spore uitgawe jaar 9 uitgawe 4 desember 2015 › wp-content › uploads ›...

20
SPORE Uitgegee deur SAWA Luiperds Desember 2015 Jaartal 9 Uitgawe 4

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

SPORE Uitgegee deur SAWA Luiperds

Desember 2015 Jaartal 9 Uitgawe 4

Page 2: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

2

Pitkos 2

Redaksionele Kommentaar

2

Humor 2

Dagsê Luiperds 3

Luiperds Ou-baarde (bo 60)

4

Tiener hoekie 5

Tegnies 6

Welpieklub 7

Spoghoekie 7

Kampnuus

Koppisol 8

Kongres Buffelspoort 11

Kerskamp Bloekom-poort

13

Algemene Inligting

Spoghoekie 21

Advertensie 21

Voorlopige besprekings 16

Vir die Boskok 16

Lief & Leed 17

Voorraadbeampte 18

Verjaarsdae 19

Huweliksherdenkings 19

Bankbesonderhede 19

Voogde met hul lede 20

Bestuur kontakinligting 20

Diere rubriek 5

Gebieds Voorsitter Kersboodskap

3

Huis Betsie Louw Oor-konde

17

Pitkos Talle vriendskappe... Talle vriendskappe is al vernietig

omdat een persoon aanstoot geneem het deur iets wat die ander persoon gesê of gedoen het. ’n Teken van geestelike groei is hoe gou jy oor beledigings of oortreed-ings kom. Hoe meer volwasse jy is, hoe vinniger vergewe jy en beweeg aan. Een Christelike skrywer sê: ’Jou vriend stel julle afspraak af en jy voel seergemaak… Of sy is te besig om terug te bel of jou e-pos te beantwoord… of julle eet uit en die ander man beledig jou man in ‘n poging om snaaks te wees. Misdry-we gebeur, Jesus het gesê dat dit sal (Johannes 16:33). Mense is menslik. As ‘n vriend jou seerge-maak het of jou sleg hanteer, kom daaroor! Druk die Con-trol>Alt>Delete knoppies.

Moenie bitterheid laat wortel skiet nie… ‘Die liefde… is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad...nie… hou aan met hoop, en verduur alles’ (1 Korintiërs 13:4-7 NLV). Dit klink onmoontlik, en sonder God se hulp is dit. Gee dus aan Sy liefde toe, sien oortredinge oor die hoof en loop in liefde, want volgende week is jy die een wat onvoorwaardelike liefde nodig het. Niemand van ons is perfek nie. As jy wil hê dat jou vriende jou oortredinge moet oorsien, moet jy hulle s’n ook vinnig vergewe. ‘Bid hierdie gebed vandag: ‘Vader, dankie vir die verhoudings waarmee U my geseën het. Ek neem vandag die besluit om enige iemand wat teen my oortree het vry te spreek en daarvan te vergeet, en aan te beweeg. Ek sal nie rekort van hulle kwaad hou nie. Ek sal genade en onvoorwaardelike liefde aan hulle bied.

In Jesus se naam. Amen

Redaksionele Kommentaar Luiperds. Weereens die einde van nog ‘n jaar.

Almal wat met verlof gaan, ry veilig en hou by die spoed “Arrive Alive”

Baie dankie vir ‘n wonderlike jaar, mag 2016 net so ‘n goeie jaar wees vir ons almal. Aan die Matrieks en studente wat nog wag vir uitslae,sterkte!

Aan die skoolgaande kinders baie geluk met julle uitslae.

Geseënde Kersfees Maryke Storm

Humor Uit die mond van ‘n kind: My

Oupa en Ouma Oupas is mans-oumas en oumas is

ma-mense. ‘n Oupa is iemand nes ek, net biekie

slimmer, want hy kan my help met some wat Pappa nie kan doen nie.

Ouma sal dan al die lekker warm beskuit aandra en jou bederf met koffie en dan druk jy die beskuit so diep in die koffie beker sonner dat jy raas kry.

Oupas gaan stap graag met sienkies en gesels net oor die plaas en skape. Oumas sal met jou gaan sit op die rusbank en na jou luister, nes die Here sou doen en sal met sussies praat oor hoe hulle pop pop gespeel het en met so klein stukkie materiaal vir hulle poppe klere ge-maak het.

‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap graag. As oupa slaap dan bederf ouma jou met al die sjokolades wat sy so onder die komberse wegsteek in die gangkas.

‘n Oupa kan nie meer so mooi sien nie, want hy wil altyt weet wat jy doen. Maar dis lekker om vir hom te sê, omlat hy regtig wil weet. As jy dalkies stout was sal ouma sê dat dit nog glad nie die einde van die wêreld is nie.

Oupas het baaaie geld, want hulle koop elke dag die koerant en gooi tien rant in die kerk. Ouma het so

Voorblad Senjora’s, Senjorita’s en Bambino’s Fotograaf : André Swanepoel Plek: Bloekompoort Drie Riviere Canon 450D

Redaksie: Redaktriese Maryke Storm Medewerkers Senior Burgers Phillip Opperman Diere rubriek Francois Storm Jeug Maryke Storm

Page 3: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

kaart wat sy gebruik om vir my daarie mooi skoene te koop wat so duur is en ek weet nie wie betaal die kaart nie. Maar die kaart betaal vir baie dankie.

‘n Oupa is iemant wat altyt bly is om jou te sien, daarom hou hy altyt lekkers in sy sak en as jy nader kom dan moet jy eers so liggies aan die oo getrek word. Oumas hou meer daarvan om vir jou poeding met baie custard te gee en dan kan jy haar voorskoot aantrek, al is dit te groot vir jou.

Oupas vertel een storie tien maal. Elke keer an-ders. Jakkels en Wolf stories is mooi al het ek nog nie ‘n rerige jakkels en wolf gesien nie. dis so goed soos tien stories. Oumas ken weer kook en geniet uit hulle koppe uit en daars niks wat sy nie kan kook of bak nie en met eiers en meel kan oumas toor.

Almal moet probeer om ‘n oupa en ouma te kry, want hulle is lekkerder as telewiesie kyk en die grootste stuk goud wat ek nog gesien het.

Dagsê Luiperds... Dit is alweer heerlik somer en ons het darem al ‘n

bietjie reën gehad. Dis seker die mooiste tyd van die jaar as alles so groen word en dit begin orals blom en alles voel weer so skoon en nuut.

Ongelukkig is dit dan ook die tyd wanneer almal weer eksamens skryf, die jaar begin afsluit en almal weer afsluitings-funksies hou. Sterkte aan almal wat eksamens skryf, mag dit met julle almal goed gaan en dit kry wat julle voor gewerk het. Aan al die matrieks en studente ‘n spesiale woord van sterkte en mag dit goed gaan met julle eksamens en toekomsplanne.

Aan almal wat in die tyd funksies bywoon en fees vier, bly maar nugter en kom veilig anderkant aan. Laat ons maar altyd onthou dat waar ons ook al gaan, ons Hemelse Vader is altyd teen-woordig en laat ons Hom nie teleurstel met ons woorde en optrede nie.

Ons het dan ook ‘n heerlike Kongres gehad en daar is net een verandering. André Swanepoel is verkies tot nasionale sektretaris. Dit was dan ook lekker om weer ander gesigte van ander Sawanante te sien van oral oor die land. Al het ons min gekuier en nie by almal uitgekom nie, het ons dit nog geniet om weer tot laatnag te kon kui-er.

Soos die meeste van julle al weet het die verskui-wing van André Swanepoel ons genoop om ‘n nuwe Voorsitter en Ondervoorsitter aan te wys.

Voorsitter: Peet Venter Ondervoorsitter: Francois Storm Die res van die verkose bestuur soos verkies by

die AJV bly onveranderd. Dit is ook so dat Marius en Monique Grobler en al

die lede wat aan hulle toegedeel was uit SAWA bedank het. Die Luiperds bestuur het besluit om

nie addisionele lede te koöpteer nie. ‘n Nuwe Sektretaris sal tydens die volgende Streeks bestuursvergadering aangewys word. Ons is ses lede en ons glo ons sal die werk wat aan ons toe gedeel is kan uitvoer, maar as daar ‘n Luiperd is, wat voel hy/sy wil deel wees van die bestuur is hy/sy welkom om die Voorsitter te kontak

Volgens volgende jaar se program gaan ons reeds in Julie Drakensberge toer wat beteken ons moet reeds ‘n deposito’s met bespreking aan die oorde oorbetaal. So laat weet julle voogde vroegtydig wie gaan sodat ons totale het om met die oord te onderhandel. Januarie se kamp is by Bush Inn(Stable Inn voorheen) en die koste beloop R120.00 per wa met twee persone en daarna R50.00 per persoon.

Almal wat in die tyd gaan rondry en vakansie gaan hou, geniet dit en rus lekker uit. Mag almal die nuwe jaar aanpak met nuwe lus en ywer. Gebruik dan ook die kans om weer lekker saam met vriende en familie te kuier en die batterye weer vol te laai vir die jaar wat voorlê.

Van my en my gesin en ook die Luiperds bestuur, ‘n Geseënde Kersfees en ‘n baie voorspoedige nuwejaar. Mag almal se drome en ideale vervul word en mag ons mekaar weer almal by die vol-gende kamp sien.

Peet Venter

Kersboodskap 2015 Streek Voorsitter, bestuur en lede Hiermee wens ek en Retha elke lid van Gebied

Oos-Transvaal ‘n baie Geseënde Kersfees toe. Mag julle ‘n wonderlike kersfees geniet maar baie belangrik dat ons ook nie die ware betekenis van kersfees sal vergeet nie en dat die Here deel sal wees van ons feesvieringe.

Voorspoedige 2016 aan julle ook en mag julle streke in die nuwe jaar net van krag tot krag gaan. Die van jul wat met verlof gaan, gaan ge-niet die rustydperk met jule families en kom asseblief veilig terug. Wees maar versigtig op die paaie en rus genoeg oppad na jule bestemmings.

As Gebiedsvoorsitters paar sien ek en Retha uit om weer in die nuwe jaar saam met julle te kamp en te kuier.

Groete Lance Batts Gebiedsvoorsitter—Oos-Transvaal

3

Page 4: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

Senior Burger Kampkommandant Willem en Elsie Broxham

Senior Burger gaste Blou-bul en Bul-lin van Overvaal

Ons Senior Burger gaste Bennie en Annalene van Niekerk vanaf Kimberly

Luiperds Ou-baarde (bo 60) Kierie Brigade Senior Burger Saamtrek te Bloekompoort 25-26 November 2015 Maandagoggend 23ste November 2015 sluit Koos

Gunter (Suid-Oos) by Graham en Sannie Clou-ston (Overvaal) aan wat al reeds vir die maand by Bloekompoort kamp. Phillip en Ans sou ook reeds vanaf Maandag by die groep aansluit maar moes ongelukkig kanselleer a.g.v. Ans se moed-er wat geval het en haar heup gebreek het. Ou-ma is toe Woensdag middag geopereer vir die vervanging van haar heup! Glo dit as julle wil sy is reeds op die been. Sterkte vir julle Phillip en Ans.

Dinsdagnag 24ste word Koos Gunter met ’n erge rugpyn wakker waarna hy die oggend inderhaas hospitaal toe gery het vir hulp. Hier was daar vin-nig vasgestel dat daar senuwees is wat in die boonste werwelkolom vas gedruk word waarvoor hy toe noodgedwonge Donderdagmiddag ge-opereer moes word. Sterkte met die herstel Ou Koos.

Woensdagoggend 25ste November arriveer André en Vinkie Swanepoel en bietjie later ook Willem en Elsie Broxham ook by Bloekompoort waar hulle by die res van die geselskap aansluit. André se Suster (Bennie en Annalene van Niekerk vanaf Kimberly) sluit toe ook later die middag by die groep aan nadat sy ook eers “chemo” behan-deling moes ontvang het, wat die totaal dan op 4 gesinne te staan gebring het wat die kamp mee-gemaak het. Willem en Elsie Broxham het dan ingestaan as kampkommandante in die af-wesigheid van Phillip en Ans. Die gebruiklike boekevat is deur André Swanepoel behartig waarna die groep later lekker saam gebraai het.

Donderdagoggend 26ste moes André hulle Pretoria toe vir Vinkie se “chemo” behandeling, sterkte vir jou ook Ou Koer-Koer. Die res van die dag word daar lekker in en om die woonwaens gekuier waarna die kierie brigade die aand weer lekker saam gebraai het. Die manne en manninne het lekker gekuier tot laat waarna elkeen maar op sy eie tyd en gevoel die “Kooi” opgesoek het. Dit was voorwaar ’n lekker kuier en ons wil dankie sê vir almal wat dit mee en moontlik gemaak het. Die wat die saamtrek nie kon mee maak nie, ont-hou ons beplan reeds aan die volgende Senior Burger saamtrek wat in Januarie by Bush-inn sal wees.

Elkeen wat die moeite gedoen het om die Senior Burger kamp van die Luiperds by te woon word hartlik bedank en dan sê die kampkommandante “weder-om” tot later.

Senior Burger Kampkommandant Groete Willem en Elsie Broxham

Phillip en Ans Opperman Senior Lid verteenwoordi-

gers het ook hulle dank uitgespreek teenoor almal wat hul weg oopgesien het om te kom kamp. ’n Geseënde Kersfees en Voorspoedige nuwe jaar word een en elkeen toegewens. Hou die Spore dop vir meer inligting aangaande die Luiperds se Senior Burgers saamtrekke in die nuwe jaar. Hoop om julle weer daar te sien.

Phillip en Ans Opperman

4

Page 5: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

Diere rubriek Die huismossie… NIE ‘n Suid-Afrikaanse voël

nie!(vervolg) Een van die fassinerendste hebbelikhede by

sekere voëls is hul ingebore treklus— hul gereelde migrasies met die wisseling van die sei-soene tussen hier en anderland. Ons het reeds vertel hoe party van die voëls wat in Europa en Asië broei, na ons wêrelddeel koers kies nadat hul broeityd verby is.

Trekvoëls wat Afrika nie verlaat nie, is miskien nie so goed bekend nie, maar daar is baie van hulle onder hulle tel die meeste van ons swaels en windswaels, asook die piet-my-vrou. Baie van ons eende vlieg eweweens na ons buurlande in die noorde. Seevoëls migreer ook en reuse-stormvoëls wat in Antartika gering is, is later in Suid-Afrikaanse kuswaters aangetref.

En dan kry Afrika ook nie altyd die nodige erken-ning vir hule musiek nie. baie mense dink dalk dat ons veervolk glad nie so mooi dan sing soos die Europese geveerdes nies. Wie sê? Luister maar ‘n slag na die musicale rooiborsie, breëstertgrasvoël, dassievoël of een van ‘n aantal ander om te besef dat die Europese nagtegaal ter plaatse ernstige mededingers het. Soos ‘n voëlkenner op ‘n keer geskryf het: “Ons het in Suid-Afrika ore om te hoor nodig, en nie voëls om te sing nie.”

Soveel mooi, interessante en snaakse dinge kan van ons voëllewe vertel word, dat ‘n mens nie reg weet wat om te noem en wat om uit te laat in ‘n beperkte vertelling soos dié nie. Geen verslag oor ons voëls sal nietemin volledig wees sonder om na die hamerkop te verwys nie. in die tradisionele Afrika-kulture is geglo dat die hamerkop oor bo-natuurlike magte beskik. Sy groot stoknes is ge-woonlik naby water. Die wewer bou ook ‘n groot stok nes—wat soos die dak van ‘n tradisionele hut lyk. Eintlik maak biae werwerpare hulle saam daar tuis, elk in hule eie nessies. Soms lê dwer-gpapegaaie of ‘n slang egter beslag op sekere nessies en dan moet die onteiende wewerpaar maar die wyk neem. Die buffelwewer bou ‘n soortgelyke nes, maar dis is net kleiner.

‘n koddige kalant is ons horingbekvoël met die ei-enaardige broeigewoontes. Die broeiende wyfie word naamlik in die nes toegemessel en deur haar maat van buite af gevoed, by party spesies selfs totdat die kleintjies gereed is om te vlieg.

Suidelike Afrika het heelparty parasitiese voël wat nie self hul kleintjies grootmaak nie maar die taak ewe vrypostig en gemaklik op ander voëls afskuif.

Sulke “kansvatters” word onder sekere wewervo-ëls, koekoeke en heuningvoëltjies aangetref.

Aan die anderkant van die spectrum is daar voëls soos die helmlaksman, waar die hele swerm die

ouers help om die kleintjies groot te maak. Nou ja, wie sê nog voëls is oninteressant? Gaan

vertel dit vir die voëls, soos die En-gelse sê!

Bron: http://www.mieliestronk.com/savoels.html

Tienerhoekie Statistieke oor tieners en groepsdruk. 10% van die tieners waarmee onderhoude gevoer

is, sê hulle is nog nie deur groepsdruk beinvloed nie.

28% van die tieners meen dat deur in te gee vir groepsdruk, hul sosiale stand verbeter het.

Byna die helfte van die tieners het erken dat hulle Slegs op iemand “gepik” of iemand geteiken het

nadat ‘n vriend dit eerste gedoen het. Meeste tieners het gesê hul portuurgroep het hulle

positief en negatief beinvloed. Ongeveer 45% sê dat groepsdruk ‘n probleem is,

maar dat tieners dit op hule eie kan hanteer. 40% het gesê dat groepsdruk slegs ‘n persoon se

aandag daarvan aflei om sy of haar doel te bereik.

(volgends ‘n publikasie oor groepsdruk deur Parent Further)

Hoekom begin tieners rook en drink? “My vriende rook” en “Ek het gedink dit is cool”

twee van die hoofredes waarom tieners tussen die ouderdomme van 12 en 17 begin rook (The Canadian Lung Association)

Tweederdes van graad 10’s en tweevyfdes van graad 8’s het al alkohol gebruik (Underage Re-search Drinking Initiative)

Ongeveer 30% van graad 8’s het onwettige dwelmmiddels gebruik (Monitoring the Future Servey)

Navorsing dui ook daarop dat groepsdruk ‘n groot rol speel by tieners se liggaamskwessies en self-beeldprobleme.

Stel só reels Josh McDowell het geskryf: “Reëls sonder ver-

houding lei tot rebellie. As jy wil hê jou kinders moet hul samewerking met huishoudelike reels

5

Page 6: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

6

Korrespondensie Huis Betsie Louw se Kersskenking is die 16de

Desember aan hulle oorhandig

Tegnies Simboliek van sangbundel voorblad

Page 7: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

7

Welpieklub Kersvader van wattebolle

gemaak

Wat het ons nodig: Klein papierbord Kuns verf: mens kleur/”flesh tone” Rooi felt papier Watte bolle 2 ogies 1 pienk pom pom Sker Gom Verf kwas Rooi merker of rooi kruit Hoe om die Kersvader te maak Draai die papierbord om en verf dit dan die mens

kleur/”flesh tone”. Sit eenkant om te droog. Sny ‘n hoed vorm uit die rooi felt en gom 1 watte

bol op die punt van die hoed. Gom ook ander watte bolle op die “onderste” punt van die hoed.

Sodra die papierbord droog is, gom die onderkant van die hoed op di bokant van die papierbord vas.

Gom ‘n “baard” van watte bolle alom Kersvader se gesig.

Gom die 2 ogies nader aan die hoed vas. Gom die penk pom pom onder die ogies vas, dis

die neusie. Sny ‘n watte bol in die helfde, en gom vas bo die

ogies vir wenkbroue Sny nog ‘n watte bol in die helfde en trek liggies

om ‘n snor te vorm. Gom onder die neus vas. Gebruik die rooi merker/kruit om ‘n mond/glimlag

te trek onder die snor. Bron: All Kids network

Feeder Hengel SA’s by Bloemhof dam—Oktober 2015

Daar was 11 provinsies teenwoordig, ons het heer-lik gehengel. Die weer was warm, alhoewel die wind sterk gewaai het. Dit was so plus minus 40grade elke dag. Pa en seun het altwee

uitnodiging gekry vir SA proewe. JW was algeheel 14de uit 55 hengelaars.

Spoghoekie!!

Page 8: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

8

Luiperds Kampnuus: Koppisol—Nasionale Saamtrek 23-28 September 2015 Die kraaie gaap en die vinke kwetter en maak nes

in die bome, maak nou nie saak nie want die Luiperds en Suid Oosters het baie lekker gekamp by Koppisol.

Woensdagoggend 23ste September arriveer die eerste van 7 Luiperds en 3 Suid-Oosters al en begin laer trek by Koppisol, nogal saam met ons eie Senior Burgers (Phillip & Ans Opperman en Louis & Dina Hilligenn). Seker nie nodig om te sê wie nie, maar Phillip en Ans sorg toe dat die Luiperds bymekaar kon staan deur vroeg op te daag en plek te hou. Hierdie keer het ons be-hoorlik laer getrek. Daar was gesamentlik boeke gevat wat deur ons President Oom Nico Spaumer gekoördineer was, waarna daar lekker om die vure gekuier is en sommer ‘n “moer by” ete gehou is.

Donderdagoggend sluit nog 2 Luiperds en 1 Suid-Ooster by die groep aan waarna daar vinnig nes geskrop en ingeburger is. Almal het lui lekker onder die bome en om die woonwaens gekuier. Na boekevat het ons lekker gesmul aan die wors broodjies en braaivleis vir aandete.

Vrydagoggend sluit die laaste Luiperd by die groep aan. Hierdie was weereens ’n nasionale kamp waarvoor daar net 87 staanplekke gereserveer was en daar daag toe 128 woonwaens op met Goudrif wat as die kamp kommandante opgetree het. Puik ouens Puik!!

Wat ’n lekker kamp was dit nie? Weereens ’n geleentheid om saam met ons Sawa vriende en familie te kon kamp”. Die Tema vir die naweek was ”S” en glo my die van julle wat nie kom kamp het nie het uit gemis op ’n wonderlike geleen-theid! En was daar gelag vir al die snaakse manewales wat opgedis was. Ons het eintlik seer maagspiere ontwikkel.

Om 19:00 Vrydagaand is daar soos gewoonlik eers boeke gevat, gegroet en gekuier asof ons me-kaar jare laas gesien het. Na boekevat het André en Peet vir ons vuur gemaak en het ons vleis ge-braai waaraan ons lekker gesmul het. Later is daar maar luierig aanstaltes gemaak om te gaan inkruip.

Saterdagoggend vroeg het die atlete gaan stap en glo my hulle het gebrul! Die res van ons het maar traag uit die vere gekruip omdat boekevat eers vir 09:00 gereël is, waarna ons lekker ontbyt ge-nuttig het. Gesamentlik, met almal wat iets by-gedra het, het ons spoedig ’n baie gawe ontbyt aanmekaar geslaan. Later na die ontbyt almal as “dik Pelle” uitmekaar en elkeen in sy eie rigting om sy eie ding te doen.

Saterdagmiddag het die vrouens die Luiperds se

tafels in die saal gaan opmaak en reg kry vir die “gala geleentheid” wat gereël is vir Saterdag-aand. Die manne het maar lui lekker om die woonwaens gekuier en rugby geluister tot dit tyd was om te gaan reg maak vir die groot “Partytjie”.

Elkeen uitgevat en getooi soos die tema dit wou hê, party in slippers en slaapklere en die ander in skooldrag het ons almal afgesit saal toe en wat ’n verrassing was dit nie om te sien hoe die saal daar uitgesien het nie. Elke streek het voorwaar moeite gedoen om die geleentheid so spoggerig moontlik te kon maak. Daar was lekker gekuier en ons was later die aand vermaak deur Goudrif se eie “Disco Jockey” wat baie goeie musiek ge-maak het. Ons het natuurlik aan die geleentheid deelgeneem en daar was lekker gedans tot laat.

Sondagoggend na die erediens, wat in die vorm van ’n sangdiens gehou is, is daar gesamentlik afsluiting gehou waarna ons maar almal op sy eie tyd opgeslaan en huiswaarts gekeer het. “Koer-Koer” moes natuurlik gou klaar gemaak het om nog Pretoria toe te gaan vir haar eerste bestraling wat Maandag gaan begin – Sterkte ou Vinkie ons dink aan jou.

Aan almal wat saam gekamp het se ons baie dankie vir julle betrokkenheid en samesyn. Dit was voorwaar ’n lekker kamp, julle mag maar we-er volgende keer saam kom.

Tot ‘n volgende keer! Luiperd Groete Francois Storm

Sherlock het toe opgedaag met ’n Spaanse dame

Page 9: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

9

Koppisol se staanplekke is so ruim dat ons lekker in ‘n sirkel kon laer trek. Altyd die beste manier om as ‘n groep te kamp.

Die S-tema is baie goed deur almal ontvang. Gelukkig het die gerugte van seks werkers en swem instrukteurs nie gerealiseer nie.

Page 10: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

10

Slaapklere sal nooit weer dieselfde wees nie. Ans kan nie eers sien nie maar kyk hoe opgewonde raak sy oor die “adult” slaaptyd stories. Rina het maar gesukkel met Elaine se ekstra paar tande.

Die ander kon nie hul lag hou vir die gepassery nie

Indien hierdie span moet terug Skool toe kry ek die onderwysers baie jammer. Kommentaar was daar baie. “ Jy het jel is jou hare, jy weet dit is teen die reëls.” “Ek sien rooikaarte gaan uitgedeel

word”. “ Jy mag nie in jou skoolklere rook nie” Dit was groot pret!!

Page 11: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

Luiperds Kampnuus: Buffelspoort-SAWA Kongres 16-18 Oktober 2015 SAWA Kongres is altyd ‘n hoogtepunt in die SAWA

jaar. Die Kongres is die hoogste gesagstruktuur binne SAWA. Die kongres word bygewoon deur die Nasionale Dagbestuur, Gebiedsvoorsitters en 2 afgevaardigdes van elke streek en een af-gevaardigde vir elke sateliet. Hulle het almal een stem op die Kongres. Verder word die Kongres bygewoon deur die SAWA Admin beampte, Redakteur van die SAWANANT asook die Redakteur van SAWA Web en ander gaste/belangstellendes, hierdie groep het geen stemreg op die Kongres nie maar kan deelneem. Luiperds se afgevaardigdes na die Kongres was André Swanepoel & Peet Venter, met Francois Storm & Phillip Opperman as secundi.

Aangesien Vinkie Swanepoel nie Vrydagoggend bestraling gekry het nie kon André Swanepoel

haar vroeg Vrydagoggend oplaai in Pretoria na haar derde week van bestraling. Peet Venter en Francois Storm het met een wa deurgekom en vir Phillip en Ans Opperman by dr Swanepoel se Wimpi gekry. Rina Storm en Elaine Venter was natuurlik ook by.

Saterdagoggend het die Kongres stiptelik om agt-uur begin en is deurgans deur ons Nasionale Voorsitter, Jannie Meyer, met gemak hanteer. (Jip daar was maar soos gewoontlik ‘n paar ongemaklike oomblikke.) Geluk Jannie jy het jou eerste Kongres met vlieënde vaandels geslaag!

11

Vrydagaand het ons as Sawanante lek-ker om die braaivleis vure gekuier.

Party tot laat aand.

Nuwe Dagbestuur saam met SAWA Presi-dent

Voor: André Knoetze (Onder Voorsitter), Nico Spaumer (President), Jannie Meyer (Voorsitter )

Agter: André Swanepoel (Sekretaris), Brian van Niekerk (Skakelbeampte), Vossie Vosloo (Penningmeester)

SAWA Kongres in volle swang

Page 12: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

12

Saterdagaand het almal hulle mooi-moois aangetrek en afgesit na die dinee toe. Voor die dinee het Koos Gunter van Suid-Oos siek geword en ek moet sê hier het ek weereens besef wat maak SAWA uniek. Steyn Fourie, Peet Venter Sondra Koekemoer het almal hul deel bygedra om te sorg dat Koos Gunter by die hospitaal kom en behandeling ontvang. Steyn en Karin Fourie het selfs die dinee gemis om saam hospitaal toe te gaan sodat hulle Koos kon ondersteun. Drie hoera’s vir julle almal!!

André Swanepoel

Luiperds oppad dinee toe

Gedurende die dinee het André & Vinkie Swanepoel Nasionale toekenning

ontvang vir die ko-ordinering saam Koos en Rina Gunter van die 2015 Presidente.

Francois Storm het ‘n Sertifikaat van Ver-melding ontvang vir sy aandeel om SAWA web op datum te hou terwyl

Maryke Storm een ontvang het vir haar redakteurskap van SPORE

Die geleetheid het weereens getuig van die keatiwiteit binne SAWA. Die saal is versier met ‘n Bosveld tema deur Roelf Brewis en sy span van streek Bosveld.

Baie geluk julle!

Page 13: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

13

Luiperds Kampnuus: Bloekompoort Kerskamp 27-29 November 2015 Vrydagoggend 27ste begin die Luiperds so een vir

een, erg wind-verwaaid arriveer vir nog ’n fees-telike saamtrek geleentheid te Bloekompoort. Teen 21:00 is almal wat Vrydag moes arriveer tuis en ingeburger. Ons was ook weereens geluk-kig om Sawanante uit ander streke (Hennie en Monica Oosthuizen van Oosvaal, Blou-bul en Bul-lin van Overvaal) wat saam met ons gekamp het. Daar was altesaam 15 Luiperd gesinne, twee Sawa Streek kuiergaste en drie Luiperd gesin-gaste wat die kamp mee-gemaak het wat die to-taal op 20 gesinne te staan gebring het. Om 19:00 word daar afgeskop met die gebruiklike boekevat wat deur Roodekruin behartig was waarna ons lekker gekuier en ge-eet het aan die lekker paptert en wors wat die oord vir ons voor-gesit het.

Saterdagoggend 28ste arriveer nog ’n paar Luiperds gesins-gaste in die koue weer waarna daar fluks aan die werk gespring is om die saal in orde te kry vir die aand se verrigtinge. 15:00 het Kersvader ‘n draai by die Welpies kom maak en die afwagting was naderhand ondraaglik aangesien hulle baie bekommerd was dat die wind hulle Kersvader sou weg waai. Met geluk-kige gesiggies het hulle hul geskenke van Kersvader ontvang en toe word daar lekker gespeel.

Ons tema vir die aand was Mexikaans. Glo my die “Senjora’s, Senjorita’s en Bambino’s” almal mooi uitgevat in hul Mexikaanse drag opgedaag vir nog ’n feesmaal wat deur die Luiperd dames onder leiding van Ouma Sweetie en Lizinda ge-reël was by te woon. Daar was lekker speletjies vir die kleinspan sowel as vir die groot mense aangebied. Hier het Johan Opperman as “Senjor Seremona’s” opgetree en hom weer goed van sy taak gekwyt. Later is daar lekker gesmul aan die “koue vleis en slaai” wat deur die oord voorgesit is waarna ons lekker verder gekuier het. Na afloop van die tema-spele is daar oorgegaan tot Kareoke, tot groot pret en vermaak vir almal. Peet het nogals sy sang vernuf tentoon gestel. Mooi so Ou Peet jy het gees!!!

Sondagoggend 29ste 08:30 is daar begin met ‘n gesamentlike ontbyt genuttig (Luiperds en Roode kruin). Waarna ons elkeen op sy eie afsluiting gehou het. Hier het ons ook ’n paar Vlakvarkies uitgedeel soos dit nou al die gebruik by die Luiperds is met die hoogtepunt waar ons erken-ning aan ons toekomstige Sawanante (Welpies) gee.

Na afsluiting wat vinnig deur Peet Venter hanteer was, het ons oorgegaan tot aksie met ons “kerssang diens” wat deur Johan en Wennie Op-

perman waargeneem was en glo my soos altyd weer ’n luisterryke geleentheid. Ons was ook ver-maak deur ’n paar Sawanante wat “PROBEER” het om ons op die maat van hul eie musiek fabriek te laat sing het, vals of te nie, ons het gesing soos net Sawanante dit kan doen. Dankie aan ons Hemelse Vader vir die voorreg om Hom te Loof en Prys!!!

Elkeen wat die moeite gedoen het om die kamp by te woon en deel geneem het aan die aktiwiteite van die naweek word hartlik bedank. Die kampkommandante sê “wederom” tot later.

Kampkommandant Groete Luiperds Bestuur Peet Venter ons nuwe Streek Voorsitter het ook

elke lid bedank wat sy en haar weg oopgesien het om te kom kamp. ’n Geseënde Kersfees en Voorspoedige nuwe jaar word een en elk toegewens. Hou die spore dop vir meer inligting aangaande die Luiperds se saamtrekke in die nuwe jaar. Hoop om julle weer daar te sien.

Peet en Elaine Venter

Welpies se gesiggies word geverf en so ook hulle donkie se sterte

Welpies oefen solank vir die Kerssang diens

Page 14: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

14

Welpies en Kersvader.

Welpies probeer om die Pinata stukkend te slaan... aanhouer wen...

Page 15: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

15

Ons fraaie tafelversierings.

Luiperds se eie musiekfabriek Minion Senjora’s en Senjorita

Page 16: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

16

Algemene Inligting Voorlopige Besprekings en Tariewe 2016

Plek Datum In Datum Uit Tarief vir meer as 10 woonwaens per staan-plek per nag met 4 per-

sone Bush Inn (Stable Inn) 29 Januarie 31 Januarie R120/nag vir 2 persone Badplaas 26 Februarie 28 Februarie

Presidente Klipdraai 24 Maart 27 Maart

Widtuin- Berg en Dal 28 April 2 Mei Eie onkostes Badplaas 27 Mei 29 Mei

Gebiedstoer 25 Junie 17 Julie

AJV—Badplaas 19 Augustus 21 Augustus

Nasionale saamtrek 23 September 25 September

Bloekompoort 28 Oktober 30 Oktober

Stable Inn—Kerskamp 25 November 27 November

Senior Burger Saamtreke

Bush Inn (Stable Inn) 27 Januarie 28 Januarie

Bloekompoort 26 Oktober 27 Oktober

Stable Inn—Kerskamp 23 November 24 November

Vir die Boskok Handgemaakte worsrolletjies

Laat jou kinders kook in die kampterrein Laat die kinders ‘n slag hulle eie kos maak. Hier is

‘n lekker resep vir klein handjies. As die kinders al oud genoeg is om te begin braai,

koop vir hulle ‘n weggooibraaiboks vir hulle eie “kinderbraai”. Dit sal hulle sommer baie groot en belangrik laat voel.

Jy het nodig: (vir 6 mense) 1 klein pakkie (500g) broodmeel 1 sakkie (10g) droë kitsgis ‘n knippie sout 1½ koppie (375ml) melk of water 12 Frankfurters of Weense worsies Tamatiesous om voor te sit.

Metode: 1. Meng die broodmeel, gis en sout saam.

Maak ‘n holte in die middel van die mengsel en voeg die melk by. Meng dit tot die deeg bymekaar kom.

2. Knie dit vir 10-15 minute op ‘n skoon werk-soppervlak wat met meel bestrooi is. Bedek dit met ‘n skoon vadoek en laat dit op ‘n warm plek staan vir sowat 30 minute totdat die deeg tot dubbel die volume gerys het.

3. Knie die deeg weer af en vorm ‘n lang reg-hoek. Sny deegstroke van 2-3cm breed, en lank genoeg om ‘n worsie toe te draai. Hou hulle eenkant.

4. Ryg elke worsie op ‘n sosatiestokkie, draai ‘n deegstrook om en druk die los punte stewig vas. Braai die stokkie oor matige kole tot die deeg goudbruin en gaar is. sit dit voor met genoeg tamatiesous sodat die kleingoed dit weer en weer kan doop.

Eet en geniet dit!! Bron: Wegsleep

Page 17: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

17

Algemene Inligting Lief Ronel du Plooy se Ma het ‘n suksusvolle knieg

operasie gehad. Hayley Venter het 3 meriete toekennings by skool

ontvang. Johan de Kock is aangewys as die 2de beste veer-

pyltjie speller in Mpumalanga. Jahno Janse van Rensburg het aan ‘n skole 7’s

toernooi deelgeneem

Leed Anna Oosthuizen van Noord Boland is vermoor in

haar huis. Reinet Labaschagne van Seemeeu is met

lonkanker gediagnoseer.

Page 18: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

18

Algemene Inligting

Voorraadbeampte: Francois Storm 082 809 7894 Sweetpak baadjies R250 Sweetpak broek R195 Sirkel en woonwa snor R25 Windjakker R320 Slaprand hoed R70 Pette R45 Petwapen (lap) R25 SAWA keps R40 SAWA keps—Vroue R40 Luiperd hempde—prys op aanvraag Sangbundels R30 Sangbundels groot A4 R50 SAWA Dasse R80

Alle verkope—kontant met bestelling

Windjakker

Sangbundels

Petwapen

SAWA keps

SAWA hemp en das—appart te koop

SAWA baadjie

Page 19: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

BANKBESONDERHEDE SAWA Luiperds ABSA Tjek Rek no: 4070170865 Takkode: 632005

19

Lappies Labuschagne (28) Oktober Phillip Opperman (01) Ronelle du Plooy (01) JW Opperman (06) Berdine Mostert (11) Elaine Venter (12) Josh Spoelstra (13) Chantall Opperman (14) Joy Benecke (26) Maré Lourens (26) Hayley Venter (29) November Zurika Cornelius (07) Jasper Cornelius (17) Louis Hilligenn (19) Johan Bosch (26) Erenst Opperman (29) Desember Werner Nel (10) Cecile Bosch (22) Wennie Opperman (22) Cindy Spoelstra (27)

Huweliksherden-kings Januarie Johan & Petra Pelser (04) Jaco & Lizette Rossouw (26) Februarie Johan & Hettie Swanepoel (03) Maart April Johan & Mary-Ann Pretorius (01) André & Vinkie Swanepoel (01) Ian & Maryke Storm (01) Johan & Cecile Bosch (15) Mei Francois & Rina Storm (02)

Nico & Ronelle du Plooy (05) Junie Peet & Elaine Venter (15) Erenst & Chantall Opperman (23) Julie Willem & Elsie Broxham (03) Wennie & Laura Opperman (05) Augustus Jasper & Machteld Cornelius (08) Chris & Sandra Labuschagne (10) September Johan & Elmarie Opperman (25) Oktober Johan & Berdine Mostert (04) November Louis & Dina Hilligenn (19) Sidney & Maré Lourens (21) Phillip & Ans Opperman (26) Desember Werner & Celani Nel (17) Johan & Lizinda de Kock (30) Hennie & Dorea Burger (30)

Verjaarsdae Januarie Lumé Storm (02) Lian Storm (06) Zian Opperman (07) Chohané Janse van Rensburg (21) Hennie Burger (30) Februarie Vinkie Swanepoel (10) Johan de Kock (15) Janno Janse van Rensburg (16) Petra Pelser (22) Renier Venter (25) Ruan Cornelius (27) Maart Johan Pretorius (03) André Swanepoel (08) Hettie Swanepoel (14) Sidney Lourens (15) Lizinda de Kock (27) Ian Storm (27) Mary-Ann Pretorius (31) April Francois Storm (08) Johan Opperman (08) Amoné Venter 26) Mei Dorea Burger (04) Nico du Plooy (5) Maryke Storm (06) Amé Opperman (16) Elmarie Opperman (29) Machteld Cornelius (31) Junie Johan Mostert (03) Celani Nel (04) Marcelle Jacobs (09) Kalinka Nel (16) Johan Pelser (18) Caramia Nel (26) Julie Rina Storm (10) Johan Swanepoel (20) Willem Broxham (21) Augustus Susarie Pienaar (06) Lizette Rossouw (11) Ans Opperman (29) Miné Storm (31) Dina Hilligenn (31) September Elsie Broxham (04) Sandra Labuschagne (04) Peet Venter (16) Laura Opperman (19) Jaco Rossouw (27) Martin Nagel (27)

SAWA Ledegelde vanaf 01 Desember 2015

Intreegelde R120-00 Kontantbetaling :- Gewone lede R330-00 Senior Burgers R320-00 Debietorderbetalings :- Gewone lede R320-00 Senior Burgers R310-00

Page 20: SPORE Uitgawe Jaar 9 Uitgawe 4 Desember 2015 › wp-content › uploads › Luiperds.1601.SPORE-Des… · ‘n Oupa werk nie, het het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap

20

Voogde met hul lede Venter Peet & Elaine 0712279368 Burger Hennie & Dorea 082 904 2318 Mostert Johan & Berdine 082 448 9433 Pretorius Johan & MaryAnn 082 889 6083 Pelser Johan & Petra 082 572 6233 Storm Francois & Rina 082 809 7894 Cornelius Jasper & Machteld 084 363 4666 Opperman Phillip & Ans 082 779 3262 Pienaar Susarie 0843850644 Rossouw Jaco & Lizette 082 877 5917 Kinders (tot graad 12) Cornelius Zurika, Ruan Swanepoel André & Vinkie 082 503 7242 Benecke Joy (011) 026 5210 Opperman Johan & Elmarie 082 779 1539 Opperman Erenst & Chantall 082 459 0914 Opperman JW 0722781615 Kinders (tot graad 12) Opperman Zian, Amé De Kock Johan & Lizinda 082 455 7961 Du Plooy Nico & Ronelle 083 303 1438 Opperman Wennie & Laura 083 266 9515 Spoelstra Martin & Cindy 072 021 8040 Kinders (tot graad 12) Janse van Rensburg Chohane, Janno Spoelstra Josh

Storm Ian & Maryke 082 713 0044 Bosch Johan & Cecile 082 698 6585 Hilligenn Louis & Dina 084 846 2555 Lourens Sidney & Maré 078 451 1883 Nel Werner & Celani 071 252 8873 Kinders (tot graad 12) Nel Caramia, Kalinka Storm Lian, Miné, Lumé Venter Renier 072 328 4953 Broxham Willem & Elsie 082 851 3581 Labuschagne Lappies & Sandra 082 065 8127 Swanepoel Johan & Hettie 082 469 2903 Kinders (tot graad 12) Venter Hayley, Amoné

Bestuur Kontakinligting

Naam Sel Nommer E-pos Adres

Voorsitter Peet Venter 071 227 9368 [email protected]

Ondervoorsitter Francois Storm 082 809 7894 [email protected]

Penningmeester Vinkie Swanepoel 082 503 7242 [email protected]

Sekretaris - - -

Addisionele lid

Lizinda de Kock 082 455 7961 [email protected]

Addisionele lid

Renier Venter 072 328 4953 [email protected]

Addisionele lid

Maryke Storm 082 713 0044 [email protected]

SPORE word uitgegee deur Luiperdsstreek van die SA Woonwa-Assosiasie (Sawa). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van Sawa is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word deur die Redakteur verantwoord.