sr@info r&o uitgawe 2015

12
1 R&O-borge SR@info SR@info Meer oor jou Registrasie-en Oriënteringsprogram 2015 bylaag 10 Januarie 2015 Uitgawe 1 ‘n Trots Suid-Afrikaanse multikul- turele instelling. Dit is waaroor die NWU Potchefstroom-kampus alles gaan. 'n Verskeidenheid van kleur, ras, geslag en taal. 'n Kam- pus waar alle studente welkom is. Jy is gekies - nie volgens die kleur van jou oë of hare - maar volgens jou vermoëns. Jou vermoë om te leer, te lag, te speel, te studeer en die lewe te geniet, maar met als kom ook 'n geweldige verantwoor- delikheid. Daar is wonderlike geleenthede vir alle studente om te kan ontwik- kel tot hul absolute volle potensiaal tydens hulle studietydperk aan die NWU Potchefstroomkampus. Hoekom sal voornemende studen- te verby topklas universiteite ry om by NWU Potchefstroomkam- pus te studeer? Want hulle weet en is bewus van die wye verskeid- enheid geleenthede en die unieke studentelewe wat net beskikbaar is by een universiteit in die land – die NWU Potchefstroomkampus. Een van die grootste geleen- thede op die NWU Potchef- stroomkampus is dat jy nie net ‘n graad kry nie, maar graadkry met NWU-PUK: Trots Suid-Afrikaans lekkerkry klaarkry. Die NWU Pukke koshuislewe is die hart van die NWU Potchef- stroomkampus en fondasie vir die lekkerkry deel van jou graad. ’n Huis weg van jou huis af, waar enige student ongeag sy kleur, ras, geslag en taal kan deelneem aan alle moont- like aktiwiteite. Hierdie verskeid- enheid aktiwite- ite behels sport, kultuur, leierskap en algemene persoonlike ontwikkeling en groei. Enige student kan betrokke raak by die NWU Pukke koshuislewe en ‘n verskil maak in hul koshuis, die NWU Potchefstroomkampus en ons land, Suid-Afrika. Buiten al die aktiwiteite wat vorm aan die uniekheid van ons diverse studentelewe, is daar ook iets meer wat bydra tot die uniek- heid van NWU Pukke se koshuise, naamlik die primfonds. Al 28 koshuise op die NWU Potchefstroomkam- pus samel elke jaar geld in (minstens R11000) om mind- erbevoorregte stu- dente – ongeag hul kleur, ras, geslag, taal of agtergrond – te help met kos, klere, buskaartjies en ander behoeſtes. Koshuise hoef dit nie te doen nie, maar dit is wat ons definieer, dit is wat ons uniek maak, dit is die NWU Potchef- stroomkampus se omgeekultuur. Daar kan nie beskryf word wat so ‘n fonds beteken vir minderbevoorregte studente wat daarby baat en watse impak dit sou hê indien so ‘n fonds nie meer kon voortbestaan in koshuise op die NWU Potchefstroomkampus nie. Konsekwentheid en goeie bestuur is die sukses van so ‘n merkwaardige fonds in al 28 koshuise. Hierdie is een verskil wat ek hoop kan bewys dat ons ‘n anti-apartheidsenklawe by die NWU-Potchefstroomkampus is, waar enige student, óngeag sy kleur, ras, geslag en taal kan baat vind by die fonds. Dan is daar boonop nog die verskeie liefdad- igheidsgeleenthede waarby elk van die 28 koshuise betrokke is en ‘n verskil maak in die Tlokwe-omge- wing. ‘n Jong dame wat in een van die 28 koshuise op die kampus lewenslange vriende maak van eni- ge ras, kleur of geloof, is iets wat gereeld gesien word op die NWU Potchefstroomkampus. Hier studeer mense saam, lag saam en huil saam. Hier leer studente om mekaar se standpunte en kulture te respekteer en saam te leef in vrede en harmonie. Jarelange en hegte vriendskappe word dikwels hier gevorm - vriendskap en liefde is blind vir kleur of ras. Jong mans speel saam rugby - nie elkeen vir homself nie. Nee, hulle speel rugby vir hul span - ongeag die kleur van hul vel. Wanneer dit tyd is vir Varsity Cup, is die hele Potchefstroom in afwagting, want hul span is in die stryd. Vir wie skree en moedig al die duisende studente en onder- steuners aan? Die Span, die hele NWU Pukke-span. Wanneer hulle wen, vier almal die oorwinning, en wanneer hulle verloor, is almal in rou gedompel. Een span, een ondersteuningsgroep – kleur is irrelevant. Belangriker as enigiets anders wat hier genoem word, of wat op papier genoem kan word – studen- te het 'n geweldige verantwoorde- likheid teenoor hulself, die lewe en die toekoms. Studente ís die toekoms en het 'n verantwoorde- likheid om saam te werk vir die beste belang van al die mense van Suid-Afrika. Dit is in ons mag om hande te vat vir ons toekoms en die NWU Potchefstroomkampus is 'n ideale plek om te begin. Hier neem ons mekaar se hande om saam te werk vir 'n beter toekoms vir dié universiteit en ons land. Dit begin alles hier #RnO15

Upload: liane-van-vuuren

Post on 07-Apr-2016

260 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Die SR heet die nuwe eerstejaars welkom. Kyk vir die dag se program asook gerieflike kampuskaart. / SRC greet the new first years welcome. Check out for the day's program and also convenient campus map.

TRANSCRIPT

Page 1: SR@info R&O Uitgawe 2015

1

R&O-borge

SR@info

SR@infoMeer oor jou Registrasie-en Oriënteringsprogram 2015

bylaag10 Januarie 2015Uitgawe 1

‘n Trots Suid-Afrikaanse multikul-turele instelling. Dit is waaroor die NWU Potchefstroom-kampus alles gaan. 'n Verskeidenheid van kleur, ras, geslag en taal. 'n Kam-pus waar alle studente welkom is. Jy is gekies - nie volgens die kleur van jou oë of hare - maar volgens jou vermoëns. Jou vermoë om te leer, te lag, te speel, te studeer en die lewe te geniet, maar met als kom ook 'n geweldige verantwoor-delikheid.

Daar is wonderlike geleenthede vir alle studente om te kan ontwik-kel tot hul absolute volle potensiaal tydens hulle studietydperk aan die NWU Potchefstroomkampus. Hoekom sal voornemende studen-te verby topklas universiteite ry om by NWU Potchefstroomkam-pus te studeer? Want hulle weet en is bewus van die wye verskeid-enheid geleenthede en die unieke studentelewe wat net beskikbaar is by een universiteit in die land – die NWU Potchefstroomkampus.

Een van die grootste geleen-thede op die NWU Potchef-stroomkampus is dat jy nie net ‘n graad kry nie, maar graadkry met

NWU-PUK: Trots Suid-Afrikaanslekkerkry klaarkry.

Die NWU Pukke koshuislewe is die hart van die NWU Potchef-stroomkampus en fondasie vir die lekkerkry deel van jou graad. ’n Huis weg van jou huis af, waar enige student ongeag sy kleur, ras, geslag en taal kan deelneem aan alle moont-like aktiwiteite. Hierdie verskeid-enheid aktiwite-ite behels sport, kultuur, leierskap en algemene persoonlike ontwikkeling en groei. Enige student kan betrokke raak by die NWU Pukke koshuislewe en ‘n verskil maak in hul koshuis, die NWU Potchefstroomkampus en ons land, Suid-Afrika.

Buiten al die aktiwiteite wat vorm aan die uniekheid van ons

diverse studentelewe, is daar ook iets meer wat bydra tot die uniek-heid van NWU Pukke se koshuise, naamlik die primfonds. Al 28

koshuise op die NWU Potchefstroomkam-pus samel elke jaar geld in (minstens R11000) om mind-erbevoorregte stu-dente – ongeag hul kleur, ras, geslag, taal of agtergrond – te help met kos, klere, buskaartjies en ander behoeftes. Koshuise hoef dit nie te doen nie, maar dit is wat ons definieer, dit is wat ons uniek maak, dit is die NWU Potchef-stroomkampus se omgeekultuur.

Daar kan nie beskryf word wat so ‘n fonds beteken vir minderbevoorregte studente wat daarby baat en watse impak dit sou hê indien so ‘n fonds nie meer kon voortbestaan in koshuise op die

NWU Potchefstroomkampus nie. Konsekwentheid en goeie

bestuur is die sukses van so ‘n merkwaardige fonds in al 28 koshuise. Hierdie is een verskil wat ek hoop kan bewys dat ons ‘n anti-apartheidsenklawe by die NWU-Potchefstroomkampus is, waar enige student, óngeag sy kleur, ras, geslag en taal kan baat vind by die fonds. Dan is daar boonop nog die verskeie liefdad-igheidsgeleenthede waarby elk van die 28 koshuise betrokke is en ‘n verskil maak in die Tlokwe-omge-wing.

‘n Jong dame wat in een van die 28 koshuise op die kampus lewenslange vriende maak van eni-ge ras, kleur of geloof, is iets wat gereeld gesien word op die NWU Potchefstroomkampus. Hier studeer mense saam, lag saam en huil saam. Hier leer studente om mekaar se standpunte en kulture te respekteer en saam te leef in vrede en harmonie. Jarelange en hegte vriendskappe word dikwels hier gevorm - vriendskap en liefde is blind vir kleur of ras.

Jong mans speel saam

rugby - nie elkeen vir homself nie. Nee, hulle speel rugby vir hul span - ongeag die kleur van hul vel. Wanneer dit tyd is vir Varsity Cup, is die hele Potchefstroom in afwagting, want hul span is in die stryd. Vir wie skree en moedig al die duisende studente en onder-steuners aan? Die Span, die hele NWU Pukke-span. Wanneer hulle wen, vier almal die oorwinning, en wanneer hulle verloor, is almal in rou gedompel. Een span, een ondersteuningsgroep – kleur is irrelevant.

Belangriker as enigiets anders wat hier genoem word, of wat op papier genoem kan word – studen-te het 'n geweldige verantwoorde-likheid teenoor hulself, die lewe en die toekoms. Studente ís die toekoms en het 'n verantwoorde-likheid om saam te werk vir die beste belang van al die mense van Suid-Afrika. Dit is in ons mag om hande te vat vir ons toekoms en die NWU Potchefstroomkampus is 'n ideale plek om te begin. Hier neem ons mekaar se hande om saam te werk vir 'n beter toekoms vir dié universiteit en ons land.

Dit begin alles hier

“ “

#RnO15

Page 2: SR@info R&O Uitgawe 2015

R&O-borge

2 SR@info

Die hoofdoel van die Registra-sie en Oriënteringsprogram is om eerstejaarstudente voor te berei op die akademiese jaar wat voorlê. Asook om aan die behoeftes te voldoen van studente wat vir die eerste keer kennis moet maak met die uni-versiteitsomgewing na afloop van hul skoolloopbaan. Die program het die volgende

Die doel van R&Ouitkomstes:

• Om studente te bemagtig deur relevante en bruikbare inligting oor die kampus en die akademiese omgewing aan hul te kommunikeer

• Om die akademiese gereed-heid van studente te fasiliteer en hulle bloot te stel aan ’n akademiese omgewing wat bevorderlik is vir prestasie.

• Om studente bekend te stel aan alle ondersteuningstruk-ture om sukses te verseker.

• Om studente aan soveel as moontlik fasette van die studente- en universiteitslewe bloot te stel om die sosiale aanpassing te vergemaklik.

• Om ‘n gevoel van eien-aarskap onder die studente te kweek vir hul universiteit en

hul koshuis. • Om studente met die

nodige vaardighede toe te rus

sodat hul kan funksioneer in ‘n multikulturele omgewing en trotse landsburgers te word.

Beste Eerstejaarstudente en julle ouersSTUDENTITEIT GEWAAR-BORG!

Hartlik welkom op die Potchef-stroomkampus van die Noord-wes-Universiteit. Die NWU-Pukkampus is voor-waar die mooiste en die lekkerste kampus om hierdie bevoorregte tyd van mens se lewe deur te bring, en ons hoop hierdie publikasie van die Studenteraad help julle om dit sonder probleme en georganiseerd te doen.

Gebruik hierdie publikasie as vriend en vennoot en verseker sodoende ʼn vreugdevolle en suk-sesvolle studiejaar! Gee jou bydrae en ondersteuning op alle terreine en koester die vervulling en die uitlewing van hoë ideale. Die Bestuur en die Studenteraad van die Potchefstroomkampus werk baie nou saam en ons deel en ondersteun hulle missie, om:• studente vir studente te wees vanuit 'n waardegedrewe grondslag; • effektief te kommunikeer om 'n ingeligte studentekultuur te kweek om sodoende studente te

Brief van die Rektor

Prof. van Schalkwyk, Rektor: NWU Potchefstroom

bemagtig;• pro-aktiewe leiers te wees, wat strukture volhoubaar ontwikkel, uniekheid behou en studentiteit koester; en• 'n gebalanseerde en transformerende studentelewe te inspireer sodat elke student kan ontwikkel in 'n diverse studentege-meenskap.Mag 2015 vir jou groot seën en baie sukses inhou.

Eerstejaars van Karlien Dameskoshuis sien uit vir die nuwe jaar

Page 3: SR@info R&O Uitgawe 2015

3

R&O-borge

SR@info

Aan die begin van elke nuwe jaar sit die HK-lede van onderskeie dameskoshuise hul koppe bymekaar om die skerpste Marathon gedig aanmekaar te slaan.

Die sogenaamde Wang-esang poog dan om die skokkendste, lagwekkendste en mees absurde nuusgebeure van die vorige jaar op te som in ‘n vermaaklike ritmiese rympie. Die Wangesang is ‘n kombinasie van sang en gechoreografeerde dans-passies.

WangesangDie dameskoshuise kom-

peteer dan teen mekaar net voor die begin van die R&O program en die wenners het die voorreg om hulle weergawe van die Wangesang aan die nuwe eerstejaars te leer.

Bekende nuusgebeure wat moontlik in die Wangesang van 2015 kan voorkom, is die Oscar Pistorius hofsaak, Nkandla, die EFF se manewales in die parlement en so meer.

In die verlede het die Wang-esang bekend gestaan as die Dorelied. 2014 se Dameswenners was Karlien Dameskoshuis.

Wapad is die studentekoerant van die NWU se Potchefstroomkampus en bestaansedert 12 April 1946.

In die verlede het Wapad ’n ernstiger aanslag gehad. Tans fokus Wapad op aktuele studentenuus en dek dan ook gebeure wat studente op per-soonlike-, akademiese- en sosiale gebiede raak. Die koerant verskyn elke tweede Donderdag en het tans 'n oplaag van 5000.

Wapad is een van die mees vooraanstaande studentekoerante van ons land. Wapad skakel ook met ander studentekoerante om seker te maak dat daar deurentyd die beste publikasie moontlik gelewer word aan die studente van die NWU se Potchefstroomkampus.

Studente vind aanklank by die inhoud van Wapad, omdat dit ’n koerant is wat vír studente, deur studente bedryf word. Wapad dien as uitstekende leerskool vir jong, voornemende joernaliste en het al verskeie groot name in die joernalistiekwêreld opgelewer. Wapad doen baie moeite om hul inhoud relevant, nuuswaardig en akkuraat te hou.

Volg gerus vir Wapad op Twitter en Facebook gedurende R&O vir die nuutste nuus. Het jy ‘n klagte en/of nuuswenk? Stuur ‘n epos na [email protected] of ‘n sms na 31750 of skakel (018) 299 2875

Wapad: Lees jou kampus

Die wêreld sou maar ’n vervelige plek gewees het sonder musiek. Alle studente het tog die passie. Of dit nou rock, pop, dubstep of Afrikaans is – hier sal jy dit kry. PUKfm spog met talle musiekpro-gramme soos International Top 40 en Local Top 30 wat jou plaaslik en internasionaal op die bol hou met die nuutste musiek. Dit bly nie net by musiek nie, maar verbreed jou wêreld met verskeie aktual-iteitsprogramme. So, terwyl jy in die amfi sit en ‘n ontbytpita geniet of winkels toe ry met die radio op 93.6, kry jy die nuutste kampusnu-us vars oor die mikrofoon.PUKfm gee ook terug aan die gemeenskap en vat hande met

Katlego, ‘n kleuterskool in Ikageng en maak verder ook ‘n verskil deur verskillende aksies te loots. Met ’n luisteraargetal van 18000, is die ateljee in die hartjie van die NWU-Puk geleë oorkant die Studentesen-trum. As jy deel wil word van die PUKfm-familie, kan jy binnekort ’n aansoekvorm by die ateljee kry en jou droom kan waar word. Jy kan ‘n ster DJ, nuusleser, joernalis, bemarker of gemeenskapstrots wees.Livestream PUKfm by pukfm.ndstream.net

PUKfm: Meer as net radio

Page 4: SR@info R&O Uitgawe 2015

R&O-borge

4 SR@info

Wanneer jy ‘n Eerstejaar is word jou woordeskat sommer baie vining uitgebrei. Jy sal spoedig agterkom dat die PUK sy eie un-ieke woordskat het vir studentepret . Wat hieronder volg is jou eie blitskursus sodat jy vertroud kan raak met die woordjie “sleep”.

“Sleep” hou verband met die beskrywende woord “ vlerksleep ”. Dink wyd hier: al die inwoners van ‘n vrouekoshuis (byvoorbeeld Paleis) word vir ‘n hele termyn die nooi van ‘n manskoshuis (byvoor-beeld Eksodus). Daar is 14 man-skoshuise asook 14 vrouekoshuise. Daar is dus 14 verskillende slepe elke jaar. Hierdie nuutgevonde ver-houding word dan ‘n sleep genoem en hulle neem op ‘n kompeterende wyse deel teen ander slepe sodat bepaal kan word watter sleep die glanspaartjie van die jaar is. Daar kan ook uitgesien word na allerlei sosiale interaksies soos zoep-, verlowings-, trou- en skei aksies !

Hoe werk dit? Sodra die nuwe huiskomitees van elke koshu-is gekies is, begin “zoep”. Dis

Sal Sarel en Sannie Sewe Sakke Sout Sleep….

PUK-lingo vir “tjaaf ”. In hierdie week kan jy baie bekers koffie en beslis geskenkies buite jou koshuis verwag! Sodra elke koshuis sy sleepkeuse ingehandig het, begin die pret! SR:skakeling reel die funksie “sleepaankondiging” waar elke koshuis uitvind met wie hul die volgende termyn sal vlerksleep. Elke 7 jaar kry jy die geleentheid om weer met ‘n koshuis te sleep.

Die eerste sleepaksie is “Bin-gle-ser” wat deur SR:kunste gereel word. Dit behels dat 25 mans en dames van die twee betrokke koshuise aan ‘n prettige seraksie deelneem. Die oorhoofse tema vir #bingle14 was “Die groot vraag”. Temas soos “waar kom babas vandaan?” en “lyk ek vet in hierdie rok?” het aan die kampus baie vermaak verskaf. Daarna volg selfs meer aksies waarby die kunstige siele betrokke kan raak! Eerstejaar-skonsert is elke jaar ‘n hoogtepunt aan die begin van die jaar en gee vir eerstejaars die geleentheid om hulle dans-, toneelspel-, musiek- of sangtalente af te wys. Die seniors

van die koshuis rig die stuk af, verf die dekor en maak seker dat enige versteekte talente ontdek word. #EK15 hou hope pret vir elkeen in! “Canvas” is ‘n aksie waar die slepe se ontluikende Picassos kan uithaal en wys. Hierdie skeppings vind hul weg dan as pragtige kunswerke wat in beide van die duikwee te sien is.

JOOL is natuurlik ook een van die mees prominente aksies wat in sleepverband geskied. “Pot-en-pons” is die eerste JOOL aksie waaraan slepe deelneem en die kans kry om hulle “Master Chef ”- vaardigehede af te wys. Aan die begin van elke jaar word daar veertien vlotte volgens die oorhoofse tema gebou. Elke sleep kry die geleentheid om die tema op hul eie kreatiewe wyse uit te beeld. Hierdie jaar se tema is “APP-nor-marvel-i-tyd”.

Elke sleep se twee HK-spanne kies dan eindelik ‘n naam deur die twee koshuise se name te kombi-neer. Dis nou die vreemde woord wat op sleephemp wat jy saam met jou koshuisdrag dra verskyn!

Page 5: SR@info R&O Uitgawe 2015

5

R&O-borge

SR@info

Page 6: SR@info R&O Uitgawe 2015

R&O-borge

6 SR@info

Page 7: SR@info R&O Uitgawe 2015

7

R&O-borge

SR@info

Page 8: SR@info R&O Uitgawe 2015

R&O-borge

8 SR@info

SANLAM-Ouditorium, (F14) Kaartjies moet asseblief vooraf by die NWU-PUK Kunste (Hei-mat-gebou) bespreek word [018 299 2843/4]Koste: R50 p/person. Vir enige navrae, kon-tak die SR:Kunsteraad by 018 299 2881

VRYDAG

• Wanda en Hombré• VMN en De Wilgers• Heide en Excelsior• Bellatrix en Laureus• Kasteel en Caput• LaVaria en Soetdorings• Klawerhof en HEIMAT

17:00 – 20:30 [Eerste opvoering – eerste ses-sie]

21:00-24:00 [Eerste opvoering – tweede sessie]

SATERDAG

• Minjonet en Ratau

Eerstejaarskonsert inligtingLebone

• Karlien en • Villagers• Wag-‘n-Bietjie

en Patria• Oosterhof en Over-

de-Voor• Eikenhof en Tha-

ba-Jäh• Huis Republiek en

PUK-Dorp

• Dinki en Veritas17:00 – 20:30 [Eerste opvoering – eerste ses-sie]

21:00-24:00 [Eerste opvoering – tweedeses-sie sessie]

Page 9: SR@info R&O Uitgawe 2015

9

R&O-borge

SR@info

Jare gelede het ek gehoor dat teëspoed dikwels fl oreer wanneer goeie mense besluit om onbe-trokke te wees. Hierdie is dus my poging om ook die studente se kant te stel oor een van die aspekte van die afgelope tyd se bewerings oor die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

In dagblaaie is daar deur sekere staatsamptenare gesinspeel dat die NWU Potchefstroomkampus fundamenteel ʼn apartheidsinstel-ling en sélfs ʼn apartheidsenklawe is. Hierdie stelling steek my dwars in die krop.

Hoekom die versuim van die bestuur van die NWU om te reageer?

Op grond waarvan is hierdie bewering gebaseer?

• Is dit gebaseer op die

feit dat meer as ’n duisend studente weekliks by 87 gemeenskapspro-jekte betrokke is?

• Dat die studente van die NWU-Potchefstroomkampus weekliks, tussendeur ons akad-emiese druk, steeds besluit om gemeenskapswerk te doen in die omliggende areas soos Promosa en Ikageng?

• Dat ons hand in eie boesem steek om geld in te samel om ons liefdadigheidswerk voort te kan sit – in totaal meer as ʼn miljoen rand?

Ons reik weekliks uit na ongeveer 4000 mense in die gemeenskap. Ons het in 2013, 31 646 blikkies kos en meer as 13 000 stukke klerasie ingesamel wat ons aan die minderbevoorregtes in die gemeenskap uitgedeel het. Dit,

ongeag van ras. Klink dit vir u na ‘n apartheidsinstelling?

Ek stem saam met die idee van transformasie, dat geleerdheid nie iets is wat slegs vir ʼn sekere ras of geloof gereserveer moet word nie, maar pleit dat hierdie prosesse met deernis en deurdagtheid geskied en nié net bloot vir politieke gewin nie. Daar is soveel wat ek kan noem as voorbeelde dat die NWU Potchefstroomkampus wérk - deurvloeisyfers, betrokkenheid by die gemeenskappe, navorsings en internasionale erkenning om slegs ‘n paar te noem.

Ons koshuislewe is ook onder verdenking geplaas en daar is ongegronde uitlatings wat ons beskuldig van ʼn “teenwoordigheid van rassisme wat heers in die meeste van hierdie koshuise”. Niks

kan egter verder van die waarheid af wees nie. Elke koshuis het ʼn gemeenskapsprojek wat hulle bestuur, die meeste daarvan in behoeft ige areas soos Ikageng of Promosa. Hier help hulle weekliks om die nood te verlig deur die aan-bied van aksies soos byvoorbeeld die onderrig van Graad 12-leerd-ers in Wiskunde en Wetenskap, seksvoorligting, sportafrigting, oo-gtoetse, higiëne, swemlesse en vele meer – hierdie hulp en betrokken-heid vind elke week sonder enige vergoeding plaas. Studente het selfs gehelp met die opgradering van infrastruktuur en die totstand-koming van ‘n splinternuwe gebou vir ‘n kleuterskool. Dít is mos ‘n ware weerspieëling van die kampus en sy omgee-ingesteldheid!

Ek wil myself verstout en sê dat

Die NWU-PUK gee omdie grootste siekte van ons tyd onbetrokkenheid en stilswye is. Ek pleit by u elkeen dat ons hierdie saak nie net hier moet laat nie. Ons moét teen hierdie aantygings opstaan. Daar is baie onwaarhede wat tans oor ons kwytgeraak word, maar u weet dit is ‘n valse beeld van die NWU Potchefstroomkam-pus.

Die NWU Potchefstroomkam-pus is en sal altyd ʼn eiland van uitnemendheid in ʼn see van gemi-ddeldheid wees - ongeag van ras!

Villagers Manskoshuis kaalvoetdag-stalletjie

Page 10: SR@info R&O Uitgawe 2015

R&O-borge

10 SR@info

Mariana BeukmanSPYSENIERS

Page 11: SR@info R&O Uitgawe 2015

11

R&O-borge

SR@info

Page 12: SR@info R&O Uitgawe 2015

R&O-borge

12 SR@info

Welkom by die NWU-PukkeGeagte NWU-PukkeDit is ʼn eer om deel te kan wees van ʼn instansie met ʼn eeu-oue geskiedenis van prestasies en ʼn nog meer blink toekoms. Buiten die hoë gehalte akademiese standaarde wat gehandhaaf word, uit-stekende ondersteunings-

dienste en uitmuntende fasiliteite, lê die geheim van die NWU Potchef-stroomkampus se sukses in ons besonderse studen-telewe. Integriteit, neder-igheid, respek, diensbaar-heid, toeganklikheid en lojaliteit dryf ons unieke studentelewe en bied dus

ʼn geleentheid vir elke indi-vidu om hulself uit te kan leef. Jy bepaal self die mate van jou betrokkenheid aan die aktiwiteite en waar jou plekkie onder die son gaan wees. Hiermee glo ons dat di-versiteit binne eenheid studentiteit waarborg.

Daarom as Studenter-aad 2014/2015 daag ons jou uit om jou gawes, tal-ente en sommer maar net jou unieke menswees aan te wend om te groei as volronde student, ve-rantwoordelike gemeen-skapslid en ʼn trotse lands-burger.

Monica van SchalkwykSR: Voorsitter 2014/2015