subnuus (maart)

20
Subnuus Subnuus Subnuus Personeelnuusbrief van die US Biblioteek– en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service Vol 29 (1) Maart 2009 In hierdie uitgawe: We welcome a few new faces Ons groet personeel Nuwe studente-assistente vertel meer oor hulself Lindall sê hallo vanuit Finland Boeke / Books

Upload: hahanh

Post on 30-Jan-2017

250 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: Subnuus (Maart)

S u b n u u sS u b n u u sS u b n u u s

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek– en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service

Vol 29 (1) Maart 2009

In hierdie uitgawe: • We welcome a few new

faces • Ons groet personeel

• Nuwe studente-assistente vertel meer oor hulself

• Lindall sê hallo vanuit Finland

• Boeke / Books

Page 2: Subnuus (Maart)

REDAKSIE: (vlnr) Natasja Malherbe, Judy Williams, Marié Roux (red.), Carine Tymbios, Marleen van Wyk (fotograaf)

Huldeblyk: Elsie Geldenhuys Steven Fredericks

3

PERSONEEL GROET

Marita Landsberg 4

Joanne Arendse 6

Hettiënne Kühn 7

Fransien Kamper 7

Annette Oelofsen & Elize Coetzee 8

Laurinda Kleynhans 9

Sarah Kibirige 9

N’Ré Moore 10

NUWE PERSONEEL

Melanie Ismail 11

Schalk Smit 11

Nuwe studente-assistente by Inligtingsdienspunte

12

Nuwe studente-assistente by Bronverskaffing

14

REIS / TRAVEL

Lindall sê hallo vanuit Swede 15

BOEKE / BOOKS

Boekeblad Anneke Schaafsma 16

Protea-Boekwinkel topverkopers en nuwe boeke

17

Boeke wat vakansie-blues teenwerk... Marié Roux

18

INHOUD/CONTENT:

2 Subnuus

Beste kollegas Die jaar het begin met die hartseer nuus van Elsie Geldenhuys se skielike heengaan. Ons gaan haar almal baie mis, veral haar vriende by Gesondheidswetenskappe sowel as Subnuus lesers wat haar boekresensies ook altyd baie geniet het. Ons plaas die huldeblyk wat Steven Fredericks ge-bring het by haar begraf-nis in hierdie uitgawe. Hierdie eerste uitgawe van die jaar is gewoonlik propvol personeelnuus. Ons groet ’n hele paar ou bekende gesigte en ver-welkom darem ook ’n paar nuwes! Lindall kom kuier ’n biet-jie uit Finland en vertel van haar eerste twee weke op studieverlof.

Verder is daar natuurlik weer soos wat dit goeie bibliotekarisse betaam ’n bietjie boekenuus. Ons ge-bruik hierdie keer ook ’n paar resensies en boeke-l y s t e v a n P ro t e a -Boekwinkel. Wat die Subuus-redaksie betref, moes ons ook groet en verwelkom. N’Ré het ons verlaat, maar Natasja Malherbe het ingewillig om haar plek vol te staan. Baie welkom by die redak-sie, Natasja! Dankie ook aan al vier redaksielede se harde werk om artikels te versamel en foto’s te neem. Lekker lees tot ’n volgende keer. Marié

Redakteursbrief

Voorbladfoto’s: Jaareindfunksie 2008 - Skilpadvlei

Page 3: Subnuus (Maart)

3

Huldeblyk: Elsie Geldenhuys deur Steven Fredericks

Vol 29 (1)

Hierdie huldeblyk oor Elsie Gelden-huys gaan nie om die afgestorwene lof en prys toe te sing nie, maar om te fokus op die positiewe impak wat sy nagelaat het. My gedagtes gaan terug na my eerste ontmoeting met Elsie, dit was so om en by 34 jaar gelede toe sy by die werk opdaag en my vra waar die hoof se kantoor is. Sy het op daardie dag as jong bibliotekaris aangemeld vir haar nuwe betrekking. Dit is ook hoe lank ek al vir Elsie ken en u sal met my saamstem dat dit ’n leeftyd is. Elsie was iemand wat goed in ’n span kon saamwerk, ’n regte spanlid en staatmaker. Wanneer jy haar nodig gehad het om byvoorbeeld vir jou by ’n dienspunt in te staan, of wanneer jy ’n gebruiker na haar toe verwys het, was sy altyd gewillig, en bereid om uit te help, in so ’n mate dat dit ’n soort van skuldgevoel by jou gelaat het, sy het net nooit geweier nie. Betroubare en lojale kollegas soos Elsie is dun gesaai in hierdie wêreld. Elsie was iemand wat altyd haar dag by die werk vroeg begin het. Haar gunsteling spreekwoord was wat vandag gedoen moet word moenie oorstaan tot môre nie. Een van Elsie se vrese was dat haar dienslewering aan kliënte in wese tevergeefs sal wees omdat die artikels wat sy so getrou aangevra het deur middel van Interlenings, op die ou einde geen sinvolle bydrae sou bring nie. Deur die gereelde waardering wat sy ontvang het van die kliënte - tot op die einde toe - hoop ons sy het nie net geweet sy maak ’n verskil nie, maar dat sy baie suksesvol was omdat sy haar gewone werk buitengewoon goed gedoen het. Ek glo die Italiaanse spreekwoord “As jy voetspore op die sand van die tyd wil afdruk, maak seker dat jy jou werkskoene aan het” vir jou gaan werk. E ls ie se sagmoedigheid en behulpsaamheid was baie opvallend. Dit het ook daartoe gelei dat sy baie

gewild was onder die studente en personeel. Sy het nooit teruggestaan om haar kliënte van hulp te wees nie. Sy het altyd gesê: “Ons is hier om ’n diens te lewer aan ons gebruikers”. Dit het haar dag gemaak om ’n tevrede gebruiker of kliënt van haar te sien wegloop. Elsie het haar beroep as bibliotekaris baie geniet. Sy het met soveel toewyding haar pligte nagekom en mens kon sien dat dit haar passie was. As lid van ons span het sy altyd haar gewig ingegooi om die wa deur die drif te trek. Ek was altyd verstom oor Elsie se vaardighede. Sy het soveel ervaring oor die jare versamel dat sy ’n bron van kennis in die biblioteek was; ek is seker dat my kollegas met my sal saamstem dat as daar onsekerheid was oor iets, was die uitweg: “Kom ons vra vir Elsie”. Een van die hoogtepunte in haar lewe was toe sy haar langdiens-toekenning by die Universiteit van Stellenbosch ontvang het. Sy was egter ’n skugter persoon en wou eers nie die funksie bywoon nie. Haar kollegas moes haar spottend aan-moedig met die woorde dat daar dalk ’n glasie sterk drank sal wees. Alhoewel Elsie ’n skugter persoon was, het sy haar nie laat intimideer

nie. Sy was gewis iemand wat standpunt kon inneem. Ek onthou nog so duidelik toe sy een oggend een van die professore baie duidelik laat verstaan het dat sy hom nie voorkeur behandeling bo die ander kliënte gaan gee nie. Na so ’n insident sou sy dan na ’n kollega gaan en vra: “Het ek nie te kras opgetree nie”? Sy wou niemand aanstoot gee nie. Elsie het ook ’n goeie sin vir humor gehad. Ek onthou eenkeer toe sy my ’n boodskap moes gee van iemand wat my kom soek het wat ’n pakkie by my moes kry. In haar beskrywing van die persoon noem sy dat hy al ’n hele paar keer om die blok was, m.a.w. die spore van ’n plesierige lewe was duidelik op sy gelaat te bespeur. Toe die persoon later terugkom sien ek dat Elsie se beskrywing in die kol was. Die persoon was al ’n hele paar keer om die blok. Elsie, na wie toe gaan ons nou met ons probleme en by wie gaan ons nou aanklop om raad? Jy het vir ons soveel mooi dinge agtergelaat wat vir ons ’n erfenis is. Sy gaan vir seker vir baie jare vorentoe deur baie mense in liefde en deernis onthou en gemis word. Elsie het ons lewens verryk met haar opregtheid, integriteit, nederigheid, hoflikheid, wysheid en barmhar-tigheid; al ses die towerformules waaruit die geheim van sukses bestaan, aldus William Menninger. Elsie, ons groet jou as vriendin en kollega en sê totsiens, tot ons weer ontmoet. Baie dankie Personeel, Gesondheidswetenskappe Biblioteek

Page 4: Subnuus (Maart)

4 Subnuus

Marita Landsberg Ek ken vir Marita vanaf 1992 toe ek in die Tydskrifte Afdeling begin werk het. “Ken” is egter nie die regte woord nie, want ek het haar nie werklik ge”ken” daardie tyd nie – net saam met haar gewerk. Binne werkskonteks het ek Marita eers werklik leer ken nadat ek takhoof by Musiekbiblioteek geword het en my eerste gedagte oor die “werks-Marita” is dat sy altyd baie vinnig gereageer het op my vrae en versoeke en dit baie professioneel hanteer het. My helderste herinneringe - dié wat my die langste gaan bybly - is van die “buite die werk Marita”. Marita het soms met die vreemdste sêgoed op die vreemdste tye en plekke vorendag gekom – en ons laat skater van die lag! Ons vinnige glas wyn na werk het menigmaal oorgeloop na aandete en ek het die aand geëindig met al my maskara onder my oë – van al die lag! Marita, daardie tye saam met jou en Annamie sal my altyd baie na aan die hart lê. Beulah Gericke Rondom ontbyt op ’n reënerige dag het ons Marita gegroet. Sy het haar kringloop in ’n loopbaan voleindig. Haar kundigheid was skerp. Sy kon ’n situasie vinnig opsom en oplos. Haar kennis van haar omgewing was wyd en eindeloos. Jy kon altyd op haar staatmaak. Sy was behulpsaam met enige proble-me wat jy ook al gehad het. Sy het die vermoë gehad om ons op te beur as sekere dae regtig donker was. Sy verlaat ons op ’n tydstip wat ons haar regtig nodig het. Sy sal beslis, ja beslis, ’n leemte laat wat lank gevoel sal word. Ons gun haar hierdie nuwe begin in haar lewe. Mag elke dag vir jou ’n wonderlike ervaring van ontdekking

meebring. Geniet dit! Tydskrifte en E-bronne Wanneer ek na al die maande ’n beeld van Marita voor my oproep dan sien ek haar met ’n pen of potlood en ’n notaboekie in die hand. Sy het nogal ’n unieke manier gehad waarop sy na jou geluister het en dan notatjies gemaak het. Ek wonder nou of hierdie gewoonte gedurende haar jare in die joernalistiek gevestig is. Ek het nooit gevra nie. En ja, die Tydskrifte Afdeling het ’n swart boekie gehad! Nee, nie ’n swartlys of ’n adres-boekie nie – ’n boekie waarin alle besluite opgeteken is, met dag en datum en die naam van die persoon wat die besluit geneem of deurgegee het. Julle kan dink met watter versigtigheid ek in die begin besluite gekommunikeer het, want sê nou net… Ek kon verseker weet dat as my telefoon in die kantoor hier net voor of na agtuur in die môre lui dit Marita was. Marita het geglo om nie gras onder haar voete te laat groei nie, probleme moes gou en vroegoggend afgehandel word sodat die res van die dag aan sinvolle arbeid gewy kon word. Dit was vir Marita een van die hoogste prioriteite om vir die perso-neel van die Tydskrifte Afdeling, fisies en psigies, ’n werksomgewing te skep waarbinne hulle optimaal kon presteer, of dit nou ten opsigte

van persoonlike ontwikkeling of werksverrigting was. Ek sal die afdeling onder haar leiding onthou vir hulle positiewe werksingesteld-heid, maar ook vir hulle betrokken-heid by en ondersteuning van mekaar in lief en leed. Onder haar leiding het die afdeling met die nodige kreatiewe moontlikhede wat die tegnologie gebied het personeel afgestaan aan ander afdelings in die biblioteek en sodoende ’n waarde-volle bydrae gelewer om die krimpen-de personeelbegroting te laat klop. ’n Vinnige wegbreek om êrens saam met haar personeel ’n teetjie te gaan drink was Marita se “wondermiddel” in die hantering van vele krisisse, maar ook om doelwitte wat behaal is te vier. Marita het haar personeel altyd voorop gestel en sy was altyd bereid om vir hulle welsyn in te tree (“te baklei” sou seker ’n beter woord in volksmond gewees het!). Die moontlikhede en uitdagings wat nuwe tegnologie na die beroep gebring het, het ’n groot impak gehad op die werk van die Tydskrifte Afdeling. Marita, en tydgenote soos Johan Mouton, het baanbrekerswerk op hierdie gebied gedoen binne die Biblioteek, maar ook binne streeks-verband. Marita was by verskeie geleenthede voorsitter van die belangegroep vir tydskrifte en later elektroniese bronne binne CALICO. Marita het die elektroniese tydskrif-

Personeel het gegroet die afgelope paar maande P

ER

SO

NE

EL

/

S

TA

FF

Page 5: Subnuus (Maart)

5 Vol 29 (1)

omgewing baie geniet en dit was altyd met groot entoesiasme wat onderhan-delings met verskaffers plaasgevind het. Sy het verhoudings van hoog-staande professionele standaard met agente en verskaffers gehandhaaf en daar was baie erkenning en waarde-ring vir haar deeglike werk. Marita het met die kardex en die eindeloos lange lyste van gedrukte alfabeties tydskriftitels en -indekse weggedoen en haar afdeling, die Biblioteekpersoneel en die kliënte gelei en in staat gestel om die nuutste inligting met die insleutel van ’n paar relevante sleutelwoorde elektronies te bekom. Dit is geen klein prestasie in een beroepsleeftyd nie! Hiermee wil ek net sê dankie vir jou bydrae tot die prestasie van elke akademikus en student en geniet al die vryere assosiasies waarvoor jy nou tyd het. Miskien is dit nou weer jou tyd om die pen op te neem, of meer korrek die klawers van die sleutel-bord te laat gons, en die wêreld van die joernalistiek opnuut te betree. Al my mooiste wense. Berta Els Toe ek in 1984 hier aangekom het, het Marita ’n deeltydse pos by die Musiekbiblioteek gehad. Daarby was sy ’n enkelouer wat haar dogter deur die skool en universiteit moes kry. Toe daar ’n voltydse pos by die Tydskrifafdeling oopgegaan het, het sy daarvoor aansoek gedoen en dit gekry. Daar het sy op grond van die voortreflike werk wat sy gelewer het tot tweede-in-bevel van die afdeling gevorder. Toe die destydse hoof van die afdeling, Hermien Kruger, oorlede is, was Marita die natuurlike keuse om die hoofskap van die afdeling oor te neem. Daarmee wil ek sê dat Marita ’n ongelooflike deursettings-vermoë gehad het en ’n uitstekende werker was wat elke aspek van die Tydskrifafdeling intiem geken het. Daarby is sy ’n mens-mens met ’n uitstekende sin vir humor. Sy het ’n ontspanne atmosfeer in die afdeling geskep wat baie bygedra het tot ’n gelukkige werkerskorps wat deurentyd uitstekende resultate gelewer het. Daarby is die pret nie vergeet nie. Soms met oggendtee het

die afdeling na die Neelsie of elders uitgewyk waar daar ’n verjaarsdag gevier is of net gemaklik met mekaar omgegaan is. Daarna is almal terug werk toe, waar met dubbele ywer en nuwe moed gewerk is. Marita het definitiewe idees omtrent die bestuur van die Tydskrifafdeling gehad en het nie geskroom om dit te verdedig nie. So het dit partykeer gebeur dat sy en ek nie dieselfde mening toegedaan was nie. Dan het ons die saak “uitgebaklei” tot ons ’n goeie, werkbare oplossing gevind het. Gelukkig was sy nooit haatdraend nie, wat ons wedersydse werksverhouding baie aangenaam gemaak het. Toe ek weg is, het ek vir die Tydskrifte Afdeling en spesifiek Marita nogal baie gemis. Marita is baie trots op haar dogter Reinet, en met rede. Reinet het baie goed op skool en op universiteit gevaar en het ’n geoktrooieerde rekenmeester geword. Daar is ’n hegte band tussen haar en Marita wat ’n mens kan sien as jy hulle op straat raakloop – hulle is beste vriendinne. Ek wat die tuig nou al ’n bietjie langer gelede neergelê het, wens vir Marita baie mooi dinge in hierdie fase van haar lewe toe. Dit was ’n verryking vir my om jou te ken, Marita! Max von Dürckheim

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

Marieta by haar afskeidsgeselligheid

Regs en onder: Marita in gesellige luim by twee Jaareindfunksies

“Miskien is dit nou weer jou tyd om die pen op te neem, of meer korrek die

klawers van die sleutelbord te laat gons, en die wêreld van die

joernalistiek opnuut te betree.”

Page 6: Subnuus (Maart)

6 Subnuus

“To catch the reader's attention, place an interesting sentence or quote from the story here.”

Baie dankie dat jy besluit het om te loop, want sonder jou sal ek nooit koek (die soort wat mens kan eet) in die teekamer kry nie. Maar kon jy en N’Ré nie ooreengekom het om op twee verskillende tye te loop nie, want dan kon ek twee keer koek eet. Nietemin wil ek graag ’n paar trofeë aan jou opdra: 1. Die Wimpy-ek-het-plek-vir-nog! trofee vir gesonde eetlus (geborg deur Wimpy Nairobi) Baie dankie dat jy altyd naby was wanneer daar koek geëet is (met of sonder toestemming van die base), want dan het ek geweet ons gaan lekker eet. En ons ken nou mos vir jou as iemand wat als voluit doen, en by koek eet het ek en jy darem iets in common gehad. 2. Die Telkom wisseltrofee vir telefoon etiket: Die entoesiasme waarmee jy die telefoon by Dienspunt 10 beantwoord het en almal rondom jou wakker gemaak het, is ook highly commen-dable. Geen onsimpatieke LibQUAL kommentaar kon jou van stryk bring nie. Welgedaan! 3. Die Energade teekamer hindernis trofee vir lojale teedrink in die bib se teekamer: Jou atletiese vermoë om hindernisse wat voor jou opduik te sidestep oppad na die teekamer, kon vir Suid-Afrika ’n goue een op die Olympics gewen het. 4. Niekie sê wie trofee vir goeie raad: Kenya sal fun wees. Enough said. 5. People’s choice award: Jou simpatieke oor sal deur ons almal hier gemis word. Jy het altyd tyd gemaak vir jou mede-kollegas (mits dit nie oppad tee-kamer toe was nie), om saam te lag of ’n

grappie te maak of sommer net om lekker te gesels. Mag die kabinet in jou nuwe tuiste ook oorloop van trofeë. Pieter du Plessis

As dit maar langer kon aan-hou…

Ja, Joanne is té gou weg by ons. Ek het dit laasjaar al geweet, maar belééf dit nou aan die begin van 2009. Marié se sperdatum vir die statistiek was 31 Januarie en dit is vandag 2 Febru-arie en ek het nog nie geraak aan die opleidingstatistiek nie! Maar dit is nie net oor die ekstra twee hande wat ek graag sou wou gehad het dat Joanne langer by ons moes gebly het nie. Ons was op dieselfde golflengte en Joanne het verstaan hoe Afdeling Inlig-tingsdienste in-mekaar steek, wat die issues en op-lossings is en hoe om vorentoe te beweeg. Kliënte-diens en opleiding is in haar bloed. Verder het sy met haar uitstekende verbale kommuni-

kasie my goed aangevul. In plaas daarvan om soos ek een woord te sê en bedoel dat 10 ander daarmee saam verstaan word, kan Joanne 10 woorde sê sodat een verstaan kan word – en dit is wat die meeste van die tyd nodig is. Behalwe van die lekker praat, kuier en lag is daar Joanne se entoesiasme vir die georganiseerde professionele beroep wat ek baie gaan mis. Maak nie saak hoe besig sy by die huis of by die werk is nie - tyd vir LIASA het sy altyd. Die lekker praat, kuier en lag en die georganiseerde beroep het natuur-lik iets in geneem, nl. “networking”. Joanne is uitstekend hiermee. As kol-legas het ek en Joanne twee konfe-rensies saam bygewoon. Die een was die LIASA konferensie in Rustenburg in 2003. Die Stellenbosse afvaar-diging het per minibus al die pad gery tot daar en in twee bungalows in ’n vakansie-oord gebly – dames in die een en mans in die ander een. Die lang sit tydens die ryery en balke saaggery tydens die slapery het Joanne se standaarde ten opsigte van reis en verblyf na konferensies die hoogte in laat skiet. Gelukkig het dit gerealiseer tydens die tweede konfe-rensie, IFLA, in Durban in 2007. Ons het gevlieg en elkeen in sy eie kamer met badkamer geslaap. Die verskil tussen die twee konferensies het ons lekker laat lag – die een ’n ‘survivor’ en die ander ’n ‘flyer’. Tydens die derde konferensie wat ons saam bywoon (moontik die LIASA-

“Geen onsimpatieke

LibQUAL kommentaar kon jou van stryk bring

nie…”

Joanne Arendse

Vakansie-oord samesyn tydens die Rustenburg LIASA konferensie in 2003. Vlnr: Joanne, Johan Engelbrecht, Delene

Pretorius, Berta Els, Hennie Viljoen en Johan Mouton.

Personeel het gegroet die afgelope paar maande (verv.)

Page 7: Subnuus (Maart)

konferensie in Bloemfontein, 2009?) sal ons nou ekskollegas wees. Ai…as die “kollegas”-model maar langer kon aanhou. Vir nou kan ons nog ‘network’, maar as daar nou een jong bibliotekaris se loopbaan is wat ek gaan dophou is dit Joanne s’n. Ons gaan nog weer van haar hoor – glo my. “She’s got what it takes”. Delene Pretorius Joanne se weggaan is ’n groot ver-lies. Sy was nie net bekwaam nie, maar het ook regtig omgegee vir haar kollegas. Ek het by haar oorgeneem as Fakulteitsbibliotekaris vir Opvoedkunde en almal daar het net met groot waardering en lof van haar gepraat. Joanne se fyn sin vir humor word ook beslis gemis. Sarie Wilbers Die entoesiasme, spoed en deeglik-heid waarmee Joanne gewerk het was verstommend (veral die entoesi-asme: soms kon ons net sug wan-neer daar weer ’n nuwe projek of opdrag uitgedeel word en dan kom Joanne se woorde: “Ai julle, ek weet dit sal lekker wees!”). Wanneer sy insette gevra het van ons kant af, het sy ’n e-pos gestuur en voor jy nog die boodskap kon lees, staan sy al voor jou lessenaar om jou bydrae te kry. Haar lekker lag en snaakse stories oor Jesse en die res van haar familie was verfrissend. Joanne, jy’t belowe jy sal ons nog gereeld sien by die LIASA-byeenkom-ste, sterkte met die nuwe uitdagings (hoop nie die hitte breek jou spoed nie) en ek hoop jy en jou gesin sal ’n geseënde verblyf in Wellington hê. Thea Basson Joanne alias Johanna die Olifantpoot. Ai nie alweer koebaai nie… dis al wat ek skryf deesdae, wat gaat aan, moet ek nuwe deodorant kry of dalk meer as een keer ’n maand shower… hoe-kom loop al my vriende? Joanne ek gaan jou voorwaar baie mis… jou kosbakkie innie teekamer wat altyd wel gevul was en wat jy altyd met my wou deel… eissh dis hartverskeurend. Jou lekker krieket-stories en humorsin was ’n opkikke-ring waarsonder ek baie dae nie sou kon deurmaak nie. Jy het my kop verstaan en ek kon my hart oop-maak . Ook het ons moedersgesprek-ke en lotgevalle gedeel en dit is met

diepe teleurstelling dat ek van jou moet afskeid neem. Joanne geniet dit en asseblief kom kyk gereeld in… ek het reeds vanog-gend so ’n lekker krieketstorie gehad en ek kon nie die regte audience kry nie… hulle lag maar dis nie dieselfde nie. Ek het so baie by jou geleer en ek het baie dinge net beter verstaan en besef dat daar ander sienswyses oor goed is wat ek altyd as vanself-sprekend aanvaar het en dat mens geduld met ander se gevoelens en sienswyses moet ontwikkel. Ek is so gerattle met jou verdwyning dat ek skoon vegeet het om daai dag innie teekamer ve jou koebaai te sê al was dit jy wat my in die ribbes gedruk het en gesê het ek moet nou iets sê… Dem jy was so deel van die setup dat dit nog nie by my ingesink het dat jy really really vir ons gaan verlaat nie. Alles van die beste my vriend Niel Hendriksz PS: moet gou neelsie toe om broodjie te gaan koop...mis jou kosblikkie

Ons het reeds van Hettiënne van die Bestelafdeling afskeid geneem in ’n vorige Subnuus, maar soos die goeie kat wat weer kom was ons gelukkig om haar die afgelope twee jaar steeds by ons te hê en moet nou finaal totsiens sê. Ons wens haar ’n baie gelukkige aftrede toe. Bestelafdeling

Dear collegues I would like you to know more about Mrs Fransien Kamper. She is a lovely person and a leader. When I heard that she's leaving I almost cried, be-cause the way she handled things was always satisfying. That's all I can say. I hope we can get someone like her to lead us again. Thank you Jeffrey April Groot was ons vreugde toe Fransien Kamper aangestel is as hoof van die finansiële administrasie-afdeling. Ons kon nie wag dat sy die leisels moet begin oorneem nie. Vir ses maande het ons heerlik saam-gewerk, daar het weer harmonie en vreugde in ons kantoor geheers. Ons het haar leer ken as ’n doelgerigte, opregte en ook “sagte” mens. By haar het ons weer heelwat geleer betreffende ons werksaamhede in dié afdeling. Sy het vinnig in ons harte ingekruip en was gou nie net ons hoof nie, maar ook ’n vriendin. So tussen die lekker en harde werk, het die besef tog gekom dat Fransien ons gaan verlaat en was dit tog ’n harde slag toe sy ons meedeel dat sy ’n ander betrekking aanvaar het. Gelukkig, as vriendin, is sy net ’n oproep ver. Fransien, baie dankie vir dit wat ons by jou kon leer, vir jou vriendelikheid, jou geduld, die lekker gesels en sommer net omdat jy jy is. Ons wens jou net die mooiste toe in alles wat jy aanpak. Ons vertrou jy het gevind waarna jy gesoek het by krediteure. Ja, ons verlies, krediteure se wins. Madél, Denise, Shaun en Maggie

Vol 29 (1) 7

Fransien Kamper

Hettienne Kühn

Page 8: Subnuus (Maart)

8 Subnuus

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

In die tydperk wat ek saam met dié twee gewerk het, het ek werklik baie van hulle geleer. Ek het Elize leer ken as ’n vrolike, opgewekte en baie positiewe mens wat altyd reg was met ’n stukkie raad vir enige aangeleentheid, ’n drukkie hier en daar, ’n bemoe-digende woordjie vir iemand wat dit dalk sou nodig hê en ook as iemand wat baie goed was in haar werk. Elize, ek gaan jou baie mis en om die eerlike waarheid te sê, ek mis jou al klaar. Jy was ’n ligstraaltjie in die Katalogiseer-afdeling! Ek gun jou egter ook ’n rustige lewe in en om die huis sonder enige losblaaie! Annette was altyd bereid om te help. Verder was sy te alle tye baie professioneel in haar werk en optrede. Sy het baie moeite gedoen met haar voorkoms en ’n mens kon haar altyd deur ’n ring trek. Sy het ook baie belangstelling getoon in ander se wel en wee. Annette, ek dink jy was ’n groot aanwins vir die kantoor veral dan ook ten opsigte van die elektroniese tesisse wat jy hanteer het. Ons gaan jou mis! Nou kan jy egter ’n luilekker lewe hê sonder enige elektroniese tesisse! Geniet dit! Jy verdien dit! Willemien Aucamp Elize was soos ’n vars briesie wat deur die Katalogiseer-afdeling gewaai het. Soggens het sy elkeen in die afdeling afsonderlik by sy lessenaar gaan groet en almal uit hulle kokonne getrek deur belang te stel in hulle doen en late. Sy is ’n opregte en vrolike mens wat ’n leemte laat in die afdeling, nie net omdat sy ons verlos het van losblaaie nie, maar omdat sy elkeen van ons altyd spesiaal laat voel het en die beste vriendin is wat enigiemand kan hê. Elize, ek hoop om jou nog gereeld by al die ‘tea parties’ in ons buurt te sien! Ek sal Annette altyd onthou vir haar styl, haar humor, haar wye algemene kennis en die ‘twinkle’ in haar oog. Sy kan die komiese in enige situasie raaksien en dit met slim woordspeling verwoord. Sy is ’n toegewyde en noukeurige werker en as Annette iets afgehandel het, hoef niemand dit weer te kontroleer nie. Haar afdeling van die e-tesisse projek, wat ’n totale nuwe uitdaging was, het sy met entoesiasme aangepak en voltooi. Ons hoop jy sal gereeld inloer, Annette – dit is nou tussendeur al die besoeke aan die kinders in Engeland en die familie in Australië. Geniet dit alles! Marie de Goede

Wanneer ek aan Annette dink kom die volgende woorde by my op: deeglik, hard-werkend, humoristies. Annette is iemand wat die werk onder die knie kry en dit dan met deeglikheid afhandel. Sy het in Julie 1988 by ons aangesluit, eers in ’n 5/8 pos en vanaf 1990 voldag totdat sy in 2003 afgetree het. Maar ons het haar vinnig teruggehark en vanaf 2004 het sy in ’n ad hoc hoedanig-heid eers by retro en die laaste jaar of wat by e-tesisse uitgehelp. En weer eens het sy haar staal gewys, want sy was deel van die geboorte van dié projek en moes sommige dae klippe kou om net sin te maak van dit wat van haar verwag word, maar sy het dit met grasie hanteer. Elke mens druk binne ’n afdeling sy eie beson-dere stempel af. Wat my altyd sal bybly is haar wonderlike liefde vir en kennis van klassieke musiek sowel as haar geheue vir gedigte en rympies van vroeër tye. En die vinnige aanhaling of grappie om die oomblik vas te vang. Annette, ek wens jou alle voorspoed toe vir die volgende fase van jou lewe. Elize het in Augustus 2001 by ons in die Katalogiseer-afdeling aangesluit met opdrag: losblaaie. Voorwaar nie ’n maklike taak nie. Maar sy het onmiddellik ingespring en die deurmekaarspul uitgesorteer, reggeruk en met goeie insig afgehandel. En altyd haar werk gedoen met ’n ligte tred. Want Elize laat haar nie sommer onderkry nie. By losblaaie alleen het dit nie gebly nie. Sy het haar gewig 100% ingegegooi binne die afdeling en gehelp waar daar ’n krisis was en gedien op ons Sosiale komitee. Altyd ingestel op die wel en wee van ander mense het sy omgesien, geluister, vertroos, belanggestel, versorg. Dankie Elize, vir jou bydrae in ons kantoor en ek wens jou net die beste toe.

Annette Oelofsen & Elize Coetzee

Personeel het gegroet die afgelope paar maande (verv.)

Elize Coetzee

Annette Oelofsen

Page 9: Subnuus (Maart)

Margaret Bergh Elize was die “losblad-persoon” van die Regsafdeling. En diegene wat al die “tedious”, maar noodsaaklike werk gedoen het, weet -- dis aanhou en uithou; veral daardie rooi Butterworths wette! Elize was altyd komkom-merkoel en professioneel met wat sy ook al gedoen het. Daarby was sy opgeruimd, positief en altyd inspirerend. Watter wonderlike voorreg om saam met so ’n besondere persoon te kon werk! Ons mis jou! Melinda Heese

In die 5 maande wat ek by Interlenings saam met Laurinda gewerk het, het ek haar leer ken as ’n positiewe persoon. Sy beskik beslis oor “verhoudingswysheid” - met “My Skapie!” is menige situasie in ’n gemoedelike atmos-feer afgehandel. Ek wens haar alles van die beste toe in haar nuwe omgewing by Opvoedkunde Biblio-teek. Geniet al jou voor-dele! Ons is bly saam met jou. Dit was lekker om saam met jou te werk, dankie! Paula Conradie Dit is twee minute oor ses in die aand. Ons is in Edgars in die Kaapstadse middestad, ek en Laurinda. Ons is besig om te koop. Of liewer, Laurinda is besig om te koop. En ja, dit is twee minute oor ses en die winkel is toe! Ons is een minuut voor ses by die winkel in! Laurinda laat haar egter nie deur so iets onbenulligs afsit nie. Ons soek skoene en nie sommer enige skoene nie. Laurinda weet presies hoe hulle moet lyk! En terwyl ons wikkel na die skoenafdeling moet ons sommer gou kyk na glase want sy wil nog een of ander tyd dié ook koop. Binne ’n enkele minuut is skoene gevind en die kassiere doen geduldig die betaling wat langer neem as die gesoek na die skoene. A, dink ek, ons is klaar! Ek is ongemaklik om in ’n toe winkel te koop al is die assistente op die oog af hoe geduldig. Nee wag, daar sien Laurinda ’n oulike baadjie, sal mooi pas by jeans. Dit word ook gekoop. DIE OKKASIE? Dis LIASA se gala-aand en Laurinda is nie meer tevrede met die skoene wat sy die aand sou dra nie! Dis byna half sewe toe ons daar uit is. Laurinda doodtevrede en ek hoogs geamuseerd! Dit is Laurinda. Never a dull moment! Beslis die persoon om lewe in enige vaal geleentheid te blaas. En beslis nie een vir stilsit nie.

Ek

weet sy het al klaar by die Opvoedkunde biblioteek ingespring. Ons mis haar, maar hoop sy sal baie gelukkig daar wees. Reinet Faasen Laurinda het vir ’n kort tydjie in die afdeling gewerk, maar in daardie tydperk het sy haar merk gemaak. Sy was ’n formidabele kollega en was gedurig besig om ’n bestaande prosedure of proses aan te pas of te “tweak”, gewoonlik tot voordeel van die afdeling en ons kliënte. Sy is ook baie skerpsinnig en dit het tot baie humoristiese insidente gelei, want sy was nie altyd sonder kommentaar op die gebeure in die afdeling nie. Ons sal haar onthou vir haar melkterte en wie sal ooit haar “Runaway Bride”-kostuum vergeet van Loslitdag 2007. Sy is soos my ma sou sê ’n “mense-mens” en hoe meer dinge en mense daar rondom haar was, hoe beter. Ons gaan haar mis, want sy het unieke eienskappe gehad wat sy na die afdeling gebring het. Sy het besluit om ons te verruil vir die wêreld van die Opvoedkunde en ons wens haar alle sterkte en voorspoed toe vir al die nuwe uitdagings. Niël Mostert

Vol 29 (1) 9

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

Laurinda Kleynhans Laurinda saam met Lizel Johnston en Joanne Arendse by 2007 se Jaareindfunksie

Sarah Kibirige

We wish Sarah well in her new

endea-vours!

Page 10: Subnuus (Maart)

10 Subnuus

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

N’Ré. Dis nou ’n kwessie van ’n “profeet word nie altyd geëer in sy eie land nie.” N'Ré was/is iemand wat altyd haar beste gee. Maar bowenal is sy ’n lojale omgee-mens. Ek mis haar lekker lag, humor, belangstelling en empatie in almal se wel en wee en haar bereidwilligheid om altyd te help. Die Bestelafdeling en Fynbosstraat is armer sonder haar. Alles wat mooi is vir jou en jou gesin N'Ré! Emsie Stofberg ’n Leemte… ’n “gat” ... in die kantoor! Haar lessenaar is leeg - haar vriendelike “môre almal” is stil - en ek mis haar - baie! Sy het waarlik omgegee - net ‘n bedagsame, hartlike “Hoe gaan dit?” en dan het jy geweet jy kan maar sê - want sy bedoel dit, verstaan en het simpatie en empa-tie! Dan het die sms'e altyd nog moed gegee - so altyd op die regte oomblik asof sy kon aanvoel...! Haar sin vir humor, vertellings oor klein Nicholas - en manlief se visvangeskapades het ons menigmaal laat skaterlag! ...en as daar bietjie ekstra by die huis aange-kom het in die vorm van druiwe.. of selfs butternuts… het sy uitgedeel… en "cupcakes" gebak nog tussendeur! Sy was ’n ware vriendin (meer as net ’n kollega), met ’n hart van goud - vrygewig, eerlik, lojaal en mensgesind! En dis nog den einde niet - die sms'e kom nog - selfs in die middernagtelike ure - BAIE gewaardeer en kosbaar! Dankie N'Ré vir die liefde wat ek van jou ontvang het! Ek sal nooit vergeet nie! Ek wens jou net die mooiste in die lewe toe - dat alles wat jy gee ook na jou toe sal kom! Carinne Baldi (cjba)

In die “ouerwordende” bestelafdeling was N’Ré in 2003 ’n vars bries wat die res op hulle tone gehou het. Gou het ons uitgevind dat sy nie net van biblioteke geweet het nie, maar ook ’n baie interessante mens was wat oor huise, kos, katte, grappe en sommer enige ding on-der die son ’n bydrae kon lewer. N’Ré sal voorwaar gemis word in die Bestelafdeling vir sowel haar werk as vir haar entoesiasme en humorsin. Ons is dankbaar dat ons haar as kollega kon hê en wens haar, John en Nicholas net die beste toe met die nuwe lewe wat wag. Ilse de Lange Dit was lekker om vir jou as ‘n kollega te hê. Dankie vir jou geduld met al my opleidingsessies, jou behulpsaam-heid en jou vriendelikheid. Ons gaan jou mis in die af-deling. Alles van die beste met alle nuwe uitdagings en opwindings wat jou pad kruis. Mooi bly. Celeste Lindoor In die Bestelafdeling het ek jou leer ken as iemand met ’n baie fyn sensitiwiteit vir alle mense se gevoelens. Jou sin vir humor en lekker lag het die afdeling verlig. Geliefd onder alle kollegas. Daarvan het ’n oorvol teekamer getuig met jou ooievaarstee. As ek ’n werkgewer was en ek dink aan N’Ré, sou ek aan haar gedink het as “die sout van my instansie”. Me Moore, ek wens vir jou en John alle sukses toe met julle nuwe onderneming. One big move to Patensie. One giant hotel for the Eastern Cape. Hettienne Kühn

N’Ré Moore

Personeel het gegroet die afgelope paar maande (verv.)

N’Ré in hul hotel in Patensie

Page 11: Subnuus (Maart)

Melani Ismail Ek is Melani Ismail en ek is een van ’n tweeling, gebore in die Noord-Kaap. Ons het van Johannesburg af Kuilsrivier toe verhuis. Ek het my hoërskool-loopbaan by Sarepta Sekondêr voltooi en het na matriek Biblioteekkunde gaan studeer by die Universiteit van Wes-Kaapland. Ek het in 1996 na my studies by die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika begin werk as katalogiseerder en in 1998 het ek die hoof van die Tegniese Afdeling geword. Ek het daar gewerk tot einde Desember 2008. Ek gym graag in my vrye tyd en spandeer baie tyd met God en die mense na aan my hart. Ek hou van die buitelewe. Ek is ’n eerlike en opregte persoon en ek gee baie om vir mense, so veel so dat ek soms andere bo myself stel. Ek probeer altyd positief wees en ek haat negatiwiteit, want dis ’n vermorsing van tyd en energie.

Vol 29 (1) 11

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

Schalk Smit

As boorling van Nababeep, ’n klein dorpie in Namak-waland, was ek bevoorreg om baie naby aan die natuur groot te word en is vandag steeds baie lief vir die buitelewe. Na my skoolopleiding was ek vir 4 jaar ’n stu-dent aan die US en inwoner van Wilgenhof (1986-89), waartydens ek ’n BSc Hons-graad in die biologiese weten-skappe behaal het. Daarna het ek die Matiekampus ver-ruil en vir ’n jaar ’n Ikey geword en ’n Hoër Onderwysdip-loma behaal in 1990. ’n Jaar diensplig het gevolg in Potchefstroom en Wynberg. Na ’n kortstondige loopbaan in die onderwys skuif

ek in 1995 vanaf Groote Schuur Hoërskool na die Nasio-nale Versnellersentrum (tans iThemba LABS) as Biolo-giese Tegnoloog. Deur deeltydse studie behaal ek ’n MSc-graad in Radiobiologie in 1999. Gedurende hierdie tyd was ek ook deel van ’n onderhandelingspan wat ’n 20% personeelinkorting probeer beveg het. Hierdie ervaring oortuig my dat ’n loopbaan in ’n gespesialiseerde weten-skaplike veld beperkte werkgeleenthede en werkseku-riteit in SA bied en ek sit dus my studies voort met ’n MBA, wat ’n wyer toepassing het. Na jare van deeltydse studie in handelsvakke by UNISA pas MBA-studies my goed en dit skep vir my die geleentheid om in 2003 terug te keer na my alma mater as Finansiële Bestuurder van die Instituut vir Wynbiotegnologie en die Departement Wingerd- en Wynkunde. Hier leer ek selfs om wyn te maak, maar na byna 6 jaar by die DWW/IWBT was dit tyd vir ’n nuwe uitdaging. Met ’n wye belangstellingsveld en aangesien ek die US as goeie werkgewer beskou, was ’n skuif na die Biblioteek-dienste dus ’n maklike besluit. Behalwe werk en studies is ek en my ander helfte, Angeli-que - ’n veearts by Country Dierekliniek in Somerset-Wes - ook kranige drawwers en fietsryers. In 2007 het ons die antieke marathonroete tussen Marathon en Athene in Griekeland gedraf. Ons is ook lede van Toastmasters en ek is tans die President van Stellenbosch Toastmasters Klub. Tyd vir lees is daar maar min, maar ek wend tans ’n poging aan om Anton Rupert: ‘n Lewensverhaal, te lees. Enige ander aanbevelings van biografieë en wetenskaps-fiksie is welkom!

Nuwe personeel

Page 12: Subnuus (Maart)

12 Subnuus

Jason van Niekerk Hi, my name is Jason van Niekerk. I'm cur-rently busy with the final-year of my BA de-gree, majoring in Psy-chology and English Studies, and hopefully I'll be doing my honours in Psychology next year. I'm from a small Northern Cape town by the name of Port Nol-loth, and I've quite en-joyed my time here in Stellenbosch. As stu-dent assistent at the JS Gericke Library, I'm

hoping to make life as good for the other students study-ing here at our great University. Just a little more about me: I've got a passion for people, food and football.

Junke Schoeman Hi, my naam is Junke Schoeman. Ek het verlede jaar ’n graad in BA Geest-eswetenskap gekry en hoop om hierdie jaar te besluit wat ek met die res van my lewe wil doen. In-tussen neem ek ’n paar modules in bedryfsiel-kunde en maak die meeste van my laaste jaar as stu-dent op Stellenbosch.

Divinia Abigail Stevens Hallo daar. Ek is Divinia Abigail Stevens, maar beter bek-end as Divinia (dit is nou in Stellenbosch). Ek is nou al vier jaar ’n Matie en is besig met my graad in BCom Finansiële Rekeningkunde ofte wel ’n oorbruggingsjaar sodat ek my honeurs in BRek kan doen en eendag ’n CA kan word. JA wat meer kan ek sê, ek kom vanaf ’n klein Karoodorpie in die Noord-Kaap, De Aar. Partymaal wens ek ek kan terug gaan daar waar die lewe stil en rustig is, maar dis tyd om my vlerke te sprei en te vlieg. Ek is mal oor die natuur en kan vir ure net stil sit en luis-

ter na die geroep van die natuur. Dit is so goed vir jou siel. Om by die Bib te werk is vir my die wonderlik-ste gevoel. ’n Gevoel van mag, waar jy deel is van die reuse net-werk van inligting en ’n wonderlike span van toegewyde mense. Die jaar gaan definitief ’n jaar van leer en op-winding wees. What ever happens today prepares you for tomorrow.

Marlies Haupt Hallo allemaal! My naam is Marlies Haupt en my passies in die lewe is Nederlands (Afrikaans en Engels ook), boeke en die natuur. O en amper ver-geet ek van mense, kuns en musiek. Hiehie. Eendag, wanneer ek fiks genoeg is, sal ek by die BTK aansluit... Intussen verken ek elke middag te voet die strate van Stellenbosch. Ek is ge-bore en getoë in Venda in die Bosveld van die Limpopo-provinsie. In graad 4 het ek en my gesin ’n jaar in Utrecht, Nederland deurgebring. En na 3 jaar terug in die Bosveld sak en pak afgetrek Kaap toe waar ek nou al vir 9 jaar woonagtig is. Ek wou met alle mag UCT toe gaan - seker maar omdat ek wou anders wees, maar ek is so bly dat Stellenbosch (danksy my Ma) uiteindelik gewen het. Ek kan my nie ’n mooier universiteitsdorp in die wêreld voorstel nie. Ek is mal oor boeke en mal oor dié Bib en verstom my steeds vir die Gericke Bib wat so elek-tronies is – daar bo in die land werk die biblioteke nog met sulke helder kleurvolle kartonkaartjies… Ten slotte ‘iets’ oor myself: Ek kan nie sonder lag nie. Ek het tydens my tweede skof so ampertjies van IDP Bo se stoel afgeval soos wat ek gelag het vir Mia se beskrywing van haarself in ‘n ou uitgawe van Subnuus. Ek en Denéle het ook niksvermoedend daarin geslaag om ’n arme

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F Nuwe studente-assistente vir 2009 by

Inligtingsdienspunte

Page 13: Subnuus (Maart)

Vol 29 (1) 13

man, wat ’n bakkievrag vol boeke vir Niel wou kom aflaai, twee keer van die telefoon af te sny. Ek hoop die boeke het die Bib bereik want hy het nog nie weer gebel terwyl ek aan diens was nie… En Thea kon haar lag seker nie hou tydens ons opleidingsessie toe ek haar vra hoekom mý Bib web-blad en háár webblad so van mekaar verskil nie – ek slaap toe al so vas dat ek nie besef het dat sy met ’n Powerpoint-aanbieding werk nie…

Balindiwe Sishi Hi everyone, my name is Balindiwe Sishi but every-body calls me Bali (they feel my name is too long but that's OK). I am from the small but beautiful City of Choice (Pietermaritz-burg) in KZN but I actually grew up in Port Elizabeth. I've been in Stellenbosch for 6 years (and of those 6 years I probably have stepped into the Bib 3 times now and I'm slowly but surely beginning to feel like a fossil. I'm currently starting my PhD in physio-

logy and believe me when I say this: It was a LONG and TOUGH road getting there. As you can see from my photo I'm all smiles and that's me (always). I love to help people out but then again I'm not perfect, I don't know everything. Anyway enough about myself but here’s to a GREAT 2009. Let's hope everything goes as planned (which it never does)...

Vanessa Phillips Ek is Vanessa Phillips. Ge-bore en getoë in Namak-waland se kern, Springbok. As gevolg van al die oneindige kreatiewe stimulasie van die blommetjies, rolbosse en te veel doring-in-voet erva-rings, het ek as kind besluit om die wêreld van musiek my eie te maak, met die hoop om ten minste vir ’n paar uur per dag te leef op my eie "stage" van pragtige Steinways en elegante aandrokke. Onnodig om te sê het ek musiek kom swot en in Solospel gespesial-iseer. Hierdie jaar jaag ek my ander passie na; om ’n bietjie meer te leer van die mense wat so geduldig (en soms ged-wonge) na my as pianis geluister het, wat na die konsert ’n koppie koffie by Java gaan drink en daarna hul koppe op hul sagte kussings neerlê met die wete dat môre nog ’n harde werklikheid van die lewe mag inhou. Dis ’n nuwe

jaar en ek begin weer, vyf tot sewe ure in ’n oefen-kamer word nou ure van Sielkunde 2 en 3 en inten-siewe persoonlike herevaluasie...*shudders* The force is with you, young Skywalker!

Cara Meintjes Sjoe, dis dikwels vir my moeilik om myself so uit die vuis uit op te som! Ek kyk met bewondering na Mari Hugo se artikeltjie van laasjaar; dalk is ’n paar sleutelwoorde die plek om te begin. Dus: Durbanville. Huis ten Bosch en nou Banhoek-weg 149. Politieke Wetenskap Honneurs. Dis maklik om my opgewonde te maak –

’n vriend het my by sy huisdans as ’n just press play date beskryf! ’n Paar van die dinge wat my baie opgewonde maak, is... Eerstens, musiek. Sing, speel, liedjies skryf, nuwe musiek ontdek en luister, dans en sêr is my kos. My kursus fassineer my ook, maar ek voel ek verstaan daar nog min van. God is regtig ’n geneser en trooster, ’n leermeester, en die bron van my lewe en opwinding – hoe meer ek van Hom sien, hoe meer wil ek hê. Laastens maak hierdie dorp, Stellenbosch, my rasend opgewonde, omdat die hele plek en sy mense so deurdrenk in geskiedenis maar terselfdertyd so vernuwend en vol potensiaal is. Ek verlustig my in die gesig van "slim, ou mense op fietse" - hulle kleur die strate perfek in! Verder is ek ’n bietjie van ’n geek wat graag ure lank op die internet rondspeel – ek het selfs ’n blog by http://carakind.wordpress.com waar ek my warrelgedagtes probeer aanbied. My nuwejaarsvoorneme is om te skryf – liedjies, gedigte, stories en hopelik nog ’n paar blogs ook.

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

“Whatever

happens today

prepares you

for tomorrow”

Page 14: Subnuus (Maart)

14 Subnuus

Rouve Wessels My name is Rouve Wessels and I’m originally from Pretoria, now enjoying the many benefits of living in Cape Town and Stellen-bosch. I’m currently in my third year doing a BA in Development and Environment. In my free time (which has become sub-stantially less this year) I love to read, listen to and discover new music, cook good food and spend time with friends. My obsession in life is traveling, seeing new things and meeting new and interesting peo-ple. I hope 2009 will be a successful and happy year for everyone!

Lee-Ann Maasdorp

Goeie dag aan alle lesers, Ek is Lee-Ann Maasdorp, ’n Namakwalander. My wortels is in ’n klein plekkie genaamd Pofadder. Moenie bevrees wees nie ek pik nie, blom net van vriendelikheid (soos ons bekende blomme-prag). Is tans besig om BSc Chemie

en Polimeerwetenskap te studeer. My droom is om jongmense te help besef dat jy nie hoef ryk of slim te wees nie, om groot te droom en jou drome te laat verwesenlik. Ek glo dat alles in die lewe wat die moeite werd is, ’n mens hard voor moet werk. My gunsteling tydverdryf is om eksperimente te doen, ’n verskil te maak en te dien, maar bowenal om ’n sielsverfrissende tyd in die natuur deur te bring.

Clinton Cloete Hallo daar! My naam is Clinton, ʼn Weskus klong, gebore in die pragtige dorpie van Port Nolloth, waar bote die waters bevaar en duikers die seebodem skrop vir diamante en waar die sonsondergang iets uit ʼn sprokiesprent is. Ek het verlede jaar my graad in BA Internasionale Studies verwerf. Ek is tans besig om my gemiddelde op te stoot om vir honneurs in te kom. My liefde vir Stellenbosch is die rede hoekom ek nog steeds hier is. Ek geniet musiek,

visvang en die geselskap van goeie vriende. Alles van die beste vir 2009!

Gerida du Toit Hi almal! Ek is Gerida du Toit, afkomstig van Agterkliphoogte, Wandsbeck area in die Breërivier vallei. Ek is huidiglik ’n tweede jaar MSc Voedsel-wetenskap student, met navorsing toegespits op koring. My passie is bak, sport, kuier met vriende, en ek is altyd baie nuuskierig oor nuwe interessante ontwikkelinge in die voedsel veld.

Marthèlize Tredoux

Hallo aan al die Bib-mense. My naam is Marthèlize. Ek kom oorspronklik van die Strand af maar bly al van my eerste jaar af meestal op Stellenbosch. Ek was vir 4 jaar in Nerina dameskos-huis, 2 jaar in ’n studente-huis en bly van vanjaar af in ’n woonstel. Ek is tans besig met my 3de jaar M.Sc. Wingerd & Wynbiotegno-

logie. Ek oorweeg om volgende jaar ’n 3-jaar LLB kursus aan te pak, so ek dink die beskrywing “Professionele student” mag dalk van toepassing wees. Verder is ek mal oor musiek, teater, fliek en wyn (laasgenoemde altyd saam met goeie geselskap gekombineer). Ek sien uit na ’n jaar vol uitdagings en nuwe mense.

Pieter F du Toit Heil die leser. My naam is Pieter F. du Toit. Ek is ’n vyfdejaarstudent by US en doen my MA in Klassieke Letterkunde. Buiten studeer sien ek hierdie jaar as ’n geleentheid om nuwe ervarings op te doen en soveel as moontlik kos in my bord te skep; ek is ’n bladdorstige leser asook ’n musikant, digter en trotse lid van die Adam Tas-studentevereniging. Ek sien uit daarna om in hierdie jaar ’n kreatiewe bydrae te maak tot die JS Gericke Biblioteekpersoneel.

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F Nuwe studente-assistente by Bronverskaffing

Page 15: Subnuus (Maart)

Vol 29 (1) 15

Hallo vanuit Abo in Swede of Turku in Finland. Weet nie waar ek sal begin nie. Alreeds ’n week hier en elke dag is anders. My vlug uit SA na Finland was nie sonder probleme nie: Ek strompel met ’n sak boeke en artikels en handsak deur immigrasie toe ek hoor dat dit die final call is vir pas-senger Adams om te board. Ek was natuurlik heeltemaal oorgewig met my bagasie, en die vriendelike jong man wat my inboek, sê dat hy my nie ekstra sal charge vir my 6 kilo-gram nie. Ek drink op Windhoek lughawe ekstra sterk hoof-pynpille, en toe die trollie kom vir drank, water, sap, ens. kies ek toe ’n glas rooiwyn, en met my ete nog ’n glas wyn en daarna nog ’n glas wyn. Om middernag word ons lekker nuwejaar toegewens en daar is sjampanje en sjokolade. Weer eens kry ek ’n glas sjampanje. Tien minute daarna voel ek nie goed nie. My ore zoem en ek kan voel hoe die bloed uit my gesig vloei. Die Duitser langs my vra toe of hy iemand moet roep. Ja, ’n dokter sê ek. Ek het slegs deur gebed oorleef. Op Frankfurt lughawe, (wat natuurlik verander het sedert 2001 - daar is nou ’n trein tussen die twee terminale) kry ek my tweede probleem. Ewe slim klim ek op ’n trein na terminaal 1 terwyl my bagasie by terminaal 2 is. Na ’n lang geskarrel vir iemand wat my kan verstaan word ek na die Lufthansa toonbank geneem en ’n oor en weer bellery en my persoonlike hulp, ’n jong Duitser wat opmerk dat ek ’n sak het met ’n slogan oor librarians, neem my weer op die trein terug na terminaal 2. Daar moes ek toe weer inboek, en word aan my gesê my bagasie is oorgewig en dit kos 50 euro. Die vrou was egter baie gaaf, en sê dat ek kan uitpak. Ek trek al my baadjies aan en gaan terug. My sak toe slegs 3 kilos ligter, maar sy het my laat deurgaan. My aand in Abo bring ek deur in ’n lieflike hotel, maar om-dat ek nie ’n kredietkaart het nie, word die televisie gedis-konnekteer in my kamer en die minibar word leeggemaak. Twee dae oriëntasie volg. Die universiteit is oud. Die enigste Sweedse universiteit in Finland. Dit is geleë naby die katedraal, die naam kan ek nie uitspreek of onthou nie. Al die deure is gesluit en jy be-taal vir ’n sleutel. Dit kos 35 euros en dit laat jou toe om die admin, internasionale kantoor, rekenaarkamers en die departement waar jy is 24h per dag te bereik. Slegs tot die biblioteek het jy geen toegang met dié sleutel. Ja, die librarians is almal jong manne en hulle lyk nie soos librarians nie. Eerste ding wat ek opmerk. In die hoofbiblio-teek is nie boeke nie. Jy bestel die boeke by ’n tipe reposi-tory en dan kom haal jy dit by die hoofbiblioteek af. Daar is ongeveer 2 miljoen items gedrukte materiaal en ek weet nie hoeveel databasisse nie. Vir die katalogus maak hulle van ALMA gebruik, en dit is in Sweeds, Fins en Engels. Heel maklik om jou weg te vind. Natuurlik sal ek weet, ek is dan self in die bib en weet hoe katalogusse werk. Het ook van-dag my co-supervisor hier raakgeloop. Hy wou weet of ek al enige iets het om in te handig. Hmm, nog nie maar ek werk daaraan. Afgesien dat dit yskoud is, en ek al minus 14 beleef het, is

dit prentjiemooi hier. Dit is so veilig en die mid-night bus loop soos ’n droom. Die gereelde sneeuvlokkies wat val en die dik wit laag wat dit op jou klere maak, is absoluut amazing. En ja, ek is al klaar nie meer alleen nie, het twee vriende van Amerika, een uit Italia en een van Pole. My Paasfees sal ek in Praag en Pole deur-bring. Volgende week betaal ek slegs 18 euro vir ’n enkelkaartjie na Stockholm saam met ’n Amerikaanse vriend van my. Wel, dit is nou eers genoeg. Sterkte met die eerste kwartaal. Jammer dat ek nie my volle gewig kan ingooi nie. Julle is welkom om my terug te kry Januarie 2010 sodat ek kan WERK. ’n Laaste ding: die sleutelborde van die reke-naars is weird, en jy kan geen attachments ontvang nie. Al die e-posse blok studenterekenaars wat attachments ont-vang. Stuur vir my ’n attachment en ons kyk wat gebeur :-) Lindall Adams

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

LINDALL Sê HALLO VANUIT SWEDE!

Page 16: Subnuus (Maart)

16 Subnuus

SACRED GAMES VIKRAM CHANDRA

’n Mens het ’n somervakansie nodig om daardie láááng romans wat in Indië afspeel, te lees. Begin maar met The Raj quartet (en die daaropvolgende Staying on) deur Paul Scott en lees dan Vikram Seth se A suitable boy.

Vikram Chandra se eerste roman Red earth and pouring rain was vir my onleesbaar en ek het dit vinnig op die boekrak teruggesit. Onlangs lees ek sy Love and longing in Bombay wat bestaan uit vyf langerige kortverhale wat deur ’n afgetrede staatsamptenaar aan ’n groepie toehoorders vertel word. Al die verhale speel in Moembaai af. In een van hulle is polisie-inspekteur Sartaj Singh (‘n Sikh) besig met ’n moordondersoek en terselfdertyd word ’n greep uit sy persoonlike lewe vertel.

Chandra se nuutste roman is Sacred games waarin Sartaj Singh een van die hoofkarakters is. Die aartsboos-wig, (en hoof van ’n bende wat georganiseerde misdaad pleeg), Ganesh Gaitonde, is die ander hoofkarakter. Die ontknoping van die stryd tussen Sartaj en Ganesh vind gou-gou plaas en in die sowat 850 oorblywende bladsye word vertel wat vroeër in dié twee se lewens gebeur het. ’n Groot verskeidenheid karak-ters uit alle lae van die Indiese samelewing word gebruik om dit reg te kry - gelukkig is daar ’n naamlys vóór in die boek. D.m.v. al hierdie karakters word ’n veelkantige beeld van hedendaagse Moembaai geskil-der en die roman is ook ’n loflied aan dié besoedelde, korrupte, komplekse en geliefde stad. Op onverwagte maniere word die geskiedenis van Indië sedert 1947 ingevleg in die vertelling en Bolly-wood, die Mej. Indië-kompetisie, ’n guru, godsdienstige geweld, politieke spanning tussen Indië en Pakistan en nog vele ander temas word deel

van die verhaal. Ek moet erken dat die beskrywing van Ganesh Gaitonde se persoonlike lewe later ’n bietjie vervelig word, maar Sartaj Singh met sy uiters netjiese tulband en kleredrag en sy blinkgepoetste skoene, sy twyfel, sy medemens-likheid en sy foute, is ’n baie oortui-gende driedimensionele karakter.

Hindi-woorde en –uitdrukkings word dikwels in die boek gebruik en daar is ’n webwerf waar die leser kan gaan seker maak wat die vreemde woorde beteken. Uit die konteks is dit egter meestal duidelik wat die skrywer bedoel. ’n Verrassende bonus is dat die leser aan die einde van die roman ’n paar Hindi-kragwoorde sal ken!

’n Onlangse Indiese roman waarin die leefwêreld van die “underdog” ook uitgebeeld word, is Vikas Swarup se Q & A, wat pas verfilm is as Slumdog millionaire. (Die skrywer, ’n diplomaat, woon tans in Pretoria.) The white tiger deur Aravind Adiga brei treffend uit op dié tema.

SUDDEN RAIN - MARITTA WOLFF

Maritta Wolff se eerste roman, Whistle stop, is in 1941 gepu-bliseer toe sy 22 jaar oud was. Vyf ander romans het daarop ge-volg en in 1972 het sy Sudden rain voltooi. Die uitgewer wou hê dat sy moeite moes doen om die boek te bemark wanneer dit uitgegee sou word, maar sy het geweier. Die manuskrip is toe nooit gepubliseer nie en sy het dit in haar yskas gebêre. Ná haar dood in 2002 is dit daar gevind en in 2005 vir die eerste keer gepubliseer!

Die roman speel oor vier dae in die Los Angeles van die laat sestigerjare af. ’n Hele aantal huwelike en ver-houdings word beskryf en ontleed en ondergaan veranderings: uiteindelik soms heel onverwagte verande-

rings. Die verhoudings tussen ouers en kinders kry ook heelwat aandag. Naby die einde van die roman is daar ’n skokkende gebeurtenis wat die leser laat regop sit.

Die taalgebruik en temas (bv. omgewingsbewaring) kom heel mo-dern voor en ’n mens kry nie die gevoel dat jy ’n roman lees wat 36 jaar gelede geskryf is nie. Soveel so dat ek die nogal lywige boek gedurende die vakansie in een dag deurgelees het.

ALL OUR WORLDLY GOODS IRENE NEMIROVSKY

Die lewe van ’n paar karakters in ’n Franse dorpie word in dié roman weergegee in die jare tussen 1911 en 1940. Pierre, wat in die toekoms sy familie se fabriek moet bestuur, is verloof aan ’n “geskikte” meisie, maar hy stel meer belang in Agnès - iemand saam met wie hy groot-geword het, maar wat uit ’n laer sosoiale klas as hy kom. Besluite word geneem en verbintenisse word aangegaan. Dan breek die eerste wêreldoorlog uit en Pierre moet gaan veg. Ná die oorlog probeer die dorpenaars om die plaaslike eko-nomie aan die gang te kry en skaars het hulle daarin geslaag en ’n bietjie ontspan voordat die tweede wêreldoorlog uitbreek.

Hartverskeurend herhaal die geskie-denis homself en hierdie keer moet die volgende geslag jongmans front toe gaan, o.a. ook Pierre se seun. Némirovsky slaag daarin om binne 200 bladsye die wel en wee van drie geslagte dorpenaars te beskryf en die boek eindig op ’n hoopvolle noot te midde van die oorlog.

Die skryfster het in 1942 in Auschwitz gesterf en die boek het eers in 1947 verskyn. Die Engelse vertaling is in 2008 gepubliseer. Némirovsky het ook Suite Franςaise geskryf wat handel oor die val van Parys gedurende die tweede wêreld-oorlog en die lewe op die Franse platteland tydens die Duitse beset-ting. Dié boek is eers 65 jaar later, in 2006, vir die eerste keer gepubli-seer.

Boekeblad deur Anneke Schaafsma B

OE

KE

B

OO

KS

B

OE

KE

B

OO

KS

B

OE

KE

B

OO

KS

B

OE

KE

Page 17: Subnuus (Maart)

Vol 29 (1) 17

TOPVERKOPERS- FEBRUARIE 2009

1. As murasies kon praat – Ware verhale uit Namakwaland. Gert Sarrisam, Kortverhale (Selfpubli-kasie) 2. ’n Vurk in die pad. André P. Brink. Memoir (Human & Rousseau) 3. Kan Afrikaners toyi-toyi? Pieter Mulder. Eietydse Geskiedenis / Memoir (Protea Boekhuis) 4. Eclipse. Stephenie Meyer. Fantasy Fiction (Atom Books) 5. New moon. Stephenie Meyer. Fantasy Fiction (Atom Books) 6. Die verdrinking van Josua van Eeden. Carina Diedericks-Hugo. Fiksie (Umuzi Uitgewers) 7.Twilight. Stephenie Meyer. Fantasy Fiction (Atom Books) 8. Staan in die algemeen nader aan vensters. Loftus Marais. Digkuns (Tafelberg Uitgewers)

9. Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar – Kritiese opstelle oor Afrikaanse herinneringsplekke. Albert M. Grundlingh & Siegfried Huigen (samestellers). SA Geskiedenis (African Sun Media) 10. Breaking dawn. Stephenie Meyer. Fantasy Fiction (Atom Books)

Digter Wordende – ‘n Keur uit die gedigte van Antjie Krog

Antjie Krog

Antjie Krog se eerste digbundel, Dogters van Jefta, het verskyn toe sy agtien jaar oud was. Twee jaar later word haar tweede bundel, Januarie-suite, met die Eugéne Maraisprys bekroon. Daarna verskyn nog nege bundels van haar, onder meer Lady Anne waarvoor sy die Hertzogprys vir poësie ontvang het. Sy is internasionaal bekend as digter, joernalis en skrywer. Uit haar verslaggewing oor die Waarheids-en Versoeningskommissie het die boek Country of my skull ontstaan, wat later verfilm is. In hierdie bundel verskyn ’n keur uit haar gedigte, ingedeel volgens tema. Daar is liefdesgedigte, gesinsgedigte, skryfgedigte, poli-tieke gedigte en gedigte uit Lady Anne. Dié bundel bied aan die leser ’n tipe opsomming van die beste werke van Antjie Krog uit verskeie van haar bekroonde bundels. [Human & Rousseau, R160, 9780798149266]

Op die vrou af 2 - André le Roux Op die vrou af 2 is die derde bundel van die bekroonde en gewilde joernalis, André le Roux se SARIE-rubrieke. Hy krap in die psige van die man en vrou en bestudeer met fyn waarneming,

humor en satire die mees komplekse verhouding in die natuur… die huwelik. Le Roux se fyn waarneming van kwinte en kwellinge tussen man en vrou bied ’n komiese perspektief op die huwelik en verhoudings, met ’n gesonde skoot deernis en empatie daarmee saam. Skerpsinnig steek hy subtiel die draak met albei geslagte en bied vele geleenthede vir manlief en vroutjie om met ’n skaterlag uit te roep: “Dis presies hoe jý is.” Vele mans deel byvoor-beeld die aaklige, onmoontlike lot om sy vrou se vele tasse vir ’n kort vakansietjie in die kattebak te probeer kry, net om die hele pad te hoor hoe sy seker is sy moes daardie rok of daardie trui ingepak het. En vele vrouens is dikwels stomgeslaan deur die feit dat jou man nie kan verstaan hoekom jy gewig wil verloor om beter in jou klere te pas nie. Sy intelligente vraag/antwoord is gewoonlik: “Hoekom koop jy nie net ’n groter nommer nie?” André le Roux toon op ’n komiese wyse dat die gesegde waar is: “Vrouens is van Venus en mans is van Mars”, maar ook dat hulle middeweg hul eie planeet vind waar hulle ten spyte van hulself in liefde en meeste van die tyd vrede saamleef. Human & Rousseau, R155, 9780798150330

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

Protea-Boekwinkel topverkopers en nuwe boeke

Page 18: Subnuus (Maart)

18 Subnuus

Drie weke vakansie vir die eerste maal in … ek kan nie onthou hoe lank nie … Ek het vir maande uitge-sien! Vooraf het ek egter al besef dit sal maar met Jan Tuisbly se karre-tjie moet geskied. Nie die einde van die wêreld nie. Lang lysies word vooraf gemaak oor wat alles by die huis gedoen moet word: mure verf, kussings maak, tuinmaak, mosaïek-werk, ensovoorts. Dan is daar ook baie uitstappies see toe. Soveel as moontlik! En baie kuier saam met vriende. Wel, laasgenoemde het darem waar geword. Ek was noodgedwonge aangewese op vriende EN hullle families, nadat ek om verskeie re-des nie na my familie kon gaan vir Kersfees nie. Groot bron van vakan-sieblues natuurlik. My baie ou hond, Tosca, se einde-van-die-pad arriveer toe ook in hierdie alleen-Kersfees-tyd. Vakansieblues uit die boonste rakke! Wel, nodeloos om te noem dat alle kreatiewe planne by die venster uitgewaai het. Ontvlugting was eerder die oplossing. Die weer was ook nie aldag goed vir die be-plande see-uitstappies nie, daarom was boeke, museums en flieks my redding! Hiermee deel ek graag ’n paar ge-dagtes oor die boeke wat ek gelees het. Winter in Madrid - C.J. Sansom Wanneer laas kon ek ’n boek nie neersit nie? Wanneer laas het ek elke karakter voor my sien groei, gestalte sien kry onder my oë? In-dien hierdie boek ooit verfilm word, sal ek die casting kan doen. Jude Law sal onder andere die een hoofrol speel. Maar ek sou ook met die cine-matography sowel as die kostuums kon help, selfs al was ek nog nooit

in Madrid nie en al het ek nog nooit so iets in my lewe gedoen nie. Die skryfstyl, beskrywings, maar ook die vloeiendheid van die verhaal dra daartoe by dat ’n mens voel jy is daar, selfs binne in die karakters. Dis nou twee maande gelede wat ek die boek gelees het en steeds kan ek elke karakter voor my sien, elke toneel. Dis ook ’n verhaal wat ’n mens lank bybly. Winter in Madrid is ’n spioenasie-cum-oorlogsverhaal wat afspeel in die tyd net na die Spaanse Burger-oorlog en tydens die Tweede Wê-reldoorlog. Harry Brett word deur die Britse Geheime Diens gestuur na Madrid om te spioeneer op Sandy Forsyth, ’n ou skoolvriend. Hier kom hy agter dat Sandy se meisie, Bar-bara Clare, ’n vorige liefde van ’n ander skoolvriend, Bernie Piper was. Sy kan steeds nie glo dat Bernie werklik dood is in die oorlog nie en is op haar eie missie in Spanje om uit te vind wat van hom geword het. “Not since Robert Harris… have I come across a writer who captures the mood of an era so succintly and graphically” skryf ’n resensent in die Dublin Evening Herald. “Winter in Madrid is not only a crash course in the politics of the era but serves as a marvellous primer on the duplicity and treacherousness of our species and yet gives us hope that there are exceptions to these terrible generali-sations.” Die realisme waarmee die verhaal hanteer word, word ook beskryf deur ’n ene Sherry wat die boek resenseer op die internet: “The win-ter setting is a metaphor for the bleakness of the entire plot, and although I usually don’t like novels that end with very little hope or faith for the future, the ending felt right for this novel. It’s a Candide-ish sort of ending in which the main charac-ters, those who are left, decide to cultivate their gardens as the world moves on from catastrophe to ca-testrophe.” Wat anders kan ’n mens

doen? Agterna gesien kan ek ook nie eintlik dink dat hierdie boek werklik my vakansieblues teengewerk het nie! Inteendeel... Dit was vir my opwindend om te sien hoe ’n paar resensente ook verwys daarna dat hierdie roman ’n uitstekende film sal maak: “An Oscar-winning movie waiting to hap-pen”. Ek kan reeds nie wag om dit te sien nie! The quiet girl – Peter Hoeg

Peter Hoeg was op ’n stadium my gunstelingskrywer. Natuurlik ron-dom die tyd van Miss Smilla’s feel-ing for snow. Ek het egter al sy an-der boeke ook verslind. Sommiges bietjie vreemd, maar altyd heel lees-baar en interessant. Borderliners was byvoorbeeld ook ’n gunsteling en handel oor weeskinders wat ontsnap uit ’n weeshuis. Ek het altyd gewonder of dele van sy ro-mans dalk outobiografies kon wees. Peter Hoeg was blykbaar ook ’n weeskind. In elk geval. Ek hou die pers lankal dop vir ’n nuwe boek deur hom en 10 jaar later uiteinde-lik! The quiet girl. Ek sou hierdie roman ook klassi-fiseer as ’n bietjie vreemd. Effens surrealisties. Maar boeiende lees-stof en ’n baie interessante onder-werp. Weer, soos in Borderliners, is kinders met spesiale eienskappe betrokke. Kasper Krone is ’n bekende Deense nar met buitengewone gehoor. Hy is ook ’n musikant met ’n liefde vir

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E Boeke wat vakansieblues teenwerk... Marié Roux

Page 19: Subnuus (Maart)

Vol 29 (1) 19

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

Bach, maar in die moeilikheid oor belastingontduiking. Hy word genader deur ’n groep nonne wat hom belowe om hom te help met sy belastingprobleme in ruil daarvoor om ’n paar kinders te help beskerm wat oor dieselfde spesiale kwaliteite as hy beskik. Die een jong meisie is Clara Marie, “the quiet girl” wat hy probeer red uit die kloue van diegene wat die kinders se spesiale talente wil uitbuit. ’n Moeilike boek om te lees en te verstaan, maar soos Todd Finlay, ’n resensent, moedig skryf: “I am half-way through the book. It takes pa-tience, but my patience is rewarded with cultural insights and an en-hanced appreciation for the music of life.” Op ’n gespreksblad skryf ‘n paar moedelose lesers: “I’ve just finished with the book; I need to talk with a fellow reader”. En dan ’n aan-haling wat vir my opsom hoe ek wil aanbeveel mens hierdie boek moet lees: “I did re-read bits for clarity near the beginning but soon decided to just flow with the strangeness.” Wat vir my die meeste uitstaan van die verhaal is hoe dié karakter mense en situasies vinnig kan op-som vanweë sy goeie gehoor – hy “hoor” letterlik die toonaard van elke persoon of situasie of soms selfs ’n spesifieke musiekstuk wat die per-soon se gemoedstoestand teken. Terwyl ek die boek gelees het, het ek heeltyd gewonder of hy my in b-mineur sou hoor… of watter melankolieke musiekstuk dit sou wees. Miskien “Winter” van Vivaldi met ’n tikkie klank van ironie omdat dit eintlik somer is op die oomblik…

Franse Briewe – Marieta van der Vyfer Beste Marieta Nadat ek ’n paar jaar gelede Die hart van ons huis gelees het, het ek ook onmiddelik na my tikvinger ge-gryp en ’n brief vir jou begin skryf. Dié boek het my op verskil-lende vlakke geraak en ek wou dit graag met jou deel. Natuurlik het ek nooit die brief gestuur nie, maar nou is ek eintlik spyt, want dalk sou jy miskien besef het jy doen jouself en jou lesers in om nie dieselfde stan-daard te handhaaf met Franse Briewe nie. Ek weet meeste resen-sies hemel dit vreeslik op en ek be-sef daar is niks groots fout met dié bundel kortverhale nie. En die om-slag is tog so mooi eg Frans. Dis net dat ons iets anders, iets meer ver-wag. Jy verwys in Franse Briewe na lesers van reg-oor Europa wat belangstelling in jou vorige bundel getoon het. Ongelukkig dink ek Eu-ropa en die res van die wêreld is ook maar ’n bietjie teleurgesteld in jou nuutste skepping. Ek het hierdie bundel in die aande gelees voor ek gaan slaap het in my vakansietyd. Opgewonde het ek gedink dit sal my stof tot nadenke gee net voor ek gaan slaap en my dalk laat droom oor vreemde, verre lande. Ek sal nooit vergeet hoe ver-baas ek na die eerste verhaal was dat daar nie nog ’n bladsy was waar jy nou eintlik tot die punt gaan kom, of net ’n bietjie dieper delwe nie. Ek het omgeblaai en gesien die vol-gende kort verhaaltjie begin alreeds. My reaksie: gooi die boek op die kopkussing langs my neer met ’n erg teleurgestelde gevoel, maar ook al half aan die slaap omdat daar nie veel was oor om na te dink nie. En so was dit met elke verhaal. Die boek is in ’n rekordtyd deurgeblaai en gelees. Nie omdat dit so goed

was nie, maar omdat daar niks was om op te “linger” nie. Ons besef hierdie bundel bestaan uit rubrieke wat in SARIE gepu-bliseer is en natuurlik was daar ’n beperking op die aantal woorde per rubriek… Miskien het hierdie ver-vlakking van jou nuutste kortver-haalbundel ook iets te doen met die vervlakking van ons Afrikanernasie – waar sonskyn, partytjies en rugby mos seëvier! (opsigself niks verkeerd met hierdie dinge nie – ek is self ook baie lief vir die son onder andere). Ek wil dus nie vir jou alleen blameer nie, maar wil groot asse-blief vra – skryf volgende keer net ’n halfuur langer aan een rubriek/ verhaal en jou lesers sal dalk ’n biet-jie meer daaruit kan put en jou Europese lesers sal dalk ook weer jou boeke koop. Ons weet mos jy kan! Met beste groete Marié PS: Sonja Badenhorst verwys in haar resensie op Litnet met mooier woorde na presies wat ek ervaar het met die lees van hierdie bundel: “…sy trek die deur net op ’n skrefie oop en kort vlietende oomblikke word ’n lusmakertjie vir ons nuus-kierige siele.” Ek wou nog skryf oor MUSEUMS en FLIEKS, maar die plek ontbreek en tyd het my ingehaal, miskien ’n vol-

gende keer. Ek kan wel die volgende sterk aanbeveel:

Rupert Museum – Rodin uitstalling FLIEKS The Band’s visit Vicky Christina Barcelona Fugitive pieces In Bruges

Usually we never hear the world as it is. We hear an edited production […]. The sounds we like, we draw forward […]. Whereas the sounds we don’t like, we push away […]. And the rest of the sounds are irrelevant – we tone them down – the traffic, the city, the mundane. When you really listen, all sounds begin to organize themselves into themes […]. We don’t live in chaos. Someone is trying to play something. Trying to create a piece of music.

Uit: The quiet girl

Page 20: Subnuus (Maart)