thea bosman · web viewdie dames van engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle...

14
Jaargang 18 - Uitgawe 6 21 Februarie 2020 ‘n Gedagte vir die week… Carpe Diem is ‘n Latynse frase wat “gryp die dag” beteken. Hoeveel van ons gebruik elke dag wat die Here uit genade aan ons toevertrou het, ten volle? Meestal is ons so besig om ons te bekommer oor dit wat moontlik môre kan of mag gebeur, dat ons vergeet om die dag waarin ons leef, aan te gryp en die beste daarvan te maak! Maak dus die meeste van die tyd wat jy het en leef die lewe, want dit is vlietend en geensins gewaarborg nie! NUUS UIT DIE SINODE Visionering Verklaring namens die Moderamen uitgereik: Die Interimkomitee van die NG Kerk Vrystaat het besluit om ‘n Buitengewone Moderamenvergadering op Woensdag 11 Maart 2020, byeen te roep, waartydens die hou van ‘n Buitengewone Sinodesitting verder bespreek sal word. Geen verdere kommentaar sal oor hierdie saak gelewer word nie. Taakspan: Vrouebediening

Upload: others

Post on 04-Mar-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

Jaargang 18 - Uitgawe 6 21 Februarie 2020

‘n Gedagte vir die week… Carpe Diem is ‘n Latynse frase wat “gryp die dag” beteken. Hoeveel van ons gebruik elke dag wat die Here uit genade aan ons toevertrou het, ten volle? Meestal is ons so besig om ons te bekommer oor dit wat moontlik môre kan of mag gebeur, dat ons vergeet om die dag waarin ons leef, aan te gryp en die beste daarvan te maak!

Maak dus die meeste van die tyd wat jy het en leef die lewe, want dit is vlietend en geensins gewaarborg nie!

NUUS UIT DIE SINODEVisionering

Verklaring namens die Moderamen uitgereik: Die Interimkomitee van die NG Kerk Vrystaat het besluit om ‘n Buitengewone Moderamenvergadering op Woensdag 11 Maart 2020, byeen te roep, waartydens die hou van ‘n Buitengewone Sinodesitting verder bespreek sal word. Geen verdere kommentaar sal oor hierdie saak gelewer word nie.

Taakspan: VrouebedieningToerustingsgeleentheid vir vroue - Amanzi 14 tot 16 Februarie 2020:

Béneli Pretorius, voorsitter van die Taakspan: Vrouebediening, skryf oor die afgelope naweek se toerustingsgeleentheid: Ons, as vroue van die Vrystaat, het die afgelope naweek die voorreg gehad om onder leiding van dr Frederick Marais, by God se tafel aan te sit. Die temas het gefokus op God se uitnodiging om ons deel te maak van die lewe en dinamika wat daar in die Drie-eenheid tussen die Vader, Seun en Gees is.

Om te deel aan hierdie lewe is soos om as ‘n gas by ‘n tafel aan te sit en deur God bedien te word. Die tafel was gedek met simbole wat ons herinner het aan dit waarmee God ons wil seën, voed en bemagtig. Ons tafelgemeenskap is ‘n veilige gemeenskap waar ons beskerm en bewaar word.

Page 2: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

Ons word juis deur ons kwesbaarheid diensbaar om sout en lig vir die wêreld te wees en sodoende hoop te bring in ‘n hopelose wêreld.

Die dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO) gelê en die vroue kon met baie praktiese idees huis toe gaan om VKO ‘n groot hupstoot in hulle omgewing te gaan gee.

Ons wil ook graag van die geleentheid gebruik om ons borge vir hul ruim bydraes te bedank om van dié geleentheid ‘n sukses te kon maak. Dankie aan Bidfood Bloemfontein, Econo Foods, Loopstraat en Johnny’s Fruit Market.

Rom 15:13 - Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Bediening: Vennote in GetuienisAfskeid - Dr Gideon van der Watt: Daar is op 17 Februarie 2020 tydens ‘n dinee, amptelik van Gideon

Page 3: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

en sy vrou Ronel, afskeid geneem. Tydens die geleentheid is die Akte van Demissie by Emeritering, asook die die CP Theron Waardering vir buitengewone diens in belang van die kerk se getuienisroeping, deur ds Fanie Spamer (voorsitter), aan hom oorhandig. Prof Rian Venter, ‘n goeie vriend en wat ook ‘n aantal jare nou saam met hom gewerk het, het ‘n huldeblyk gelewer waarin hy gepoog het om Gideon in ses reëls of sleutels, saam te vat:Plek/tyd: Gideon is in 1955 in Marquard gebore, het daar skool gegaan en het was ook tydens sy bediening in die NG Kerk te Bethlehem, Vanstadensrus, Paul Roux en die laaste klompie jare in die Sinodale Kantoor in Bloemfontein, gestasioneer, dus ‘n stoere Vrystater! Sending: Gideon het sy hele lewe hieraan toegewy en ook sy Doktoraal hierin by die Universiteit van Stellenbosch verwerf en het vanaf 2000, as Sendingsekretaris by die Sinodale Kantoor begin werk, waar hy diep spore in die plaaslike sending, sowel as in Lesotho, Zambië en Japan nalaat.Gasvryheid: Hy was en is steeds ‘n ongelooflike gasvrye persoon en het sy kantoor en huis altyd oopgemaak vir almal wat daar gaan draai het. Soveel buitelandse sendelinge kan baie stories vertel van kuiertye by Gideon en Ronel aan huis. Hy het gasvryheid tydens sy bediening geleef!Taal, woorde, idees, boeke: Gideon is ten volle drietalig, wat hy ook tydens sy prediking oor grense heen, kon aanwend, dit was veral vir hom belangrik om met sy Sotho-kollegas in hul eie taal om te gaan, dus was die regte woorde en idees op tyd, ook deel van sy menswees. Hy geniet gereeld ‘n goeie boek en het as akademikus reeds talle artikels die lig laat sien, sowel as ‘n paar publikasies waaraan hy deel gehad het tydens die jare wat hy ook by CLF (Christelike Lektuurfonds), betrokke was.Gesin: Rian noem dat hy nie aan Gideon kan dink sonder Ronel en die twee dogters, Lize-Marie en Berthé nie, dit is deel van sy identiteit en wat aan hom stabiliteit kon bied in soms moeilike en veeleisende tye.Idiosinkrasie - rariteite: Gideon het sy eiesoortige gewoontes, hy skryf steeds met ‘n vulpen, hy doen naaldwerk by die huis, hy hou van Joseph Roger messe, is baie spesifiek oor die tipe koffie wat hy drink, asook die korrekte wyse waarop tee gemaak moet word en dan geniet hy en Ronel daagliks ‘n goeie stap, indien dit vir hulle moontlik is.Profiel - DNA - Moontlikhede: Rian beskryf Gideon as fassinerend, indrukwekkend, betekenisvol, iemand wat die adjektiewe kan afbreek. Gideon glo daaraan dat die lewe moontlikhede skep en hy daag homself uit - daar word voorspel dat sy dinamika nog lank nie voltooi is nie en dat met sy DNA-samestelling, daar nog vele moontlikhede en interessante dinge vir hom voorlê.Rian het afgesluit deur vir Gideon en Ronel, ‘n opwindende en geseënde nuwe reis toe te wens… Foto: Tydens die geleentheid is blomme, asook ‘n indrukwekkende koffiemakermasjien aan Ronel en Gideon as afskeidsgeskenke, oorhandig. Vlnr is Nico Mostert, Gideon en Ronel van der Watt en Fanie Spamer

Bediening: Barmhartigheidsdienste (Engo)Engo was die afgelope naweek bevoorreg om deel te kon wees van die Toerustingsgeleentheid vir vroue, aangebied deur die Taakspan Vrouebediening, NG Kerk Vrystaat. Dié naweek, wat by die pragtige Amanzi gehou is, het 180 vroue die kans gegee om te herlaai en reg te wees vir nuwe uitdagings. Engo is dankbaar dat hulle die naweek by die tema kon aansluit deur die gehoor bewus te maak van die verskillende dienste en subprogramme wat hulle regoor die Vrystaat aanbied. Daar is ook

Page 4: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

baie oor Vroeë Kindontwikkeling gesels, hou gerus Engo se Facebook-blad dop waar hulle op ‘n gereelde basis meer inligting hieroor gaan deurgee.

Dankie weereens aan elke liewe vrou. Almal wat die geleentheid bygewoon het, is opnuut daaraan herinner dat Christus déúr Sy dissipels hier op aarde regeer.

Foto vlnr: Madelein Nortje (Direkteur Gesinsorg Engo); Béneli Pretorius (Voorsitter Vrouebediening); Marieta Thiele (Prinsipaal Maatskaplike werkers Engo); Christa Maree (Direkteur: Residensiele Kindersorg Engo; Marinique du Plessis (Maatskaplike werker Engo) en voor, Rachelle Scott (Bemarkingsbestuurder Engo)

AKTUELE NUUS EKOLOGIE… ‘n paar vrae

Wie word beskou as die vader van die ekologie? ‘n Duitse ontdekkingsreisiger Alexander von Humboldt (1769-1859) word dikwels beskou as 'n vergete vader van die ekologie. Hy was die eerste persoon wat die verband tussen organismes en hul omgewing bestudeer het.

Wat is ekologie? Ekologie is die studie van die verwantskappe tussen lewende organismes, insluitend mense en hul fisiese omgewing; dit poog om die belangrike verband tussen plante en diere, asook die wêreld rondom hulle te verstaan.

Wat is die vyf vlakke van ekologie? Binne die dissipline van ekologie werk navorsers op vyf breë vlakke, soms diskreet en soms met oorvleueling: organismes, bevolkings, gemeenskappe, ekosisteme en biosfere.

Wat is ‘n voorbeeld van ekologie? 'n Voorbeeld van ekologie is die bestudering van die voedselketting in vleilande. Ekologie word gedefinieer as die tak van die wetenskap wat bestudeer hóé mense of organismes met mekaar en hul omgewing verband hou.

Wat is die funksies van ekologie? Voedselwebbe is belangrike instrumente om te verstaan dat plante die basis vorm van alle ekosisteem- en voedselkettings, wat die lewe onderhou deur voeding en suurstof te verskaf wat nodig is vir oorlewing en voortplanting. Die voedselweb bied stabiliteit aan die ekosisteem.

In een sin dus, ekologie behandel die volledige lewensskaal van die kleinste bakterieë, tot prosesse wat oor die hele planeet strek.

(Bron: Google - Wikipedia)

GEMEENTENUUS

Page 5: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

NG Bloemfontein-Wes se…

Ander gebeure in ons streek:Wêreldbiddag vir vroue en mans: Die volgende geleenthede vind in Bloemfontein plaas…

Page 6: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

Manne wat belangstel om hierdie geleentheid tydens die naweek van 3 tot 5 April 2020 by Karmel in Fouriesburg by te woon, kan vir Colette in Bloemfontein kontak by 051 430 3773, of ‘n e-pos na [email protected] stuur om te registreer. Tente om in te slaap, sowel as alle etes (Vrydagmiddag- tot Sondagmiddagete) en drinkgoed vir die naweek, word voorsien. Die koste beloop R550pp en busvervoer vanaf Bloemfontein tot Ficksburg en terug, kos R350pp.

Herhalings van gebeure wat in ‘n vorige Vrypos verskyn het: Klik hierSinodenuus:Bedieningsbegeleiding: Inligting om vir Sentrums 2020 - Predikante Begeleiding te bespreekGemeentenuus:NG Rietfontein, Winburg - Daniël Mannekonferensie op 29 Februarie 2020 en in kompetisie waar ‘n vakansie gewen kan word wat dien as ‘n fondsinsamelingsgeleentheid, sluitingsdatum 30 April 2020NG Bedelia, Welkom - Danie Botha op 29 Februarie 2020, asook

Page 7: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

NG Heuwelsig, Bloemfontein - Gholfdag op 29 Februarie 2020NG Bedelia, Welkom - ‘n Fondsinsamelingsgeleentheid met die aanbied van die ANCO Ultra-marathon 4 in een, op 14 Maart 2020Algemene nuus: Die jaar van die Bybel - ‘n Boekie, Die Bybel, Hoop vir almal, kan afgelaai wordSave the date vir #imagine 2020 by Nampo in Bothaville - 27 tot 29 MaartLiG Lesersdag in Bloemfontein - op 18 April 2020 (inligting tov gaskunstenaar, gassprekers, kaartjies en gasvroue vir tafels)

OPLEIDINGSGELEENTHEDENG Pellissier bied aan:

Eendagwerkswinkel - “Wanneer woorde ontbreek…”: Oor hoe om te troos in tye van verlies - dié werkswinkel word op Maandag 2 Maart 2020 by die NG Gemeente Bethlehem-Efrata aangebied. Die aanbieder tydens hierdie geleentheid is dr Braam Klopper, leraar van die NG Gemeente Kemptonpark-Oos en ook ‘n pastorale terapeut wat spesialiseer in die hantering en verwerking van rou en verlies - klik op die biljet links vir ‘n groter weergawe met al die besonderhede.

Nuwe 40-dae veldtogte vir klein-, sel-, omgee- of Bybelstudiegroepe in 2020:

6 Weke in Jesus se voetspore… Jesus roep ons om in sy voetspore te volg (1 Petrus 2:21). Hierdie nuwe handleiding vir kleingroepe volg in die diep spore van die Here en fokus spesifiek op Jesus se geestelike gewoontes.

Onthou ook! Die Nuwe 2020 Direkte Vertaling van die Bybel word in die 40-dae veldtog vir die 3de kwartaal met die tema, God se asem tussen bladsye, gebruik, waarna dit vrygestel word.

Vir meer inligting klik asseblief hier - vir navrae kan ds Jurgens de Jager op 079 292 9545, of by [email protected] gekontak word.

Page 8: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

Save the date! - Lentekonferensie 2020:

Die Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling, bied weer hulle gewilde Lentekonferensie aan vanaf 14 tot 17 September 2020. Die tema van hierdie konferensie is, 'n Roetekaart: van wond tot verwondering. Hou gerus hulle webblad dop vir verdere inligting.

NUUSBRIEWE & PUBLIKASIES

CLF Nuus: Ons vier op Vrydag 21 Februarie 2020 Internasionale Moedertaaldag! Hier by Christelike Lektuurfonds is dit vir ons ʼn voorreg om die ontwikkeling en verspreiding van Christelike lektuur in verskillende inheemse tale te doen. Nie net is dit deel van ons bestaansreg nie, maar ook ’n bediening in God se koninkryk.

Besoek CLF se webtuiste by www.clf.co.za vir gratis pamflette in 19 verskillende tale, asook materiaal vir geestelike groei in verskillende tale! Of seën kinders met hulle eie Storieboekbybel in hulle moedertaal en skep ’n leeskultuur van ʼn vroeë ouderdom, maar meer nog, leer hulle van Jesus se liefde.

‘n Vriendelike versoek vir droogtehulp: Bybel-Media is daartoe verbind om vóór 28 Februarie 2020 meer as 1700 kopieë van die boek, 'n Bietjie reën aan 17 gemeentes in die droogtegeteisterde Noord-Kaap te stuur. Hierdie dagstukkieboek is spesiaal geskryf om boere geestelik te ondersteun.

Indien jy hulle hiermee wil ondersteun, maak gerus ’n donasie, groot of klein, via OnsGeeOmSkarebefondingsplatform. Hierdie boekebesending het ’n markwaarde van R289 000 en die projek word moontlik gemaak deur bestaande donateurs van Bybel-Media. Dit sal afgehandel word ongeag of die volle markwaarde ingesamel word, volgens Leon Venter, uitvoerende hoof van Bybel-Media.

Page 9: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

In liefdevolle herinnering - Nina Smit: Bybel-Media bring ook hulde aan die geliefde skrywer, Nina Smit wat op 31 Januarie 2020 oorlede is, deur afslag op sommige van haar boeke aan te bied - klik gerus hier vir meer inligting.

PREDIKANTENUUS Beroep: Ds WG (Waldemar) Stumpfe van die NG Gemeente Barkly-Wes (Sinode Noord-Kaapland), het die beroep na NG Gemeente Ficksburg aanvaar, hy word op Sondag 15 Maart 2020 as ‘n voltydse leraar bevestig, waarna hy sy intreepreek sal lewer.

Aflosleraars: Klik hier vir ‘n lys van leraars/proponente wat beskikbaar is om in gemeentes af te los, vir preekbeurte, of selfs vir beroepe.

VAKATURESSkriba - NG Virginia (Moedergemeente): Die gemeente beskik tans oor hierdie vakature. Die Skriba is primêr verantwoordelik vir die doeltreffende hantering van die administratiewe funksies en finansies van die gemeente. Handig ‘n volledige CV met verwysings en ‘n motiveringsbrief by die Kerkkantoor te Highlandslaan 65, Virginia in, of stuur per e-pos na [email protected]. Vir verdere inligting, kontak die Kerkkantoor by 057 212 5524 (k/u Ma-Vry 08:00-13:00). Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 16 Maart 2020.

Voltydse leraar - NG Koppies-Weltevrede: Hierdie gemeente beskik tans oor ‘n vakante leraarspos. Klik hier vir die advertensie met al die inligting - die sluitingsdatum vir aansoeke is Sondag 8 Maart 2020.

Medeleraar - NG Bethlehem-Oos: Hierdie pos raak binne die volgende paar maande vakant, vir meer inligting, klik hier. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 12 Maart 2020, met indiensneming vanaf 1 September 2020, of soos ooreengekom.

Vakatures - e-Kerkbode: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

VERJAARSDAE

Verjaarsdae is vol van gister se herinneringe, vandag se vreugde en môre se drome.Mag julle verjaarsdag vol nuwe herinneringe wees, geniet dit!

22 Feb: Dr Dawie Botes - WELKOM-WES - 083 671 5784, [email protected] Feb: Ds Willem Botha - AANDBLOEM - 082 441 1867, [email protected] Ds Johan Lötter - VREDEFORT - 071 495 0552, [email protected]

TEN SLOTTE

Page 10: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

Elke dag, genadegawe soos dit is, is onbekend. Wat die inhoud van die dag gaan wees is eweneens onbekend. Jy mag afsprake hê, maar jy weet nie of jy daar gaan uitkom nie. Jy mag vriende ontmoet, maar jy weet nie of die afspraak gaan bly staan nie. Jy mag kennis neem van verwikkelinge in die wêreldpolitiek, maar weet nie of die

derde wêreldoorlog op hande is nie. Besighede beplan vir ʼn betekenisvolle dag, maar ons weet nie wat wêreldmarkte gaan maak nie.

Ons beplan, maar weet nie of Jesus dalk vandag op die wolke gaan verskyn nie. Ons het net die oomblik. Dit is kortstondig en momenteel. Dit beteken uiteraard nie dat ons nie moet beplan en dagboek nie. Orde is deel van volwasse wees. Alles gebeur in tyd en tyd staan nie stil nie. Mense het programme en dit moet respekteer word. Uiteindelik tas ons soos blindes in die donker tensy God die lig van ons lewens is. Dan kan die lewe maar gebeur. Ja, ons bid vir veiligheid en guns, vir voorspoed en betekenis, maar alles is in Sy hande. Die duisternis sal nie seëvier nie en die bose sal nie triomfeer nie… Jesus is daarvan die waarborg.

Ons name is geskryf in die boek van die lewe en die Lam. Niks kan ons vervreem van ʼn liefdevolle God nie. Vir hulle wat Hom liefhet werk alles ten goede. Niks is vir die Almagtige onbekend nie. My lewensdae is lankal reeds opgeskryf. Ek is geseënd met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is, in Christus Jesus uitverkies tot die lewe en ʼn vrugbare een daarby…

Hy skryf die woorde op my tong, Hy maak my bekwaam as ek moet rekenskap gee.

Met Hom spring ek oor ʼn muur en loop ek ʼn bende storm.Hy is my anker en my hoop.

Die dag en wat dit mag inhou is onbekend.Ek weet nie, maar Hy weet.

Ek kan nie maar Hy kan. Ek rus in Hom.Carpe diem. Gryp die dag.

This is the day that the Lord has made. Let us rejoice and be glad in it.

(Bron: Toekomsvenster - Blog van ds Jannie Pelser, Rant en Dal Prisma, 2018)

KONTAK ONS

THEA BOSMANSamesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat

Tel: 051 406 6719 (k)

INDIEN JY OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp)AS JY VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

Page 11: THEA BOSMAN · Web viewDie dames van Engo het ook op ‘n interessante wyse die dienste wat hulle bied, onder ons aandag gebring. Besondere klem is op Vroeë Kindontwikkeling (VKO)

Stuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 12:00, behalwe tydens skoolvakansies)

VRYWARING / DISCLAIMER - Klik hier

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld