tema 10: rolmodelle - christelike media · 2015-08-06 · 14 week 2 datum: _____ klara majola ou...

15
4 Tema 10: Rolmodelle Week 1 Datum: ____________ Nelson Mandela Nelson Rolihlala Mandela is in 1918 in ‘n hut van die statjie Mvezo langs die Mbasherivier in Transkei gebore. Toe hy nege jaar oud was is sy pa oorlede en verhuis hy saam met sy ma na die Metodiste-sendingstasie by Qunu in die Transkei. Mandela word later ‘n vryheidsvegter. Na 27 jaar in die tronk as politieke gevangene word hy die staatshoof van Suid-Afrika. Hy word internasionaal erken as een van belangrikste politieke figure. Van 1934 tot 1938 ontvang hy opleiding aan die Metodistekolleges Clarkebury en Healdtown. In 1939 en 1940 studeer hy aan die Universiteit van Fort Hare, ’n sentrum van die intellektuele elite. In 1941 verhuis hy na Johannesburg, werk ’n tyd lank in die goudmyne en maak kennis met Walter Sisulu. Hy word aangestel as ’n leerling-prokureur. In 1943 tot 1949 studeer hy in die regte aan die Universiteit van die Witwatersrand. Van 1943 af wy hy sy lewe vir 20 daaraan om apartheid te beveg. In 1964, ná meer as ’n jaar op vrye voet word hy deur die polisie gearresteer. In hierdie tyd is hy The Black Pimpernel genoem. In Junie daardie jaar word hy

Upload: others

Post on 27-Dec-2019

15 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

4

Tema 10: Rolmodel leWeek 1 Datum: ____________

Nelson Mandela

Nelson Rolihlala Mandela is in 19 18 in ‘n hut van die statjie Mvezo langs die Mbasherivier in Transkei gebore. Toe hy nege jaar oud was is sy pa oorlede en verhuis hy saam met sy ma na die Metodiste-sendingstasie by Qunu in die Transkei.

Mandela word later ‘n vryheidsvegter. Na 27 jaar in die tronk as politieke gevangene word hy die staatshoof van Suid-Afrika. Hy word internasionaal erken as een van belangrikste politieke figure.

Van 1934 tot 1938 ontvang hy opleiding aan die Metodistekol leges Clarkebury en Healdtown. In 1939 en 1940 studeer hy aan die Universiteit van Fort Hare, ’n sentrum van die intel lektuele elite.

In 1941 verhuis hy na Johannesburg, werk ’n tyd lank in die goudmyne en maak kennis met Walter Sisulu. Hy word aangestel as ’n leerling-prokureur. In 1943 tot 1949 studeer hy in die regte aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Van 1943 af wy hy sy lewe vir 20 daaraan om apartheid te beveg. In 1964, ná meer as ’n jaar op vrye voet word hy deur die polisie gearresteer. In hierdie tyd is hy The Black Pimpernel genoem. In Junie daardie jaar word hy

Page 2: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

5

tydens die Rivonia-verhoor skuldig bevind aan sabotasie en verraad en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Daar was agt beskuldiges in die saak. Mandela is vir die eerste tydperk van die vonnis op Robbeneiland aangehou. Op Robbeneiland moes die gevangenes klippe kap in ’n kalkmyn.

Ná sy vrylating in 1990 was hy van 199 1 tot 1997 die ANC-voorsitter en word in 1994 die eerste president van die nuwe demokratiese Suid-Afrika geword. Hy het in 1999 afgetree. Mandela het drie keer getroud is vandag getroud met Graca Machel, weduwee van die voormalige Mosambiekse president Samora Machel.

Hy bly een van die wêreld se mees geëerde staatsmanne. Sedert sy aftrede het hy Suid-Afrika se voorste nie-amptelike ambassadeur geword, met verbete veldtogte teen VIGS. Hy het ook ‘n belangrike rol gespeel om Suid-Afrika te laat slaag om in 2010 die Wêreldsokkerbeker aan te bied.

Page 3: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

6

Datum: _____________

Soek tien verskil le in die tweede prentjie en omkring dit:

’n Fees in die trein

Page 4: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

7

Datum: _____________

’n Hele klomp vrugte het in die appelvorm deurmekaar geraak. Kyk hoe vinnig jy hul le weer kan opspoor.

U V J

N L Q B O H B

I M A N G O U J

E Q G Q A K

T

P C H M S B H D P

L R O K O E J A W E L I V

A L U J M I Y I K P Z E E A P

E H I K S E P E R P B L S P E

G A M S W H L U F R P E A P E

U E C G A S O A R E M N E R

B F I P C R A J Q R O G L

N T A M A T I E S E Z

S P A N S P E K N

P N A A R T J I E

aarbei lietsjie perske tamatieappel lukwart piesang koejawelbessie mango pomelo naartjiepruim lemoen peer spanspek

Page 5: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

8

Datum: _____________ Grappies

1. Koos strompel die dokter se spreekkamer binne.“Wat is fout?” vra die dokter. “’n Hond het my gebyt.”“Het jy iets daarop gesit?”“Nee, hy het daarvan gehou net soos dit is!

2. “Jannie,” vra die juffrou, “wat is die funksie van jou kiestande?”“Hul le maal ’n mens se kos fyn,” sê Jannie.“Mooi, Jannie. Wat doen jou oogtande?”“Hul le kyk dat die kiestande goed maal.”

3. Meneer: “Jannie, daar is nie twee k’s in raket nie!”Jannie: “Watter een moet ek weglaat, Meneer?”

4. Jannie: “Was Oupa ook eers klein?”Oupa: “Ja Jannie.”Jannie: “Oupa het seker snaaks gelyk met die grys baard en die bril.”

5. Koos loop al om sy motor.“Kan ek help?” vra iemand wat verbystap.“Ja,” sê Koos. “Ek sukkel al ’n uur lank om my vrou en kinders uit die kar te kry. My sleutels is binne toegesluit!”

Page 6: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

9

Leestekens Datum: _____________

Vul die leestekens in:

hoofletters, punte, vraagtekens, kommas, uitroeptekens, aanhalingstekens

1. marie anna en elsa is my beste maats____________________________________________________________________

2. watter dag in oktober verjaar jy____________________________________________________________________

3. eina eina ek het my toon gestamp____________________________________________________________________

4. ons dank god vir al les____________________________________________________________________

5. nee ek hou nie van groente nie____________________________________________________________________

6. is dit die seun van wie jy praat____________________________________________________________________

7. voertsek skree sarel vir die hond____________________________________________________________________

8. ons wil baie graag in amerika gaan bly____________________________________________________________________

9. boontjies ertjies pampoen en kool is gesonde groentesoorte

____________________________________________________________________

10. gaan was dadelik jou hande____________________________________________________________________

1 1. ek gaan nou by danie speel sê piet____________________________________________________________________

Page 7: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

10

Datum: _____________

Die twee donkiesSkryf neer wat die donkies sê en lees vir jou maat die storie.

Page 8: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

1 1

Page 9: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

12

Speltoets Datum: _____________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

Diktee -pie Datum: _____________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

Nuus Datum: _____________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

Page 10: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

13

Datum: _________________

Verryking, nasorg en aanvul lende werk

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

Kreatiewe werk

Page 11: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

14

Week 2 Datum: ____________

Klara Majola

Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was die begin van baie hartseer vir April en sy gesin.

Hul le het op ’n plaas in die Kaap gewoon. Die agtjarige Klara was een van April se kinders. Sy het haar pa bedags veld toe gelei wanneer hy hout gaan soek het om vuur te maak. Klara het hom na plekke gelei waar hy die hout kon optel. Saans het sy hom dan weer met sy klompie hout gaan haal.

Laat een middag het Klara weer veld toe gegaan om haar blinde pa te gaan haal. Dit was skemer. Die wind het haar koud gewaai en sy het haar trui styf om haar lyfie getrek. Sy moes gou maak, want daar was reën in die lug. Sy en haar pa moes by die huis wees voordat die reën uitsak.

Klara het na die plek toe gestap waarheen sy haar pa vroeër die dag geneem het. Maar toe skrik sy groot: haar pa was nie daar nie. Sy het geroep, maar daar was geen antwoord nie. Sy het oral gesoek, maar sy kon hom nêrens kry nie. Al wat sy gehoor her, was die geluide in die aand en die voëls wat van vêr af roep. Dit was toe al baie donker.

By die huis het Klara se ma en die ander kinders vir hul le

Page 12: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

15

gewag. Toe hul le nie opdaag nie, was sy onrustig. Sy het saam met die plaaswerkers na hul le begin soek. Hul le het oral gesoek en het na Klara en haar pa geroep. Klara se pa het hul le hoor roep. Vir Klara kon hul le nie kry nie. Teen daardie tyd was dit al donker en baie koud. Dit het ook gereën. In die koue was klein Klara nog op soek na haar blinde pa.

Klara het hard na haar pa geroep. Sy kon haar eie stem skaars hoor. Die wind het die klank van haar stem weggewaai. Sy het geluister of sy nie haar pa kon hoor roep nie. Al wat sy kon hoor, was die geluid van die wind wat deur die bome gewaai het.

Kapok het begin val en dit het al hoe kouer geword. Klara se klere was papnat. Sy het baie koud gekry, maar het nogtans aanhou soek. Sy moes haar blinde pa vind, anders sou hy in die koue verkluim. Deur haar trane het Klara weer en weer na haar pa geroep met die hoop dat hy sou antwoord. Maar daar was net die geluid van die wind wat deur die bome gewaai het.

Die kapok het vinnig geval. Hoe langer Klara gesoek het, hoe meer het sy verdwaal. Sy het nie geweet dat haar pa reeds by die huis was nie. By ’n stroom het sy gegly en geval. Sy kon nie opstaan nie. Sy was te moeg en te styf van die koue.

Eers die volgende dag is Klara gevind. Sy het in die stroom gelê waar sy die aand gegly en geval het. Haar een arm was onder haar lyfie. Haar ander hand was oor haar mond.

Klara het in die kapok verkluim.

Page 13: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

16

Oorsaak en gevolg Datum: _____________

In dié storie is daar baie oorsake en gevolge. ’n Oorsaak laat iets gebeur. Die oorsaak is die redewaarom iets gebeur. Iets gebeur ook daarna (volg) op die oorsaak. Dit is die gevolg.

Voorbeeld: Ek kry eers ’n gaatjie in my tand (oorsaak) en dan tandpyn as gevolg van die gaatjie.

Omkring die antwoord wat pas:

Wat was die gevolg daarvan dat April Majola heeltemal blind geword het?

a. April het ongelukkig geword.b. April se oë het algaande verswak.c. Baie hartseer vir April en sy gesin.

Wat het veroorsaak dat Klara laat een winters-middag veld toe is?

a. Sy het verdwaal toe dit donker geword het.b. Sy was moeg vir die werk by die huis.c. Sy het soos gewoonlik haar blinde pa gaan haal.

Wat het veroorsaak dat Klara se ma bekommerd geraak het?

a. April en Klara het lank weggebly.b. Die kinders het by die huis gewag.c. Hul le het na April en Klara begin soek.

Page 14: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

17

Wat het veroorsaak dat Klara groot skrik?

a. Die aandgeluide wat sy gehoor het.b. Haar pa was nie daar nie.c. Sy het haar pa oral begin soek.

Wat het veroorsaak dat Klara haar trui stywer om haar lyfie getrek het?

a. Die reën het uitgesak.b. Die wind het koud gewaai.c. Sy was haastig om haar pa by die huis te kry.

Wat was die gevolg daarvan dat die wind die klank van Klara se stem weggewaai het?

a. Sy kon haar pa se stem nie hoor nie.b. Die wind het geweldig sterk gewaai.c. Sy kon haar eie stem skaars hoor.

Wat het veroorsaak dat Klara gebibber en gebeef het?

a. Die koue van die wind, reën en kapok.b. Die geluid van die wind.c. Sy het verkluim van die koue.

Wat het veroorsaak dat Klara Majola se klere papnat was?

a. Die koue.b. Die reën en kapok.c. Sy het verkluim.

Page 15: Tema 10: Rolmodelle - Christelike Media · 2015-08-06 · 14 Week 2 Datum: _____ Klara Majola Ou April se oë het algaande verswak todat hy later heeltemal blind geword het. Dit was

18

Wat het veroorsaak dat Klara verkluim het?

a. Die koue van die dik kapok.b. Haar hand oor haar mond.c. Sy het gegly en geval l.

Gesegdes Datum: _____________

Waar daar ’n is, is daar ’n

Gesegde: _________________________________________

___________________________________________________

Betekenis: ________________________________________

___________________________________________________

Hy het die aan die beet.

Gesegde: _________________________________________

___________________________________________________

Betekenis: ________________________________________

___________________________________________________

Die val nie ver van die nie.

Gesegde: _________________________________________

___________________________________________________