sukses mysukses februarie - bovestbovest.co.za/wp-content/uploads/2018/02/bell0218pg091.pdf’n...

1
MY SUKSES Saamgestel deur Anica Scholtz | [email protected] B www.bellamagsa.com FEBRUARIE 2018 91 Die registrasie en administrasie van inkomstebelasting is nie werklik so ingewikkeld soos wat dit lyk nie. Tharien Hattingh se wenke maak dit sommer maklik! Waaruit bestaan ’n individu se belasbare inkomste? Dit sluit onder andere die volgende in: l Vergoeding vanaf ’n werkgewer soos ’n salaris, loon, bonus, oortydbetaling, belasbare byvoordele en toelae. l Winste of verliese uit ’n besigheid l Huurinkomste of -verliese l Pensioeninkomste l Direkteursfooie l Beleggingsinkomste Wanneer moet jy vir persoonlike inkomstebelasting registreer? Sodra jy meer as die belastingkerf in ’n jaar verdien, is jy verplig om vir persoonlike inkomstebelasting te registreer. Die pienk tabel dui die belastingkerf vir die 2018 Belastingjaar aan. Hoe registreer jy vir persoonlike inkomstebelasting? ’n Individu kan vir persoonlike geskep word en op jou profiel gaan lê. Die vorm moet jaarliks voltooi word en dan elektronies ingedien word. Hoe voltooi ek ’n ITR12 vorm? Daar is maklike stappe op die ITR12 vorm wat gevolg moet word om die vorm volgens jou unieke situasie, inkomstebronne en aftrekkings te struktureer. Lees dus noukeurig op die eerste bladsy en maak seker dat jy al die regte boksies tiek. Alle inkomste vanaf ’n werkgewer sal outomaties op jou ITR12 ingesluit wees in die vorm van ’n IRP5. Dit is jou verantwoordelikheid om alle addisionele inkomste en uitgawes op die vorm te verklaar. Wat is die mees algemene aftrekkings waarvan ek bewus moet wees? Indien jy die hooflid van ’n mediesefondspolis is, kan jy jaarliks jou bydraes verklaar en aftrek, sowel as alle kwalifiserende mediese uitgawes uit jou eie sak gedek. Verder is alle bydraes tot ’n uittree- annuïteitsfonds aftrekbaar, beperk tot die grootste van 27.5% van jou belasbare inkomste of R350 000 per jaar. Nie net spaar jy vir jou aftrede nie, jy kry ook ’n belastingvoordeel. Onthou om jou mediese fonds en uittree-annuiteitsfonds jaarliks te kontak vir jou belastingsertifikaat. inkomstebelasting registreer by die naaste SARS kantoor. Die volgende ondersteunende dokumentasie is nodig: l Identiteitsdokument l Afskrif van die identiteitsdokument l Bewys van bankbesonderhede l Bewys van verblyf deur middel van ’n munisipale rekening in jou naam of ’n huurkontrak in jou naam Indien jou registrasie suksesvol is, sal die SARS beampte onmiddellik vir jou ’n unieke persoonlike inkomstebelastingnommer uitreik. Wat is die volgende stap? Sodra jy geregistreer is, moet jy vir jou ’n profiel op SARS eFiling registreer. Dis ’n gerieflike platform wat die individu in staat stel om oor die internet, jaarliks belastingopgawes in te dien. Registreer by www.sarsefiling.co.za . Hoe en wanneer dien ek jaarliks in? Persoonlike inkomstebelastingopgawes is die ITR12 opgawes en word jaarliks op SARS eFiling geskep en ingedien. Dis ’n elektroniese vorm wat outomaties THARIEN HATTINGH IS ’N GEOKTROOIEERDE REKENMEESTER (CA(SA)) WAT SEDERT 2015 haar eie rekenkundige en belastingpraktyk bedryf en deesdae werk sy ook saam met Bovest se span professionele besigheids-en-beleggingskenners. Sy spesialiseer in klein-tot-medium sake ondernemings en is mal daaroor om ‘n entrepreneur se regterhand te wees in die bestuur van ‘n onderneming. In haar vrye tyd reis sy en stap gereeld saam met haar honde. Inkomstebelasting Jy is vir die eerste keer ’n werknemer en verdien ook nou ’n salaris – wat ’n voorreg! Ongelukkig kom daar saam met hierdie voorreg ’n paar verantwoordelikhede, waarvan een persoonlike inkomstebelasting is. Gereed vir die nuwe finansiële jaar Individue jonger as 65 jaar R 75 750 per jaar (R 6 312.50 per maand) Individue ouer as 65 jaar maar jonger as 75 jaar R 117 300 per jaar (R 9 775 per maand) Individue ouer as 75 jaar R 131 150 per jaar (R 10 929.17 per maand) * Hierdie bedrae is die bruto vergoeding, voor enige aftrekkings.

Upload: others

Post on 04-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Sukses MySukses Februarie - Bovestbovest.co.za/wp-content/uploads/2018/02/bell0218pg091.pdf’n profiel op SARS eFiling registreer. Dis ’n gerieflike platform wat die individu in

MY SUKSESSaamgestel deur Anica Scholtz | success@bel lamagsa.com B

www.bellamagsa.com FEBRUARIE 2018 91

Die registrasie en administrasie van inkomstebelasting is nie werklik so ingewikkeld soos wat dit lyk nie. Tharien Hattingh se wenke maak dit sommer maklik!

Waaruit bestaan ’n individu se belasbare inkomste?Dit sluit onder andere die volgende in:l Vergoeding vanaf ’n werkgewer soos

’n salaris, loon, bonus, oortydbetaling, belasbare byvoordele en toelae.

l Winste of verliese uit ’n besigheidl Huurinkomste of -verliesel Pensioeninkomstel Direkteursfooiel Beleggingsinkomste

Wanneer moet jy vir persoonlike inkomstebelasting registreer?Sodra jy meer as die belastingkerf in ’n jaar verdien, is jy verplig om vir persoonlike inkomstebelasting te registreer. Die pienk tabel dui die belastingkerf vir die 2018 Belastingjaar aan.

Hoe registreer jy vir persoonlike inkomstebelasting?’n Individu kan vir persoonlike

geskep word en op jou profiel gaan lê. Die vorm moet jaarliks voltooi word en dan elektronies ingedien word.

Hoe voltooi ek ’n ITR12 vorm?Daar is maklike stappe op die ITR12 vorm wat gevolg moet word om die vorm volgens jou unieke situasie, inkomstebronne en aftrekkings te struktureer. Lees dus noukeurig op die eerste bladsy en maak seker dat jy al die regte boksies tiek. Alle inkomste vanaf ’n werkgewer sal outomaties op jou ITR12 ingesluit wees in die vorm van ’n IRP5. Dit is jou verantwoordelikheid om alle addisionele inkomste en uitgawes op die vorm te verklaar.

Wat is die mees algemene aftrekkings waarvan ek bewus moet wees?Indien jy die hooflid van ’n mediesefondspolis is, kan jy jaarliks jou bydraes verklaar en aftrek, sowel as alle kwalifiserende mediese uitgawes uit jou eie sak gedek. Verder is alle bydraes tot ’n uittree-annuïteitsfonds aftrekbaar, beperk tot die grootste van 27.5% van jou belasbare inkomste of R350 000 per jaar. Nie net spaar jy vir jou aftrede nie, jy kry ook ’n belastingvoordeel. Onthou om jou mediese fonds en uittree-annuiteitsfonds jaarliks te kontak vir jou belastingsertifikaat.

inkomstebelasting registreer by die naaste SARS kantoor. Die volgende ondersteunende dokumentasie is nodig:l Identiteitsdokumentl Afskrif van die identiteitsdokumentl Bewys van bankbesonderhede l Bewys van verblyf deur middel van ’n

munisipale rekening in jou naam of ’n huurkontrak in jou naam

Indien jou registrasie suksesvol is, sal die SARS beampte onmiddellik vir jou ’n unieke persoonlike inkomstebelastingnommer uitreik.

Wat is die volgende stap?Sodra jy geregistreer is, moet jy vir jou ’n profiel op SARS eFiling registreer. Dis ’n gerieflike platform wat die individu in staat stel om oor die internet, jaarliks belastingopgawes in te dien. Registreer by www.sarsefiling.co.za .

Hoe en wanneer dien ek jaarliks in?Persoonlike inkomstebelastingopgawes is die ITR12 opgawes en word jaarliks op SARS eFiling geskep en ingedien. Dis ’n elektroniese vorm wat outomaties

Tharien haTTingh is ’n geokTrooieerde rekenmeesTer (Ca(sa)) waT sederT 2015 haar eie rekenkundige en belastingpraktyk bedryf en deesdae werk sy ook saam met Bovest se span professionele besigheids-en-beleggingskenners. Sy spesialiseer in klein-tot-medium sake ondernemings en is mal daaroor om ‘n entrepreneur se regterhand te wees in die bestuur van ‘n onderneming. In haar vrye tyd reis sy en stap gereeld saam met haar honde.

InkomstebelastingJy is vir die eerste keer ’n werknemer en verdien ook nou ’n salaris – wat ’n voorreg!

Ongelukkig kom daar saam met hierdie voorreg ’n paar verantwoordelikhede, waarvan een persoonlike inkomstebelasting is.

Gereed vir die nuwe finansiële jaar

Individue jonger as 65 jaar R 75 750 per jaar (R 6 312.50 per maand)

Individue ouer as 65 jaar maar jonger as 75 jaar

R 117 300 per jaar (R 9 775 per maand)

Individue ouer as 75 jaar R 131 150 per jaar (R 10 929.17 per maand)

* Hierdie bedrae is die bruto vergoeding, voor enige aftrekkings.