sterrelig desember 2018 e-pos - negester klein-kariba...jaar op beaufort-wes waarna ek by belville...

9
Uit die HEV-kantoor Sedert die verkiesing op 20 Oktober 2018, was ons baie bedrywig. Ons het ’n oorhandigingsvergadering bygewoon, ’n HEV-direksievergadering, ’n gespreksver- gadering met die ontwikkelaar (MST) en ook verskeie vergaderings met die belangegroepe. Van die hoogtepunte was die volgende: Die direksievergadering was baie insiggewend. Ongelukkig kon nie al die MST-verteenwoordigers dit bywoon nie, maar Piet Pieters het dit wel op uitnodiging bygewoon, waarvoor ons baie dankbaar is. Dit het grootliks daartoe bygedra dat vorige agendapunte gladweg oorgedra is. Dit blyk uit vorige Notules dat die Sorgsentrumgebou nog nie oorgedra is na die HEV nie en MST het onderneem om dit onmiddellik oor te dra. Die verplegingsfunksie word tans heronderhandel met Medwell en ons verwag groot veranderings in die nuwe jaar. ’n Wildboer het met ons ooreengekom om die Njalabulle en -ooie te vang en te vervang met rooibokke en ander kleinwild. Die vangwerk vorder tans baie goed. MST het ons van ’n tydslynontwikkelingsplan vir bespreking voorsien: - Toegangspad – Begin Maart 2019 - Klubhuis fase 1 – Voltooi April 2019 (swembad & sportgeriewe) - Klubhuis fase 2 – 2020 (saal & kombuis) - Hoofpadaansluiting 2021. Ons is ook aangewys as lede van die Klubhuiskomitee. Dit blyk dat voordat die opgradering van die HEV-raadsaal onderneem kan word, ons 30 dae kennis moet gee aan die lede van die HEV en daarom sal die projek oorstaan tot vroeg volgende jaar. Uit ’n oorsig van die finansiële bestuurstate tot einde September 2018, blyk dit dat inkomste en uitgawes in die algemeen beter is as wat begroot is. Groete Frikkie, Angus en Roelf “…en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter” STERRELIG Nuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging DESEMBER 2018 / JANUARIE 2019 JAARGANG 1 UITGAWE 3 – D.J. Opperman Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief: Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk Donateurs

Upload: others

Post on 20-Oct-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Uit die HEV-kantoorSedert die verkiesing op 20 Oktober 2018, was ons baie bedrywig. Ons het ’n oorhandigingsvergadering bygewoon, ’n HEV-direksievergadering, ’n gespreksver- gadering met die ontwikkelaar (MST) en ook verskeie vergaderings met die belangegroepe. Van die hoogtepunte was die volgende:

    • Die direksievergadering was baie insiggewend. Ongelukkig kon nie al die MST-verteenwoordigers dit bywoon nie, maar Piet Pieters het dit wel op uitnodiging bygewoon, waarvoor ons baie dankbaar is. Dit het grootliks daartoe bygedra dat vorige agendapunte gladweg oorgedra is.

    • Dit blyk uit vorige Notules dat die Sorgsentrumgebou nog nie oorgedra is na die HEV nie en MST het onderneem om dit onmiddellik oor te dra.

    • Die verplegingsfunksie word tans heronderhandel met Medwell en ons verwag groot veranderings in die nuwe jaar.

    • ’n Wildboer het met ons ooreengekom om die Njalabulle en -ooie te vang en te vervang met rooibokke en ander kleinwild. Die vangwerk vorder tans baie goed.

    • MST het ons van ’n tydslynontwikkelingsplan vir bespreking voorsien:

    - Toegangspad – Begin Maart 2019

    - Klubhuis fase 1 – Voltooi April 2019 (swembad & sportgeriewe)

    - Klubhuis fase 2 – 2020 (saal & kombuis)

    - Hoofpadaansluiting 2021. Ons is ook aangewys as lede van die Klubhuiskomitee.

    • Dit blyk dat voordat die opgradering van die HEV-raadsaal onderneem kan word, ons 30 dae kennis moet gee aan die lede van die HEV en daarom sal die projek oorstaan tot vroeg volgende jaar.

    • Uit ’n oorsig van die finansiële bestuurstate tot einde September 2018, blyk dit dat inkomste en uitgawes in die algemeen beter is as wat begroot is.

    Groete

    Frikkie, Angus en Roelf

    “…en mag die Suiderkruis en Negesterre

    witter as die stedeligte in jou siel bly skitter”

    STERRELIGNuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging

    DESEMBER 2018 /JANUARIE 2019

    JAARGANG 1

    UITGAWE 3

    – D.J. Opperman

    Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief:

    Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk

    Donateurs

  • BrieweNamens myself en Ans, wens ek graag ons nuwe direkteure baie geluk met hul verkiesing tot die HEV-direksie. Frikkie, Roelf en Angus, ons vertrou dat julle ’n baie groot bydrae sal lewer om hierdie pragtige ontwikkeling tot groot hoogtes te lei. Baie geluk en dankie aan Henk Hoogenboezem vir die pragtige gedagte om met ons eie nuusbrief af te skop. Henk, dit was ’n behoefte wat lank reeds uitgespreek is, en ons weet dat dit reeds ’n wenner is. Dit sal mettertyd ’n belangrike plek in ons ontwikkeling inneem. Ons weet dat die eienaars en inwoners jou inisiatief steun en dat ander ontwikkelings jaloers daarna sal kyk.

    Ons wil ook graag ons bestuurder, Lood, bedank vir wat hy reeds vermag het om die terrein netjieser en meer aantreklik vir voornemende kopers te maak. Ons weet dat die meeste van die inwoners reikhalsend uitsien na die verbeterings wat deur die ontwikkelaars onderneem

    is soos die padaansluiting, die bruggie, die saal en les bes die sportterrein. Ons sonder graag die interkom- stelsel uit wat absoluut onontbeerlik is vir veral die ouer inwoners in nood. Tans gaan die ontwikkeling mank aan ’n behoorlike noodstelsel, veral snags. Mag dit spoedig kom. Ons glo die ontwikkelaars sal altyd in gedagte hou dat die bemarking van die ontwikkeling grootliks van lojale en tevrede inwoners en eienaaars a�ang.

    – Pieter en Ans Scholtz nr. 236

    Rouel Beukes gesels met:

    Henk Kruger

    Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword?

    Ek is in 1934 in Wes-Transvaal in die omgewing van Ventersdorp gebore. Op dieselfde plaas waar ek gebore is, was daar ook ’n skoolgebou. Ek het daar skoolge-gaan. Dit was ’n tweemanskool en ek het in 1940 begin skoolgaan. Ek was daar tot en met standerd 6 waarna ek hoërskool toe is op Ventersdorp. Daar was ek in die koshuis tot na my matriekjaar waarna ek PU vir CHO toe is, vandag die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, waar ek gaan studeer het.

    In watter rigting het jy studeer?

    Ek het onderwys gaan studeer en ’n BA graadkursus gevolg met Afrikaans/Nederlands, Sielkunde en Geskie-denis as hoofvakke. Daarna het ek ’n nagraadse onder-wysdiploma gedoen. Ek het by King Edward skool in Johannesburg vir ’n jaar skool gehou waarna ek terug is na Ventersdorp waar ek vir ’n paar jaar skoolgehou het. Daar het ek Afrikaans en Geskiedenis gegee. Toe kry ek ’n aanstelling as skoolsielkundige by die Kaapse Onder-wysdepartement, omdat ek intussen opvoedkundige sielkunde nagraads studeer en voltooi het. Ek was vir ’n jaar op Beaufort-Wes waarna ek by Belville se kliniek

    begin werk het. Ek het ook die skole teen die Weskus op, tot sover as Nuwerus, bedien. Ek het my meesters-graad by Universiteit Stellenbosch in opvoedkundige sielkunde behaal. Vanaf 1969 was ek terug in Potchef- stroom by die PU vir CHO as senior lektor. Hier het ek my doktorsgraad in 1972 behaal en vanaf 1973 asprofessor in ’n nuwe departement gewerk waar ek die hoof was.

    Vertel vir ons waar jy jou vrou ontmoet het en hoe- veel kinders uit die huwelik gebore is.

    Terwyl ons studente was het ek my vrou, Betsie Kinnear, ontmoet. Ons is op Hartbeesfontein getroud net nadat ons begin skoolhou het. Ons het 34 jaar in Potchef- stroom gebly. Ek het in 1994 as dekaan van die fakulteit opvoedkunde afgetree. Toe het ons na Nylstroom verhuis waar ons in Bosveldsig gewoon het. In daardie jare is ons toe ook geskei. Ons het een dogter, Mariëtta. Sy is werksaam by RSG. (Vervolg op bl. 3)

    Elektroniese SterreligDie elektroniese weergawe is beskikbaarop Negester Klein-Kariba se webwerf, www.negester.co.za/klein-karibaonder Gemeenskap, Nuusbriewe

    Desember 2018/Januarie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 3 2

  • OmgewingsaktiwiteiteNegester-omgewingsaktiwiteite, ’n adviserende be- langegroep, het ’n inligtingsessie op 24 Oktober 2018 by die HEV-kantore gehou, waartydens algemene inligting aan inwoners oorgedra is aangaande sake/dinge/goet-ers oor die omgewing waarin ons woon – wat van algemene belang is vir almal. Verskeie onderwerpe en idees is bespreek.

    Cor Viljoen was ook teenwoordig met sy slange en het ook waardevolle kennis met almal gedeel. Cor verlaat Klein-Kariba teen einde November en word opgevolg deur Rudi Janse van Vuuren en hy kan geskakel word by 082 337 9635. (Verlog op bl 4)

    3

    Wat het jou beweeg om van Bosveldsig na Negester te verhuis?

    Ek het in 2013 ’n ligte beroerte gehad wat my bietjie teruggesit het. Omdat Bosveldsig nie ’n sorgsentrum het nie, en ek by Japie Gouws, destyds van die ATKV, verneem het van Negester en omdat daar wel ’n versorgingsentrum is, het ek besluit om hierheen te verhuis. Ek was nog nie vir ’n oomblik spyt nie, alhoewel ons maar almal gehoop het dinge gaan bietjie vinniger gebeur, so ook met die versorgingsentrum.

    Hoe sien jy die toekoms van Negester?

    Ek sien ’n mooi toekoms vir Negester. Die mense wat hier woon het almal dieselfde belangstellings, is vriendelik, behulpsaam en ondersteun mekaar. Ons is almal tydgenote en almal hier is lief vir mekaar.

    Het die veranderinge wat in jou leeftyd hier in Suid- Afrika plaasgevind het jou enigsins geraak?

    Ek kan jou ’n lang antwoord gee maar kom ek maak dit kort. Ek kom uit ’n era toe daar nog met osse geploeg is. Ek is op die oomblik ’n anachronisme, ek is uit my tyd uit, want van die nuwe tegnologie soos rekenaars en selfone weet ek omtrent niks. Dit was die grootste verandering, om van ’n pastorale agtergrond na die hedendaagse moderne tegnologiese leefstyl die skuif te maak.

    Enige stokperdjies? Hoe kry jy jou dae om?

    Ek was al die jare baie lief vir die Bosveld en het graag gejag. As gevolg van my gesondheid moes ek dit egter laat vaar. Deesdae hou ek myself besig deur te lees, veral oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis en dinge wat daarmee verband hou. Ek skryf ook graag en het reeds ’n paar artikels vir die tydskrifte Weg en Jagter/Hunter geskryf. Ek lees ook graag op die internet. Omdat ek lief is vir die Bosveld en uit ’n akademiese agtergrond kom, is dit ook vir my lekker om die botaniese- en soölogiese name van die plante en diere te leer ken.

    Ten slotte, hoe kan jy jou ervaring en kennis aanwend vir Negester en sy inwoners?

    Ons sal maar moet sien vir die toekoms. Ek het ’n goeie kennis van die spel jukskei en sal graag daar wil help met afrigting, die dag wat ons wel gaan begin speel. Ek noem myself ook ’n leketaalpraktisyn, was vir ’n tydperk werksaam by Die Pos koerant as taalversorger en versorg ook van-tyd-tot-tyd individuele artikels vir

    publikasies. Ek sal ook graag behulpsaam wil wees met die taalversorging van die Sterrelig indien hulle van my dienste gebruik sou wou maak of enige ander publikasie rakende Negester.

    Net nog ’n laaste vragie. Hoe maak jy met die kos? Eet jy genoeg?

    Deur die jare en met die jagtery het ek geleer om vir myself te kook. Ek is heel handig agter die kospotte en kan baie goed vir myself sorg, geen probleem nie!

    Desember 2018/Januarie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 3

  • Omgewingsaktiwiteite (vervolg)ALGEMENE INLIGTING

    Wat is in die omgewing?

    Njalas kom hier voor, hoewel nie endemies nie. Njalabulle gaan uitgedun en vervang word om sodoende die genepoel te versterk. Inteling mag dalk reeds plaasgevind het. Hier is ondermeer ook rooibokke, klipspringers, grysduikers, ystervarke, vlakvarke, erdvarke en bosvarke.

    Slange soos mambas, luislange en spoegkobras, is deel van die omgewing en so ook ander reptiele soos verkleurmannetjies, koggelmanders, geitjies en likkewane. Verder is hier amfibieë soos skurwe- en grysboompaddas, voëls, insekte, skerpioene (soos Parabutus spp wat dodelik kan wees) en spinnekoppe soos bruin knopies. Wees op die uitkyk vir slordige spinnerakke, veral in hoekies soos onder plastiekstoele. Wyfies vertoon rooi of oranje uurglasie op die pensie en eiersakkies met stekeltjies is kenmerkend van die knopiespinnekop.

    Diere

    Die voer van bokke en ander diere is streng verbode. Dit sal daartoe bydra dat diere hul vrees vir mense verloor en gevaarlik raak. Ontsê ape en bobbejane toegang tot kosbronne bv. asblikke.

    Bobbejane sal nie sommer aanval nie, maar kan hulself “verdedig” as hulle vasgekeer raak soos enige dier sal maak. Ape verloor hulle vrees vir mense baie maklik en sal maklik byt.

    Rapporteer enige voorvalle so gou moontlik.

    Voëls

    Kontak Jan de Beer vir meer inligting aangaande die Bosveld Voëlklub.

    Huisbeveiliging teen “creepy crawlies & hairy scaries”

    Beperk bosse naby voordeure en oorweeg gaasdeure bv. Trellidor Clear View, digte en versterkte skuifdeure, diefwering bv. polycarb (www.sheerguard.co.za), gaas voor vensters, en blokkeer die spasies onder deure. Seël die dakke (kontak Jaco by Nylcon 082 572 8112) teen vlermuise, nagape en eekhorings.

    Gebruik van gif

    Racumin, vir knaagdiere is omgewingsvriendelik en beskikbaar by supermarkte en koöperasies. Stel dit slegs binnenshuis. Hieronder is ’n voorbeeld van ’n tuisgemaakte gifstasie uit ’n roomysbak.

    4

    Parabutus spp

    Jy benodig ’n roomysbak, klein bakkie om gif in te plaas en ’n baksteen.

    Opgestel met gif binne in die bak. Die baksteen verseker dat huisdiere dit nie omkeer nie.

    Desember 2018/Januarie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 3

  • Omgewingsaktiwiteite (vervolg)Plante – Inheems en Uitheems

    Die plant van uitheemse plante is verbode. Queen- of-the-night, Lantana, Sesbania, Jakaranda, is ver- klaarde onkruid. Alle kaktusplante is uitheems. Vir meer inligting in die verband skakel asb. met Johan Heydenrych. Daar sal binnekort begin word met ’n projek om bome op die wandelroetes te merk. Meer inligting sal later volg. ’n Voorstel sal ook binnekort aan die HEV voorgehou word om ’n laning bome langs die toegangpad te plant vanaf die woonwa-afdakke tot by die hoo�ek.

    Terrein

    Enige insette i.v.m. ons terrein is welkom en skakel asb. met Flip Snyders in die verband – sou daar bv. lekkende waterpype wees en die water oor naweke opraak. Omgewingsaktiwiteite beplan ook om gassprekers uit te nooi om praatjies van verskeie onderwerpe, verwant aan die omgewing, aan te bied. Enige voorstelle is welkom, gee dit asb deur na Arrie Schreiber by e-pos [email protected] of per selfoon by 0828056163.

    5

    NuusbriefplasingsOns doen ’n beroep op al die organiseerders van die verskillende belangegroepe, om ons op hoogte te hou van die aktiwiteite (sodat dit geplaas kan word in die nuusbrief en kalender), asook berigte en foto’s oor aktiwiteite wat plaasgevind het. E-pos dit aan [email protected]. Bydraes moet asb. voor of op die 20ste van die maand ge-epos word vir die volgende maand se plasing.

    Die nuut gestigte Veiligheid- en Sekuriteitskomitee het op 9 November 2018 met lede van die Negester-direksie en HEV vergader om werksaamhede te bespreek.

    Die opgradering van die heining is uitgeklaar en vordering is bespreek. Ongeëlektrifiseerde gedeeltes van die heining en die hoofingang sal eerste aandag geniet.

    ’n Ooreenkoms is bereik met betrekking tot die wild op die landgoed en soos u hopelik reeds gemerk het, is daar al begin met die vang van die njalas. Dit sal plaasvind oor ’n tydperk, ooreenkomstig ’n uit- ruilooreenkoms.

    Daar word ondersoek ingestel om by die plaaslike Buurtwag in te skakel, wat met ’n aantal voordele gepaard sal gaan: Eerstens hou dit ’n groot voordeel in, in die geval van ’n brand, aangesien ’n aansienlike aantal persone op kort kennisgewing gemobiliseer kan word vir bystand. Tweedens is daar ’n aantal persone met goeie kennis en vaardighede wanneer dit by misdaadsaangeleenthede kom. Die koste-implikasie en samewerkingsooreenkoms word tans ondersoek. Die volgende aangeleenthede word dringend ondersoek en direktiewe in dié verband sal opgestel word:

    Brandplan, hantering van huis- en tuinhulpe, hantering

    van inwoners wat die landgoed binnekom en verlaat, veral wanneer daar meer as een persoon in die voertuig is (slegs voertuigbestuurder se vingerafdruk/kaart word geverifieer);

    Die komitee versoek dat veiligheids- en/of sekuriteits- aangeleenthede dadelik en op ’n deurlopende basis onder hul aandag gebring of met hulle bespreek word.

    Kontakpersone:

    Ben 071 203 1414

    Neville 073 711 6989

    Lood 078 226 1239

    Elke Negester-inwoner se veiligheid is vir ons belangrik en ons maak op elkeen se samewerking staat om ons te help om u veilig te hou.

    Veiligheid en Sekuriteit

    Desember 2018/Januarie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 3

  • 6

    TaalgoedjiesIemand het die gedagte geopper dat ons dalk in Sterrelig ’n taalrubriek kan insluit, veral omdat ons met die ATKV geassosieer word. Ek het Oom Henk gevra om iets vir die wegspring op te stel. Lewer asseblief kommentaar of stuur vrae oor enige aspekte van taal (Afrikaans en Engels) vir die volgende Sterrelig.

    Engels is ’n taal met ’n baie lang ontwikkelings- geskiedenis en het reeds grootliks gestabiliseer. Afrikaans, daarenteen, is ’n baie jong taal (die jongste moderne taal!) wat hier in Suid-Afrika ontwikkel het uit hoofsaaklik Nederlands en ook plaaslike invloede. Jong tale groei en nuwe uitdrukkings en woorde word by die taalskat gevoeg. So verander ook die skryf- en spelreëls met die loop van tyd. Die taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gee gereeld ’n Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) uit wat riglyne vir die Afrikaanse skrywers gee.

    Vir ’n wegspring: Daar is (nog nie) in Afrikaans ’n woord soos “huidiglik” nie. Dus liewers, tans, nou of deesdae. Ons bespreek ook nie die aspekte “rondom” ’n saak nie, maar in verband met ’n saak. – Henk Kruger

    SirkeltuineOns wil graag inwoners uitnooi om deel te wees van die verskeie taakgroepe wat na die sirkeltuine gaan omsien. Die inwoners gaan dus self die tuine ontwikkeling en instandhou. Indien julle belangstel om deel van ’n taakgroep te wees en meer wil weet, kontak asseblief een van die koördineerders naaste aan julle:

    • Boulevard / Hardekoolsirkel – Jan de Beer (Erf 3)

    • Boulevard / Njalasirkel – Kobus de Kock (Erf 171)

    • Kapelheksirkel – Coenie Louw (Erf 177)

    • Janfrederiksirkel – Stephanie de Haas (Erf 199)

    Noodhulp-opleidingOp Woensdag, 14 November 2018, het Negester- inwoners deelgeneem aan ’n Noodhulpinligtingsessie, aangebied deur Medwell.

    Die volgende punte is behandel:

    1. Veiligheid in die huis

    Ongelukke in die huis kom gereeld voor. Dit is noodsaaklik om uself toe te rus om die nodige noodhulp te kan toepas indien ’n ongeluk plaasvind.

    2. Behandeling van bloeding

    3. Hartmassering en mond-tot-mond-asemhaling

    Onthou: Baie beserings is nie lewensgevaarlik nie en het nie dringende mediese sorg nodig nie. Dit is wel belangrik om ’n noodhulpkissie in u huis te hou met die basiese items, bv., weggooibare handskoene, ver- bande, watte, skêr, antiseptiese seep, antiseptiese salf, paraffiengaas vir brandwonde, koorspen, yspak, pleisters, ens.

    Hou te alle tye noodnommers byderhand.

    Inwoners wat die noodhulpsessie bygewoon het, het dit baie leersaam gevind en sal enigiemand aanbeveel om so ’n sessie by te woon. Elke kursusbywoner ontvang ook ’n sertifikaat van Medwell in noodhulp en basiese lewensondersteuning. ’n Opvolgsessie wordbeplan gedurende Januarie 2019.

    You can store up to 3 numbers in your phone’s one-touch memory for quick and easy dialing.

    In the on-hook state, press the OUT button and enter the desired number from the keypad. Press the SET button. The display shows STORE IN. Press the desired memory location (M1, M2 or M3). The number will then automatically be stored.

    NOTE: To update the number stored in the one-touch memory, repeat above steps. Please store the following three numbers:

    M1 – SECURITY 014 736 2645

    M2 – CARE CENTRE 014 736 2770

    M3 – OFFICE 014 736 2821

    Storing a number in the one-touch-memory of your internal phone

    Desember 2018/Januarie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 3

  • 7

    Daar is ’n slang in die grasVrydag oggend 05h15 word ons wakker van ’n groot lawaai deur die voëls in ons tuin. By nadere ondersoek kry ek ’n luislang wat besig is met sy ontbyt op ons grasperk, 'n tortelduif! Ons skakel toe vir Rudi, die slangvanger, en binne 20 minute is die slang gevang en amper is Rudi ook ontbyt.– Tino en Annette

    Daar is Rudi toe ook amper “ontbyt”.

    SportaktiwiteiteWateroefeninge (Tino Erasmus – 082 921 3602)

    Ons oefen om 14h00 in ons eie swembad op Negester. Kontak Tino vir meer inligting.

    Fietsry (Marius Blom – 081 470 4423)

    Almal wat saam wil oefen, kom by Marius se huis (222) om 06h45 bymekaar.

    Tennis (Hannes Adendorff – 082 295 4285)

    Kontak vir Hannes om saam met iemand te speel. Die oefenmuur sal ook nou gebou word.

    Jukskei (Flip Snyders – 082 800 1875)

    Die bouwerk aan die bane het begin. Kontak vir Flip om meer oor die spel se rëels asook alles oor die skeie uit te vind.

    Gholf (Coenie Louw – 082 854 7190)

    Seniorspelers kan Dinsdae en Donderdae van 07h00 vir 07h30 by Koro Creek speel. Indien daar genoeg belangstelling van Negester af is, sal spesiale lidmaatskap en speelgelde beding kan word.

    Rolbal (Herklaas Viljoen – 082 889 0947)

    Kontak vir Herklaas oor speeltye en reëlings. Daar is ook opleiding wat aangebied word vir beginners.

    Visvang (Rassie Erasmus – 084 512 5951)

    Rassie sê die kurpers byt lekker by Klein-Kariba- dam. Kontak hom om saam vis te gaan vang.

    Saamstap

    Daar word weer ’n saamstap beplan deur die Sportkomitee vir Saterdag, 8 Desember 2018. Ons koppel die stap aan ’n liefdadigheidsprojek waar al die inwoners van Negester wat saam stap, as inskrywingsgeld, ’n blikkie kos skenk om aan ’n welsynsorganisasie in ons omgewing te skenk, as deel van ons Kersfeesbydrae. Verdere reëlings sal deurgegee word.

    Desember 2018/Januarie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 3

  • Desember 2018/Januarie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 3 8

    Tino Erasmus

    SPORT• Fietsry• Tennis• Rolbal• Gholf

    • Wateroefening• Jukskei• Hengel

    SOSIAAL• Lyndans• Kampeerklub• Funksies• Biblioteek

    • Saamsing• Speletjies• Handwerk

    OMGEWING

    Arrie Schreiber

    • Diere• Plante• Voëls

    • Terrein• Este�ka & E�ek

    ONDERSTEUNING

    Annetjie Meets

    • Lief & Leed• Berading• Geestelike ondersteuning

    KOMMUNIKASIE

    Henk Hoogenboezem

    • ePos• Nuusbriewe• Wha�sapp• Webblad

    VEILIGHEID & SEKURITEIT• Nood• Misdaadvoorkoming• Sekuriteit• Brandbestryding• Heinings & Hekke

    Ben Meyer / Neville Hoare

    FINANSIES• Begro�ng• Bedryfskostes• Finansiële state• Befondsing

    Verteenwoordiger

    ONTWIKKELING• Lewensvatbaarheidstudies• Projekplanne• Ondersoeke• Tegnologie• Risikobestuur

    Verteenwoordigers

    HEV KANTOOR

    • Lood Grobler –Landgoedbestuurder• Administrasie• Tegnies

    Derek Grobler

    • Nood• Misdaad• Wagte• Brand• Heinings & Hekke

    • Watertoevoer• Waterlekke• Elektrisiteit• Ongewenste gedrag• Navrae

    DIREKSIEMST EIENAARS• Ko�e Kruger• Schalk Cilliers• Madrienne Heymans

    • Frikkie Lloyd (Voorsi�er)• Roelf Venter• Angus Hughes

    Majes�c Silver

    Klein-kariba

    ATKV

    BEDRYF

    Diens-verskaffers

    BorgeREGSAANGELEENTHEDE

    • Wetgewing• Kontrakte• Onderhandelings• Regsadvisering

    Verteenwoordiger

    Verskaffers

    Instansies

    GESONDHEIDSDIENS• Sentrum• Dienste• Ooreenkomste• Prestasieme�ng

    Annatjie Moore

    Negester – Kanale van Kommunikasie

    INWONERS

  • Desember 2018/Januarie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 3 9

    SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

    DESEMBER 20181

    6 7 832 4 5

    13 14 15109 11 12

    20 21 221716 18 19

    27 28 292423

    3130

    25 26

    14h00 – Swem15h30 – Lyndans

    14h00 – Biblioteek14h00 – Swem 14h00 – Swem

    14h00 – Biblioteek14h00 – Swem15h30 – Lyndans

    14h00 – Swem15h30 – Lyndans

    14h00 – Biblioteek14h00 – Swem 14h00 – Swem

    14h00 – Biblioteek14h00 – Swem15h30 – Lyndans

    14h00 – Swem14h00 – Biblioteek14h00 – Swem 14h00 – Swem

    14h00 – Swem

    14h00 – Swem 14h00 – Swem

    14h00 – Biblioteek14h00 – Swem

    NoodnommersCor Viljoen 081 438 5040Hoo�ek 072 213 2225Sekuriteit 060 751 8490

    Ambulans 086 0112 911Medwell 072 312 3499

    Vakansiedag

    Hansie BoshoffSel: 082 419 4642E-pos: [email protected]

    Carin BoshoffSel: 071 612 9129E-pos: [email protected]

    KantoorSel: 076 791 3083E-pos: [email protected]