belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/lockdown/gr12 taal/graad 12 taal... · web viewafrikaans...

27
AFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die doel om dit te kan opsom. Opsommings DOEL : Een van die doelwitte met ’n opsomming is om vas te stel of jy die belangrikste inligting / kernfeite in ’n leesstuk kan identifiseer. Dit is ’n vaardigheid wat met groot vrug by alle vakke gebruik kan word – op skool sowel as vir verdere studie. Opsommings help ’n mens om helder en logies te dink, te onderskei tussen belangrike dinge en minder belangrike dinge, en dit leer jou om jou gedagtes kort en saaklik uit te druk. WENKE OOR HOE OM ’N OPSOMMING TE MAAK 1. Lees die INSTRUKSIES baie goed deur. Soms moet jy net sekere inligting uit die stuk opsom. Kyk baie goed na die opdrag! 2. Lees die LEESSTUK baie goed deur en maak seker jy verstaan wat in die teks staan. Daar is genoeg tyd in die eksamen om die stuk tot drie keer oor te lees! Daar is gewoonlik ’n hoofsin of –gedagte in elke paragraaf wat jy moet neerskryf. Soms is daar egter meer as een feit in een paragraaf wat jy moet neerskryf. Maak seker dat jy net een sin oor elke feit skryf, al beteken dit dat jy inligting uit meer as een sin moet kombineer. Die hoofsin of –gedagte is dikwels aan die begin van die paragraaf, maar dit is nie altyd só nie. Onderstreep sommer die hoofgedagtes wat jy in die verskillende paragrawe kry. 3. Skryf nou hierdie hoofsinne / hoofgedagtes ondermekaar neer:

Upload: others

Post on 08-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

AFRIKAANSGRAAD 12

AKTIWITEIT 1Lees en KykIn hierdie les gaan ons leesstukke lees met die doel om dit te kan opsom.

Opsommings

DOEL : Een van die doelwitte met ’n opsomming is om vas te stel of jy die belangrikste inligting / kernfeite in ’n

leesstuk kan identifiseer. Dit is ’n vaardigheid wat met groot vrug by alle vakke gebruik kan word – op skool

sowel as vir verdere studie. Opsommings help ’n mens om helder en logies te dink, te onderskei tussen

belangrike dinge en minder belangrike dinge, en dit leer jou om jou gedagtes kort en saaklik uit te druk.

WENKE OOR HOE OM ’N OPSOMMING TE MAAK

1. Lees die INSTRUKSIES baie goed deur. Soms moet jy net sekere inligting uit die stuk opsom. Kyk baie goed na die opdrag!

2. Lees die LEESSTUK baie goed deur en maak seker jy verstaan wat in die teks staan. Daar is genoeg tyd in die eksamen om die stuk tot drie keer oor te lees!

Daar is gewoonlik ’n hoofsin of –gedagte in elke paragraaf wat jy moet neerskryf.

Soms is daar egter meer as een feit in een paragraaf wat jy moet neerskryf.

Maak seker dat jy net een sin oor elke feit skryf, al beteken dit dat jy inligting uit meer as een sin moet

kombineer.

Die hoofsin of –gedagte is dikwels aan die begin van die paragraaf, maar dit is nie altyd só nie.

Onderstreep sommer die hoofgedagtes wat jy in die verskillende paragrawe kry.

3. Skryf nou hierdie hoofsinne / hoofgedagtes ondermekaar neer: Gebruik volsinne. Telegramstyl word nie toegelaat nie.

Skryf die hoofsinne oor in jou eie woorde. As jy die sin net so uit die leesstuk oorskryf, verloor jy punte.

Laat alle beskrywende woorde of beeldspraak weg.

Maak seker jy herhaal nêrens inligting nie.

4. Tel die getal woorde wat jy gebruik het: Moenie meer woorde gebruik as waarvoor jy gevra word nie.

Skryf die getal woorde wat jy gebruik het onderaan jou opsomming neer.

5. Lees jou opsomming baie goed deur en verbeter taal- en spelfoute.

Page 2: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

OPDRAG

A. Som die SEWE belangrikste wenke op wat jy moet onthou as jy genooi word vir ’n werksonderhoud.

Instruksies Lees die artikel aandagtig deur.

Som die wenke daarin in SEWE volsinne op. Skryf die wenke oor in jou eie woorde.

Jy mag nie meer as een sin oor elke wenk skryf nie.

Skryf jou sinne puntsgewys van 1 tot 7 neer.

Laat ’n reël oop na elke sin.

Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.

Dui aan die einde van die opsomming aan hoeveel woorde jy gebruik het.

Jy sal gepenaliseer word as jy baie meer as 70 woorde skryf of as jy nie die getal woorde aandui

nie.

SIT JOU BESTE VOETJIE VOOR OM DIE WERK TE KRY WAT JY WIL HÊ (304 woorde)

’n Man moet ’n donker pak dra met ’n netjiese das en langmouhemp. Swart skoene lyk die beste en moenie wit sokkies daarby dra

nie. ’n Meisie se rok moenie te kort wees nie en sy moet net liggies grimeer. Armbande wat raas en lang oorbelle wat rondswaai pas

net nie. Ooptoon-skoene lyk ook nie goed nie. Dra eerder ’n toe skoen. Die sleutel tot korrekte drag is dus om deftig te lyk, maar

moenie dit oordryf nie.

Die mense gaan jou vrae vra oor die besigheid. En as jy genoeg weet van die besigheid, sal jy hulle kan antwoord en die regte vrae

kan vra. Dit is dus belangrik dat jy soveel moontlik uitvind oor die besigheid.

Daar is baie leesstof oor die tipe vrae wat tydens ’n onderhoud gevra word en jy het dus geen verskoning om onvoorbereid te wees

nie. Jy kan nie bekostig om met jou mond vol tande daar te sit nie.

Met vriendelikheid sal jy ver kom. Groet elke persoon op die paneel as jy by die vertrek instap. Bly heeltyd vriendelik en kyk die

mense in die oë. As jy uitstap, groet jy weer en sê dankie dat hulle jou genooi het vir die onderhoud. Moenie sommer neerval op die

naaste stoel nie. Wag tot jy gevra word om te sit en moenie die mense sommer “jy” en “jou” nie. Hoflikheid sal in jou guns tel.

Sit regop met jou hande só dat almal dit kan sien. Hou jou voete bymekaar en moenie met jou elmboë lê op die tafel nie. Spoeg jou

kougom by die huis uit.

Moenie dinge sê wat jy dink die paneel wil hoor nie en moenie jok nie. As jy die werk kry, sal jy moet doen wat jy sê jy kan doen.

Wees net jouself en antwoord eerlik op alle vrae. [Aangepas uit:Huisgenoot – 7 Julie 2005]

B. Som die SEWE belangrikste wenke op wat jy moet doen om ‘n goeie vriend te wees.

Page 3: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

Instruksies Lees die artikel aandagtig deur.

Som die wenke daarin in SEWE volsinne op.

Jy mag nie meer as een sin oor elke wenk skryf nie.

Skryf jou sinne puntsgewys van 1 tot 7 neer.

Laat ’n reël oop na elke sin.

Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.

Dui aan die einde van die opsomming aan hoeveel woorde jy gebruik het.

Jy sal gepenaliseer word as jy baie meer as 70 woorde skryf of as jy nie die getal woorde aandui

nie.

’n Goeie vriendVir party van ons is dit maklik om vriende te maak. Maar om regtig ’n goeie vriend te

wees, verg ’n bietjie werk. Volg hierdie wenke en word ’n fantastiese maat.

Wees altyd getrou aan jouself en maak vriende met mense saam met wie jy jouself kan

wees. As jy jou koeler, dommer of atletieser moet hou as wat jy werklik is net sodat jy met

iemand vriende kan wees, is dit nie die ware jy van wie hulle hou nie.

Hou jou beloftes, doen wat jy sê jy gaan doen en, baie belangrik, moenie jok nie! Onthou,

niemand hou van ’n maat wat nie eerlik is nie.

Bied ondersteuning aan vriende met probleme en gee raad as dit sleg gaan. As jou vriend

hospitaal toe moet gaan, help tas pak, maak aantekeninge in die klas, gaan kuier en

lewer sy of haar huiswerk af.

’n Mens moet getrou aan jou vriende wees. As jou maat jou in sy of haar vertroue neem

en jou iets vertrouliks vertel, moenie dit oorvertel nie. En moenie agter ’n maat se rug

praat nie. Niemand hou van ’n rugsteker nie.

Maak seker dat jy jou vriende hul vryheid gun. Probeer verstaan dat hulle ook saam met

ander mense wil uitgaan. Moenie jou vriende probeer beheer of jaloers wees as hulle met

ander mense praat nie.

Dit is belangrik om na jou vriende te luister. Al stem jy nie altyd saam nie, kan jy in jou

vriende se menings belang stel.

As jou maat bedruk voel en dink niemand gee vir hom of haar om nie, bewys hom of haar

Page 4: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

verkeerd en gaan kuier met ’n bos blomme of ’n lekker sjokolade. Of nooi hom of haar om

saam met jou en jou ander vriende uit te gaan of saam te gaan sokker of netbal speel.

[Verwerk uit Huisgenoot, 26 April 2007, bl. 101]

AKTIWITEIT 2Taalstrukture en -konvensies

InleidingIn hierdie les gaan ons kyk na homonieme, homofone en paronieme

Homonieme Homo = dieselfde

’n HOMONIEM is ’n woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ’n ander woord—maar ’n heeltemal

ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld vertrek (kamer) en vertrek (weggaan).

Ander voorbeelde: 

ken (’n deel van die gesig), ken (weet van) 

kies (opening tussen die tandvleis en die wang), kies (’n keuse doen) 

lewer (orgaan in die liggaam), lewer (verskaf) 

noot (musiekgeluid), noot (papiergeld) 

rys (graansoort), rys (styg) 

Homofone’n HOMOFOON is ’n woord wat dieselfde klink as ’n ander woord, maar anders gespel word en ook ’n ander

betekenis het, byvoorbeeldfee (sprokiesfiguur) en vee (skape en beeste), of blyk (soos ’n blyk van waardering)

en bleik (wit laat word soos, sê maar, wasgoed).

Nog voorbeelde:

boud (agterste, dik liggaamsdeel), bout (dit word met ’n moer vasgedraai)

faal (misluk), vaal (vervelend, vuilwit, bleekgeel, gryserig of bleekbruin)

fier (vol regmatige trots), vier (feestelik deurbring; ook een minder as vyf)

wei (gras vreet, soos die beeste op die veld), wy (skenk, soos in “wy jou aandag aan hierdie saak”)

ys (bevrore water), eis (gebiedend aandring op iets)

ParoniemePARONIEME is woorde wat dieselfde stam het, maar in vorm en betekenis verskil

Page 5: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

Voorbeelde:

mens (stam)

bomenslike

onmenslike

menslik

mense

kind(stam)

kinderlik

kinderagtig

kinds

geld(stam)

geldelike

geldige

ONTHOU:

Oefening:

1. Maak telkens 2 sinne met elkeen van die volgende homonieme sodat die betekenis heeltemal duidelik is:

bloei, berg, bly, brei, gans, hoop, kan, leer, teer, vat, voer, weer

2. Kies elke keer die regte homofoon tussen hakies:

2.1. Hy gaan op 'n (reis/rys) na Indië.

2.2. In China eet hulle net (reis/rys).

2.3. Die eend swem in die (vlei/vly).

2.4. Die meisie (vlei/vly) haar neer op die bank.

2.5. Die president is die (lyer / leier) van die land.

2.6. Hy is 'n kanker (leier / lyer).

2.7. Gaan (hael / haal) asseblief vir my 'n koeldrank.

2.8. Dit het so erg gereën en (gehael / gehaal).

2.9. Die water het in die koue (vereis / verys).

2.10. My werk het baie van my (vereis / verys).

2.11. Die bergklimmers moet teen 'n (steil / styl) krans uitklim.

2.12. Ek hou van die (steil / styl) van die komponis.

2.13. Die seun blaas die (beuel / beul) om hulle te roep.

2.14. Die (beuel / beul) voltrek die doodsvonnis.

2.15. Ons kan nie die diepte van die swembad (peil / pyl) nie.

2.16. Die seun (peil / pyl) op sy ma af.

2.17. Die meisie wat anorexia het, is baie (maar / maer).

2.18. Jy kan (maar / maer) gaan, ek bly tuis.

3. Vul telkens die regte paroniem in om die volgende sinne korrek te voltooi:

Homonieme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, maar heeltemal

verskillende betekenisse het.Homofone is woorde wat dieselfde

klink, maar anders gespel word.

Paronieme woorde is stamverwante woorde, die vorm en betekenis verskil, maar daar is dikwels ’n ooreenkoms omdat die stamme dieselfde betekenis dra.

Page 6: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

erken / herken / beroep /

roeping / veroordeel / instem /

beoordeel / bestem / getal /

aantal / ontstel / uitstel

3.1.1. Hy het skuld ________ op die aanklagte.

3.1.2. Ek _______ die meisie wat ek lank terug gesien het.

3.1.3. Iemand word _________.

3.1.4. Die gedig word __________.

3.1.5. Die _______ mense doen aansoek vir die pos.

3.1.6. Tien is 'n _______.

3.1.7. Ek ________ my as dinge verkeerd gaan.

3.1.8 Ons moet ________ totdat almal gereed is.

3.1.9 Met sy talente is hy ________ om dit nog baie ver te bring.

3.1.10 Ek sal ____________as almal vir my luister.

3.1.11 Ek wil 'n ________ doen om saam te werk.

3.1.12 My _________ is om mense te help.

AKTIWITEIT 3Taalstrukture en -konvensies

InleidingIn hierdie les gaan ons ’n hersieningsoefening doen.

Oefening 1:Kies die regte woord tussen hakies:

1. (Lei / Ly) die tuin nat.

2. (Ly / Lei) die span tot oorwinning.

3. (Ly / Lei) die hond aan 'n leiband.

4. (Ly / Lei) 'n gerieflike lewe.

5. (Ly / Lei) aan 'n ongeneeslike siekte.

6. Skiet met 'n (peil / pyl) en boog.

7. 'n Atleet (peil / pyl) op die wenpaal af.

8. Ek kan sy karakter net nie (peil / pyl) nie.

9. (Peil / Pyl) die diepte van die dam. (skat en bepaal)

10. (Steil / Styl) hare is hare wat nie gekrul is nie. (d.w.s. reguit).

11. (Steil / Styl) opdraand (steep).

12. Die (steil / styl) van die bed is Victoriaans.

13. Skrywer / atleet se (steil / styl).

14. My ouma (brei / bry) 'n trui. (knit)

15. (Brei / Bry) 'n bietjie uit op jou antwoord.

16. Mense van Malmesbury (brei / bry) gewoonlik hulle r'e.

17. Die (dokter / doktor) skryf vir jou medisyne voor wanneer jy siek is.

Page 7: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

18. (Vee / fee) die trappe met 'n besem.

19. (Vee / Fee) wei in die veld.

20. Die (vee / fee) swaai haar towerstaffie.

21. (Ys / Eis) is gevriesde water.

22. Ek (ys / eis) elke keer as hy so roekeloos bestuur.

23. Ek (ys / eis) dat jy na my luister.

24. Dien 'n (ys / eis) by die versekering in.

25. (Leun / Leuen) teen die muur.

26. Vertel 'n (leun / leuen). = jok

27. 'n Mens se (vel / fel) bedek jou liggaam.

28. Die houtkappers (vel / fel) die boom neer. (omkap)

29. Die son brand (vel / fel) neer. (hewig)

30. 'n (Beul / Beuel) is 'n laksman.

31. Hy blaas op 'n (beul / beuel).

32. Daar groei lelies in die (vlei / vly).

33. Komplimente (vlei / vly) my.

34. Ek (vlei / vly) my neer. (saggies en gerieflik neerlê).

35. My hare is 'n (vaal / faal) kleur.

36. Om te (vaal / faal) beteken om nie sukses te behaal nie.

37. (vier / fier) jou sukses / verjaarsdag.

38. My boetie is (vier / fier) jaar oud.

39. Die perd se houding is trots en (vier / fier).

40. Bome (bot / bod) in die lente.

41. Karel is (bot / bod) en gesels min.

42. Maak 'n (bot / bod) op die vendusie.

43. Hy het 'n (graad / graat) in tale by die Universiteit van Stellenbosch behaal.

44. Moenie 'n vis(graad / graat) insluk nie.

45. (reik / ryk) uit na arm mense.

46. Die (reik / ryk) man het 'n groot huis gekoop.

Oefening 2:2.1 Skryf die volgende sin oor in die TOEKOMENDE TYD.

Skaduwerk is ʼn ontdekkingsreis na die wêreld van werk.

2.2 Gee die SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as antwoord neer.

Ek doen navorsing oor (beroep+velde).

2.3 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf slegs die woord as antwoord

neer.

Wat is (goed) as om self uit te vind of ʼn beroep reg is vir jou?

2.4 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.

Skaduwerk is ʼn ontdekkingsreis na die wêreld van werk.

Page 8: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

2.5 Gee ’n ANTONIEM vir die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.

Die top 10 beroepe wat die meeste in aanvraag was in 2010 het in 2004 nie eers bestaan nie.

2.6 Skryf die sin oor in die INFINITIEF.

Jy moet skaduwerk doen vir jou toekoms.

Begin so: Jy behoort ...

2.7 Skryf die KORREKTE BETREKLIKE VOORNAAMWOORD tussen hakies neer. Skryf slegs die woord

as antwoord neer.

Gebruik skaduwerk en maak (met+dit) seker van jou toekoms.

2.8 Gee ’n SINONIEM vir die onderstreepte woord in die volgende sin. Skryf slegs die woord as antwoord

neer.

Gebruik skaduwerk en maak seker van jou kanse.

2.9 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies. Skryf slegs die woord as antwoord neer.

Jou gemoed moet (wyd) oop wees as jy skaduwerk doen.

2.10 Verduidelik wat die funksie van die koppelteken in die onderstaande sin is.

Wat is die voor- en nadele van hierdie werk?

2.11 Verbind die onderstaande sinne met die voegwoord tussen hakies.

Maak seker van jou beroep. Jy moet dit die res van jou lewe doen. (omdat)

2.12 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.

Jy kan nie sonder navorsing werk nie.

2.13 Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. Skryf slegs die woord as antwoord neer.

Doen (dis/dus) liewer bietjie navorsing.

2.14 Waarvoor staan www in die volgende e-pos adres? Skryf slegs die woord as antwoord neer.

www.loopbaan.co.za

2.15 Vorm ’n DEELWOORD van die woord tussen hakies. Skryf slegs die woord as antwoord neer.

Die (glimlag) leerling beplan sy toekoms.

2.16 Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.

Spring weg met ’n glimlag!

2.17 Verbind die volgende sinne met alhoewel.

Ek het skaduwerk gedoen, maar ek is nog onseker oor my toekoms.

Begin so: Alhoewel ek ...

2.18 Gee die VERKLEINING van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.

Vra vrae en maak aantekeninge.

2.19 Voltooi die sin deur die KORREKTE VOORNAAMWOORD in te vul.

Doen skaduwerk om …… loopbaan te beplan.

2.20 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.

Ek wil graag ʼn afspraak maak om skaduwerk te doen.

Begin so: Jannie sê ...

2.21 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf slegs die woord as antwoord

neer.

Wat is die (goed) om uit te vind of ʼn beroep reg is vir jou?

2.22 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.

Page 9: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

Hoe bou ek my CV op?

2.23 Skryf die sin oor en VERVANG die onderstreepte voegwoord met die

voegwoord tussen hakies.

Doen jou navorsing oor die beroep sodat jy kan vrae vra terwyl jy daar is(dan)

2.24 Skryf die onderstreepte GETAL in woorde uit.

Die top 10 beroepe wat die meeste in aanvraag was in 2010 het in 2004 nie eers bestaan nie.

2.25 Skryf die sin oor in die TOEKOMENDE TYD.

Jy moet navorsing doen oor jou beroep.

2.26 Skryf die sin oor as ’n BEVELSIN.

Jy behoort jou toekoms te beplan.

AKTIWITEIT 4Luister en Praat

Ons as normale mense kan kommunikeer met mekaar. Ons kan mekaar vertel van al die dinge wat ons

beleef. ’n Interessante waarneming is hoe dowe mense met mekaar kommunikeer.

Lees hierdie interessante en snaakse storie van Tolla van der Merwe ’n bekende Afrikaanse komediant.

’n Storie met ’n kinkel.

Daar was eendag drie varkies. Hulle het in ‘n strooihuisie gewoon. Rooikappie het ook by hulle gewoon.

Alles het voor die wind gegaan, tot op ‘n dag...

Hulle is nog besig om heerlik tee te drink en koek te eet toe hulle ‘n klop aan die deur hoor:

Eerste varkie: Wie is daar?

Wolf: Dis ek!

Tweede varkie: Wat wil jy hê?.

Wolf: Maak oop of ek blaas julle huis om!

Al drie varkies en Rooikappie: Ag, voertsek!

Wolf blaas en blaas tot die huisie omval. Al drie die varkies en Rooikappie nael so al wat hul kan tot

hulle by ‘n huisie van bamboes kom. Wolf is nêrens te sien nie. Hulle maak dus maar weer tee en eet

heerlik koek. Nie lank daarna nie, hoor hulle weer ‘n klop aan die deur.

Derde varkie: Wie is daar?

Page 10: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

Wolf: Dis ek!

Eerste varkie: Wat wil jy hê?

Wolf: Maak oop of ek blaas julle huis om!

Al drie varkies en Rooikappie: Ag, voertsek!

Wolf blaas en blaas tot die huisie omval. Die varkies en Rooikappie peul sommer oral uit om weg te

kom. Die wolf is egter onfiks en hulle kom gou agter dat hy hulle nie meer volg nie. Hulle hardloop tot in

die Vrystaat waar hulle ‘n leë plaashuis kry. Die boer het dorp toe getrek omdat hy bankrot was.

Rooikappie: Ek is nou moeg vir tee en koek. Kom ons DRINK!!!

Al drie die varkies: Wonderlike plan. Die wolf sal ons nie hier kan pla nie!

Hulle drink en drink. Kort voor lank kan hulle omtrent nie meer op hul voete staan nie. Hulle hoor weer

‘n klop aan die deur.

Eerste varkie: Wie is daar?

Wolf: Dis ek!

Tweede varkie: Wat dink jy doen jy hier?

Wolf: Maak oop en dan wys ek jou!

Derde varkie: Ag, voertsek.

Rooikappie: Ja, voertsek, jou vark!

Wolf: Dan blaas ek julle huis om!

Die drie varkies en Rooikappie met tonge wat sleep: Ag, probeer maar gerus.

Die wolf blaas en blaas en blaas, maar sonder sukses. Die huis bly staan! Die drie varkies en

Rooikappie wil hulle slap lag. Hulle rol eintlik op die vloer soos hulle lag. Maar hulle het nie rekening

gehou met die feit dat die wolf ‘n groot vriend van Kersvader is nie. Hy het al gesien hoe Kersvader deur

Page 11: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

‘n skoorsteen klim. Wolf besluit dis presies wat hy gaan doen. Toe die varkies en Rooikappie weer sien,

kom Wolf met die skoorsteen afgegly! Hulle skrik hulle boeglam! Hulle klim deur vensters en skree

almal gelyk!

Eerste varkie: Hier kom moeilikheid!

Tweede varkie: Hol, ouens, hol!

Derde varkie: Grote Griet! Piet Verdriet!

Rooikappie: Wag vir my, julle!

Die varkies spat in verskillende rigtings. Die wolf besluit egter dat Rooikappie alte lekker lyk en besluit

om haar te volg. Skielik gaan staan Rooikappie stil, draai om en gee die wolf ‘n taai klap.

Rooikappie: Vir wat volg jy my, jou vark! Ek is nie eers in die storie nie!

A. Kom ons kyk of jy die storie verstaan en beantwoord die vrae:

1. Op watter twee bekende sprokies is die storie gebaseer?

2. Wie is die karakters in die storie?

3. In watter soort huis het hulle die eerste keer gaan bly?

4. Wat het die wolf met die huis gedoen?

5. In watter soort huis het hulle in die tweede keer gaan bly?

6. Wat het die wolf met hierdie huis gemaak?

7. In wie se huis het hulle die derde keer gaan bly?

8. Watter plan maak die wolf daar om die varkies te vang?

9. Wat gebeur daarna?

10. Hoekom is Rooikappie so verontwaardig?

11. Waarom dink jy dat dit ’n snaakse storie is?

12. Gee ’n beter afrikaanse woord vir ”voertsek”.

B. Kyk en leer die alfabet van die dowes.

Page 12: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

Probeer nou om die volgende woorde in gebaretaal te spel.

geluk gesond antwoord lewe baba

pragtige antwoord geluid verjaardag letters

AKTIWITEIT 5Lees en Kyk

Jy gaan nou ’n mooi storie lees en bespreek. Kom ons kyk eers na ‘n paar woorde in die verhaal.

WOORDESKAT

Die rooi een Wat se kleur rooi is

’n hele dumpie 340 ml bier

Page 13: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

Ritueel ’n Vaste gewoonte

Sinkkaia Plakkershuis

Protes opstand

Oulaas Vir die laaste keer

Jolige vrolike

Gons Almal praat saam

Wik en weeg Oorweeg dit eers goed voordat jy

besluit.

Rolstoele Stoele met wiele waarin siekes

rondgestoot word.

Maar ook dit is ’n skim Dit is nie wat hy gehoop het gaan

gebeur nie.

Ek moet nie nou gaan saf word nie Beheer oor my emosies verloor nie.

MutsukuIzak De Vries

Dis Dinsdagoggend en meneer Ndou is vroeg reeds op. Gister is sy hemp al

netjies gewas en gestryk. Hy het ook sy skoene skoongemaak en besluit dat

‘n blikkie Kiwi politoer op die lysie gaan wees wat hy vanmiddag gaan koop.

Hy stoot-stoot aan die kooltjies onder die kleipotjie en wanneer hy tevrede is dat die pap lekker styf is,

krap hy die een helfte in sy bord en die ander helfte in Mutsuku s’n. Eers kry die ou hond ‘n vryf tussen

die ore, wat die stert so ‘n keer of wat laat beweeg, dan word die bord voor hom neergesit. Sommer net

te gou is die hond se bord leeg en die ou man kyk half skuldig na die pap wat nog in syne is. Die hond

gaan lê weer in die son.

Meneer Ndou se gedagtes draai in die rigting van die botteltjie bier wat hy vanmiddag gaan drink.

Dis nou wel nog lank tot dan, maar ’n bier sit darem ook weer iets in ‘n man se maag. En daardie hond

staan deesdae al hoe swaarder op. Hy voel skuldig dat daar nie meer is om te gee nie, maar daar is ook

soveel monde om te voer ...

Mutsuku voel sy vriend se oë op hom, kyk ‘n slag om, en wikkel sy stert. Hy strek homself weer lank uit

om die meeste van die son se hitte op sy grys sye te kry.

“Daardie hond is mos al oud,” het die dokter van die hospitaal die ander dag gesê. Die donker dokter

hardloop altyd hier verby. Hy is nie ‘n Venda nie en sy aksent sê hy kom uit Engeland. Hy is sommer

blink van swartwees. Baie middae hardloop hy hier verby, dan waai hy. Nou die dag het hy gestop en so

na Mutsuku gewys en gesê: “Daardie hond is mos al oud.”

“Ja,” het ou meneer Ndou gelag. “Kyk, sy naam is mos Mutsuku, die Rooi Een, maar ek sal hom een

van die dae ‘n ander naam moet gee. Hy word al grys, nes ek!”

Die dokter het 'n paar oomblikke so gestaan en kyk. Mutsuku het sy stert gewikkel. Dit het half gelyk

Page 14: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

asof die slim man nog iets wou sê, maar toe waai hy maar net en hardloop verder.

Meneer Ndou kyk na sy ou vriend, dan na die res van die pap en dink weer aan die bier wat hy vanaand

gaan drink. Black Label. 'n Hele dumpie gaan hy koop, net vir homself. Dit is nou al 'n ou ritueel.

Pensioendag is ook bierdag in meneer Ndou se sinkkaia.

Nou ja: Dan maar nog een happie pap. Dalk het Mutsuku die res meer nodig. Hy kou lank aan die laaste

hap wat hy vir homself afgemeet het en sit dan die res voor die hond se snoet neer. Met 'n effense lag

sien die ou man hoe sy vriend se gesig verbaas lyk. Hy kry nooit 'n tweede keer kos nie. Sy eie maag se

ligte protes lag hy heeltemal weg wanneer die ou hond gretig die laaste bietjie pap van die bord af lek.

Noudat die tweede bord ook skoon is, word albei gou deeglik gewas.

Meneer Ndou moet darem sê dat dit goed is om 'n kraan so naby jou kaia te hê. Hy het eers gehuiwer of

hy die plek moes vat hier by die vrou in die agterplaas. Dit is darem erg om elke maand meer as die

helfte van jou pensioen weg te gee. Maar, daar waar hy eers gebly het, was daar ook nie water naby

nie. En hy moet erken dat dit goed is om nie myle te dra aan jou drinkgoed en wasgoed nie. Bowendien

het die vrou self baie monde om te voer en hy het geweet dat hy met die orige geld vir hom en Mutsuku

sal kan sorg. Dit is erg as 'n mens begin om jouself te verloor so met die ouderdom en die siekte saam.

Vir oulaas loer die oubasie in die stukkie spieël bo sy bed, druk so 'n bietjie aan sy hoed, en loop na die

taxistaanplek.

Dit is ‘n jolige rit, want 'n hele paar mense in die taxi gaan pensioen haal. Nou word die sorge van die

lewe eers weer ‘n bietjie vergeet. Netnou-netnou loop hulle weer

soos ryk mense met note in hulle sakke rond.

Daar by die betaalpunt staan die mense al in die tou. Dis snaaks

hoe jy vroeg kan kom, maar daar sal altyd mense wees wat

vroeër is.

Met die laaste bietjie spaargeld wat hy sommer aan die begin van

elke maand wegsit vir hierdie rit, betaal hy die haastige

bestuurder en gaan val saam met die ander in die tou in.

Meer as ‘n uur gaan verby voor dit amptelik oopmaaktyd is en

nog ‘n halfuur gaan verby voordat die betaalmense daar opdaag.

Dit vat nog 'n goeie klompie minute voordat die vensters oopgemaak word en mense begin vorentoe

druk. Daar is elke oggend so ‘n afwagting wanneer jy weet jou sakke bult netnou weer.

Dis nie lank nie, of ‘n geraas klink op daar voor. Almal beur nog ‘n bietjie vorentoe om te hoor wat

aangaan. Baie gou kom die woord met die ry langs af: Hulle sê daar is nie geld nie.

Nou gons dit behoorlik.

Meneer Ndou bid vinnig boontoe dat dit verkeerd is. Dalk kom die geld nog. Dit kan tog nie wees nie!

Waar is die geld vir die huur? Waar is die geld vir die kos wat hy en Mutsuku moet eet? Sonder sy bier

kan hy nog gaan, maar hy moet mos eet. En Mutsuku kan nie avokado’s eet soos hy nie. Bowendien:

daardie boom dra maar min vrugte en daar is baie honger kinders in die omgewing wat ook maar kom

haal. Hulle weet hy het nooit kinders gekry nie, so nou kom maak hulle maar sommer hulle mae vol van

Page 15: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

sy boom.

Nee, hier kom die mense nou van voor. Hulle loop nie en note tel nie, hulle het net wit papiere by hulle.

Hoe moet ek eet van 'n wit papier wat in my hand is, dink meneer Ndou.

Wanneer hy voor kom, sê die man agter die toonbank nie eens meer wat om te doen nie. Almal weet al

teen die tyd hulle kry vandag niks, jy moet eers die wit papier na die hospitaal vat, dan sal hulle dit invul,

dan bring jy dit terug, dan doen jy van voor af aansoek. Hy vat die papier by die man en vra: “Hoe lank

gaan ons moet wag?”

Die jong man agter die toonbank trek net sy skouers op en probeer ‘n wit vorm verby die oubaas druk na

die vrou wat volgende in die tou is.

Daar is 'n waterigheid in meneer Ndou se oë wat hy ergerlik afvee met sy deurgewaste sakdoek. Hy is

heeltemal stom. Wat nou? In die eerste plek moet hy terugkom by die huis en dis 'n lang ent. Daar is nie

meer geld vir die taxi nie.

Hy skud sy kop soos hy loop. Die Januarieson brand hom tussen sy blaaie. Sy kop is naderhand vol

sweet. Iewers langs die pad besef hy dat hy steeds die stuk pappier in sy vuis vashou. Ergerlik klik hy sy

tong vir homself. Wat nou as hierdie papier oninvulbaar is teen die tyd dat hy by die hospitaal uitkom?

Dit is al hoogmiddag toe hy by die hospitaal verbystap. Sy huis is nog ‘n hele entjie verder. Daar is nou

twee gedagtes in sy kop. Hy dink dat dit dalk goed sal wees om die papier gou ingevul te kry, maar hy is

al baie moeg en dit sal ook goed wees om koue water te drink en ‘n bietjie te sit. Hy wik en weeg, en

draai dan maar by die hospitaal in. By die hek weet hulle niks van die papiere af nie, behalwe dat ander

al gevra het.

Die tou by buitepasiënte is lank, maar hy is dankbaar vir die skadu’tjie wat dit so ‘n bietjie koeler om hom

maak. Hy het lank laas so baie gestap.

Die man agter die toonbank sê hy weet van baie ander wat al kom vra het, maar die hospitaal weet nie

van die vorms nie. Hy kan ‘n nommer kry, dan sal die dokter hom sien as hy wil. Meneer Ndou kyk na

die baie gesigte wat passief en geduldig op die bankies en op

die grond sit en wag om gesien te word. In ‘n hele klompie

hande sien hy wit papiere. Nee, skud hy sy kop. In sy dae,

toe hy nog kon, het hy hier in die hospitaal tuingemaak. Hy

weet hoe lank hierdie mense nog gaan wag. “Nee,” sê hy vir

die man. “Ek sal môre vroeg hier wees.”

Eers gaan maak hy ‘n draai in die toilette. In die ou dae was

hulle baie mooi skoon, nou nie meer nie. Hy drink egter maar

van die water uit die kraan en begin weer stap.

Doodmoeg kom hy by die huis.

Mutsuku staan stadig op en kom druk sy snoet in die ou man se hand. “Ek weet nie mooi nie,” sê die ou

man vir die hond. “Party dae wonder ek oor Madiba se regering. Kyk wat maak hulle. Mphephu het nie

so gemaak met sy mense nie. Hy was anderste, dis waar. Maar hierdie mense. Hulle kyk nie meer na

ons nie.”

Versigtig gaan sit die ou man op die bankie. Al is dit warm, bewe sy lyf van die inspanning.

Hy moet aan die slaap geraak het, so met sy rug teen die kaia, want toe hy weer bykom, is die son al

aan die ondergaan. Was dit nie vir Mutsuku nie, sou hy nou net 'n avokado gepluk het en geëet het. Hy

Page 16: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

voel so moeg en sy kop voel sommer swaar. Dis al of daar 'n klip in sy hart kom sit het.

Maar die ou hond lê vir hom en kyk.

Daarom staan hy op en begin weer die vuur aan die gang kry. Vir 'n oomblik dink hy dat daar nie

genoeg asem in sy longe gaan wees om die vuur te maak brand nie.

Na 'n paar blase vat dit gelukkig.

Versigtig gooi hy 'n stompie op. Dit tref hom dat hy binnekort weer hout sal moet kry en hy het nie geld

om te koop nie. In die ou dae kon jy sommer so gaan kap hier buite jou erf, maar deesdae is daar so

min bome oor, jy moet maar betaal as jy nie meer ver kan loop nie.

Hy neem die helfte van die pap wat hy gewoonlik maak en begin dit meng. Mutsuku het darem

vanoggend 'n bietjie meer gekry as gewoonlik, troos hy homself toe hy die baie klein bietjie pap presies

in twee verdeel.

Daardie nag slaap meneer Ndou vas, maar teen die oggend is dit sy maag wat hom wakker maak. Hy

staan dus vroeg op en begin pap kook. Weer kook hy net die helfte en deel dit met Mutsuku wat sukkel

om te glo dat ontbyt vanmôre so vroeg voor sy snoet gesit word.

Voor die meeste taxi's nog loop, is hy al by die hospitaal en gaan staan in die tou by buitepasiënte. 'n

Hele klompie ander mense staan ook al daar. Die meeste is oud en heelwat het vorms soos syne in

hulle hande. 'n Paar staan op hulle krukke en leun.

Ander sit in rolstoele. Geduld. Dis al wat help.

Weer word hulle weggewys. Die dokters het nog

geen inligting gekry van hoofkantoor in Pietersburg

nie, sê die man agter die toonbank. “Kom volgende

week weer terug.”

Oor die volgende paar dae pluk meneer Ndou die

avokado's groenerig om seker te maak dat hy die kry

wat binne bereik is. Die wat te hoog sit en hy nie met sy stok kan afkry nie, moet die kinders en die

voëls maar eet.

Die vrou wat sy huisie aan hom verhuur, was baie goed. Sy is gelukkig ook haar geld geweier, so sy

sukkel nie met hom nie. Maar sy maak hom ook mooi verstaan dat sy alles soek sodra daar weer geld

inkom.

Met die avokado's wat hy in sy eie maag stop, kry Mutsuku darem elke oggend en elke aand 'n bietjie

pap. Op die manier sal daar vir albei darem vir 'n rukkie lank kos wees, maar dit grief die ou man om

aan homself te erken dat hy sy ou vriend afskeep. Sy eie maag roep elke oggend en elke aand dat

daardie pap darem lekker ruik, maar hy gun hom dit nie. Avokado's is goeie kos.

Daardie Maandag is hy weer by die hospitaal. Hy het swak gevoel en eers laat opgestaan. Mutsuku raak

al hoe maerder en dit maak hom baie bekommerd. Gelukkig woon hy naby die hospitaal. Hy weet nie

hoe hy sou gemaak het as hy nog op sy ou plek gebly het nie.

Laatslaap is altyd 'n fout, sê hy vir homself, toe hy die enorme hoeveelheid mense sien wat alreeds voor

hom toustaan. Gelukkig beweeg die tou verbasend vinnig.

Na omtrent 'n uur beweeg hy in die skaduwee van die gebou in.

Page 17: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

Daarna is dit nog so 'n halfuur voor hy gehelp word. Maar ook dit is 'n skim, besef hy toe iemand agter

die toonbank vir hom 'n papiertjie gee en sê: “Jy kan eers hierdie dag gesien word. Kom dan terug en

moenie laat wees nie.”

Hy kyk op die papiertjie. Hy kyk weer: “Maar hier staan ek kan eers April gesien word!” sê hy.

“Ja,” sê die vrou. “Kom dan terug.”

“Maar dis nou Januarie se pensioen wat ek mis! Dan Februarie, dan Maart ... Dan eers in April ...”

“Ek weet. Gaan nou,” sê die vrou.

Dit brand hier agter sy oë. Dis trane, besef hy in sy skaamte. Ek moet nie nou gaan saf word nie.

Twee dae voor Mutsuku, wat klaar te min kry, geen pap meer sou hê nie, sê die radio hulle moet by die

hospitaal gaan pap haal. NTK het geskenk om die armes te help.

Daardie aand eet hy en Mutsuku weer saam. En hy maak weer 'n porsie soos in die dae toe hy nog sy

pensioen gekry het.

“Môre sal ek weer 'n bietjie versigtiger wees met my deel,” sê hy vir Mutsuku. “Maar die sak sal darem 'n

rukkie kan hou vir jou. Dalk skenk hulle weer.”

Een van die bure se kinders moes dopgehou het toe hy

met die sak daar aangeloop kom, want in die middel van

die nag is die mense in sy huis. Hulle skop die deur oop

en druk 'n sak oor sy gesig. Hy hoor hoe hulle vir Mutsuku

slaan. Dan is hulle weg.

Wanneer hy die kers aansteek, is die sak mieliemeel weg.

Net dit. En Mutsuku lê en bloei.

Toe hy die ou hond probeer optel, huil Mutsuku. Daarom

gooi meneer Ndou maar sy komberse op die vloer en krul

styf teen sy getroue vriend vas.

Die volgende dag gaan hy weer na die maatskaplike werker by die hospitaal en vertel wat gebeur het. Al

die mieliepap is al uitgedeel, sê sy.

Hy loop terug en probeer vir Mutsuku stukkies van sy avokado voer, maar dit lyk nie asof die hond veel

erg het daaraan nie.

Teen laatoggend vra hy 'n paar van die seuns wat voor sy huis bal skop of hulle nie sal hout bring vir

hom in ruil vir die hoe avokado's nie.

Hulle lag net vir hom. Gelukkig maar dat een van die onderwysers daar naby in sy motor sit en die

spring toe uit met 'n sambok en slaan links en regs. “Ek gaan kom kyk!” skree hy. “As daar nie vanaand

so 'n hoop hout in hierdie erf lê nie, slaan ek julle velle weg! En ek gaan na die boom ook kyk! As daar

een avokado weg is, foeter ek julle ook!”

Nie lank nie, toe lê die hoop hout hoër as wat beduie is.

Dankbaar bid hy daardie aand vir die tussenkoms van die onderwyser, want die het kom kyk en sommer

'n sakkie mieliemeel ook afgelewer. “Ja,” lag die man. “Ek vertel toe mos een van my kollegas hoe ek

die jong mense dreig. Hy sê toe vir my van die inbraak. Ek kom kuier weer. Sorg dat jy genoeg eet, ou

man. Jy is maer.”

Page 18: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

“Jy is baie maerder,” sê die jong doktertjie by die kliniek vir hom. “Drink jy jou pille? Jou bloedsuiker is

baie hoog!”

Sy lyk soos 'n dogtertjie, die dokter, maar sy help mense. Daarom vra hy ook of hy nie maar antibiotika

kan kry nie. Hy voel iets sweer in hom, sê hy vir haar.

Sy kyk en vra uit, maar hy wil nie sê dis vir Mutsuku nie. Die etter loop nou uit die wonde uit.

Uiteindelik gee die doktertjie hom vitamienpille, want, sê sy, dis nie goed om antibiotika te neem as

daar nie duidelike tekens is nie.

Hy oorweeg dit vir 'n oomblik om die dokter te vertel van sy vriend, maar besluit om maar die

vitamienpille vir hom te probeer ingee. Die doktertjie praat reg. Hy weet, hy het baie gehoor wat mense

praat toe hy nog krag gehad het om daar by die hospitaal te werk.

Maar na drie onrustige nagte lyk Mutsuku baie slegter. Na 'n lang dink kry meneer Ndou 'n goeie plan.

Hy gaan soek 'n skerp kantjie aan sy huis se plate en sny sy voorarm vir so vyf sentimeter ver oop. Hy

doop daarna sy vinger in die etter wat uit sy vriend kom en smeer dit deeglik in sy eie wond. Daarna

bind hy dit toe.

Twee dae later is daar goeie groen etter op sy arm.

Hy gaan kliniek toe, en kry onmiddellik 'n verwysingsbrief. Die res van die dag sit hy by die hospitaal en

kry uiteindelik wel antibiotika.

Baie tevrede gaan hy terug huis toe en bietjies vir bietjies voer hy dit vir sy hond.

Dit gaan egter nie goed met Mutsuku nie, en toe die onderwyser weer verbykom met 'n sakkie

mieliemeel en 'n hele hoender, sê hy 'n groot ding: “Dink jy nie daardie hond wil doodgaan nie?”

“Hy is my vriend,” sê meneer Ndou.

Die volgende oggend voel meneer Ndou self siek, maar dwing homself om van die koue hoender te

eet. Hy sit ook 'n bordjie voor Mutsuku neer, hoewel hy weet dat die hond dit waarskynlik nie kan eet

nie.

Die dag daarna gaan meneer Ndou weer hospitaal toe. Hy voel nou regtig nie goed nie.

Wanneer hy gesien word, vra die dokter: “Kyk, ek sien hulle sê op jou leêr jy het pille gekry. Antibiotika.

Drink jy dit? Jy word dan net sieker?”

Meneer Ndou skrik. Dis waar dat sy arm deesdae klop. “Ja,” sê hy vir die dokter. “Ek sorg dat daardie

pille twee maal 'n dag ingeneem word. So staan dit op die pakkie. Ek kan lees.”

Die dokter lyk geskok toe hy die verband afhaal. Hy neem ook meneer Ndou se suiker. “Ek gaan jou

moet opneem,” sê hy.

“Nee!” sê meneer Ndou. “Nee! Dit kan nie, my hond is te siek. Asseblief. Hy sal doodgaan as hy nie

versorg word nie! Asseblief nie! Nee!”

“Maar jy is siek,” sê die dokter. “Ek is bang dat jy nog sieker gaan word. As ons jou nie help nie, dan kan

jy ook doodgaan. Dit wil ons tog nie hê nie.”

Maar hy weier. Die dokter, 'n Ghanees, roep later 'n tolk om te kom uitvind wat regtig fout is. Die ou man

se Engels is so goed dat hulle maklik kan kommunikeer, maar hy begin vermoed dat daar iets is wat

weggesteek word.

Die Engelse dokter, die een wat hardloop, is in daardie stadium ook in die buitepasiente-afdeling en die

Page 19: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

ou man roep hom nader toe hy die bekende stem hoor. “Asseblief,” sê meneer Ndou vir hom. “Asseblief,

sê vir hierdie dokter van my hond. Sê vir hom dat hy baie oud en baie siek is. Hy het my nodig. Asseblief

se vir hom dat ek nie opgeneem kan word nie!”

Die twee dokters gaan weer uit en na 'n tydjie kom albei weer terug.

“Goed,” sê die Ghanese dokter vir hom. “Dokter Wilson het vir my verduidelik. Maar jy moet elke tweede

dag inkom dat ons jou wond kan regmaak, en drink asseblief hierdie antibiotika wat ek nou vir jou gaan

gee. Dis baie sterk.”

“Dokter Wilson het ook gesê hy sal daar by jou verbyhardloop vanaand, net om te kyk of jy nog gesond

is.”

Laat daardie middag, net voor die son sak, spring die Engelse dokter in sy sportklere en draf na meneer

Ndou se kaia toe. Op 'n afstand reeds sien hy die kinders om die huis saamdrom en besef iets moet fout

wees. Hy versnel sy pas.

Die kinders staan sku weg toe die dokter, wat hulle al ken van sy hardlopery, daar opdaag.

Plat op die grond sit die ou man. Sy kop is kaal en hy huil geluidloos.

Net die trane stroom by sy oë uit, en sy mond is vertrek in uitroepe wat nie uitkom nie.

Op sy skoot lê die ou hond se kop. Die dokter kan sien dat rigor mortis al ingetree het.

Kom ons som die hoofpunte op.

Die volgende hoofmomente van die verhaal word beklemtoon.

1. Mnr. Ndou maak gereed om dorp toe te

gaan.

2. Hy maak pap vir hom en Mutsuku

3. Die dokter draf verby en praat met Mnr.

Ndou

4. Pensioendag is ook bierdag vir meneer

Ndou

5. Meneer Ndou se blyplek

6. Die taxi-rit

7. Pensioengeld

8. Na die hospitaal

9. Terug by die huis

10. Dis alweer etenstyd

11. Terug by die hospitaal

12. Maandag by die hospitaal

13. NTK skenk meel.

14. Inbraak by sy kaia

15. Die onderwyser help Mnr. Ndou

16. Meneer Ndou gaan kliniek toe

17. Mnr. Ndou se plan

18. Mutsuku se toestand versleg

19. Terug na die hospitaal

20. Mutsuku is dood.

Beantwoord die volgende vrae in julle werkboeke.1. Hoekom was mnr. Ndou Dinsdagoggend vroeg op?

2. Hoe weet ons dat dit ’n spesiale geleentheid is?

3. Gee ’n bewys van mnr. Ndou se goedhartigheid.

4. Is die amptenare by die pensioenkantore toegewyde werkers? Motiveer jou antwoord.

5. Watter gebaar openbaar die onbeskofdheid van die amptenaar teenoor mnr. Ndou?

Page 20: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr12 TAAL/GRAAD 12 TAAL... · Web viewAFRIKAANS GRAAD 12 AKTIWITEIT 1 Lees en Kyk In hierdie les gaan ons leesstukke lees met die

6. Watter verskil sien Mutsuku in die hospitaaltuine sedert hy daar gewerk het?

7. Wat doen mnr. Ndou om sy hond gesond te kry?

8. Waar is die hoofkantoor waarvandaan die hospitaal kennis moes kry?

9. Was mnr Ndou ongelukkig met die regering? Hoekom sê jy so?

10. Met wie se regering vergelyk hy die huidige regering?

11. Wie het aan hulle meel geskenk?

12. Op watter maniere het die onderwyser mnr. Ndou gehelp?

13. Watter bedrag betaal mnr. Ndou om in die kaia te bly?

14. Hoekom dink jy is dit ironies dat Mutsuku so geslaan is?

15. Wat is die bookskap van die verhaal?

16. Vul die ontbrekende woorde in:

Later daardie middag, net voor die son sak, spring die 16.1-----in sy 16.2----- en draf na mnr Ndou

se16.3----toe. Op ’n afstand sien hy die kinders om die huis 16.4-----. Plat op die grond sit die ou man.

Sy kop is 16.5-----en hy 16.6------------geluidloos. Op sy 16.7----- lê die ou hond se16.8-----. Rigor mortis

het alreeds ingetree. Die hond het al styf geword.

17. Dink jy mnr Ndou se optrede het sy probleem opgelos?