tarentaal - sawa.org.za · die afgelope ajv was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die...

22
TARENTAAL Augustus 2017 Jaartal 27 Uitgawe 4 Uitgegee deur SAWA Streek Suid-Oos

Upload: ngoxuyen

Post on 30-Apr-2019

230 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

TARENTAAL Augustus 2017 Jaartal 27 Uitgawe 4 Uitgegee

deur SAWA Streek Suid-Oos

Page 2: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

1 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

INHOUDS OPGAWE

Op jou Knieë……………………………………...1 Redaksie………………………………………….…1 Nuwe bestuur 2017/18………………………2 Woord uit die Voorsitters se pen……...3 Uit die natuur…………………………………….4 Kampnuus………………………………………….5 Kuikens……………………………………………...9 Tieners……………………………………………..10 Grysaards/Wyses……………………………..11 Algemeen………………………………………..12 Lief en Leed…………………………………………12 Kamp program…………………………………...13 Voogdes en hul Sawanante.………………..14 Voorraad…………………………….……………….14 Verjaarsdae………………………….……………..15 Huweliks herdenkings……………………….…16

Uit die ‘Kombuis’………………………………17 Suid-Oos presteerders……………………..19

FOTOGRAWE VIR DIE UITGAWE:

Elke ouer, Fourie gesin, Lance Batts, Clipart

REDAKSIE VIR DIE UITGAWE:

Caren Fourie Steyn Fourie Erika de Villiers Koos Brink Ria Brink Annetjie Jordaan Elke ouer wat bydrae van sy/haar kind gestuur het.

Op jou Knieë Verkry uit die Woord vir Vandag; geskryf deur Bob & Debby Gass

Die Woord vir Vandag <[email protected]>

Nie uit nie, maar deur

Jesaja 43:2 NLV

Voordat God ons omstandighede verander, gebruik Hy dikwels ons omstandighede om ons te verander. Ja, Hy het belowe om ons probleme op te los, maar nie noodwending op ons skedule of op die manier wat ons verwag nie. God wil ons nie net uit ons omstandighede red nie, Hy wil ons ook ontwikkel om meer soos sy Seun te wees en ons Godgegewe potensiaal ten volle te bereik. Let op hoe baie die woord deur in die Skrif gebruik word. Om by die Beloofde Land uit te kom, moes Israel deur die Rooi See, die woestyn en die Jordaanrivier beweeg. Dink aan hierdie twee Skrif gedeeltes: 'Gaan hulle deur 'n droë vallei, word dit omskep in 'n fonteinedal... Hulle kragte sal vermeerder...' (Psalm 84:7-8 NLV). 'Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur stap, sal jy nie verbrand nie...' (Jesaja 43:2 NLV). God werk nie in minute, ure en dae nie; Hy werk in seisoene. Die suiweraar weet hoe lank die erts in die vuur moet bly om goud te produseer. Die pottebakker weet hoe lank die klei op die wiel moet bly om 'n item van waarde, skoonheid en bruikbaarheid te word. Vertrou op God; Hy weet wat Hy doen. Wees geduldig; terwyl God vir jou werk, werk Hy ook in jou. Wanneer jy deur hierdie ervaring is, sal jy terugkyk en Hom bedank vir die dinge wat Hy jou geleer het.

Sielkos: Esra 9-10; Mark 1: 1-8; Ps 78: 32-39; Spr 20: 1-3

Redaksie

Hierdie uitgawe is saamgestel met die hulp van die Redaksie. Suid-Oos julle is ‘n span 1000. Baie dankie vir julle hulp en gesindheid wanneer daar op julle knoppie gedruk word. Dit word opreg waardeer.

Ons is altyd opsoek na ‘n nuwe foto vir die voorblad, asook nuwe idees/raad/voorstelle vir die tarentaal. Asseblief, stuur al jul

kommunikasie na [email protected] of [email protected].

Page 3: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

2 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Suid-Oos bestuur 2017/18

In volgorde van links na regs:

Marisca Meyer (Penningmeester, inlas foto links) Sarie Podges (Addisioneel)

Willy Smith (Ondervoorsitter) Steyn Fourie (Voorsitter)

Chris Schemper (Addisioneel) Wilma Mostert (Sekretaresse, inlas foto regs)

Baie dankie vir julle almal se bereidwilligheid. Sterkte vir die jaar wat voorlê.

Voorsitter kontak besonderhede:

Steyn Fourie Steijn Str 16A, Meyerville, Standerton, 2430, SA

Posbus 7314 Cell +27 82 921 9092

Email: [email protected]

Page 4: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

3 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Woord uit die Voorsitter se pen

Artikel geskryf deur Steyn Fourie

Genadiglik kom ons nou aan die einde van die winter. Die lente en somer is om die draai, wat dit baie lekkerder maak om te kamp. Gedurende hierdie tyd is daar gekamp by Weesgerus tydens Junie saam met gebied Kiepersol. Diѐ wat so gelukkig was om die kamp by te woon het dit baie geniet. Die afgelope AJV was ‘n groot sukses. Baie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. Dankie ook aan elke lid wat moeite gedoen het om die kamp by te woon, asook die dagbesoekers wat saam kom kuier en vergader het. Ons het ook die voorreg gehad om Lance en Retha Batts, ons gebiedsleiers die naweek saam met ons te kon hê. Geluk aan die nuwe bestuur en baie dankie vir jul bereidwilligheid om saam die streek te bestuur.

Voorsitter: Steyn Fourie Ondervoorsitter: Willy Smith

Penningmeester: Marisca Meyer Sekretaris: Wilma Mostert

Addisionele lid: Sarie Podges Addisionele lid: Chris Schemper

{http://www.redbubble.com/shop/i+have+ocd+obses

sive+camping+disorder+t-shirts}

Page 5: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

4 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Uit die natuur

Artikel geskryf deur Koos Brink.

Koos se voëlrubriek

Koos se Voëlrubriek Die Rooivink ( Euplectes orix) Red Bishop Beskrywing: `n Algemene standvoël. Kleiner as `n mossie. Hoewel die broeiende mannetjie baie soos die Vuurkopvink lyk, kan die twee oor die algemeen nie verwar word nie, omdat die Vuurkopvink tot die verre noordooste beperk is. In Broeityd het die Rooivinkmannetjie `n helderooi en fluweelagtige swart verekleed met bruin hoofslagvere en `n swart voorkop wat tot onder sy bek strek. Die broeiende mannetjie “vertoon” in broeityd, deur sy vere op te pof . Die vlerke en stert is bruin. Die wyfie en die nie broeiende mannetjie, het roomkleurige wenkbroustrepe en hul keel, bors en pens is swaar gestreep. Afmetings: Mannetjie: 12-13 cm Wyfie: 11-12 cm Iris: Bruin Bek: Swart (broeiende mannetjie) Pote: Bene en pote is bruin met `n pienk skynsel. Onvolwasse voëls: Lyk soos die wyfie maar is geler op die bors en keel. Habitat: Swerms kom in grasveld, rietbeddings vleilande en welige plantegroei naby water voor. Word ook beskryf as `n gesellige kudde dier. Verspreiding: Afrika, suid van die Sahara tot in die Kaap, behalwe die woestynagtige gebiede soos die sentraal Kalaharie. Roep: In broeityd as sy vere opgepof is vertoon hy hom aan die wyfies deur `n gonsende sisliedjie te sing. Voeding: Grassade, plantmateriaal en insekte in grasveld op die grond. By uitsondering ook nektar. Neskleintjies word slegs met insekte gevoer. Broeigewoontes: Hoogs territoriaal en broei koloniaal Die mannetjie is `n veelwywer met tot soveel as 7 wyfies. Nes: Die mannetjie weef `n dunwandige tipiese wewer nes wat die wyfie met nesmateriaal uitvoer, maar wat totaal verskil van die ander wewers s`n. Die Rooivink se bolvormige geweefde nes se opening sit aan die bokant van die nes met slegs `n klein dakkie om reën uit te hou. Die vink klim dus van bo af in die nes in. Al die ander wewers se nes opening is onderaan die nes en die voëls klim van onder af in. Die Rooivink se nes is ook heelwat

Die Rooikopvink mannetjie

Page 6: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

5 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

kleiner en yler geweef as die Swartkeelgeelvink s`n. Die Swartkeelgeelvink se nes hang ook gewoonlik aan die onder punt van `n afhangende tak terwyl die Rooivink sy nes vasweef. Sien Fotos. `n Groepie Swartkeelgeel en Rooivinke het verlede seisoen in my erf nes gemaak. Broei Seisoen: In Mpumalanga November tot April. Eiers: 2-4, gewoonlik 3 Broeitydperk: 12 tot 13 dae, slegs deur die wyfie. Kuikenstadium: 16 dae, slegs deur die wyfie gevoed. Die pragtige Rooivink is nogal `n spoggerige voël met buitengewone nes maak, broei, en versorging gewoontes. Bronnelys: 1. Newman se Voëls van Suider-Afrika Kenneth Newman 2. Sasol se Voëlgids van Suider- Afrika Ian Sinclair en medewerkers. 3. Die Voëlgids van Suider- Afrika Ulrich Oberprieler en Burger Cillie 4. Lok Voëls na jou Tuin in Suider- Afrika Roy Trendler en Lex Hes 5. Roberts` Multimedia Birds of Southern Africa Guy Gibbon & John Voelcher 6. Sappi Voëls van Suid-Afrika Saartjie Kidson & Herman v Niekerk

Kampnuus

Artikel geskryf deur Ria Brink

WINTER SAAMTREK

15 -18 JUNIE 2017 Donderdag oggend 15 Junie het Bertus, Dalena en ons, in die pad geval na Weesgerus. Dis `n baie ver pad, maar ons het baie lekker en voorspoedig gery. Gelukkig was ons voor die druk verkeer van die lang naweek en was daar nie baie verkeer nie. Ongeveer 14:30 het ons by Weesgerus aangekom, waar ons baie vriendelik ontvang is deur die kampkommandante wat op hulle pos was. Hulle organisasie was puik! Binne minute het ons, ons koeverte met al die inligting van die naweek ontvang. Al die verskillende streke van die gebied se vlae en baniere het gewapper en het ons sommer dadelik tuis gevoel, al was ons nie deel van daardie gebiede nie. Omdat dit baie vol bespreek was, het ons en Bertus hulle op een staanplek gestaan. Die staanplekke is so lekker ruim, dat dit ons glad nie gepla het nie. Die hele terrein is in sirkels verdeel. Elke sirkel se staanplekke is in`n sirkel geplaas met `n groot ablusie blok in die middel van die sirkel maw almal is presies ewe ver van die badkamer af. Omdat die toegang en getalle streng beheer word, was daar nooit `n opeenhoping in die badkamer nie en daar was te alle tye genoeg warm water. Die terrein is baie goed beplan en baie mooi versier met pragtige groot bome en geplaveide stap paadjies na die swembaddens, winkeltjie, restaurant, putt –putt baan en naby geleë dam met voël skuilings en aanloklike bankies waar jy kan gaan sit en jouself vergeet. Donderdagaand na Boekevat, is ons ingelig oor die naweek se program. Vir Vrydag is daar na boeke vat wat 9

Page 7: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

6 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

uur gehou is, `n 4x4 roete op `n naburige plaas beplan. Daar was groot opgewondenheid onder al die deelnemers en is hulle met groot entoesiasme daar weg om die uitdagings te gaan aanpak. Die aand het almal self gebraai en die hele dag se ondervindings met mekaar gedeel Saterdagoggend na boeke vat was daar `n heerlike kermis waar die verskillende streke in die gebied stalletjies gehad het en allerhande lekkernye en snuisterye verkoop is. Met vrolike agtergrond musiek wat deur `n Nylstromer verskaf is, het die sawanante aan pannekoeke, boereworsrolle en die lekkerste nagereg gesmul terwyl almal heerlik gekuier het. Gedurende die res van die dag het almal hulle besig gehou deur te swem, te stap, voëls te kyk, lees, kuier, rus en sommer net niks te doen. Die aand was daar `n heerlike saambraai waar Jakaranda streek pap en sous verskaf het. Daarna was daar `n sokkie waar almal tot laat aand heerlik gejol het. Sondagoggend het almal redelik vroeg opgestaan en begin oppak want almal wou so gou as moontlik na die erediens die lang pad terug neem huistoe. Die erediens is waargeneem deur Ds Jan Botha, `n inwoner van Kokanje aftree oord wat direk langs Weesgerus geleë is. Na die erediens en die afsluiting met al die formaliteite het almal hul laaste goed gaan pak. Ons opregte dank en gelukwense aan die Jakaranda streek vir puik en uitstekende reëlings om 103 woonwaens te kon akkommodeer. Ons is bewus daarvan dat hulle reeds Weesgerus vir volgende jaar bespreek het en alreeds besig is met die beplanning en reëlings vir 2018 se kamp. Ons wens hulle sterkte en sukses daarmee toe. Ons sal die kamp lank onthou en wil aan almal wat nie kon saam gaan nie, sê: “Julle het `n baie lekker kamp gemis”.

Artikel geskryf deur Annetjie Jordaan; Fotograaf: Lance Batts

AJV, Sionbergh 18 – 20 Augustus 2017

Vrydag, 18 Augustus, is ‘n koue wintersdag, maar ons is oppad om te gaan kamp. Dis dan die AJV kamp. Maar julle weet mos hoe dit gaan, veral as dit koud is, dink my brein nie so mooi nie. Oppad vra ek vir Braam of die verlengingskoord ingelaai is, nee hy het ook vergeet. Ons ploeter maar voort want my skoonsus Willy sal my kan help met een. Toe hulle arriveer kom ons met ontnugtering agter hulle s’n is ook by die huis. Gelukkig het Oom Hennie Podges vir ons een om te leen. Hierdie plaasboer het alles in die woonwa as spaar. Soos daar uitgepak word, kom ek agter dat die kos ook nie in die woonwa is nie. Gelukkig is die huis nie ver nie, en die mans {Corrie en Braam} het gery om dit te gaan haal. Net om later uit te vind Suid-Oos verskaf die vleispakkies vir die braai. Nadat almal opgeslaan was, is die koue aangedurf en almal het by Steyn se woonwa vergader. Almal is verwelkom, Willy het boekevat gedoen, met ‘n treffende voorlesing. Waarna aandete (Preggo steak rolls) aan gesmul is. Ronel wou net weet hoeveel daar is vir elkeen, sy was seker baie honger, soos die res van ons. Dalena was net bekommerd dat Steyn nie gaan eet nie, want hy was net besig om die steaks te braai.

Ons woonwa, klaar opgeslaan

Suid-oosters besig om op te slaan

Besig om Preggo steaks te braai

Page 8: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

7 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Maar julle weet hoe dit gaan, as die magies vol is, wil die ogies toe. Die koue het ook nie gehelp nie. Almal is sommer vroeg na hul beddens. Hoe sê hulle nou ‘elkeen vir homself en die duiwel vir die res’. Saterdagoggend breek aan en almal sluip, sluip so uit hulle waens om nog ‘n koue dag te trotseer. By Steyn-hulle se wa is daar begin om ontbyt te maak, waarna daar aangesit is aan ‘n vyf stêr ontbyt. Hierna is daar opgeruim en reggemaak vir die AJV. Elfuur het die AJV geopen met boekevat, waarna die vergadering begin is. Elkeen het hul mening gelig en saam besluit op verskillede agenda punte, met die hoogtepunte altyd 2018 se kampplekke, waarna die vergadering verdaag is. Baie geluk aan almal wat sertifikate ontvang het. Die middag het met die bekende groot veiling afgeskop, met Sarie as die afslaer. Dit was groot pret en almal het dit baie geniet. Groot sukses. Saterdagaand is daar gebraai, terwyl ander rugby gekyk het en almal op hoogte gehou het (die looitjie raai). Alhoewel die wind nie gewaai het nie was die lug koud en almal het heerlik geeet, waarna almal Sarie se kondensmelk koffie (Swazi koffie) geniet het. So het Saterdag ook op ‘n einde gekom en almal is na hul waens om warm te slaap. Maar julle weet mos die dames wat koud en gevries is, wil mos eers warm stort gaan vat, sodat hulle warm is om te gaan slaap. Maar sekere mens “ek noem nie name nie’ al die warm water gevat en ‘n paar van ons dop toe ‘n groot toets, want ons kry toe net koue water. Brrrrr….. Die rugby raai looitjie wenner was Corrie Smith, wat met ‘n wonderlike prys weg gestap het. Dankie Ronel en Chris vir hierdie initiatief. Sondagoggend breek aan en almal begin maar so stadig, maar seker oppak. Tienuur is die kerkdiens deur Steyn behartig. Dankie vir die mooi boodskap. Tydens die afsluiting is die volgende plaaitjies uitgedeel: Kamp kommandante: Steyn en Caren Fourie; Willy en Corrie

Smith; Sarie en Hennie Podges Die tarentaal wissel trofee is aan Sarie oorhandig vir die

tarentaal van die naweek. En dan natuurlik wat is ‘n kamp sonder die gatplaaitjies en

lepel: Willy: Want sy het haar tas met al die SAWA dokumente by

die huis vergeet Dalena: Sy het haar winter nagklere en komberse vergeet en

het huis toe gery vir pj, terwyl sy komberse en blaas

Enige iets om nie koud te kry nie

Vroeg oggend, besig met ontbyt

AJV word gehou

Veiling tafels word toe gepak

Vure word aangesteek vir braai

Page 9: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

8 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

verwarmers geleen het. Annetjie: Sy het haar kos by die huis vergeet en Braam moes

terugry om dit te gaan haal.

So kom ons kamp tot ‘n einde. Baie dankie aan ons gaste wat die kamp bygewoon het. Lance en Retha Batts van die gebiedsbestuur, asook Archie en Edith Jansen van Rensburg. Baie dankie aand die bestuur vir al die reëlings en beplanning. Caren en Steyn vir die gebruik van julle woonwa. Totsiens Sawanante tot die volgende kamp. Ry veilig terug na julle bestemmings. Annetjie Jordaan

Kamp kommandante ontvang

plaaitjies

Sarie aangewys as die tarentaal

van die naweek.

Gatplaaitjie wenners

Lepel wenner

Bertus en Dalena word geluk

gewens met hul nuwe woonplek.

Santie word verwelkom as nuwe lid

Page 10: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

9 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Kuikens

Bronnelys: Origami blom: https://www.pinterest.com/pin/515310382335890177/ ; http://partydarwin.com.au/party-ideas/decorations-ideas/paper-flower-decorations/ Tissue papier blom: http://inspiredbyfamilymag.com/2014/09/14/how-make-tissue-paper-flowers/ ; http://decorations.dermasisfreetrial.com/party-decorations-to-make-with-tissue-paper/ ; http://hellocreativefamily.com/how-to-make-diy-giant-tissue-paper-flowers-tutorial/ ; https://www.crafthubs.com/diy-large-paper-flower/29716

Idees spesiaal om die vroue/ma’s/ouma’s te bederf:

Benodighede: • Papier in haar gunsteling kleur, in vierkante gesny (fig 1).

Tissue papier (grootte bepaal die grootte van die blomme. (fig 2 –fig 5)

Fig 1: Origami blom. ‘n Sosatie stokkie kan gebruik word vir

‘n steeltjie/stingel.

Fig 2: Vou

konsertina

voue en

bind papier

in die

middel vas. Fig 3 & 4: Sny kante rond/skerp. Frommel/Vou

elke laag papier apart na die middel toe.

Fig 5: Dit maak

‘n vrolike

kleurvolle

prentjie. Kan

gehang/geplak

of net iewers

gesit word.

Page 11: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

10 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Tieners

Alle inligting en foto’s is gestuur deur trotse Ouers en Oupa’s. Die kinders se tweede kwartaal is verby, derde kwartaal is halfpad. Hierdie jaar is besig om verby te snel, hopeloos te vinnig. Baie sterkte vir julle almal, die laaste been van hierdie jaar is hier.

Uné van Wyk: Het by Standerton Laerskool ‘n akademiese balkie ontvang.

Sy is ook gekies om haar skool by die kunswedstryd te verteenwoordig met haar Afrikaans en Engelse voordrag, later hierdie kwartaal.

Sy slaag beide haar kitaar prakties en teorie met 100%.

Charné Fourie: Is op Kalie de Haas Laerskool se Gr 7 akademiese top tien.

Zander Fourie: Is nog op SHS se akademiese top 30. Hy woon die Sasol Expo by, wat hy baie geniet het.

Page 12: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

11 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Grysaards/Wyses Bronnelys: http://www.andiquote.co.za/outeurs/CJ_Langenhoven.html http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/se-goed-van-die-wyses-en-die-gryses https://groups.google.com/forum/#!topic/soc.culture.belgium/ld3CDSwOJVk https://af.wikiquote.org/wiki/C.J._Langenhoven

Artikel geredigeer deur Caren Fourie Suid-Oos se ouer mense stel ‘n voorbeeld waar hulle vir ons wys, dat niemand ooit te oud is vir enige werk wat gedoen moet word nie. Dit hou hulle gesond, besig en hopelik uit die moeilikheid, maar soms te besig om by ‘n kamp uit te kan kom. Maar die beplanning vir die volgende jaar mag dalk net verander, as jy na hulle luister. Ek het gaan aanklop by een van ons bekende wyse manne (CJ Langenhoven) om ‘n paar wyse aanhalings/gesegdes/spreukwoorde te kry wat vir ons almal as raad kan dien. Dis ook interessant hoeveel meer trefkrag 'n gesegde soms het as 'n elle lange verduideliking. Baie van die gesegdes is soos om 'n lekkerny te eet. Party eetgoed proe jy onmiddellik die smaak, ander het weer so 'n na-trekkie en kom jy eers na 'n minuut of twee agter hoe lekker die eetding eintlik gesmaak het. Net so sal jy party gesegdes onmiddellik snap. Ander moet mens 'n paar keer stadig oor en oor lees om te verstaan, wat die persoon eintlik daarmee bedoel het. Liefde, vriendskap, (vyandskap) en ons arbeid, kan soms uitputtend wees. Diè volgende gesegdes kan jou twee keer laat dink voor jy doen, of soms net ‘n glimlag op jou gesig plaas.

- Jy sê “ja” waar jy moes “nee” gesê het om 'n vriend se gevoelens te spaar, maar reken hoe hy jou aanstoot gegee het met sy versoek! - Hoe meer jy jou laat gebruik, hoe minder bruikbaar is jy. - Moenie vriendskap en besigheid meng nie, jy bederf albei. - Die ware vriendskap vind nie sy vreugde in neem nie, maar in gee. - Die teëspoed sif die vriende uit wat uit jou voorspoed geoes het. - Die vriendskap wat jy moet koop, is 'n te duur artikel. Jy sal nooit weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie. - Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur. - Die ware vriendskap vind nie sy vreugde in neem nie, maar in gee. - Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word. - Borgskap is die kind van vriendskap, maar hy vermoor graag sy ouer. - As twee vriende eenmaal getwis het, kan hulle opmaak maar die vorige vriendskap kry hulle nooit weer terug nie. Buiten wanneer hulle met mekaar getroud is. - Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was, aan 'n oue of dit 'n goeie wa-maker was. - Dis makliker om die gemeente lief te hê as jou buurman, en die hele menslike geslag as jou vrou se familie. - As jy jou werk sleg doen omdat jy jou loon te min beskou, sal jy nooit goeie werk doen nie: want jy sal nooit genoeg loon kry na jou eie sin nie.

Page 13: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

12 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

- Ons betaal ons onwillige knegte altyd te veel, ons gewilliges altyd te min.

- Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees. - 'n Goeie ambagsman kry nooit sy werk na sy eie sin nie; 'n slegte kry dit nooit na die sin van sy klandisie nie. - As die kortpad die beste was sou die hoofpad daar geloop het. - Aan elke silwer randjie is daar 'n wolk. - Beleefdheid is die hoedanigheid van’n hart, wat die stukkende hekkie nie raak sien nie en die aandag vestig op die blomme in die tuin daaragter.

Dan net om af te sluit, ‘n klein bietjie wysheid en lewenswaarhede wat nie omslagtig is nie, maar kort en kragtig, op die man af.

- Doen wat reg is en maak die Here aanspreeklik vir die gevolge, in plaas van om te maak soos jy lekker kry en die Here die skuld te gee vir die gevolge. - Behandel alle mense met beleefdheid – jou meerdere omdat dit jou plig is; jou gelyke omdat dit jou plesier is; jou mindere omdat dit jou voorreg is. - Jy kan nie 'n reputasie bou op dit wat jy nog gaan doen nie. - Die grootste fout wat 'n mens kan maak, is om voortdurend bang te wees dat jy een gaan maak. - Baie mense is meer gemaklik met ou probleme as met nuwe oplossings. - As min kennis gevaarlik is, waar is die persoon met soveel kennis dat hy buite gevaar is? - Die grootste genoegdoening lê in dit wat jy gedink het jy nie sou kon doen nie en dit toe reggekry het.

Algemeen

Lief en Leed

Hierdie tyd was nie sonder sy vreugde en hartseer nie:

Corrie en Willy Smith het ‘n kleinseun ryker geword. Baie geluk julle.

Div en Erika de Villiers het besluit om ook pensioenarisse te word.

Bertus en Dalena se aftree plekkie is uiteindelik beskikbaar.

Koos en Ria Brink gaan ‘n agterkleinkind ryker word.

Mariska se ouers het die winter by die Eiland gaan oorwinter na al die gesondheids

probleme, gaan beter. Maar asb hou aan bid.

Page 14: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

13 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Kampprogram Kamp program vir die res van die 2017:

DATUM MAAND WAAR

8 - 10 September Nasionaal; Kaia Manzi

Senior burgers welkom van die 6de

22 - 25 September Constansia

27 - 29 Oktober Olifantsrivier lodge

24 - 26 November Kerskamp – Klipdraai

Emails word vroegtydig uitgestuur met die kamp informasie van elke kamp. ASB, indien julle dit nie kry nie, laat weet [email protected], jul email informasie is moontlik nie korrek nie. Vorige kamp foto’s, is beskikbaar onder kampnuus op die SAWA website: http://www.sawa.org.za/gebiede-

streke/gebied-oos-transvaal/streek-suid-oos/.

Kamp program soos bespreek op die AJV vir 2018:

DATUM MAAND WAAR

26 - 28 Januarie Secunda: Lake Umuzi: Oasis

9-10 Februarie Oop NUB

23 - 25 Februarie Stable Inn

29 Mrt – 2 April Maart Presidente: Klipdraai

27 April – 1 Mei April Swaziland: Milwane

11 - 12 Mei NUB

26 – 28 Mei De Voetpadkloof

Junie Winterskamp: Weesgerus

25 Junie – 14 Julie Junie / Julie Streeks toer: Namibie / Suid-wes

3 - 4 Augustus NUB

17 – 19 Augustus AJV: Sionbergh

14 - 15 September Nasionaal

12 - 13 Oktober Kongres

19 - 21 Oktober Soetdoring Vakansie plaas

30 Nov – 2 Des November/Desember Klipdraai

Page 15: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

14 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Voogdes en hul Sawanante

Voogdes

Steyn Fourie (082 921 2092)

Sarie Podges (082 335 3821 / 082 326 9735)

Bertus en Dalena Marx

Piet en Bettie Bothma

Marius en Mariet van Wyk

Koos en Ria Brink

Theo en Caren Viljoen

Mike en Riekie Dames

Jannie en Martie Viljoen

George en Ida Markgraaff

Johan Graaff

Willy Smith (083 556 9430)

Mariska Meyer (084 764 1045)

Loutjie Greyling

Bennie en Izette de Klerk

Ryno en Chantelle Smith

Roderick en Lydia Smuts

Braam en Annetjie Smith

Dries Zwarts

Alta van Rensburg

Wilma Mostert (073 941 1380)

Chris Schemper (082 897 0765)

Albert en Suretha Kruidenier

Archie en Edith Jansen van Rensburg

Gerhard en Riana Vermeulen

Div en Erika de Villiers

Hennie Wentzel

Voorraad Voorraad is beskikbaar by Sarie Podges [email protected] of 082-335-3821 / 082-326-9735

ITEM PRYS

PER

ITEM

SUID-OOS SNORRE (HARD) R20.00

NAAMBALKIES (MANS) R13.00

SUID-OOS BALKIES R10.00

SANGBOEKIES R30.00

SANGBUNDELS GROOT A4 R50.00

VOORSKOTE (beperkte voorraad) R165.00

HEMDE GROOT (GEEL) R36.00

DAMES HEMDE (SUIDOOS) (NAVY) R180.00

GHOLFHEMDE GROEN (L) R111.00

GHOLFHEMDE GROEN (XL) R119.00

GHOLFHEMDE GROEN (XXL) R119.00

GHOLFHEMDE GROEN (XXXL) R127.00

GHOLFHEMDE GROEN (7JR) R79.00

GHOLFHEMDE GROEN (11JR) R84.00

PETTE R30.00

SAWA PLAKKERS (GROOT) R6.00

SUID-OOS SNORRE (SAG) R8.00

Golfhempde

Groen

Page 16: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

15 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Verjaarsdae Suid-Oos wens julle almal ‘n wonderlike verjaarsdag toe. Mag julle ‘n jaar beleef vol van God se Goedheid en Guns.

Suid-Oos Verjaarsdae

Januarie April Julie Oktober

2-Wijëon Mostert

2-Lydia Smuts

1-Steyn Fourie

6-Caren Fourie

13-Theo Viljoen

3-Ilana Brink

10-Bennie de Klerk

8-George Markgraaff

16-Chantelle Smith

14-Rolindi Graaff

10-Ria Brink

13-Rohan Graaff

26-Rienie Greyling

18-Mike Dames

25-Corrie Smith

17-Gerdina Wentzel

30-Roderick Smuts 27-Marisca Meyer 31-JannieViljoen

Februarie Mei 30-Marius van Wyk

3-Leon Mostert Augustus

4-Ida Markgraaff

9-Hennie Wentzel

6-Ryno Smith

November

14-Zené de Klerk

11-Gerhard Vermeulen

6 -Izette de Klerk

5-Ronel Schemper

19- Bertus Marx 14 -Wilma Mostert 6 -Dalena Marx 10-Willy Smith

25-Soretha Kruidenier

15-Erika deVilliers 11-Johan Graaff

10- Inus Brink

16-Martie Viljoen 17-Dries Zwarts 18-Riana Vermeulen

20-Andre deVilliers 22- Charne Fourie

Maart

28-Rigrietha Vermeulen 28- Braam Smith

September

Desember

5 -Chris Schemper

Junie

13- Albert Kruidenier

7- Mialieze Smith

12-Koos Brink

4-Riekie Dames

17- Micghard Vermeulen

25-Alta v Rensburg

15-Piet Bothma 5-Loutjie Greyling 18- Mariet v.Wyk 28-Hennie Podges

17-Sarie Podges 6-Johan Kruidenier 28- Uné van Wyk

27-Bettie Bothma 8-Annetjie Smith

20-Zander Fourie

27-Caren Viljoen

Page 17: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

16 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Huweliks herdenkings Wat ‘n voorreg om nog ‘n jaar by te kan tel. Maklik is dit beslis nie, maar ‘n voorreg is dit verseker. Baie geluk julle.

Suid-Oos Troudatums

Januarie April Julie Oktober

31- Albert en

Soretha

Kruidenier

19 - Bennie &

Izette de Klerk

15 - Roderick &

Lydia Smuts

12 - Gerhard & Riana

Vermeulen

31- Div & Erika

de Villiers

Februarie Mei Augustus

November

14- Marius &

Mariet v. Wyk

2 - Corrie & Willy

Smith

5- Ryno & Chantelle

Smith

23- Bertus &

Dalena Marx

10- Jannie & Martie

Viljoen

17-Steyn & Caren

Fourie

Maart Junie September Desember

18 - Theo & Caren

Viljoen

2 - Leon & Wilma

Mostert

28- Hennie & Sarie

Podges

30 - Koos & Ria Brink

Indien daar enige foute waargeneem word, stel ons asb in kennis.

Page 18: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

17 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Uit die ‘Kombuis’ Bronnelys (vir artikel en foto’s):

https://kreatiewekosidees.com/tag/omelet/

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/ziplock-omelette.html

http://www.boerekos.com/recipe/ziploc-omelette/

http://www.rsg.co.za/resepte_kuik.asp?id=1792

ZIPLOCK OMELETTE

BESTANDELE 2 eiers per persoon 1 Ziploc sakkie per 2 eiers kastrol met kookwater

VULSELS

kaas/ham/bacon/Oorskiet vleis uie/soetrissie/Sampioene Tamaties Enige of alles van die bogenoemde vulsels werk goed

METODE Klits twee eiers en plaas in sakkie met enige van die bogenoemde vulsels. Laat al die lug uit die sakkie uit. Verseël sakkie, en plaas in kokende water. Laat dit vir 12 minute kook. Haal uit - wees versigtig vir die warm lug wanneer jy die sakkie oopmaak. Jy kan 'n paar van die sakkies gelyktydig in die kastrol sit. Elke persoon kan hulle naam op die sakkie skryf sodat jy weet watter sakkie joune is. PS.: die geheim is om die hitte op med te hou en dop te hou dat die sakkies nie bars nie.

Page 19: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

18 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Bronnelys (vir artikel en foto’s):

Peas And Crayons at http://peasandcrayons.com/2016/08/blueberry-broccoli-spinach-salad.htm

BLOU BESSIE, BROCCULI EN SPINASIE SLAAI

BESTANDELE VIR DIE SLAAI:

120 gr vars baba spinasie

1/2 koppie gekerfde broccoli

1/2 ryp avocado

1/4 koppie blou bessies

1/4 koppie feta kaas

2-4 eetl. droe cranberries

2-4 eetl. geroosterde sonneblom saad

swart peper, na smaak (optioneel)

POPPY SAAD SLAAI SOUS:

1/2 koppie Griekse yogurt of suur room

1/4 koppie karringmelk

1/4 koppie goeie kwaliteit mayonaise

1 knoffel huisie

½ teelepel suurlemoensap of wit asyn

1 teelepel poppy saad

1/2 teelepel gedroogte parsley

1/2 teelepel gedroogte dill

1/4 teelepel uie poeier

1/4 teelepel paprika

1/8-1/4 teelepel knoffel , of na smaak

1/8 teelepel sout

1/8 teelepel swart peper

Notas: Die resep is genoeg vir 2 persone.

Die slaai sous kan ook met vars kruie gemaak

word, maar die hoeveelhede kan dan verskil, voeg

by na smaak.

METODE 1. Begin om die slaaisous te maak Kan al die

vorige aand gemaak word..

2. Skil die knoffel huisie en maak fyn. Soos

pasta. Voeg sout by.

3. Voeg al die bostaande bestanddele saam en

meng goed.

4. Plaas in yskas.

5. Was en droog die baba spinasie.

6. Voeg die broccoli, blou bessies, gedroogte

cranberries, advokado, feta kaas, asook die

sonneblomsaad by.

7. Meng die slaaisous by en gooi swart peper,

na smaak , by die slaai

Page 20: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

19 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Suid-Oos presteerders Sertifikate oorhandig deur Steyn Fourie en Willy Smith. Fotograaf Lance Batts

Koos Brink is aangewys as die Suid-Oos rubriek skrywer van die jaar met sy voël rubriek.

Ria Brink is aangewys as die Suid-Oos Konsert aanbieder van die jaar.

Page 21: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

20 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Hennie Podges is aangewys as Suid-Oos se sport persoon van die jaar met sy jukskei wat oud en jonk betrek.

Chris en Ronel Schemper is aangewys as die mees betrokke nuweling van Suid-Oos, deur slegs 2 kamp (Streek, Gebied,

Nasionaal en Presidente kampe) te mis vandat hulle aangesluit het as lede.

Page 22: TARENTAAL - sawa.org.za · Die afgelope AJV was n groot sukses. aie dankie aan elkeen wat voor die kamp hard gewerk het. ... {have+ocd+obses

21 | B l a d s y

Tarentaal word uitgegee deur Suid-Oos streek van SAWA. Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Besoek SAWA web werf vir meer inligting oor SAWA: http://www.sawa.org.za

Zander Fourie is aangewys as die persoon wat die meeste gatplaaitjies en lepels ontvang het deur die jaar.

Caren Fourie is aangewys as die Suid-ooster van die jaar.