streekbestuur 2012 2013 inhoud - sawa · ek wens al die kinders en studente sterkte toe met hulle...
TRANSCRIPT
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
1
INHOUD
01 Wesrand bestuur 2012/2013
02 ‘n Skatkis vir Kerstyd
03-04 Ons voorsitter aan die woord
05 Redaksioneel
06-07 Terugvoer – Bestuursvergaderings
08 Kampnuus: AJV Klein Paradys
25/26 Augustus 2012
09-10 Toekennings AJV 25 Augustus 2012
11-13 Blitstoer – Kongres terugvoer
14 Kampnuus: Krugersdorp Wildtuin
28/29 September 2012
15 Kampnuus: Dube
20/21 Oktober 2012
16 ‘n Laggie virrie Daggie
17 Kampdatums – 2013
18 Lief & Leed / Wesrand verjaarsdae
19 Vir ons jongspan
Proefleser: Willie Steyn
Foto’s: Winnie Soekoe; Tammy Soekoe
STREEKBESTUUR 2012 – 2013
Voorsitter: Willie Steyn, 0828234013,[email protected]
Ondervoorsitter: Anton Geldenhuys, 0732298601,[email protected]
Sekretaresse: Naomi Groenewald, 0767542842,[email protected]
Penningmeester: Martie Steyn, 0720220573, [email protected]
Redaktrise: Winnie Soekoe, 0836426327, [email protected]
Snr Burger verteenwoordiger: Andre de Koker, 0828542626, [email protected]
Plaatjiekoördineerder: Lyonel Soekoe, 0828884152, [email protected]
Addisionele lid: Elaine de Koker, 0833675013
Kontak asb. enige van die bestuurslede met nuusbrokkies of navrae
Redaktrise
Sekretaresse
Penningmeester Plaatjiekoördineerder Addisionele lid Snr Burger
Verteenwoordiger
Ondervoorsitter Voorsitter
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
2
Kerstyd is ‘n skatkis vol diep rykdom wat ontgin kan word. Die wonderlike boodskap van Jesus se koms na hierdie wêreld, sluit vir ons die deksel van
die skatkis oop. Binne-in word ons verras met geskenke van vrede, vergifnis, vryheid, hoop, nuwe lewe en innige verhoudings.
Elkeen vier Kerstyd op hulle eie manier met hulle eie tradisies, maar as ons doelbewus beplan kan dit ons help om oop te wees om wat God aan ons wil gee te ontvang.
Hier is ‘n paar wenke om voor te berei vir kerstyd:
1] Maak tyd om goed te rus. Beplan geleenthede om weer innerlik verfris te word soos wat jy jouself ken:
in die natuur, musiek, by jou geliefdes, poësie, koskuns, filmkuns of stilte.
2] Besluit om in Kerstyd te gee! Gaan deur jou huis en kies ‘n paar dinge wat jy kan weggee. Laat jou kinders ook deur hulle kaste gaan en iets kies om weg te gee.
3] Bou aan die verwagting en atmosfeer van Kerstyd deur ‘n Kersfees toneel uitstalling, kerse, liggies en versierings op te sit.
4] Hoe lyk jou musiekskat vir Kerstyd? Net Boney M? Gaan loop bietjie deur die musiekwinkel en verryk jou musiekskat.
5] Doen moeite met mense wat God aan jou toevertrou het: kuier, vier, lag en huil saam.
6] Probeer om die tradisies van Kerstyd met nuwe betekenis te vul en leer jou kinders om dieper betekenis daarin te sien. Die liggies as teken van die Lig, die boom as Boom van die Lewe en geskenke as teken van God se hart wat gee!
Groete Winnie
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
3
Dagsê Wesranders,
Dit is my eerste verslag na my verkiesing as Voorsitter en wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om die lede te bedank vir die vertroue in my
gestel om weer die leisels oor te neem.
Wesrand se afgelope twee saamtrekke was baie goed bygewoon en al die lede en besoekers het aktief deelgeneem aan die program wat deur die
Kampkommandante saamgestel was. Daar is gesorg vir groot vermaak vir oud en jonk en almal het goed ingeskakel en die nuwe lede en besoekers
het sodoende almal beter leer ken.
Ons nuwe lede voel al so tuis, hulle kan nie wag vir die volgende kamp nie, want hulle geniet dit om deel te wees van so ‘n organisasie.
Ons November kamp is die Kerskamp vir die kinders en so ook ons laaste saamtrek vir die jaar. Hierdie kamp is altyd baie belangrik vir ons kinders,
want dit is hulle bederf-naweek wat deur die bestuur, ouers en grootouers georganiseer word en hulle geniet al die bederf en geskenke.
Die van julle wat met vakansie gaan oor die feesgety moet dit baie geniet saam met julle gesinne, familie en vriende, asook kwaliteit tyd saam met
almal spandeer, ry veilig en kom veilig terug.
Ek wens al die kinders en studente sterkte toe met hulle eksamens, mag julle die vrugte pluk vir al julle harde werk die afgelope jaar.
Ek en Martie wens julle en julle families ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe jaar toe, mag 2013 vir julle ‘n baie goeie en wonderlike jaar
wees.
Ek sien julle by ons volgende kamp die 25/26/27 Januarie 2013 by Amigos, wat ‘n Gebiedskamp is.
Vervolg op vlg bl……….
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
4
Kampe vir 2013
25/26/27 Januarie - Amigos(Gebiedskamp)
22/23/24 Februarie – Malonjeni
29 Maart tot 1 April – Presidente by Klipdraai
26/27/28 April – Dube
24/25/26 Mei – Bosveld Oase
28/29/30 Junie – Country Park
23/24/25 Augustus – AJV Klein Paradys
27/28/29 September – Harbeeshoek
25/26/27 Oktober – Kurgersdorp Wildtuin
22/23/24 November – Eastco(Magalies)
Vriendelike groete
Willie
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
5
‘n Groot dankie aan almal wat die Algemene Jaarvergadering bygewoon het in Augustus 2012 by Klein Paradys. Dit was weereens ‘n baie lekker
naweek vol pret en glimlagte. Geluk ook aan die nuwe bestuur vir 2012-2013. Ons weet dat ons in goeie hande is.
Ons volgende kamp word gehou die naweek van 16/17 November 2012 te Koppiesol. Dit is dan ook ons Kerskamp en die laaste kamp vir die
kalenderjaar 2012. Ek hoop om die meerderheid van julle wel by die kamp te sien.
Indien ons julle nie sien by die Kerskamp nie, wil ek net vir julle ‘n baie Geseënde Kersfees en ‘n Nuwe jaar vol voorspoed en vreugde toewens. Dit
sal regtig lekker wees om meer van julle te sien by die kampe in die nuwe jaar.
Die eerste kamp vir 2013 is ‘n Gebiedskamp wat plaasvind die naweek van 26/27 Januarie by Amigo’s.
Groete Winnie
Moet nooit ……. Opkrop as jy iets op die hart het nie Stilbly as jy 'n opinie het nie …….Moed opgee as jy sukkel nie Kwaad word as jy teleurgestel word nie …..Ophou wanneer jy verloor het nie Ongeduldig raak as jy nie jou sin kry nie …..Bly lê as jy geval het nie Persoonlik raak as jy in die rug gesteek word nie …..Sinies raak as liefde nie uitwerk nie Oordeel as jy iemand nie ken nie …..Verwyt as iemand 'n fout begaan nie Haat as iemand jou seermaak nie …..Ophou glo as jou vertroue geskend word nie Bang wees as jy alleen is nie …..Twyfel in jouself nie WANT.......Jy is baie spesiaal en elke liewe ding wat met jou gebeur en elke liewe mens wat oor jou pad kom, is vooraf vir jou beplan om jou sterker, wyser en slimmer te maak en jou diepte en karakter te gee. Geniet jou lewensreis........ Onthou..... Hoop maak die reis moontlik, Geloof maak dit makliker en liefde maak dit onvergeetlik mooi.
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
6
Sedert die vorige nuusbrief aan die einde Julie 2012, was daar 3 bestuursvergaderings gehou vir die tydperk Aug 2012 tot Okt 2012. Wesrand se nuwe banier het vir die eerste keer reeds gepronk by die Krugersdorp Wildtuin-kamp, wat gehou was 28/29 September 2012. Baie dankie hiervoor Lyonel. Die foto hier onder is geneem by die Dube kamp gehou 20/21 Oktober 2012. Die jaarprogram vir 2012/2013 is bespreek en gefinaliseer by die vergadering gehou op 15 Augustus 2012. Tydens hierdie vergadering het André De Koker die bestuur gekomplimenteer vir hul samewerking en samehorigheid op vergaderings die afgelope jaar. Algemene Jaarvergadering gehou 25/26 Augustus 2012 by Klein Paradys – die volgende persone is gekies as Wesrand se bestuur vir die 2012/2013 kampjaar nl. Voorsitter – Willie Steyn; Ondervoorsitter – Anton Geldenhuys; Sekretaresse – Naomi Groenewald; Penningmeester – Martie Steyn; Plaatjiekoördineerder – Lyonel Soekoe; Snr Burger Verteenwoordiger – Andre De Koker; Redraktrise – Winnie Soekoe en Addisionele lid – Elaine De Koker.
Die AJV’s van die verskillende streke het goed afgeloop. Die verjaarsdagete die Saterdagaand was heerlik gewees, verder was die res van die naweek heel rustig. Daar is 2 aansoeke vir lidmaatskap ontvang vanaf Schalk en Engela Henning en gesin, en Herman en Christa Smit en gesin. Beide die twee aansoeke is goedgekeur tydens die vergadering wat gehou was op 17 September 2012. Baie welkom by Wesrand. Ons sien uit daarna om ‘n pad saam met julle te stap. Julle is sommer klaar deel van ons. SAWA Kongres in September 2012 – Die tema van die Kongres was “SAWA by die see”. Dit was SAWA se 36ste Kongres wat gehou was. Die streke in die gebiede Kaap-Middellande en Goeie Hoop was gesamentlik verantwoordelik vir die reëlings van die kongres en het ook as kampkommandante opgetree. Willie Steyn en Naomi Groenewald het namens Wesrand die Kongres te Hartenbos bygewoon. Nog Wesranders wat die Kongres kon bywoon, was Andre en Elaine De Koker; Martie Steyn en Wayne en Tammy Soekoe. Tammy Soekoe het die foto-van-die-jaar trofee ontvang en ons as Wesranders is baie trots op haar. Krugersdorp Wildtuin – 28/29 September 2012 - Die kampkommandante, Jóniel Steyn en Herman Smit, met behulp van Sanet Steyn en Christa Smit, het hul goed gekwyt van hul taak. Dit was ‘n onvergeetlike naweek vol pret en plesier. Die deelname van die kinders tydens Sondag se erediens het menigte van ons na aan die hart gelê.
Vervolg op vlg. Bladsy .....
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
7
Terugvoer – Bestuursvergaderings ....... vervolg Tammy Soekoe wen SAWA se foto-van-die-jaar kompetisie:
Daar is een aansoek vir lidmaatskap ontvang vanaf Fanie en Gerda van Greuning en gesin. Die aansoek is goedgekeur deur die bestuur tydens die vergadering wat gehou was op 9 Oktober 2012. Baie welkom by ons julle. Dube – 20/21 Oktober 2012 – Dit was weereens ‘n onvergeetlike naweek wat ons gehad het. Sarie Geldenhuys het as kampkommandant opgetree en gesorg dat die Wesranders baie pret en plesier gehad het tydens die naweek. NUB – Die volgende beplande vergadering vind plaas in November 2012. Terugvoer vanaf NUB is: Gebied Stellaland is ontbind en die streke val nou onder Gebied Goue Weste. Streek Noordwes is ontbind. Gebied Oranje Goud is ook ontbind en die streke val nou onder Gebied Vaaldriehoek. Julle is welkom om enige van die Bestuurlede te kontak indien daar enige onduidelikhede of vrae is rakende die Wesrand streek.
Winnie Soekoe
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
8
Wat ‘n lekker naweek. Ek is vroeg by die huis weg om te gaan opslaan Vrydagoggend, by Klein Paradys, dan weer huistoe sodat ek vir ma en kinders kan kry. Dit
was baie lekker warm, die kwik het by 30 grade gedraai. Die oord het vinnig vol geword met SAWA lede. Ja, dit was ook Willie en Martie Steyn en Sarie en Anton
Geldenhuys se eerste staan met hulle nuwe Jugens woonwaens, baie geluk julle! Ek sien dat Jugens goed verteenwoordig word by SAWA Wesrand! Ons kon as
gebied nie bymekaar staan nie, met die gevolg dat almal nie bymekaar kon uitkom nie, maar dit was baie lekker om weer Oom Pierre Eksteen se seuns en ander
lede wat nie altyd elke saamtrek kan bywoon nie, te sien. Hierdie naweek was ‘n baie belangrike een vir SAWA want Roodekruin, Goudrif en Wesrand het saam
gekamp en sommer ook hulle aparte AJV’s op Saterdag gehou.
Saterdag was ‘n baie lekker warm dag, arme Sarie en Fransois het op en af gery om al die AJV’s by te woon aangesien Franscois by Sarie oorneem as
Gebiedsvoorsitter! Wesrand se vergadering het goed en vinnig verloop. Baie geluk aan Wesrand se nuwe bestuur, mag julle hierdie jaar weer ‘n verskil maak aan
die Wesrand. Die kinders het geswem en die mense het gekuier en so net voor die son sak het almal reggemaak vir die groot makietie, want Roodekruin het 15
Jaar oud geword. Man was dit nou vir jou ‘n affêre……Daar was kos vir Afrika en lekker ook, een ‘speech’ op die ander en toe breek die tyd aan om te dans, die
mense het lekker uitgehaal en gewys wat gedoen kan word, tot Andre De Koker met sy rugstut en al, het vir die mense ‘n paar danspassies gewys.
En dan was daar “Meneer Hoes Dokter”. Ek het hom van Vrydag af ge-“ Werner- Werner”, totdat hy vir my gesê het, dis nie Werner nie, dis HERMAN! Hy was ‘n
gas van Jóniel Steyn wat saam met ons kom kamp het. Kyk hy is soos die suid-oosterwind, hy maak enige hoes reg met sy hoes medisyne (straf dop) en so het ons
almal en Sarie ook deur hom ‘n konsultasie gekry (dankie Herman - nou is Wesrand hoes-vry).
Man, ek kan nou nie lekker onthou wanneer ons bederf was met die groot ontbyt nie, was dit Saterdag of Sondag, maar ek kan vir julle sê, julle kan maar vir
Jóniel, sy braaipan en Herman (dis nou my Werner) enige tyd inspan vir n koningsontbyt, ek moet bysê dat daar ‘n paar vroue ook gehelp het en elkeen het maar
sy ontbyt bymekaargesit.
Sondagoggend het ‘n jong man (dominee) ons amal onder oë gekry en het hy ‘n treffende boodskap gebring. Na die diens was dit soos normal, elke streek se eie
afsluiting en so het Wesrand ook afgesluit , kan jy glo net daar en dan kry Wesrand toe aansoek om lidmaatskap van die uwe MNR Dokter Herman!
Daar was nog geswem, gebraai en nog gekuier net voor ons toe daar weg is huistoe laat middag!
Juan Venter
AJV Klein Paradys – 25/26 Aug 2012
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
9
90% BYWONING – LEON EN KOBIE V/D ZWAN JOLLIES TROFEE: RENTIA COBBLEDICK MOER TROFEE – JÓNIEL STEYN
[Oorhandig aan Rentia by Kdp Wildtuin
Kamp 28/29 Sept 2012]
100% BYWONING VERDIENSTE TOEKENNING MERIETE TOEKENNING
Van links na regs: Van links na regs: Van links na regs:
Wayne en Tammy Soekoe; Winnie en Lyonel Soekoe; Wayne en Tammy Soekoe;
Lyonel en Winnie Soekoe; Elaine en André De Koker; Lyonel en Winnie Soekoe;
Francois [heel regs] en Naomi Groenewald; Francois en Naomi Groenewald; en Naomi en Francois Groenewald;
André en Elaine De Koker; en Willie en Martie Steyn. Martie en Willie Steyn. André en Elaine De Koker; en
Willie en Martie Steyn
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
10
WESRANDER VAN D IE JAAR – MARTIE STEYN STREEK MERIETE – WINNIE SOEKOE STREEK MERIETE – TAMMY SOEKOE
WESRAND SE NUWE BESTUUR VIR 2012/2013
Van links na regs:
Willie Steyn – Voorsitter; Anton Geldenhuys – Ondervoorsitter; Naomi Groenewald – Sekretaresse; Winnie Soekoe – Redaktrise;
Martie Steyn – Penningmeester; Elaine De Koker – Addisionele lid; Lyonel Soekoe – Plaatjiekoördineerder;
André De Koker – Snr Burger Verteenwoordigier.
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
11
Blitstoer en Kongres 2012 - Na maande se beplanning en uitsien na die toer en Kongres, breek die dag uiteindelik aan. Wayne en Tammy, en ek en Naomi, vertrek
baie opgewonde, op Woensdagoggend 19 September na Aldam. Daar sou ons die res van die toergroep ontmoet.
Met boekevat die aand, stel elke gesin hom aan die res voor, en kom ek agter, dat behalwe vir een gesin, ek die meeste ‘ondervinding’ het wat aantal toere
aanbetref. Dis seker my 12e toer, en vir my en Naomi is hierdie ons 6e toer saam. Sommer gou is ons almal vriende, en kuier ons lekker saam om die braaivleisvure.
Vroeg die volgende oggend is ons op, en maak reg om te vertrek. Ons kom gou bymekaar vir ‘n gebed. Daar kry ons die baie slegte nuus dat Oom Fanie Jordaan
(Nas. Penningmeester) oorlede is. As oud Wesrander, en later Roodekruiner, was hy nogal naby aan my, en was dit baie hartseer om te verneem.
So vertrek ons na Graaff-Reinet, waar ons die aand sou oorslaap. Hoewel dit ‘n “Blitstoer” is, ry ons rustig. Sommer gou kom ons die eerste padwerke tee. Ons
moet stop vir ‘n klompie minute, maar dit breek nie ons ‘spoed’ nie. Uiteindelik het ons by 10 stoppe opgehou tel. Die volgende oggend vertrek ons na Hartenbos.
Ons ry deur ‘n baie mooi area, wat ons maar min sien. So sien ons hoe lyk ‘canola’ in die landerye. Almal raak meer opgewonde soos ons Hartenbos en die see
nader. Ons eindbestemming raak nou binne bereik, maar eers stop ons gou in die Outeniqua pas om die natuurskoon te bewonder en sommer net om bene te
rek.
Met ons aankoms is elkeen sy koeverte in die hand gestop, en sommer gou kon ons begin nesskrop. Laatmiddag is dit ‘n groetery van ‘n ander aard met boekevat.
Mense wat jy baie lanklaas gesien het , wil net gesels. Maar ons moet gou maak, want ons gaan by ‘De Vette Mossel’ eet. Dis ‘n restaurant op die strand, en
hoewel die weer maar goor is, kan ons nie wag om die seekosse te eet nie. Daar aangekom, moet ons eers mossels eet, en die skulpe gaan dan as jou eetgerei dien
vir die res van die aand.
Die uwe het ook heeltemal te veel ‘snoek en patats’ gehad. Daar was nie plek vir enige iets anders nie.
Die volgende oggend vind die Kongres plaas. Nico Spaumer (Sawa President) vra in sy openingsrede dat besture hul bestuursvernuf moet gebruik om die
voortbestaan van Sawa te verseker. Ons is mos trots op ons organisasie wat steeds ‘n sterk waardestelsel het. Jurie Dreyer (Nas. Voorsitter) vra in sy verslag aan die
kongres dat besture nuwe lede blootstelling sal gee aan die breër Sawa, sodat hulle ook kan besef dat Sawa nie net uit ‘n klein groepie mense bestaan nie. ‘n
Verhoging van R30 in ledegeld per jaar, word deur die Kongres goedgekeur.
Vervolg op vlg bl……
SAWA Kongres – 22 September 2012
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
12
Vervolg vanaf vorige bl……..
Die aand tydens die dinee, word daar weereens baie lekker gekuier. Ons eie Tammy word aangewys as die wenner van die ‘Foto van die Jaar’ kompetisie.
Weereens baie geluk Tammy, die streek is baie trots op jou.
Teen Maandagoggend begin die toere, en ander lede, een-een vertrek, maar ons 2 gesinne bly agter vir nog 2 dae. Die res van die dag gaan kuier ons klomp op
Riversdal by my Broer en sy gesin. Dinsdagoggend word ons wakker met die son wat heerlik skyn. Die eerste dag sedert ons aankoms by die see. Net daar word
besluit dat ons die kinders strand toe gaan neem. Mens kan darem nie by die see wees, en nie jou voete vol sand maak nie. Die kinders geniet hul gate uit, terwyl
Naomi en Tammy die see aandurf. Wayne kry te koud en is sommer gou weer terug op sy handdoek. Die uwe hou maar die klompie dop vanaf sy handdoek.
So breek Woensdag aan, en na so klein oponthoud, vertrek ons uiteindelik die middag laat op ons pad terug. Baie laat die aand bereik ons Kambro, waar ons sou
oorslaap. Die volgende dag maak ons ‘n draai by Orania en ook by die groot gat op Kimberley. Die wind waai verskriklik, maar tog bereik ons Klersdorp laat die
aand. Hier moet ons staanmaak in die donker, want die krag is af.
Die volgende oggend ry ons via Potchefstroom om vir Marike op te laai. Ons besluit om sommer die waens direk na Krugersdorp Wildtuin te neem vir die naweek
se saamtrek, voor ons darem ‘n draai by ons huise kon maak.
So het ‘n baie aangename toer en Kongresnaweek tot ‘n einde gekom. Ons bedank vir Wayne en Tammy vir die lekker saam kuier en al die lag gedurende die kort
vakansie.
Francois en Naomi.
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
13
(Die fotos is deur Tammy en Naomi verskaf. Dankie julle.)
AMPER BY ONS EERSTE BESTEMMING ONS VERTREK VANAF ALDAM DIE TOER KRONKEL DEUR DIE VALLEI
EN SO NADER AAN HARTENBOS MARTIE MET HAAR VURK IN HAAR HAND KLEIN JASON KON NET NIE GENOEG VAN
DIE MOSSELS KRY NIE
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
14
Krugersdorp Wildtuin – 28/29 September 2012
Dié was ons eerste kamp by Krugersdorp Wildtuin vandat ons lede van SAWA in 2010 geword het, en dit was so lekker, ons sien uit daarna om weer
hier te kom kamp.
Ons kampkommandante, Herman en Jóniel was sommer al van vroeg af op die werf en het gesorg dat almal wat daar aankom ‘n behoorlike plekkie
het om op te slaan. Hulle was uitstekend die hele naweek deur met ‘n baie lekker program wat vir baie opwinding die naweek gesorg het. Hulle’t
selfs ‘n kragopwekker gereël toe die krag, agv die weer, op die koffie was – stunning julle twee, “job well done”!!!
Die wind was nou wel sterk, en so hier en daar het ‘n paar tentpale gewaai, die weer was koud, maar op die einde van die dag is daar niks wat ons
sou weghou om die naweek as sawanante saam te kuier nie.
Ons kleinspan het vir ‘n opwindende oggenddiens Sondagoggend gesorg – trane in Ma’s se oë en knoppe in Pa’s se kele – of was dit nou eintlik
anders om.
Dit was regtig ‘n baie lekker naweek, met baie lekker “memories”! Dankie aan almal wat saam ons gekamp het.
Lyonel Soekoe
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
15
Sjoe ... waar begin mens vertel van weereens ’n wonderlike naweek saam met SAWA – WESRAND?!
Soos altyd tref die hartlikheid, vriendelikheid, hulvaardigheid en regtig omgee van die lede ons al met die aankoms. Ons word nader gewuif met ’n glimlag, plekke
word aangewys en vinning, vinnig help almal met die opslaan! “Welcome-drinks” word aangedra en natuurlik maak dit die opslaan soveel makliker!
Geluk aan Jóniel en Sanet met pragtige nuwe wiele om hul Wa mee te sleep! Ons wens jul baie veilige kilometers toe!
Vrydagaand na boekevat koop ons heerlike boereworsrolle en daarna kuier almal so van wa na wa tot laaaaaaaat nag!
Saterdag was ‘n daggie vol pret en plesier. Daar is aan klein glasies soet “vuurwater” geproe teen slegs R1-00 ’n ‘shot’! Die tafels het gekreun onder kaas,
beskuitjies en ander lekkernye om die innerlike te versterk en te keer dat die vuurwater nie te veel skade doen nie! Nie almal het skotvry daarvan af gekom nie ....
maar ek sal nie meer hieroor uitbrei nie!
Die potjiekos kompetisie het ook gesorg vir opwinding en daar was behoorlik geskarrel om als reg te kry daarvoor! Vars (lewendige) voorraad is aangekoop om hul
potte die wen pot te maak! Jóniel en Herman het die kamp op hol gehad met hul lewendige hoender! Die twee manne is vrek stout! Dit was darem net ’n poets
wat hul die mede kampers gebak het. Die hoendertjie is toe later opgeveil vir ’n lekker bedraggie wat die fonds versterk het!
Die beste potjie was dan ook deur die 2 stoute manne gemaak. Wonder of hul die beoordeelaars omgekoop of afgepers het??? Net ’n onskuldige vraag? He-he!
Oor die rugby van die naweek kan ek nie veel se nie. ’n Stil-bek bly ’n heel-bek!!!!!!! (Bbm-hartseer-gesiggie)
Sondag se diens is deur Sarie (wat kampkommandant van die naweek was) gelei. Sy het haar sommer baie goed van haar taak gekwyt – ek het ook ‘n nuwe frases
by haar aangeleer – “En jou punt is..........?” Kom nogal handig te pas!
Met teleurstelling en swaar voete moet ons Sondag-middag te vinnig oppak en gaan ons na weereens ’n lekker eet en kuier naweek as “dik-vriende”
uitmekaar!
Sien uit na nog baie kampe saam sulke ‘Awesome’ – kampvriende xxx Lovies - Christa Smit
xxxxxxxxxxxx
Dube – 20/21 Oktober 2012
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
16
Optimis Wat is die definisie van ‘n optimis?
Iemand wat dink die brommer in die
Kombuis soek ‘n pad buitentoe.
Wat het die liniaal vir die potlood gesê?
“Kom ons trek die papier ‘n streep.”
RUGBY
Jannie is ‘n groot Blou Bul-ondersteuner. Hy vra sy pa
of hy in sy gebedjie maar kan vra dat die Blou Bulle
die volgend dag vir WP sal wen.
“Miskien moet jy maar iets van die WP ook sê”, gee sy
pa raad.
Die aand bid Jannie: “Liewe Jesus, sorg asb dat die
Blou Bulle more vir WP ‘n hengse pak slae gee, maar
help die WP ook ‘n klein bietjie. Nie omdat hulle dit
verdien nie, maar enkel en alleen uit genade.
AMEN.”
SJOKOLADE
Wat is die beste manier om ‘n
Sjokolade oop te maak?
Vinnig
Taxi Hoe weet jy die verkeerslig gaan van rooi na
groen verander?
As die taxi langs jou reeds in die middel van
die kruising is.
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
17
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
18
Ons simpatiseer met Francois, Naomi, Retha, Marike en Chrisna met
die afsterwe van Francois se broer Wynand. Wynand was die jongste
seun van Retha Groenewald.
Andre De Koker sterk goed aan na sy rugoperasie.
Dina Odendaal het ʼn heupvervanging gehad.
Dit gaan baie goed met Pierre Eksteen nadat hy in die hospitaal was.
Morné Swanepoel het ʼn knieoperasie gehad en is weer terug by die werk. Malinda Swanepoel het ʼn knieoperasie gehad, en sterk tuis aan.
Jóniel en Sanet Steyn het ʼn woonwa gekoop. BAIE GELUK JULLE!!! André en Elaine De Koker se dogter Erna het in die huwelik getree.
NOVEMBER 2012
01 ELAINE DE KOKER
02 SOPHIA HARMSE
05 TAMMY SOEKOE
06 NITA OLIVIER
09 ANNETTE MYNHARDT
09 JAN SWANEPOEL
21 WILLIE STEYN
22 MARTIE STEYN
NB! AS JOU NAAM EN VERJAARDAGDATUM NIE HIERONDER IS NIE, KONTAK MY ASB. SODAT EK MY LYS KAN OPDATEER.
DESEMBER 2012
03 LEON VAN DER ZWAN
08 HESTER JOUBERT
09 ANDRÉ DE KOKER
10 MONICA VAN DEN BERG
12 CORNELIUS GROBBELAAR
15 GERT COERTZE
17 ANTON GELDENHUYS
20 DOUGLAS COBBLEDICK
29 RETHA GROENEWALD
JANUARIE 2013
01 HENDRIK BARRY
06 FRIKKIE KRAUKAMP
13 CHRISTELLE VENTER
30 WAYNE SOEKOE
SAWA - GEBIED GOUE WESTE
NUUSBRIEF VAN STREEK WESRAND JAARGANG 42, NO.1 AUG-OKT 2012
19