oonderwyser of personeellid

aan diens (7:00- 7:30) besorg (aangehegte wenke om afskeid te vergemaklik verwys).

Persoonlike kontak met die klasonderwyser vergemaklik kommmunikasie.

Die hek sluit om 08:00 waarna ons amptelike program begin.

Etenstye / Pouses:

Gesamentelike etenstyd: 10:00

Tweede pouse: 12:00

Voldag kinders eet weer nadat hulle in die middag gerus het. Teen 15:30 word ‘n ligte

versnappering bedien.

Vetrektyd vir Halfdag Kleuters en Babas: 12:45 - 13:15

Vertrektyd vir Voldag Kleuters en Babas: 16:00 - 17:00

Sonskynhoekie is oop gedurende skoolvakansies (behalwe oor Desember). Die skool sluit op

dieselfde dag as die skole se amptelike kalenderdatum en heropen ‘n week voor die skool.

Die skool is gesluit op openbare vakansiedae

Indien ‘n openbare vakansiedag op ‘n Dinsdag of Donderdag val, sal die skool die dag voor

/na die vakansiedag gesluit wees. Genoegsame kennis sal van sodanige langnaweke gegee

word.

Page 8: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

8 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

Slegs huidige Nasorg kinders kan teen ‘n addisionele tarief geakkomodeer word.

Skoolvakansies (voldag): addisioneel R17 en R15 per dag - tweede kind.

‘n Spesiale vakansieprogram sal aangebied word.

14. Gesondheid en Welsyn

In geval van siekte van u kind en wanneer hy/sy ‘n aansteeklike siekte onder lede het, moet

die skool onmiddelik in kennis gestel word.

Wanneer ‘n kind siek word by die skool, sal ouers onverwyld verwittig word en tydelik in die

siekekamer geplaas word.

Ons moet oor opgedateerde kontakbesonderhede beskik, ten einde u ten alle tye te kan

kontak.

Sodra u kind ‘n volgende immunisering toegedien is, moet ‘n opgedateerde afskrif van die

immuniseringsertifikaat voorsien word.

Medikasie sal slegs op voorskrif van ‘n dokter (afskrif moet voorsien word) toegedien word.

Geen vitamiene-, hoes of simptomatiese stroop sal deur die kantoor ontvang word nie.

‘n Register met die naam van die kind, medikasie, dosis en tyd van toediening sal deur die

kantoor bygehou word.

Medisyne moet waneer die kind huis toe gaan by die kantoor afgehaal word,

Kinders met kopluise mag nie die skool vir 3 dae besoek nie en moet behandeling ontvang.

Alle kos- en ander allergiee moet skriftelik onder die Onderwyser se aandag gebring word.

15. Verversings en Etes

Pap word soggens 8:00 aan Babas vanaf ses maande en Peuters (tot 3 jarige ouderdom)

bedien.

Dit is noodsaaklik dat kinders by die huis ‘n gebalanseerde ontbyt moet kry.

Gesonde kosblikke (2de ete vir die dag) moet vir vol - en halfdag kinders voorsien word.

Geen opwarming of berging / verkoeling van voedsel en drankies kan by die skool

gedoen word nie.

Geen koek of lekkernye (veroorsaak probleme) mag ingepak word nie.

Kosblikke en plastiese koeldrankhouers (250ml – tuitbottel soos Oros: dit lek nie) moet

duidelik gemerk word.

Die skool voorsien koeldrank tydens elke ete. U is welkom om bykomende koeldrank in te

pak vir pouse.

Vrydae is snoepiedag en is R5 (per week) betaalbaar by die klasonderwyser.

Alle kos- en ander allergiee moet skriftelik onder die Onderwyser se aandag gebring word.

Etenstye / Pouses:

Gesamentelike etenstyd: 10:30

Tweede pouse: 12:00

Voldag kinders eet weer nadat hulle in die middag gerus het. Teen 15:30 word ‘n ligte

versnappering (beskuitjie en stukkie vrugte) voorsien.

Page 9: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

9 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

Verjaarsdae

Indien ‘n kind verjaar moet reelings vooraf met die Onderwyser getref word.

Ouers is welkom om die kind se verjaardagkring by te woon.

Tydens verjaarsdae mag lekkernye aan klasmaats voorsien word.

Hoeveelhede moet beperk word per kind en kan iets wees soos ‘n gesnyde groot koek , “cup

cake” of ‘n blokkie pizza.

RIGLYNE VIR KOSBLIKKE:

Vloeistof (250 ml) Vleis/ Proteïne Suiwel Graan/Stysel Vrugte / Groente

- Vrugtesap - Water - Koeldrank

(Geen gas of blikkies nie)

Gebruik ‘n tuitbottel (soos Oros) - dit lek nie!

- Neute - Worsies - Koue vleis - Droë wors - Biltong (fyn

gesny - kinders stik maklik)

- Koue frikkadel - Gekookte eier

(uitgedop)

- Visvingers - Koue

hoenderboudjie

- Jogurt - Kaas - Kaaswiggi

es

- Brood - Pasta - Muffins - Provitas - Plaatkoekies - Pannekoek - Graanstafies - Botterbroodjie - Creamcrackers - Blokkies pizza

- Wortelstokkies - Vars vrugte -

geskil

- Komkommer -stukkies

- Klein tamaties - Rosyne - Gedroogde

vrugte

Geen opwarming of berging/ verkoeling van voedsel en drankies kan by die skool gedoen

word nie.

16. Addisionele Dienste

Page 10: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

10 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

Die volgende addisionele dienste word deur privaat persone aangebied en alle gelde is direk aan die betrokkenes betaalbaar. Die partye sal verdere besonderhede aan die begin van elke jaar aan u beskikbaar stel.

Spraakterapie

‘n Spraakterapeut besoek die skool gereeld om die kinders te help met taaluitbreiding en ouditiewe persepsie. Marianna Geel: 018 290 6658

Rekenaarklasse / Stimulus Maksima Dinsdag oggende - 30 minute klasse Letitia Els: 082 377 7728

Trompoppies Slegs vir Graad R dogters - word deur ‘n personeellid van die skool aangebied.

Monkeynastix Maandae 11:00 tot 11:30 Maryke Olivier: 072 618 2438

Page 11: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

11 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

Wenke aan ouers met betrekking tot aanpassing aan die begin van die jaar:

Ons weet dat afskeid in die oggende ‘n baie emosionele ervaring kan wees. Hier volg ‘n paar wenke

vir u as ouer:

U moet u kind so gou moontlik inlig oor sy nuwe begin. Praat positief oor sy skool,

Onderwysers en maatjies. Moenie u kind bang maak met skool nie!

As u kind elke dag skool toe kom sal die aanpassing soveel makliker wees. Kinders kan baie

maklik manipuleer.

Ondersteun die Onderwyser deur u kind aan te moedig om sy / haar samewerking te gee.

Skool moet vir hom / haar ‘n lekkerplek wees!

Moenie u kind indra by die hek nie, hou sy / haar hand vas en laat hom / haar self loop. Die

afskeid is dan makliker.

Vergesel u kind tot by die klas waar hy / sy hulle tassies moet bêre op die spesifieke plek

waar sy / haar simbool aangedui is.

Tref spesifieke reelings met u kind en sy / haar Onderwyser, wanneer u hom / haar kom haal.

Dit skep sekuriteit vir die kind en maak hom / haar vertroud met die hele dagprogram (veral

aan die begin van die jaar).

Afskeid is nie altyd maklik nie - groet en loop. Moenie vertoef indien u kind huil nie - dit gaan

net sake kompliseer.

Die Onderwyser is die gesagsfiguur in die klas. U kind moenie die situasie misbruik omdat u

as ouer hom / haar vergesel nie.

U kind moet in sy / haar klas agfehaal word. Hou sy / haar hand vas totdat hy / sy veilig in die

motor is.

Moenie beloftes aan u kind maak en dit nie nakom nie.

U kind moet in ‘n vaste roetine kom van spesifieke slaap- en opstaantye - dit vergemaklik

almal se taak.

Page 12: Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene ......Bestuurder: René Bekker Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool 082 921 6585 (Sel) 018 294 4634

Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls

April 2014 – Hersien 01

12 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek

Spreuke 16:9 – “n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”

Ontvangserkening van Inligtigingsdokument

Dit is noodsaaklik dat elke ouer op hoogte is met die inligting en algemene reëls van die skool. Indien

daar enige onduidelikhede bestaan, kontak ons onmiddelik.

Voltooi en stuur asseblief die onderstaande vormpie terug vir plasing op u kind se leer. U

samewerking word hoog op prys gestel.

Annetjie Oberholzer (Hoof)

René Bekker (Algemene Bestuurder)

Ek ___________________________ die ouer / voog van ___________________________ (Naam

en Van (kind) in drukskrif) het die inligtingsbrosjure en algemene reels noukeurig deurgelees, is op

hoogte met die inhoud daarvan en onderneem om dit na te kom.

_________________________________

Handtekening (Ouer / Voog)

__________________________

Datum