spore uitgawe jaar 10 uitgawe 1 april 2016...april 2016 jaartal 10 uitgawe 1 2 pitkos 2 redaksionele...

23
SPORE Uitgegee deur SAWA Luiperds April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

SPORE Uitgegee deur SAWA Luiperds

April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1

Page 2: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

2

Pitkos 2

Redaksionele 2

Humor 2

Dagsê Luiperds 3

Diere rubriek 3

Tiener hoekie 4

Tegnies 5

Luiperd Ou-baarde 6

Welpieklub 7

Interessante feite/geite 7

Kampnuus

Bush-Inn 8

Oop NUB Bush-Inn 11

Badplaas 12

Presidente—Klipdraai 14

Kaia Manzi 100+ 18

Algemene Inligting

Voorlopige besprekings 19

Vir die Boskok 19

Lief & Leed 19

Spoghoekie 20

Voorraadbeampte 21

Verjaarsdae 22

Huweliksherdenkings 22

Bankbesonderhede 22

Voogde met hul lede 23

Bestuur kontakinligting 23

Pitkos Nadenke in Paastyd Ek moet eerlik wees. Ek ken myself. Ek sou miskien nie in die skare

gewees het wat geskreeu het “Kruisig Hom! Kruisig Hom” nie. Of sou ek?

Miskien sou ek meer soos ‘n Pilatus wees— besluitloos, iemand wat swig onder druk, iemand wat tog net nie my aangesien en posisie in gevaar sou wou stel nie.

Ek reken dat terwyl Hy strompelend sy kruis na Kopbeenplek gedra het, ek my wel iewers uit nuuskierigheid in die bondel sou bevind. Ek sou seker maak dat ek op só ‘n afstand beweeg dat ek nie gevra sou word om Hom te help dra nie.

Ek dink ek sou ook onkrities op ‘n afstand bly staan het toe hulle die spykers deur sy hande en voete geslaan het. En ek vermoed ek sou in my gemoed iewers in on-sekerheid geweifel het tussen “Hy verdien dit” en “wie is Hy regtig”? En “dit traak my nie”.

Ek dink om twaalfuur, toe Hy sy laaste asem uitgeblaas en daar duisternis oor die land gekom het, sou dit donker word in my gemoed. Ek sou onseker wees. Miskien bang. Miskien sou ek wonder oor die vraag: “Wie was Hy?”

Ek wonder of ek enigsins by die tuingraf sou opdaag? Ek dink nie ek sou met blomme of enige eerbetoon opdaag nie. ek sou vir seker nie met enige verwagting an-ders as die dood opdaag nie.

Ek moet eerlik wees. Ek ken myself. As die Gees van God nie my oë oop

gemaak het nie, as die Gees van God nie my hart verwarm het nie, sou ek van hierdie gebeure niks verstaan het nie, sou dit my geensins geraak het nie, of sou ek in my gemoed bly weifel het.

Ek moet eerlik wees. Ek ken myself. As die Gees van God nie my oë oop

gemaak het nie, as die Gees van God nie my hart verwarm het nie, sou ek nooit voor Hom buig met die belydenis: “Jesus, U is waarlik die Seun van God. Jesus, my Here en my God.

Bron: Springgety Deur: Smuts van Rensburg

Redaksionele Kommentaar Luiperds. Nog ‘n winter wat op hande is. So

berei ons onself weer voor vir die koue wat op pad is. Die stoompot het al begin werk om sop te maak vir die koue en donkerdae wat voorlê. Die donkerdae is natuurlik die “beurtkrag”. Iets waarvoor ek nie juis voor uitsien nie, hoe verstaan die kinders dan nou dat daar nie krag is. Gelukkig is ons kampers, daar is gasstofies, gas lampies en baie kerse en deesdae sonkrag liggies wat baie goed werk. Ek wil net weereens baie dankie sê vir die lede wat vir my inligting stuur om in die Spore te gebruik. Dit help my baie. Luiperds hou so aan en stuur vir my inligting asseblief

Groete Maryke Storm

Humor Die humor van die senior

burgers laat my lekker lag!!!!

‘n Ou Oom wat sy 80ste verjaarsdag al ‘n paar jaar gelede gevier het vertel my die storie:

Die Wens van ‘n Ou Mens!!! • Op 20 wil ‘n vrou romanties wak-ker word • Op 30 wil sy getroud wakker word • Op 40 wil sy ‘n ryk vrou wakker word • Op 50 wil sy ‘n suksesvolle vrou wakker word • Op 60 wil sy tevrede wakker word • Op 70 wil sy gesond wakker word • Op 80 wil sy net flippen wakker word

Toe vra hy my, my kind – wat be-teken flippen?

Voorblad Welpies Fotograaf : Ian Storm Plek: Badplaas Nikon D3100

Redaksie: Redaktriese Maryke Storm Medewerkers Senior Burgers Phillip Opperman Diere rubriek Francois Storm Jeug Lizinda de Kock

Page 3: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

Dagsê Luiperds... Kan jy glo?? Kan jy wat glo??? Dit is alweer daai tyd van die jaar! Die bome begin

hulle blare afgooi en die nagte raak al langer wat beteken die somer is al amper iets van die verlede en die winter het ons so stadig aan begin bekruip. ‘n Mens kan dit aan jou lyf voel dat die nagte en vroeg oggende nou begin kouer word!

Dis seker die lelikste tyd van die jaar waar die som-er nou begin plek maak vir die winter. Soos dit maar gewoonlik gaan kies ons (Die Luiperds), ons winter kampe by plekke waar die klimaat meer geleë is vir kamp en kuier. Die Somer kampe het goed afgeskop en is goed bygewoon in die nuwe jaar en dit is amper moeilik om te glo ons is alweer in April.

Die afgelope Presidente was weereens ‘n groot sukses en die Luiperds het hulle weer laat geld by die gedugte saamtrek. Die hamburger verkope was weereens ‘n groot sukses en daar is al-tesaam R3550 ingesamel vir die nasionale kas. Daar was dan ook heerlik gekuier met al die Sawa vriende vanuit ander streke en hegte vriendskapsbande is gesmeë. Ek wil ook vir ieder en elke luiperd dankie sê vir maak van die ham-burgers, om 250 burgers te maak in so ‘n kort tydjie wil gedoen wees!!!

Maryke Storm is dan ook eenparig verkies as die Luiperds se nuwe sekretaris na die skielike be-danking van ons vorige sekritaris. Ons wil dan vir haar ook net sê baie geluk en welkom in jou nuwe hoedanigheid en sê sterkte met die taak op hande. Die Jaarprogram is al mooi deurgwerk en die kampe wat gereël was, is goed bygewoon deur ons lede. Ek wil ook graag elkeen wat die moeite gedoen het om te kom kamp bedank vir die positiewe gees en gesindheid waarmee daar gekamp is.

Ons volgende kamp is in die wildtuin, te Berg & Dal en dan is dit Badplaas die einde Mei, die kostes beloop R 300.00 per nag vir 4 persone so be-spreek so vroeg as moontlik asb. Daarna is dit die gebiedstoer berge toe. Die tyd vlieg so vinnig verby en voor ons, ons oë uitvee is dit al weer AJV. Hiermee ‘n vriendelike dog dringende ver-soek aan al die Luiperds om tog betrokke te raak by die beplanning van die jaar wat voorlê sodat ons tydens die komende AJV goeie insette sal hê. Ek nooi graag elke Luiperd uit om insette te lewer sodat ons kan hoor wat julle graag wil hê ons moet doen. Dink dan sommer ook aan die nominasies van nuwe bestuurslede wat kan voor-vat en lei in die komende jaar.

Almal wat in die komende winter vakansie gaan rondry en vakansie hou, geniet dit en rus lekker uit. Mag almal die nuwe kwartaal aanpak met nuwe lus en ywer. Gebruik

dan ook die kans om weer lekker saam met vriende en familie te kuier en die batterye weer

vol te laai vir die volgende deel van die program wat voorlê. Van my en my gesin en ook die Luiperds bestuur bedank ons graag een en elkeen wat deel was van die Luiperds. Mag elkeen van julle lekker uitrus en dat ons mekaar weer almal by die volgende kamp sal sien.

Peet Venter Diere rubriek Vlêrmuise van Suid Afrika: Nagtelike Kreature

Sodra die woord vlêrmuis genoem word, begin mense dadelik ‘n visioen kry van donker, boos vreesaanjaende kreature wat jou bloed wil uitsuig.Hierdie tipe misverstande het gelei daar-toe dat vlêrmuise nie baie popular is nie, al speel vlêrmuise ‘n baie belangrike rol in die biologiese oorlewing van die natuur. Suid-Afrika het ‘n trotse reeks van sewe vrugte eetende vlêrmuise en 65 insek eetenxe vlêrmuis spesies.

Voordat ons die feite van vlêrmuise van nader bekyk, kom ons stel eers ‘n paar wit leuntjies reg. Al gebruik vlêrmuise sonar gedeurende vlug, is hulle nie blind nie. Dit is hoogs onmoontlik dat ‘n vlêrmuis in jou hare verstrengel sal raak, om rede vlêrmuise uitstekend daarin is om voorwerpe gedeurende vlug te vermy. Vlêrmuise val nie mense aan nie en dra baie min siektes soos hondsdolheid. Wat baie interessant is, is die feit dat vlêrmuise baie belangrik is vir Suid-Afrika se ekosisteem. Hulle help die menseryk, deur in-sekte te eet en plante te bestuif, en is dus ‘n plaasboer se grootste vriend. Registers wys dat die vlêrmuis populasie in De Hoop Grot ongeveer 300 000 individue het, wat ongeveer 100 ton in-sekte ‘n jaar eet. Vlêrmuise kan dalk ‘n probleem skep wanneer hulle in jou dak woon, maar dit is teen die wet om hulle te vergiftig, en dit is nodig om professionele mense in te kry wat die vler-muise vreedsaam kan verwyder.

Vêrmuise kan in twee duidelike groepe verdeel word, naamlik Megachiroptera (vrugte eetend) en Microchiroptera (insek eetend). Vrugte eetende vlêrmuise voed op ryp vrugte, wat 'n rol speel in bestuiwing. Insek eetende vlêrmuise hou ons vry van muskiete en ander insekte. Van al die soog-diere, is vlêrmuise die enigstes wat kan vlieg. Daar is 'n baie dun vlerk membraan wat oor die vlermuise se verlenge voorarm vingers, oor die kante en tot sy enkels gespan is. Vlêrmuise maak eerstens op hulle verfynde gehoor sintuie staat. Weerklank opsporing word deur Microchiroptera gebruik om insekte op te spoor. Terwyl hulle in vlug is, sal insek eetende vlêrmuise hoê frekwen-sie klank golwe uitstuur deur hulle neuse of monde. Hierdie geluid kan soms deur mense ge-

3

Page 4: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

muis se goed ontwikkelde ore. Hulle kan dan sodoende kos opspoor en groter voorwerpe ver-my.

Suid-Afrika se vrugte vlêrmuise of Megachiroptera bestaan uit 7 spesies. Hulle het tipies groot lyfies en hulle gesiggies lyk na aan n 'hond sin. Vrugte eetende vlêrmuise in Suid Afrika sluit die vol-gende spesies in: Strooi-gekleurde Vrugte Vlêrmuis (Eidolon Helvum); Egyptiese Vrugte Vlêrmuis (Rousettus Aegyptiacus); Wahlberg’s Epauletted Vrugte Vlêrmuis (Epomophorus Wahl-berg) en Peter’s Epauletted Vrugte Vlêrmuis (Epomophorus Crypturus).

Die Microchiroptera of insek eetende vlêrmuise van Suid Afrika het ongeveer 65 spesies. Die verskil tussen die vrugte vlêrmuise en insek eetende vlêrmuise is dat insek eetende vlêrmuise heelwat kleiner is, en hulle het net een klou per vlerk. Oor die algemeen, is insek eetende vlêrmuise ook minder aktief, met gerimpelde neusies en baie plooie. Insek eetende vlêrmuise in Suid-Afrika is in die volgende families verdeel: Sheat-Tailed en Tomb Vlermuise (Emballonuridae), Trident en Leaf-Nosed Vlermuise (Hipposideridae), Slit-faced Vlermuise (Nycteridae); Perdeskoen Ver-muise (Rhinolophidae), Vesper Vlerkmuise (Vespertilionidae) en Free-tailed Vlermuise (Molossidae).

Die Bedreigde Natuurbewarings Trust van Suid-Afrika het 'n Vlêrmuis Bewarings Groep wat navorsing doen op die vlêrmuise, en hulle bes-kerm. Hulle probeer ook die publiek inlig oor vlêrmuise en sodoende is die meeste mense nou minder bang vir hierdie vredeliewende vlieënde soogdiertjies. Hulle word ook nou as 'n belangrike rolspeler in die natuur gesien. So, die volgende keer wat jy 'n vlêrmuis in verbygang sien, moenie jou dood skrik vir hulle nie, maar sê eerder dankie vir die werk wat hulle verrig.

Bron: http://www.southafrica.com/afrikaans/blog/vlermuise-van-suid-afrika-nagtelike-kreature

Tienerhoekie Deel 1 Verslaaf aan die Slimfoon? Slimfone is wonderlik. En dis ‘n pes. Alles afhan-

gend van hoe jy dit gebruik, natuurlik. Maar wan-neer is dit gebruik, en wanneer verslawing, en hoe gemaak met ‘n kind wat gedurig op sy foon besig is?

Help – Ek is verslaaf! Eintlik het jy hierdie artikel gelees vir raad oor jou

kind, maar nou herken jy gevaarlik baie van jouself. Greenfield se raad aan selfoon-verslaafdes is eenvoudig.

Wees bewus van die situasies en emosies wat jou voortdurend jou foon laat nadertrek. (Is jy dalk eensaam of depressief?)

Wees sterk – jy hoef nie dadelik op alles te reageer nie. ‘n Maklike manier is om alle “alerts” af te ska-kel (bv. op Facebook) of om jou foon se klank af te skakel.

Wees gedissiplineerd – maak reëls vir jouself. Dwing jou om jou selfoon sekere tye af te skakel of te ignoreer.

Wie onthou die dae voor Blackberrys en Apple iPhones? Die goeie ou tye toe jy nog met ‘n eerlike hart kon sê jy het nog nie daardie dringen-de e-pos ontvang nie, want jy is nie naby jou re-kenaar nie. Toe kom die slimfone, en jou e-pos is skielik ‘n armlengte ver. En Facebook, met al jou vriende se doen en late, en ekonomiese aanwysers en weervoorspellings en musiek en die jongste wereldnuus en foto’s van jou kinders en en en …

Presies hóé verslawend slimfone is, vind ons almal toe uit toe ons Blackberrys vir drie dae in Oktober stil word. Vir baie het slimfone ‘n kommunikasie-naelstring geword, besef ek toe ek die frustrasie om my hoor en sien. Vir party is dit werklike frus-trasie omdat hulle daaglikse werk daardeur ger-aak word. Vir baie is dit vreemd om nie per BBM van vriende en geliefdes te hoor nie. En vir heel-party is dit soos die eerste drie dae in ‘n rehabili-tasie-kliniek met erge onttrekkingsimptome.

Ongelukkig het slimfone ‘n hoogs verslawende fa-set. Al ‘n paar tieners dopgehou wat vir mekaar sit en Mxit of BBM (dis Blackberry Message, vir die oningeligtes)? Of wat bymekaar, maar doof vir mekaar, sit en musiek luister, elkeen met ‘n eie slimfoon in die hand en eie oorfone in die oor? En boonop nog besig om te Facebook of te SMS dat jy net die duime sien beweeg?

Slimfoon-verslawing is ‘n wêreldwye neiging. Ofcom, ‘n Britse telekommunikasie-reguleerder, het vroeër vanjaar navorsing oor slimfoon gebruik in die Verenigde Koninkryk bekend gemaak, en die statistieke is kommerwekkend.

Een uit elke drie volwassenes en 60% tieners het erken hulle is erg verslaaf aan hul fone. Meer as die helfte van volwassenes (51%) en 65% van

4

Page 5: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

hoor word, as 'n kliek geluid. Die klankgolwe bons van soliede voorwerpe af, terug na die vler-

tieners het erken hulle gebruik hul slimfoon terwyl hulle sosialiseer met ander, met byna ‘n kwart van die volwassenes (23%) en ‘n derde van die tieners (34%) wat hul slimfone tydens etes ge-bruik. Nie eens badkamers is slimfoon-bestand nie, want 22% volwassenes en 47% tieners ant-woord hulle fone selfs daar. Soos James Thickett, Ofcom se direkteur van navorsing tereg opgemerk het: “Slimfone verander sosiale etiket, en tegnologie dryf ons waardes.”

Dr. David Greenfield, Amerikaanse sielkundige en skrywer van die boek Virtual Addiction: Help for Netheads, Cyberfreaks, and Those Who Love Them sê slimfone is potensieel verslawend.

Soos met ander verslawings, skryf hy, het die ge-bruiker meer en meer daarvan nodig, anders tree onttrekkingsimptome in. Hy verduidelik dat reke-naaraktiwiteite (en dus ook slimfone) verslawend is omdat hulle “psychoactive” is – dit beteken hulle kan ons bui verander en genoeglike ge-voelens skep. E-pos, veral, gee ons iets wat Greenfield en ander kenners “variable ratio rein-forcement” noem. “Ons weet nooit wanneer ons ‘n bevredigende e-pos gaan kry nie, so ons kyk aanmekaar of daar nie ‘n nuwe, lekkerder een gekom het nie.”

Greenfield vergelyk dit met dobbelmasjiene, en sê ons soek daardie één ding – ‘n kombinasie sim-bole op ‘n dobbelmasjien, of ‘n e-pos of FB-boodskap – wat ons groot plesier verskaf.

Is jou kind (of jy dalk) verslaaf?

Bron: www.socialnomics.net; www.webmd.com; www.rapport.co.za (vir verwerking van NY Times-artikel deur Martin Lindstrom).  

       

Tegnies Deel 1 Changing the wheel bearing on a caravan or

trailer axle

Wheel bearings: they’re the components that keep your wheels turning, literally, and for that reason it’s vitally important to make sure they’re always in tip-top condition. Depending on towing condi-tions, that may mean changing them more fre-quently than you think you need to. Following some simple steps, it’s a relatively simple DIY job. This is how you do it.

Many people put this job off because either they’re intimidated by it or they think that they can do ‘just one more journey’ before it’s necessary. Then a wheel comes off on your towing trip, with potentially disastrous consequences – conse-quences that would’ve been completely avoida-ble if a few simple maintenance steps had been followed.

The frequency with which you change your towa-ble’s wheel bearings is dictated by the distance travelled and how arduous the journeys are; I al-low 30 000 km for highway use and 15 000 km for off-road. If the towable in question is a boat trailer and you occasionally get your axle sub-merged, especially in the sea, then it’s advisable to remove, clean and inspect the bearings much more frequently, as salt and bearings definitely do not mix!  

Tools and materials for the job The task is well within the capabilities of any com-

petent handyman; you will need the following to carry out the job:

Wheel chocks Vehicle jack Two axle stands Wheel spanner Large flat screwdriver Long-nose pliers Ring spanner: somewhere between Two new 2.5 mm x 40 mm split pins (Job duration: approximately two hours per wheel) Word vervolg... Bron: Caravan & Outdoor Life Magazine

5

Page 6: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

Luiperds Ou-baarde (bo 60) Kierie Brigade Senior Burger Saamtrek te Bush-Inn

(Springs) 27-28 Januarie 2016 Woensdagoggend 27ste Januarie 2016 arriveer die

eerste van vyf lede te Bush-Inn (Stable-Inn) Springs om laer te trek vir die eerste Senior Burg-er saamtrek van 2016. Phillip Opperman (Ans moes na Ouma kyk) het ook opgetree as die kampkommandant. Die saamtrek is bygewoon deur Phillip, Willem en Elsie Broxham, Lappies en Sandra Labuschangne, Johan Swanepoel (Hettie was bietjie olik). Peet en Elaine Venter met laasgenoemde as die jongste lid van ons Senior Burgers moes ook saam gekamp het maar kon dit toe nie maak nie a.g.v. hulle seun wat in die hospitaal beland het.

Daar was vinnig nes geskrop waarna almal maar lui lekker in en om die woonwaens gekuier het. Party het die oord gaan verken en ons moet sê wat ‘n netjiese oord. Om 19:00 was daar soos gewoonlik met boekevat begin waarna daar lek-ker vleis gebraai is en net lekker om kampvuur gekuier was, waarna almal maar die “lê-plek” gaan opsoek het vir ‘n lekker nagrus.

Donderdagoggend om 09:00 is daar boeke gevat waarna almal lekker saam ontbyt gemaak het (hoe sê hulle “dis lekker om ‘n Senior Burger te is”). Die res van die dag word daar lekker in en om die woonwaens gekuier.

Die aand was daar weer saam met streek Kieper-sol van Pretoria boeke gevat waarna daar weer lekker saam gebraai en om die kampvuur gekuier was. Na die lekker gesellige kuiertjie het elkeen maar op sy eie tyd die “lê-plek” opgesoek. Dit was voorwaar ‘n lekker kuier en ons wil dankie sê vir almal wat dit mee gemaak het. Die wat die saamtrek nie kon mee maak nie. Ons sal julle op hoogte hou van wanneer ons volgende Senior Burger saamtrek beplan word.

Vrydagoggend is daar maar traag opgestaan waar-na elkeen maar op sy eie die dag begin het en vir die res van die kampgenote gewag het wat later deur die dag so een-een begin arriveer het. Elkeen wat die moeite gedoen het om die kamp mee te maak, ‘n harlike dank aan een en elkeen en dan sê die kampkommandante “Ha-Hoi”

Ps. Die groep neem dan ook kennis dat Phillip Op-perman maandagoggend 01ste Februarie 2016 geopereer gaan word vir ‘n heup vervanging. Die groep wens hom sterkte toe met die operasie en vertrou dat alles sommer goed sal verloop. Ter-loops dit was ook dan Phillip en Ans se 130ste Streek en 250ste Algemene saamtrek. Wat ‘n prestasie!!!

Senior Burger Kampkommandant Groete Phillip Opperman.

6

Dis lekker om Senior Burgers te wees!!

Ons Senior Burgers ontvang hulle plaatjies.

Willem en Elsie Broxham ontvang hulle 10x Kampkommandant plaatjie

Hier ontvang Phillip Opperman hulle 130ste Streek en 250ste Algeme saamtrek plaatjie

Page 7: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

7

Welpieklub Ruspe / Wurmpie van koeldrank

doppies te maak

Wat benodig jy 6 koeldrank doppies Groen karton Sker Wit gom Vetkruite Pypskoon makers “googly” ogies Hoe om jou wurmpie te maak 1.Sny ‘n blaarvorm uit jou karton 2.Kleur die koeldrank doppies in 3.Gooi ‘n “blop” gom op ‘n stukkie afval papier en

laat jou kind die doppies in die “blop” gom druk en laat hulle dan die doppies in ‘n lyn op die blaar plak.

4. Plak die “googly” ogies op die eerste doppie en die pypskoon makers net bo die eerste doppie vas

5. Gebruik ‘n vetkruit en teken beentjies vir die wurmpie onder die ander doppies

Bron: All Kids Network

Bron: Gesigblad/Facebook

Interessante Feite / Geite

Page 8: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

8

Luiperds Kampnuus: Bush-Inn (Springs) 29—31 Januarie 2016 Vrydagmiddag 29ste Januarie arriver dertien lede te

Bush-Inn woonwapark in Springs om laer te trek vir die eerste saamtrek van 2016. almal was ver-ras met die pragtige kampterrein, die lowergroen grasperke, ontspannings fasiliteite en ablusiegeriewe

Daar is vinnig nes geskrop waarna almal maar luilekker om die woonwaens gekuier het. Om 19:00 is daar saam met Streke Kiepersol, Suid-Oos en Oosvaal boeke gevat wat gelei is deur die Luiperdsvoorsitter Peet Venter. Willie Bronk-horst en Lance Batts het ‘n woord van verwel-koming gerig aan die 44 waens wat die naweek meegemaak het. Daarna moes inderhaas ‘n vleisie gebraai word aangesien Kiepersol nie genoeg jaffels gehad het nie. Die aand is af-gesluit met kampvuurkuiers tot laat.

Steyn Fourie van Suid-Oos het Saterdagoggend 09:00 die gesamentlike boekevat op die eiland gelei. Daarna het almal saam ontbyt gemaak. Die res van die dag is daar rustig in en om die swem-baddens en woonwaens gekuier tewyl party tev-ergeefs gepoog het om ‘n vis te vang.

Daar is stil-stil erkenning gegee aan Phillip en Ans Opperman vir hul 130ste Streek en 250ste Alge-mene saamtrek. Wat ‘n prestasie!! Phillip moes ongelukkig reeds Sondagoggend vroeg vertrek.

Ouma Sweetie het die Welpies bederf met ‘n bak-en-brou sessie asook ‘n verrassingsbesoek van pappa smurf wat vir elkeen ‘n aktiwiteitsboekie gebring het. Die Welpies het ook elkeen ‘n oulike boekmerker gemaak.

Die aand is daar gesamentlik vleis gebraai en gekuier om die kampvure. Party het nog ‘n laa-taand swemsessie ingepas terwyl sommiges al vroeg gaan inkruip het.

Sondagoggend is daar maar sukkel-sukkel op-gestaan. Kiepersol het die 09:00 gesamentlike boekevat behartig met lofprysing en ‘n treffende boodskap. Daarna het elke streek sy eie afsluit-ing gehou.

Maryke en Celani het die Luiperds se afsluiting behartig. Oudergewoonte is daar weer ‘n groot groep varkies uitgedeel. Die Welpies se sakgeld het ‘n knou gekry met al hulle mannewales. Die Mieta is aan Johan Swanepoel toegeken omdat hy sy “batchelors” kamp al die skoonmaak werk alleen moes behartig. Ian Storm het die windpomp verwerf vir sy “bierinname”. Die groot vark word deur Vinkie, Peet en Phillip (in ab-sencia) gedeel vir hul geheimsinnige pry-suitdeling.

Die volgende aansporingsplaatjies is uitgedeel: Willem en Elsie Broxham 10x kampkommandant, Werner en Celani Nel 20 Streek, Phillip en Ans

Opperman 130 Streek en 250 Algemeen, Peet en Elaine Venter 175 Algemeen en Renier Venter 40 Streek.

Onder lief en leed is die groep in kennis gestel dat Phillip Opperman Maandagoggend 01ste Februar-ie 2016 geopereer gaan word vir ‘n heupvervan-ing. Ons wens hom sterkte toe met die operasie en vertrou dat alles goed sal verloop.

‘n hartlike dank aan een en elk wat die moeite ge-doen het om die kamp mee te maak.

Kampkommandant Groete Maryke en Ian Storm en Celani en Werner Nel.

Ons besoekers in die kamp

Hier ontvang Phillip Opperman hulle 130ste Streek en 250ste Algeme saamtrek plaatjie

Page 9: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

9

Hier hou die kinders hulself besig met hulle boekmerker wat hulle maak en Ou-ma Sweetie se lekker bak-en-brou. pappa smurf het ook vir die Welpies kom kuier

Luiperds hou hulle afsluiting op die eiland onder die Wilgerbome.

Celani en Werner Nel ontvang hulle 20 Streek plaatjie

Willem en Elsie Broxham ontvang hulle 10x Kampkommandant plaatjie

Page 10: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

10

Peet en Elaine Venter ontvang hulle 175 Alge-mene plaatjie

Renier Venter ontvang sy 40 Streek plaat-jie

Die Welpies is altyd so bly vir hulle Welpie plaatjies

Die kampkommandante vir die naweek

Die egalisasiefonds vir die Luiperds kas

Page 11: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

Luiperds Kampnuus: Oop NUB Bush-Inn (Springs) 05—07 Februarie 2016 Die Oop NUB is altyd ‘n belangrike geleentheid in

die SAWA jaar kalender aangesien dit ‘n geleen-theid is waar die gewone lid dan ook kan kom insit en luister wat in die binne kringe van SAWA gebeur.

Die Oop NUB word dan ook bygewoon deur die Nasionale Dagbestuur en Gebiedsvoorsitters. Hier is die streeks besture en gewone lede dan ook welkom om die vergadering by te woon en dan insette te lewer. Laasgenoemde het geen stemreg tydens ‘n Oop NUB vergadering nie.

Die Oop NUB word ook bygewoon deur die Admin beampte, Redakteur van die SAWANANT asook die Redakteur van SAWA Web. Hierdie groep het geen stemreg in die vergadering nie maar kan deelneem aan die gesprekke wat gevoer word.

Luiperds het opgetree as kampkommandante tydens die Oop NUB. Lede wat bygewoon het was André en Vinkie Swanepoel, Peet en Elaine Venter, Francois en Rina Storm, Ian en Maryke Storm, Willem en Elsie Broxham en Koos Gunter van Suid-Oos.

Vrydag het altesaam 25 lede gearriveer, hulself staangemaak en was dan ook slag gereed vir die vergadering wat vir Saterdagoggend beplan was. Boekevat is Vrydagaand deur Peet Venter behar-tig waarna daar lekker onder die lapa gekuier is met elkeen ‘n hamburger in die hand wat deur ons spyseniers vir die Naweek (Chris en Elsa) voorberei is.

Saterdagoggend 07:30 arriveer ‘n klomp Streke se bestuurslede wat net die vergadering kom bywoon het waarna die vergadering stiptelik om 08:00 begin met Lance Batts wat die verrigtinge geopen het met skriflesing en gebed. Die verga-dering is voorgesit deur Jannie Meyer (Nasionale Voorsitter). Om 10:15 word daar gebreuk vir ‘n lekker gesamentlike ontbyt wat ook deur ons spyseniers voorberei was.

Niel Goslet (Gebieds Voorsitter Kaap Middelande) het ‘n paar belangrike lede statistieke onder die vergadering se aandag gebring wat nogals die oë laat rek het. Ter afsluiting van die vergadering het ons President, Oom Nico Spaumer die verga-dering toegespreuk en belangrikheid van Streek AJV’s uitgewys en ‘n paar tegniese punte met die vergadering gedeel en behandel het. Na die vergadering is daar ook dan weer lui lekker in en om die woonwaens gekuier waarna ons almal weer 19:00 by die lapa bymekaar gekom het vir aandete wat dan ook smaaklik voorberei was.

Sondagoggend 08:30 het ons weer almal onder die lapa bymekaar gekom vir ons gebruiklike ere-diens wat deur Ds Swanepoel waargeneem is en

die groot vraag was “weet jy waar jy sal wees as jy nou sou sterf”? Na die erediens het ons vinnig afsluiting gehou waarna almal weer kon aansit vir ‘n lekker ontbyt. Na ontbyt het die Manne en Ma-ninne traag begin opslaan en is ons as duk pelle uitmekaar.

Dankie aan almal wat die naweek meegemaak het, dit was voorwaar ‘n lekker naweek.

Kampkommandant Groete Streek Luiperds

11

Bestuurslede maak reg vir die Oop NUB vergadering.

Ds Swanepoel en Jannie Meyer.

Die Kampkommandante vir die Oop NUB

Page 12: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

12

Luiperds Kampnuus: Badplaas 26—28 Februarie 2016 Die naweek was dit weer Badplaas kamp tyd.

Alhoewel daar herstel en instandhoudingswerk aan die glybane gedoen was, het dit glad nie die naweek se gees gedemp nie.

Vrydagaand arriveer almal met hulle woonwaens en skrop nes. 19:00 word daar oudergewoonte saam boeke gevat, gelei deur Peet Venter. Na boekevat het almal vir hulle eie aandete gesorg. Ek is seker meeste van ons het ook ‘n draai by die swembaddens gaan maak om van die dag se stof en sweet ontslae te raak.

Saterdagoggend vroeg vroeg het die ouer kinders ‘n draai by die swembaddens gaan maak, al was dit redelik bewolk. 09:00 het ons weer saam met Renier boekevat gehou waarna ons saam lekker straat onbyt gemaak het, voordat elkeen sy eie ding gedoen het. Of dit nou was om te gaan swem, rinkhals te ry op putt-putt te speel en of dit nou was om gesellig by die woonwaens te sit en kuier, of selfs ‘n middag slapie ingewerk te kry. Die middag is definitief nie verkwis nie.

Die potjies is vroeg reeds aangesteek om seker te maak die kerrie trek goed, en daar is mos niks lekkerder as om by die mede kampers om te gaan en te gaan proe aan elkeen se potjie nie. Wie weet, mens kan dalk nuwe idees en resepte kry.

Sondagoggend 09:00 het ons almal die kerkdiens by die oord se kerk bygewoon en selfs die kinders is op ‘n prettige wyse deel gemaak van die erediens.

Na die diens het Chohané, Sondagskool gehou vir die welpies terwyl die ouers begin het om ontbyt voor te berei.

Terwyl die ontbyt in die agtergrond aan die gang was het ons solank ons afsluiting gehou. Na afsluiting is daar weg gelê aan die ontbyt en toe begin die (on)aangename takie van op pak. Met die wete dat alle goeie dinge ook tot ‘n einde kom.

Aan almal wat saam gekamp het, baie dankie vir ‘n lekker naweek

Tot ‘n volgende keer!!! Kampkommandant Groete. Cindy Spoelstra.

Straat ontbyt

Onthou julle nog die albaster dae?

Ons verjaarsdag maters.

Ons Welpies en hulle varkies!!!

Page 13: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

13

Groot troffee ontvangers van die naweek...

Die Kampkommondante van die naweek

Al die skuldiges wat varkies ontvang het

Page 14: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

14

Luiperds Kampnuus: Presidente—Klipdraai 24-28 Maart 2016 Ek het vir Maré Lourens gevra om haar indrukke

van die Presidente saamtrek met ons te deel. Hier volg haar beskrywing van hoe sy dit onder-vind het.

“Dit was my en my man Sidney se eerste Presi-dente bywoning. Ons het so half twaalf by Klip-draai aangekom en was verbaas om reeds so baie woonwaens te sien. Ons is flink by die hek gehelp en gewys wat alles gedoen moet word en toe is ons begelei na ons staanplek by die Luiperds. Ons het gou-gou uitgevind daar gaan heelwat waens wees en moes mooi uitwerk hoe ons gaan staan om te sorg dat elkeen ʼn ou plek-kie kan kry.

Die Luiperds was baie slim en het sommer besluit om die eerste aand al ons kosmaakaksie agter die rug te kry en daarom het ons so by drie uur reeds begin om die uie en tamaties reg te kry vir ons heerlike hamburgers wat ons gemaak het. Kwart voor vyf het ons met die groot werk begin om die hamburgers te bou en die ry het een-voudig vir my net al langer en langer geword. Ons het darem sulke ruskansies tussenin gekry aangesien ons moes wag vir die patties. Dit was nogal ‘n ding, want een van die dogtertjies wat in die ry gewag het sé toe sommer vir my, “maar Tannie sit dan nou net hier en doen niks nie”. Dit het ʼn lekker gegiggel ontlok van my mede Sawanante. Was ek darem bly toe die laaste burger nommer 250 klaar gemaak was so teen half sewe, want toe is ek ook sommer op soos ou brood.

Sewe uur was ons terug by die Groot Tent vir die opening en boekevat en my mond het oop-gehang vir die hoeveelheid mense wat daar in gewandel gekom het.

Ongelukkig het ek die amptelike opening Vrydag-oggend gemis, aangesien ons deur ons sekuriteit mense gebel is om 22h00 Donderdagaand omdat daar by ons huis in Secunda ingebreek is en ons het teruggejaag Secunda toe en eers drie uur die Vrydagoggend in die bed gekom en weer sewe uur opgestaan om al die reëlings klaar te maak sodat ons weer kon teruggaan Klipdraai toe.

Saterdag was net wat ek kan noem feeste op feeste, net jammer my maag was te klein om van al daardie heerlike eetgoed te koop, maar dit wat ons wel gekoop het, was definitief die moeite werd.

Te vinnig was die naweek verby en moes ons weer die pad huis toe aanvat. Gelukkig het ons baie veilig soontoe en terug gesleep en te gou was ons weer uit ten tuis en by die huis.”

Presidente saamtrek word gereël met die doel om

fondse in te samel sodat ledegelde laag gehou kan word, maar bowenal as ‘n saamtrek waar Sawanante as een groot groep baie pret kan hê. Dit is voorwaar ‘n belewenis. Die Presidente word aangebied deur SAWA Dagbestuur met die hulp van ons kampkommandante. Daar word gepoog om soveel stalletjies as moontlik te akkommodeer sodat samewerking en samesyn bevorder kan word. Dit was ’n plesier om te sien hoe luiperds en Suid-Oos die naweek saamgewerk het met die hamburgers en pap en kaiings.

Saterdagoggend het die Sawanante gewys hulle kan fees vier. Die eetgoed, boeresport, helikop-tery, biertuin, man sommer alles was net LEK-KER!!

Die saamtrek is bygewoon deur 235 waens uit 27 streke.

Luiperds het ook gedurende die naweek twee nuwe lede verwelkom nl: Bennie en Annalene van Niekerk (nogal van Kimberly) en Riaan en Adrie Smit met die twee welpies Jaco en Ian. Welkom Julle!!

Tot ons weer kamp! André Swanepoel (gedwonge verslag skrywer)

Sidney Lourens word amptelik verwel-kom as Heer Senior Burger. Maré sukkel

maar om aan die gedagte gewoond te raak

Lugfoto van Klipdraai

Page 15: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

15

Luiperds het die Presidente afgeskop met MEAN hamburgers.

Ds Joleen Joubert het vir die geestelike deel van ons naweek gesorg met die ged-agte dat ons uit ‘n ander hoek na Jesus se kruisiging moet kyk. Wat ‘n ervaring

om dit te doen!

Die blomme by die Presidente saamtrek was nog elke jaar besondere skeppings behalwe dat elke

ruiker ‘n storie vertel wat aansluit by die naweek te-ma lyk hulle pragtig. Hierdie jaar se skepper was Jo-

hanna van Biljon bygestaan deur haar man Pieter.

Page 16: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

16

Dit is waaroor SAWA Presidente eintlik gaan. Pret, pret of pret!!

Dankie aan elkeen wat deelgeneem het om ons Presidente saamtrek ‘n sukses te maak!!

Santie van Eeden, Koos Gunter se “Dokter/Nurse” het haar verjaarsdag gevier met ‘n baie in-teresante koek. Klein Lian Storm het vir haar “Happy Birthday” op sy kitaar gespeel—te pragtig!

Page 17: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

17

Saterdagaand se musiekkonsert was groot pret. Hou maar ons Voorsitter dop.

Kampkommandante vir die naweek was Gebied Jakaranda onderleiding van Chris Delport die

Gebiedsvoorsitter.

Page 18: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

Luiperds Kampnuus: Kaia Manzi 100+ 8-10 April 2016 Goeie dag alle Luiperde, Ja ek praat van luiperde, want as julle meer kamp

kon julle ook wees waar ons die naweek was. Peet, Elaine en Rina en Francois het die 100+ kamp bygewoon. Ja julle lees reg, ons is baie professioneel. Ons het Vrydagmiddag ingeklok by Kaia Manzi en aangesluit by André en Vinkie en Ans en Phillip wat alreeds ingeburger was en natuurlik die lede van gebied Jakaranda. Ons het laer getrek soos die ossewaens by Bloedrivier, kop aan stert en ek belowe geen kryger kon daarna in of uit nie.

Toe begin ons Francois se verjaardag vier en ons braai en drink en eet koek en ons is net vrolik met al die ander kampers. Dit was redelik koud en almal het so stadig begin regmaak vir die bed.

Ons het Saterdagoggend net na boekies vat, met ʼn heerlike ontbyt begin en gekuier met al die streke se niggies en nefies. Sommige het na een of an-der beeldhouer se handewerk gaan kyk maar ek spaar maar my geld dankie. Vroeg die middag is die braaivleis vure aangesteek en is daar lekker gekuier en ek en Rina braai sommer self.

Julle wat daarna gebeur het, is geskiedenis. Dit was so-so lekker. Almal is weer welkom geheet en ons kon staaltjies vertel oor wat al gebeur het op ʼn kamp of met jou woonwa of wat ook al. Toe begin ons met volkspele, ja julle sien reg volkspe-le en soms omskep ons dit in ʼn volkspele dans met ʼn twist. Die langarm volkspele. Moenie dink dis outyds nie hoor, as party van daai nefies jou vasvat draai hulle die rook uit jou uit. So brand ons ook ʼn paar kilojoules en ek dink net ek en Peet moet dalk elke aand so ʼn paar draaie maak. Daar was ook die babas van die naweek, natuur-lik grootmense maar met die kleinste syfer kampe na 100+. Hulle het elkeen ʼn doek aangekry met ʼn borslap en “dummy” en so moes die 2tjies toe Sondag in die kerk ook aantree.

Sleg was die nuus toe Peet vroeg Sondag moet ry om te gaan werk, maar ek bly met die wa en toe vergeet ek my osse staan by die huis en moet Ian die wa kom sleep huis toe. Na weer ʼn baie lekker ontbyt begin ons so stadig oppak en daar gaan ons. So 5 kilometer verby Bush Inn gaan ʼn taxi ons verby en op daai oomblik spat die sop en Rina skree pap wiel. Ek dog ons slaan die bakkie in die geel lyn maar nee dis aan die regterkant. Hier kom die bakkie en hy smile, hy bring vir ons die woonwa se wiel. Daar sit ons toe en ek en Rina pak uit langs die N17 want ons kan niks in die wa los nie. Ek en sy is later met die bus huis toe in die donker. Die “conversation” met die versekering moet julle maar self by Francois uitvind want

die is mos maar eintlik ʼn familie blad. Ek wil net weer vir almal wat gekamp het se baie dankie dit was ʼn puik naweek met al sy winde en pyne, ons maak weer so.

Groete. Elaine.

18

Page 19: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

19

Algemene Inligting Voorlopige Besprekings en Tariewe 2016

Plek Datum In Datum Uit Tarief vir meer as 10 woonwaens per staan-plek per nag met 4 per-

sone Widtuin- Berg en Dal 28 April 2 Mei Elkeen bespreuk self Badplaas 27 Mei 29 Mei R310/nag 4 persone

Gebiedstoer 25 Junie 17 Julie Soos gekomunikeer deur Lance Batts

AJV—Bloekompoort 19 Augustus 21 Augustus R120/nag 4 persone Son-dag ontbyt ingesluit

Nasionale saamtrek—Koppisol

23 September 25 September R220/nag 4 persone

Badplaas 28 Oktober 30 Oktober R310/nag 4 persone

Bloekompoort—Kerskamp 25 November 27 November R120/nag 4 persone Son-dag ontbyt ingesluit

Senior Burger Saamtreke

Bloekompoort 26 Oktober 27 Oktober

Stable Inn—Kerskamp 23 November 24 November

Vir die Boskok Chakalaka Broodjie (kan ook muffins maak)

Jy het nodig: 500 ml koekmeel 10ml bakpoeier Sout & peper naa smaak 4 eiers 410g Chakalaka (matige geur / sterker geur indien

verkies) 125ml Cheddag kaas gerasper Metode: Voorverhit oond tot 180° Sif droë bestandele saam Klits eier & chakalaka Meng eier mengsel met droë bestandele Plaas deeg in gesmeerde broodpannetjie en strooi

gerasperde kaas bo-oor Bak ±45 minute Eet en geniet dit!! Bron: www.boerekos.com

Lief Vinkie Swanepoel het haar laaste chemeo sessie ontvang, haar scans is skoon. Johan de Kock is blakend gesond. Ans Opperman se Ma se heupvervanging is ‘n sukses. Phillip Opperman se heup operasie was ‘n sukses. Rina Storm se rug is reg, glo hulle sal met fisio die probleem in die rug oplos. Lizinda de Kock se knie sterk goed aan. Ian & Maryke het ‘n baba seuntjie (Stian) ryker ge-word. 2 Nuwe lede by gekry. Lizinda is uit die hospitaal en sterk tuis aan. Johan de Kock het Mpumalanga kleure in veerpy-ltjies verwerf. Willem Broxham se kleinseun het span gekry in “Mountain bike track racing”

Leed Vinkie Swanepoel gaan einde Februarie vir ‘n kolon-oskopie een om ‘n breuk te herstel so ook moet ‘n stent ingesit word. Ans Opperman se Ma het weer geval gesig lyk sleg, gelukkig niks gebreuk nie. Sy is weer terug in die Zuid-Afrikaans met erge trauma. Renier Venter het sy ligament geskeur. Rina Storm gaan die 15de Februarie weer die ortho-peet sien vir haar rug. Drie lede bedank. Lizinda de Kock se Dokter dink dis die heup wat die probleem is.

Page 20: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

20

Algemene Inligting Leed—vervolg Vinkie Swanepoel gaan vir opvolg operasie om stent uit te haal. Daar is by Sidney & Maré Lourens ingebreuk oor die Paasnaweek

Luiperds kleinkinders skitter.

Rickardo & Lalique Broxham kwalifiseer vir SA’s in fietsry. Ricardo word ook verkies as sportsman & beste fietsryer van die jaar 2015.Ricardo ontvang ook by sy skool die Victor Ludorum trofee.

Nuutse toevoeging tot die Wel-pies!!!

Uitblinker in Veerpyltjies.

Na die proewe gehou is in Witbank het Johan de Kock sy Mpumalanga kleure gekry, hy gaan nou na die SA nasionale kampioenskappe wat gehou word in Bloemfontein die 16de Julie 2016. Hy gaan ook sy Distruk, Gert Sibande daar verteenwoordig.

Uitblinker op die akademiese ge-bied. Ian Storm ontvang sy graad in BTech Chemie.

Spoghoekie!!

Stian Storm is gebore die 13de Maart 2016.

Page 21: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

21

Algemene Inligting

Voorraadbeampte: Francois Storm 082 809 7894 Sweetpak baadjies R250 Sweetpak broek R195 Sirkel en woonwa snor R30 Windjakker R370 Slaprand hoed R70 Pette R45 Petwapen (lap) R25 SAWA keps R40 SAWA keps—Vroue R40 Luiperd hempde—prys op aanvraag Sangbundels R30 Sangbundels groot A4 R50 SAWA Dasse R80

Alle verkope—kontant met bestelling

Windjakker

Sangbundels

Petwapen

SAWA keps

SAWA hemp en das—appart te koop

SAWA baadjie

Page 22: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

BANKBESONDERHEDE SAWA Luiperds ABSA Tjek Rek no: 4070170865 Takkode: 632005

22

Oktober Phillip Opperman (01) Ronelle du Plooy (01) JW Opperman (06) Berdine Mostert (11) Elaine Venter (12) Josh Spoelstra (13) Chantall Opperman (14) Adrie Smit (18) Ian Smit (23) Joy Benecke (26) Maré Lourens (26) Hayley Venter (29) November Louis Hilligenn (19) Johan Bosch (26) Erenst Opperman (29) Desember Werner Nel (10) Cecile Bosch (22) Wennie Opperman (22) Cindy Spoelstra (27)

Huweliksherden-kings Januarie Februarie Johan & Hettie Swanepoel (03) Maart April Johan & Mary-Ann Pretorius (01) André & Vinkie Swanepoel (01) Ian & Maryke Storm (01) Johan & Cecile Bosch (15) Mei Francois & Rina Storm (02) Nico & Ronelle du Plooy (05)

Junie Peet & Elaine Venter (15) Erenst & Chantall Opperman (23) Julie Willem & Elsie Broxham (03) Wennie & Laura Opperman (05) Augustus Chris & Sandra Labuschagne (10) September Johan & Elmarie Opperman (25) Oktober Johan & Berdine Mostert (04) Bennie & Annalene van Niekerk (11) November Louis & Dina Hilligenn (19) Sidney & Maré Lourens (21) Phillip & Ans Opperman (26) Desember Werner & Celani Nel (17) Johan & Lizinda de Kock (30) Hennie & Dorea Burger (30)

Verjaarsdae Januarie Lumé Storm (02) Lian Storm (06) Zian Opperman (07) Chohané Janse van Rensburg (21) Hennie Burger (30) Februarie Riaan Smit (03) Vinkie Swanepoel (10) Johan de Kock (15) Janno Janse van Rensburg (16) Renier Venter (25) Maart Johan Pretorius (03) André Swanepoel (08) Stian Storm (13) Hettie Swanepoel (14) Sidney Lourens (15) Lizinda de Kock (27) Ian Storm (27) Mary-Ann Pretorius (31) April Annalene van Niekerk (03) Bennie van Niekerk (08) Francois Storm (08) Johan Opperman (08) Amoné Venter (26) Mei Dorea Burger (04) Nico du Plooy (5) Maryke Storm (06) Amé Opperman (16) Jaco Smit (26) Elmarie Opperman (29) Junie Johan Mostert (03) Celani Nel (04) Kalinka Nel (16) Caramia Nel (26) Julie Rina Storm (10) Johan Swanepoel (20) Willem Broxham (21) Augustus Susarie Pienaar (06) Ans Opperman (29) Miné Storm (31) Dina Hilligenn (31) September Elsie Broxham (04) Sandra Labuschagne (04) Peet Venter (16) Laura Opperman (19) Lappies Labuschagne (28)

SAWA Ledegelde vanaf 01 Desember 2015

Intreegelde R120-00 Kontantbetaling :- Gewone lede R330-00 Senior Burgers R320-00 Debietorderbetalings :- Gewone lede R320-00 Senior Burgers R310-00

Page 23: SPORE Uitgawe Jaar 10 Uitgawe 1 April 2016...April 2016 Jaartal 10 Uitgawe 1 2 Pitkos 2 Redaksionele 2 Humor 2 Dagsê Luiperds 3 Diere rubriek 3 Tiener hoekie 4 Tegnies 5 Luiperd Ou-baarde

23

Voogde met hul lede Venter Peet & Elaine 0712279368 Burger Hennie & Dorea 082 904 2318 Mostert Johan & Berdine 082 448 9433 Pretorius Johan & MaryAnn 082 889 6083 Storm Francois & Rina 082 809 7894 Opperman Phillip & Ans 082 779 3262 Pienaar Susarie 0843850644 Hilligenn Louis & Dina 084 846 2555 Van Niekerk Bennie & Analene Kinders (tot graad 12) Swanepoel André & Vinkie 082 503 7242 Benecke Joy (011) 026 5210 Opperman Johan & Elmarie 082 779 1539 Opperman Erenst & Chantall 082 459 0914 Opperman JW 0722781615 Kinders (tot graad 12) Opperman Zian, Amé De Kock Johan & Lizinda 082 455 7961 Du Plooy Nico & Ronelle 083 303 1438 Opperman Wennie & Laura 083 266 9515 Spoelstra Martin & Cindy 072 021 8040 Kinders (tot graad 12) Janse van Rensburg Chohane, Janno Spoelstra Josh

Storm Ian & Maryke 082 713 0044 Bosch Johan & Cecile 082 698 6585 Lourens Sidney & Maré 078 451 1883 Smit Riaan & Adrie 071 333 2985 Nel Werner & Celani 071 252 8873 Kinders (tot graad 12) Nel Caramia, Kalinka Storm Lian, Miné, Lumé, Stian Smit Ian, Jaco Venter Renier 072 328 4953 Broxham Willem & Elsie 082 851 3581 Labuschagne Lappies & Sandra 082 065 8127 Swanepoel Johan & Hettie 082 469 2903 Kinders (tot graad 12) Venter Hayley, Amoné

Bestuur Kontakinligting

Naam Sel Nommer E-pos Adres

Voorsitter Peet Venter 071 227 9368 [email protected]

Ondervoorsitter Francois Storm 082 809 7894 [email protected]

Penningmeester Vinkie Swanepoel 082 503 7242 [email protected]

Sekretaris Maryke Storm 082 713 0044 [email protected]

Addisionele lid

Lizinda de Kock 082 455 7961 [email protected]

Addisionele lid

Renier Venter 072 328 4953 [email protected]

Addisionele lid

- - -

SPORE word uitgegee deur Luiperdsstreek van die SA Woonwa-Assosiasie (Sawa). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van Sawa is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word deur die Redakteur verantwoord.