strukture graad 9 - tegnologie -...

20
1 TEGNOLOGIE Strukture Hoërskool Gerrit Maritz Distrik D15 2009 Graad 9 Leerder _______________________________ Onderwyser ___________________________

Upload: dinhkien

Post on 20-Mar-2019

235 views

Category:

Documents

0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

1

TEGNOLOGIE

Strukture

Hoërskool Gerrit Maritz

Distrik D15

2009

Graad 9

Leerder _______________________________

Onderwyser ___________________________

Page 2: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

2

Graad 9 Tegnologie STRUKTURE SOORTE STRUKTURE

Dopstrukture

‘n Dopstruktuur bied beskerming van buite af, bv. ‘n eierhouer wat eiers beskerm. ‘n Verpakking soos

die houer waarin ons graankos koop, beskerm ook die inhoud wat binne is. Dopstrukture het nie rame

nie. Die sterkte van die dopstruktuur is in die dop self wat dikwels maar taamlik dun is.

Voorbeelde van dopstrukture

Raamstrukture

‘n Raamstruktuur bestaan uit dele wat verbind word om ‘n raam te vorm, bv. ‘n hyskraan of ‘n

kragmas. Dikwels is die raam verberg en kan jy dit nie sien nie. Dink bv. aan die dakbalke wat die teëls

ondersteun waarmee ‘n dak bedek word. Strukture ondersteun hul eie gewig sowel as die las wat dit

moet dra.

Voorbeelde van raamstrukture

Soliede strukture

Soliede strukture word stewig gehou deur hulle eie gewig en verplaas die gewig wat hulle dra veilig in

die grond in.

Voorbeelde van soliede strukture

Mensgemaakte en natuurlike strukture

Dop en raamstrukture kan of mensgemaak of natuurlik wees.

Natuurlike strukture sluit in die mens, plante, berge en ander rotsformasies; ens.

Mensgemaakte strukture word deur die mens gemaak en aanmekaargesit. Alles wat ons gebruik

is een of ander tipe struktuur.

Page 3: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

3

DIE FUNKSIE VAN ‘N STRUKTUUR

Strukture:

ondersteun dinge

‘n Struktuur moet sy eie gewig kan dra sowel as die las wat dit

moet dra. ‘n Las is ‘n voorwerp, ‘n mens of ‘n krag. ‘n Las kan

bewegend (dinamies) wees of dit kan ‘n stilstaande (statiese)

las wees.

omsluit ‘n ruimte en

Alle houers het hierdie funksie, sowel as meeste geboue.

Natuurlike voorwerpe sluit in skulpe, grotte, hol boomstompe

ens.

oorspan ‘n afstand

Die bekendste struktuur wat ‘n afstand oorspan is ‘n

brug. Brûe het ook ‘n ander funksie – om dinge te

ondersteun. Hulle dra hulle eie gewig en ook die

gewig van wat ookal oor hulle beweeg.

‘n Struktuur soos ‘n huis verrig al die funksies: dit ondersteun ‘n dak; dit dek groot area; dit bevat

eiendom en beskerm julle en julle meubels.

Struktuur komponente

Pilare is vertikale struktuurkomponente. Die funksie van pilare is om balke te

ondersteun, en so die gewig van die struktuur na al die pilare te versprei.

Balke is horisontale struktuurkomponente. Balke

versprei die gewig na die pilare. Die

effektiwiteit van ‘n balk hang af van die

materiaal waarvan dit gemaak is asook van die

vorm van die balk. Balke wat in groot strukture

gebruik word, kan verskillende vorms hê,

sommiges is solied, ander is hol of het spesiale

dwarsdeursnee-gedeeltes wat sterkte en

stewigheid bied.

‘n Vrydraende balk (kantelbalk) is ‘n struktuurkomponent wat soos ‘n

arm uitsteek vanaf die hoofstruktuur, en word net aan die een kant

ondersteun.

Vakwerk word dikwels gesien in brûe, waar ‘n hele struktuur uit

driehoeke bestaan.

Page 4: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

4

‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die muur te

ondersteun of te versterk.

‘n Boog is ‘n halfronde struktuur wat ‘n afstand oorspan en ‘n struktuur wat daarop rus ondersteun. In

boë wat van stene gemaak is, is die sluitsteen die deel wat in die middel van die boog voorkom, en

hierdie steen stut en hou die res van die boog bymekaar. Boë kan ook van ander materiale gemaak

word en dan kom daar nie ‘n sluitsteen voor nie. Boë is baie doeltreffend in brûe wat valleie oorbrug,

aangesien hulle dan gestut word deur die wande van die berge aan weerskante.

EIENSKAPPE VAN STRUKTURE

Voordat jy enige struktuur kan ontwerp, moet jy die volgende weet:

Wat is jou doel met die struktuur?

Wat is die maksimum dravermoë wat die struktuur moet hê?

Watter tipe struktuur dit is, by. raam of dop.

Die materiaal wat jy gaan gebruik om die struktuur te maak.

Die afmetings van die struktuurdele.

Strukture moet veilig wees vir mense om te gebruik. ‘n Goeie en veilige struktuur moet oor drie

eienskappe beskik:

Sterkte - Dit moet nie inmekaar tuimel of bars nie. Strukture breek as hulle nie sterk genoeg is om

kragte te weerstaan nie. Hierdie kragte kan staties wees bv. iemand wat op ‘n bed Iê, of dinamies, bv.

as iemand op die bed spring.

Stewigheid - Dit moenie buig, sy vorm verloor of kromtrek nie.

Stabiliteit - Dit moet beslis nie kan omval nie. Ons sê dat ‘n struktuur hoë stabiliteit het as, wanneer dit ‘n

gewig dra, dit terugkeer na of in dieselfde posisie bly. Die stabiliteit hang af van die verhouding tussen

die basis, die hoogte en die gewig van die struktuur.

Die gewig van ‘n voorwerp word bepaal deur swaartekrag wat reg na onder trek aan die massa van

die voorwerp. Die onsigbare posisie van die massa waardeur die swaartekrag trek, word die

middelpunt van swaartekrag genoem.

As die posisie van die middelpunt van swaartekrag laag is en na die middelpunt van die basis lê, is die

voorwerp stabiel. As dit meer na die een kant van die basis lê, is die voorwerp minder stabiel. As die

middelpunt van swaartekrag buite die basis area lê, is die voorwerp onstabiel en het dan verdere

ondersteuning nodig. ‘n Hoë voorwerp is byvoorbeel geneig om onstabiel te wees omdat die

middelpunt van swaartekrag baie hoog is.

Page 5: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

5

‘n Paar reëls vir stabiliteit:

- ‘n Lae middelpunt van swaartekrag. - ‘n Wye basis. - Meer gewig by die basis as by die bopunt.

Kragte werk in op alle strukture. Ankertoue, verbindingsbalke en stutte is strukturele komponente wat

gebruik word om strukture stabiel te maak.

Strukture soos hoë torings en tente

kan stabiel gemaak word deur dit

in die grond te anker met

ankertoue. Ankertoue is toue,

kabels of kettings (buigbare

komponente) wat die struktuur

stewig in plek hou deur daaraan te

trek.

Stutte en verbindingsbalke

Die deel van ‘n struktuur waarop ‘n trekkrag uitgeoefen word, word ‘n verbindingsbalk genoem, en die

deel van ‘n struktuur waarop ‘n drukkrag

uitgeoefen word, word ‘n stut genoem.

‘n Verbindingsbalk (onbuigbaar) hou

ander dele van die struktuur by mekaar

deur aan hulle te trek. Baie raamstrukture

het komponente genoem stutte

(onbuigbaar). Stutte hou dele in posisie

deur teen hulle te druk. Stutte word

gemaak van materiale soos hout of staal

wat nie kan buig nie.

Versterkingstegnieke vir raamstrukture

Triangulasie en knoopplate

Wanneer daar ‘n krag

uitgeoefen word op ‘n

vierkantige struktuur, kan dit

maklik skeef gedruk word.

‘n Vierkant is nie ‘n stewige

vorm nie.

Wanneer ‘n stut van hoek tot

hoek ingelas word, hou dit die

struktuur stewig. Dit word

triangulasie genoem. Die stut

verdeel die struktuur in twee

driehoeke wat stewige vorms is.

‘n Alternatief vir triangulasie

is om ‘n knoopplaat te

gebruik. ‘n Knoopplaat word

gewoonlik van ‘n stewige

materiaal (soos staal of

hout) gemaak. Dit stut en

bind dan die komponente

van ‘n struktuur saam.

Page 6: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

6

Knoopplate word van onbuigbare materiale soos hout of metaal

gemaak en word gewoonlik op hoeke van raamstrukture

vasgemaak om die dele van die raamstruktuur bymekaar te hou.

Materiale waarvan strukture gemaak word

kan versterk word deur dit in ‘n ander

posisie te gebruik. As twee stroke

riffelkarton op mekaar geplak word,

sodat die riffels teen ‘n 90° hoek met mekaar is, versterk dit

die karton. Dieselfde gebeur wanneer hout gelamineer word

en die grein van die hout teen ‘n 90° hoek geplak word. ‘n

Balk is ook sterker wanneer dit regop gebruik word in plaas

van plat.

Versterking van dopstrukture

Dopstrukture kry hulle sterkte

en stewigheid van die

manier hoe hulle gevorm is.

Dopstrukture word

gewoonlik ontwerp om

gerond of geriffeld te wees,

die rondings en riffels versterk die oppervlakte van die dopstruktuur.

Damwalle, eiers en gloeilampe is almal dopstrukture wat danksy hulle

rondings, kragte weerstaan wat hulle andersins sou breek.

Dieselfde beginsel word toegepas op sinkplate en geriffelde karton.

Kragte

Trekkrag

Trekkrag trek ‘n deel van ‘n struktuur. Die dele van die struktuur waarop trekkrag

uitgeoefen word, word bindbalke genoem. ‘n Bindbalk is ‘n struktuurdeel wat ander

dele vashou deur aan hulle te trek. Soms gebruik ons toue, kabels of kettings om

strukture stewig in posisie te hou. Dan noem ons dit ankertoue. Ankertoue word

gebruik om die twee regoppale van ‘n tent in posisie hou.

Drukkrag

Baie raamstrukture het dele wat stutte genoem word. Stutte doen dieselfde werk as

ankers, maar stutte hou dele in posisie deur teen hulle te druk. Stutte word van

materiaal gemaak wat nie kan buig nie, soos hout of staal.

Buigkrag

Buigkrag is eintlik drukkrag (kompressie) aan die een kant en

trekkrag (spanning) aan die anderkant. Dit kan duidelik gesien

word by ‘n boekrak.

Page 7: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

7

Draaikrag (wringkrag)

‘n Krag kan ‘n liggaam in die rondte

laat draai of ‘n struktuurdeel kan

verdraai of vervorm word.

Skeurkrag

Die krag wat ‘n skêr op papier

uitoefen “skeur” dit middeldeur.

MATERIALE WAT GEBRUIK WORD IN STRUKTURE

Die eienskappe van materiale bepaal die funksie wat hulle in strukture kan verrig

� Sterkte in spanning: kan groot spanning hanteer sonder om van vorm te verander of te breek

� Sterkte in samepersing: kan saamgepers word sonder om van vorm te verander of te breek

� Elastisiteit: keer terug na die vorm waarin dit vroeër was voor die krag toegepas was

� Plastisiteit: as die krag verwyder word, bly dit in die veranderde vorm

� Buigbaarheid: verander van vorm voordat dit breek

� Brosheid: verbrokkel dadelik wanneer dit breek

� Hardheid: die weerstand teen skrape of duike

� Sterkheid: die weerstand teen die impak van harde voorwerpe

� Styfheid: die weerstand teen samepersing, buiging, skeur en draaikragte

� Waterdig: of waterwerend

� Bestand teen korrosie: oksidasie (roes) of UV-strale van die son

� Hittebestand: sal nie brand nie of dien as insulator teen hitte

METAAL

Metale val in twee kategorieë. Hulle kan of egte metale wees of allooie. Egte metale bestaan uit ‘n

enkele element. Die mees algemeenste egte metale is aluminium, koper, yster, lood, sink, tin silwer en

goud.

‘n Allooi is ‘n mengsel van twee of meer egte metale. Egte metale het soms nie die nodige eienskappe

nie. Om die nodige eienskappe te verkry, word egte metale gemeng.

Egte aluminium is byvoorbeeld te sag en word gemeng met ander metale om ‘n staal te kry wat sterker

is as sagte staal en bestand is teen korrosie (roes) maar nog steeds lig is soos aluminium.

Soorte:

Ferro metale

Ferro metale is metale wat hoofsaaklik van yster gemaak is waarby klein hoeveelhede ander metale

bygevoeg is om die regte eienskappe te verkry. Alle ferro metale is magneties. Hierdie metale roes of

oksideer as hulle nie behandel word nie, aangesien hulle yster bevat.

Soorte:

Sagte staal, Gietstaal, Vlekvrye staal, Gietyster, Smee-yster

Nie-ferro metale

Nie-ferro metale is metale wat nie yster bevat nie. Hierdie metale is nie magneties nie en sal nie roes of

oksideer nie aangesien hulle nie yster bevat nie.

Page 8: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

8

Soorte:

Silwer, Aluminium, Koper, Sink, Lood, Tin, Geelkoper, Brons, Titanium, Magnesium

Saamgestelde materiale

Soorte:

Beton, Veselglas, motorbande, strooi en modderstene

HOUT

Die terme hardehout en sagtehout verwys nie na die hout nie, maar na die blare van die bome: Sagte

hout kom van bome met naald-agtige blare soos dennebome. Hardehout kom van breëblaar bome

soos Mahonie en Meranti. Nie alle hardehout soorte is hard nie – Balsa hout is baie sag.

Soorte:

Soliede hout

� Harde hout

Balsa, Ebbehout, Mahonie, Kiaat, Bloekom

� Sagte hout

Seder, Denne Vervaardigde hout Laaghout, Gelamineerde hout, Spaanderbord, Hardebord, Sagtebord, Veselbord PLASTIEK

Termoset plastiek

Kruisgebinde polimere word gewoonlik gevorm voor hulle

kruisgebind word. Sodra kruisbinding plaas gevind het,

gewoonlik by hoë temperature, kan die voorwerp nie meer

gevorm word nie. Aangesien dit hitte is wat die kruisbinding

aktiveer om die voorwerp se vorm permanent te maak,

word hierdie materiale termoset plastiek genoem.

Termoplastiek

Soos plastieke warm raak, raak dit makliker om hulle in vorms te

giet en te vervorm, en as hulle warm genoeg raak, hulle selfs te

smelt. Sulke materiale word termoplastieke genoem.

Voorbeelde van termoplastieke is: PET, PE-HD, PVC, PE-LD, PP, PS-

HD. Hierdie plastiek word gewoonlik vir verpakking gebruik. Die feit

dat hulle herverhit en hervorm kan word maak hulle ideaal vir

verpakking en ook herwinning.

Het jy al ooit gewonder oor die getalle met die pyle om hulle aan die onderkant van plastiek houers?

Dit is plastiek identifiseringskodes. Hulle dui aan van watter soort plastiek die houer gemaak is en is daar

om verbruikers te help met herwinning van plastiek.

Hoewel slegs party soorte plastiek houers (veral kode 1 en 2) hergebruik kan word, kan so te sê al die

soorte herwin word en sodoende in iets anders omskep word.

Page 9: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

9

Herwinning van plastiek

Nommer en afkorting Eienskappe Gebruike

1 = PET

“Polyethylene

Terephthalate”

� Helder, gladde oppervlakte

� Water en lugdig

� Impak en splinter bestand

� Bestand teen meeste chemikalieë

� Kan gevul word met warm vloeistowwe

� Koeldrank en water

bottels

� Sommige huishoudelike

skoonmaak middels

� Voedselhouers

2 = PE-HD

“High Density

Polyethylene”

� bestand

� Bestand teen meeste chemikalieë

� Hoë spanningsterkte

� Relatief onbuigsaame materiaal

met nuttige temperatuur

moontlikhede

� Motor olies, kratte, melk

bottels

� Sommige huishoudelike

skoonmaak middels en

kosmetiese houers

3 = PVC

“Polyvinyl Chloride”

� Hoë impak weerstand

� Helder, deurskynend

� Kan geprosesseer word

� Weerstand teen ghries, olie en

chemikalieë

� Deurskynende verpakkings

koshouers

� Gevormde plastiek

verpakkings

4 = PE-LD

“Low Density

Polyethylene”

� Uitstekende weerstand teen sure

en groente olies

� Sterk, buigbaar en relatief

deurskynend

� Eienskappe vir verpakking waar

hitte-seëling nodig is

� Vuilgoed sakke, bevrore

groente sakkies

� Sekere spuitbottles,

kosmetiese buisies

� Stof beskermers

5 = PP

“Polypropylene”

� Reageer nie met sure, alkali’s en

meeste oplosmiddels nie

� Bottel doppies,

� koppies en borde,

� pil houers, emmers, buigbare joghurt bakkies

6 = PS

“Polystyrene”

(2 soorte: polistreen

en harde

deurskynende

plastiek soos vir CD

kassies)

� Uitstekende vogwerend vir

produkte met beperkte raklewe

� Baie goeie deursigtigheid

� Lae digtheid en onbuigsaamheid

� Lae termiese geleiding en

uitstekende insulasie

� Stewig

� Breek en splinter maklik

� Weggooibare koppies,

groentebakkies

� CD en DVD kassies

� Klere hangers en

speelgoed

7 = Ander

Hierdie kode dui aan dat die item gemaak is van ‘n ander

harpuis of dat dit gemaak is van meer as een harpuis in ‘n

gelaagde kombinasie.

� Vakuum verpakte vleis en

kaas

� Hoofsaaklik gelaagde en

gespesialiseerde

verpakking

Page 10: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

10

Die eienskappe van plastiek

1 PET 2 PE-HD 3 PVC 4 PE-LD 5 PP 6 PS-HD 7 PS-LD

Sny met

skerp

mes

Maklik en

glad

Maklik en

glad

Maklik en

glad

Maklik en

glad

Maklik en

redelik

glad

Redelik

hard

Verkrum

mel

Slaan met

hamer Baie sterk Baie sterk

Redelik

sterk Baie sterk Baie sterk swak

Verkrum

mel

Buig by

kamer

tempera-

tuur

Buigbaar

Redelik

onbuig-

baar

Moeilik

buigbaar buigbaar

Moeilik

buigbaar

Moeilik

buigbaar,

breek

Breek

In water Sink Dryf Sink Dryf Dryf Sink Dryf

Krap met

vinger-

nael

Nee Ja Nee Ja Nee Nee Ja

Word sag

in warm

water

Nee,

word

harder en

krimp

Ja Ja Ja

Ja, as

water

warm

genoeg is

Ja Nee

Slaan

aan die

brand

Moeilik Maklik Moeilik Maklik Maklik Maklik Maklik

Vlam

kleur Gelerig

Blou met

geel punt Geel

Blou met

geel punt

Geel met

blou basis

Oranje /

geel

Oranje /

geel

Rook Min en

swart Min

Wit met

baie as Min Min

Swart met

as

Swart met

as

Hou aan

om te

brand

Nee Ja Nee Ja Ja Ja Ja

Reuk Min of

geen

Soos

kerswas

Soos

hidrochlo

riese suur

Soos

kerswas

Soos

kerswas

maar nie

soos 2 & 4

nie

Soet Soet

Bekwaamheidstaak

Jy en jou klasmaats besluit om ‘n partytjie te hou om julle goeie Tegnologie uitslae te vier. Julle kry

genoeg geld bymekaar vir eet en drinkgoed en iemand om musiek te maak. Julle kry toestemming om

die partytjie in ‘n groot skuur op iemand se plot te hou. Julle het egter nie meer geld om tafels en stoele

te huur nie. Daar is egter ‘n ongelooflike hoeveelheid leë plastiek koeldrankbottels in die skuur wat wag

om na ‘n herwinningsterrein geneem te word.

Die fasiliteerder gaan julle in groepe van 6 deel en saam moet julle in julle groepe besluit hoe julle die

probleem kan oplos. Julle moet in julle groep een meubelstuk (tafel of stoel) maak vir julle partytjie.

Gegewe spesifikasies

Die meubelstuk moet die gewig van die swaarste leerder in die groep kan dra.

Die items moet veilig wees vir gebruik (nie skerp kante hê wat iemand kan sny nie)

Page 11: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

11

PORTEFEULJE

ONDERSOEK

Hulpbronopdrag 1

Om die volgende strukture te bou is materiale met spesifieke eienskappe nodig.

Skryf die 6 belangrikste eienskappe by elk van die strukture.

Koppie

Leer

Warm

watersak

Emmer

Huis

Motorband

Hangbrug

Stoel

Tandepasta

buis

Lampskerm

Tuinslang

Skooltas

Skryf die 6 belangrikste eienskappe by elk van die volgende materiale.

Plastiek

Vlekvrye

staal

Hout

Rubber

Karton

Keramiek

Aluminium

Tekstiel

Beton

Page 12: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

12

Hulpbronopdrag 2

Soek ten minste 2 plastiekhouers wat van die verskillende soorte plastiek gemaak is in julle huis en skryf

die naam van die produkte langs die regte herwinningsnommer neer.

Nommer en afkorting Produkte

1 = PET

“Polyethylene Terephthalate”

2 = PE-HD

“High Density Polyethylene”

3 = PVC

“Polyvinyl Chloride”

4 = PE-LD

“Low Density Polyethylene”

5 = PP

“Polypropylene”

6 = PS

“Polystyrene”

Gevallestudie

Doen navorsing oor die herwinning van plastiek. Bespreek kortliks die herwinningsproses en noem ‘n

paar produkte wat van herwinde plastiek vervaardig word. Vind uit waar die

plastiekherwinningsentrum naby Pretoria-Noord is.

__________________________________________________________________________________________________

Bibliografie: ______________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

Page 13: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

13

ONTWERP

Ontwerpopdrag

_________________________________________________________________________________________________

Spesifikasies

Idees

Teken vryhand 3-D voostellings van 3 moontlike idees vir jou produk & gee kortliks voor en nadele by elk

Voor en nadele

_________________________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________________________

Page 14: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

14

Voor en nadele

_________________________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________________________

Voor en nadele

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

Page 15: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

15

Finale Oplossing

Gebruik een van die metodes waarvan jy geleer het en maak ‘n 3-D skets van jou produk.

Page 16: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

16

Teken ‘n eerstehoekse ortografiese voorstelling van jou produk

Verdere inligting tov jou produk

__________________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

Page 17: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

17

MAAK

Gereedskap, benodigdhede, materiale

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________________________

Vloeidiagram

Page 18: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

18

EVALUERING

Vul jou groeplede se name in die tabel in en gee vir elk ‘n punt uit 10 vir samewerking

Naam en van Punt uit 10 Naam en van Punt uit 10

Sterk punte en swak punte van jou meubelstuk

Veranderinge en verbeteringe wat jy kan maak aan jou meubelstuk

Page 19: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

19

Assessering die tegnologiese proses (Fasiliteerder voltooi)

Vlak 6 (Verdienstelik bemeester)

Vlak 4 (Toereikend bemeester)

Vlak 2 (Elementer bemeester)

Aspek

Vlak 7 (Uitstekend

bemeester)

Vlak 5 (Goed bemeester)

Vlak 3 (Redelik bemeester)

Vlak 1 (Nie bemeester nie)

Assessering

1

Ontwerp-

voorligting (Wat beplan om

te maak)

(Punte: 5)

Formulering van probleem

oplossing is duidelik en verstaanbaar.

Formulering van probleem

oplossing is redelik duidelik

Formulering van probleem

oplossing is vaag

Formulering van

probleem oplossing, nie

voltooi en nie

relevant nie

2 Ondersoek (Hulpbronop

drag 1 & 2)

Tabelle volledig voltooi. Inligting relevant. Moeite

gedoen

Tabelle volledig voltooi.

Inligting relevant. Net die

absoluut nodigste

gedoen.

Tabelle volledig voltooi. Inligting nie eintlik

relevant.

Onvoltooide tabelle, of totaal onrelevante

inligting.

3

Ondersoek

(Gevalle

Studie)

Verskeie bronne is gebruik

om toepaslike

inligting te bekom

Enkele bronne is

gebruik om toepaslike

inligting te bekom

Van die inligting wat

verkry is, is toepaslik Inligting nie toepaslik

4

Voorlegging

(Spesifikasies) (Punte: 5)

Lys van spesifikasies is

volledig en toepaslik

Spesifikasies is

volledig

‘n Paar spesifikasies is

gegee Spesifikasies onvolledig

Idees redelik netjies

geskets en byskrifte

gegee, voordele en

nadele is genoem, gekose

idee gemotiveer

Idees geskets maar nie

netjies nie, enkele

voordele en nadele is

genoem, gekose idee nie

duidelik gemotiveer

Idees onverstaanbaar

geskets, voordele en

nadele onvolledig,

swak motivering van

gekose idee

5 Aanvanklike

idee-generering

Idees baie netjies geskets

en byskrifte gegee, alle

voordele en nadele is

volledig

genoem, gekose

idee geldig gemotiveer

6

Beplanning (Finale 3-D skets

en werks

tekening)

Werktekening en 3-D skets

is netjies en het

byskrifte

Werktekening en

3-D skets is voltooi en

byskrifte gegee

Dele van werktekening en

3-D skets ontbreek

Werktekening en 3-D skets

is nie voltooi nie

7

Beplanning

(Lys van

benodigd

hede en gereedskap)

(vloeidiagram)

Lys van benodigdhede,

materiaal en gereedskap

is volledig. Vloeidiagram is

logies en verstaanbaar.

Lys van benodigdhede en

gereedskap is redelik

volledig.Vloeidiagram is

logies en redelik verstaanbaar.

Lys van benodigdhede en

gereedskap is onvolledig.

Vloeidiagram is nie logies

of verstaanbaar nie.

Lys van benodigdhede en

gereedskap is baie

onvolledig. Vloeidiagram

is

onverstaanbaar

8 Produk

(Punte: 30)

Voldoen aan alle

eienskappe van ‘n

struktuur. Die eienskappe

van plastiek wat tot nut is

vir die projek is ten volle

benut en volledig

bespreek.

Voldoen aan sekere

eienskappe van ‘n

struktuur. Die eienskappe

van plastiek wat tot nut is

vir die projek is gedeeltelik

benut en onvolledig

bespreek.

Voldoen aan een

eienskappe van ‘n

struktuur. Die eienskappe

van plastiek wat tot nut is

vir die projek is swak benut

en baie onvolledig

bespreek.

Voldoen aan geen

eienskappe van ‘n

struktuur. Die eienskappe

van plastiek wat tot nut is

vir die projek is glad nie

benut en nie bespreek

nie.

9 Evaluering

Toepaslike

evalueringskriteria,

werkbare idees om

produk te verbeter

Evalueringskriteria,

redelike Idees om produk

te verbeter

Evaluerings-

kriteria onduidelik,

idees om produk

te verbeter nie

bale toepaslik nie

Geen evaluerings

kriteria nie, idees om

produk te verbeter is

onvolledig

PUNT UIT 100

Page 20: Strukture graad 9 - Tegnologie - Hometegnologie.weebly.com/uploads/2/2/5/7/2257313/strukture_graad_9.pdf · 4 ‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die

20