squared up 2013:1

30
SQUARED 2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Junie 2013 www.up.ac.za Die reputasie van ’n Universiteit word gevestig op die gehalte van die navorsing en opleiding wat gelewer word. Daarom sluit die visie van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan by die Universiteit se strategiese visie. Deur middel van die navorsings- en opleidingprogramme wat dit lewer, dra die Fakulteit wesenlik by tot die verligting van Suid-Afrika se menslikehulpbronontwikkelingsbehoeftes. Dit voorsien navorsingsoplossings in kritiese areas wat verband hou met mense- en dieregesondheid, volhoubare energie, voedsel- en waterveiligheid, biodiversiteit en bewaring, klimaatsverandering en ekonomiese volhoubaarheid. Die Fakulteit het onlangs sy verbintenis tot navorsing herbevestig toe dit twee SARChl Navorsingsleerstoele bekom het. Een was in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioingenieurswese en Biowetenskap (waarvan prof Jean Lubuma die hoof is) en die ander een was in Volhoubare Malariabeheer (waarvan prof Lynmarie Birkholtz die hoof is). Die SARChl Leerstoele word deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie befonds, via die Nasionale Navorsingstigting (NRF). Die UP Waterinstituut, wat internasionale erkenning geniet vir die gehalte van opleiding en navorsing in water, was suksesvol in die verkryging van vier van ses Randwater Leerstoele. Een van die Leerstoele is aan prof Fanus Venter op die gebied van Mikrobiologie toegeken. Die aantal navorsers verbonde aan die Fakulteit wat met ’n NRF-gradering spog, het tans tot 137 gestyg. Dit is ongeveer 40% van die gegradeerde navorsers by die Universiteit. Vyf van hierdie professore geniet ’n A-graderingstatus as navorsers (Leier Internasionale Navorser). ’n Verdere bewys daarvan dat die Fakulteit een van die mees diverse wetenskapfakulteite in Suid-Afrika is, is te vinde in die feit dat goed geplaas is op die graderingslys van die ISI-Kennisweb. Die gradering bepaal werksverrigting, gemeet aan die volume en impak van navorsing. Die Fakulteit presteer goed in ’n aantal navorsingsvelde, waaronder die terrein van Plant- en Dierwetenskappe, Omgewing en Ekologie en Landbou spesifiek gelys word. Ons het wêreldwyd sterk navorsingsnetwerke en werk sinvol saam met die Fakulteite Gesondheidswetenskappe, Veeartsenykunde en Ingenieurswese en die Bou-omgewing op projekte wat verband hou met diere- en mensegesondheid, energie en materiaalwetenskappe. ’n Voorbeeld van Veelsydigheid dra by tot navorsing in Fakulteit Vervolg op bladsy 2

Upload: duongthu

Post on 31-Jan-2017

230 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: Squared UP 2013:1

SQUARED2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Junie 2013

www.up.ac.za

Die reputasie van ’n Universiteit word gevestig op die gehalte van die navorsing en opleiding wat gelewer word. Daarom sluit die visie van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan by die Universiteit se strategiese visie.

Deur middel van die navorsings- en opleidingprogramme wat dit lewer, dra die Fakulteit wesenlik by tot die verligting van Suid-Afrika se menslikehulpbronontwikkelingsbehoeftes. Dit voorsien navorsingsoplossings in kritiese areas wat verband hou met mense- en dieregesondheid, volhoubare energie, voedsel- en waterveiligheid, biodiversiteit en bewaring, klimaatsverandering en ekonomiese volhoubaarheid.

Die Fakulteit het onlangs sy verbintenis tot navorsing herbevestig toe dit twee SARChl Navorsingsleerstoele bekom het. Een

was in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioingenieurswese en Biowetenskap (waarvan prof Jean Lubuma die hoof is) en die ander een was in Volhoubare Malariabeheer (waarvan prof Lynmarie Birkholtz die hoof is). Die SARChl Leerstoele word deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie befonds, via die Nasionale Navorsingstigting (NRF).

Die UP Waterinstituut, wat internasionale erkenning geniet vir die gehalte van opleiding en navorsing in water, was suksesvol in die verkryging van vier van ses Randwater Leerstoele. Een van die Leerstoele is aan prof Fanus Venter op die gebied van Mikrobiologie toegeken.

Die aantal navorsers verbonde aan die Fakulteit wat met ’n NRF-gradering spog, het tans tot 137 gestyg. Dit is ongeveer 40% van die gegradeerde navorsers by die Universiteit. Vyf van hierdie

professore geniet ’n A-graderingstatus as navorsers (Leier Internasionale Navorser).

’n Verdere bewys daarvan dat die Fakulteit een van die mees diverse wetenskapfakulteite in Suid-Afrika is, is te vinde in die feit dat goed geplaas is op die graderingslys van die ISI-Kennisweb. Die gradering bepaal werksverrigting, gemeet aan die volume en impak van navorsing. Die Fakulteit presteer goed in ’n aantal navorsingsvelde, waaronder die terrein van Plant- en Dierwetenskappe, Omgewing en Ekologie en Landbou spesifiek gelys word.

Ons het wêreldwyd sterk navorsingsnetwerke en werk sinvol saam met die Fakulteite Gesondheidswetenskappe, Veeartsenykunde en Ingenieurswese en die Bou-omgewing op projekte wat verband hou met diere- en mensegesondheid, energie en materiaalwetenskappe. ’n Voorbeeld van

Veelsydigheid dra by tot navorsing in Fakulteit

Vervolg op bladsy 2

Page 2: Squared UP 2013:1

2 SQUARED2 UP

Bood

skap

van

die D

ekaa

n

Ons is een van die mees diverse wetenskapfakulteite in Suid-Afrika en daarom wil ons graag ons posisie as ’n belangrike navorsingsfakulteit versterk. Ten einde toekomstige sukses te verseker, wil ons graag ’n positiewe bydrae maak tot die verligting van plaaslike, nasionale en internasionale nood. Die Fakulteit streef daarna om deur middel van navorsings-, opleidings- en leerpogings die wêreld ’n beter plek te maak.

Twee SARChl Navorsingsleerstoele is onlangs aan die Bioingenieurswese Fakulteit toegeken. Die een is in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioingenieurswese en Biowetenskappe, wat ons navorsingspogings sal verbeter (lees meer op bladsy 7). Die ander een is in Volhoubare Malariabeheer (bladsy 8). Die UP Waternstituut, wat internasionaal erken word vir die gehalte van sy opleiding en navorsing in water, het suksesvol meegeding om vier van ses Randwater-leerstoele. Een van die Leerstoele is toegeken aan prof Fanus Venter op die vakgebied van Mikrobiologie (bladsy 8).

Een van die interessante navorsingsprojekte in die Fakulteit was die daarstelling van ’n Groen Chemie Platform in die Instituut vir Voedsel,

Voeding en Gesondheid. Die doel is om navorsings- en opleidingsaktiwiteite te integreer, binne die breër konteks van die regulering van insekdoders (bladsy 13). ’n Vraag wat vir lank onbeantwoord gebly het, is: watter fisiese eienskappe verwek ’n vrou se belangstelling in ’n man? Dr Vinet Coetzee van die Departement Genetika en ’n span navorsers het ’n antwoord op hierdie vraag verskaf in ’n navorsingsverslag wat in die gerespekteerde wetenskaptydskrif Proceedings of the Royal Society of London, B verskyn het (bladsy 15). Lees ook meer oor ’n wêreldwye navorsingsprojek betreffende die beheer van stamroessiekte en die voorkoming van die verlies van biljoene dollars (bladsy 12).

Die opening van die nuwe tuiste van die Soogdiernavorsingsinstituut en Wiskunde sal die Universiteit se navorsings- en opleidingfasiliteite uitbrei. Dit vorm deel van die langtermynstrategie van die UP (bladsy 21). Die Departement Biochemie was behulpsaam met die ontwikkeling van ’n Afrika-groenteeproduk in ’n klein loodsprojek by die Ntingwe Teefabriek in KwaZulu-Natal (bladsy 16).

Soos altyd is ons baie trots op die buitengewone prestasies van die personeel in ons Fakulteit. Die Universiteit het erkenning verleen aan sy akademici vir hulle buitengewone navorsingspogings in verskeie studievelde. Navorsers van die Fakulteit het besonder goed presteer en het baie van die toekennings opgeraap. Die Kanselierstoekenning vir navorsing is aan prof Sue Nicolson van die Departement Dierkunde en Entomologie toegeken. Verlede jaar se wenner, prof Brenda Wingfield, is ook verbonde aan die Fakulteit (bladsy 3).

Ons studente presteer net so goed: Renée Hlozek onderneem tans postdoktorale navorsing in kosmologie te Princeton Universiteit, as ’n Lyman Spitzer Jr. postdoktorale beurshouer in Teoretiese Astrofisika. Sy het haar loopbaan in die UP with Science Wetenskapprogram by die Universiteit afgeskop, waar sy ’n BSc-graad in Wiskunde in 2005 aan die Fakulteit voltooi het (bladsy 24). Henry Thackeray het die Visekanselier- en Rektorstoekenning vir die algehele toppresteerder in die Fakulteit gewen. Henry het sy BSc-graad in Wiskunde verwerf met ’n aangepaste gemiddeld van 98,74%, gemeet oor die drie jaar van sy studie (bladsy 25).

Daar is nog vele meer buitengewone prestasies wat deur ons personeel, studente en susterinstansies bereik is, waarop ons baie trots is. Met hierdie nuusbrief wil ons graag sommige hiervan onder u aandag bring en ons hoop dat u die jongste nuus oor verwikkelinge in ons Fakulteit sal geniet.

Prof Anton StröhDekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Boodskap van die Dekaan

Redaksie:Martie Meyer (redakteur)[email protected] 420 5498 (kantoor)012 420 5895 (faks)Kamer 8-9,LandbouwetenskappegebouFakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

UitlegRita DaveCreative Studios (Hatfield)Departement vir Onderwysinnovasie • 012 420 3932

Taalversorging en vertaling:Melodie Veldhuizen en UP Taaleenheid

Stuur gerus kommentaar en terugvoer oor die fakulteitsnuusbrief en idees/voorstelle vir artikels na [email protected]

Redakteur

Martie Meyer

Versterking van navorsing in Fakulteit

vervolg van bladsy 1

sodanige samewerking is die Tshwane Dieregesondheidsgroepering, waar ons Fakulteit, in samewerking met die Fakulteit Veeartsenykunde, sleutelvennote was saam met die Tegnologie-innovasie-agentskap (TIA), die Nasionale Navorsingstigting, Onderstepoort Biologiese Produkte, die Landbounavorsingsraad en die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing. Dié TIA-geleide inisiatief is daargestel om die ontwikkeling van kommersieel-uitvoerbare tegnologieë te stimuleer wat spesifiek die uitdagings aanraak waarmee die dieregesondheidsektor gekonfronteer word.

Page 3: Squared UP 2013:1

Toekennings en prestasies

Die Universiteit van Pretoria het hulde gebring aan akademici in verskeie studierigtings, vir hul uitstaande navorsingspogings. Op 24 April 2013 het die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe tydens vanjaar se Akademiese Presteerderstoekenningsgeleentheid vele toekennings ontvang vir hul verbintenis tot gehalte-onderwys en -navorsing.

Die toekennings is in drie kategorieë gemaak: die Kanselierstoekenning vir Navorsing, Buitengewone Akademiese Presteerders en Buitengewone Jong Navorsers.

In die eerste kategorie is die Kanselierstoekenning vir navorsing oorhandig aan prof Sue Nicolson van die Departement Dierkunde en Entomologie in die Fakulteit

Natuur- en Landbouwetenskappe. Verlede jaar se wenner, prof Brenda Wingfield, is ook verbonde aan die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

Prof Nicolson se navorsing fokus op die fisiologiese aspekte van bestuiwingsbiologie, deur die ondersoek van bestuiwing vanuit die oogpunt van die betrokkenheid van diere, eerder as van plante. Dit sluit onder meer die voedingswaarde van die nektar en stuifmeel (veral van aalwyne, Erythrina en sonneblomme), die voedingsgedrag van suikerbekkies en die uiterste osmotiese en energieprobleme wat voëls wat verdunde nektar drink, te bowe moet kom. Navorsing wat haar groep oor suikerbekkies en hul nektardieet gedoen het, het bygedra tot ʼn Afrika-beskouing van die verhouding tussen voëls en blomme.

Sy het 140 artikels in portuurbeoordeelde dierkunde- en fisiologievaktydskrifte gepubliseer, grootliks in samewerking met nagraadse studente en postdoktorale medenavorsers. Sy het ook twee boeke gepubliseer. Die eerste hiervan, Insect physiological ecology: mechanisms and patterns (Chown & Nicolson (2004), het die Bill Venter/Altronboektoekenning gewen. Die tweede werk, waarvan sy mederedakteur was, is getiteld Nectaries and nectar (2007). Sy het ʼn B2-gradering van die NNS en ʼn h-indeks van 25 op die ISI Web of Science. Die Dierkundevereniging van Suider-Afrika het haar in 2010 bekroon met die Vereniging se gouepenning en sy is ʼn medenavorser van die Royal Society of South Africa.

Akademici in Natuur-en Landbouwetenskappe presteer uitstekend

Kanselierstoekenning vir Navorsing: Prof Sue Nicolson

SQUARED2 UP 3

Lees meer op bladsy 5

Page 4: Squared UP 2013:1

Prof Johann Kirsten Prof Jean Lubuma Prof Bob Millar Prof Zander Myburg

Toek

enni

ngs e

n pr

esta

sies

Prof Danie Auret Prof Nigel Bennett

Prof Louis Nel Prof John Taylor Prof Mike Wingfield

Buitengewone Akademiese Presteerders

Prof Teresa Coutinho

4 SQUARED2 UP

Page 5: Squared UP 2013:1

Prof Zander Myburg

Toekennings en prestasies

Prof Lyn-Marie Birkholtz Prof Christine Maritz-Olivier

Prof Bernard SlippersProf Marietjie Oosthuizen

Buitengewone Jong Navorsers

SQUARED2 UP 5

In die kategorie Buitengewone Akademiese Presteerders is die volgende akademici in die Fakulteit Landbou- en Natuurwetenskappe bekroon: Prof Danie Auret (Departement Fisika), prof Nigel Bennett (Departement Dierkunde en Entomologie), prof Teresa Coutinho (Departement Mikrobiologie en Plantpatologie), prof Johann Kirsten, (Hoof: Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling), prof Jean Lubuma (Hoof: Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde), prof Andrew McKechnie (Departement Dierkunde en Entomologie), prof Bob Millar, (Departement Dierkunde en Entomologie – Direkteur van die Instituut vir Soogdiernavorsing), prof Zander Myburg (Departement Genetika, Voorsitter in Bosbougenomie en Biotegnologie), prof Louis Nel (Departement Mikrobiologie en Plantpatologie), prof John Taylor (Departement Voedselwetenskap) en prof Mike Wingfield, (Direkteur: Instituut vir Bosbou en Landbou-biotegnologie (FABI)).

Die Buitengewone Jong Navorsers in die Fakulteit is: Prof Lyn-Marie Birkholtz (Departement Biochemie, SARChl-voorsitter in Volhoubare Malariabeheer), prof Christine Maritz-Olivier (Departement Genetika), prof Marietjie Oosthuizen (Medenavorser: Departement Dierkunde en Entomologie) en prof Bernard Slippers (Departement Genetika – Navorsingsleier van die Koöperatiewe Program vir Boombeskerming en die Sentrum vir Uitnemendheid in die Biotegnologie van Boomgesondheid – FABI).

Page 6: Squared UP 2013:1

6 SQUARED2 UP

Toek

enni

ngs e

n pr

esta

sies

Hoë AU-toekenning vir prof Mike WingfieldProf Mike Wingfield, Direkteur van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is die ontvanger van die Afrika-unie (AU) Continental se gesogte Wetenskapstoekenning in die kategorie Lewens- en Aardwetenskappe.

Die AU se Wetenskaptoekenningsprogram simboliseer die vasberadenheid van die AU-staatshoofde en die regering om gemeenskappe se bewustheid van Afrikawetenskap te verhoog en die burgers van Afrikalande daarby te betrek. Dit streef ook daarna om tegnologieprogramme te verbeter en die vasteland se navorsingskapasiteit te verhoog.

In 2012 het prof Wingfield die hoog aangeskrewe Johanna Westerdijktoekenning van die Centraalbureau voor Schimmelcultures (CBS) (Sentrale Buro vir Skimmelkulture, Nederland) ontvang, en in November ook ‘n eredoktorsgraad (DSc) van die Universiteit van Brits-Columbië.

Hy het al omvattend oor die gesondheid van bome geskryf en meer as 600 navorsingsrefersate en vyf boeke die lig laat sien. Daarbenewens het hy wêreldwyd op uitnodiging talle hoog aangeskrewe aanbiedings gelewer. Hy het baie belangrike ampte beklee en talryke toekennings en groot lof ontvang vir sy bydraes tot die onderwys, navorsing en nywerheid in Suid-Afrika en elders in die wêreld. Op grond van hierdie bydraes is hy tot genoot verkies van wetenskaplike verenigings soos die Royal Society van Suid-Afrika, die Wetenskapakademie van Suid-Afrika, die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie en die Amerikaanse Fitopatologiese Vereniging. Hy is een van die min erelede van die Mycological Society of America.

Die toekenning is op 25 Mei by die AU se hoofkantoor in Addis Ababa in Etiopië aan prof Wingfield oorhandig.

Prof Mike Wingfield

Tydens een van die Universiteit se onlangse gradeplegtighede het dr Christina Botai, navorser by die Hartebeeshoek Radio-astronomie Observatorium (HartRAO) ’n doktorsgraad verwerf met ’n tesis gefokus op ruimte-geodesie. Dit is deur die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan haar toegeken. Sy het die graad ontvang slegs twee jaar nadat haar man, dr Joel Botai, ook ’n doktorsgraad in dieselfde studierigting by die Universiteit van Pretoria (UP) ontvang het.

Dr Christina Botai het haar doktorale tesis met die titel: ‘Evaluation of earth gravity field models used for precise satellite orbit determination through applications of satellite laser ranging data’ onder leiding van prof Ludwig Combrinck voltooi. Hy is buitengewone professor in die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie en is ook die Mededirekteur: Ruimtegeodesie by HartRAO.

Dr Joel Botai, ’n senior dosent in die Departement, het reeds twee vorige meestersgrade in ruimte-ingenieurswese en astrofisika behaal. Hy is onlangs as lid van die Komitee van Kundiges in die Nasionale Ruimtewetenskapprogram van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (SANRA) aangestel en werk tans aan ’n ambisieuse inisiatief om ’n sterk nasionale ruimtedissipline in die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie te vestig.

Met twee doktorsgrade is daar geen twyfel nie dat die Botai-gesin in die posisie is om ’n belangrike bydrae te maak tot die toekomstige ontwikkeling van ruimtewetenskap aan die UP en in Suid-Afrika.

Reik na die sterre

Van links: Dr Joel Botai (Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie), prof Ludwig Combrinck (Mededirekteur: Ruimtegeodesie, HartRAO) en dr Christina Botai (Navorser: HartRAO), tydens die gradeplegtigheid op 17 April 2013

Page 7: Squared UP 2013:1

SQUARED2 UP 7

Dit is met trots dat UP die instelling van ’n SARChl-leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bio-ingenieurswese en Biowetenskappe aankondig. Prof Jean M-S Lubuma, ‘n vermaarde wiskundige wat tans die Hoof van UP se Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde is, sal die leiding neem ten opsigte van hierdie belangrike Leerstoel met ’n begroting van R2,5 miljoen per jaar.

Die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI) is deur die Suid-Afrikaanse regering gestig as ’n strategiese ingryping wat ten doel het om die kommerwekkende uitvloei van kundigheid uit die openbare, akademiese en navorsingsektor om te keer. Die program is veral daarop gemik om wetenskaplike navorsingskapasiteit te verhoog deur menslike kapasiteit te ontwikkel en die voortbrenging van nuwe kennis te stimuleer.

Alhoewel wiskunde en die biologiese wetenskappe reeds lank ten nouste saam beoefen word, het die enorme sinergie wat gedurende die afgelope paar dekades tussen biologie en wiskunde ontwikkel het, ’n geweldige bydrae tot die verryking en uitbreiding van albei dié gebiede gelewer. Volgens die wiskundige bioloog, JE Cohen, is wiskunde biologie se volgende mikroskoop, maar ’n beter een, en is biologie wiskunde se toekomstige en beter fisika.

Prof Lubuma het verduidelik dat die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde se noue samewerking met UP se Skool vir Biologiese Wetenskappe in 2007 begin het. Hy het voorts gesê: ‘Mylpale ten opsigte van navorsing wat ons sedertdien bereik het, is onder andere die werksessies oor wiskundige epidemiologie wat in 2008 en 2010 gehou is. In 2011 het ons dit opgevolg met die bekendstelling van die Biomath-forum, ’n interdissiplinêre navorsingsbyeenkoms wat aan die Universiteit se wiskundiges en bioloë ’n geleentheid vir gedagtewisseling bied.’

Die navorsingsfokus van hierdie Leerstoel is op die snypunt tussen die wiskundige modellering van biologiese prosesse en ’n spektrum van wiskundige spesialiteitsgebiede wat in die breë binne ontleding voorkom. ‘Die biologiese prosesse waaraan die Leerstoel aandag moet skenk, is nou verwant aan die behoeftes van die land,’ sê prof Lubuma. Dié prosesse is onder andere wiskundige epidemiologie, spesifiek die identifisering van voldoende reaksies op nuwe siektes en op ou vorms van nuwe siektes, byvoorbeeld MIV/Vigs en ander oordraagbare siektes, wat ’n

geweldige bedreiging vir die ontwikkeling van Suid-Afrika en ander lande inhou.

Nog ’n interessante inisiatief wat binne hierdie Leerstoel geskep sal word, is die UTM-program vir wiskundiges onder die ouderdom van 20 jaar. Die doel met dié program is om begaafde jong Suid-Afrikaanse landsburgers te identifiseer, te werf en as wiskundiges op te lei, aangesien wiskundiges tans die topposisie op die nasionale skaarheidslys beklee. Die teikengroep is die wenners van olimpiades en toppresteerders onder die voorgraadse studente wat Wiskunde neem.

Toekennings en prestasies

UP kry SARChl-leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bio-ingenieurswese en Biowetenskappe

Prof Jean Lubuma

Page 8: Squared UP 2013:1

SARChl Leerstoel in Volhoubare Malariabeheer aan UP toegekenUP is een van die leidende instellings in die navorsing van malaria in Suid-Afrika en geniet erkenning vir die toegespitste aandag wat gewy word aan die biologie van malariaparasiete, funksionele genomika, ʼn struktuurgegronde benadering tot die vind van behandelingsmiddels, innoverende strategieë ten opsigte van die beheer van vektore en verbintenis tot openbare gesondheid en die gemeenskap. Hierdie is maar enkele van die vele redes waarom die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-Inisiatief (SARChl) die Leerstoel in Volhoubare Malariabeheer met ʼn begroting van R1,5 miljoen per jaar aan die Universiteit toegeken het. Die Leerstoel word deur die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) befonds deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS).

Prof Lyn-Marie Birkholtz, ʼn medeprofessor in die Departement Biochemie en ʼn lid van die UP Sentrum vir Volhoubare Malariabeheer (UPSVMB), asook ʼn lid van die Europese Virtuele Instituut vir Malarianavorsing, sal aan die hoof van die Leerstoel staan. Die UPSVMB sal as gasheerliggaam vir die Leerstoel optree. Prof Birkholtz is ʼn leier op die gebied van malariawerende teikenontdekking vir volhoubare malariabeheer. As leerstoelhoof sal haar deskundige kennis van die parasiet aangewend word om volhoubare meganismes na te vors om nie slegs die malariaparasiet nie, maar ook die muskietvektor, te beheer. Die voorneme is om die

beheer van die parasiet en die muskietvektor ten nouste te korreleer deur strategieë wat daarop gemik is om volhoubare fisiese en chemiese inmenging in die oordrag van die parasiet teweeg te bring.

Malaria is jaarliks verantwoordelik vir ongeveer een miljoen sterftes, waarvan 90% in Afrika gebeur. Ongeveer 40% van die wêreld se bevolking woon in gebiede wat blootgestel is aan die oordrag van malaria, en 10% van die Suid-Afrikaanse bevolking loop gevaar om die siekte op te doen. Die visie van die UPSVMB is om ʼn betekenisvolle bydrae te lewer tot die skepping van ʼn malariavrye Afrika, en om dit te doen op ʼn volhoubare wyse deur gebruik te maak van transdissiplinêre strategieë.

Die SARChl Leerstoel in Volhoubare Malariabeheer is op verskeie vlakke baie goed in lyn met die Suid-Afrikaanse regering se 10-jaar strategie. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsings- en Ontwikkelingstrategie wat in 2002 gepubliseer is en die Nasionale Biotegnologiese Strategie vir Suid-Afrika van 2001 benadruk beide die belangrikheid van die biowetenskappe en biotegnologie as drywers van ekonomiese groei. In hierdie verband werk die UPSVMB in vennootskap met die Nasionale Departement van Gesondheid en sal die Leerstoel ʼn bydrae lewer tot die Nasionale Malariaprogram se mikpunt om malaria in Suid-Afrika uit te wis.

8 SQUARED2 UP

Toek

enni

ngs e

n pr

esta

sies

Prof Lyn-Marie Birkholtz

UP se Waterinstituut ontvang vier navorsingsleerstoele van Rand Water

Afgesien van lug, is water die belangrikste element vir lewe. Die Universiteit van Pretoria (UP) onderskryf hierdie mening en kondig dus met trots aan dat die UP Waterinstituut, wat internasionale aansien geniet vir die kwaliteit van onderrig in en navorsing oor water, met vier van die ses Rand Water-leerstoele waarvoor aansoek gedoen is, geslaag het.

Die suksesvolle aansoeke is die twee leerstoele waarvoor aansoek gedoen is deur prof Fanie van Vuuren en prof Stephan Heyns in Siviele Ingenieurswese en Meganiese Ingenieurswese, ‘n leerstoel wat openbare gesondheid sal aanspreek (voorgelê deur prof Maureen Taylor) en ‘n leerstoel in mikrobiologie (voorgelê deur prof Fanus Venter).

Rand Water het in November 2012 sewe navorsingsleerstoele geadverteer en alle universiteite is uitgenooi om te tender. Die Universiteit het deur sy Waterinstituut (onder leiding van prof Anton Ströh, Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) om ses van die leerstoele aansoek gedoen.

Dit is noemenswaardig dat die toegestane tyd baie kort was en dat die toewyding van alle betrokkenes (navorsers, departementshoofde, dekane, die personeel van Navorsingsondersteuning en die Viserektor vir Navorsing en Nagraadse Studies) gesorg het dat die antwoord op die uitnodiging van die hoogste gehalte was.

Die Waterinstituut beoog om deur sy strukture en buitebetrokkenheid konstruktief by te dra tot die soeke na oplossings vir Suid-Afrika se uitdagings ten opsigte van water.

Elke leerstoel het ‘n termyn van vyf jaar en ontvang ‘n toekenning van ongeveer een miljoen rand per jaar.

Page 9: Squared UP 2013:1

SQUARED2 UP 9

Toekennings en prestasiesGedurende Januarie 2013 het studente en personeel van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe die vaandel van die Universiteit hoog gehou by die 48ste Kongres van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie (SASPP) wat by Bela-Bela in Limpopo plaasgevind het.

Verskeie lede van die departemente Mikrobiologie en Plantpatologie, Plantwetenskap en Genetika het die Kongres bygewoon waartydens hulle vir hul wetenskaplike prestasies en bydraes tot die vereniging bekroon is. Benewens pryse vir hul uitmuntendheid in die wetenskap het hierdie personeel en studentelede van die Fakulteit ook talle pryse gewen tydens die pretkompetisies by die Kongres – wat dui op hul goedgebalanseerde benadering tot die lewe!

Prof Lise Korsten van die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie is as genoot van die SASPP verkies. Sy is bekroon uit erkenning vir haar uitmuntende prestasies in Plantpatologie, sowel as vir haar steun vir en diens aan SASSP en aan Plantpatologie in Suider-Afrika.

Die JE Vanderplank-toekenning is gemaak aan prof Bernard Slippers van die Bosbou- en Landbou- Biotegnologie-instituut (FABI) in die Departement Genetika. Hierdie toekenning word gemaak aan ʼn uitstaande “jong” plantpatoloog op grond van die evaluering van sy/haar navorsing. Prof Slippers, wat oor ʼn H-faktor van 21 en P-gradering deur die Nasionale Navorsingstigting (NRF) beskik, het al meer as 100 publikasies die lig

laat sien – wat hom dus die welverdiende eerste ontvanger van hierdie hoogaangeskrewe toekenning maak.

Johan van der Linde, ʼn PhD-student in die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie en FABI, was die tweede ontvanger van die John en Petakin Mildenhall-toekenning waarvoor PhD-studente in aanmerking kom. Hierdie toekenning verleen erkenning aan akademiese uitnemendheid en potensiaal. Hoewel Johan pas met die tweede jaar van sy PhD-navorsing begin het, het hy alreeds (op grond van sy MSc) drie artikels in internasionale wetenskaplike vaktydskrifte gepubliseer en referate en plakkaataanbiedings by nasionale sowel as internasionale kongresse gelewer.

UP-studente was onder die toppresteerders in die kategorieë vir referaat- en plakkaataanbiedings deur studente by die Kongres. Darryl Herron (Departement Mikrobiologie en Plantpatologie, FABI) het die Pannar-prys ontvang vir die algehele beste aanbieding deur ʼn student, met Johan van der Linde (PhD-student in Departement Mikrobiologie en Plantpatologie, FABI) wat kort op sy hakke in hierdie kategorie geëindig het. In die kategorie vir die beste molekulêre aanbieding deur ʼn student het Anandi Reitman (Departement Genetika, FABI) die Inqaba Biotech-prys vir die beste aanbieding ontvang. Juanita Engelbrecht (Departement Mikrobiologie en Plantpatologie) was tweede.

Prof Teresa Coutinho, prof Bernard Slippers en prof Pedro Crous (CBS). Prof Slippers het die JE Vanderplank-toekenning ontvang.

Vicky Knight en dr Rikus Kloppers van Pannar oorhandig aan Darryl Herron die Pannar-skild vir die beste aanbieding deur ʼn student by die SASPP-kongres.

Prof Lisa Korsten en prof Pedro Crous (CBS). Prof Korsten is as genoot van SASPP verkies.

UP skitter by 48ste SASPP-kongres

Page 10: Squared UP 2013:1

Navo

rsin

g

10 SQUARED2 UP

Prof Don Cowan, Direkteur van die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika (CMEG) aan die Universiteit van Pretoria het onlangs ’n span van 20 lede van CMEG op ’n weeklange veldnavorsingsprogram by die Gobabeb Navorsings- en Opleidingsentrum in die Namibwoestyn begelei. Hulle is vergesel deur navorsers van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), die Heriot-Watt Universiteit, die Karlsruhe Instituut vir Tegnologie en die Spaanse

Nasionale Navorsingsraad (Consejo Superior de Investigaciones Científicas – CSIC).

Die span het op die werk van twee vorige besoeke voortgebou deur die jongste molekulêre filogenetiese metings te gebruik om die eerste omvattende opname van die mikrobiologie van die Namibwoestyn te onderneem.

Monsters wat tydens die navorsingsekspedisie ingesamel is, is na die CMEG-laboratorium teruggestuur vir chemiese, fisiese en molekulêre ontleding. Hierdie studies sal in ʼn groot mate op genomiese en metagenomiese metodes berus en sal op groot skaal gebruik maak van toekomsgenerasie DNS-volgordebepaling.

Individuele navorsingsprojekte sal op die

gruisagtige woestyngrond, die duin- en tussenduinomgewings, die mikrobiologie van verskillende grondsoorte en -ouderdomme en gespesialiseerde nisgebiede soos spiesgrasbultjies, soutfonteine, ‘feësirkels’ en hipoliete fokus. Na verwagting sal die uitwerking van makro- en mikroklimate, grondchemie, koolstofomset en ander faktore almal ’n uitwerking op mikrobiese gemeenskapstrukture hê. Die studies sal opnames van bakteriese, swam- en bakteriofaagverskeidenheid insluit.

Span van CMEG doen navorsing in Namibwoestyn

Die Universiteit van Pretoria het by die snelbaan van die genoomomwenteling aangesluit met die aanwins van ʼn Ion Torrent Personal Genome-masjien wat tot 1 Gbp (eenmiljard basispare) gesekwenseerde data binne minder as ʼn week kan lewer. Dit sal alle navorsers van die Universiteit aansienlik beter toegang tot genoomsekwensering gee.

Die apparaat word in ʼn toegewyde laboratorium in die nuwe Plantwetenskappe-kompleks gehuisves. Dit word gesamentlik bestuur deur Renate Zipfel (Fasiliteitbestuurder: DNS-sekwensering) en Nicky Olivier (Wetenskapbeampte, ACGT Microarray Facility van die Afrika-sentrum vir Geentegnologieë), met prof Brenda Wingfield as waarnemende Fasiliteitsdirekteur. Die apparaat is befonds deur die Institusionele Navorsingstema (INT): Genomika, die Sentrum vir Boomgesondheidsbiologie by FABI en verskeie departemente in die Fakulteit. Die biblioteekvoorbereidings en opstel van die sekwensering word deur dr Elritha van Zyl, ’n deeltydse tegnikus, behartig.

Die apparaat kan drie soorte sekwenseringsvlokkies akkommodeer wat van 30 megabasispare tot 1 gigabasispare data kan genereer. Dit maak dit moontlik om doelgemaakte protokolle en uitsette vir elke navorsingsprojek op te stel. Die apparaat lewer tans sekwensiedata met ʼn leeslengte van 300 basispare, maar teen die middel van die jaar

sal die leeslengte vergroot kan word tot 400 basispare waardeur beide die produktiwiteit en die koste-effektiwiteit van projekte vermeerder sal word.

Die fasiliteit het tot dusver reeds verskeie bakterie- en swamgenome gesekwenseer en gaan binnekort begin om die DNS van virusmonsters te sekwenseer. Aangesien die werkvloei voorsiening maak vir strepieskodering, kan verskeie monsters saam gesekwenseer word op die vlokkie, waardeur die koste van navorsing verminder word en navorsingsuitsette verhoog word. Die tegnologie is ook ideaal geskik vir amplikonsekwensering en met die langer leeslengtes behoort hierdie benadering die doeltreffendheid van verskeie genotiperingsprojekte in die Fakulteit te verhoog.

Sekwensieontleding is ook ʼn kritiese komponent van die proses en prof Fourie Joubert van die Eenheid vir Bio-informatika en Berekeningsbiologie is vir konsultasies beskikbaar.

Indien u navrae het, stuur asseblief ʼn e-pos aan [email protected] of [email protected].

Me Renate Zipfel, dr Elritha van Zyl, prof Don Cowan (INT vir Genomika) en mnr Nicky Olivier afgeneem by die Ion Torrent Personal Genome-masjien.

UP verskuif na snelbaan van genoomrevolusie

Page 11: Squared UP 2013:1

Navorsing

SQUARED2 UP 11

Tshanowa Primêre Skool het die eerste misnet wat deur die projek in 1999 opgerig is, ontvang. Die net het uit ’n plat skerm, ’n dubbel-gevoude 40% skadudoek met ’n totale opvangarea van 72 m2 bestaan. Ongelukkig het ’n gebrek aan instandhouding tot gevolg gehad dat die stelsel agteruitgegaan het. Sedert 2001 het ’n span van die UP die stelsel van tyd tot tyd in stand gehou en herstel as deel van die Meteorologiegemeenskapsprojek. Die Universiteit van Pretoria en die Departement, saam met die borge, het verantwoordelikheid aanvaar vir die heroprigting van ’n nuwe misnet, met die ondersteuning van die studente.

Navorsing het tot die oprigting van ’n stewiger misvangerstelsel gelei, waar die basiese struktuur ’n driehoek vorm, met die drie pale 11 meter uitmekaar, wat die drie saamgestelde panele van die misnet, elk 30 m2, steun.

In 2008 het die projek die toekenning, Educating Africa, Pan-African Award for Entrepreneurship in Education: Teach a Man to Fish, gewen. Dit is ook

internasionaal gepubliseer in die Bulletin of the American Meteorological Society, in ’n artikel getitel “A Meteorological Community Project in South Africa”.

’n Nuwe driehoekige misnet in werking by die Tshanowa Primêre Skool, Maart 2013. Foto: Prof Van Heerden.

Misnette help met verbetering van volhoubare waterbenuttingVestig ’n infrastruktuur rondom beskikbare water en onderrig die gemeenskap aangaande die volhoubare benutting van waterhulpbronne. Deur hierdie twee doelwitte aan te spreek, het die Meteorologiese Gemeenskapsprojek ’n wen-wensituasie vir Meteorologie-studente en landelike gemeenskappe in Suid-Afrika geskep.

Hierdie gemeenskapsprojek is al sedert 1999 aan die gang en maak nou ook deel uit van studente se leerplan, as ’n module in hul Meteorologiestudies, of as ’n navorsingsonderwerp in honneurs- of BIng (Siviel) projekte. Hoewel die projek in die verlede die Weskus en die Transkei besoek het, het die meeste van die huidige aktiwiteite by plattelandse skole in Venda plaasgevind.

Die aanvanklike kontak met die Venda-skole is gevestig rondom die oprigting en instandhouding van ’n miswaterversamelingstelsel (misnet). ’n

Misnet is ’n eenvoudige struktuur, waar ’n net tussen stewige horisontale pale gespan word. Soos wat mis deur die net beweeg, versamel die water op die net en drup in ’n geut aan die onderkant van die net.

Benewens die misnette, het hierdie projek ook geute aan verskeie skoolgeboue in die gebied vasgeheg. Water wat op hierdie manier versamel word, word geberg en gebruik soos wat die

onderwysers van die skool besluit. Sommige van die skole gebruik die water om groentetuine mee te besproei en ander gebruik dit vir sanitasie.

Die Universiteit van Pretoria, die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie, en die borge, die Suid-Afrikaanse Brouerye en die Suid-Afrikaanse Weerdiens het tans ’n hegte verhouding en gaan voort met die bou van die misnette as deel van hul verbintenis met hierdie gemeenskapsbetrokkenheidprojek.

Die misnette as sodanig het ’n unieke opvoedingsgeleentheid geskep. Hierdie proses begin met ’n verduideliking aan die opvoeders en die leerders oor hoe die misnette werk en hoe om dit in stand te hou. Omdat hulle poog om kinders te onderrig aangaande meteorologie, kan die student begrippe soos kondensasie en mis-vorming aan die leerders bekendstel.

Misnet by Tshiavha Primêre Skool. Hierdie misnet is in 2007 deur tweedejaar-meteorologiestudente opgerig.

Page 12: Squared UP 2013:1

Wêreldwye navorsing om stamroessiekte te beheer voorkom verlies van biljoene dollars

Navo

rsin

g

Navorsing gedoen deur wetenskaplikes van die Universiteit van Minnesota, die Commonwealth Scientific and Industrial Research Organization (CSIRO), die Universiteit van Sydney, die Universiteit van Queensland, en die Internasionale Mielie- en Graannavorsingsentrum (CIMMYT) is onlangs in die tydskrif Science gepubliseer. Die verslag dui aan dat navorsing

wat tussen 1961 en 2009 gedoen is om die graansiekte, bekend as stamroes te beheer, tot gevolg gehad het dat 6.2 miljoen ton koring jaarliks tot die wêreld se graanoeste bygevoeg kon word. Die waarde daarvan is US $1.12 biljoen per jaar, teen 2010 se pryse.

Prof Philip Pardey, ’n ereprofessor verbonde aan die Universiteit van Pretoria se Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling, was een van die navorsers betrokke by die navorsing.

Die verskyning van Ug99, ’n kwaadaardige weergawe van stamroes is aanvanklik in 1999 in Uganda waargeneem. Dit het ’n groot probleem vir boere veroorsaak. Die siekte het die vermoë om koring en ander graansoorte dood te maak. Dit verminder blaar- en wortelgroei en verminder ook saadopbrengs. Na baie jare waarin stamroes onder beheer gehou is, het Ug99 vanaf Afrika na Iran versprei. Navorsers is nou in ’n resies gewikkel om weerstandige gene te identifiseer, om hierdie gene in plaaslike graanvariëteite te plaas en om dan die finale produk in die hande van boere te plaas.

Beleggings om vir weerstand teen stamroes te kweek, het die afgelope paar dekades afgeneem. Dit maak die potensiële impak van Ug99 meer skadelik, omdat die meeste populêre variëteite vatbaar vir die siekte is. ’n Navorsingsverslag wat in Science gepubliseer is, dui die resultate aan van ’n wêreldwye assesseringstudie oor stamroes en vra die vraag: Word meer beleggings benodig vir graan stamroes navorsing ten einde oesverliese tydens huidige en toekomstige weergawes van die siekte af te weer? Met die gebruik van eiesoortige waarskynlikheidsrisiko assesseringsmetodes, insluitende klimaatgeskiktheidsmodelle en langtermyn wêreldwye verliesdata, het die

outeurs die ekonomies verantwoordbare beleggings in navorsing en intervensiestrategieë geskat ten einde toekomstige verliese as gevolg van stamroes af te weer.

Die studie het bevind dat, sou daar nie beleggings in stamroes-navorsing en gevolglike effektiewe wêreldwye beheer tussen en 1961-2009 gewees het nie, verliese in graanproduksie 6.2 miljoen ton per jaar beloop het, of 1.3% van die totale oes. Dit is gelykstaande aan verliese van US $1.12 biljoen per jaar, teen 2010 pryse. Dit is genoeg graan om amper die hele Afrika suid van die Sahara se kalorie-tekort van die ondervoede bevolking aan te vul. Alhoewel laer as vorige skattings, is die verliese nog steeds baie groot vir net een siekte op stapelvoedsel- gewasse. Hierdie nuwe studie verteenwoordig ʼn groot sprong in die assessering van siekterisiko, omdat dit die veranderlikes van oesverliese as gevolg van siektes oor tyd en ruimte heen in ag neem.

Die verslag sluit af met die stelling dat “die handhawing van die tempo van oesopbrengs wat nodig is om verwagte toekomstige vraag, ’n volhoubare poging sal benodig om variëteite te ontwikkel wat weerstandig is teen huidige weergawes van roes. Dit vereis ook ’n beleggingstrategie wat volhoubare navorsingsprogramme ondersteun wat daarop gemik is om voortdurende stamroesbedreigings te identifiseer en aan te spreek.” Die outeurs meen hierdie beleggingstrategie behoort ’n ekonomies verantwoordbare US $51 miljoen per jaar te beloop. Alhoewel dit dubbel die waarde is wat in die onlangse dekades belê is, is sulke maatstawwe noodsaaklik as ons die verspreiding van Ug99 en ander nuwe weergawes van stamroes wil stop en indien ons voedselsekuriteit vir die miljoene wat afhanklik is van graan in die ontwikkelende lande wil verseker.

Grade in Geoinformatika-wetenskap verkry PLATO-akkreditasieDie Suid-Afrikaanse Raad vir Professionele en Tegniese Opmeters (PLATO) het die Universiteit van Pretoria se grade in Geoinformatikawetenskap (GISc) geakkrediteer. Die akkreditasie is gedoen by wyse van ’n selfbeoordeling wat deur PLATO se Onderwysadvieskomitee geëvalueer is. Die graad BScHons Geoinformatika en die graad BSc Geoinformatika het akkreditasie ontvang op grond daarvan dat hulle onderskeidelik aan die vereistes vir registrasie as ’n professionele Geoinformatikawetenskapspraktisyn en registrasie as ’n tegnoloog op die gebied van Geoinformatikawetenskap voldoen.

Die Wet op Professionele en Tegniese Opmeters (Wet No 40 van1984) vereis van PLATO om akademiese kursusse by opvoedkundige instansies te akkrediteer, en om ook kwalifiserende gegradueerdes van sodanige kursusse te akkrediteer vir registrasie in die PLATO-kategorieë van professionele en tegniese praktisyns.

Prof Philip Pardey (middel) bespreek die effek van stamroes op baie van die wêreld se belangrikste graanproduserende streke met Jason Beddow (Universiteit van Minnesota) en Dr Frikkie Liebenberg (UP Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling) aan die linkerkant tydens ’n onlangse besoek aan die Departement.

12 SQUARED2 UP

Page 13: Squared UP 2013:1

Wêreldwye navorsing om stamroessiekte te beheer voorkom verlies van biljoene dollars

Navorsing

SQUARED2 UP 13

’n Groen Chemie-platform is binne die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) by die Universiteit van Pretoria (UP) geskep met die doel om navorsings- en opleidingsaktiwiteite binne die groter konsep van regulerende beheeruitoefening oor insekdoders te integreer. Die Universiteit in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) en Becker Underwood het hierdie nuwe opleidingsinisiatief op die been gebring.

Volgens prof Lise Korsten, IFNuW se Temaleier vir Voedselveiligheid, Biosekuriteit, Openbare Gesondheid en Regulerende Beheer, sal die wetenskaplikes wat op hierdie kennisplatform werk tegniese insette in verband met bestuur, regulerende beheer en die ontwikkeling van groen tegnologieë lewer. Die platform verteenwoordig ’n oop bron van tegniese kundiges wat die Registrateur oor sake met betrekking tot Wet 36 van 1947 kan adviseer en nagraadse studente op die gebied van regulerende wetenskap en landbou van kontakte en mentorskapsprogramme kan voorsien.

Prof Korsten het verder aangedui dat die DLBV onlangs, in lyn hiermee, ’n kapasiteitsbouprogram binne die gebied van regulerede wetenskap

ingestel het, hoofsaaklik met die oog op die ontwikkeling van wetenskaplikes wat spesialiseer in eko- en soogdiertoksikologie, met spesiale klem op risikoassesserings. Befondsing sal toegewys word aan nagraadse studente wat byvoorbeeld aptekerswese, farmakologie, epidemiologie, en veral toksikologie studeer. ’n Vereiste vir befondsing sal wees dat nagraadse studente by die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad (SAVR) of die Suid-Afrikaanse Natuurwetenskaplike Beroepsraad (South African

Council for Natural Scientific Professions – SACNASP) geregistreer moet wees. Nagraadse studente sal by die Universiteit van Pretoria se fakulteite Veeartsenykunde, Gesondheidswetenskappe en Natuur- en Landbouwetenskappe in regulerende toksiologiese risikoassessering opgelei word. Die suksesvolle kandidate sal ná die voltooiing van hul meesterstudie by die DLBV geplaas word ten einde die kritieke vaardigheidstekort op hierdie reguleringsgebied die hoof te bied.

Ten slotte het prof Korsten ook genoem dat die program ’n fokus op plantgesondheid in regulerende wetenskap ten opsigte van insekdoders insluit. Befondsing vir die bevordering van landboukundige studie by die Universiteit is beskikbaar gestel ten einde belangstelling in landboukundige navorsing in Suid-Afrika aan te moedig. Die doel van hierdie vennootskap is om begaafde jongmense te ontwikkel wat ’n positiewe impak op die land en die vasteland sal hê, en om bewustheid van en kundigheid in verband met die benutting van biologiese tegnologieë uit te brei. Die samewerkingsprogram sal geldelike befondsing beskikbaar stel aan agt MSc-studente wie se werk gekoppel is aan die navorsingsprogramme wat deur Becker Underwood befonds word. Die program sal deur die IFNuW bestuur word en sal in lyn wees met die volgende gebiede wat met landbou, gesondheid, voeding en voedselveiligheid verband hou, maar nie daartoe beperk is nie: eko- en soogdiertoksikologie, plantpatologie, entomologie, grondgesondheid en onkruidwetenskap.

Die totale bedrag wat oor ’n tydperk van vier jaar deur Becker Underwood en die DLBV in ’n klassieke drieledige verhouding in hierdie inisiatief belê sal word, beloop R2,72 miljoen.

Nuwe inisiatief op die gebied van regulerende wetenskap

Page 14: Squared UP 2013:1

Navo

rsin

g

14 SQUARED2 UP

Landbou- en mynbedrywighede was vir die afgelope paar eeue die hoof-dryfvere agter die Suid-Afrikaanse ekonomie. Alhoewel hulle bydrae tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) merkbaar afgeneem het, soos wat die ekonomie met verloop van tyd ontwikkel het, bly hierdie twee industrieë sentraal tot ekonomiese groei en die skep van ongeskoolde werksgeleenthede.

Ten einde die impak van die verlies aan produktiewe landbougrond op markpryse te beklemtoon, is ’n loodsondersoek deur mnr Gerhard van der Burgh en dr Ferdi Meyer in die Delmas, Ogies en Leandra-omgewing onderneem. Albei is werksaam by die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid *(BFAP).

Met die verhoogde wêreldvraag na minerale, hoofsaaklik vanuit Indië en China, was die tempo van uitbreiding van mynaktiwiteite die afgelope 10 tot 15 jaar fenomenaal. Die areas waar die uitbreiding van mynbedrywighede in die verlede plaasgevind het en nog steeds plaasvind, strek van verlate areas met beperkte landboupotensiaal, tot areas met hoë landboupotensiaal. In Mpumalanga, byvoorbeeld, word landbougrond deur mynbedrywighede oorgeneem. Daar is bereken dat teen die huidige tempo van die myn van steenkool in Mpumalanga, 12% van Suid-Afrika se totale hoë-potensiaal landbougrond omskep sal word in koolmynareas. ’n Verdere 13.6% is vir prospektering deur die myne in Mpumalanga afgebaken.

Die implikasie is dat, as gevolg van die uitbreiding van mynbedrywighede, ’n betekenisvolle deel van die mees vrugbare landbougrond in Suid-Afrika binne die afsienbare toekoms onproduktief kan raak. Die loodsondersoek het aangedui dat die totale grootte van die area ongeveer 79 967 hektaar beslaan. Die potensiële verlies aan mielieproduksie as gevolg van huidige en toekomstige

mynbedrywighede binne die loodsondersoekarea, beloop 284 844 ton per jaar. ’n Verdere verlies van 162 736 ton mielies kan in die prospekteer- areas voorkom. Modulering van die gevolgtrekkings van die studie dui daarop dat op die langtermyn die verlies van 447 581 ton mielies per jaar, tot ’n gemiddelde prysverhoging van R300 per ton kan lei. Dit is gelykstaande aan ongeveer 14 % bo die gesimuleerde beste kriterium. Op sy beurt kan dit veroorsaak dat mieliemeel se pryse met ongeveer 5 % kan styg.

*Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) (www.bfap.co.za) is ’n virtuele netwerk wat individue met multidissiplinêre agtergronde aan ’n gekoördineerde navorsingsisteem koppel. Die sisteem bevorder ingeligte besluitneming in die Voedselsisteem. Die kernanalitiese span bestaan uit onafhanklike analitici en navorsers, geaffilieer by die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling by die Universiteit van Pretoria, die Departement Landbou-ekonomie by die Universiteit van Stellenbosch, of die Direktoraat Landbou-ekonomie by die provinsiale Departement van Landbou, Wes-Kaap.

Potensiële impak van mynbedrywighede op landbouproduksie en -bewaring

Dr Ferdi Meyer

Page 15: Squared UP 2013:1

Navorsing

Afrika is ʼn vasteland wat ryk aan kultuur en verskillende soorte wild is. Ongelukkig word die vasteland ook deur armoede en siektes geteister. Daaronder ressorteer rabies – wat deur ʼn virus veroorsaak word – ʼn uiters skrikwekkende siekte wat wyd deur Afrika verspreid is.

Rabies veroorsaak derduisende sterftes elke jaar, wat hoofsaaklik kinders en tieners raak in gemeenskappe wat reeds deur armoede getref word. Die situasie word vererger deur die feit dat die siekte met die gebruik van bestaande werktuie geheel en al voorkom kan word.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die Southern and Eastern African Rabies Group (SEARG) in 1992 gestig is, met die aanvanklike fokus op die eliminering en beheer van rabies in Suidelike en Oostelike Afrika, maar later met die oog daarop om ons fokus op Afrika in sy geheel uit te brei. Die 11de internasionale SEARG-vergadering wat deur prof Louis H Nel (Voorsitter) en sy studente van die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie in die

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe gereël is, is in Februarie naby Dar es Salaam, Tanzanië, gehou. Sewentig afgevaardigdes uit 11 Afrika-lande, sowel as etlike internasionale medewerkers en verteenwoordigers van internasionale organisasies en vaksienmaatskappye, met inbegrip van die World Health Organisation (WHO), die World Health Organisation for Animal Health, die Food and Agricultural Organizations of the United Nations, die Bill en Melinda Gates-stigting, die Global Alliance for Rabies Control, Merial, Sanofi-Pasteur en Novartis, het die vergadering bygewoon. Verskillende WHO-samewerkingsentrums aangaande rabies, sowel as OIE-verwysingslaboratoriums van regoor die wêreld, is ook verteenwoordig.

Die konferensie was ʼn dawerende sukses, met nuwe strategieë gemik op die effektiewe beheer van rabies in Afrika en die uitskakeling van mensesterftes as gevolg van rabies in Afrika, wat op landswye en streeksvlak nagestreef word. UP en sy personeel en studente het hul verbind om vol te hou met hul deelname aan die wêreldwye pogings om rabies te elimineer.

Etlike internasionale deelnemers wat die konferensie bygewoon het, buite die Kunduchi Beach Hotel naby Dar es Salaam.

Watter liggaamlike eienskap wek vroue se belangstelling in ’n man? Volgens die bevindinge van ’n span internasionale navorsers uit Finland, die Verenigde Koninkryk, Suid-Afrika en Latvië is dié eienskap gewig. Die bevindinge van hul navorsing, getiteld ‘Adiposity, compared to masculinity, serves as a more valid cue to immunocompetence in human mate choice’, het onlangs in die hoog aangeskrewe wetenskapjoernaal Proceedings of the Royal Society of London, B verskyn.

Volgens dr Vinet Coetzee van die Departement Genetika by die Universiteit van Pretoria word daar gewoonlik aangeneem dat die skoner geslag in vervoering raak oor mans met kenmerke soos ’n sterk kakebeen, ’n prominente voorkop en ’n gespierde lyf, aangesien daar geglo word dat dié kenmerke aanduiders van ’n sterk immuunstelsel is.

“Daar word veronderstel dat sekondêre seksuele kenmerke soos manlikheid aanduiders van manlike genetiese gehalte is, aangesien hulle daarop dui dat mans die immuunonderdrukkende uitwerking van testosteroon kan hanteer,” het dr Coetzee verduidelik.

Nogtans het verskeie studies getoon dat vroue nie konsekwent mans met ’n manlike voorkoms verkies nie en dat forsheid nie altyd met goeie gesondheid geassosieer word nie.

Om uit te vind waarom dit so is, het die navorsingspan ’n groep van 69 Latviese mans se teenliggaamreaksie teen Hepatitis B-inspuitings, wat ’n goeie maatstaf van immuunreaksie is, getoets. Hulle het bevind dat ’n man se gewig ten opsigte van immuniteit en aantreklikheid ’n belangriker rol as sy manlikheid speel.

Dr Coetzee het voorts gesê: “Die studie het getoon dat gesetheid, en nie manlikheid nie, ten opsigte van die beoordeling van sowel liggaamlike as gesigskenmerke ’n belangrike rol speel in die verhouding tussen ’n direkte beoordeling van beide immuunreaksie en aantreklikheid. Daarbenewens was dit duidelik dat die sirkulasie van testosteroon in groter mate met gesetheid as met manlikheid geassosieer word. Hierdie bevindinge dui daarop dat gesetheid in vergelyking met manlikheid ’n belangriker aanduider van immuunbevoegdheid is wanneer vroue ’n maat kies. Met ander woorde, dit is meer waarskynlik dat Latviese vroue se onderbewustelike besluite oor mans se immuniteit op gewig, eerder as op hul manlikheid, sal berus.”

Wat veroorsaak dat vroue sommige mans aantrekliker as ander vind?

Besluit self: Die saamgestelde prent aan die linkerkant toon die agt mans met die swakste immuunreaksie, en dié aan die regterkant die agt mans met die sterkste immuunreaksie. Wat is die belangrikste verskil tussen hierdie prente?

Afgevaardigdes tydens ʼn wegbreeksessie, besig om nuwe idees vir ʼn progressiewe beheerrigting vorentoe vir die beheer van rabies te bespreek.

SQUARED2 UP 15

Page 16: Squared UP 2013:1

16 SQUARED2 UP

Inte

rnas

iona

le ve

rhou

ding

e

Dr Robert Hormats, Ondersekretaris van die Staat van die Verenigde State (VSA) het ʼn paneel aangaande handeldrywe met wild by die Universiteit van Pretoria onlangs toegespreek. Dr Hormats is ʼn kenner op dié gebied in die VSA-regering, en die VSA beskou handeldrywe met wild as ʼn nasionale veiligheidskwessie en verrig baie op verskillende vlakke om dit te bekamp. Dr Hormats het Suid-Afrika verlede jaar saam met Hillary Clinton besoek, en dit het hom werklik beïndruk dat dit vir die VSA nodig was om op die een of ander manier betrokke te raak en daarmee behulpsaam te wees. Die oogmerk met die bespreking was om die groter kwessie van handeldrywe met wild en die verband daarvan met internasionale kriminele sindikate aan te pak, en hoë politiese wil op hoë vlak nodig is om hulle te stuit.

Van links: Prof Robin Crewe (Waarnemende Senior Viserektor, UP), prof Michael Somers (Dosent, Sentrum vir Wildbestuur, UP), dr Robert Hormats (VSA-ondersekretaris van die Staat), dr Bandile Mkhize (HUB: Ezemvelo KZN Wildlife), prof Bob Millar (Direkteur: Soogdiernavorsingsinstituut, UP), dr Mike Knight (Voorsitter: IUCN African Rhino Specialist Group) en mnr Fundisile Mketeni (Adjunkdirekteur-generaal: Departement van Omgewingsake).

Hoëvlaksamesprekings oor handeldrywe met wild

Biochemie kry kommersiële Afrika-groentee-onderneming aan die gangʼn Memorandum van Verstandhouding tussen die Universiteit van Shizuoka en die Universiteit van Pretoria is onlangs gefinaliseer, terwyl die Departement Biochemie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe tot die skep van ʼn Afrika- groenteeproduk in ʼn klein proefaanleg by die Ntingwe-teefabriek in KwaZulu-Natal bygedra het.

Hierdie projek het vlamgevat nadat die Tee-navorsingslaboratorium onder die leierskap van prof Zeno Apostolides van die Departement Biochemie 20 kg van ʼn prototipegroentee aan prof Yukihiko Hara van Tea Solutions in Japan gestuur het. Aangesien prof Hara die voormalige direkteur van Navorsing en Ontwikkeling vir Mitsui Nonn (die vernaamste tee-invoerder in Japan), en ʼn wêreldberoemde wetenskaplike aangaande die gesondheidseienskappe van aftreksels van groen en swart tee is, was hy die ideale persoon om mee te skakel. Prof Hara is ook die skepper van die enigste aftrekselproduk

van groen tee wat deur die FDA in die VSA goedgekeur is. Hy was ook medeskrywer van 96 publikasies en het ʼn ISI h-indeks van 39.

Vandat proff Apostolides en Hara gedurende 1998 in New York by ʼn tee- en gesondheids-konferensie ontmoet het, werk hulle saam aan tee-navorsing en deur hul onderhandelings is die tee aan ʼn voornemende koper in Japan aangebied, waar dit baie entoesiasties ontvang is.

Gedurende Februarie het prof Hara ʼn afvaardiging van vier Japannese nyweraars na Suid-Afrika gelei om die teefabrieke in Suid-Afrika te besoek en om die teesoorte wat ons produseer te proe. Hulle wou tee van Suid-Afrika koop vir die drinkgereed teemark (ystee in bottels of blikkies) in Japan. Hulle het die Ntingwe-teefabriek in KwaZulu-Natal, die Mukumbane-teefabriek in Limpopo en die Tanganda-teefabriek in Zimbabwe besoek. Die afgevaardigdes het

veral belanggestel om die netheid van die teetuine, die sanitasie van die teefabrieke en die billike arbeidspraktyke wat toegepas word self te aanskou. Nog ʼn kwessie was die gebruik van chemiese onkruidmiddels en insekdoders op die tee. Hulle was tevrede dat ons ver bo die gemiddelde is wat hierdie kwessies betref, vergeleke met ander teefabrieke in Afrika- en Asiatiese lande.

Die huidige proefaanleg het ʼn beperkte produksiekapasiteit en moet deur ʼn volledige kommersiële fabriek vervang word. Die kommersiële teefabriek sal ʼn afgeskaalde proefaanleg hê wat by die Universiteit van Pretoria geleë is. Die proefaanleg sal vir wetenskap- en ingenieurstudente beskikbaar wees om met nuwe produkte en prosesse te eksperimenteer wat maklik tot die kommersiële teefabriek opgeskaal kan word.

Voor: Mnr Yoshiaki Takahashi (Kao Corporation), mnr Akihiko Muroya (Kwawasaki Kiko) en mnr Susumu Oishi (Kao Corporation). Agter: Prof Zeno Apostolides (Departement Biochemie, UP), prof Yukihiko Hara (President: Tea Solutions), prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, UP) en mnr Takeshi Okada (Kawasaki Kiko).

Page 17: Squared UP 2013:1

SQUARED2 UP 17

Internasionale verhoudinge

Die Mae Jemison-VSA Wetenskapleeskamer op die Universiteit van Pretoria se Mamelodi-kampus is as een van sewe sogenaamde ”Model American Spaces” in die wêreld aangewys, as deel van ʼn projek wat namens die Verenigde State se Departement van Buitelandse Sake deur die Smithsonian Instituut uitgevoer is. Die Smithsonian Instituut is die se grootste museum- en navorsingskompleks ter wêreld en bestaan uit 19 museums, nege navorsingsentra, en meer as 140 geaffilieerde museums oor die wêreld heen.

Die Mae Jemison-Wetenskapleeskamer is ʼn studiefasiliteit vir wetenskap- en tegnologie vir studente en leerders in die Mamelodi-gemeenskap en -omgewing. Dit is in 2009 ingewy as ʼn vennootskapsonderneming tussen Amerikaanse Ambassade in Pretoria en die Universiteit.

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het ongeveer 800 “Amerikaanse Ruimtes” regoor die wêreld waarvandaan dié Departement deur middel van sy ambassades met plaaslike gemeenskappe in interaksie tree en saamwerk. Hulle verskaf ondersteuning en tree tussenbeide, veral deur middel van onderwys en die deel van inligting. Sewe plekke is gekies as toonaangewende

voorbeelde van innoverende maniere waarop sodanige interaksie plaasvind. Die Mae Jemison-Wetenskapleeskamer is die enigste een in Afrika wat vir hierdie projek gekies is.

Sedert die ontstaan van die leeskamer in 2009 word daar gereeld wetenskaponderwysprogramme aangebied. Benewens Engelse taalklasse, het die fasiliteit ook reeds meer as 30 spesiale wetenskapprogramme aangebied. Studente uit Mamelodi en die omliggende woongebiede het die programme bygewoon. Hulle maak gereeld gebruik van die fasiliteit waar hulle huiswerk te doen, boeke uitneem en gebruik maak van die rekenaars in die leeskamer.

Die Mae Jemison-Wetenskapleeskamer kan ongeveer 60 mense akkommodeer. Dit is in drie dele verdeel: ʼn leeskamer, uitstallingsruimte en ʼn oudiovisuele ouditorium. Die fasiliteit huisves ongeveer 3 000 boeke en films, asook 58 tydskriftitels waarop daar ingeteken is, met die klem op wetenskap, tegnologie en ander verwante onderwerpe. Daar is ook vyf rekenaars met Internettoegang. Die uitstallingsruimte word vir uitstallings, wetenskapeksperimente en demonstrasies gebruik. Die oudiovisuele ouditorium kan ook vir multimedia-aanbiedings en sessies gebruik word.

Leerders in die Mae Jemison-Wetenskapleeskamer op die UP Mamelodi-kampus.

Mamelodi-kampus se Wetenskapleeskamer is een van sewe mees vooraanstaande sentra in wêreld

Page 18: Squared UP 2013:1

18 SQUARED2 UP

Inte

rnas

iona

le ve

rhou

ding

e

Die Dr John Garang-gedenkuniversiteit van Wetenskap en Tegnologie in die Republiek van Suid-Soedan het onlangs betrekkinge met die Universiteit van Pretoria (UP) geformaliseer deur die amptelike ondertekening van ’n memorandum van verstandhouding en samewerkingsooreenkoms tussen die twee universiteite. Voor: Prof Aggrey Majok (Visekanselier: Dr John Garang-gedenkuniversiteit van Wetenskap en Tegnologie) en prof Robin Crewe (Waarnemende Senior Viserektor, UP). Agter: Prof Rashid Hassan (Direkteur: Sentrum vir Omgewingsekonomie en -beleid in Afrika, UP) en prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, UP).

’n Afvaardiging van die Universiteit van Lagos in Nigerië het onlangs die Universiteit van Pretoria besoek. Die afvaardiging, gelei deur prof Olukayode Amund (Dekaan van Studente-aangeleenthede: Universiteit van Lagos) het onder andere die fakulteite Natuur- en Landbouwetenskappe, Opvoedkunde en die Departement

Studentesake besoek. Die doel van die besoek was om moontlike samewerkingsgeleenthede tussen die universiteite te bespreek en ook om meer omtrent studentesake by die Universiteit van Pretoria te wete te kom.

UP smee bande met universiteit in Suid-Soedan

Sittende in die voorste ry: Mev Comfort Amund en dr Matete Madiba (Direkteur: UP Studentesake. Staande: Van links: Dr Anthony Adebayo (Adjunkdekaan: Studentesake, Universiteit van Lagos), dr Willem Jorissen, (Adjunkdirekteur: UP Studentesake), prof Olukayode Amund (Dekaan: Studentesake, Universiteit van Lagos), mev Adebimpe Ajelabi (Registrateur: Studentesake, Universiteit van Lagos), mnr Afolabi Yusuff (Senior Assistent-registrateur: Studentesake, Universiteit van Lagos) en mnr Beni Letlebele (Konsultant: UP Grondwet vir Studenteregering).

Bande met Universiteit van Lagos verstewig

Page 19: Squared UP 2013:1

SQUARED2 UP 19

Van links: Dr Serena Coetzee (Sentrum vir Geoinligtingwetenskappe), me Sanet Eksteen (Sentrum vir Geoinformatikawetenskappe), dr Eloff en prof Hannes Rautenbach (Hoof: Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie).

Van links: Prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en Waarnemende Hoof van die Departement Versekering en Aktuariële Wetenskap), prof Stephanie Burton (Viserektor: Navorsing en Nagraadse Studies) en mnr Frans Lombard (Seniorbestuurder: Verspreidingsondersteuning, PPS).

Funksies en gebeure

Die Departement Versekerings- en Aktuariële Wetenskap het in Mei vanjaar die sewende jaarlikse Aktuariële Loopbaanskou in die Rautenbachsaal aangebied. Dit is deur South African Actuaries Abroad (SA3), ’n broer-en-susterspan, wat ook UP-alumni is, geborg. Honneursstudente van die Noordwes Universiteit (Potchefstroom) en die Universiteit van die Vrystaat is ook genooi. Van links: Mnr Wilhelm de Wet (SA3), mev Henda Pretorius (SA3), mev Johanna Helberg (Departement Versekerings- en Aktuariële Wetenskap) en prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en Waarnemende Hoof: Departement Versekerings- en Aktuariële Wetenskap).

Nog ’n suksesvolle Aktuariële Loopbaanskou

Gevoelens van moedeloosheid, hulpeloosheid, hartseer en weerloosheid – hoe skakel ons hierdie gevoelens om na ’n betekenisvolle bydrae tot en begrip van die bedreiging van renosterstropery? Dr Corné Eloff, Hoofnavorser in die Bou-omgewing by die WNNR, het tydens ’n uitnodigingslesing by die Sentrum vir Geoinformatikawetenskappe in die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie, gepoog om lig te werp op hierdie vraag . Dr Eloff het die onlangse bevindinge van ’n multi-dissiplinêre navorsingsprojek, getiteld “Rhino poaching in South Africa from an environmental perspective” gedeel en ook verduidelik hoe afstandswaarneming, Geoinformatikawetenskappe (GIW) en omgewingskriminologiese teorieë aangewend kan word om hierdie bedreiging die hoof te bied.

Kan Geoinformatikawetenskappe renosterstropery voorkom?

Die Departement Versekering en Aktuariële Wetenskap en die Professional Provident Society (PPS) het onlangs hul vennootskap hernu met ’n aansienlike borgskap van PPS. ’n Bedrag van R292 178, 80 is geskenk om die veeldoelige vergaderlokaal in die Departement op te knap en op te gradeer tot konferensiefasiliteite Dit sluit ultramoderne tegnologie soos Wi-Fi in.

Mnr Frans Lombard, Seniorbestuurder Verspreidingsondersteuning by PPS het die maatskappy se betrokkenheid by die Universiteit van Pretoria benadruk. Hy het verder genoem dat hulle pryse by die Fakulteit se jaarlikse Toppresteerdersfunksie borg. “PPS is die grootste multidissiplinêre groep gegradueerde professionele persone in die wêreld, met meer as 210 000 lede. Dit is die enigste onderlinge finansiëledienste-maatskappy in Suid- Afrika wat vir langer as 71 jaar uitsluitlik op gegradueerde professionele persone gefokus het.”

Prof Stephanie Burton, Viserektor (Navorsing en Nagraadse Studies), het bygevoeg dat vennootskappe soos hierdie die Universiteit verder sal help om die beste gegradueerdes in finansiële vooruitskatting en wiskunde te lewer.

PPS skenk ruim aan Versekering enAktuariële Wetenskap

Page 20: Squared UP 2013:1

20 SQUARED2 UP

Funk

sies e

n ge

beur

e

‘Wetenskapfakulteite in alle dele van Suid-Afrika – en waarskynlik oral ter wêreld – het te kampe met verskeie soortgelyke hindernisse binne die stelsel van hoër onderwys. Daarom is daar ʼn behoefte om beste praktyke met mekaar te deel en om gesamentlik strategieë te ontwikkel om wetenskap te bevorder, nie alleen in Suid-Afrika nie, maar in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAG) as geheel. Derhalwe verwelkom ek hierdie geleentheid om die Forum toe te spreek – want dit is belangrik om van tyd tot tyd bymekaar te kom om mekaar van terugvoering te voorsien en om telkens ons idees met nuwe insigte in lyn te bring.’ So het die Minister van Wetenskap en Tegnologie, mnr Derek Hanekom, op 5 April 2013 sy toespraak by die vergadering van die Nasionale Forum van Wetenskapdekane* (NSDF) aangevoor.

Die Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, prof Anton Ströh, het vir die laaste keer as Voorsitter van die Forum opgetree – hy tree ná vier jaar uit as Voorsitter van die NSDF. Hy was een van die stigterslede van die Forum. Prof Hlengani

Siweya, Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Wetenskap en Landbou van die Universiteit van Limpopo is verkies as die nuwe Voorsitter.

Mnr Hanekom het in sy voorlesing beklemtoon dat die ontwikkeling van mensekapitaal aan die kern lê van die werk van die Departement van Wetenskap en Tegnologie, en verduidelik dat die Departement se beplande Strategie vir die Ontwikkeling van Mensekapitaal vir Navorsingsinnovering en Vakkundigheid reeds in die Staatskoerant verskyn het vir openbare kommentaar. Die strategie is daarop gemik om die aantal aktiewe navorsers in die land te vermeerder en om navorsings- en innoverende vaardighede aan te skerp ten einde die land se mededingende posisie as produseerder van wetenskapkennis en innovering te verbeter en sodoende nasionale sosio-ekonomiese ontwikkeling in die hand te werk. Dit sal ook leiding voorsien vir investering in studenteopleiding en die ontwikkeling van navorsers – en boonop die uitsette van gevestigde navorsers maksimeer.

Die Minster het bygevoeg dat die deurlopende ontwikkeling en versterking van sterrekunde in Suid-Afrika hoog op sy Departement se prioriteitslys staan. Hy het enkele feite met die aanwesiges gedeel oor verwikkelinge by die Square Kilometer Array South Africa (SKA-SA)-projek en oor vordering met die konstruksie van die MeerKat. Tot op hede het die African SKA Human Capital Development Programme bykans 400 voorgraadse, nagraadse en nadoktorale studiebeurse vir astronomie en ingenieurswese toegeken.

Mnr Hanekom het uitgewei oor die Suid-Afrikaanse Inisiatief vir Navorsingsleerstoele (SARChI) en beklemtoon dat die inisiatief daarop toegespits is om die navorsingskapasiteit en leierskap in Suid-Afrikaanse openbare universiteite te versterk deur gevestigde navorsers van die buiteland en uit die nywerheidsektor na tersiêre opvoedkundige instellings te lok en voorts deur te verseker dat navorsers wat reeds in die stelsel is, behou word. ‘Tot op hede het ons 154 navorsingsleerstoele ingestel, waarvan 118 reeds gevul is.’

Die Minister het sy toespraak afgesluit deur die dekane gerus te stel oor befondsing vir die ontwikkeling van mensekapitaal – met inbegrip van steun aan nagraadse studente – en investering in navorsingsinfrastruktuur oor die volgende paar jaar. ‘In November verlede jaar het ek goedkeuring verleen vir die toewysing van R798 miljoen vir inisiatiewe gemik op die ontwikkeling van mensekapitaal en die oorbetaling daarvan na die Nasionale Navorsingstigting in die 2012–13- Mediumtermyn-bestedingsraamwerk. In die loop van die 2013-14 -termyn van dié Bestedingsraamwerk is

ʼn bykomende investering van R400 miljoen in die 2015–16-boekjaar deur die Nasionale Tesourie beskikbaar gestel vir besteding aan steun vir nagraadse studente. Die grootste deel van die fondse sal aan die Nasionale Navorsingstigting oorbetaal word vir verspreiding in die vorm van studentebeurse en navorsingstoekennings.

*Die NSDF bestaan uit al die dekane van al die wetenskapfakulkteite aan Suid-Afrikaanse universiteite, waarby ook die universiteite van tegnologie ingesluit word. Dit is in November 2006 gestig. Die hoofredes vir die stigting van dié liggaam was die volgende:

• om ʼn netwerk te skep vir die deel van inligting oor beleid wat die hele wetenskapsektor in hoër onderwys raak

• om ʼn nasionale platform te skep wat interaksie met die owerheid moontlik maak deur skakeling met die Departement van Wetenskap en Tegnologie, die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding en die Departement van Basiese Onderwys

• om sleutelgebiede te identifiseer waar wetenskapfakulteite soortgelyke hindernisse binne die stelsel van hoër onderwys te bowe moet kom, met die oog daarop om saam oplossings te vind

• om saam strategieë te ontwikkel om wetenskap in Suid-Afrika en die SAOG-streek te bevorder deur navorsing en onderrig van gehalte

• om inligting oor beste praktyke te deel

Minister steun Nasionale Dekaneforum

Prof Anton Ströh (Dekaan van Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by UP) en mnr Derek Hanekom (Minister van Wetenskap en Tegnologie).

Page 21: Squared UP 2013:1

“Om navorsing en nagraadse onderrig aan die Universiteit te bevorder, moet ons ’n omgewing skep wat dit vir ons personeel en studente moontlik maak om dit uit te voer. Die vestiging van die nuwe tuiste vir die Soogdiernavorsingsinstituut (MRI) en Wiskunde by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is ’n uitstekende voorbeeld van ons verbintenis tot hierdie doelwit. Dit sal die Universiteit se navorsings- en onderrigfasiliteite, wat deel uitmaak van die UP se langtermynstrategie (UP 2025) uitbrei. Dit sal ook ’n toename in die aantal studente in die Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie kennisveld bevorder.” Hierdie is enkele van die opmerkings wat die Visekanselier en Rektor, prof Cheryl de la Rey, op 2 April 2013 tydens die amptelike opening van die opgeknapte fasiliteite, gemaak het.

Sy het klem gelê op die betekenisvolle bydrae wat die MRI die afgelope vyftig jaar op die gebied van navorsing gelewer het en het gesê “daar bestaan geen twyfel nie dat die MRI die belangrikste navorsingsinstituut in die wêreld is vir Afrika-soogdiere.” Prof De la Rey het ook verder uitgewei oor die belangrikheid van Wiskunde

as vak en het die feit beklemtoon dat die Afrika-kontinent vaardighede en nagraadse navorsing op die gebied van Wiskunde moet bevorder. Ten slotte het sy die belangrikheid van multidissiplinêre navorsing beklemtoon en die hoop uitgespreek dat die deel van fasiliteite sal help om “akademiese grense te vervaag”, tot almal se voordeel.

Prof Robert (Bob) Millar, Direkteur van die MRI

(gehuisves in die Departement Dierkunde en Entomologie) het sommige van die prestasies en toekomstige ondernemings van die Instituut beklemtoon. Hy het onder andere aangekondig dat ’n skenking ter waarde van R32 miljoen van die Tshwane Dieregesondheidsgroep ontvang is vir navorsing in samewerking met

die Fakulteit Veeartsenykunde. Hierdie Groep is ’n inisiatief onder leiding van die Tegnologie Innoveringsagentskap, wat gevestig is om die ontwikkeling van kommersieel-lewensvatbare tegnologieë te stimuleer wat spesifiek die uitdagings van die dieregesondheidsektor aanspreek.

Prof Jean Lubuma, Hoof van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde het

erkenning gegee aan die feit dat die nuut-opgeknapte fasiliteite ’n aanduiding is van ’n positiewe stap van die Departement om opnuut te fokus op die implementering van die strategiese plan vir navorsing en nagraadse onderrig. Hy het bygevoeg dat om die gebou met die MRI te deel ’n gulde geleentheid is vir samewerking op die gebied van multidissiplinêre navorsing binne die SARChl

Leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioinginieurswese en Biowetenskappe wat die Departement sal huisves. Ten slotte het hy die dringende behoefte aan addisionele noodsaaklike fasiliteite, voortspruitend uit die groot toename in studentegetalle gedurende die afgelope paar jaar, beklemtoon.

SQUARED2 UP 21

Funksies en gebeure

Nuwe tuiste vir Soogdiernavorsingsinstituut en Wiskunde

Van links: Prof Chris Chimimba (Hoof: Departement Dierkunde en Entomologie), prof Jean Lubuma (Hoof: Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde), prof Bob Millar (Direkteur: MRI), prof Cheryl de la Rey (Visiekanselier en Rektor), dr Albert van Jaarsveld (Hoof Uitvoerende Beampte: NRF), dr Clifford Nxomani (Besturende Direkteur: Nasionale Dieretuin) en prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe).

Page 22: Squared UP 2013:1

Funk

sies e

n ge

beur

e

22 SQUARED2 UP

Die Afrika-sentrum vir Geentegnologieë (ACGT), in samewerking met inqaba biotec en die Universiteit van Pretoria (UP) se Institusionele Navorsingstema (INT) vir Genomika het onlangs twee werksessies oor volgende-generasie-volgordebepaling (next-generation sequencing – NGS)-dataontledings aangebied.

Die deelnemers was afkomstig uit al vyf ACGT-vennootinstansies, asook die universiteite van Limpopo en Noordwes. Die terugvoer wat plaaslik en vanuit verskeie Afrika-lande ontvang is, was oorweldigend. Ná ’n streng keuringsproses het 40 van die mees verdienstelike en geskikte kandidate die werksessie gratis bygewoon. As gevolg van die groot aanvraag het prof Jasper Rees en sy span van die Landbounavorsingsraad (LNR) se Biotegnologieplatform by die LNR

twee addisionele opleidingskursusse in Maart aangebied. Meer as 60 navorsers het aan die opleidingsgeleentheid by Onderstepoort deelgeneem.

Die kursusaanbieder en veldtoepassingspesialis, dr Anne Arens van die hoofkwartier van CLC bio in Denemarke, het die praktiese kursus van twee dae aangebied. Dr Reinhard Eckloff, Sleutelrekeningbestuurder vir Europa, die Midde-Ooste en Afrika, het haar op haar besoek vergesel. Die kursus het verskeie onderwerpe gedek, onder andere de novo-montering, RNA-Seq en miRNA-ontleding, volgordebepalingswerktuie en mikrobiese afrondingsmodules.

Tydens die werksessies is die eerste in ’n reeks opleidingskursusse in bioinformatika deur die ACGT en sy vennote aangebied om aan bepaalde behoeftes op die gebied van vaardigheidsopleiding in bioinformatika te voldoen.

Kursus in volgende-generasie-volgordebepaling by UP aangebied

Deelnemers aan die CLC bio-werksessie wat in Maart vanjaar gehou is.

Prof Sheryl Hendriks, Direkteur van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) by die Universiteit van Pretoria (UP) het in Mei vanjaar in Beijing deelgeneem aan die sewende van die Komitee vir Wêreldvoedselsekuriteit (KVS) Hoëvlak Paneel van Deskundiges vir Voedselsekuriteit en Voeding (HPDV). Die vergadering is deur die Sjinese Akademie vir Landbouwetenskappe aangebied. Die paneel van 15 internasionale deskundiges is deur die 192 ledestate van die KVS aangestel. Die KVS is die hoogste vlak van wêreldwye gesag betreffende die bestuur van voedselsekuriteit. Die KVS-lede selekteer elke jaar die twee dringendste en mees kontroversiële voedselsekuriteitsprobleme en versoek die HPDV om deskundige en strategiese, bewyslewerende beleidsadvies aan die 192 lede te voorsien. Die onderwerpe wat tot dusver deur die KVS geselekteer is, sluit in: voedselprys-veranderlikheid, grondbesitreg en internasionale beleggings in landbou; klimaatverandering (prof Rashid Hassan van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling,

UP) was deel van die span wat hierdie verslag geskryf het), maatskaplike beskerming, biobrandstof en kleinsakebeleggings in landbou. Die laaste twee verslae

is tydens die onlangse vergadering van die HPDV gefinaliseer.

Om ’n lid van die eerste paneel van die HPDV te gewees het, het sy eie uitdagings gebied, omdat die span ’n nuwe metodologie vir hulle werk moes ontwikkel. Hulle moes ook die vertroue van die 192 KVS-ledestate verwerf. Dit is gedoen deur middel van die verdere verduideliking van die wetenskaplike verslae oor buitengewoon moeilike onderwerpe, wat vir beleidmakers geskryf was. Die voorbereiding van hierdie verslae is uniek van aard omdat dit, in samewerking met die HPDV, deur ’n span van internasionaal-erkende navorsers geskryf word. Die proses sluit ook openbare deelname vir die vasstelling van die raamwerk en die eerste konsepweergawe van die verslag in. Die semi-finale weergawe van die verslag word deur anonieme persone, wat die internasionaal die beste deskundiges op hulle vakgebied is, hersien. Die finale verslag word deel van die voorbereidende materiaal vir die KVS-vergadering. Dit word ook openbaar gemaak in die vyf amptelike tale van die KVS

(Arabies, Sjinees, Frans, Portugees en Spaans). Die aanvraag vir die verslae neem toe, wat addisionele herdrukke nodig maak.

Die nuttigheid wat die verslae vir die KVS inhou in hulle besprekings en besluite, kan gesien word in die hoeveelheid HPDV aanbevelings wat in die finale besluite van die KVS-jaarvergaderings voorkom. Vanjaar is die werksplan van die KVS aangepas om die bekendstelling van verslae oor biobrandstowwe en kleinsakerolspelers te van stapel te stuur. Die bekendstelling vind in Junie vanjaar in Rome plaas. Dit verleen aan ledestate die geleentheid om oor ’n tydperk van drie maande hierdie verslae in hulle lande en streke te bespreek, voor die volgende KVS-vergadering in Oktober vanjaar.

Prof Hendriks beskou dit as ’n ware voorreg om deel te mag gewees het van hierdie eerste HPDV. Na twee jaar se beraadslagings deur die KVS- buro, is die span van 15 lede uit ʼn kortlys van 250 genomineerde deskundiges gekies. Elke lid was van ’n ander land afkomstig. Die paneellede was verteenwoordigend van verskillende wêreldstreke, asook verskillende aspekte wat deur voedselsekuriteit gedek word. Die voorsitter van die paneel was prof MS Swaminathan – die eerste ontvanger van die Wêreldvoedselprys.

Die HPDV-verslae is beskikbaar by http://www.fao.org/cfs/cfs-hlpe/reports/en/

Lede wat deel was van die sewende vergadering van die Komitee vir Wêreldvoedselsekuriteit se Hoëvlak Paneel van Deskundiges vir Voedselsekuriteit en Voeding in Beijing in Mei vanjaar. Prof Sheryl Hendriks staan agter in die middel.

Advisering van wêreldwye bestuur van voedselsekuriteit

Page 23: Squared UP 2013:1

SQUARED2 UP 23

Funksies en gebeure

Drie Meteorologiegraduandi van die Universiteit van Pretoria (UP) was die eerstes om die pas-ingestelde Sertifikaatprogram in Weervoorspelling wat deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) en Voortgesette Onderrig by UP (CE at UP) aangebied is, suksesvol te voltooi. Die sertifikaatplegtigheid het einde 2012 by die Suid-Afrikaanse Weerdiens plaasgevind.

Die toenemende aanvraag na, en groter verantwoordelikheid wat van weervoorspellers verwag word, het daartoe gelei dat ’n nuwe opleidingsprogram, wat daarop gemik is om weervoorspellers met meer gefokusde kennis en vaardighede in hul werksomgewing toe te rus, op die been gebring is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens, in samewerking met CE at UP en die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie het gevolglik ’n Sertifikaatprogram aan die begin van 2012 bekendgestel.

Hierdie gebeurtenis versterk nie net UP se posisie as die enigste instansie in Afrika suid van die ewenaar wat ’n graad in Meteorologie aanbied nie, maar is ook ’n belangrike ontwikkelingsinisiatief in die Suid-Afrikaanse Weerdiens se nuwe sentrum van uitnemendheid as ’n Streeksonderrigsentrum van die Wêreld Meteorologiese Organisasie. Daar word verwag dat studentegetalle in die toekoms aansienlik sal groei met die dat Suid-Afrika besig is om die gekose land vir opleiding en onderrig in Meteorologie te word.

Van links: Prof Hannes Rautenbach (Hoof: Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie), Kate Turner, Christina Thaele, Melisa Lazenby, (die studente wat die nagraadse sertifikaat ontvang het), Phyllis Boshoff (CE at UP) en dr Winifred Jordaan (Hoof: WMO: Streeksopleidingsentrum).

Unieke weervoorspellings-opleiding ’n eerste vir Suid-Afrikaanse Weerdiens en UP

Dr Shenggen Fan, Direkteur-Generaal van die Internasionale Voedselbeleidnavorsingsinstituut (IFPRI) het op 22 April 2013 IFPRI se wêreldwye Voedselbeleidverslag voorgedra by ʼn openbare seminaar, aangebied deur die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW). Die verslag is die tweede jaarverslag in ’n nuwe reeks. Dit verskaf ʼn opsomming van sleutel-internasionale gebeure en beleidsbesluite wat gedurende die vorige jaar geneem is, asook belangrike analises van huidige kwessies. Meer as 10 000 persone het die verslag in die eerste twee maande afgelaai, nadat die 2012 verslag in Februarie hierdie jaar beskikbaar gestel is.

Dr Fan het die belangrikste voedselbeleidsontwikkelinge van 2012 geskets. Hy het die sleutel-beleidsboodskap van IFPRI geskets, wat die organisasie geformuleer het, gebaseer op hulle analise van die wêreldvoedselsekuriteitsituasie. Hierdie boodskap was onder andere dat die wêreldwye voedselstelsel broos bly ná die 2008 wêreldwye voedselkrisis wat die vordering na die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte gestrem het en dat produktiwiteitsgroei in die afgelope twee jaar afgeneem het. Die grootste toename in voedselproduksie in Afrika is te wyte aan uitgebreide produksie eerder as aan verbeterde produksie-effektiwiteit. Hy het ook benadruk dat klimaatsverandering landbougroei bedreig, maar dat die belangriker vraag is of ons volhoubare landbou en ekonomiese groei kan handhaaf. Ander aspekte wat hy benadruk het, was dat daar ʼn toenemende gewaarwording is van die rol van geslagsgelykheid betreffende die vermindering van voedselonveiligheid. Die aantal jongmense word ook proporsioneel meer – veral in Afrika – en meer werksgeleenthede word dringend benodig.

Prof Sheryl Hendriks (Direkteur: IFNuW) het die seminaar afgesluit met ʼn kort opdatering van die IFNuW se fokusareas en aktiwiteite, wat dui op die samevloeiing met die IFNuW se fokusareas. Sy het ook die samewerkingareas tussen die twee instansies beklemtoon. Hierdie samewerking sal verdiep na afloop van samesprekings tussen lede van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, die IFNuW, die Internasionale Voedselbeleidnavorsingsinstituut (IFPRI) en die Streekstrategie vir Landboukennissisteme (SSLKS).

Gesamentlike seminaar oor wêreldwye voedselsekuriteit

Van links: Dr Ousmane Badiane (Direkteur: IFPRI Afrika), dr Godfrey Bahigwa (Direkteur: SSLKS), prof Sheryl Hendriks (Direkteur: IFNuW, UP), prof Anton Stroh (Dekaan, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, UP), dr Shenggen Fan (Direkteur-Generaal: IFPRI) en prof Johann Kirsten (Hoof: Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling).

Page 24: Squared UP 2013:1

24 SQUARED2 UP

Stud

ente

Gefassineerd deur die brandende vrae oor die heelal – die oorsprongbestemming en ontwikkeling daarvan – is Renée Hlozek op skool aangetrek deur Wetenskap, met die hoop dat sy eendag hierdie vrae sal kan beantwoord. Blykbaar was dit vir haar voorbestem, want deur middel van verskeie programme, studiebeurse en natuurlike aanleg, het die heelal letterlik voor haar oopgegaan.

In 2012 is sy gekies as een van die Mail & Guardian se 200 Jong Suid-Afrikaners onder die ouderdom van 35 wat buitengewone dinge doen. Sy word as ’n toekomstige leier beskou. Renée is tans besig met postdoktorale navorsing in kosmologie aan die Princeton Universiteit as ’n Lyman Spitzer Jr. Postdoktorale Beurshouer in Teoretiese Astrofisika, waar sy lig analiseer wat slegs 380 000 jaar na die Groot Knal geskep is. Sy is ook die Spitzer-Cotsen Beurshouer van die Princeton Vereniging van Beurshouers in die Geesteswetenskappe. Sy is onlangs as ’n TED Beurshouer vir 2013 benoem, ’n beurs wat op beide haar Wetenskap en haar kommunikasie van Wetenskap aan die publiek fokus.

Renée het haar ongelooflike loopbaan in Wetenskap deur die *UP with Science-program begin, waarna sy in 2005 ’n BSc-graad Wiskunde in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria (UP) behaal het. Sy het in 2006 haar honneursgraad in Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van Kaapstad behaal as deel van die Nasionale Astrofisika en Ruimtewetenskapprogram Hierna volg ’n meestersgraad en haar studies is deur die SKA Mensekapitaalontwikkelingsprogram befonds. Tussen 2008 en 2011 as ’n Rhodes-beurshouer, het Renée vir haar DPhil in Astrofisika aan die Oxford Universiteit studeer.

Renée het onlangs die UP with Science-program besoek, wat ná byna 15 jaar steeds floreer. Sy was verheug om die huidige studente te ontmoet en het vir hulle ’n praatjie oor haar navorsing gelewer. Sy gaan ook saam met

hulle aan ’n wetenskapuitreik-inisiatief werk, waar leerders videotegnologie gebruik om wetenskap-idees en vrae te kommunikeer.

So passievol as wat sy is om Wetenskap toeganklik te maak, net so passievol is sy om haar kennis terug te ploeg. Daarom is sy betrokke by verskeie uitreikprogramme, waaronder die onderrig van Wiskunde in gevangenisse en Astronomie in skole. “Ek is passievol oor wetenskapkommunikasie – om deur Wetenskap die verstand van jongmense te ontsluit. Ek glo aan die vermoë van Wetenskap om te betower en te onderrig. Ek het ’n passie vir Afrika.”

Renée het beklemtoon hoe ons heelal haar fassineer – “hoe dit begin het, hoe dit met die tyd ontwikkel het en hoe dit tot ’n einde gaan kom!”

*Die UP with Science is ’n wetenskapverrykingsprogram vir senior sekondêre skoliere, aangebied deur die Universiteit van Pretoria. Ongeveer 50 graad 10-leerders met hoë potensiaal en ’n sterk belangstelling in Wetenskap, word jaarliks gekies om aan die wetenskapverrykingsprogram deel te neem. Terwyl hulle deel is van die Program, word hulle blootgestel aan ’n ondersoekende benadering tot Wetenskap. Dit vind oor ’n tydperk van drie jaar plaas en daarna kan die leerders kwalifiseer vir ’n volle studiebeurs wat geldig is vir meeste van die studieprogramme wat by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangebied word. Die enigste voorwaarde is dat die leerders aan die normale toelatingsvereistes voldoen. Hierdie Program sluit byeenkomste een Saterdag per maand in, asook ’n projekweek een maal per jaar, in die vakansie. Die doel van die Program is om jongmense se belangstelling in, kennis van en vaardighede in Wetenskap te bevorder.

Besoek http://www.upwithscience.up.ac.za/ vir meer inligting oor die UP with Science-program.

Erkenning: Mail and Guardian, en Renée Hlozek

Renée Hlozek

Geesdriftig om Wetenskap vir almal toeganklik te maak

Page 25: Squared UP 2013:1

SQUARED2 UP 25

Studente

Die pragtige Jenni de Bruin, eerste prinses van die Joolkoningin van 2013, is ’n bewys daarvan dat verstand en skoonheid inderdaad hand-aan-hand loop.

Jenni is ’n tweedejaarstudent in Aktuariële Wetenskap en is baie lief daarvoor om wiskunde te doen. Sy het ’n onmiskenbare begeerte om na ander uit te reik en om ’n verskil te maak. Sy was vir ’n paar jaar lank ’n wiskundestudieleier en dit is nie ’n verrassing nie dat leerders volgens haar, verknog raak aan haar onderrigstyl. Haar skedule wat al hoe besiger raak, maak dit moeilik vir haar om vol te hou met hierdie werk en sy het haar nou daartoe gewend om mense aan te stel om vir haar te werk. Om ’n slim sakevrou te wees, is een van Jenni se eienskappe wat haar ’n waardige ontvanger van die Mejuffrou Geldinsamelingstoekenning (Miss Executive) tydens die Joolkoninginseremonie gemaak het. Sy het hierdie toekenning ontvang omdat sy die meeste geld vir liefdadigheid ingesamel het. Haar fondsinsamelingsprojekte wat tot die ontvangs van hierdie toekenning aanleiding gegee het, het van haar vereis om innoverend te dink. Die projekte het onder andere ’n baie suksesvolle oggendtee in die Rautenbachsaal en die verkoop van kolwyntjies by manskoshuise ingesluit. Sy het drie liefdadigheidsorganisasies aangeneem – President Kruger Kinderhuis in Danville, Bramley Kinderhuis Pretoria en Tsepo ya Bana.

Sy is blykbaar verheug oor die geleenthede en verantwoordelikhede wat in die komende jaar vir haar voorlê. Jenni sê dat die Joolkoningin van hierdie jaar en haar twee prinsesse baie goed met mekaar oor die weg kom. Hulle doelwit is om die beeld van JOOL op die kampus te verbeter, deur op die ware doel van liefdadigheid aan die gemeenskap te fokus. Hulle beplan om hulself bekend te maak deur baie projekte van stapel te stuur, waaronder die voorsiening van ’n biblioteek aan ’n skool in Mamelodi. Hulle beplan om hierdie projekte landswyd uit te brei. Verder dink hulle daaraan om met oorsese universiteite te skakel met die oog daarop om JOOL ’n hupstoot te gee. So ’n sjarmante en slim eerste prinses is verseker ’n rolmodel vir baie, en UP-Wiskunde kan net trots wees op hul nuwe ambassadeur.

Skoonheid en verstand loop hand-aan-hand

Jenni de Bruin en prof Jean Lubuma (Hoof: Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde).

‘Die belangrikheid vir ʼn passie vir wetenskap, gewilligheid om te leer, en die nodigheid daarvoor om jou hart te volg, kan van nut wees terwyl jy jou eie paadjie as ʼn jong wetenskaplike vind. ‘Hierdie gedagtes is gedeel deur prof Andrew McKechnie, professor op die gebied van ekologiese en evolusiefisiologie in die Departement Dierkunde en Entomologie. Hy was die gasspreker op 8 Mei 2013 by die jaarlikse geleentheid vir toppresteerders vir studente by die Fakulteit van Natuur- en Landbouwetenskappe.

Prof McKechnie het ook nagedink oor die wetenskap uit ʼn ander perspektief – dié van die samelewing – en het dit aan die studente gelaat om die vraag te beantwoord: ‘Hoe sal die samelewing baat vind deur jou strewe na ʼn loopbaan in die wetenskap?’

Towan Nöthling het die meeste toekennings by die geleentheid ontvang. Twee pryse vir die beste derdejaarstudent in Fisika, die Departement Fisika-prys, sowel as die Pierre du Plessis-prys vir die beste derdejaarstudent in Fisika is met lof aan hom toegeken. Die Merck-prys vir die beste prestasie in Analitiese Chemie op derdejaarvlak, sowel as die SASOL-prys vir die beste prestasie in Chemie op derdejaarvlak is ook aan hom toegeken.

Henry Thackeray het nie net die Dewald Hattingh-boekprys vir die beste derdejaarstudent in Wiskunde ontvang nie, maar hy het ook die Visekanselier- en Rektortoekenning ontvang as die algehele toppresteerder in die Fakulteit van Natuur- en Landbouwetenskappe. Henry het sy BSc-graad in Wiskunde met ʼn aangepaste gemiddelde prestasie van 98,74% oor die studietydperk van drie jaar behaal. Hy studeer tans vir ʼn honneursgraad in Wiskunde.

Meer as 50 pryse en trofeë is tydens hierdie toonaangewende geleentheid aan topstudente in die Fakulteit toegeken. Die Fakulteit is trots daarop om sulke uitstaande akademiese presteerders te hê en is baie dank aan al die borge van die pryse en trofeë verskuldig.

Algehele toppresteerder: Henry Thackeray en prof Jean Lubuma (Hoof: Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde).

Briljante jong wetenskaplikes as toppresteerders bekroon

Page 26: Squared UP 2013:1

26 SQUARED2 UP

Stud

ente

Studente aan die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir Volhoubare Malariabeheer (UP SVMB) het onlangs ’n avontuurveldwerktoer na Thohoyandou, Vhembe onderneem. Hierdie toer het aan die studente ’n nuwe perspektief op malarianavorsing gegee. Dit het ook by hulle ’n dieper betekenis vir hul eie navorsing, asook vir die navorsing van hul UP SVMB-spanlede gevestig. Hierdie is ’n voorbeeld van die sukses van navorsingstrategieë oor grense heen, wat by die Sentrum aangewend word en wat oordrag van malarianavorsingsaktiwiteite vanaf die werksbank in die laboratorium tot by die siekbed moontlik maak.

Hierdie studente is betrokke by laboratorium-georiënteerde malarianavorsing onder die leiding van prof Lynmarie Birkholtz in die Malariaparasiet Molekulêre Laboratorium (Departement Biochemie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) en van die Eenheid vir Bioinformatika en Rekenaarbiologie. Tydens ’n gemeenskapsuitreikpoging het hierdie studente die UP SVMB-navorsingsterrein in ’n malaria-endemiese gebied in Vhembe besoek. Die student het onder leiding van prof MS Bornman (Buitengewone Professor en Hoof van Andrologie van die Departement Urologie by UP) en dr Kruger (UP Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid) gewerk. Hierdie studente het gehelp met die neem van monsters van

die polimere muskietnette wat deurweek is met insekgif, en wat deur die ingenieurstudente by Sentrum vervaardig is.

Die studente het ook gehelp met die voer van onderhoude met die inwoners, wat hoofsaaklik Tshivenda praat. Terwyl hulle die vraelys vertaal het van Engels na Tshivenda, is die student op hul tone gehou deur die amptelike onderhoudvoerder.

Prof Bornman het die studente ingelig omtrent die gesondheidsgevare van die gebruik van DDT as insekdoder en die groot rol wat dit speel in die beëindiging van klinies-bevestigde swangerskappe in Suid-Afrika. Studente is ook op ’n toer deur die Tshilidzini Streekshospitaal geneem waar die navorsing gedoen word.

Studente sien daarna uit om later vanjaar na Venda terug te keer, waar hulle sal help met die uitvoer van malariabewustheidsprogramme en gemeenskapsbouprojekte. Op hierdie manier lewer die UP SVMB-studenteforum ’n bydrae tot ’n interaktiewe platform vir gedeelde studente-aktiwitieite by UP, met die doel om studente bloot te stel aan kruisbestuiwing tussen verskeie toepassingsvelde van malariabeheer by die Universiteit.

Marna, ’n biochemiestudent, speel saam met die dorpie se kinders. Voorbeeld van muskietnette.

Prof Bornman (heel links) met die student by die Vhembe veldkantoor.

Veldwerktoer gee studente nuwe perspektief op malaria

Page 27: Squared UP 2013:1

SQUARED2 UP 27

Studente

René Smit, ’n BScHons-student in Geoinformatika, se derdejaarprojek het aan haar die Esri (Environmental Systems Research Institute, Inc)-toekenning vir Jong Kundiges besorg. Die Jong Kundiges-toekennings is ’n Esri-inisiatief wat ten doel het om die werk van ontluikende kundiges op die gebied van die georuimte bekend te stel.

René se inskrywing was ’n digitale speletjie, Hiking through GIS, wat sy as deel van haar voorgraadse projek ontwikkel het. Ten einde vir hierdie toekenning in aanmerking te kom, moes studente ’n volteks akademiese artikel by Esri Suid-Afrika indien.

Die beste artikels sal op Esri Suid-Afrika se webtuiste by http://www.esri-southafrica.com gepubliseer word.

As die wenner sal René haar artikel in Julie 2013 by Esri se Internasionale Gebruikerskonferensie in San Diego, VSA, aanbied. Tydens die toekenningseremonie vir uitstaande prestasie op die gebied van GIW sal sy die Jong Kundiges-toekenning formeel in ontvangs neem. René se werk sal ook in Esri se Kaartgallery ten toon gestel word.

René Smit

Geoinformatika-student ontvang gesogte Esri-toekenning vir Jong Kundiges

Melissa Lazenby, ’n voormalige student in die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie by die Universiteit van Pretoria, het onlangs ’n volle beurs vir studie in die Verenigde Koninkryk ontvang. Die gesogte, ten volle befondsde PhD Peter Carpenter African Climate Change Scholarship word toegeken aan topgehalte akademici wat burgers van Afrikalande is ten einde kapasiteit op die gebied van navorsing oor klimaatsverandering te bou en verwante vaardighede te ontwikkel. Die driejaarprogram, wat in 2013 begin het en hoofsaaklik op navorsing toegespits is, word deur die Departement Geografie van die Universiteit van Sussex in Brighton aangebied.

Haar navorsing sal fokus op beperkende onsekerheid wat betref die voorspelling van klimaatveranderings. Sy sal die kwantifisering van onsekerheid in die voorspelling van klimaatsveranderings in Afrika assesseer sodat daar in die toekoms beter besluite oor natuurlike hulpbronne en die omgewing geneem kan word. Vanweë die gereelde voorkoms van ekstreme gebeurtenisse in Afrika sal die impak van gebeurtenisse van dié aard en hul uitwerking op natuurlike hulpbronne en die omgewing ook geassesseer word. Al die tydskale sal met gebruik van verskeie klimaatsmodelle geassesseer word ten einde die omvang van hierdie onsekerhede te kwantifiseer en hul moontlike oorsake te bepaal.

Melissa Lazenby

UP-student ontvang PhD-beurs vir navorsing oor klimaats-verandering

Die voorblad van die speletjie ‘Hiking through GIS’

’n Foto van een van die skerms van die speletjie

Page 28: Squared UP 2013:1

28 SQUARED2 UP

Stud

ente

Gedurende Maart het die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling ’n inligtingsdag op die Universiteit se proefplaas georganiseer. Dit was ’n inisiatief om die slaagsyfer van twee van die Departement se vakke – Inleiding tot Finansiële Bestuur in Landbou (LEK 251) en Inleiding tot Landbouproduksie-ekonomie (LEK 252), te verbeter.

Die bedoeling was om studente bloot te stel aan op-die-plaas ekonomie en boekhoubeginsels, sowel as om die gaping tussen ekonomiese teorie en aanwending in die landbou-omgewing te oorbrug. Die dag was ’n reuse sukses, te danke aan die samewerking van die hele Departement.

Die groot getal studente wat vir LEK 251 en LEK 252 ingeskryf het, het dit genoodsaak dat die groep in vyftien kleiner groepe verdeel moes word, wat op ’n rotasie-basis tussen verskillende inligting- en speletjiespunte beweeg het. Hierdie punte was by verskillende projekte op die proefplaas geplaas. Elke groep het ’n kaart van die proefplaas en ’n vraelys wat ekonomiese konsepte in landbou dek, ontvang. Die vraelys was spesifiek ontwerp om hulle leerervaring te versterk. Die besoekpunte op die proefplaas is deur personeel van die Departement georganiseer, wat ook interaksie met die studente gehad het en aan hulle die ekonomiese en boekhoubeginsels van ’n aktiewe plaasonderneming verduidelik het. Studente is die geleentheid gegun om met die personeel te meng en om vrae te vra. Die oorwegende reaksie van die studente was dat hulle baie nuwe dinge geleer het. Die dag is afgesluit met ’n braai by die Bulsaal, waar die groep wat gewen het, gebaseer op die voltooide vraelys, ’n prys ontvang het wat deur Syngenta geborg was.

Die studente het hulle dank aan mnr Roelf Coertze en die proefplaaspersoneel, sowel as aan die personeel van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en Syngenta betuig vir hulle ondersteuning en behulpsaamheid om van die dag ’n sukses te maak. Ons sien daarna uit om die groep van 2014 te akkommodeer!

Studente van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling geniet hulleself gedurende ’n inligtingsdag op die proefplaas.

Die wenners van die dag.

Inligtingsdag bou brûe tussen teorie en praktyk

Page 29: Squared UP 2013:1

SQUARED2 UP 29

Studente

Die nege FameLab-finaliste: Febé Wilken (naaswenner), Barend Jansen van Vuuren, Christopher Maxwell, Ntokozo Shezi, John Woodland (naaswenner), Ahmed Seedat, Charlotte Hillebrand, Michelle Knights (algehele wenner) en Charmaine Drury.

Benader wetenskap op ’n ander manier

“FameLab het my genoop om my verbeelding uit te brei en my geleer om my wetenskap op ʼn ander manier te benader. Dit het die manier waarop ek kommunikeer geheel en al verander,” het me Febé Wilken, ʼn MSc-finalejaarstudent in plantbiotegnologie en vrywilliger by die Universiteit se wetenskapsentrum, Sci-Enza, gesê nadat sy die derde plek in die heel eerste FameLab Suid-Afrika-kompetisie behaal het.

Die Guy Butler-ouditorium met 1 000 sitplekke in die 1820-setlaars Nasionale Monument is heeltemal uitverkoop vir die eindronde van FameLab Suid-Afrika 2013, wat gedurende Maart vanjaar tydens die nasionale wetenskapfees, Scifest Afrika, in Grahamstad gehou is. Nege finaliste het ʼn reeks interessante en uiteenlopende wetenskaplike praatjies van drie minute elk aan ʼn lekegehoor gelewer.

Michelle Knights, ʼn kosmologiestudent van Kaapstad, is as die eerste Suid-Afrikaanse FameLab-wenner aangewys. Sy het ʼn

kontantprys van R10 000, sowel as ʼn reis na die Verenigde Koninkryk (VK) gewen om aan die eindronde van FameLab Internasionaal in Junie 2013 deel te neem. Die tweede prys is aan John Woodland, ook van Kaapstad, toegeken en die Universiteit van Pretoria se eie Febé Wilken het die Barend Jansen van Vuuren, ʼn MSc-student in Genetika, het die Universiteit ook met trots vervul deur gekies te word as een van die nege finaliste gedurende die streeksuitdun-wedstryde in Johannesburg en sy deelname aan die eindronde.

Die item wat deur Jive Media Afrika in samewerking met die British Council aangebied is, het groot opwinding meegebring en besorg nuwe perspektiewe aangaande wetenskap en wetenskap-kommunikasie aan

Suid-Afrika. FameLab word ‘Pop Idols vir wetenskaplikes’ genoem, waar mededingers ʼn wetenskaplike tema op so ʼn manier moet verduidelik dat enigeen dit kan verstaan en daarby aansluiting vind.

Die Kompetisie is in 2005 deur die Cheltenham-wetenskapsfees in die VK op die been gebring en het jong wetenskaplikes met welslae geïdentifiseer, opgelei en gemonitor om hul entoesiasme vir hul vak met die publiek te deel.

Page 30: Squared UP 2013:1

Stud

ente

www.up.ac.zaUniversiteit van Pretoria • University of Pretoria • Yunibesithi ya PretoriaPrivaat sak/Private bag/Mokotla wa poso X20 • Hatfield • 0028 • Suid-Afrika/South Africa/Afrika-BorwaTel: +27 (0)12 420 4111 • Faks/Fax/Fekse: +27 (0)12 420 4555

Justice Keletso Kgarume, van die Departement Geologie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het onlangs ‘n kontantprys van R1 000 gewen as die beste honneursstudent in Geologie wat Venmyn Deloitte en UP se jaarlikse kursus oor Voldoening en Rapporteringsreëls in die Mineraalbedryf bygewoon het.

Die prys is oorhandig deur Venmyn Deloitte se Besturende Direkteur, Andy Clay, tydens ‘n seremonie in die Willemsesaal van die Departement Geologie. “Dis bemoedigend wanneer studente waardering begin toon vir die inhoud van die kursus, wat die band

lê tussen tegniese, waardasie- en voldoeningskwessies,” sê Clay.

Kgarume was een van sowat 30 studente wat die kursus bygewoon het, wat ook deur afgevaardigdes van buite bygewoon is.

Steenkoolgeologie is sy grootste belangstelling. Sy honneursnavorsingsverslag het juis die uitwerking van verwering op steenkoolkwaliteite en -eienskappe ondersoek. Hierin het hy geen verband tussen die hamertoets en kaloriewaarde, asinhoud, vlugtige stowwe en voginhoud in steenkool gevind nie. Hy oorweeg om hierdie jaar met ʼn MSc in Geologie te begin.

Nagraadse geologie-student wen prys

Justice Keletso Kgarume en Andy Clay

In Februarie het die Universiteit van Pretoria ’n Wiskundeondervindingsdag aangebied. Dit was die openingsgeleentheid van die Siyanqoba Streeksolimpiade-opleidingsprogram vir 2013.

Die Siyanqoba Streeksolimpiade-opleidingsprogram is ’n toonaangewende Wiskundeolimpiade-opleidingsprogram vir Wiskunde-begaafde en gemotiveerde Hoërskoolleerders. Op ’n nasionale vlak word dit deur die Suid-Afrikaanse Wiskundestigting (SAMS) gekoördineer en word deur die Departement Wetenskap en Tegnologie geborg. Op nasionale vlak is daar veertien streeksentrums vir die program. Die Universiteit is die streeksentrum van die program vir die Gauteng-Noordstreek.

Erica Hertzog was behulpsaam met die werwing van 186 leerders van 19 skole in die Groter Pretoria-omgewing, wat wiskundig sterk aangelê is en wat die middagprogram bygewoon het. Nadat oefeningvrae deur dr Ruaan Kellerman aan hulle gegee is, het die leerders ’n kort Olimpiade geskryf. Dit word as ’n keuringstoets gebruik vir moontlike insluiting in die Siyanqoba-program. Onderwyl prof Ansie Harding ’n eenvoudige praatjie oor fraktale, getiteld ‘Kleiner en Kleiner en Kleiner’, gelewer het, het die Departement se studieleiers, Aderogba Adebayo Abiodun, Shitu Hassan, Adera Kachienga

en Collen Motsepa die Olimpiade se antwoordstelle nagesien. Die drie beste presteerders in elke graad het pryse ontvang, en ’n aantal Wiskundeboeke is aan die Hoërskool Phateng geskenk.

Die geleentheid is goed deur die leerders, hulle ouers en onderwysers ontvang.

Leerders en hulle ouers by die Wiskunde-ondervindingsdag

Suksesvolle Wiskunde-ondervindingsdag