tel: (011) 791-6160/1 bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/bleaunuus/bleaunuus-12sep2019.pdf ·...

7
12 September 2019 Bladsy 1 van 7 *HIERDIE IS DIE LAASTE BLEAUNUUS VIR KWARTAAL 3* UIT DIE KANTOOR PERSONALIA Baie geluk aan Me Rinet van der Walt (22 September) en Me Mary van Zyl (30 September) wat hulle verjaarsdae vier. Ons hoop en vertrou dat dit vir julle ‘n baie spesiale dag sal wees en dat die nuwe lewensjaar vir julle baie vreugde en voorspoed sal inhou. FINANSIES Ouers, daar is slegs 3 weke oor voordat alle skoolgelde vir 2019 ten volle betaal moet wees. (1 Oktober 2019) Hiermee ‘n vriendelike, dog dringende versoek aan ouers om seker te maak dat alle gelde betaal is. GR 1 EN GR 8 AANLYNREGISTRASIES VIR 2020: NUWE DATUM VIR UITSLAG VAN AANSOEKE VANAF DEPARTEMENT BAIE BELANGRIK: U sal op 18 September 2019 per SMS in kennis gestel word van die uitslag van u aansoek, waarna u binne sewe dae die aansoek aanlyn moet aanvaar. U moet ook die inskrywingsvorm by die kantoor kom invul. Die offer van aanvaarding verstryk aanlyn na sewe dae! OOLV BEDANKING: Ons as OOLV bedank elke ouer, eregas, onderwyser, asook instansies wat ons OOLV Veiling so ‘n groot sukses gemaak het!! Die glansgeleentheid het baie goed verloop en ons sien uit om elke jaar net van krag tot krag te gaan. OOLV Groete, Madelia Hall HEKREËLINGS Die veiligheid van ons leerders is vir ons van uiterste belang. Ons versoek asseblief dat GEEN leerder buite die hekke vir hulle ouers wag nie. Neem asseblief kennis van ons hekreëlings: SLEGS die hoofhek is soggens vanaf 06:00 oop en word deur Henri, die sekuriteitswag beman. Beide kleinhekkies in Joubert- en Rabiestraat is eers vanaf 07:00 soggens oop, en word onderskeidelik deur Thando en Simon beman. Wikus is by die wagarea tot 16:30, waarna die kinders by die hoofhek by Henri tot 17:30 wag. MEDIABOEKE Ons doen ‘n dringende beroep op ons leerders om asseblief alle uitstaande mediaboeke teen Vrydag, 13 September in te handig. Boetes sal vanaf Maandag, 16 September uitgegee word. LOSLITDAG Baie dankie aan elkeen wat Loslitdag ondersteun het. Ons gaan R6640.00 aan Ann Harding Cheshire Homes oorbetaal. Dankie dat julle die lewe van gestremdes ‘n bietjie makliker kan maak. Fonties, julle is regte staatmakers! Bleaunuus Besoek ons webwerf: www.fontainebleau.co.za Tel: (011) 791-6160/1 [email protected] LAERSKOOL FONTAINEBLEAU Waar elke kind ‘n wenner is Die skool sluit Vrydag, 20 September om 11:00 en heropen Dinsdag, 1 Oktober om 07:30

Upload: others

Post on 06-Sep-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-12Sep2019.pdf · Leerderinligting soos punte, afwesighede en informasie is finansiële dadelik aan

12 September 2019 Bladsy 1 van 7

*HIERDIE IS DIE LAASTE BLEAUNUUS VIR KWARTAAL 3* UIT DIE KANTOOR

PERSONALIA Baie geluk aan Me Rinet van der Walt (22 September) en Me Mary van Zyl (30 September) wat hulle verjaarsdae vier. Ons hoop en vertrou dat dit vir julle ‘n baie spesiale dag sal wees en dat die nuwe lewensjaar vir julle baie vreugde en voorspoed sal inhou.

FINANSIES Ouers, daar is slegs 3 weke oor voordat alle skoolgelde vir 2019 ten volle betaal moet wees. (1 Oktober 2019) Hiermee ‘n vriendelike, dog dringende versoek aan ouers om seker te maak dat alle gelde betaal is. GR 1 EN GR 8 AANLYNREGISTRASIES VIR 2020: NUWE DATUM VIR UITSLAG VAN AANSOEKE VANAF DEPARTEMENT BAIE BELANGRIK: U sal op 18 September 2019 per SMS in kennis gestel word van die uitslag van u aansoek, waarna u binne sewe dae die aansoek aanlyn moet aanvaar. U moet ook die inskrywingsvorm by die kantoor kom invul. Die offer van aanvaarding verstryk aanlyn na sewe dae! OOLV BEDANKING: Ons as OOLV bedank elke ouer, eregas, onderwyser, asook instansies wat ons OOLV Veiling so ‘n groot sukses gemaak het!! Die glansgeleentheid het baie goed verloop en ons sien uit om elke jaar net van krag tot krag te gaan. OOLV Groete, Madelia Hall HEKREËLINGS Die veiligheid van ons leerders is vir ons van uiterste belang. Ons versoek asseblief dat GEEN leerder buite die hekke vir hulle ouers wag nie. Neem asseblief kennis van ons hekreëlings: SLEGS die hoofhek is soggens vanaf 06:00 oop en word deur Henri, die sekuriteitswag beman. Beide kleinhekkies in Joubert- en Rabiestraat is eers vanaf 07:00 soggens oop, en word onderskeidelik deur Thando en Simon beman. Wikus is by die wagarea tot 16:30, waarna die kinders by die hoofhek by Henri tot 17:30 wag. MEDIABOEKE Ons doen ‘n dringende beroep op ons leerders om asseblief alle uitstaande mediaboeke teen Vrydag, 13 September in te handig. Boetes sal vanaf Maandag, 16 September uitgegee word. LOSLITDAG Baie dankie aan elkeen wat Loslitdag ondersteun het. Ons gaan R6640.00 aan Ann Harding Cheshire Homes oorbetaal. Dankie dat julle die lewe van gestremdes ‘n bietjie makliker kan maak. Fonties, julle is regte staatmakers!

Bleaunuus Besoek ons webwerf:

www.fontainebleau.co.za Tel: (011) 791-6160/1 [email protected]

L A E R S K O O L F O N T A I N E B L E A U Wa a r e l k e k i n d ‘ n w e n n e r i s

Die skool sluit Vrydag, 20 September om 11:00 en

heropen Dinsdag, 1 Oktober om 07:30

Page 2: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-12Sep2019.pdf · Leerderinligting soos punte, afwesighede en informasie is finansiële dadelik aan

12 September 2019 Bladsy 2 van 7

GR 6 ONTWIKKELINGSKAMP Ons Gr 6 leerders gaan vanaf 1 tot 4 Oktober 2019 op ‘n Monitor Ontwikkelingskamp na Jubaweni. Hier word hulle blootgestel om as monitors op te tree en ook om persoonlike ontwikkeling te laat plaasvind. Geniet elke oomblik. Baie dankie ook aan die personeel wat hulle gaan vergesel. INTERSKOLE REDENAARS Jonathan van der Merwe het Saterdag, 7 September 2019 deelgeneem aan die Interskole Redenaarsfinale en het ‘n derde plek verower. Baie geluk Jonathan, ons is baie trots op jou! GR 7 FONDSINSAMELING Op Donderdag, 19 September, bied die Gr 7’s ‘n Speletjiesdag aan. Die Juniors begin al reeds van 12:00 af speel en die Seniors begin van 13:00. Die speletjies word in die saal asook in die vierkant aangebied. Die kinders kan ‘n kaartjieboekie by hulle Registeronderwysers teen R20.00 koop. (10 Speletjies) Daar is talle pryse om te wen! Daar sal ook pannekoek teen R5 elk te koop wees. Ouers is welkom om aan ‘n paar pannekoeke te kom smul wanneer die leerders afgehaal word. Kom ondersteun asseblief hierdie pretmiddag waar die kinders weer net lekker speel! (Sonder enige tegnologie!) Vir navrae, kontak asseblief vir me Christel Scholtz by 072586566 KRIEKET 3 September: 0/9 wen teen Fairland met 82 lopies. 4 September: 0/10 verloor teen Fairland met 9 paaltjies. 5 September: 0/11 verloor teen Fairland met 20 lopies. 9 September: 2de span verloor teen Fairland met 20 lopies. 9 September: 1ste span verloor teen Fairland met 170 lopies. TENNIS Junior Seuns A verloor 17 – 25 en Junior Seuns B verloor 11 – 31 teen Bryanston op 28 Augustus. Baie dankie vir julle deelname en positiewe gesindheid. Die Senior Seuns Tennisspan speel op 13 en 14 September in ‘n TSA Tennistoernooi op Ellispark. Baie sterkte! Hou Fonties se naam hoog! LANDLOOP Divian Pretorius en Chanel le Roux het Saterdag 31 Augustus deelgeneem aan die Gauteng

Kampioenskappe. Divian het 9de en Chanel 10de geeindig. Ons is baie trots op hulle! SUPER 12 SWEM Die jaarlikse Super 12 Swemgala vind op Saterdag, 12 Oktober plaas. Dit word vanjaar weer by Randpark High School aangebied. Kom ondersteun ons swemmaats gerus!

FURY FORD Baie dankie vir almal se samewerking om by ons mikpunt van R36 000.00 uit te kom! Ons beloon graag ons leerders as volg:

• Indien daar ‘n vol boekie per gesin verkoop is, mag die gesin se kinders op Vrydag, 20 September 2019 by die huis bly.

• Die klas (Junior en Senior) wat die meeste ingesamel het, word ook bederf met ‘n gratis pizza op Donderdag, 19 September 2019.

• Daar gaan ook twee (Junior en Senior) wenners van R1000 wees, vir die leerders wat die meeste boekies verkoop het! (3 of meer boekies)

Weereens baie dankie en geniet die bederf! d6 CONNECT Fonties het ‘n nuwe Toep! Leerderinligting soos punte, afwesighede en finansiële informasie is dadelik aan ouers beskikbaar. Indien jy nog nie ‘n uitnodiging per epos ontvang het nie, kontak asseblief vir Carien Venter in die kantoor. Vanaf 1 Oktober gaan ons SLEGS die swart Toep vir alle kommunikasiedoeleindes gebruik! Om teleurstelling en verwarring te verhoed, laai asseblief die swart toep af! Goeie kommunikasie met u as ouer van Laerskool Fontainebleau is vir ons 'n prioriteit. Daarom het ons skool besluit om voortaan ook die 'd6 Connect' Toepassing (swart toep) te gebruik om met u te kommunikeer.

Page 3: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-12Sep2019.pdf · Leerderinligting soos punte, afwesighede en informasie is finansiële dadelik aan

12 September 2019 Bladsy 3 van 7

Een van die grootste voordele wat dit inhou, is dat dit direk geïntegreer is met ons skool se administratiewe-stelsel. Hierdie Toepassing maak dit net soveel eenvoudiger, vir beide ons as skool en vir u as ouer, om met mekaar te kan kommunikeer. U kan gerus wees dat slegs persone wat op ons administrasie-stelsel as ouers van die kinders geskep is, toegang tot hierdie inligting kan bekom. Die Toepassing het ook 'n skerm waar u die name kan sien van alle persone wat u kinders se inligting kan besigtig (byvoorbeeld 'n au pair, oupa of ouma en ander familielede) - hierdie persone se toegang word deur u as ouer beheer en toegang kan te enige tyd gestaak word. VAKANSIESKOOL : SEPTEMBER 2019 Gedurende bogenoemde vakansie sal die Vakansieskool oop wees vanaf Woensdag 25 September tot Maandag 30 September. Vir v navrae skakel me Heléne Lombard 083 440 2215. Ons begin soggens om 7:00 en sluit weer 17:30. Voor 7:00 en na 17:30 kan ons nie verantwoordelikheid vir leerders aanvaar nie. Die maats moet asseblief by die hoofhek in Charliestraat afgelaai en opgelaai word, dit is vir almal se veiligheid. Die koste beloop R130-00 per dag en is VOORUITBETAALBAAR voordat ‘n leerder die Vakansieskool bywoon. Ons kan ongelukkig niemand toelaat wat nie vooruitbetaal het nie, aangesien ons kostes het wat vooraf gedek moet word. Betaal asseblief kontant . Geen tjeks of elektroniese inbetalings. Die vakansieskool funksioneer onafhanklik van die skool en die Naskoolsentrum. Geen leerder sal toegelaat word sonder ‘n inskrywingsvorm en vrywaringsvorm nie. Geen leerder wat nie vooraf bespreek het sal toegelaat word. Daar word elke dag ‘n ligte middagete voorsien om + 12:00. Indien leerders meer as dit wil eet of drink moet hulle asseblief elke dag vir hulleself ‘n kospakkie saambring vir die tussen-in knibbel. Die leerders moet ook vir hulleself speletjies, skopfietse, fietse of boeke saambring. Ons gaan lekker speel en DVD’s kyk. Bring gerus jou DVD’s (merk dit asseblief duidelik). Onthou asseblief dat ons geen DVD’s wys met ouderdomsbeperkings op nie.

SKRYFBEHOEFTEPAKKETTE VIR 2020 Vanaf Maandag, 2 September sal die skryfbehoeftepakkette vir 2020 in die Finansieskantoor beskikbaar wees:

Page 4: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-12Sep2019.pdf · Leerderinligting soos punte, afwesighede en informasie is finansiële dadelik aan

12 September 2019 Bladsy 4 van 7

PROGRAM

Donderdag, 12 September Dag 4 - Tennis Senior Seuns - Krieketliga Vrydag, 13 September Dag 5 - Gr RR/R Oupa en Oumadag (Saal) - Swem Mini Gala Maandag, 16 September Dag 6 - Gr 1 – 3 rapporte na ouers - Krieketliga Dinsdag, 17 September Dag 7 - Krieketliga - Gr 2 Uitstappie: Lory Park Zoo Woensdag, 18 September Dag 1 - Krieketliga - Tennis: Senior Dogters

Donderdag, 19 September Dag 2 - Gr 4 – 7 rapporte na ouers - Gr RR/R Hondevertoning - Tennis: Senior Seuns - Krieketliga

Vrydag, 20 September - Landloop (S.A) - SKOOL SLUIT OM 11:00 Sondag, 22 September - RINET VAN DER WALT VERJAAR

Maandag, 30 September - MARY VAN ZYL VERJAAR

Dinsdag, 1 Oktober Dag 1 - SKOOL BEGIN

Page 5: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-12Sep2019.pdf · Leerderinligting soos punte, afwesighede en informasie is finansiële dadelik aan

12 September 2019 Bladsy 5 van 7

Page 6: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-12Sep2019.pdf · Leerderinligting soos punte, afwesighede en informasie is finansiële dadelik aan

12 September 2019 Bladsy 6 van 7

Kontak: Carien 011 791 6160 of [email protected]

vir besprekings en borge.

Page 7: Tel: (011) 791-6160/1 Bleaunuuscdn1.cloudwrx.com/images/870/Bleaunuus/Bleaunuus-12Sep2019.pdf · Leerderinligting soos punte, afwesighede en informasie is finansiële dadelik aan

12 September 2019 Bladsy 7 van 7

CITY KIDS @ TRANSPORT

Laerskool Fontainebleau bedank die volgende Borge: