sosiale wetenskap · 12.2. 'n boot vaar van h na i. in watter twee rigtings sal hy moet vaar om by...

9
1 Plekke waar mense woon 1. Jy woon in 'n (landelike / stedelike) gebied. (1) 2. 'n Landmerk is iets wat uitstaan in 'n gebied. Omkring die mensgemaakte landmerke met groen. (2) 3. Verduidelik vir Piet die maklikste pad na die skool toe. Gebruik volsinne. (3) 4. Basiese behoeftes is dinge wat mense nodig het om te oorleef. Kyk na die lys van dinge en omkring die een wat nie 'n basiese behoefte is nie met pers. (1) S osiale W etenskap November 2015 Aardrykskunde / Geografie Naam: _________________________________ Totaal: (60) = ____ % Alle vrae word op hierdie vraestel beantwoord. Tyd: 60 minute ________________________________________ ________________________________________ ________________________________________ ________________________________________ ________________________________________ ________________________________________ ________________________________________ ________________________________________ ________________________________________

Upload: others

Post on 21-Oct-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 1

    Plekke waar mense woon

    1. Jy woon in 'n (landelike / stedelike) gebied. (1)

    2. 'n Landmerk is iets wat uitstaan in 'n gebied. Omkring die mensgemaakte

    landmerke met groen. (2)

    3. Verduidelik vir Piet die maklikste pad na die skool toe. Gebruik volsinne. (3)

    4. Basiese behoeftes is dinge wat mense nodig het om te oorleef. Kyk na die lys

    van dinge en omkring die een wat nie 'n basiese behoefte is nie met pers. (1)

    Sosiale Wetenskap November 2015

    Aardrykskunde / Geografie

    Naam: _________________________________

    Totaal: (60) = ____ %

    Alle vrae word op hierdie vraestel beantwoord. Tyd: 60 minute

    ________________________________________

    ________________________________________

    ________________________________________

    ________________________________________

    ________________________________________

    ________________________________________

    ________________________________________

    ________________________________________

    ________________________________________

  • 2

    Kaartvaardighede

    5. Teken die plan- en syaansig van 'n koffiebeker. (2)

    6. Wat is die funksie van 'n kaart se sleutel? Kies die beste antwoord. (1)

    a) Die sleutel sluit die voordeur oop.

    b) Die sleutel verklaar die simbole.

    c) Die sleutel sluit meer as een deur oop.

    7. Gebruik die roosterverwysing en skryf die woord neer wat versteek word. (1)

    Versteekte woord: _____________________________________________

    8. Bestudeer die kaart van Suid-Afrika. Benoem A – J. (½ x 10 = 5)

    A

    B

    C D

    E F G

    H I

    planaansig syaansig

    D2, E4, C2, E5, E4

    __ __ __ __ __

  • 3

    A- F-

    B- G-

    C- H-

    D- I-

    E- J-

    9. Beantwoord die volgende vrae deur gebruik te maak van die kompas en die

    illustrasie van 'n landelike nedersetting. (4)

    9.1. Die rivier lê _______________ van die twee vrouens wat daarin wasgoed

    was.

    9.2. Noord van die man wat op sy dak werk is daar 'n ___________________.

    9.3. Een vrou hang haar wasgoed op. Die fabriek is ________ van haar.

    9.4. In watter rigting stap die man met sy fiets? _______________________

    10. Pas die hoofstad en provinsie bymekaar. Skryf slegs die nommer langs die

    letter IN DIE BLOKKIE neer. (4)

    Provinsie Hoofstad

    A Wes-Kaap 1 Bhisho

    B Oos-Kaap 2 Pietermaritzburg

    C Mpumalanga 3 Kaapstad

    D KwaZulu-Natal 4 Mbombela

    A B C D

  • 4

    11. Bestudeer die kaart van die wêreld. Benoem A – J. (½ x 10 = 5)

    A

    B

    C D

    E

    F

    G H

    I J

    A- F-

    B- G-

    C- H-

    D- I-

    E- J-

    12. Gebruik die kompas en wêreldkaart en beantwoord die volgende vrae. (4)

    12.1. 'n Vliegtuig vlieg van F na J. In watter rigting vlieg hy? _______________

    12.2. 'n Boot vaar van H na I. In watter twee rigtings sal hy moet vaar om by I te

    kom en nie teen F te bots nie. ____________ en dan ________________

    12.3. A is (Noord / Suid / Wes) van F. Onderstreep die beste een.

    Voedsel en Boerdery in Suid-Afrika

    13. Beskryf in die vorm van 'n vloeidiagram hoe 'n koringkorrel in 'n smaaklike

    toebroodjie verander. Gebruik die vyf pyle wat voorsien is. Geen sketse! (5)

  • 5

    14. Plaas die volgende soorte voedsel in die regte kolomme. (½ X 8 = 4)

    appels koring suurlemoene mango's

    piesangs pere mielies lemoene

    SAGTEVRUGTE SITRUSVRUGTE TROPIESE VRUGTE GRAANKOS

    Water in Suid-Afrika

    15. Die aarde bestaan uit meer as 70% water. Hoekom het ons nie genoeg water

    op die aarde nie? (1)

    ________________________________________________________________

    16. Kyk na die voorstelling van die waterkringloop. Voltooi dit deur die

    ontbrekende woorde in te vul. (Gebruik asb. die regte woorde. Die son TREK

    NIE die water op nie!) (5)

    1.

    2.

    3.

    4.

    5.

  • 6

    17. Kyk mooi na die prent van mense wat water vermors. Gee drie wenke aan

    hierdie mense oor hoe om water te bespaar. (3)

    18. Noem drie plekke waar mense in Suid-Afrika hulle water vandaan kry. (3)

    ______________________________________________________________

    ______________________________________________________________

    ______________________________________________________________

    19. Miljoene mense kry elke dag hulle water uit krane. Hoe kom reënwater in ons

    krane? Voltooi die diagram deur slegs a, b en c in te vul. (3)

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    ______________________________

    •Mense bou damme in riviere. Reënwater versamel hier.

    Damme

    •________ maak die water uit damme skoon en veilig om te drink.

    a)_________ •Opgaardamme hou

    water skoon. Dit het gewoonlik 'n dak op.

    Opgaardam

    •Spesiale ___ stoot die water deur___ na plekke waar mense woon.

    b)_________ •Water bereik

    uiteindelik die krane deur___

    c)_________

  • 7

    20. Kyk na die prent van water wat besoedel word. Noem drie VERSKILLENDE

    maniere hoe water besoedel kan word. (3)

    a) _________________________________________________________

    b) _________________________________________________________

    c) _________________________________________________________

  • 8

    Memorandum (Graad 4)

    Eksamen 2015 (November)

    Aardrykskunde / Geografie

    1. landelike (hang af van waar die leerder woon)

    2. Madiba se standbeeld en Mount Rushmore

    3. Piet loop by sy huis uit en draai regs en onmiddellik weer regs. Hy stap dan verby

    die parkie aan sy linkerkant. Piet moet links draai waar die pad vurk en verby die

    winkel (Spar) loop wat aan sy regterkant sit. Hy loop nou reguit en die skool sal voor

    hom wees. (Drie punte vir drie bakens wat genoem is. Ander verduidelikings is ook

    aanvaarbaar)

    4. skoene

    5. planaansig = koffiebeker van bo gesien

    syaansig = koffiebeker van die kant af gesien

    6. B – Die sleutel verklaar die simbole

    7. yskas

    8. Benoem A – J

    A-Namibië

    B-Limpopo

    C-Noordwes

    D-Mpumalanga

    E-Noord-Kaap

    F-Vrystaat

    G-KwaZulu-Natal

    H-Atlantiese Oseaan

    I-Indiese Oseaan

    J-Wes-Kaap

    9. Rigting

    9.1. S of SW

    9.2. winkel / spaza / mobile / kafee / winkeltjie / padstal

    9.3. NO

    9.4. O

    10. Provinsie en Hoofstad

    A-3, B-1, C-4, D-2

    11. Benoem A – J

    A-Arktiese Oseaan

    B-Asië

    C-Noord-Amerika

    D-Europa

    E-Stille Oseaan

    F-Afrika

    G-Suid-Amerika

    H-Indiese Oseaan

    I-Atlantiese Oseaan

    J-Australië

    12. Rigting

  • 9

    12.1. SO

    12.2. S en W of SW en W

    12.3. N

    13. Elke pyl het een "bullet" in. Logiese volgorde is belangrik hier.

    Koring word gesaai en dit groei.

    Koring word geoes en na silo geneem.

    Meel gaan na 'n bakkery en dit word gemeng tot deeg.

    Deeg word in oonde gebak tot brood.

    Brood gaan na winkels waar ons dit kan koop en dan broodjies maak.

    14. Plaas voedsel in die regte kolom. Twee in elke kolom.

    Sagtevrugte = appels en pere

    Sitrusvrugte = suurlemoene en lemoene

    Tropiese vrugte = mango's en piesangs

    Graankos = koring en mielies

    15. Die meeste water op aarde is in die see. Die water in die see is baie sout. Ons kan

    nie die soutwater gebruik om te drink of ons plante nat te maak nie.

    16. Waterkringloop

    1. Son skyn warm op die see / dam / meer / rivier / watermassa.

    2. Verdamping vind plaas.

    3. Waterdamp styg op en koel af. Kondensasie vind plaas.

    4. Wolke vorm. Wolke raak al swaarder en swaarder.

    5. Neerslag (enige tipe)

    17. Enige drie aanvaarbare wenke. Voorbeelde:

    Stort eerder as bad.

    Was die hond / motor met 'n emmer en die die tuinslang nie.

    Maak die kraan toe terwyl tande geborsel word.

    18. Krane in die huis, gemeenskaplike kraan, rivier, boorgat, put, waterlorrie, dam.

    19. Hoe kom water in ons krane?

    a) Watersuiweringsentrum

    b) Pompstasie

    c) Pype

    20. Enige drie aanvaarbare maniere van besoedeling. Voorbeelde:

    Riool wat in die water in loop.

    Gifstowwe van gewasse spoel in die rivier in.

    Rommel word gestrooi en waai na die rivier toe.

    Wasgoed word in die rivier gewas. Seep en waspoeier besoedel die water.