tema 8: mense wat ons help graad … · tema 8: mense wat ons help week 4 dag 1 leermateriaal...
TRANSCRIPT
66
Tema 8: Mense wat ons help Week 4
Dag 1
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Klankkaart “aa” (Apparaat)
Dubbelklankstorie: aa (bl. 7)
Assosiasieprent 1: “aa vir aap” (bl. 69)
Assosiasieprent 2: “aa vir haan” (bl. 70)
Natrekvel “aa” (bl. 71)
Plastiese koeverte
Witbordmerkers
Leesstuk: “Die rivier kom af” (bl. 72-77)
Werkboek 3 bl. 51-59
Leesboek 3 bl. 13 en 14
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die Klaskoerant.
Aktiwiteit 2: Klanke
Die onderwyser stel die aa-klank bekend. Sit die bladsy van die aa-klank uit
die Apparaat teen die bord.
Vertel die storie van aa uit die Dubbelklankstories op bl. 7 van hierdie
handleiding.
Vergroot Assosiasieprent 1: “aa vir aap” (bl. 69) na A3 en sit dit teen die
bord vir die leerlinge om te sien. Verduidelik aan leerlinge: Julle het reeds a
geleer. Nou kry a ’n maatjie = aa.
8� ������
1� ������
1� ������
�
Week 4
Vergroot nou Assosiasieprent 2: “aa vir haan” (bl. 70) en sit dit op teen die
bord. Skryf die volgende rympie groot langsaan neer:
My naam is Daan. Ek gaan na die baan. Ek sien die maan en hoor ’n haan.
Die onderwyser lees die rympie vir die leerlinge.
Vra die leerlinge om al die aa-klanke in die rympie uit te wys en omkring dit.
Die onderwyser sit weer Assosiasieprent 1 op die bord. Leerlinge gee nog
beginklank-woorde en die onderwyser bou dit met letterkaarte.
Die onderwyser sit weer Assosiasieprent 2 op die bord. Leerlinge gee nog
middelklank-woorde en die onderwyser bou dit met letterkaarte.
Leerlinge soek nog aa-klank woorde in Verjaarsdagkaart, Pligtekaart en
Weerkaart.
Leerlinge doen Natrekvel “aa” (bl. 71) met witbordmerkers.
Aktiwiteit 3: Gedeelde lees
Die onderwyser lees die vergrote storie “Die rivier kom af” (bl. 72-77).
Leerlinge volg saam op bl. 51-56 van Werkboek 3. Die onderwyser en
leerlinge lees die storie saam deur.
Leerlinge omkring die leestekens saam met die onderwyser soos wat dit
uitgewys word.
Aktiwiteit 4: Groeplees
Groep 1 en 2 kry geleentheid om te lees.
Die onderwyser stel die nuwe deel in Leesboek 3 bekend. Lees bl. 13 en 14.
Praat oor prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit.
Stel vrae oor moontlike verloop en begrip.
Bespreek moeilike en nuwe woorde voordat leerlinge die teks self lees (2-3
minute).
Die onderwyser beweeg van leerling tot leerling en luister na ’n kort
teksgedeelte wat hardop gelees word.
� � ����
3� � ����
��
Week 4
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Aktiwiteit 1:
Leerlinge kyk na die aa-klank en woorde op bl. 57 van Werkboek 3.
Leerlinge klank en lees die woorde.
Leerlinge lees die rympie en probeer dit memoriseer.
Leerlinge omkring al die aa-klanke in die rympie met rooi.
Aktiwiteit 2:
Visuele diskriminasie: Leerlinge soek tien foute op die prentjie op bl. 58 van
Werkboek 3 en omkring die foute met ’n rooi kleurpotlood op die onderste
prent.
Aktiwiteit 3:
Leerlinge skryf die regte woord by elke prentjie op bl. 59 van Werkboek 3.
Leerlinge kleur die prentjies in.
Aktiwiteit 5: Handskrif
Doen vingeroefeninge.
A aan leerlinge.
Leerlinge oefen met hul vingertjies in die lug en op hulle tafels.
A op witborde.
15 minute
69
aap
__s__r__n
70
haan
r__sk__sv__s
71
haankaas haas
72
73
74
75
76
77
7�
Week 4
Dag 2
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Letterkaartjies
Klankkaartjies
Leesboek 3 bl. 13 en 14
Werkboek 3 bl. 60-62
Kleurpotlode
Skrifboek bl. 66
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die Klaskoerant.
Aktiwiteit 2: Klanke
Die onderwyser wys weer vir leerlinge dat die aa-klank ’n beginklank (aap) of
’n middelklank (haas) kan wees. Sit Assosiasieprent 1 en 2 teen die bord.
Leerlinge lees en klank die woorde saam met die onderwyser vanaf die prent
op die bord.
Leerlinge bou met hulle eie letterkaartjies: saam, gaan, maan, haan, daar,
baan.
Leerlinge soek nog woorde in die klas waarin die aa-klank is. Kyk op
Weerkaart, Verjaarsdagkaart en Pligtekaart.
Aktiwiteit 3: Groeplees
Groep 3 en 4 lees vandag bl. 13 en 14 van Leesboek 3.
Aktiwiteite word vir die twee groepe herhaal.
�� ������
�� ������
�� ������
� ������
!"
Week 4
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Aktiwiteit 1:
Leerlinge trek raampies om die woorde op bl. 60 van Werkboek 3 en kleur in.
Leerlinge skryf die woorde wat in die regte raampie pas.
Aktiwiteit 2:
Leerlinge knip aa-woorde uit tydskrifte en plak dit op bl. 61 van Werkboek 3.
Aktiwiteit 4: Handskrif
A op die bord.
Leerlinge oefen in die lug en op tafels.
Leerlinge skryf strokie 1 op bl. 66 in die Skrifboek: aA en A.
Wys vir leerlinge dat hulle nou in waterlyne begin skryf.
Aktiwiteit 5: Selfstandige skryfwerk
Leerlinge skryf die sinne reg oor op bl. 62 van Werkboek 3.
#$ %&'()*
#+ %&'()*
,-
Week 4
Dag 3
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Werkboek 3 bl. 63-67
Leesboek 3 bl. 15 en 16
Kleurpotlode
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die
Klaskoerant.
Aktiwiteit 2: Klanke
Leerlinge klank die aa-woorde op bl. 63 van Werkboek 3 saam met die
onderwyser.
Leerlinge kyk na die prentjies en soek en omkring die regte woord op bl. 64
van Werkboek 3.
Aktiwiteit 3: Gedeelde lees
Die onderwyser lees “Die rivier kom af” (bl. 72-77) en leerlinge luister.
Werkboek 3.
Die onderwyser lê klem op lang en kort sinne in die stuk.
in.
Leerlinge kleur al die a-klanke met blou in en die aa-klanke met groen.
Die onderwyser en leerlinge lees weer die teks saam.
./ 02459:
;< 02459:
;/ 02459:
;/ 02459:
=>
Week 4
Aktiwiteit 4: Groeplees
Groep 1 en 2 lees by die onderwyser bl. 15 en 16 van Leesboek 3.
Die onderwyser bespreek moeilike en nuwe woorde.
Die onderwyser lees en leerlinge luister.
Leerlinge word aangemoedig om self te lees.
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Aktiwiteit 1:
Leerlinge vul aa-klanke in op bl. 65 van Werkboek 3.
Leerlinge omkring die aa-woorde en lees saam met maat die sinne.
Aktiwiteit 2:
Leerlinge bou rymwoorde deur die letters in te vul op bl. 66 van Werkboek 3.
Leerlinge skryf die woord “vaas” en klank en sê al die woorde.
Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf
Leerlinge kyk na die prentjies en vul die woorde in op bl. 67 van Werkboek 3.
?@ ABCDEF
GH ABCDEF
IJ
Week 4
Dag 4
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Leesboek 3 bl. 15 en 16
Werkboek 3 bl. 68-70
Kleurpotlode
Natrekoefening: aa (bl. 84)
Plastiese koeverte
Witbordmerkers
Witborde
Skrifboek bl. 66
A5 Woordeboekie
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die
Klaskoerant.
Aktiwiteit 2: Groeplees
Groep 3 en 4 lees by die onderwyser bl. 15 en 16 van Leesboek 3.
Dieselfde aktiwiteite word herhaal wat reeds met groep 1 en 2 gedoen is.
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Leerlinge pas die woord by die regte prentjie op bl. 68 van Werkboek 3 en kleur in.Leerlinge skryf die woord onderaan die prentjie op bl. 69 van Werkboek 3.
KL MNOPQR
SL MNOPQR
TU MNOPQR
VW
Week 4
Aktiwiteit 3: Klanke
Die onderwyser deel vir elke leerling Natrekoefening: aa (bl. 84) uit.
Leerlinge trek die woorde na met witbordmerkers op die plastiese koeverte.
Leerlinge kleur die prentjies in.
Aktiwiteit 4: Handskrif
Leerlinge oefen die woorde op hulle witborde: Armand Ansie Alta.
Leerlinge skryf strokie 2 op bl. 66 van die Skrifboek:
a A Armand Ansie Alta
Aktiwiteit 5: Selfstandige skryfwerk
Leerlinge kyk na die prentjie en maak hulle eie sinne op bl. 70 van
Werkboek 3.
Leerlinge skryf drie eie aa-woorde in hulle woordeboekie.
XY Z[\]^_
XY Z[\]^_
X` Z[\]^_
ab
Week 4
Dag 5
Leermateriaal
Werkboek 3 bl. 71-75
Leesstuk: “Klaas-Haas se val” (bl. 87)
Leesboek 3 bl. 13-16
Skrifboek bl. 67
A5 Woordeboekie
Aktiwiteit 1: Klanke
Leerlinge skommel die woorde reg op bl. 71 van Werkboek 3.
Leerlinge bou woorde op bl. 72 van Werkboek 3.
Aktiwiteit 2: Gedeelde lees
Die onderwyser lees die vergrote leesstuk “Klaas-Haas se val” voor terwyl
leerlinge kyk en luister.
Leerlinge soek rymwoorde, byvoorbeeld: blaas – plaas, ens.
Leerlinge lees weer teks saam met die onderwyser.
Aktiwiteit 3: Groeplees
Elke groepie kom lees ± 5 minute bl. 13-16 van Leesboek 3 by die onder-
wyser.
As daar leerlinge is wat individueel wil lees kan hulle geleentheid kry.
Alle leesaktiwiteite word voltooi en afgerond in die tyd wat die groepe lees.
cd efghij
kd efghij
kd efghij
lm efghij
no
Week 4
Aktiwiteit 4: Handskrif
Leerlinge doen vingeroefening: Raak met jou duim aan elke vinger van jou
hand. Doen die oefening met die linker- en regterduim. Vingeroefening
soos voorheen gedoen.
Leerlinge werk in die Skrifboek op bl. 67 en skryf strokie 3:
Arno en André eet appels Arina gaan by At speel
Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf
Leerlinge lees die teks van “Klaas-Haas se val” op bl. 73 van Werkboek 3
en beantwoord die vrae op bl. 74.
Leerlinge vul die aa-klanke in die blokkiesraaisel in op bl. 75 van Werkboek
3.
Leerlinge skryf drie aa-woorde in hulle woordeboekies.
pq rstuvw
px rstuvw
87