stellenberg€¦ · die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! daan-louw de...

19
Stellenberg Stellenberg High School Newsletter 4/2019 May/June IN THIS ISSUE Play Festival SRC news Tweekamp 5 10 16 Eksamen...

Upload: others

Post on 02-Oct-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

StellenbergStellenberg High School Newsletter 4/2019 May/June

IN THIS ISSUE

Play Festival

SRC news

Tweekamp

• •

• •

• •

5

10

16Eksamen...

Page 2: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 20192

Nasionale POORT-SkryfkompetisieDie Poort-Skryfkompetisie is ‘n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat ten doel het om skeppende skryftalent in Afrikaans by hoërskoolleerders aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan ‘n groter gehoor bloot te stel. Hierdie kompetisie vind al vanaf 1971 plaas en gaan jaarliks van krag tot krag! Die kompetisie skep ‘n forum om leerders wat oor skryfpotensiaal beskik te identifiseer en aan hulle blootstelling te gee deur middel van die Poort-publikasie wat jaarliks verskyn met gekeurde werk in die genres prosa en poësie.

Baie geluk aan een van ons graad 11-leerders, Daan-Louw de Swardt, wat gehoor het dat drie van sy gedigte in die Poort 2019-bundel gepubliseer gaan word. Ons is voorwaar trots op jou pennevrug, Daan-Louw!

musea (in kaapstad museum geskryf)

duisende pare oë kristal hartseer dood

word onderskat elkeen wil hul verhaal vertel onverskillig geëtiketteer

geweet ek is te laat om ‘n verskil te maak, ‘n lewe te red

gekristalliseerde longe gevriesde harte

sweer ek kon ‘n asem op my nek voel is daar nog lewe?

alarm vals -dit was die lugverkoeling

hoop verlore vervorm en verstop

duisende pare oë kristal hartseer dood

skree vir hulp in glaskaste -klankdig

lyftaal

kom ons oorgrens die woordlyn, hierdie taal van ons. ons gaan dieper, intiemer. ons vellae wat sinchroniseer soos die Bybel op my bedkassie ons verbied. want ons is onrein-en suiwer. ons kners op ons tande want ons is welbewus van die onheile wat ons hier pleeg.

hierdie halfwit linne huisves okkulte onreinheid tussen garingdrade vasgeborduur

lyftaal het meer gebede beantwoord, verlange ontmoet en dieper geanker as wat woorde ooit, óóit sal

Page 3: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 20193

DebatnuusOp 3 en 4 Mei het 25 van ons leerders (8 senior- en 3 juniorspanne) by Hoërskool Stellenbosch aan die Wes-Kaapse rondte van die ATKV-Debatkompetisie deelgeneem. Hulle is:

JUNIORS: Aimee Marais, Anchen Truter, Anneri Swart, Charlotte Smuts, Dian Rossouw, Lisa Louw, Stephan Strydom, Jean-Simon de Witt en Kayla Horn.

SENIORS: Alicia Malan, Anrika Engelbrecht, Armand Bruwer, Carla Meyer, Chris-Mari Grobler, Emma du Pisani, Emma Thom, Gisela Truter, Henco Smit, Kristi Beeslaar, Lynn-Mari Brooks, Lynne Luus, Mareli Very, Mia Verster, Nicole Beeslaar en Stefani du Plessis.

Die juniors (Gr. 8 en 9) se onderwerp was: “Alle uitheemse bome in Suid-Afrika behoort uitgekap te word…of nie?” Die seniors het gedebatteer oor: “Suid-Afrika behoort sy kulturele erfenis te verwyder om nasiebou te bevorder…of nie?”

Die debatte was almal tussen 60 en 90 minute lank; en daar is met mening hare gekloof, dispute verklaar, antisipasies verwoord, uitdagings afgeweer, idiome rondgeslinger, definisies ontleed, redenasies uitgerafel en ontmasker, replieke gelewer; en argumente verwoord, gestaaf en losgetorring. Die spoeg het by tye gespat; en die humeure moes hier en daar (met moeite) in bedwang gebring word… Dit was met ander woorde `n baie geslaagde debatkompetisie!

Ons leerders het hulle almal skitterend van hul taak gekwyt; en die volgende 6 spanne het deurgedring na die semi-finale kompetisie - op 25 Oktober: Henco Smit en Alicia Malan; Emma Thom en Gisela Truter; Carla Meyer en Lynn-Mari Brooks (seniors), asook Charlotte Smuts, Kayla Horn en Aimee Marais; Jean-Simon de Witt, Anchen Truter en Lisa Louw; en Dian Rossouw, Anneri Swart en Stephan Strydom (juniors).

Wees gewaarsku: Dink baie mooi voor jy met een van hierdie leerders in ‘n argument betrokke raak! Lisa Louw, Jean-Simon de Witt en Anchen Truter

Kayla Horn, Charlotte Smuts en Aimee Marais

Dian Rossouw, Anneri Swart en Stephan Strydom

Marelie Vrey en Emma du PisaniLynne Luus en Anrika EngelbrechtKristi en Nicole BeeslaarEmma Thom en Gisela Truter

Chris-Marie Grobler en Mia VersterCarla Meyer en Lynn-Mari BrooksArmand Bruwer & Stefani du PlessisAlicia Malan en Henco Smit

Page 4: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 20194

On Friday, 3 May, the Eco community, along with a few Eco warriors, visited Bella’s Guardian Angels. They are a non-profit organisation which rescues orphaned and abandoned puppies, kittens and small birds.

We took food and toys, that we collected throughout the year, to Bella’s Guardian Angels and stayed a while to play with the animals.

We all thoroughly enjoyed ourselves and learnt a few interesting things about Bella’s Guardian Angels. For example: did you know that black pigs are not used for meat? We didn’t either, until we visited Bella’s!

We had a ball of a time and we would absolutely do something like this again.

Stellies visit Bella’s guardian

angels

Fisiese Wetenskap Prakties

Page 5: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 20195

Play FestivalWith almost three months of preparation behind it, Stellenberg’s annual Play Festival took place on the 24th of April. It was, as always, a night to remember. The plays covered a range of topics – from racial identity to wizardry – and showcased the true depth of diversity among our student playwrights. Of the seven playwrights, six were in matric and all six received an award for scriptwriting, directing and marketing respectively. This year some history was made with matric Zara do Nascimento taking part in her fifth, and final, play festival alongside another seasoned participant, Soso Vazi. Both walked away with Best Female and Best Male Lead respectively – not for the first time since they started taking part. The guest performances by familiar faces from this year’s Stellies Got Talent competition kept the atmosphere alive during the judges’ deliberation and showcased a variety of talents. All in all, it was a glittering occasion and not one to be missed next year!

Results:

People’s Choice – Best Poster: I am who I am People’s Choice – Best Trailer: Die Avonture van Jan Jeismoertoe 3 Best Marketing: Die Avonture van Jan Jeismoertoe 3 Best Supporting Actress: Okuhle Metula (Mask Off) Best Supporting Actor(s): Stephan du Plessis and Nicholas Sander (Die Avonture van Jan Jeismoertoe 3) Best Actress: Zara do Nascimento (Happily Ever After) Best Actor: Soso Vazi (I am who I am) Best Playwright/Script: Zoe Quickfall (Happily Ever After) Best Director(s): Flavia Davids, Faith May and Kay-Leigh Scrimnger (I am who I am) Best Production: Happily Ever After

Foto’s deur @

suburban_optics

Page 6: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 20196

FotografieDie fotografieklub was Vrydagmiddag, 3 Mei op ‘n uitstappie na Melkbosstrand om meer te leer van abstrakte fotografietegnieke.

Baie dankie aan Coreen Bester wat haar tyd en kennis met ons gedeel het. Almal het die middag terdeë geniet en baie geleer!

Page 7: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 20197

PhotographyOur winners for this month!

Theme Abstract

First: Frostbite - Sasha Fischer

Second: Impressionistic Strokes - Monya Prinsloo

Third: Glass Bubble - Alain Lourens

Baie dankie aan ons beoordelaar, mnr. Antenie Carstens, wat sy wye fotografiekennis met ons gedeel het. Ons het vir seker baie by hom geleer!

The next competition will be in July and the theme is Nature (including wild life).

2nd: Impressionistic Strokes

1st: Frostbite 3rd: Glass Bubble

Page 8: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 20198

SMK op pad na Bali

Dankie aan André vir sy onvermoeide ywer om die SMK vir die Internasionale-kompetisie voor te berei. En dankie vir elke SMK-koorlid wat 18 maande lank getrou voor elke oefening woorde, note, intonasie, bewegings en elke instruksie van André uitgevoer het. Ons is baie trots op elkeen.

Op 18 Julie om 19:00 tree SMK en SSK in ‘n voorbereidende konsert in die Hugo Lambrechts-Ouditorium op. Kaartjies is beskikbaar by die finansiële kantoor teen R80 per persoon.

Die SMK vertrek DV 19 Julie 2019 – 29 Julie 2019 na Indonesië waar hulle aan die 8ste Bali Internasionale Koorfees en Kompetisie sal deelneem.

Ons wens SMK ‘n suksesvolle, verrykende en ‘n onvergeetlike ervaring toe. Ons gebed is dat ons Hemelse Vader ons almal sal bewaar en veilig terugbring.

Page 9: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 20199

Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses!

Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April.

‘n Tweegang-ete is voorgesit, nl. ‘n voor- en nagereg. Die tema was “golden hour”. Die hele aktiwiteitsentrum is met geel en goue dekor verfraai. Die veelkleurige ligte en verskeidenheid musiek het ‘n feestelikheid aan die opwindende aand verleen.

Graad 11-dinee Foto’s deur @suburban_optics

Page 10: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 201910

Tuesday, 30 April, the Grade 11 and 12 mentors treated their Grade 8 mentees to a picnic during first break. Everyone who is part of the program came together and enjoyed a tasty meal on their picnic blankets. They decided that the rain would not spoil their fun so they improvised and had their picnic in the activity centre.

Die Mentorskapprogram het aan hierdie graad 8’s ‘n groot broer of suster gegee om hulle deur hulle eerste jaar van hoërskool te lei. Die piekniek was ‘n lekker geleentheid vir die mentors om die bande wat hulle gedurende die jaar met hulle gr. 8’s gevorm het, te versterk. Die mentors het hulle raad gegee oor die eksamen en verder het almal net lekker gesels.

Mentor and Mentee Picnic

HandjietennisdagOp die 10de Mei het Hoërskool Stellenberg se studenteraad hul heel 1ste handjietennisdag met Stellenberg- en Delft-leerders gehou.

In 2017 het die huidige matrieks ‘n skakel met die Delft-skole begin om meer van hul gemeenskap en leierskaprolle te leer. Not only did we walk away with new leadership skills, but with new friendships and bonds that will be treasured throughout the rest of our matric year, and our university years that are yet to come.

Ons het ‘n heerlike Vrydagmiddag met ons leerders geniet, waar ons 9 wenners aangekondig is. It was the ultimate highlight to ending our wonderful journey with Delft and a fun evening to destress before exams!

Good luck to everyone writing exams!

- Marethe Honey

Page 11: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 201911

Christmas in

July

STELLENBERG NETBALL

A welcome drink, 3 Course Menu, Live Entertainment & Cash Bar. 

Join us for the festivities evening filled with joyous dancingand laughter.

Fill up your stockings with great prizes and items from the

Trolley Dash draw, raffles and auction.

July 27, 2019 • 18:00 - 18:30

Activity Centre

R250 PER PERSON TO BE PAID INTO STELLENBERG ACCOUNTREFERENCE 9200/085 NAME AND SURNAME

TABLES OF 8 

FOR MORE INFORMATION CONTACT VALMARÉ LOUW [email protected]

is proud to present

Page 12: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 201912

Buy your ticket, for R20, from any Stellenberg Netball player!

This is a Stellenberg High School Netball fundraiser.

1st prize: 60 seconds trolley dash at Stellenberg Kwikspar

2nd prize: R1500 cash 3rd prize: R1000 cash

Page 13: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 201913

Netball 5-a-side On the 12th of April, the Stellenberg student council held their annual Netball-5-a-side tournament.

Over 20 teams participated in a fun afternoon filled with netball, music, dress-up and good vibes. At the end of a very long afternoon we crowned our 3 winners: Superball and The Multimedia Miscreants for the best dressed teams. Province Unite took home the trophy as the overall winners of the tournament.

Ons wil net baie dankie sê aan elke leerder wat deelgeneem het!

- Marethe Honey

Page 14: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 201914

Of all the paths you take in life, make sure a few of them are dirt

Sign up now:

083 274 7372

Stellenberg MTB

[email protected]

Page 15: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 201915

Hockey WP Team Naming Ceremony

Back: Megan Morrison (WPU16 NTR), Chris-Mari Grobler (WPU18A), Melissa Malan (WPU18 NTR), Ingrid Bosch (WPU18B, Nicola Middleton (WPU16 North), Miré de Jongh (WPU18 North), Kyra Swarts (WPU16 North)

Front: Mari Blom (WPU16B), Nina Adlem (WPU14 North), Erin Heneke (WPU14 North), Chaney van Niekerk (WPU16B), Simoné Wessels (WPU16B), Cara-Mia Moses (WPU16 North), Chelsea Tomlinson (WPU18A), Victoire Davids (WPU18 North), Chloe Petersen (WPU14 North), Alicia Malan (WPU16A)

Congratulations to all our girls that made various Western Province teams!

HOckey

Page 16: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 201916

TWEeKampStellenberg se tweekampspan het uitgeblink by die onlangse SA Tweekamp-kampioenskappe wat tydens die April-vakansie in Port Elizabeth gehou is. Die span, wat uit 11 Stellies bestaan, het `n 3de plek behaal in die skole-kompetisie.

Ons span was: Anita van Niekerk Daleen Laurence Nicke van Rensburg Nadia Olsen Amica Nieuwoudt Retief Ochse Jaco Wolstenholme Thomas Fowler Walter de Jongh Johan Voges Brendan Oosthuizen

Ons kan ook spog met twee atlete wat podium-plekke behaal het: Retief Ochse: Goud (Retief stel `n nuwe SA rekord vir seuns o.19 op en verwerf Tweekamp Springbok-kleure.) Brendan Oosthuizen: Brons

Een van ons afrigters, Elvin van Zyl, het ook aan die kompetise deelgeneem en `n 8ste plek behaal. Dit was `n wonderlike ervaring vir elkeen van ons.

Die atlete is reeds volstoom besig in die swembad en op die baan om vir die volgende seisoen te oefen. Ons is baie trots op ons hardwerkende tweekampers.

Ons sê ook baie dankie aan ons borge, Bossa en Bellville SPAR, wat `n groot bydrae gelewer het om deelname vir die atlete moontlik te maak.

Stellies presteer by die SA-kampioenskappe

Page 17: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 201917

Lené SteenkampHeight:

Primary School:

Hobbies:

Best qualities:

Bad habits:

Favourite player:

Favourite artist:

Favourite movie:

Favourite food:

Favourite subject:

Fashion No-No’s:

1.78m

Gene Louw

Sailing

Modest Creative Diligent

Snacking Procrastinating

Forgetful

Geva Mentor

Dean Lewis

Rush

Wraps

EGD

Tekkies with casual clothes

Netball first team Player profile

Page 18: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 201918 Ad space

BRANDMATHS

WISKUNDE

WINTERSKOOL (GRADE 12S)

‘If you can’t explain it simply, you don’t understand it well enough’ – Albert Einstein

• 2 - day course (24 and 25 June or 26 and 27 June if enrolments exceed 10 learners for first 2 days’ course)

• 9:30 – 15:00

• R 750 per kursus

• Fokus op gedeeltes van sillabus wat reeds afgehandel is vir vaslegging en voorbereiding vir September- en finale Wiskunde eksamenvraestelle.

• Presented by former Mathematics teacher, Mrs Liebe Brand (HonsBSc, NHD, CAPS opleiding voltooi)

FOR MORE INFORMATION CONTACT

LIEBE BRAND [email protected]

076 674 0444

BRANDMATHS

WISKUNDE

WINTERSKOOL (GRADE 12S)

‘If you can’t explain it simply, you don’t understand it well enough’ – Albert Einstein

• 2 - day course (24 and 25 June or 26 and 27 June if enrolments exceed 10 learners for first 2 days’ course)

• 9:30 – 15:00

• R 750 per kursus

• Fokus op gedeeltes van sillabus wat reeds afgehandel is vir vaslegging en voorbereiding vir September- en finale Wiskunde eksamenvraestelle.

• Presented by former Mathematics teacher, Mrs Liebe Brand (HonsBSc, NHD, CAPS opleiding voltooi)

FOR MORE INFORMATION CONTACT

LIEBE BRAND [email protected]

076 674 0444

BRANDMATHS

WISKUNDE

WINTERSKOOL (GRADE 12S)

‘If you can’t explain it simply, you don’t understand it well enough’ – Albert Einstein

• 2 - day course (24 and 25 June or 26 and 27 June if enrolments exceed 10 learners for first 2 days’ course)

• 9:30 – 15:00

• R 750 per kursus

• Fokus op gedeeltes van sillabus wat reeds afgehandel is vir vaslegging en voorbereiding vir September- en finale Wiskunde eksamenvraestelle.

• Presented by former Mathematics teacher, Mrs Liebe Brand (HonsBSc, NHD, CAPS opleiding voltooi)

FOR MORE INFORMATION CONTACT

LIEBE BRAND [email protected]

076 674 0444

Page 19: Stellenberg€¦ · Die jaarlikse graad 11-dinee was weereens ‘n groot sukses! Daan-Louw de Swardt en Gisela Truter was in beheer van die koördinering van die funksie op 17 April

Stellenberg High School Newsletter • May/June 201919

DISCLAIMER

Articles submitted for publication in this newsletter are the responsibility of individuals heading up their specific sport or department. All articles that are received by the deadline date for copy are included in the publication.