tieroog - hstygerberg.co.za · sport die skool is besonder trots op ons kinders se sportprestasies....

16
TIEROOG Volume: 3 Datum: 14 Februarie 2014 UIT DIE KANTOOR Ons prestasie tydens die afgelope MTBS is iets wat ons almal geweldig pla. Verloor is nooit lekker vir enigiemand nie, maar vir my is die belangrikste: Hoe gaan ons weer opstaan? En opstaan sal ons! Ek betwyfel glad nie die bemarkingswaarde van MTBS nie, maar daar is persone wat voel dat die Tiere verdoem is tot in die ewigheid in. Enkele persone het per e-pos te kenne gegee dat hulle van die skool gaan onttrek. Ek het egter, in my kort tydjie hier, die Tiere en oud-Tiere nie opgesom as mense wat die skool weggooi nie. Ek wil vandag vir ons ouers, oud-leerders en huidige leerders vra om ons nie af te skryf nie, maar ons te help bou! Ek vra dat ons elkeen met toegewydheid sal werk om aan te hou bou aan ons kinders en ons skool se goeie beeld en suksesse. Winston Churchill het gesê: Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts.En dit is die “courage”, die moed om aan te hou ondersteun, wat ek van elke rolspeler vra. Ondersteun asseblief ons skool sodat ons kinders ook die moed kan hê om hul beste te lewer. Ek verstaan as daar kritiek is, maar ek vra ook dat elkeen wat iets positief tot voordeel van ons kinders kan bydra, só ‘n bydrae sal lewer. Ek sal en ons sal aanhou en aanhou om ons beste te doen en juis in die jaar waarin ons 60 jaar jonk is, is dit meer nodig. Regdeur die jaar gaan ons meer inligting aan u deurstuur rondom ons skool se verjaardagvieringe. Die hoogtepunt van die feesvieringe gaan in Augustus wees. Ondersteun ons asseblief, want ons voel trots om vir 60 jaar uitstekende onderrig in Afrikaans te gee. Baie dankie aan almal wat in ons bly glo. Ons kinders het julle ondersteuning broodnodig! Winston Churchill verwoord my gesindheid deur te sê: “Never give in, never give in, never, never, never, never in nothing, great or small, large or pretty never give in except to convictions of honour and good sense.Ek sal, en ons sal, aanhou en aanhou om ons beste te doen. Baie dankie aan ons getroue ondersteuners. 2014 lê nog oop voor ons en die Tiere gaan hierdie jaar weer eens wys wat in hulle steek! Tieregroete. W Herselman

Upload: others

Post on 14-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

TIEROOG

Volume: 3 Datum: 14 Februarie 2014

UIT DIE KANTOOR Ons prestasie tydens die afgelope MTBS is iets wat ons almal geweldig pla. Verloor is nooit lekker vir enigiemand nie, maar vir my is die belangrikste: Hoe gaan ons weer opstaan? En opstaan sal ons! Ek betwyfel glad nie die bemarkingswaarde van MTBS nie, maar daar is persone wat voel dat die Tiere verdoem is tot in die ewigheid in. Enkele persone het per e-pos te kenne gegee dat hulle van die skool gaan onttrek. Ek het egter, in my kort tydjie hier, die Tiere en oud-Tiere nie opgesom as mense wat die skool weggooi nie. Ek wil vandag vir ons ouers, oud-leerders en huidige leerders vra om ons nie af te skryf nie, maar ons te help bou! Ek vra dat ons elkeen met toegewydheid sal werk om aan te hou bou aan ons kinders en ons skool se goeie beeld en suksesse. Winston Churchill het gesê: “Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts.” En dit is die “courage”, die moed om aan te hou ondersteun, wat ek van elke rolspeler vra. Ondersteun asseblief ons skool sodat ons kinders ook die moed kan hê om hul beste te lewer. Ek verstaan as daar kritiek is, maar ek vra ook dat elkeen wat iets positief tot voordeel van ons kinders kan bydra, só ‘n bydrae sal lewer. Ek sal en ons sal aanhou en aanhou om ons beste te doen en juis in die jaar waarin ons 60 jaar jonk is, is dit meer nodig. Regdeur die jaar gaan ons meer inligting aan u deurstuur rondom ons skool se verjaardagvieringe. Die hoogtepunt van die feesvieringe gaan in Augustus wees. Ondersteun ons asseblief, want ons voel trots om vir 60 jaar uitstekende onderrig in Afrikaans te gee. Baie dankie aan almal wat in ons bly glo. Ons kinders het julle ondersteuning broodnodig! Winston Churchill verwoord my gesindheid deur te sê:

“Never give in, never give in, never, never, never, never – in nothing, great or small, large or pretty – never give in except to convictions of honour and

good sense.” Ek sal, en ons sal, aanhou en aanhou om ons beste te doen. Baie dankie aan ons getroue ondersteuners. 2014 lê nog oop voor ons en die Tiere gaan hierdie jaar weer eens wys wat in hulle steek! Tieregroete. W Herselman

TIEROOG

AKADEMIE Alle leerders en ouers behoort teen hierdie tyd ‘n kopie van die assesseringsplan vir die eerste kwartaal in hul besit te hê. Die plan is ook op die webtuiste www.tygerweb.co.za en op die leerders se profiel by Schoolalert (schoolalert.co.za) beskikbaar. Vir die ouers wat nie die oueraand kon bywoon nie, wil ons graag die nuwe slaagvereistes wat vanjaar vir gr. 8 en 9 in werking getree het, deurgee:

Afrikaans: ten minste 50% (NUUT)

Wiskunde + Engels + nog 3 vakke: ten minste 40%

Nog 2 vakke ten minste 30% Let asseblief veral op die verhoogde slaagvereiste vir Afrikaans. Ons vra dat ouers alles in hul vermoë sal doen om leerders te ondersteun en hulle aan die lees te kry! Daar is ook ‘n groter klem op die leer en weergee van kennis tydens toetse en eksamens. Hierdie toetse en eksamens tel dan ook ‘n groter persentasie (60%) van die leerder se finale bevorderingspunt, die

B(oude)-O(p)-S(toel) is dus ons leerders se voorland.

Die slaagvereistes vir gr. 10-12 bly dieselfde:

Afrikaans: ten minste 40%

Nog 2 ander vakke ten minste 40%

Nog 3 ander vakke ten minste 30%

Volledige portefeulje in enige vak onder 30%

Enige onvoltooide take kan lei tot ‘n onvoltooide uitslag aan die einde van die jaar. Dit is ‘n goeie idee om leerders aan te moedig om studiegroepe te

stig sodat leerders mekaar kan motiveer en help. Leerders in studiegroepe beleef die leerproses ook meer positief en is nie so geneig om angstig en depressief te raak nie. Huiswerkklas: Leerders wie se ouers hulle nie direk na skool kan kom haal nie, kan daagliks in K25 sit en solank hul huiswerk doen, terwyl hulle vir hul ouers wag. Sodoende gaan daar nie onnodige tyd verlore nie. Mev. R. Fourie ondersoek tans die moontlikheid om ‘n nasorg (teen ‘n koste vir die ouer) by die skool te begin. Indien u ‘n behoefte aan so ‘n diens het, stuur asseblief ‘n e-pos met u besonderhede aan: [email protected]. Indien daar dalk ouers met sodanige ondervinding is, wat belangstel om die nasorg te bedryf, kan u ook gerus vir mev. Fourie kontak.

“Alone we can do so little; together we

can do so much.”

― Helen Keller

“It's hard to beat a person who never

gives up.”

― Babe Ruth

TIEROOG

SPORT Die skool is besonder trots op ons kinders se sportprestasies. Die positiewe erkenning en tradisies wat hierdeur tot stand gekom het, skep ‘n uiters positiewe beeld van die skool. Die samehorigheid en ingesteldheid van party van ons ouers is ‘n riem onder die hart. Dit is ook ‘n voorreg om tydens byeenkomste en sportdae met ouers langs die veld in gesprek te tree. Daadwerklike pogings gaan aangewend word om hierdie samehorigheid en samesyn verder uit te brei. Om bogenoemde egter uit te brei, moedig ons elke ouer aan om u kind aan te moedig om op die een of ander wyse by die skool betrokke te raak en hom/haar te ondersteun. Enige ander voorstelle van u in die verband is ook welkom. Atletiek: Op Vrydag 31 Januarie het ons atletiekspan aan ‘n byeenkoms in Worcester deelgeneem. Hierdie byeenkoms is as voorbereiding vir die MTBS gebruik. Ons atlete het weggestap met 35 goue, 28 silwer en 29 brons medaljes. Baie geluk aan elke atleet wat die skool daar verteenwoordig het. Krieket : O/19A wen Table View met 3 paaltjies O/19B verloor teen Parklands met 8 paaltjies O/15A – United Krieket Klub daag nie op nie O/15B verloor teen Wes-Kaap Sportskool O/14A verloor teen Vishoek met 53 lopies O/14B wen teen Bellville met 50 lopies Stokkies Truter

VERKEERSREËLINGS Parkering: Rugby-oefening voor skool: Soos jaarliks gebeur, begin die rugbyspelers reeds voor skool met fiksheidsoefeninge. Dit bring mee dat belangstellende ouers ook kom kyk hoe die seuns voorberei. Baie dankie vir u betrokkenheid en belangstelling. Ons wil u graag vriendelik versoek om óf buite die skoolterrein, óf op die plaveisel, vanaf die trappe tot by die ROK-lokaal te parkeer. Die personeel benodig die res van die parkeerterrein vir hul motors. Op- en aflaai van leerders: Ons wil hiermee u versoek om asseblief van die aflaaisirkel gebruik te maak om leerders voor en na skool op en af te laai. Dit is aangebring om leerders se veiligheid te verseker. Moet liefs nie voor die toegangshekke by die hoofingang stop nie. Dit veroorsaak ‘n verkeersopeenhoping en is gevaarlik vir beide leerders en motoriste. Motorfietse: Daar is ‘n groot aantal van ons leerders wat motorfietse en poegies op onverskillige wyse bestuur. Dit is nie net jou eie lewe wat jy in gevaar stel nie, maar ook die van ander padgebruikers – hetsy voetgangers of motoriste. Hou asseblief by die verkeersreëls – dis tot voordeel van almal. Baie dankie vir u positiewe samewerking.

TIEROOG

MTBS - DIRIGENTE

TIEROOG

MTBS

TIEROOG

PERDRY Michelle Jordaan en Manhattan Moment het die volgende prestasies by die eerste SANESA WP Qualifier van die jaar behaal. Equitation: 1ste Working Hunter: 1ste Dressage: 6de Showjumping: 2de en 3de Baie geluk en mag julle van krag tot krag gaan gedurende die jaar.

OOV

SIEN

JULLE

DAAR!

TIEROOG

Welkom 2014! Op 3 Februarie het die eerste OOV-vergadering van die jaar plaasgevind. Om die tafel was ou bekendes en ‘n hele paar nuwe gesigte te sien. Veral die graad 8-ouers was goed verteenwoordig. Ouers wat betrokke raak by die skool se aktiwiteite, deel

hulle talente en gawes en maak dit moontlik vir die OOV om ekstra fondse vir die skool in te samel. Die klasverteenwoordigers sal binnekort met belangstellende ouers kontak maak. Vanaf hierdie jaar beoog die OOV om ook van die skool se leerders by sekere van die besluitnemingsprosesse te betrek. ‘n Junior OOV-groep is reeds gestig. Ons hoop om só beter kommunikasie met die leerders te bewerkstellig. Suksesvol afgehandelde projekte vir 2013 sluit in:

die verf van die hele skoolgebou - dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het.

nuwe teëlwerk in vier badkamers. Dankie vir die skenking van Brights Electrical.

die aankoop van die TV-skerm vir bemarking in die voorportaal van die saal.

Projekte waarby die OOV in 2014 betrokke wil wees:

Pawiljoene by die netbalbane (2013 reeds begin met fondsinsameling) m.a.w. die omskepping van die wal by die netbalbane in terasse

Opknapping van die rugby-kleedkamers

Bydrae tot die bou van die aktiwiteitsentrum

Om direkte koste te verminder, benodig die OOV enige bydraes vir boumateriaal, bv. bakstene, sand, sement, en klip. Dalk ken u selfs iemand met goeie pryse wat ons kan kontak. Kontak Sidney Schnugh ([email protected]) vir alle boumateriaalskenkings of kontakte. Die OOV wil betrokke raak by verskeie aktiwiteite hierdie jaar. Daar is altyd `n behoefte aan helpende hande en ondersteuning deur verskeie borge. Hou julle oë oop vir:

`n prettige sportdag met onderwysers, ouers en kinders vroeg in Maart

waterkaskanades teen die einde van Maart

die Tiere met Talent Show in Augustus

ons groot fondsinsamelingsprojek in Augustus (details volg)

`n besondere makietie in September

TIEROOG

OUERLEIDING Oor die volgende paar weke gaan ‘n paar wenke en stukkies raad aan ons ouers gegee word – interessantheidshalwe en selfs om elke ouer weer bietjie te laat dink oor ons kinders en hul opvoeding. Hierdie ouerhandleiding is saamgestel deur R. Fourie in samewerking met “Rape Wise.” BESKERM JOU KIND TEEN SOSIALE NETWERKGEVARE Dit is baie belangrik dat ouers betrokke sal wees by hul kinders se lewens en met hulle sal praat oor hoe om die internet en ander netwerke intelligent en verantwoordelik te gebruik. Ons kinders is deel van ‘n generasie waar dit sosiaal baie belangrik is om `n internetprofiel te hê. Dit help nie om vir die kind te sê om nie deel hiervan te wees nie. Die meeste kinders is deel van sosiale netwerke. Ons as ouers moet die situasie erken, nie angstig raak nie, maar positief en aktief betrokke raak. Internetkriminele is skelm. Hulle is bekend as reisigers of “travellers” en is bekend daarvoor om tieners op netwerke te verlei, `n afspraak met hulle te maak en dan aan te beweeg. Hulle werkswyse is om tieners se vertroue aanlyn te verkry deur hulle spesiaal te laat voel en hulle soos volwassenes te behandel. Hierdie behandeling is veral suksesvol met die tiener wat ‘n lae selfbeeld het. Hulle voel skielik bemagtig en selfversekerd. Hierdie kriminele is gewoonlik baie vertroud met die tiener se leefwêreld en kan aanlyn gemaklik met hulle praat oor tieneronderwerpe. Die tiener voel gewoonlik dat hierdie persoon hul beter as hul eie familie verstaan. Dit kan wees dat as hul eers die tiener se vertroue gewen het, hul gedrag kan oorgaan na ‘n houding van manipulasie en intimidasie. Allerhande dreigemente kan gemaak word soos bv. dat hy weet waar hul bly en dat sekere dinge sal gebeur as hul nie aan sy eise voldoen nie. Dit is belangrik om te weet dat as ‘n krimineel in ‘n kletskamer ingaan hy nie dadelik kontak maak nie, maar net daar sit en gewoonlik ‘n profiel en foto van ‘n persoon wat minderjarig is gebruik. Die potensiële slagoffer moet gewoonlik eerste kontak maak. Nadat kontak gemaak is, sal seksuele praatjies begin en later `n voorstel om die persoon te ontmoet. Daar is 3 tipes sosiale netwerkkriminele: - geen voorkeur: kontak enige iemand wat beskikbaar is - pedofiel: verkies kinders onder adolossensie - met voorkeure: hou van `n spesifieke ouderdomsgroep, 12-14 jarige meisies, en hulle profiele is gewoonlik dieselfde as die van ‘n reeksmoordenaar. In die volgende Tieroog sal ons die volgende inligting aan u deurgee:

LYS VAN ASPEKTE WAT DEUR KINDERS EN OUERS IN GEDAGTE GEHOU MOET WORD, VOORDAT DAAR AANLYN GEGAAN WORD

TIEROOG

BEMARKING

Hoërskool Tygerberg se bemarkingspan het by die afgelope bemarkingsvergadering, Maandagaand, ‘n splinternuwe projek geloots waarby ouers betrokke kan raak. As jy graag deur die loop van die jaar wil deel wees van ‘n reeks opwindende bemarkingsaktiwiteite ter herdenking van ons 60ste bestaansjaar skakel asseblief met Mariaan Ellis by 021 939 2023 of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. Ons is opsoek na ouers wat graag ‘n verskil wil maak en help bou aan die trotse tradisies en gees waarvoor die Hoërskool Tygerberg bekend is.

TUINDIENSTE Ons benodig kwotasies vir tuindienste. Alle ouers wat belangstel, kan hul kwotasies en inligting stuur aan [email protected]. Stuur asseblief laatstens teen 19 Februarie om 13:00.

WERD OM TE WEET Vrydag, 14 Februarie: Valentynsaal Valentynsokkie Woensdag, 19 Februarie: SBL-vergadering Donderdag, 20 Februarie: Akademiese toekenningsaand Vrydag, 21 Februarie: Landsdiens: Areakamp Woensdag, 26 Februarie: Algemene kennis olimpiade vs Hoërskool Durbanville Vrydag, 28 Februarie: Graad 11 Vakveranderings sluit Helderberg 7’s rugby Noordsone atletiek

TIERE GEBEDSGROEP Ons vertrou op die Here om in 2014 vir Hoërskool Tygerberg te sorg. Die woorde van Jesaja 43 maak ons ons eie. Mag hierdie kosbare woorde vir elkeen nuwe moed gee. Jesaja 43:1-3 (Die Boodskap) Moenie bang wees nie. Ek sal jou red. Ek het jou by die naam geroep. Jy behoort aan My. As jy deur diep water moet gaan, sal Ek by jou wees. As jy oor ‘n rivier moet kom, sal die water jou nie wegspoel nie. As jy naby ‘n vuur moet verbygaan, sal die hitte jou nie verskroei nie. Die vlamme sal jou nie brand nie. Ek is mos die Here jou God wat vir jou sorg. Navrae: Mev. Marietjie Fourie (ouer) Epos: [email protected] Tel: 021 559 5121 (kantoor) Sel: 083 327 3535

Byeenkomste: Woensdae tussen 08:00 en 09:00 Spesiale byeenkoms: Saterdag, 22 Februarie 2014

TIEROOG

TIERETJAP Valentynsdag- die dag waar die liefde (en kalwerliefde) seëvier: Liebe Burger, Graad 10 A 14 Februarie. Die dag waar liefde seëvier. Valentynsdag. Vir die meeste van die meisies word hierdie woord geassosieer met hartjies, tjoklits, rose en liefdesbriefies. Vir die ouens - hulle sien net rooi. Letterlik. Want sien, hierdie goed kom nie goedkoop nie, en geld groei nie op hulle rug (of bo-armspiere nie.) SO wat nou gemaak? Wel, die Tiere-Tjap het ‘n hele paar maniere vir die manne bymekaargemaak hoe hulle op Valentynsdag steeds hulle ‘bokkie’ se hart kan steel, sonder om hulle spaarvarkie te breek, en dan AL hul varkies te verloor.

Dit mag dalk simpel klink, maar as jy ‘n musikale ou is, en sy is ook een vir musiek- maak vir haar ‘n mix tape. Meng ‘n bietjie van elke musiektipe op die CD, (tesame met ‘n paar liefdesliedjies), en draai dit mooi toe. Só kan sy jou beter leer ken en sy sal dit vir ewig kan hou!

Neem haar uit vir ‘n fliek. Dit is bekostigbaar, outyds, en gerieflik. Fliekpryse kos enigiets van R30 tot R60 per persoon, afhangend na watter winkelsentrum jy gaan.

Indien jy nie een is vir fliek nie- of dit te onpersoonlik vind, kan jy ook die meisie uitneem vir koffie. Maar, wees gewaarsku- jy MOET bereid wees om te praat oor iets meer as vervelige seunsdinge. Met hierdie keuse kom verantwoordelikheid: jy sal beslis met haar moet praat, om die afspraak ‘n sukses te maak. [As jy ‘n Senuweeagtige Sarel met sulke afsprake is, skryf gerus vooraf vir jou ‘n paar onderwerpe ter bespreking neer.]

‘n Piekniek is ook ‘n baie goeie idee as jy en sy albei romantiese mense is. Vat haar uit na ‘n mooi park, waar dit rustig en stil is, of neem haar see toe, en hou daar op die sand piekniek.

TIEROOG

Skryf vir haar ‘n brief. Ons doen dit al van graad 1 af, so jy behoort dit nou al bemeester het. Indien nie - onthou net die volgende goed: *Skryf netjies en leesbaar *Moenie enige taal- of spelfoute maak nie! *Wees opreg en eerlik *En spel tog net haar naam korrek!

Die oulike “Be Mine”, hartjie-lekkertjies is ook altyd ‘n wenner. Elkeen is uniek, en het sy eie boodskappie op. Pluspunt: daar is ‘n groot verskeidenheid lekkertjies waaruit jy kan kies.

‘n Be My Valentine ballon en teddiebeertjie is ook ‘n ou staatmaker. Kies ‘n mooi beertjie wat by haar sal pas, en gee dit vir haar met ‘n mooi kaartjie daarby.

‘n P.S. sjokolade met ‘n liefdesboodskappie is al redelik oud, maar dit bly beslis ‘n oulike idee vir Valentynsdag. Daar is ook hier ‘n hele paar boodskappe waaruit jy kan kies.

Vind uit waarvan sy hou, en verras haar daarmee, of dit nou ‘n boksie Lindt sjokolades is, en of dit een enkele rooi roos is, bederf haar daarmee, en bewys só dat jy in HAAR as mens belangstel.

Vir diegene wat werklik ‘n Romeo in vermomming is, kan jy ook ‘n rooi roos met ‘n liefdesbriefie aan haar locker vasplak. Maak net seker dit is wel die regte lockerdeur!

Onthou: iets wat altyd werk, is ‘n geheime briefie in een van haar skoolboeke, of haar huiswerk-boekie. Doen dit onopsigtelik, maar maak seker sy vind dit voor Desembermaand.

Al hierdie dinge is moontlike opsies vir Valentynsdag, maar onthou: sonder die regte gesindheid, beteken dit eintlik niks. Met die regte houding en so ‘n bietjie liefde, maak jy ‘n groter impak as groot geskenke sonder enige werklike waarde.

Geniet dit!

TIEROOG

‘n Valentynsdaggeskenk – wat is die boodskap? Rose is, nes sjokolade, ‘n baie populêre geskenk op Valentynsdag. Elke skakering van elke kleur het egter ‘n taal van sy eie. Hier volg die betekenis van sommige van die kleure. Maak seker voor jy gee … jy wil mos nie die verkeerde boodskap stuur nie! Donkerrooi - onbeperkte liefde Ligrooi - ek is lief vir jou Wit - onskuld, stilte, geheimsinnig, “Ek verdien jou” Pienk - “Dankie”, “Glo my asseblief,” perfek, waardering Geel - die belofte van ‘n nuwe begin, “Welkom terug” Oranje - entoesiasme Koraal - begeerte na liefde Soms lê die boodskap in die hoeveelheid rose wat gegee word: Een roos – 100%-toegewyd Twee rose – “Trou met my.” Ses rose – “Ek het jou in my lewe nodig.” Elf rose – “Alle grappies op ‘n stokkie: ek het jou lief!” Dertien rose – Geheime bewonderaar Tamryn Esau

Love is in the Air... Jana Lombard

MTBS-nuus is skaars koud, en die lug kry ‘n nuwe geurtjie. Die meisies (en sommige seuns) se koppe is vol muisneste en die lewe is sommer net ‘n gelukkiger plek. Jip, dis Valentynsdag en ‘love is in the air...’ Almal is haas opsoek na ‘n date vir Vrydagaand se Valentynsokkie en die “Forever Alones” dink solank watter fliek hulle gaan uitneem terwyl die paartjies baljaar. Ah, en vir julle daar buite wat sommer lus is vir ‘n vinnige tydverdryfie, hier volg ‘n paar springmieliefeite oor ons almal se geliefkoosde dag van die jaar.

Die meeste mense weet dat Alexander Graham Bell die telefoon uitgevind het, maar dis minder bekend dat hy dit op die 14de Februarie gedoen het.

Elke jaar word meer as 36-miljoen boksies in die vorm van harte verkoop. Die eerste hartvormige boksie is in 1822 deur Richard Cadbury gemaak.

In die Middeleeue het jong mans en vroue name uit ‘n hoed getrek om te sien wie hulle valentyn sou wees en dan het hulle dié name vir ‘n week lank op hulle moue vasgesteek. Dit is waarvan-daan die spreekwoord, “dra jou hart op jou mou”, kom.

In die 1800’s het sielkundiges sjokolade vir gebroke harte voorgeskryf.

Die oudste oorlewende liefdesgediggie is van Irak, 3500 VC. So dink weer voor jy ‘n blokkie sjokolade in jou mond steek of die telefoon optel om jou “beter helfte” te bel...

TIEROOG

Die verhaal agter die viering van Valentynsdag

Rooi en wit! Rose, soetsappige kaartjies en sjokolade. Jy het reg geraai—Valentynsdag! Valentynsdag is 'n dag waarop geliefdes ekstra aandag aan mekaar gee deur geskenke, blomme of kaartjies uit te ruil. Valentynsdag word op 14 Februarie gevier, en is gewild in baie lande regoor die wêreld. Maar waar kom Valentynsdag vieringe oorspronklik vandaan? Valentynsdag het waarskynlik sy oorsprong van die antieke Romeinse fees van Lupercalis, gekry. Die feesvieringe is geleidelik geassosieër met die feesdag (14 Februarie) van twee Romeinse martelaars, beide St Valentine genoem, wat in die derde eeu geleef het. Die mees gewilde kandidaat is egter ‘n derde eeuse priester wat Christenskap gepraktiseer het en geheime huwelike uitgevoer het – teen direkte opdragte van Keiser Claudius II wat geglo het ongetroude soldate sou makliker by sy weermag aansluit. Die legende is dat Valentine ‘n nota aan sy vriendin (terwyl hy in die tronk was) gestuur het, wat sê, “From your Valentine,” voordat hy tereggestel is op 14 Februarie in 270 n.C. Hierdie frase word steeds vandag prominent in kaartjies gebruik en St Valentine word eerbiedig as die beskermheer van verliefdes. Valentynsdag simbole: Die hart is in historiese tye verbind tot die oorsprong van alle emosies. Dit is eers later geassosieer met slegs die emosie van liefde. Dit is nie duidelik wanneer die Valentyn-hartvorm die simbool van die hart geword het nie. Sommige skoliere spekuleer dat die simbool, soos ons dit gebruik om romanse of liefde uit te beeld, gekom het van vroeëre probeerslae deur mense om ‘n orgaan te teken wat hulle nog nooit gesien het nie. Volgens legende is rooi rose die gunstelingblom van Venus, die Romeinse godin van liefde. Rooi is ook ‘n kleur wat met sterk gevoelens soos passie vereenselwig word. Kant is lank gelede reeds gebruik om damesakdoekies mee te maak. Honderde jare gelede het vroue hul sakdoeke laat val wanneer hulle ‘n oog op ‘n man gehad het en hom daarmee aangemoedig. So het mense aan kant begin dink wanneer hulle aan die liefde dink. “Lovebirds”, soos ons almal weet, is kleurvolle voëltjies wat in Afrika voorkom. Hulle is so genoem aangesien hulle altyd so na aan mekaar sit, soos verliefdes. Duiwe is simbole van lojaliteit en liefde – hulle paar lewenslank en deel die verantwoordelikheid van hul kleintjies.

Waar kom die “X”-teken wat ‘n soen verteenwoordig vandaan? Hierdie tradisie het met ‘n Middeleeuse gebruik ontstaan. Mense wat nie kon skryf nie, is toegelaat om dokumente met ‘n “X” te teken. Dit is voor ‘n getuie gedoen en die ondertekende het ‘n soen op die “X” geplaas om sy opregtheid te bewys. Dit is hoe die “X” ontstaan het as ‘n teken van ‘n soen onderaan ‘n brief.

TIEROOG

My Valentyn, my hart se punt, Ware liefde het ek gevind! Daar is geen woorde om te sê, Hoe ek jou ewig lief sal hê.

Al jou liefde smaak so soet, Al jou omgee voel so goed, In jou arms styf vasgehou - Behoort my hele hart aan jou.

Geniet julle Valentynsdag!

Kaylinn Africa

TIEROOG

STUDENTERAAD: KOSPROJEK Baie dankie vir alle bydraes wat ons die afgelope tyd ontvang het. Ons benodig egter nog heelwat items, veral aangesien ons voorsiening moet maak vir die kwartaal wat voorlê. Die onderstaande items word benodig: 1. Koffie, melk, suiker, tee, koeldrank. 2. Pap (enige soort). 3. Meel (koek-, mielie-, brood-), blikkiekos, pasta, sous vir pasta, rys. 4. Toiletware bv. tandepasta, seep, toiletpapier, sjampoe, sanitêre doekies, deodorant. 5. Skoonmaakmiddels bv. Handy Andy, opwasmiddel, waspoeier ens. 6. Enige skenkings van vars produkte bv vleis, groente ens. is welkom. 7. Kontantskenkings is ook altyd welkom. Help asseblief met u bydraes om ‘n bietjie vreugde in hierdie huise te verseker. Dit sal beslis opreg waardeer word. Susan Marais Kosprojek-koördineerder

DWELMBELEID

Voorgestelde veranderinge aan die dwelmbeleid is op die webtuiste ter insae tot 28 Februarie 2014. Enige kommentaar kan gestuur word aan [email protected].

DOELWITTE

Ons fokus op effektiewe gebruik van hulpbronne en gesonde finansiële bestuur.

Ons koester hoë verwagtings vir leerderprestasies.

Ons fokus op effektiewe/moderne leer- en onderrigmetodiek asook karakterontwikkeling deur die suksesvolle balansering van akademie, sport en kultuur.

Ons bevorder ‘n funksionele, veilige en gesonde omgewing wat bydra tot effektiewe leer en onderrig.

Ons ontwikkel en gee uitvoering aan ‘n bemarkings- en fondsinsamelingsplan met behulp van ‘n deeltydse bemarker en fondswerwer.

Ons trek, ontwikkel en behou ‘n diverse personeelkorps wat bestaan uit toegeruste, toegewyde en omgeemense.

www.hstygerberg.co.za

TIEROOG

ADVERTENSIES