tieroog - hoërskool tygerberg...om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad...

14
TIEROOG Volume: 6 Datum: 28 Maart 2014 UIT DIE KANTOOR Nader aan die einde van ‘n kwartaal begin die tempo altyd optel. Jy kom agter dat so baie moet gebeur. Maar dan besef jy jy is nie alleen nie en daar is so baie wat help. Daar is soveel mense in ons gemeenskap wat omgee en hulle beste doen vir die skool. Daar word dus uit hul pad gegaan om te help. Die sitplekprojek is só ‘n voorbeeld. Dit is fenominaal hoe mense bereid is om hul alles te gee vir die skool. Hiermee wil ek my opregte dank oordra aan elke persoon wat ‘n aandeel in die projek het. In die afgelope tyd het ek verskeie oproepe gehad van ouers wat ‘n finansiële bydrae wil maak. Daar is ouers wat hul tyd en energie aan die projek wil wy. Die slotsom is: maak nie saak watter soort bydrae gegee word nie, alles is welkom. Alle hulp, tyd en energie is welkom. Hier doen die OOV reuse werk onder leiding van Mnre Nico Alberts en Sidney Schnugh. Mnr Werner Simon (‘n ouer) is die kontrakteur wat ‘n reuse bydrae lewer. Baie dankie aan almal wat werklik alles gee om ‘n verskil te maak. John C Maxwell stel is sy boek, “Today matters”, dat jou vrygewigheid jou betekenis gee. Met vrygewigheid bedoel ek om werklik iets van jouself te gee. In sekere gevalle dink ek dis maklik om geld te gee, maar dit is ‘n ander storie om iets van jouself te gee. Maxwell antwoord as volg op die vraag oor hoekom ‘n mens vrygewig moet wees: Om te gee, draai jou fokus na buite en na ander mense. Niemand hou daarvan om by ‘n persoon te wees wat net aan homself dink nie. Dit is vir ons almal lekker om saam met persone te wees wat positief is en iets van hulself aan ander gee. Hoe wonderlik is dit nie om jou te omring met persone wat nie gesteld is op nietighede nie, wat nie jaloers is nie, wat sonder voorbehoud jou vriend wil wees. Vrygewigheid is dus om jou fokus van die “eie ek” na ander mense te verander. Vrygewigheid voeg waarde by ander mense by. Dit is tog ‘n Godgegewe opdrag om ander te help. Deurdat jy ander help, heg dit waarde aan die die persoon en aan jouself. Jy verseker dat sy lewe in waarde gaan toeneem. Vrygewigheid help ook die persoon wat gee. Om ander te help, verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, verlig jy jou eie pad. Vrygewigheid is betekenisvol vir ‘n mens wanneer hy die nood van ander sien en in oorvloed daarop reageer. Ons het so baie om te gee. Mag ons elke dag God se guns ervaar sodat ons toegerus is om aan ander te kan gee. Groete. W Herselman PS: Baie dankie aan mnr. en mev. Van der Zanden vir hul bydrae en harde werk om ons tuin mooi te maak. Ons waardeer dit opreg. Later meer hieroor.

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

Volume: 6 Datum: 28 Maart 2014

UIT DIE KANTOOR

Nader aan die einde van ‘n kwartaal begin die tempo altyd optel. Jy kom agter dat so baie moet gebeur. Maar dan besef jy jy is nie alleen nie en daar is so baie wat help. Daar is soveel mense in ons gemeenskap wat omgee en hulle beste doen vir die skool. Daar word dus uit hul pad gegaan om te help. Die sitplekprojek is só ‘n voorbeeld. Dit is fenominaal hoe mense bereid is om hul alles te gee vir die skool. Hiermee wil ek my opregte dank oordra aan elke persoon wat ‘n aandeel in die projek het. In die afgelope tyd het ek verskeie oproepe gehad van ouers wat ‘n finansiële bydrae wil maak. Daar is ouers wat hul tyd en energie aan die projek wil wy. Die slotsom is: maak nie saak watter soort bydrae gegee word nie, alles is welkom. Alle hulp, tyd en energie is welkom. Hier doen die OOV reuse werk onder leiding van Mnre Nico Alberts en Sidney Schnugh. Mnr Werner Simon (‘n ouer) is die kontrakteur wat ‘n reuse bydrae lewer. Baie dankie aan almal wat werklik alles gee om ‘n verskil te maak. John C Maxwell stel is sy boek, “Today matters”, dat jou vrygewigheid jou betekenis gee. Met vrygewigheid bedoel ek om werklik iets van jouself te gee. In sekere gevalle dink ek dis maklik om geld te gee, maar dit is ‘n ander storie om iets van jouself te gee. Maxwell antwoord as volg op die vraag oor hoekom ‘n mens vrygewig moet wees:

• Om te gee, draai jou fokus na buite en na ander mense. Niemand hou daarvan om by ‘n persoon te wees wat net aan homself dink nie. Dit is vir ons almal lekker om saam met persone te wees wat positief is en iets van hulself aan ander gee. Hoe wonderlik is dit nie om jou te omring met persone wat nie gesteld is op nietighede nie, wat nie jaloers is nie, wat sonder voorbehoud jou vriend wil wees. Vrygewigheid is dus om jou fokus van die “eie ek” na ander mense te verander.

• Vrygewigheid voeg waarde by ander mense by. Dit is tog ‘n Godgegewe opdrag om ander te help. Deurdat jy ander help, heg dit waarde aan die die persoon en aan jouself. Jy verseker dat sy lewe in waarde gaan toeneem.

• Vrygewigheid help ook die persoon wat gee. Om ander te help, verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, verlig jy jou eie pad. Vrygewigheid is betekenisvol vir ‘n mens wanneer hy die nood van ander sien en in oorvloed daarop reageer. Ons het so baie om te gee. Mag ons elke dag God se guns ervaar sodat ons toegerus is om aan ander te kan gee. Groete. W Herselman PS: Baie dankie aan mnr. en mev. Van der Zanden vir hul bydrae en harde werk om ons tuin mooi te maak. Ons waardeer dit opreg. Later meer hieroor.

Page 2: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

AKADEMIE Graag bring ek u op datum met die jongste nuus oor prestasie wat huidige en oud-Tiere onlangs behaal het:

Elizna Rossouw het in 2013 haar A-gemiddeld net-net gemis. Nadat sy haar Engels en Musiekteorie laat her-merk het, is haar gemiddeld nou 80,3%! Baie geluk, Elizna.

Janie Delport (Matriek 2013) het haar sesde vak-A behaal! Na ‘n hermerk, is haar punt in Besigheidstudies nou 81%. Ulrich Terblanche (Matriek 2013) kwalifiseer na suksesvolle hermerk vir IGO en Geskiedenis nou vir Bachalareusopleiding.

Candice Spammer (matriek 2012) ontvang die toeken-ning as die beste student vir die Diploma in Uitvoerende Sekretariële Studies by Prestige Kollege

Richard Whitmore (matriek 2012) het in 2013 die tweede beste gevaar in die eerste jaar mediese klas met `n gemiddeld van 87%. Vanjaar het hy vir die eerste blok wat hulle so pas voltooi het in hulle tweede jaar, nl. Pulmo-nologie, die hoogste punt in die klas behaal met 86%.

Janien van der West-huizen (matriek 2012) ontvang die toekenning as die tweede beste student vir die Diploma in Uitvoerende Sekre-tariële Studies by Prestige Kollege.

Baie geluk aan hierdie presteerders. Julle wys weer eens dat die Tiere leerders voorberei wat hul plek in die lewe kan volstaan. Indien enigiemand bewus is van onlangse prestasies van oudleerders, laat weet ons asseblief. Ons spog graag met hulle! Die eerste kwartaal is nou agter die rug en ons hoop die gr.8’s het nou aangepas by die “groot skool”. Met die nuwe KABV (CAPS), val die klem al meer op toetse en eksamens. Alle leerders skryf in die tweede kwartaal ‘n belangrike eksamen. Gebruik asseblief die leerder se rapport vir die eerste kwartaal om die nodige saam te beplan oor hoe leerders hul tyd moet inruim ten einde die beste moontlike punte in die res van die jaar te behaal. Geniet die vakansie en kom uitgerus terug, want met al die vakansiedae gaan daar baie druk op al die onderwysers en leerders wees om die nodige werk voor die Junie-eksamen afgehandel te kry.

Page 3: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

VISUELE KUNSTE - BEHOEFTES

In Visuele Kunste (graad 8 en 9) maak ons gebruik van herwinbare materiale om sekere kunsprojekte te maak. Ons is opsoek na die volgende items:

• Roomysbakke (enige grootte) • Milo-/Koffieblikke • Hot Chocolate Houers • Koerante • Tydskrifte • 2L gaskoeldrankbottels • Blikkies • Konfytpotjies/flessies • Papbokse • Polistireen - en plastiekbakkies (waarin Woolworths,

Checkers en Pick ‘n Pay hul sagte vrugte en geriefsvoedsel verkoop)

Indien u van hierdie produkte gebruik maak, sal ons dit waardeer indien u die leë verpakkings skool toe kan stuur. Ons sal dit ook hoog op prys stel indien u die houers kan was alvorens u dit aflewer. Alle items kan by die onthaallokaal afgelewer word. Baie dankie vir u bydrae! Die Skeppende Kunste Departement

STUDENTERAAD: KOSPROJEK Kos-items wat benodig word vir die kosprojek: 1. Koffie, melk, suiker, tee, koeldrank. 2. Pap (enige soort). 3. Meel (koek-, mielie-, brood-), blikkieskos, pasta, sous vir pasta, rys. 4. Toiletware bv. tandepasta, seep, toiletpapier, sjampoe, sanitêre doekies, deodorant. 5. Skoonmaakmiddels bv. Handy Andy, opwasmiddel, waspoeier ens. 6. Enige skenkings van vars produkte bv. vleis, groente ens. is welkom. 7. Kontantskenkings is ook altyd welkom. Help asseblief met u bydraes om ‘n bietjie vreugde in hierdie huise te verseker. Dit sal beslis opreg waardeer word. Susan Marais Kosprojek-koördineerder

Page 4: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

OUERLEIDING PLAYSTATION EN ANDER REKENAARSPELETJIE-VERSLAWING Moontlike tekens van verslawing:

• Raak aan die slaap in die skool • Kan nie byhou met klastake nie • Punte verswak • Vertel leuens oor die speel van rekenaarspeletjies • Wil nie meer deelneem aan sosiale aktiwiteite nie • Ignoreer vriende

Wenke:

• Moenie die speel van rekenaarspeletjies weier nie. Tieners is geneig om dan te rebeleer of om dit skelm te doen.

• Beplan ‘n familie-aktiwiteit waarvan ‘n tiener hou, soos ‘n fliekaand en laat hul sélf die fliek kies.

• Woon klasse van ‘n bepaalde aktiwiteit, soos bv. Gym, saam by. • Leer hulle ‘n speletjie van jou eie bv. bordspeletjies, wat saam gespeel kan word. • Maak ‘n lys van prioriteite. Dinge en verantwoordelikhede wat eers nagekom moet

word, voordat enige speletjies gespeel kan word. Gee sommer ‘n lessie oor tydsbestuur. • Tydsbeperking op die speel van speletjies. • Herinner jou kind daaraan dat daar meer in die lewe is as om speletjies te speel.

Ons Bou!

Die eerste trap is klaar gebou by die netbalbane. Dankie vir alle skenkings wat ons reeds ontvang het. Ons hoop dit inspireer al die Tiere om hul stene-vorms vining vol te maak en die geld in te bring, sodat ons vinnig al die walle in terasse kan omskep. Dankie aan al die ouers wat skenkings gemaak het en help met die betaal van die arbeid. Ons sien reeds die verskil!

Page 5: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

EKONOMIE-KOMPETISIE Die Departement van Onderwys Wes-Kaap en Nedbank hou 'n jaarlikse skryfkompetisie vir leerders wat Ekonomie as vak by hul skool neem. Die onderwerp was hierdie jaar “armoede” en die leerders moes ‘n navorsingsverslag van tussen 6000 en 8000 woorde oor die onderwerp skryf. Daar is 218 skole wat inskryf en Tygerberg het hierdie jaar 2 dogters, Liamé Smit en Lené Dippenaar, onder die top 21 leerders gehad. Hulle opstelle is as van die beste uitgewys en hulle is genooi om Vrydag 13 Maart voor 'n paneel 'n 10-minuut toespraak te lewer, asook 10 minute se vrae na afloop van die toespraak te beantwoord. En dit boonop alles in Engels! Saterdagaand is daar 'n prysuitdelingsfunksie gehou, waar onder andere die Minister van Onderwys, Donald Grant, ook teenwoordig was. 'n Top 12 is aangewys en elkeen van hulle ontvang 'n 3-jaar studiebeurs aan 'n universiteit in SA van hul keuse, asook 'n kontant-prys. Liamé Smit stap toe weg met 'n beurs en R2000 kontant en Lené Dippenaar word aangewys as algehele wenner met 'n beurs en R10 000 kontant. Ons is baie trots op die twee meisies!

MNR EN MEJ TYGERBERG 2014

Die glansgeleentheid, Mnr en Mej Tygerberg, word op 26 Julie by die skool aangebied. Juniors (graad 8 tot 10) kan by me. L Grundill en seniors by me. I. Lingenfelder inskryf. Deelnemers word afgerig en die aanddrag word geborg. Die TYD stap aan… UITDUNNE: 9 MEI 2014 in PERSONEELKAMER

Page 6: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

Musiekteorie uitblinkers ‘n Spesiale meriete serti-fikaat is deur UNISA aan me. Claassen toegeken op grond van die feit dat haar top 10 teorie leerders in UNISA graad 3 tot 5 ‘n gemiddelde persentasie van 91 % behaal het. Leerders wat bo 90% behaal het, sal ook op UNISA se ererol geplaas word.

Graad 3: Nicole Mostert (89%), Tristan Arendse (96%), Miranka van der Zanden (86%), Chloë-Ann Basson(99%), Janina Renk (98%) en Cherise du Plooy (93%). Graad 4: Michelle Rossouw (93%), Nicola van der Westhuizen (87%), Lisa Janse van Rensburg ( 86%) Graad 5: Marilize Morren (84%)

Connor Oosthuizen, leerder van mnr. Barend van der Westhuizen, het 97% in die Unisa Gr 1 Teorie behaal.

Daniëlle Geldenhuys, leerder van mev. Danieta Botha, het 98% in die Unisa Gr 2 Teorie behaal.

Page 7: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

CAMI Die CAMI-program vir Afrikaans, Engels, Wiskunde en Fisiese Wetenskap is deur die skool aangekoop om individuele leerders se akademiese vaardighede te ontwikkel en te verbeter. Hoërskool Tygerberg beoog om hierdie program in 2014 ten volle te benut. Me. Steenkamp en me. Brits sal die leerders ná skool in die rekenaarlokaal met die aktiwiteite bystaan. Indien u kind deur 'n vakonderwyser geïdentifiseer word om deel van die CAMI-ontwikkelingsprogram te wees, vra ons graag u samewerking in dié verband. Dit kan net tot voordeel van u kind se akademiese vordering strek. Elke les sal 40 minute duur en daar sal vooraf met die leerder (en sy/haar ouers) ooreengekom word oor die geskikste tyd.

WERD OM TE WEET Maandag, 7 April: Skole heropen. Dag 1. Saalbyeenkoms Vrydag, 11 April : Seniorbal Saterdag, 12 April: Bellville sportdag: Netbal (A-spanne) Stellenberg sportdag: Netbal (B – F spanne) Rugby vs Stellenberg (tuis) ATKV-redenaarskompetisie (rondte 1) Maandag, 14 April: Oueraand graad 10-12 Woensdag, 15 April: Oueraand graad 8 en 9

DOELWITTE

• Ons fokus op effektiewe gebruik van hulpbronne en gesonde finansiële bestuur. • Ons koester hoë verwagtings vir leerderprestasies. • Ons fokus op effektiewe/moderne leer- en onderrigmetodiek asook karakterontwikkeling deur die

suksesvolle balansering van akademie, sport en kultuur. • Ons bevorder ‘n funksionele, veilige en gesonde omgewing wat bydra tot effektiewe leer en

onderrig. • Ons ontwikkel en gee uitvoering aan ‘n bemarkings- en fondsinsamelingsplan met behulp van ‘n

deeltydse bemarker en fondswerwer. • Ons trek, ontwikkel en behou ‘n diverse personeelkorps wat bestaan uit toegeruste, toegewyde en

omgeemense.

www.hstygerberg.co.za

Page 8: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

SPORT Die winterseisoen het Saterdag, 15 Maart, amptelik afgeskop met ons jaarlikse sportdag teen Hugenote. (sien uitslae elders) Baie dankie aan ‘n iedere en elk van die ouers wat ons spanne kom ondersteun het. Dit word opreg waardeer. Ons spanne het uitstekend gevaar. Baie geluk. Hokkie: Voorspoed aan ons drie hokkiespanne(O.19A-seuns en -dogters asook ons O.19B-dogters) wat gedurende die vakansie ‘n bietjie in Bloemfontein gaan kuier. Geniet julle tyd in die Vrystaat en hou die Tiere se naam hoog. Netbal: Ons O.19A-dogters gaan besoek aflê in Pretoria. Bly weg van die etol pad, geniet die vlug, die Gautrein en bo alles, geniet die netbal. Ons weet julle sal net julle beste gee. Rugby: Tygerberg speel gasheer vir die grootste O.19A-rugbytoernooi in die wêreld. Die O.19A-span skop hulle Tony Stoops Rugbyfees met ‘n wedstryd teen H/S Sasolburg af. Wedstryde word gespeel op 29 en 31 Maart asook 2 April. Almal word uitgenooi om opwindende skolerugby in ons eie agterplaas te kom geniet. Dag 2 en 3 se wedstryd word uitgesit na afloop van die vorige wedstryde. Die O.16 A-span neem deel aan die Paarl Gim O.16-toernooi. Die land se top skole is daar verteen-woordig. Alle voorspoed aan die manne. Hulle wedstryde is soos volg: wedstryd 1 vs Menlopark; wedstryd 2 vs Centurion; wedstryd 3 vs Affies Die O.15A-span neem weer deel by die Paarl Boys High O.15-Rugbyweek. Hier gaan dit ook nie maklik wees nie. Die O.15’s skop hulle week af teen Menlopark. Hulle ander wedstryde word uitgesit na gelang van dag een se uitslae. Stoei: Edja de Meyer het die volgende medaljes vir stoei gewen: 22 Feb: Goud by Parow Stoeiklub. 1 Mrt: Goud by die Abraham Geldenhuys Ope (Vrystyl); Brons by die Abraham Geldenhuys Ope (Grieks-Romeins). Skyfskiet: Heino Nel (Graad 8) het Saterdag, 22 Maart 2014, deelgeneem aan kompetisie 2 van SAARA (South African Air Rifle Ass). Hy het nie net die WP-kwalifiserende tellings geskiet nie, maar ook die nasionale tellings in beide kategorieë. Sy tellings was 487 uit 600 in die 3P (3 posisies) en 450 uit 600 in die 10m-staan. Totaal van 937 uit 1200. Hy verower die silwermedalje in die 10m staan en brons in die 3P. Heino skiet ook vir SANSSU (skole) en het reeds hierdie jaar die 2 WP-kwalifiserende tellings geskiet vir O.14 Sporters. Hy sal WP verteenwoordig by die SA’s in die Oktobervakansie in Johannesburg. Dit is sy 3de agtereen-volgende jaar. Weer eens voorspoed aan almal wat gedurende die vakansie gaan deelneem. ‘n Spesiale woord van dank aan elke afrigter wat sy/haar vakansie opoffer om ons kinders verskeie geleenthede te bied. Stokkies Truter (Sportorganiseerder)

Page 9: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat onderskeidelik in die WP-skole en WP-klubspanne opgeneem is.

WP-atlete WP-klub-atlete Angus Julies Darnelle Lewies Brian Meyer Carl-Otto Mathee 2de by Wes-Kaap in driesprong en verspring Anneke Germishuys 2de spiesgooi Carla Ritter Alexandro Dirk Elisma Claassen Tiaan Heneke 2de in 400m Danika van der Merwe 4de in spiesgooi Nico van der Westhuizen 5de in diskus

Angus Julies Darnelle Lewies Brian Meyer Carl-Otto Mathee 2de by Wes-Kaap in driesprong en verspring Anneke Germishuys 2de spiesgooi Tiaan Heneke 2de in 400m

HUGENOTE SPORTDAG: UITSLAE RUGBY: O.14A wen 5 – 0 O.14B verloor 0 – 26 O.15A verloor 10 – 15 O.15B wen 51 – 0 O.15C verloor 10 – 27 (Bosmansdam A) O.16A wen 38 – 0 O.16B wen 57 – 7 O.16C wen 12 – 10 (Bosmansdam A) O.19A wen 43 – 23 O.19B wen 42 – 3 O.19C wen 11 – 0

NETBAL: O.14 A verloor 7-15 O.14 B verloor 15-16 O.14 C wen 8-6 O.14 D verloor 9-3 O.15 A wen 22-5 O.15 B verloor 3-12 O.15 C wen 12-10 O.16 A wen 25-12 O.16 B verloor 14-16 O.16 C verloor 5-31 O.17 A wen 24-10 O.17 B verloor 6-13 O.18 A wen 36-16 O.18 B wen 19-18

SEUNSHOKKIE: O.14A seuns verloor 0-8 O.16A seuns verloor 0-8 O.19A seuns verloor 0-2 MEISIESHOKKIE: O.14A meisies verloor 0-3 O.16A meisies gelyk 0-0 O.16B meisies gelyk 0-0 O.16C meisies verloor 0-1 O.19A meisies wen 2-0 (Simoné du Toit teken albei doele aan) O.19B meisies wen 1-0 (Carla Marias teken doel aan)

NETBALUITSLAE VAN HS PORTERVILLE SPORTDAG: O.19 A: vs HS Langenhoven: verloor 37-31 O.19 A: vs HS Martin Oosthuizen: wen 62-9 O.19 A: vs Girls High 0/17: wen 42-23 O.16A: vs Paarl Girls High: verloor 23-15 O.16 A: vs HS Langenhoven: wen 18-13 O.16 A: vs HS Porterville: wen 28-15

RUGBY UITSLAE VAN DIE AFGELOPE NAWEEK: O.19A vs HHH (Brackenfell Sportdag) wen 44 – 0 O.16A vs DF Malan (Brackenfell Sportdag) wen 42 – 0 O.15A vs DF Malan (Brakenfell Sportdag) wen 17 – 0 O.14A vs DF Malan (Brackenfell Sportdag) verloor 7 – 22 vs Paarl Boys ( Poterville Sportdag) veloor 0 – 25

Page 10: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

HOKKIE – HUGENOTE SPORTDAG

Page 11: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

TIERETJAP

GRAPPE VIR REËNERIGE DAE Q: What is a king's favorite kind of precipitation? A: Hail! Q: When does it rain money? A: When there is "change" in the weather. Q: What's the difference between a horse and the weather? A: One is reined up and the other rains down. Q: What do you call it when it rains chickens and ducks? A: Foul (fowl) weather. Q: What did one raindrop say to the other? A: Two's company, three's a cloud Q: Why did the man use ketchup in the rain? A: Because it was raining cats and hot dogs. Q: What goes up when the rain comes down? A: An Umbrella. Q: What is the Mexican weather report? A: Chili today and hot tamale. Q: What do you call a wet bear? A: A drizzly bear Q: Where do lightning bolts go on dates? A: To cloud 9 Q: What did the evaporating raindrop say? A: I'm going to pieces. Q: What did one raindrop say to the other raindrop? A: My plop is bigger than your plop. Q: Can Bees fly in the rain? A: Not without their yellow jackets Q: How do lightning bolts flirt? A: They electrocute each other Q: How do thunderstorms invest their money? A: In a combination of liquid assets and frozen assets Q: Why was the blonde standing outside the department store in the rain? A: She was waiting to cash her rain check! Q: What often falls but never gets hurt? A: Rain

Page 12: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

TATOEËERMERKE — WAAR KOM HIERDIE GEWILDE VORM VAN LIGGAAMLIKE VERSIERING VANDAAN?

Die woord ‘tattoo’ is afgelei van die Tahitiese woord ‘tattau’ wat ‘om te merk’ beteken en is die eerste keer aangehaal in die joernale van die ontdekker, James Cook, tydens ‘n ekspedisie wat hy in 1769 na die Suidsee gelei het. Tatoeëerings is egter baie lank al deel van kulture regoor die wêreld… Tatoeëering wat op Egiptiese en Nubiese mummies gekry is, dateer van voor 2000 v.C. en klassieke skrywers maak melding van die praktyk met verwysing na die Grieke, die antieke Germane, die Galliërs en die Britte. Tog is daar wetenskaplikes wat glo dat die merke op die vel van die “Ysman”, ‘n gemummifiseerde lyk wat uit 3300 v.C. dateer, tatoeëerings is, wat dit die oudste bewys van dié kunsvorm maak. Tatoeëering het verskillende betekenisse in verskillende kulture. In die vroegste tye was versiering die algemeenste rede vir dié gebruik en is dit vandag nog die hoofrede waarom mense hulself laat tatoeëer, maar in sekere kulture het die merke gedien as indentifikasie van die draer se rang of status binne ‘n groep, soos die antieke Romeine wat slawe en kriminele op die wyse gemerk het. Tahitiese tatoeëerings dui weer op deurgangsrituele wat die geskiedenis van die draer vertel, byvoorbeeld wanneer ‘n seun volwassenheid bereik of wanneer ‘n man getrou het, is spesifieke tekens vir elke geleentheid aangebring. Matrose het tatoeëerings tydens hulle reise na eksotiese verafgeleë lande versamel om as aandenkings te dien, byvoorbeeld ‘n draak wat wys dat die matroos in China diens gedoen het, en gevolglik het tatoeëerwinkels in hawestede wêreldwyd begin verskyn. Die vroegste tatoeëermetodes het gewissel van skrape in die vel (waarin kleurstof soos roet gesmeer is) tot prikmerke wat met skerp voorwerpe van been of hout gemaak is. In hedendaagse tye word tatoeëermerke geskep deur ink onder die vel in te spuit met ‘n naald wat aan ‘n handbewerkte implement gekoppel is. Dié implement laat die naald teen honderde vibrasies per minuut op en af beweeg wat die vel ongeveer 1 mm diep penetreer. Die ink wat agterbly, vermeng met die stabiele selle van die dermis en is vir die res van die draer se lewe sigbaar. Die pynfaktor wat met tatoeëering gepaard gaan, moet in ag geneem word wanneer ‘n persoon dié kunswerk wil laat aanbring. Sommige mense beskryf die gevoel as kielierig, of om geknyp te word, terwyl ander sê dit voel soos honderde bysteke of soos ‘n boor wat deur jou vel gaan. Indien die voornemende getatoeëerde probleme met inspuitings tydens doktersbesoeke ondervind of ten aanskoue van bloed ongemaklik begin voel, is dit beter om eerder tydelike of henna tatoeëerings te probeer. Dié tendens is veral in Hollywood gewild waar sterre, soos Madonna, hoog in die mode bly sonder om deur die pyn en uitgawes van permanente tattoeëering te gaan. Die area waar jy jou tatoeëermerke laat aanbring, sowel as die grootte daarvan, speel ook ‘n groot rol ten opsigte van die pynfaktor. Die laerug en die enkels is gewilde areas, maar dit is minder pynlik om ‘n tatoeëering op jou bors of bo-arm aan te bring, omdat daar meer weefsel tussen die vel en die been is. Maak seker dat jy in alle opsigte gemaklik voel by die tatoeëerkunstenaar wanneer jy dié groot (en permanente) stap neem. Kyk of die “studio” skoon is en na ‘n professionele bedryf lyk en sorg dat alle naalde voor jou oopgemaak word. Moenie bang wees om vrae te vra nie en maak seker dat jy die versorging van jou nuwe tatoeëering noukeurig nakom. Die tatoeëerkunstenaar is veronderstel om jou hieroor in te lig, maar indien jy enige twyfel het, bel gerus jou huisdokter. En laastens, onthou dis ‘n permanente kunswerk en wat op 18 supercool is, gaan dalk op 50 so effens verwronge en baie grillerig lyk! So dink mooi oor daardie draak of skoenlappertjie. Kaylinn Africa

Page 13: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

Om te tatoeëer of om nie te tatoeëer nie... Een van die grootste vrae oor hierdie tendens is waarskynlik, moet ek of moet ek nie? Die meeste tieners dink tien teen een dis die kat se snorbaard, maar dink nie voordat hulle enige drastiese stappe neem nie. Daar word nie werklik gedink aan dinge soos doen ek dit net om ‘in’ te wees of beteken dit eintlik vir my iets nie? Tieners, eintlik mense oor die algemeen, dink nie oor sulke dinge nie en dan eindig hulle op met hulle hoërskool ou/meisie se voorletters of hulle “anniversary” vir die res van hulle lewens iewers op hulle liggaam ge-ink. Die grootste probleem vandag is dat tieners op skool al tatoeëermerke kry, dit skep ‘n baie slegte beeld vir die skool. Dit dui vir mense van buite af aan dat jy nie respek het vir jou skool nie. ‘n Oud-Tier wat onlangs matriek geskryf het, het my vertel sy het ‘n tatoeëermerk gekry nadat sy haar uitslae gekry het. Sy sê dit het die hele ding net meer spesiaal gemaak. Haar rede oor hoekom sy gewag het, is dat ‘n skoolromp en ‘n tattoeëermerk nie op dieselfde lyf pas nie. Ek probeer nie sê tatoeëermerke is sleg nie. Ek voel net sterk daaroor dat ‘n mens respek vir jouself en jou skool moet wys. Wag vir na skool voordat jy jouself laat be-ink.

Linda de Waal LANDSDIENS

Valentynsveiling “Het ons ‘n honderd rand, enige iemand honderd rand? Hoor ek ‘n honderd en twintig rand?” So het Hannah se stem op die 12de Februarie weergalm. Dit was weer sulke tyd, die Valentyns-veiling! Marco Whitmore het die ys gebreek en hy is deur baie spiertiere gevolg. Damian West hou die rekord vir die ou wat vir die meeste geld “verkoop” is, met ‘n stewige R300. Die gelukkige meisie wat hom opgeraap het, was Maryke Snyman. Elrich Kotzé het ook sy verskyning gemaak en Marelize Pretorius het nie op haar laat wag nie en sy het amper die R300 ge-ewenaar. Die fondse van hierdie dag, is aan die DBV geskenk.

Page 14: TIEROOG - Hoërskool Tygerberg...Om ander te help , verlig jy die pad van ander en deur ander se pad te verlig, ve rlig jy jou eie pad. ... Elke les sal 40 minute duur en daar sal

TIEROOG

VALENTYNSVEILING