tarentaal - sawa.org.za · dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. vir die wat nie...

19
TARENTAAL Mei 2017 Jaartal 27 Uitgawe 3 Uitgegee deur SAWA Streek Suid-Oos In herInNering aan Koos Gunter

Upload: hoangkhanh

Post on 30-Apr-2019

219 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

TARENTAAL Mei 2017 Jaartal 27 Uitgawe 3

Uitgegee deur SAWA Streek Suid-Oos

In herInNering aan Koos Gunter

Page 2: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

1 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

INHOUDS OPGAWE Op jou Kniee

Verkry uit die Woord vir Vandag; geskryf deur Bob & Debby Gass

Die Woord Vir Vandag <[email protected]>

Dis goddelik om goedhartig te wees Op jou Knieë…………………………......1 Efesiërs 2:7 NLV

Die Bybel sê: 'Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom 'n sitplek in die hemel gegee. So sal God ook in die tye wat kom bewys dat Hy heeltemal oorloop van ongekende goedheid. Die goedheid wat God ons deur Christus Jesus gegee het, sal as bewys dien' (verse 6-7 NLV). God het Jesus uit die hemel aarde toe gestuur, sodat ons eendag die aarde kan verlaat en hemel toe kan gaan. Dit is die bewys van God se goedheid, selfs aan diegene wat nog nie gelowig is nie. Deur Christus se teenwoordigheid in die hemel te geniet, sal ons ook God se groot goedheid vir alle ewigheid onthou. God beklemtoon goedhartigheid sodat ons nooit daarvan sal vergeet nie. As jy dus 'goddelik' wil wees, moet jy jou allerbeste probeer om goedhartig te wees. Soms is Christene so aan die leerstellings van hulle geloof toegewy dat hulle hard klink, en op die ou einde mense afskrik. Wees versigtig; jy kan die regte doktrine, maar die verkeerde gees hê! God se genade trek mense aan, dit skrik hulle nie af nie. In The Lion and the Mouse, sê Aesop, 'Geen goeie daad, maak nie saak hoe klein, word ooit gemors nie.' In die woorde van Ralph Waldo Emerson: 'Jy kan nie 'n goeie daad te gou doen nie, want jy weet nie hoe gou dit te laat mag wees nie.' Die apostel Paulus stel dit so: 'As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer' (Romeine 12:10 NLV). Onthou vandag dat dit goddelik is om goedhartig te wees. Sielskos: Jer 14-17; Luk 20:20-26; Ps 69:19-36; Spr 8:30-31

Redaksie ……..…………………….……1

Woord uit die Voorsitter se pen.……….2

Uit die natuur ………….........................3

Kampnuus………………………………...4

Kuikens…………………………………....8

Tieners………………………………….....9

Grysaards/Wyses.………………………10 Artikel oor Koos Gunter

Algemeen…………………….…12

Lief en Leed……………………..……… 12

2017 Kampprogram………..………… 12

Voogdes en hul Sawanante……………13

Voorraad…………………………………13

Verjaarsdae……………….……………. 14

Huweliksherdenkings…………………...15

Uit die ‘Kombuis’……………….16

Tegnies: Bande vervaldatum…..17 Kennisgewing AJV……………...18

Fotograwe vir uitgawe: Elke ouer, Fourie gesin, Chris Schemper, van

Wyk gesin, de Klerk gesin, Lance Batts, Clipart

Redaksie

Hierdie uitgawe is saamgestel met die hulp van die Redaksie. Vir elkeen wat ‘n bydrae maak om die streek te maak wat dit is, word baie dankie gesê. Dankie vir elkeen wat ‘n kamp bywoon, hulp gee wanneer daar gevra word, en soms net ‘n oor of ‘n skouer te wees. Julle bydrae (hoe groot

of klein) word raak gesien en waardeer. Julle lê naby ons harte. Ons is altyd opsoek na ‘n foto vir die voorblad. Asseblief, neem en stuur jul beste foto’s na [email protected] of [email protected].

Redaksie vir die uitgawe: Caren Fourie Steyn Fourie, Erika de Villiers Chris Schemper, Sarie Podges Koos Brink Willy Smith, Santie van Eeden Elke Ouer wat bydrae van sy/haar kind gestuur het.

Page 3: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

2 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Woord uit die Voorsitter se pen

Artikel geskryf deur Steyn Fourie

Die afgelope kwartaal het afgeskop met ‘n gebiedskamp te Badplaas. Weereens het ek

tot die besef gekom dat daar ‘n hegte band is tussen die SAWA familie. Ons het die

naweek geweldig geniet saam met die ander streke.

Kort voor die kamp het ons verneem van Oom Koos Gunter wat siek is, en nie die kamp

sal kan bywoon nie. Min het ons geweet dat hy nooit weer saam met ons sal kamp nie.

Hy is ‘n maand later oorlede. Dit laat ‘n groot leemte in ons streek maar ook in SAWA.

April se Presidente saamtrek te Klipdraai, het net weer bewys hoe ‘n wonderlike span

Suid-Oos is. Ons het lekker gewerk gedurende die kermis, en die Prego rolletjies was

baie gewild. Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs

die Presidente bygewoon het nie, julle weet nie wat julle mis nie.

De Voetpadkloof is ‘n voortreflike oord. Sedert ek in die verlede daar gekamp het, is die

oord nog verbeter. Onder andere is ‘n onderdak verhitte swembad bygevoeg. Die

ablusie geriewe is baie goed en die weer ook te lekker so aan die einde van herfs.

Ek doen ‘n beroep op julle om ons te ondersteun met die opkomende AJV kamp in

Augustus. Gaan ‘n heerlike kamp wees.

Ten slotte, bly warm en gesond hierdie winter.

Steyn Fourie

{http://www.redbubble.com/shop/i+have+ocd+obses

sive+camping+disorder+t-shirts}

Page 4: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

3 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Uit die natuur

Artikel geskryf deur Koos Brink.

Koos se voëlrubriek Lysters Lysters is omtrent so groot soos laksmans (kleiner as `n tortelduif), en is redelik stewige voëls met sterk bene. Die jonges is gevlek veral op die onderkant. Lysters soek kos op die grond en vreet meesal insekte, maar soms ook vrugte. (My hele druiwe oes word jaarliks opgevreet). Wanneer hulle skrik, vlieg hulle op en gaan sit in `n boom. Die Olyflyster: Die Olyflyster is `n endemiese, algemene standvoël, trek soms tussen hoog en laagliggende gebiede rond. Is basies`n woudvoël, maar is ook goed gevestig in die tuine van Standerton waar hy gereeld in die oopte kos soek. In sy natuurlike habitat soek hy kos tussen blaar afval in die tuin of woudvloer. “Vlerksleep” van die mannetjie wanneer hy by `n wyfie “hofmaak” is `n tipiese verskynsel by olyflysters. Met `n vlerksleep aksie druk die mannetjie die vlerkpunte tot op die grond terwyl hy die wyfie met slepende vlerkpunte agtervolg in die hofmaak proses. (ek dink dit is waar die afrikaanse idioom vandaan kom, “`n Kêrel sleep vlerk by `n meisie”). Die olyflyster is `n goeie voorbeeld van `n woudvoël wat hom tuisgemaak het in `n boomryke dorpstuin. Hulle bad met oorgawe! Die voëlbad in my tuin word van al die voëls, die meeste, deur die olyflysters benut tot groot vermaak van almal wat die badproses wat met groot vertoon plaasvind, bekyk. Habitat: Alle tipes, binnelandse woude, kusbos, rivierbos, plantasies, en boomtyke huistuine. Klam grond met `n digte blaarbedekking is sy voorliefde en sy hoofsaaklike voedsel bron. Verspreiding in die RSA: In die Oostelike dele van Limpopo en Mpumalanga. Dan al langs die suidkus tot in die Kaap Roep: Het `n kenmerkende harde alarmroep. Sy sang is `n aangename kort lied wat nabootsings van ander voëlgeluide insluit. Sy geliefkoosde sangtyd is met sonop en net voor tot na sononder. Voeding: Hoofsaaklik insekte, spinnekoppe, weekdiere, vrugte, bessies, selfs klein akkedissies. Bronnelys: 1. Newman se Voëls van Suider-Afrika Kenneth Newman 2. Sasol se Voëlgids van Suider- Afrika Ian Sinclair en medewerkers. 3. Die Voëlgids van Suider- Afrika Ulrich Oberprieler en Burger Cillie 4. Lok Voëls na jou Tuin in Suider- Afrika Roy Trendler en Lex Hes 5. Roberts` Multimedia Birds of Southern Africa Guy Gibbon & John Voelcher 6. Sappi Voëls van Suid-Afrika Saartjie Kidson & Herman v Niekerk

Die Olyflyster

Nes: `n Redelik groot koppievormige nes van blare, stokkies, gras en mos. Soms is die binnekant uitgevoer met modder en gras (as modder redelik beskikbaar is). Gewoonlik meer as 2 meter bo die grond, verkieslik in `n mik naby aan die stam. Eiers: 2-3 groenerige blou eiers met rooibruin, bruin en grys vlekke. Broeitydperk: 14 dae slegs deur die wyfie. Broei Seisoen: Broei reg deur die jaar maar hoofsaaklik tussen September tot Februarie. Kuikenstadium: 16 dae. Kuikens word deur altwee ouers versorg en gevoer.

Ten slotte, bly warm

en gesond hierdie

winter.

Page 5: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

4 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Kampnuus

Artikel geskryf deur die Schemper gesin

BADPLAAS GEBIEDSKAMP: 24 - 26 Maart 2017 Ons het almal Vrydag in droewige weer by Badplaas gearriveer en aangesluit by ons Oos Transvaal gebiedsvriende (Luiperds, Oosvaal, Olifante, SuidOos: 4 gesinne). Sommige van ons, vroeer as ander, het dadelik begin kamp opslaan en nesskrop. Ons kon ook uitsien na die lekker warm water baddens waarvoor Badplaas so bekend is. Steyn het Vrydagaand se boekevat gelei, waarna daar vetkoeke by die Luiperds verkrygbaar was. Soos altyd is daar lekker gekuier. Later het van ons die swembaddens aangedurf in die koue, voordat ‘n rustige nagrus geniet is. Saterdagoggend, baie vroeg, opgestaan om die boekevat, gelei deur Lance Batts, by te woon, waarna die Gebiedsbestuurslede vergader het. ‘n Vinnige ontbyt is in gewerk terwyl die res van die dag rustig gekuier is, ‘n wildsrit aangepak , rugby gekyk en almal lekker ontspan het. Saterdagaand het almal bymekaar gekom vir ‘n straatbraai, waar lekker saam gekuier en slim stories gedeel is. Die aand is afgesluit in die baie warm onderdak Spa baddens. Sondagoggend het ons aangesluit by Badplaas Kerk se erediens gelei deur Ds Johan Taute, gevolg deur ‘n afsluiting, waarna die groot oppak begin het en die pad huistoe aangepak is. Dit was voorwaar ‘n heerlike kuier naweek wat deur almal geniet is.

Artikel geskryf deur Sarie Podges

Page 6: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

5 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

PRESIDENTE SAAMTREK: 13 - 17 APRIL 2017 Die Presidente saamtrek van April 2017 was ‘n groot sukses – soos die vele vooraf. Ons het ook weer begin tel hoeveel ons al bygewoon het en kan net onthou van 2 wat ons gemis het – so dit was nou die 25ste keer vir ons. Daar was herinneringe van Presidente in Heidelbergkloof, Witbankdam, Potchefstroom, Malonyeni en dan natuurlik Klipdraai. Ook herinnering aan die groot koeke in oom Dusty se era, die eerste gehekelde knie kombersies van Tannie Pollie een saamtrek toe dit koud en nat was en met gevolglike handwerktafel, roomys in ‘n ander jaar, pap en kaiings en hoenderlewertjies…. En weereens het Suidoos die jaar hul goeie deel gedoen en met heerlike prego rolletjies uitgehang. Daar was vier Tarentale wat kom saamkamp het en elke man, vrou en kind het saamgewerk om dinge te laat vlot. Willy Smith het vir die dag deurgekom en dit het ook baie gehelp. Dit was werk lekker klaargekry, met baie pret en lag. ‘n Mooi bedrag kon oorbetaal word aan die nasionale kas. Ons het ons ou maat Koos baie gemis, maar gelukkig kon Santie die naweek saamkamp en ons glo dit sal nog meermale gebeur. Tussendeur kon ons nog verjaardag ook hou – Vrydag het Rolindi ‘n volle 9 jaar oud geword. Baie geluk weereens Rolindi! Die geestelike versorging oor hierdie Paasnaweek was ook uitstekend, met Ds Johan Peypers van die Bybel Genootskap as leier. En kon so klomp Sawanante nie lekker sing met sy kitaar begeleiding nie! Tussendeur is daar natuurlik gesmul aan al die kerrie en rys, hamburgers, koek, pannekoek, aartappelkrulle, nagereg terwyl noodsaaklike kopies soos baadjies, sakke skinkborde aangeskaf kon word. Die pragtige nuwe Jurgens waens wat uitgestal was, was ook nie te versmaai nie – maar dalk ‘n volgende keer! Saterdagaand was daar Bingo en musiek aangebied en dit het baie vrolik gegaan in die groot tent. Soos gewoonlik was daar groot belangstelling in die jukskeie wat Hennie saamgeneem het en sommer gou- gou was daar ‘n paar spanne wat saamgespeel het tussendeur al die gebeurtenisse oor die naweek. En die Tarentale het ‘n paar lekker dinge gewen tydens die naweek (al het ons die boeresport net ondersteun vanaf ons stoele). Steyn en Caren 4 dae vakansie by Klipdraai tydens Desember, Chris kon iets kies van die daaglikse trekking en Sarie het ‘n lekker warm kombers losgeslaan. Hoop maar die slagbees wat Frik, die oord se eienaar, hierdie jaar geskenk het, is volgende jaar weer beskikbaar – sou so vleisie voor die winter darem

Jukskei altyd ‘n treffer

vir oud en jonk.

Page 7: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

6 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

waardeer het. Maandag kon ons almal veilig terugkeer huiswaarts, na nog ‘n heerlike saamkuier en met ‘n baie mooi houtlepel (nie vir enige sonde gepleeg) in elkeen se wa.

Artikel geskryf deur Willy Smith

DEVOETPADKLOOF KAMP: 19 - 21 MEI 2017 Uiteindelik kan ons weer 'n kamp bywoon al is dit nie met karavaan nie. Ons arriveer en kry ons log cabin se sleutel. Wat 'n lekker plek is dit die. Baie het verander, van vorige keer wat ons laas hier was, 'n hele paar jaar terug toe oom Dusty nog voorsitter was. Ek en Steyn was die kampkommandante vir die naweek. Elkeen kry 'n bottel tuisgemaakte pruim konfyt saam met die program, soos hulle arriveer. Al 6 karavane en 2 gesinne in log cabin, wat besoekers (van Zyl gesin) ingesluit het. Vrydagaand se spyskaart was lekker tuisgemaakte groente sop, saam ‘n broodjie. Ek het 'n boodskap oor gebed gedoen vir boekevat en wat 'n belewenis was dit nie, almal gee hulle bydrae van wat gebed vir hulle beteken. Wat ‘n wonderlike God dien ons nie. Steyn het bottels sherry uitgehaal en almal het saam ‘gekuier’, totdat die sop opgewarm was. Ek en Corrie, Braam en Annatjie bly in die cabin. Ek moes bedel vir skottelgoed seep want ek het dit nie

Verjaarsdag meisie.

Suster Sarie, hou asb Steyn se gereedskap weg van die

beseerdes.

Wonderlike lug foto.

Foto geneem deur

die Kleynhans

familie

Tent byeenkoms

‘n wonderlike weerkaatsing foto van die dammetjie

en natuurskoon. Dankie Steyn.

Wat is ‘n kamp sonder ‘n kampvuur?

Suid-Oos ontbyt altyd ‘n treffer.

Page 8: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

7 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

saam gebring nie, hoe gaan ek die skottelgoed was? Na almal lekker sop geëet het, sherry gedrink en om die vuur gesit het, gaan slaap almal toe. Saterdag het almal gesamentlike ontbyt gemaak, almal se bydrae is bymekaar gegooi en het soos in Suid-oos tradisie "LEKKER GEëET". Daar moet ons toe borde ensovoorts was en alweer vra vir skottelgoed seep want wat ek geleen het is in die cabin!!!! Maar, om als te kroon was daar 'n klein potjie met seep in die kas

van die cabin. Almal het rustig verkeer, party het gaan skuins lê, ander het gaan stap, gekuier, geswem of net die oord se fasiliteite geniet of sommer net rustig verkeer totdat daar weer kos gemaak (gebraai) is. Die weer was lekker sonnig en heerlik warm. Sondag het Oom Koos, soos altyd, vir ons 'n mooi boodskap gelewer. Waarna Steyn afgesluit het. Ek kry toe die gatplaatjie vir die bedel van skottelgoed seep, terwyl daar wel in die ‘cabin’ was. Charne, Caren en Ronel kry gatplaatjies omdat hulle nie kan lees nie en ook nie prentjie verstaan nie (gaan stort in die mans badkamer, want hulle stort is groter en droog). Steyn kry toe die Lepel, die Voorsitter moet die voorbeeld stel, en karavaan bande se verval datum belangrik is. Hierna word daar traag opgepak om huisvaarts te keer. Dit was weer lekker om saam met almal te kamp. Die terrein is verseker aanbeveelbaar. Sien julle gou weer.

Net ‘n paar foto’s van die dinge om te doen en te

sien.

Gesamentlike Kerkdiens en Afsluiting. Uitdeel van

plaaitjies en lepel.

Page 9: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

8 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Kuikens

Idees vir self gemaakte geskenkies vir moedersdag en vadersdag met afval blikkies:

Benodighede: Enige van die volgende of ‘n kombinasie daarvan kan gebruik word:

Stokkies, wasgoedpennetjies, roomys stokkies

Washi tape, kant, lint, tou, mooi papier, of bruinpapier, selfs koerant papier.

Verf, mooi prentjies

Gom (as gluegun gebruik word, vra maar ouers om te help) anders kan crafts glue gebruik word.

Blikkies, skoongewas, enige grootte

Skêr

Iets om binne in die blikkies te sit (iets waarvan Ma of Pa hou: ietsie soets – lekkers, sjokolade; ietsie souts – droë wors, biltong, neute; ietsie mooi’s – plantjies, blomme, kerse, briefies en boodskappe)

Die belangrikste is om pret te hê, terwyl julle dit maak. Speel lekker en geniet dit.

Bronnelys: http://inenomdiehuis.blogspot.co.za/2015/06/vadersdag-idees.html http://pinrest.com http://trouinspirasie.co.za

Page 10: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

9 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Tieners

Alle inligting en foto’s is gestuur deur trotse Ouers, oor ons eie Suid-Oos kinders:

Die April vakansie het Zander

‘n rugby toer na Parys gehad.

Hy is ook op SHS se

akademiese top 30, vir Gr 9.

Zené de Klerk is op Kruinpark se Gr 5 top tien. Sy is

ook ‘n ywerige Parkrun deelnemer.

Die de Klerks en die van

Wyks het ‘n draai by

Pretville gemaak en baie

pret gehad.

Charné Fourie is op Kalie

de Haas se akademiese

top 10. Sy het ook aan

die ATKV redenaars

deelgeneem op Ermelo.

Charné is ook aangewys

as die beste Wiskunde

Gr 7 student in die

Lekwa Oos streek.

Page 11: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

10 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Grysaards/Wyses

Koos Gunter

Artikel geskryf deur Steyn Fourie Koos Gunter, lidnommer 9711 sluit op 23 Januarie 1999 aan by SAWA streek Suid-Oos. Wie was hierdie man?

Vanaf dag een was hy ‘n staatmaker. Hy was altyd vriendelik en besorgd oor die mense rondom hom. Sy passie was mense. Een en elkeen is op dieselfde manier met groot respek hanteer. Hy was altyd bereid om te luister en dan te doen wat nodig was om die probleem op te los of om raad te gee. So het hy dan ook gedurende ‘n tyd wat dit baie moeilik gegaan het in die steek, nie geskroom om skouer aan die wiel te sit om die streek op te bou nie.

Kinders het hom baie na aan die hart gelê. Talle male het sy kleinkinders saam kom kamp. Selfs wanneer hulle nie saam gekamp het nie, het hy ‘n plan gehad om die kamp vir die kinders teenwoordig spesiaal te maak. Die kerskamp was ‘n gunstelling vir hom.

Daar het nie ‘n kamp verby gegaan waar hy nie ten minste een ete vir almal voorberei het nie. Hy was baie lief vir kosmaak. Nooit was daar te min nie. Koos Gunter was ‘n voortreflike mens. Lief vir sy familie, lief vir sy medemens, lief vir SAWA en lief vir God. Koos Gunter sal nog vir baie lank in ons gedagtes en harte saam kamp.

Rus in vrede, Oom Koos.

Page 12: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

11 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Artikel geskryf deur Santie van Eeden

Waar begin mens en wat sê jy? Koos was ‘n mense mens wat geleef het vir sy kampe. Hy was’ n trotse Sawanant, nooit was iemand vir hom te arm of te ryk nie. Hy het saam met almal gekuier en sou help waar hy kon. Hy was op sy gelukkigste as hy iets kon gee of doen vir ‘n kamp. Dit was vir hom ‘n voorreg om as kampkommandant op te tree en hy sou dae voor die tyd begin beplan aan die etes en wat ons vir die kinders kan gee of doen. Sy Godsdiens was vir hom baie belangrik en dit kon hy uitleef in SAWA sonder om daaroor skaam te wees.

Dit was vir hom ‘n eer en ‘n voorreg om eers voorsitter en later ondervoorsitter van Streek Suid-Oos te wees. Vir hom/my was en is SAWA, in besonder Streek Suid-Oos soos een groot familie. Hy het altyd net met lof van almal gepraat en graag vertel, hoe Sarie hom een aand wakker gehou het tot middernag. Van die toere wat hulle mee gemaak het, het hom altyd by gebly en hy het dit graag met almal gedeel wat wou luister.

Graag wil ek iets deel met julle wat ek uit my hart vir hom geskryf het. Hy, wat vir ‘n jaar en ‘n half aan my geleen was en my aan julle ongelooflike mense voorgestel het. Wat my geleer het wat is omgee en daarwees vir mekaar. Hoe sê mens dankie? Dankie vir soveel omgee. Dankie vir soveel bederfies. Dankie vir tyd saam met jou! Dankie dat jy vir my plekke gewys het en nog vriende en familie bygegee het. Dankie vir stil wees tye. Dankie vir die lag en skerts. Bowenal, dankie vir jou liefde. Rus in vrede. Ek gaan jou mis, maar ek weet jy vrolik nou al die Engele rondom jou op. Ek glo hy sal voortleef in almal se herinneringe en daar sal altyd iets wees of gebeur wat ons aan hom sal herinner.

Ons salueer jou Koos!

Page 13: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

12 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Algemeen

Lief en Leed Hierdie tyd was nie sonder sy vreugde en hartseer nie:

Marisca Meyer se ouers se gesondheid. Dra hulle asb in jul gebede.

Sarie Podges se operasie het goed afgeloop, sy alweer terug by die werk.

Hennie Podges was alweer in die hospitaal, maar is gelukkig ook weer by die huis.

Ons sê dankie vir Annetjie Smith se herstel na haar groot operasie.

Koos Gunter se skielike afsterwe. Hy sal onthou word vir sy groot hart, sy liefde vir

SAWA, sy harde werk, sy entoesiasme, sy vriendskap en die impak wat hy op ons almal

gemaak het. Ons gaan hom baie mis.

Dan kan ons ook vertel van Bertus se wonderbaarlike herstel, nadat hy van die Angus

naweek in Bloemfontein terug gekom het. Hy het van die dak afgeval vroeër die jaar en

het minimaal beweging van sy een arm en nek gehad. Ons dien ‘n GROOT GOD.

2017 Kampprogram Kamp program vir die res van die 2017:

DATUM MAAND WAAR

15 - 18 Junie Weesgerus

Julie Geen kampe

18 - 20 Augustus AJV - Sionbergh

22 - 25 September Constansia

27 - 29 Oktober Olifantsriviers lodge

24 - 26 November Kerskamp – Klipdraai

Emails word vroegtydig uitgestuur met die kamp informasie van elke kamp. ASB, indien julle dit nie kry nie, laat weet [email protected], jul email informasie is dalk nie korrek nie.

Vorige kamp foto’s, is beskikbaar onder kampnuus op die SAWA website: http://www.sawa.org.za/gebiede-streke/gebied-oos-transvaal/streek-suid-oos/.

Page 14: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

13 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Voogdes en hul Sawanante

Voogdes

Steyn Fourie (082 921 2092)

Sarie Podges (082-335-3821 / 082-326-9735)

Div en Erika de Villiers

Piet en Bettie Bothma

Bertus en Dalena Marx

Koos en Ria Brink

Marius en Mariet van Wyk

Mike en Riekie Dames

Theo en Caren Viljoen

Johan Graaff

Jannie en Martie Viljoen

George en Ida Markgraaff

Willy Smith (083-556-9430)

Mariska Meyer (084-764-1045)

Loutjie Greyling

Bennie en Izette de Klerk

Ryno en Chantelle Smith

Roderick en Lydia Smuts

Braam en Annetjie Smith

Chris en Ronel Schemper

Alta van Rensburg

Dries Zwarts

Wilma Mostert (073-941-1380)

Albert en Suretha Kruidenier

Gerhard en Riana Vermeulen

Hennie Wentzel

Voorraad Voorraad is beskikbaar by Sarie Podges [email protected] of 082-335-3821 / 082-326-9735

ITEM PRYS

PER

ITEM

SUID-OOS SNORRE (HARD) R20.00

NAAMBALKIES (MANS) R13.00

SUID-OOS BALKIES R10.00

SANGBOEKIES R30.00

SANGBUNDELS GROOT A4 R50.00

VOORSKOTE R165.00

HEMDE GROOT (GEEL) R36.00

DAMES HEMDE (SUIDOOS) (NAVY) R180.00

GHOLFHEMDE GROEN (L) R111.00

GHOLFHEMDE GROEN (XL) R119.00

GHOLFHEMDE GROEN (XXL) R119.00

GHOLFHEMDE GROEN (XXXL) R127.00

GHOLFHEMDE GROEN (7JR) R79.00

GHOLFHEMDE GROEN (11JR) R84.00

PETTE R30.00

SAWA PLAKKERS (GROOT) R6.00

SUID-OOS SNORRE (SAG) R8.00

Golfhempde

Groen

Page 15: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

14 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Verjaarsdae Suid-Oos wens julle almal ‘n wonderlike verjaarsdag toe. Mag julle ‘n dag beleef vol van God se Guns.

Suid-Oos Verjaarsdae

Januarie April Julie Oktober

2-Wijëon

Mostert 2-Lydia Smuts

1-Steyn Fourie

6-Caren Fourie

13-Theo

Viljoen 3-Ilana Brink

10-Bennie de Klerk

8-George

Markgraaff

16-Chantelle

Smith 14-Rolindi Graaff

Ria Brink

13-Rohan Graaff

26-Rienie

Greyling 18-Mike Dames

25-Corrie Smith

17-Gerdina

Wentzel

30-Roderick Smuts 27-Marisca Meyer 31-JannieViljoen

Februarie Mei 30-Marius van Wyk

3-Leon Mostert Augustus

4-Ida

Markgraaff 9-Hennie Wentzel

6-Ryno Smith

November

14-Zené de

Klerk

11-Gerhard

Vermeulen -Izette de Klerk

5-Ronel Schemper

19- Bertus

Marx 14 -Wilma Mostert

-Dalena Marx

10-Willy Smith

25-Soretha

Kruidenier 15-Erika deVilliers

11-Johan Graaff Inus Brink

16-Martie Viljoen

17-Dries Zwarts

18-Riana

Vermeulen

20-Andre deVilliers 22- Charne Fourie

Maart

28-Rigrietha

Vermeulen

28- Braam Smith

September

Desember

5 -Chris

Schemper Junie

13- Albert

Kruidenier 7- Mialieze Smith

12-Koos Brink

4-Riekie Dames

17- Micghard

Vermeulen

25-Alta v

Rensburg

15-Piet

Bothma 5-Loutjie Greyling

18- Mariet v.Wyk 28-Hennie Podges

17-Sarie

Podges 6-Johan Kruidenier 28- Uné van Wyk

27-Bettie

Bothma 8-Annetjie Smith

20-Zander Fourie

27-Caren Viljoen

Page 16: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

15 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Huweliks herdenkings Wat ‘n voorreg om nog ‘n jaar by te kan tel. Maklik is dit beslis nie, maar ‘n voorreg is dit verseker. Baie geluk julle.

Suid-Oos Troudatums

Januarie April Julie Oktober

31- Albert en

Soretha

Kruidenier

19 - Bennie &

Izette de Klerk

15 - Roderick &

Lydia Smuts

12 - Gerhard & Riana

Vermeulen

31- Div & Erika

de Villiers

Februarie Mei Augustus

November

14- Marius &

Mariet v. Wyk

2 - Corrie & Willy

Smith

5- Ryno & Chantelle

Smith

23- Bertus &

Dalena Marx

10- Jannie & Martie

Viljoen

17-Steyn & Caren

Fourie

Maart Junie September Desember

18 - Theo & Caren

Viljoen

2 - Leon & Wilma

Mostert

28- Hennie & Sarie

Podges

30 - Koos & Ria Brink

Indien daar enige foute waargeneem word, stel ons asb in kennis.

Page 17: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

16 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Uit die ‘Kombuis’ Bronnelys:

1) Braaibroodjie idees: Boerekos.com – kook met Nostalgie Fotos: Robertsons.co.za; gardenandhome.co.za/recipes/braai/ ; netwerk24.com; bbq-junkie.nl; watertandresepteviroudenjonk.com

Vulsel idees vir braai broodjies

Braai broodjies bly maar altyd ‘n treffer by braaivleis. Hier is ‘n paar nuwe idees vir vulsels:

Piesang met spek (grondboontjiebotter kan ook bygesit word vir die avontuurlikes)

Mozarella kaas, uie, tamatie, fyn repies ‘green pepper’ en vars gekerfde knoffel

Camembert, avokadopeer en gekaramelliseerde uie

Kaassmeer, blatjang en fyn gekerfde biltong

Appelkoosfonfyt met piesang

Piesang, kaas met bietjie rooipeper

Spek, avo, kaas en baie swart peper

Gerookte hoendeborsies, skywe gesny, mozzarella kaas, avo, sout en peper

Bros gebraaide spek, pynappelringe en sweet chillie sous

Salami, mozzarella kaas, uie en tamatie

Ham kaas en uie met engelse Mostert

Beestong koue vleis, gekaramelliseerde uie en kaas

Peri-peri hoenderlewertjies, uie en kaas

Spek, eier, kaas en maple stroop (heerlike vir ontbyt)

Burger braaibroodjie: hamburger pattie, uie, tamatie, kaas en blatjang

Gaar boerewors in dun skyfies gesny, gebraaide uie en kaas

Fillet (enige oorskiet vleis werk), Sampioene, uie, kaas, souse na smaak

Tuna en kaas, met bietjie basil

‘Spicey tomato relish’ en kaas

Sjokolade en piesang vir jou soettand {styf geklopte room vir bo-op}

Bokmelk kaas en aarbeie

Page 18: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

17 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/

Tegnies: Bande verval datum Bronnelys: WegSleep: Geskryf deur Schalk Jonker, in ‘n onderhoud met Clive Cox (Jurgens Ci se ontwikkellings

bestuurder); Maandag, November 28, 2016 14:30

As dit dan tyd is om nuwe bande vir jou wa te koop, beveel Clive aan dat jy sover moontlik hou

by die spesifikasies van die bande waarmee die woonwa uitgekom het.

Maar wanneer is dit tyd om hulle te vervang? Volgens die Padverkeerswet is jou bande

wettig as daar nog minstens 1 mm loopvlak oor is op die band. Die loopvlak moet reg oor die

breedte en omtrek van die band eweredig wees, en die patroon moet steeds duidelik sigbaar

wees.

Clive waarsku egter dat bande ook verval, selfs al het hulle nog meer as genoeg van hulle

loopvlak oor. “Daardie rubbersamestelling van jou band het ’n vervaldatum en dit is gewoonlik

rondom vyf jaar ná die vervaardigingsdatum,” sê hy. Die datum waarop jou band vervaardig is,

is ook op die sywand aangebring.

In die geval van die Tourer SW se band, wat ons as voorbeeld gebruik, is dit die nommer 4313.

Dit beteken die band is in die 43ste week van 2013 vervaardig, wat beteken dat hy hier teen

middel Oktober 2018 verval.

“ ’n Mens hoor gereeld van mense wat veral met ouer woonwaens wat hulle ’n klompie jare nie

gebruik het nie, gaan kamp en dan bars die band nadat hulle ’n kort afstand gery het. Dit is

omdat die band verval het, selfs al was sy loopvlak nog goed,” sê Clive.

“Die ding wat ’n mens van woonwabande moet onthou, is dat hulle nooit regtig hulle lewensduur

in terme van kilometers afgelê bereik nie. Dit is nie soos op jou kar waar jy 60 000-80 000 km

met jou bande aflê nie. In dieselfde tydperk sal jou woonwa dalk net 15 000 km aflê. Maar jy

moet hom steeds ná vyf jaar vervang.”

‘4002’ beteken dat die band in week 40

van jaar 2002 vervaardig is.

Page 19: TARENTAAL - sawa.org.za · Dankie aan elkeen wat dit so ‘n sukses gemaak het. Vir die wat nie onlangs die Presidente bygewoon het nie, ... {have+ocd+obses

18 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za/