tel: (011) 791-6160/1 bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/bleaunuus/bleaunuus-09mei2019.pdf ·...

7
09 Mei 2019 Bladsy 1 van 7 HERSIENDE KWARTAAL 2 EKSAMENROOSTER: Graad 4 – 7 (6 Mei 2019) Datum Vak 3 Mei Afrikaans Kreatief Gr. 4-7 10 Mei English Creative Gr. 4-7 21 Mei EBW Gr. 7 en LV Gr. 4-6 (volg rooster res van dag) 22 Mei KK Gr. 7 (volg rooster res van dag) 23 Mei Tegnologie Gr. 7 (volg rooster res van dag) 24 Mei Afrikaans Gr. 4-7 2e-sessie 27 Mei LO Gr. 7 2e-sessie (skool kom van vandag af 12:00 uit tot 7 Junie) 28 Mei Aardrykskunde Gr. 4-7 2e-sessie 29 Mei NW/TEG Gr. 4-6, NW Gr. 7 2e-sessie 30 Mei Opvoedkundige uitstappie Gr. 4-7 Lion en Safaripark 31 Mei ENGELS SLEGS GR. 6 COMMON (1E-SESSIE) Engels G. 4,5,7 2e-sessie 3 Junie GESKIEDENIS SLEGS GR. 6, Wiskunde Gr. 4, 5, 7 2e-sessie 4 Junie WISKUNDE SLEGS GR. 6 COMMON (1E-SESSIE) Geskiedenis Gr. 4, 5, 7 2e-sessie AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN: Indien ‘n leerder siek is mag hul nie net inkom om eksamen te skryf en dan huistoe gaan nie, aangesien dit probleme veroorsaak met individuele toesig wat gereël moet word. Ander kinders mag ook moontlik aangesteek word. Leerders wat siek is en nie eksamen kan skryf nie, moet nie skool toe kom nie en moet ‘n doktersbrief inhandig. Die doktersbrief moet by Juffrou Marléne ingehandig word sodat ‘n reëling getref kan word vir die herskryf van die betrokke eksamen. SKOOLTYE GEDURENDE DIE EKSAMEN: - Die skool sal vanaf Maandag, 27 Mei tot en met die 7de Junie om 12:00 uitkom vir al die kinders, en vanaf 10 Junie (Dag 7) sal normale skoolure gevolg word. - Daar sal toesigklasse wees vir die laerskoolkinders wat teen 12:30 nog nie afgehaal is nie. - Die naskool sal normale ure funksioneer tot Vrydag, 14 Junie. Ons versoek dat die ouers nie die kinders voor 12:00 kom afhaal nie, aangesien die kinders in die tweede sessie skryf. UIT DIE KANTOOR PERSONALIA Baie geluk aan die volgende personeel wat hulle verjaarsdae vier: Me Christel Scholtz (11 Mei), Mnr Wilco van der Merwe (14 Mei), en Me Erika Westerberg (23 Mei). Ons hoop en vertrou dat dit vir julle ‘n baie spesiale dag sal wees en n geseënde nuwe lewensjaar word julle toegebid. Besoek ons webwerf: www.fontainebleau.co.za Tel: (011) 791-6160/1 [email protected] Bleaunuus

Upload: others

Post on 17-Aug-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-09Mei2019.pdf · Kruger en Kie, ‘n rekenmeestersfirma in Randburg, benodig die dienste van ‘n voltydse

09 Mei 2019 Bladsy 1 van 7

H E R S I E N D E K W A R T A A L 2 E K S A M E N R O O S T E R :

Graad 4 – 7 (6 Mei 2019)

D a t u m V a k

3 Mei Afrikaans Kreatief Gr. 4-7

10 Mei English Creative Gr. 4-7

21 Mei EBW Gr. 7 en LV Gr. 4-6 (volg rooster res van dag)

22 Mei KK Gr. 7 (volg rooster res van dag)

23 Mei Tegnologie Gr. 7 (volg rooster res van dag)

24 Mei Afrikaans Gr. 4-7 2e-sessie

27 Mei LO Gr. 7 2e-sessie (skool kom van vandag af 12:00 uit tot 7 Junie)

28 Mei Aardrykskunde Gr. 4-7 2e-sessie

29 Mei NW/TEG Gr. 4-6, NW Gr. 7 2e-sessie

30 Mei Opvoedkundige uitstappie Gr. 4-7 Lion en Safaripark

31 Mei ENGELS SLEGS GR. 6 COMMON (1E-SESSIE) Engels G. 4,5,7 2e-sessie

3 Junie GESKIEDENIS SLEGS GR. 6, Wiskunde Gr. 4, 5, 7 2e-sessie

4 Junie WISKUNDE SLEGS GR. 6 COMMON (1E-SESSIE) Geskiedenis Gr. 4, 5, 7 2e-sessie

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN: Indien ‘n leerder siek is mag hul nie net inkom om eksamen te skryf en dan huistoe gaan nie, aangesien dit probleme veroorsaak met individuele toesig wat gereël moet word. Ander kinders mag ook moontlik aangesteek word. Leerders wat siek is en nie eksamen kan skryf nie, moet nie skool toe kom nie en moet ‘n doktersbrief inhandig. Die doktersbrief moet by Juffrou Marléne ingehandig word sodat ‘n reëling getref kan word vir die herskryf van die betrokke eksamen. SKOOLTYE GEDURENDE DIE EKSAMEN:

- Die skool sal vanaf Maandag, 27 Mei tot en met die 7de Junie om 12:00 uitkom vir al die kinders, en vanaf 10 Junie (Dag 7) sal normale skoolure gevolg word.

- Daar sal toesigklasse wees vir die laerskoolkinders wat teen 12:30 nog nie afgehaal is nie. - Die naskool sal normale ure funksioneer tot Vrydag, 14 Junie.

Ons versoek dat die ouers nie die kinders voor 12:00 kom afhaal nie, aangesien die kinders in die tweede sessie skryf. UIT DIE KANTOOR

PERSONALIA Baie geluk aan die volgende personeel wat hulle verjaarsdae vier: Me Christel Scholtz (11 Mei), Mnr Wilco van der Merwe (14 Mei), en Me Erika Westerberg (23 Mei). Ons hoop en vertrou dat dit vir julle ‘n baie spesiale dag sal wees en n geseënde nuwe lewensjaar word julle toegebid.

Besoek ons webwerf: www.fontainebleau.co.za

Tel: (011) 791-6160/1 [email protected]

Bleaunuus

Page 2: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-09Mei2019.pdf · Kruger en Kie, ‘n rekenmeestersfirma in Randburg, benodig die dienste van ‘n voltydse

09 Mei 2019 Bladsy 2 van 7

WINTERSKOOLDRAG Oorgang na winterskooldrag Ons versoek dat alle leerders teen Maandag, 13 Mei winterskooldrag, met skoene en kouse, sal aanhê. * Skoolsweetpakke word slegs toegelaat op die dae wat die kinders MBK het en op dae waarop die

kinders rugby- of netbalwedstryde speel. * MBK-klere word slegs gedra op die betrokke dag wat leerders MBK het. * MBK-klere en skoolklere word nie gemeng nie. Die korrekte winterskooldrag is: Seuns: Grys langbroek, blou langmouhemp, skooltrui en/of windjekker of

skoolbaadjie. Grys skoolsokkies en swart skoene en das. Dogters: Blou skoolromp of donkerblou skoollangbroek en blou langmouhemp,

skooltrui en/of windjekker of skoolbaadjie en das. Grys skoolsokkies of blou “tights” en swart skoene.

Indien daar ouers is wat ou skoolklere tuis het, bring dit asseblief na die Bleausmous! Daar is ‘n groot behoefte aan wintersklere. Onthou dat die Bleausmous Dinsdae en Vrydae oggende vanaf 07:00 tot 08:00 oop is! GRAAD 1 en 8 INSKRYWINGS 2020 Ons herinner weer dat Graad 1 en 8 inskrywings vir 2020 VANAF MAANDAG, 13 MEI 2019 OM 08:00 gedoen moet word. Alle aansoeke vir toelating moet aanlyn gedoen word by www.gdeadmissions.gov.za. Skole mag geen aansoekvorms uitgee of ontvang nie. Slegs elektroniese aansoeke word toegelaat. Hierdie reëling geld vir ALLE SKOLE in GAUTENG. Alle aanlyn-inskrywings sluit op Maandag, 15 Julie 2019 om 24:00. Ouers sal nadat hul aanlyn aansoek gedoen het, ‘n waglysnommer ontvang. Daarna moet die volgende dokumente binne 7 dae by die skool ingehandig word saam met die waglysnommer:

• Kind se geboortesertifikaat, • Kind se immunisasiekaart • Beide ouers/voogde se ID dokumente • Bewys van verblyf van ouers (slegs water/ligte rekening of huurkontrak is geldig)

Ons herinner u daaraan dat ALLE HUIDIGE GR. R-LEERDERS AANLYN INGESKRYF MOET WORD aangesien hulle nie outomaties kwalifiseer vir toelating by die Laerskool nie. Al die Gr. R-ouers het reeds ‘n handleiding oor die proses van registrasie ontvang. JESUS TROEPE Stuur asseblief leë Douw Egbert bottels vir Juffrou Gerné Potgieter! SUPER 12 SKAAK Baie geluk aan die skaakspelers wat aan die Super 12 Skaak deelgeneem het. Albei ons Junior-en Seniorspanne het gewen. Laerskool Fontainebleau werf ook die Algehele Wenners Trofeë. Baie dankie vir almal se hulp en ondersteuning. Algehele bordwenners: Evan Botes (Bord 7), Adriaan Mostert (Bord 1) en Chantal van der Bank (Bord 10). Bordwenners: Siénne Scullard (Bord 3), Marco Swart (Bord 4), Rowan Gough (Bord 5), Anneke Steyn (Bord 8) en Tjaart Steyn (Bord 3). ATKV-REDENAARS Op 12 en 13 April het die redenaars deelgeneem aan die ATKV se eerste uitdunrondte, waarna Willie Lindeque en Jan-Rudolf Britz deurgedring het na die volgende rondte. Hulle neem die 1ste Junie weer deel. Baie sterkte aan hierdie twee bo-baas sprekers. GAUTENG WES-REDENAARS 20 van ons skool se sprekers het aan die Gauteng-Wes Interskole Redenaarskompetisie op Saterdag 4 Mei 2019 deelgeneem. Ons het 6 A’s (80%-84%), 7 A+ (85%-89.9%), en 5 A++ (90%-94%) behaal! Welgedaan, Fonties! Jonathan van der Merwe is in die 11de plek aangewys en is ‘n reserwe vir die volgende rondte. Die graad 3, 5 en 6 spanredenaars is ook as reserwe spanne vir die finale gekies.

Page 3: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-09Mei2019.pdf · Kruger en Kie, ‘n rekenmeestersfirma in Randburg, benodig die dienste van ‘n voltydse

09 Mei 2019 Bladsy 3 van 7

Die Graad 7 spanredenaars het ‘n derde plek behaal en neem daarom aan die volgende rondte deel wat op 27 Julie te Linden Hoërskool plaasvind. Die Fonties spanredenaars-spanne is in die algehele 3de plek aangewys. Baie geluk aan al die redenaars. Ons weet dit het ure se oefen en baie mannemoed geverg. Ons is baie trots op julle almal. NETBAL UITSLAE vs Rapportryer, 2 Mei 2019 0/10A wen 22 – 2 0/12A verloor 1 – 12 0/10B wen 7 – 1 0/12B verloor 1 – 20 0/10C wen 11 - 0 0/13A wen 21 – 8 0/11A verloor 3 – 6 0/13B verloor 5 – 9 0/11B verloor 5 – 8 0/13C wen 3 – 0 NATUURKLUB Dankie aan elke ouer en Natuurklublid wat Saterdag die Natuurklub uitstappie by Walter Sisulu Botaniese Tuin bygewoon het. Ons het lekker gestap in die pragtige natuurskoon en dit baie geniet! ANGELO’S PIZZA Namens Laerskool Fontainebleau en die OOLV wil ons Mnr Alexandrou van Angelo’s Pizza van harte bedank vir die donasie van 16 pizzas vir die Wiskunde Olimpiade klaspartytjie. Ons waardeer dit opreg! KAALVOETEES: 25 MEI Kontak ons vir toegangskaartjies wat nou reeds verkoop word teen “early bird” pryse van slegs R30 per persoon in plaas van R50 per persoon op Saterdag, 25 Mei by die hekke! TOMBOLA (Gr. 3) Stuur asb. dringend vir ons enige bruikbare artikels na juffrou Marika vir ons Tombola tafel by die Kaalvoetfees. DANCE STAR WêRELDDANSKAMPIOENSKAPPE Baie sterkte aan Me Martie van der Spuy en haar dansers: Marissa van den Bergh, Ava Schnehage, Lara Minnaar, Jennifer Joubert, Megan Muller, Kaedin Gounden, Keira Bester, Mieke van Westing en Karmi Muller wat die 17de Mei na Kroasië vertrek om aan die Dance Star Wêrelddanskampioenskappe deel te neem. Hou Fonties se naam hoog!

Agter: Ava Schnehage, Lara Minnaar, Stoffel, Marissa van den Berg, Jennifer Jacobs,

Juffrou Martie van der Spuy Voor: Mieke van Westing, Keira Bester, Kaydin Goundin, Megan Muller, Karmi Muller

Page 4: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-09Mei2019.pdf · Kruger en Kie, ‘n rekenmeestersfirma in Randburg, benodig die dienste van ‘n voltydse

09 Mei 2019 Bladsy 4 van 7

PROGRAM Donderdag, 9 Mei Dag 2 - Gr 3 Uitstappie: Pioniershuis - Netbal (Liga) vs L/s Krugersdorp Noord (Weg) - Rugby (Liga) vs L/s Jan Celliers (Weg) - Vlinder Netbaltoernooi te Unika 0/6 – 0/8

- Tau Rugbytoernooi te Unika Vrydag, 10 Mei Dag 3 - EKSAMEN: English Creative Gr 4 - 7 - Super 12 Senior & Junior Koor - Gr RR/R Moedersdag Saterdag, 11 Mei - Christel Scholtz verjaar Sondag, 12 Mei - Moedersdag Dinsdag, 14 Mei Dag 5 - Gholfoefening

- Wilco van der Merwe verjaar Woensdag, 15 Mei Dag 6 - 0/9 Mini Netbaltoernooi - Rugbyliga: Laerskool Dalondeor (Tuis) Donderdag, 16 Mei Dag 7 - ATKV Applous Seniorkoor - Netballiga: Laerskool Genl. Christiaan de Wet (Tuis) Vrydag, 17 Mei Dag 1 - Netbal (Uitspeelwedstryde) - 17 / 29 Mei: "Dance Star” Wêrelddanskampioenskappe in Croatia Saterdag, 18 Mei - ATKV Applous Junior Koor Maandag, 20 Mei Dag 2 - Rugby (Uitspele) - Mnr en Mej Fontie oefening (Saal) Dinsdag, 21 April Dag 3 - EKSAMEN: EBW Gr 7, LV Gr 4 - 6 - Gholfoefening - Jesus Troepe - Netbal (Uitspele) - Rugby (Uitspele) - Mnr & Mej Fontie oefening (Saal) Woensdag, 22 April Dag 4 - Rugby (Kwartfinale) - Mnr en Mej Fontie oefening (Saal) Donderdag, 23 Mei Dag 5 - Netbal (Uitspele) - Mnr en Mej Fontie oefening(Saal) - Erika Westerberg verjaar

Page 5: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-09Mei2019.pdf · Kruger en Kie, ‘n rekenmeestersfirma in Randburg, benodig die dienste van ‘n voltydse

09 Mei 2019 Bladsy 5 van 7

HANDELSHUIS Belastingkundige Kruger en Kie, ‘n rekenmeestersfirma in Randburg, benodig die dienste van ‘n voltydse persoon met uitgebreide kennis van belastingadministrasie en statutêre werk. ‘n Aanleg vir syfers en akkuraatheid is belangrik. Persone met sterk syfervaardighede sal ook oorweeg word vir opleiding. Die pligte behels die hantering van belastingaanslae, besware, konsultasie en korrespondensie met die SAID. ‘n Portefeulje van debiteure moet hanteer word. Statutêre werk sluit die prosesse van maatskappyregistrasies en veranderings by die Registrateurskantoor (CIPC) in. Die aanstellingsdatum is 15 Mei 2019. Salaris is onderhandelbaar afhangende van ondervinding en kwalifikasies. Skakel Nico Welman by (011)789-1605 of epos u cv na [email protected] MAGNEETSKOOL VIR MUSIEK Hoërskool Randburg H/v Malibongwe Rylaan & Rabie Straat, Fontainebleau, Johannesburg, Gauteng, S.A. Tel: (011) 888-3536 www.hsrandburg.co.za Epos: [email protected] Hoërskool Randburg se Magneetskool vir Musiek hanteer elke jaar die musiekafdeling van die Sentraal Gauteng Eisteddfod. Die instrumentale afdeling sal by Hoërskool Randburg se ouditorium plaasvind vanaf Maandag 19 tot Vrydag 23 Augustus en die vokale afdeling in die drama-lokaal/ouditorium Maandag 19 en Saterdag 24 Augustus. Enige leerling wat by enige onderwyser/studio les neem, is welkom om in te skryf. Inskrywingsvorms kan by juffrou Linda-Mari Viljoen verkry en ingegee word of elektronies aangevra en teruggestuur word na [email protected]. Inskrywings sluit Vrydag 7 Junie. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Leerders wat by die Magneetskool les neem, kan dit by hulle betrokke onderwyser ingee. Vir enige verdere navrae, kontak enige onderwyser by die Magneetskool of stuur ‘n e-pos aan [email protected] (Tel no 011 888-3536) Vir aandag: Elmarie Potgieter

Page 6: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-09Mei2019.pdf · Kruger en Kie, ‘n rekenmeestersfirma in Randburg, benodig die dienste van ‘n voltydse

09 Mei 2019 Bladsy 6 van 7