sparkle #1 hk addition
DESCRIPTION
ÂTRANSCRIPT
SPARKLE:
Van Toeka tot
nou…
Reporting for Duty
Uitgawe 1 - 2015
Brief van die Redaktrise
Goeie dag dames van Bellatrix, of sal ek eerder se TRIXIES. Dit is met
groot opgewondenheid dat ek my eerste brief as redaktrisie van
Bellatrix se Sparkle skryf.
In die lewe raak „n mens dikwels so besig dat „n mens gefokus bly op
die toekoms en vergeet dat jy iewers moes begin. Om HK te kry is
opwindend en herriner my dat ek in hierdie koshuis begin het as „n
bang eerstejaars. In hierdie koshuis het ek my identiteit gevind en groei
ek elke dag saam met julle aan my sy.
Aan my mede HK – lede ek rig hierdie eerste uitgawe van my termyn
aan julle. Onthou waar julle begin het en “stay humble”. Daarom het
ek dit goed gedink om hierdie uitgawe te wy aan die blink sterre wat
hierdie koshuis gemaak het wat hy vandag is.
Ek hoop julle geniet hierdie uitgawe
Al my liefde
Chane
Gedig uit Huis Bellatrix:
Huis Bellatrix
Wat ‘n groot voorreg om deel te kan wees,
en immers ek is bevrees.
Ons is almal oud genoeg,
om in die more te wroeg.
Hierdie jaar is ast’ware my lekkerste jaar ooit,
wat vriende betref.
Ek het dit al ‘n rukkie terug besef.
Ons is Uniek en het op ‘n snaakse wyse tot stand gekom.
Hier volg die gebeure in kort opgesom.
Eers was ons net twee, en het baie gekuier.
Toe kom Generaal die 3de vriendin ingeluier.
Dit is nou Leandri se bynaam,
maar sy is glad nie skaam.
Op ‘n strand stappie het ons haar gevind,
waar die mooiste sonsopkoms haar oe verblind,
vir Trich het ons gese, sy moet bietjie meer met ons kuier,
natuurlik kon sy nie weier.
Nou ja, dis in kort wat gebeur het,
en die journey saam is vreeslik pret.
‘n Road trip het ons meegemaak,
wat ‘n sosiale taak was vir ons vriendin Inge.
Sy bring toe maar vir Maritsa saam wat finansies moes hanteer.
Nou goed hier volg die posisies:
Nelene is ons Prim van Huis Bellatrix
Dan is Krich ons sosiale HK lid
sy sorg vir die sosiale gebeure.
Thabi is die Aktuele HK lid, wat in die toekoms geheime gebeure sal laat
geskied.
Dan Chane sy is ons Jool HK lid. (JOU onbaatsigtige opoffering vir
liefdadigheid)
Sy doen alles vir liefdadigheid.
Ons het ongelukkig nie ander HK lede, maar dit is onder bespreking wie
nog verantwoordelikhede moet kry.
Hoop jul het lekker gelag,
geniet die dag.
‘n Gesprek met die skitterende sterre wat
ons melkweg betower het nie so lank gelede
nie…
Johesma van der Linde
HK 2011-2012
Zanme Burger
1. Wat het Bellatrix vir jou beteken?
Bellatrix was vir my `n huis.`n Huis is `n plek waar jy as persoon liefde,
ondersteuning, sekuriteit, stabiliteit en vreugde ervaar. Bellatrix het `n omgewing
vir my geskep waar ek myself as jong dame kon vind met die geleenthede om te
groei en my potensiaal te bereik. Vir 5 jaar het Bellatrix vir my beteken om deel te
wees van `n suster-bond en meer as dit kon ons ook saam lag, saam werk, saam
huil, saam bid, saam lief hê en saam die PUK geniet het.
2. Wat het jy geleer in jou termyn op die HK?
Daar is so baie wat ek oor my HK-termyn kan onthou asof dit gister was.
Herinneringe van al die goeie en nie so goeie episodes wat als op die ou einde
van die dag my termyn onvergeetlik gemaak het. Deur elke nuwe stap van jou
termyn is daar nuwe uitdagings en verwagtinge met nuwe lesse om te leer. Daar
is twee goed wat tot vandag toe `n verskil in my lewe maak.
a) Om as `n span saam te werk is nie altyd maklik nie. Almal het hulle eie idees
van hoe `n ding gedoen moet word. Vandag weet ek dat as ek nie `n span
van 9 ander dames/sussies en ons koshuisouers gehad het nie, sou die
termyn nie so suksesvol of die moeite werd gewees het nie. Jou span is jou
ondersteuning basis, dis waarop jy die res van jou steune bou.
b) Om as HK gekies te word sit jou in `n posisie waar jy gaan moet lei. Ek het
baie vinnig geleer dat die heel belangrikste is nie noodwendig wat jy jou span
vra om te verrig nie, maar hoe jy hulle vra.
“A leader has to earn that title. You aren‟t a leader just because you‟re the
best player on the team, the smartest person in class, or the most popular. No
one can give you that title either. You have to gain the respect of those
around you by your actions.” M. Jordan.
3. Wat is jou gunsteling herinneringe van Bellatrix?
Die heel eerste herinnering is hoe ek as eerstejaar op die bib se gras gestaan en
wag het vir ons HK vir ons eerste ontmoeting. Ek onthou hoe die onsekerheid
deur my gevloei het, dat my hande nat gesweet was en ek gebewe het en
terselfdetyd kon ek die opgewondenheid nie keur nie. Die dag waar ek een van
die 10 was wat aangestap gekom het en 350 eerstejaar dames vir ons gestaan
en wag het op die bib se gras. Eerstejaarskonsert, sportdeelname (letterlike alle
sport), toneel, koshuis aksies baie spesifiek “zoep”-week, verlowings aksie, trou
aksie, O&B-aksies, HK-vakansie , JOOL-week en so kan ek aangaan. Dis
moeilik om een uit te sonder, want elke dag het nuwe herinneringe gebring en
die beste deel van dit was die mense saam wie ek dit gedeel het, my sussies, my
koshuis, Bellatrix.
4. Het Bellatrix jou lewe beïnvloed?
Mense en dinge kom en gaan elke dag van jou lewe maar familie bly. Bellatrix
het verseker my lewe beïnvloed en verander. Hier het ek lewenslesse geleer,
vriendskappe gebou, grootmens geword, verantwoordelikheid geleer, geleer hoe
om jou mede mens te aanvaar, lief te hê en te respekteer. Bellatrix het my geleer
om op te staan vir wie ek is en wat ek glo en deur dit het dit my hele toekoms vir
die res van my lewe beïnvloed en verander.
5. Hoekom sal jy meisies steeds aanmoedig om deel te wees van Bellatrix?
Bellatrix het my lewe op die NWU-Puk die moeite werd gemaak.
Dit het “lekker” in graad kry gesit;
Dit het my `n Potch-familie gegee;
Dit het my vriende vir `n leeftyd gegee;
Dit het my, my gemaak.
Ek was nie net nog `n nommer in `n koshuis gewees nie, maar `n individu wat
haar self kon uitleef en mense kon aanraak. Die Blou Masjien in my opinie sal
altyd die beste wees!!!!!!!
6. Het jy enige advies vir die nuwe HK?
Eerstens, baie geluk met jou verkiesing tot die Huis Komitee. Dit is `n rowwe tyd
wat voorlê wat jy nooit vir enige ites in jou lewe sal verruil nie. Respekteer
mekaar, gee jou beste, werk saam, huil saam, lag saam en partytjie saam,
Geniet elke oomblik hiervan en onthou dit is `n voorreg en nie „n reg nie. Jy is
besonders en onthou dat jy kan kies om `n sukses van jou toekoms te maak deur
God aan die stuur te sit.
Fil4:13 “ Ek is tot alles instaat deur Hom wat my krag gee.”
Annuscke Nuka Hoops
1. Wat het Bellatrix vir jou beteken?
Bellatrix was nie net my koshuis nie, almal daar was deel van my familie, vriende en wie
ek is, die mense wat 4 jaar se universtiteit loopbaan gemaak het wat dit was. Saam wie
ek kon lag, huil, wen en verloor op die sportveld. Bellatrix beteken vir my liefde, omgee
en ondersteuning.
2. Wat het jy geleer tydens jou termyn op die HK?
Dat ek altyd „n plan B moet hê en selfs „n plan C en dat krisiskontrole wel „n woord is.
Ek het myself beter leer ken tydens my termyn.
3. Wat is jou gunstelling herinneringe van Bellatrix?
“Zoep”-aksie saam met Excelsior, HK-vakansie en sportbyeenkomste.
4. Hoekom sal jy meisies steeds aanmoedig om deel te wees van Bellatrix?
Want Bellatrix is nie net „n koshuis nie, maar „n sustersbond, die plek waar jy jou
lewensvriendinne ontmoet.
5. Het jy enige advies vir die nuwe HK?
Gaan groot en doen alles voluit! Dis „n voorreg om te wees waar julle nou is, glo my,
ek het goed tydens my termyn geleer wat ek tot vandag toepas. Maak tyd vir jou
mense al is jy hoe besig en beste van alles geniet dit ten volle!
Lizke Kritzinger
1. Wat het Bellatrix vir jou beteken?
Bellatrix was vir my „n vesting. Enige mens het „n behoefte om aan iets te behoort-
en Bellatrix was daardie “iets” en nog vele meer. Dit het vir my daardie sekuriteit van
familie en susters gebied.
2. Wat het jy geleer in jou termyn op die HK?
Tydens my HK-termyn het ek geleer dat harde werk beloon word. As mens enige
iets wil bereik in die lewe, moet mens kan hard werk en die mense wat saam jou
werk te respekteer. Alleen staan mens nie „n kans nie.
3. Wat is jou gunsteling herinneringe van Bellatrix?
O&B tydens my HK-termyn.
4. Het Bellatrix jou lewe beïnvloed?
Bellatrix het verseker my lewe beïnvloed- dit bied mens enige geleentheid waaraan
jy kan dink, mens moet net braaf genoeg wees om dit te gaan aanpak.
5. Hoekom sal jy meisies steeds aanmoedig om deel te wees van Bellatrix?
Ek sal enige iemand aanmoedig, want mens kan nie „n gesonde, behoorlike en
lekker studentelewe hê as mens nie aan „n koshuis behoort nie, en Bellatrix was nog
altyd die koshuis waar ons waardes en Christenskap „n prioriteit was om so alles vir
mens te bied!
6. Het jy enige advies vir die nuwe HK?
Werk in liefde! Wees altyd opreg en eerlik met mekaar- en gun almal hulle stukkie
son. Maak seker God bly die middelpunt.
HK 2012- 2013
Rouchelle Eksteen
1. Wat het Bellatrix vir jou beteken?
Ek het Bellatrix gekies oor die goeie beeld wat ons koshuis het. Ons staan bekend
as dié dameskoshuis op kampus. Dit is net „n ander klas dame by Bellatrix. Ek het
by Bellatrix aangebly omdat dit soos familie geword het.
2. Wat het jy geleer in jou termyn op die HK?
Ons het net gestaan vir dit wat reg is.
3. Wat was jou gunsteling herinneringe van Bellatrix?
My gunsteling oomblik, sjoe, ek sal eerder sê dit is „n klomp herinneringe van 5 jaar
wat my hele Bellatrix “journey” gemaak het. Sjoe, die beste tye, vriendinne en
grootste trots in my hart wat veraltyd sal bly.
4. Het Bellatrix jou lewe beïnvloed?
Ek het tydens my 3 termyne op die HK geleer hoe om situasies te hanteer, om
besluite te maak in moeilke tye, geleer hoe om leiers te volg, en toe ook om die een
te wees wat ander moet lei. My motto bly altyd… “volg my, ek‟s agter jou”… wyse
woorde van Prof Wannie wat my gelei het. Bellatrix was die plek waar ek myself kon
vind en aanvaar word vir wie ek is. Waar ek my beste vriendinne gemaak het, en
ook die beste “memories” gebou het. Bellatrix is „n koshuis wat verewig in my hart
sal bly. Ek “love” ook die verskil wat ons gemaak het saam in mekaar se lewens,
maar ook by SJGD waar ons harte kon aanraak.
5. Hoekom sal jy meisies steeds aanmoedig om deel te wees van Bellatrix?
Ja, ek sal steeds meisies aanwys na Bellatrix, want ek glo en weet ons missie en visie
is steeds op dreef. Ek ken ook nog baie van die meisies en weet die koshuis is in baie
goeie hande.
6. Het jy enige advies vir die nuwe HK?
Vir die nuwe HK… Girls, welkom by die tyd van jou lewe. Geniet elke oomblik ten volle,
as jy weeT wat jy wil bereik en wat jou droom is vir jou termyn gaan voluit daarvoor, jy
kan dit bereik en meer. Moet nooit die groot rede vergeet hoekom jy besluit het jy wil die
koshuis dien op die HK nie. Die manier hoe jul mekaar en die res van die koshuis laat
voel is wat almal gaan onthou, nie wat jy gesê het nie of wat jy gedoen het nie. Mag
hierdie jaar een van die bestes wees, mag dit altyd gaan oor wat julle tussen mekaar
bereik… prestasie is net „n bonus en nie „n moet of enigste rede nie.
Inez Engelbrecht
1. Wat het Bellatrix vir jou beteken?
Bellatrix was my huis op universiteit waar ek kon deel wees van „n groep dames wat
almal dieselfde belange as ek gehad het. Dit is „n onbeskryflike gevoel om deel te wees
van so iets, en as jy dit nie self ervaar het nie, dink ek nie jy sal ooit verstaan nie. Dit is
daai vriendinne wat jy maak, “sleepovers”, kultuuroefeninge, sportondersteuning ens.,
wat elkeen sy bietjie trots en liefde in jou hart kweek vir die koshuis. Bellatrix het vir my
baie beteken, en doen nogsteeds. Ek hou julle dop, al is ek nou „n werkende dame. Dit
was en sal altyd lekker wees om te sien hoe Bellatrix vir ander dames beteken wat dit
vir my het, terwyl ek daar was. Dit is iets “amazing” om te sien hoe dames van
verskillende agtergronde, kulture en dorpe almal “een” blou masjien van liefde word.
2. Wat het jy geleer in jou termyn op die HK?
Ek was bevoorreg op 2 termyne op die HK te wees en dit was 2 jare wat heeltemal
die teenoorgestelde van mekaar was. My eerste termyn as Kultuur HK en Onderprim
was meer “sorgloos” as ek dit so kan stel. Ek het gelewe om die beste produksies op
die plankte te bring en soveel moontlik dames betrokke te kry en my liefde vir kultuur
te ervaar en daarin saam te deel. My termyn as Prim was moeiliker, eweskielik het jy
die koshuis se besluite om te neem en jy is verantwoordelik daarvoor. Dit was baie
minder “sorgloos”, maar steeds „n belewenis. Die termyn was vol uitdagings met
nuwe sisteme, nuwe koshuisouers, nuwe ALLES. Dit het my geleer dat dit meer as
oraait is om soms te sukkel, want die lewe gaan nie altyd maklik wees, met die dinge
waaraan ons gewoond is nie, en dat verandering iets is wat SAL gebeur of jy nou
daarvan hou of nie. Die 2 termyne het vir my verskillende vaardighere geleer wat ek
daagliks nog toepas in my werksplek en lewe. Al was dit nie altyd maklik of lekker
nie, is dit wat dit behels om „n leier te wee. Ek sal dit vir niks verruil nie.
3. Wat is jou gunsteling herinneringe van Bellatrix?
Sjoe, daar is te veel om te noem…
Ek dink opsommend was my 4 jaar in Bellatrix my gunsteling. Elke vriendin wat ek
gemaak het, elke Trixie wat my pad gekruis het, het op „n manier „n verskil in my lewe
gemaak. As ek „n paar moet uitsonder, sal dit my primgroet moet wees- dit was vreeslik
mooi. Dan is daar natuurlik ook herinneringe van aksies, hetsy nou „n sosiale aksie of
kultuur of sport aksie was- vir my was elke aksie iets spesiaal en n geleentheid om die
dames te leer ken en deur dit iets van myself as person ook te leer ken.
4. Het Bellatrix jou lewe beïnvloed?
Soos ek bo genoem het, het Bellatrix my lewe op baie maniere beïnvloed. Ek het
weggestap na 4 jaar op die PUK met kosbare herinneringe en lewenslesse wat ek nie
sou gehad het as dit nie vir Bellatrix as „n geheel was nie. Dis meer as „n koshuis, dis „n
huis, „n veilige vesting waar jy jouself “vind.” Ek is dankbaar vir elke liewe les wat ek
deur die koshuisondervindings kon leer, dit het my „n sterker en gelukkiger mens
gemaak.
5. Hoekom sal jy meisies steeds aannmoedig om deel te wees van Bellatrix?
Hoekom? Vra jouself eerder die volgende, hoekom sal jy nie deel wil wees van Bellatrix
nie? Hoekom sal jy nie deel wil wees van iets wat nie beskryf kan word tot jy dit self
ervaar nie? Ek sal elke dame aanmoedig om deel te wees, soveel as wat ek kan. “Jaaa
okay” ek ken die oudste verskoning in die boek- “my akademie is te veel, ek kan nie
cope met koshuis en akademie nie.” Dames, jy jok vir jouself. Hoe meer jy doen, hoe
meer kan jy doen. Ons almal kort „n breuk van akademie af en daar is geen beter
manier om dit te spandeer as om betrokke te wees by Bellatrix nie.
6. Het jy enige advies vir die nuwe HK?
Girls, my grootste stukkie advies wat ek kan gee en hoop dat julle dit ter harte sal neem:
Moet nooit vergeet wie jy is nie, hoekom jy HK gestaan het nie, en hoekom jy in Bellatrix
is nie. As jy deur jou hele termyn kan gaan en nogsteeds weet wie jy is en jou besluite
kan regverdig is jy op die regte pad. Jy gaan baie kritiek van alle kante af kry, van
mense wat dink hulle kan dit beter as jy doen of jou keuses bevraagteken (Die hoogste
bome vang die meeste wind). Vir jou my liewe HK sussie wil ek vertel dat God jou in die
posisie geplaas het vir „n rede, as Hy glo dat jy in staat is om van die termyn „n sukses
te maak, wie is ons om daaroor te wonder of in onsself te twyfel? Jy het hierdie. Wees
jouself. Bid oor jou besluite. Hou vas aan God en moet nooit, ooit vergeet om elke
oomblik te geniet nie. Elke ondervinding gaan vir jou iets beteken en jou iets leer. Om te
wen is lekker, ek weet, maar soms wen ons in ander maniere, soos geestelike verryking
of vrede of 10 dames se lewens verander. Dit my liefste mense is meer kosbaar as
enige iets ander.
Baie sterkte met julle termyn. “I‟ll be watching you.” Ek is klaar trots op julle.
Soemie Koen
1. Wat het Bellatrix vir jou beteken?
Ek het nog my skatte getel as goed wat loop op 2 bene, en in Bellatrix, het ek
ongelooflik baie skatte gekry… baie ook onverdiend… Hulle sê altyd jy moet PUK toe
gaan om jou man te ontmoet, maar ek het geleer as jy bruidsmeisies wil hê, moet jy
Bellatrix toe gaan… en in my geval het ek dan so ook my hopenlike man gekry. Hier het
ek hartsvriendinne gemaak en herinneringe gebou om boeke oor te skryf… die koshuis
het ook vir my ongelooflik baie deure oop gemaak en my op soveel maniere toegerus
vir die lewe, dat ek met eerlikheid kan sê ek het in 2011 ingestap as die berugte “door”
met die vreemde hare wat „n “onwettige” FB-blad gestig het en ek stap nou 5 jaar later
uit as „n dame wat gevorm en geskaaf is deur harde werk, trane en lag en ek kan sê ek
is reg vir die grootmens lewe… te danke aan die voorreg wat ek gehad het om „n Trixie
te kon wees.
2. Wat het jy geleer in jou termyn op die HK?
Ek het in my termyn geleer dat „n mens nie altyd alles kon doen nie, dit is regtig okay
en baie nodig om ander mense te vertrou om jou te help met jou dingetjies. Ek was
bevoorreg genoeg om goeie vriendinne te hê, wat my geleer het dat mens nooit, ooit
te besig kan wees om vining te stop en regtig te vra hoe dit met iemand gaan nie,
ondersteuning en vriendelikheid is „n ruil transaksie. Ek het ook geleer dat as jy nie
in jouself gaan glo nie, gaan niemand anders dit doen nie, aan die einde van die dag
kan jy net dit regkry wat jy glo en bid jy kan.
3. Wat is jou gunsteling herinneringe van Bellatrix?
Sjoe, my gunsteling herinneringe is moeilik as jy aan die einde van 5 baie
verskillende jare staan, met baie verspotte en spesiale oomblikke, so ek het „n paar
gunstelinge… Die “ridders” van Excelsior, om aangekondig te word as HK-lid, “Hot
Chocolate en STOOM”- oomblikke saam Rouchelle in die Kantoor, ZOEP, HK-
vakansie en SJAKA ROEM, “doorsindroom”-fotosessies saam die De Beer-sussies,
verloor alle inhibisie en dans soos “squezas” by die dinee saam Mienie, Op „n Punt
van INLIGTING… GERTJIE die Brandweer Ertjie is NIE groen NIE… etes by Dok en
Tannie Martha.
4. Het Bellatrix jou lewe beïnvloed?
Daar bestaan nie iets soos om onveranderd uit Bellatrix uit te loop nie… die koshuis
het my op baie maniere gevorm, ek het geleer om waarde aan mense te heg, wat
ware vriendskappe is en so ampertjies aan die einde van my studies deur daardie
ware vriendinne, wat ware liefde ook is. Ek het geleer dat om „n dame te wees oor
meer as „n mooi rokkie en hakke gaan, maar dat dit iets is wat jy in jou hart dra.
Deur die koshuis het ek soveel “mentors” ontmoet en soveel gegroei soos ek op
geen ander plek sou kon doen nie.
5. Hoekom sal jy meisies steeds aanmoedig om deel te wees van Bellatrix?
By my eerste opedag as bang, onseker werwingskomitee-lid, het ons koshuisma vir
my gesê: “Jy hoef niemand regtig te oortuig om Bellatrix toe te kom nie, die regte
menses al vanself tuis voel.” Dit is iets wat ek nog elke jaar ervaar en dit is wat
Bellatrix vir my op „n pedestal sit bo die res… wie ook al jy is… hier kan jy tuis kom
voel.
6. Het jy enige advies vir die nuwe HK?
Advies 1: Die koshuis het genoeg in jou geglo om jou te kry waar jy nou is, glo nou
genoeg in jouself om jou besluite en “gut feelings” te vertrou. Advies 2: Vat kanse en
waag iets nuut… as Prof Wannie nie iets nuuts gewaag het nie, sou ons nooit
bestaan het nie, so vat „n kans en maak dit werk. Advies 3: Werk hard, maar moenie
vergeet om dit ook te geniet nie. Advies 4: Wees altyd voorbereid vir alles, en mooi
lippies en oorbelle doen wonders selfs as jy moeg is.
Die nuwe generasie STERRE…. Want ons kan
Ready for Duty
The time is now… STEP UP OR STEP OUT