spanwerk laat die droom werk - 2017 internasionale vrywilligers dag afrikaans

19

Upload: cansa-the-cancer-association-of-south-africa

Post on 22-Jan-2018

114 views

Category:

Health & Medicine


46 download

TRANSCRIPT

Page 1: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans
Page 2: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Wie is Vrywilligers?

• Vrywilligers kom vanuit alle vlakke van ons samelewing en almal is anders, maar almal is gewillig om te help, het harte wat omgee en hande wat gereed is om diens te doen.

• Hulle dien ander deur hul tyd en energie af te staan tot die voordeel van ander mense in hul gemeenskappe. Hulle beskou hul vrywillige werk as ‘n sosiale verantwoordelikheid en verwag geen finansiële vergoeding vir hulle werk en bydrae nie.

• As ’n nie-winsgewende organisasie maak ons baie staat op ons nagenoeg 7 000 opgeleide KANSA vrywilligers om ons in hul plaaslike gemeenskappe te help in ons stryd teen kanker.

“Vrywilligers word nie betaal nie – nie omdat hulle waardeloos is nie, maar omdat hulle van onskatbare waarde is!” - Sherry Anderson

Page 3: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

KANSA se Vrywilligers

• KANSA se vrywilligers word hoog op prys gestel. Ons vrywilligers help KANSA personeel by ons 30 KANSA Sorg-Sentrums landwyd om mense in hul plaaslike gemeenskappe meer te leer oor die belangrikheid van bewusmaking van:

– die tekens en simptome van kanker,

– gereelde siftingstoetse vir kanker en

– ‘n gebalanseerde leefstyl om kankerrisiko te verminder.

• Hulle verskaf ook sorg en ondersteuning aan kankerpasiënte en hul geliefdes en hulle help ook met administratiewe take en fondsinsameling.

Page 4: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Geaffekteer deur Kanker #GivingBack

• Baie van ons vrywilligers was of is persoonlik met kanker gediagnoseer en is self kankeroorwinnaars of hulle is deur kanker geraak oor geliefdes, vriende of kennisse wat met kanker gediagnoseer is.

• Ander doen vrywillige werk vir KANSA bloot omdat hulle wil help om die las van kanker in hul gemeenskap te verlig.

Sharon Fransman: “Kankeroorwinnaars het dikwels net iemand nodig om mee te praat en iemand wat gewillig is om te luister. As jy ‘n vrywilliger word, word jy een van die belangrikste en onmisbare reisgenoot van die persoon wat met kanker gediagnoseer is. ”

Page 5: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

KANSA se Vrywilligers

KANSA se vrywilligers word deeglik gekeur en opgelei en word ondersteun deur vrywillige Koördineerders.

Vrywilligers kan kies waar en hoe hulle diens wil doen volgens hul eiesoortige talente en vermoëns. Elke vrywilliger ontvang opleiding wat deur KANSA personeel behartig word. • Opvoeding of • sorg / ondersteuning of • voorspraak of • administrasie of • fondsinsameling

Page 6: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Waar KANSA Vrywilligers Help in die Stryd teen Kanker

Ons help jou om jou Kankerbehandeling te hanteer:• Meer as 30 KANSA SorgSentrums bied ondersteuning aan

nagenoeg 50 318 kankerpasiënte en hul gesinne in meer as 322 gemeenskappe met die hulp van 2 016 vrywilligers.

• KANSA bied sorg- en ondersteuningprogramme aan vir individue en groepe.

• Ons leen mediese toerusting om kankerpasiënte te help om kanker beter te hanteer (pruike, borsprostese en rolstoele).

• Ons gee advies en bied spesialis wondversorging aan.

• Stoma dienseenhede bied bekostigbare en omvattende stomaprodukte aan.

• KANSA bied tuisversorging aan kankerpasiënte

Page 7: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Waar KANSA Vrywilligers Help in die Stryd teen Kanker

Aanlyndiens en -ondersteuning

• KANSA eKickButt is ‘n aanlyn program wat mense help om op te hou rook.

• iSurvivor is ‘n reeks eposse wat 20 weke duur en dien as ‘n gids vir kankeroorwinnaars op hul reis met kanker: www.isurvivor.org.za

• KANSA se Hanteringsgids vir kankerpasiënte (CD en pamflet) verskaf inligting en praktiese wenke om kankerpasiënte te help.

• KANSA het Facebook groepe:

–“Champions of Hope” – vir kankeroorwinnaars,

– ‘CANSA Caring for the Carers” - vir mense wat kankeroorwinnaars (pasiënte) versorg

– “CANSA TLC” – vir kinders en hul gesinne

Page 8: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Waar KANSA Vrywilligers Help in die Stryd teen Kanker

KANSA Sorgtuistes en TLC Tuistes

• Weg-van- die-huis akkommodasie by ons 11 KANSA SorgTuistes en Theunis Fichardt Hospitum.

• Gesonde maaltye vir kankerpasiënte

• Gratis vervoer na en van sentrums vir kankerbehandeling.

• Ondersteuning van Kinders/Jeug en hul gesinne wat deur kanker geraak word.

• Verblyf vir ouers/voogde wie se kinders vir kanker behandel word in Pretoria, Durban en KANSA TLC Pediatriese Onkologie saal in Polokwane plus TLC Ondersteuningkamers in Kimberley en Port Elizabeth.

Page 9: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Waar KANSA Vrywilligers Help in die Stryd teen Kanker

KANSA Bewusmaking Veldtogte

• Gebalanseerde Leefstyl om die risiko’s van kanker te verminder

• SonSlim

• Geen tabak

• Mansgesondheid, Vrouegesondheid, Kinder- en Jeuggesondheid

• Omgewing – vermyding van karsinogene (agente wat kanker veroorsaak)

Page 10: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Phakamisa – Bemagtiging van Plaaslike Vrywilligers om Kankerpasiënte te help

• Die Phakamisa-projek is in April 2011 van stapel gestuur en word in samewerking met AstraZeneca Pharmaceuticals en KANSA.

• Die doel van die projek is om die SA gesondheid- en versorging-sisteem te ondersteun deur hulp van die openbare sektor om te verseker dat effektiewe diagnose, behandeling en bestuur in plek gestel word vir die mees algemene kankers onder mans en vroue in Suid-Afrika – borskanker en sedert 2017 prostaatkanker.

Phakamisa bied geleentheid aan vir vrywilligers om te spesialiseerin die ondersteuning van pasiënte met borskanker en die projek bemagtigvrywilligers met kennis en vaardigheidtegnieke.

Sedert die aanvang van die projek het 546 vrywilligers ingeskryf en opleiding ontvang om

gemiddeld 647 pasiënte per maand te ondersteun.

Page 11: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Vrywilliger statistieke

• 3 Besigheidseenhede Rade

• 32 Streeksbestuur Komitees

• 238 funksionele Skakelkomitees

• 72 Komitees in ontwikkelingsfase om volle funksionele Skakelkomitees teword.

• 2 311 Lede in vrywilliger leierskap komitees, 57% van kleur, 43% wit

• 4 995 gekontrakteerde vrywilligers (leier vrywilligers ingesluit)

• Nagenoeg 4 995 bygestaande ad hoc vrywilligers tydens spesifieke projekteof funksies

• 249* Gegroepeerde oriënteringskursusse is aan nuwe vrywilligersaangebied (*3-5 dorpe/gemeenskappe gegroepeer om koste-effektiewevrywilligeropleiding te verseker)

• 1 090 in-diens opleiding werkswinkels aangebied aan vrywilliger groepe

Page 12: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

KANSA Erkennings van Uitstaande Vrywilligers - Mariëtte Loots Toekenning

Die jaarlikse Mariette Loots Cancer Trust Awards vereer op nasionale vlak die toewyding van KANSA vrywilligers wat kankeroorwinnaars bystaan. Nominasies in KANSA se streke landswyd word gestuur nadie Mariette Loots Trust se keurkomitee. Hulle kies elke jaar die wenners op merieteen twee hoof pryswenners word gekies op grond van ’n deeglike gradering.

KANSA vereer al ons toegewyde vrywilligers wat as kampvegters in die stryd teen kanker baklei want ons weet hierdie onbaatsugtige mensegee soveel van hulself en hul tyd om ons te help om kanker te beveg.

Page 13: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Spanwerk laat die Droom WerkPromosie oor Gesondheid

Help ons met ons maandelikse veldtogte oor hoe om die risiko’s van kanker te verminder.

Help deur praatjies te lewer, uitstallings op te stel en met die verspreiding van plakkate en pamflette.

Page 14: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Spanwerk laat die Droom WerkSorg en Ondersteuning van Pasiënte

Help met tuisversorging van kankerpasiënte en gee raad en leiding aan geliefdes oor mediese toerusting, prosteses, die verhuring van pruike of fasiliteer ondersteunings-groepe

Page 15: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Spanwerk laat die Droom WerkVoorspraak

Help KANSA om te veg virdie pasiënt se reg om bekostigbare medieseversorging en behandeling teontvang.

Page 16: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Spanwerk laat die Droom WerkFondsinsameling

Ons het hulp nodig om jaarliks suksesvolle veldtogte en funksies te organiseer en aan te bied om fondse vir KANSA in te samel. Befondsing stel ons in staat om voort te gaan met ons dienslewering aan kankerpasiënte en hul geliefdes.

Page 17: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Spanwerk laat die Droom WerkAdministrasie / Bemarking

• Help ons om ons span se werksaamhede te organiseer en help hulle wat ons hulp en ondersteuning nodig het met’n vriendelike glimlag.

• Jy kan ons ook help om ons dienste, veldtogte en funksies te bemark om ons in staat te stel om soveel as moontlik in aanraking te kom met mense wat deur kanker geraak word.

Page 18: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Spanwerk laat die Droom Werk

Help ons om die stryd teen kanker te wen in die omgewing waar jy woon deur jou plaaslike KANSA SorgSentrum as ‘n KANSA vrywilliger te ondersteun.

Is JY gereed om aan te sluit by ons KANSA span?

Ons hoor graag van jou !• FAQs – KANSA Vrywilligers

• 10 Redes waarom JY ‘n Vrywilliger moet word

• KANSA SorgSentra kontakbesonderhede

• Teken aanlyn in as ‘n Vrywilliger

#TogetherWeAreStronger

#MakeADifference

Page 19: Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Vrywaring:Terwyl die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) elke voorsorgmaatreël getref het met die samestelling van hierdie aanbieding, kan dit of enige bydraer(s) tot hierdie aanbieding nie verantwoordelik gehou word vir enige optrede (of die gebrek daaraan) wat deur enige persoon of organisasie waarookal hulle gebaseer is, as 'n gevolg, direk of andersins, van inligting vervat in, of bekom is deur middel van hierdie aanbieding.