tracts a005 die geheim is uit fossiel rekord bevestig genesis skeppingsverslag

2
1. SPESIALE SKEPPING OF EVOLUSIE? 1.1 Slegs Twee Opsies Is Moontlik. Daar bestaan net twee moontlikhede: (a) God het die Wêreld gemaak (Kreationisme/Spesiale Skepping) óf (b) die Wêreld het homself gemaak (Ateïsme-Evolusionisme)! (c) Niemand kan egter finale, beslissende argumente op die tafel sit ten gunste van ieder een van hierdie sienings nie, aangesien geeneen van ons teenwoordig was toe die Wêreld ontstaan het nie. Al wat ons het is (i) die waarskynlike (omstandigheids-) getuienis beskikbaar in die Natuur en (ii) Bybelse Openbaring verskaf deur God self. Ek wil graag toon dat (d) getuienis ten gunste van Spesiale Skepping in die Natuur baie meer geloofwaardig is as die sogenaamde 'getuienis' vir Evolusie, en dat (e) die Fossiel-Rekord in werklikheid die Génesis-Skeppingsverslag bevestig! 1.2 Kan Evolusionisme regtig 'Skep'? (a) Die Wet Van Skepperskap. Daar is 'n Wet in die Natuur, nl. Die Wet Van Skepperskap, wat beteken dat die Skepper/Maker van 'n Produk/Voorwerp altyd self méér intelligent sowel as méér kompleks as daardie besondere Produk/Voorwerp sal wees. Dit geld nou of die Skepper/Maker (i) 'n servet vou (ii) 'n papier- vliegtuie maak of (iii) 'n kernaanleg oprig. In terme van hierdie Wet was die Heelal dus geskep deur 'n Superwese baie méér kompleks en intelligent as die Heelal self, want soos U moet erken, is die Heelal self 'n baie komplekse plek ... kyk maar net bv. na die 'Elektromagnetiese Spektrum' of 'Periodieke Tabel Van Elemente'. Maar, dit is nou juis waar die probleem lê, want die Evolusioniste beweer dat Evolusie lukraak, en breinloos plaasvind, en dat daar geen intelligensie tydens die proses werksaam was/is nie! (b) Die Eerste En Tweede Wette Van Termodinamika. Evolusionisme kan bv. nie 'Die Eerste En Tweede Wette Van Termodinamika' verklaar nie. (i) 'Die Eerste Wet Van Termodinamika'. Stel dit dat Energie & Materie (suster-verskynsels) nie geskep of vernietig kan word nie. Maar, indien Energie & Materie dan nie geskep of vernietig kan word nie, hoe het Evolusie dit dan reggekry om nie net die Wêreld te 'skep' uit die beskikbare 'roumateriale 0f grondstowwe' nie, maar ook daardie einste 'roumateriale' in die eerste plek eers uit niks te maak? (ii) 'Die Tweede Wet Van Termodinamika'. Stel dit dat die Heelal besig is om af te loop ... Tyd se pyltjie wys afwaarts. Daar is 'Wet Van Verderf En Dood' aan die werk in die Natuur, en niks wat ons doen kan dit keer nie. Ons mag die proses van verderf vertraag deur dinge in stand of skoon te hou, maar uiteindelik keer alles terug tot stof. Hierdie 'Wet Van Verderf' ('Die Tweede Wet Van Termodinamika') stel dit dat lukrake, doellose en breinlose gebeurtenisse soos Evolusie nooit tot Orde uit Chaos (lae entropie) kan lei nie, maar altyd tot Chaos uit Orde (hoë entropie). Die hoop, drome en illusies onderliggend aan die Evolusie-Leer is gefundeer op dieselfde hopelose wiskundige waarskynlikhede as die Natuurbeginsels wat dobbel en weddenskappe reguleer. Evolusie, indien dit wáár sou wees, sou dan heeltemal van 'geluk' afhanklik moes wees. (iii) Die Heelal Loop Af. Die Heelal is besig om áf te wen soos 'n reuse horlosie. Uiteindelik sal dit ook verweer, ophou tik en tot stilstand kom. Maar dan ... Wie het dit opgewen in die eerste plek? Net die feit dat daar dus wette soos 'Die Eerste En Tweede Wette Van Termodinimika' bestaan, vereis die bestaan van Skepper, 'n Intelligente Eerste Oorsaak. (iv) Die Twee Wette Onbetwis. Hierdie twee Wette staan onbetwis vas by wetenskaplikes in die veld van die Fisika, en dit is slegs die Evolusioniste (pseudo- wetenskaplikes) wat die Natuurwette van die Heelal so non-chalant probeer omseil. (c) Biogénesis. Wetenskaplikes in die veld van Genétika sal ook getuig dat Biogénesis beteken dat slegs 'n Lewende Sel kan aanleiding gee tot 'n Lewende Sel ... Lewe kan nie ontstaan uit Nie- Lewe nie. (d) Nie-Reduseerbare-, Onmiddelike En Spesifieke-Kompleksiteit. Die drie beginsels van Nie-Reduseerbare, Onmiddellike en Spesifieke Kompleksiteit maak van Evolusie 'n onmoontlike konsep, bv. (i) Bloed Stol? Hoe lank kan 'n lewendige organisme, wat besig is om oor 'miljoene jare' te 'ontwikkel' ('evolve'), bekostig om te wag voordat sy bloed geleer het om te stol? Moet bloed nie dadelik (binne minute) kan stol vir die organisme om te oorleef nie? (ii) Waterpistooltjie? Hoe lank kan die vissie, wat sy aandete uit die lug moet afskiet met sy ingeboude waterpistooltjie, bekostig om te wag voordat hy hierdie merkwaardige kuns aangeleer het ... 'miljoene jare'? Moet hy nie daardie einste aand nog kan eet om te oorleef nie? (iii) Baba- Walvissie? Hoe lank kan die baba-walvissie bekostig om te wag voordat die moeder-walvis 'n ten volle-funksionele (nie-terugkeerbare) eenrigting-kleppie ontwikkel het vir die baba- walvissie om aan te drink (onder water!) ... 'miljoene jare'? (iv) Muisval? Dink net aan die gewone huishoudelike muisval met omtrent vyf bewegende dele ... kan so muisval homself maak? Hoe lank is u bereid om te wag vir Evolusie om een te maak ... of sal u dit maar liewer by die winkel gaan koop? Nou, as 'n muisval (vyf bewegende dele) homself nie kan maak nie, hoe kon die flagellum van die bakterium (veertig bewegende dele); die menslike liggaam (biljoene bewegende dele) en hierdie Heelal (mega-ziljoene bewegende dele) ditself gemaak het? (e) Wiskundiges Verwerp Evolusie. Tydens die 1966 Wistar-Simposium (VSA) het die Wiskundiges vir die Evolusioniste ingelig dat Evolusie wiskundig nie haalbaar is nie ... die kanse daarvoor is, in terme van wiskundige en statistiese waarskynlikheid, so skraal dat dit feitlik nie bestaan nie. Mens moet waarlik baie geloof hê om in die fabel van Evolusie te kan glo! (f) DNS ('DNA') Verbied Evolusie Oor Spesies Heen. Die ontdekking van DNS ('DNA') het van Evolusie 'n uitgediende, nuttelose Teorie gemaak. Wetenskaplikes wat gereeld in die veld van DNS werk sal getuig dat die ge-enkodeerde DNS in die liggaamselle van bv. diere en mense oor 'n ingeboude sekerheidsmeganisme ('Firewall') beskik wat Evolusie oor spesies heen onmoontlik maak. 2. IS DIE AARDE REGTIG '4,6 BILJOEN JAAR' OUD? 2.1 Hoe Die '4,6 Biljoen Jaar' Storie Begin Het. (a) Astronomiese Inflasiekoers. Die Aarde was nie altyd '4,6 biljoen jaar' oud nie ... Kyk hoe het die storie begin: (i) In 1862 het Thompson beweer dat die Aarde '20 miljoen jaar' oud is; (ii) In 1897 verdubbel Thompson dit na '40 miljoen jaar'; (iii) In 1899 besluit Joly toe dat die Aarde '90 miljoen jaar' oud is; (iv) In 1921 beweer Raleigh dat die Aarde '1 biljoen jaar' oud is; (v) In 1932 skuif W.O. Hotchkiss die syfer op na '1,6 biljoen jaar'; (vi) In 1947 verklaar A. Holmes die Aarde '3,35 biljoen jaar' oud; (vii) In 1956 verhoog A. Holmes die syfer na '4,5 biljoen jaar'; (b) Vermiste Skakel? Tans staan die ouderdom van die Aarde op 'n allemintige '4,6 - '5 biljoen jaar' ... en hulle noem dit 'Natuurwetenskap'? Die Evolusioniste se aansprake grens soms aan absolute verspottigheid, en die enigste vermiste skakel hier blyk 'n bekwame psigiater te wees. 2.2 Waarom Die Aarde Waarskynlik Net 6000 Jaar Oud Is. Indien die Aarde regtig '4.6 biljoen jaar' oud was, dan (a) Bome, Koraalriwwe En Woestyne. Waarom is die oudste lewendige bome (Sequoia Redwoods); die oudste en grootste koraalrif (Australië se Great Barrier Reef); en die oudste en grootste woestyn (Sahara), maar slegs ± 4000 jaar oud? (b) Die Polonium-218 Radio-Stralekransie. Waarom wys Robert Gentry se navorsing met graniet se Polonium-218 Radio-Stralekransies ('n verskynsel wat oral deur geo-fisici in graniet waargeneem word) dat die graniet op ons Planeet na die formasie daarvan binne 3 minute moes gestol het? Indien die Aarde dan regtig uit rooiwarm lawa (graniet) ontstaan het, waarom vind geofisici dan dat wanneer hulle graniet opsmelt en weer toelaat om af te koel, daardie lawa nooit terugstol na graniet nie, maar na rioliet? Indien die Aarde uit gesmolte graniet graniet ontstaan het, sou die fondasiesteen van die Aarde vandag dus rioliet gewees het, en nie graniet nie. (c) Oliedruk In Die Aardkors. Die oliedruk in die kors van die Aarde is 20 000 psi. Dit, sowel as die gemiddelde dikte van bogrond op die Aarde(± 35 cm.) en stof op die Maan (±1,92 cm) dui op 'n ouderdom vir die Aarde nie ouer as 10 000 jaar nie. 3. DIE FOSSIEL-REKORD BEVESTIG DIE GÉNESIS SKEPPINGSVERSLAG. 3.1 Die Skepping In 6 Dae Van 24 Uur Elk. (a) 'Skeppende' Evolusie? Die getuienis in die Natuur wys na 'n Skepping en Aarde wat ongeveer 6000 jaar oud is. Die dapper (maar tevergeefse) poging deur 'teïste' (mense wat in God glo) om 'n kompromie met Evolusioniste aan te gaan met die Onbybelse idee van sogenaamde Teïstiese of Skeppende Evolusie (in terme waarvan God kwansuis die Heelal deur die proses van Evolusie sou gemaak het en in stand hou) is belaglik. Hierdie Teïste glo waarskynlik nie dat God, met Sy IK van ∞ (Oneindig) almagtig genoeg (?) is om 'n Heelal in 144 uur te maak nie. (b) Langer Periodes Nog Moeiliker. Indien God nie hierdie Heelal in 6 dae van 24 uur elk kon maak nie, waarom sou Hy sterk en slim genoeg kon wees om dit in '15 biljoen jaar' te maak? Sou dit nie selfs nog moeiliker gewees het nie? Vra enige wiskundige bekend met die 'Waarskynlikheidsleer' en hy sal getuig dat langer periodes (soos bv. '15 biljoen jaar') Evolusie net méér onwaarskynlik sou maak. Hoe langer 'natuurlike seleksie' sou probeer, hoe meer sou die kanse vir sukses eksponensieel begin afneem, bv. een probeerslag met 'n kans op sukses van 1/1000 (0,001) word na drie probeerslae agtermekaar 'n kans op sukses van (1/1000 x 1/1000 x 1/1000 = 0,000000001). Probeer u voorstel hoe swak die kanse vir Evolusie sou wees na ziljoene probeerslae oor 'biljoene jare'! Hier is nou een 'pseudo-wetenskap' waar aanhouer beslis nie wen nie! (c) TYD Kan Nie Die Onmoontlike Regkry Nie. Vance Ferrell BA., MA., BD. skryf: “Die punt is dat TYD nooit in die guns sal werk van iets wat nie kan gebeur nie. Kan TYD klippe in ratels verander; seewater in kalkoene; of sand in visse? Kan TYD menslike hormone ontdek; die teleskopiese oog van die arend maak; of reël dat die Maan om die Aarde wentel? Die waarheid is dat, hoe langer die TYD, hoe groter die verderf, en hoe minder die kans dat Evolusie sal plaasvind.” (Vance Ferrell BA, MA, BD: 'Science vs. Evolution ', p.162). 3.2 Redes Waarom U Die Génesis Skeppingsverslag kan Vertrou. (a) God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie. Het Jesus ooit gelieg? Het U al ooit Sy CV (Curriculum Vitae) gelees? Sal die Heilige Gees ooit vir U lieg? ... watterGodslastering! (b) Onthou, Jesus het duisende porsies brood en vis vir honger skares

Upload: michaelvermaak

Post on 28-Mar-2015

45 views

Category:

Documents


18 download

DESCRIPTION

Die Geheim Is Uit FOSSIEL REKORD Bevestig GENESIS Skeppingsverslag

TRANSCRIPT

1. SPESIALE SKEPPING OF EVOLUSIE? 1.1 Slegs Twee Opsies Is Moontlik. Daar bestaan net twee moontlikhede: (a) God het die Wêreld gemaak (Kreationisme/Spesiale Skepping) óf (b) die Wêreld het homself gemaak (Ateïsme-Evolusionisme)! (c) Niemand kan egter finale, beslissende argumente op die tafel sit ten gunste van ieder een van hierdie sienings nie, aangesien geeneen van ons teenwoordig was toe die Wêreld ontstaan het nie. Al wat ons het is (i) die waarskynlike (omstandigheids-) getuienis beskikbaar in die Natuur en (ii) Bybelse Openbaring verskaf deur God self. Ek wil graag toon dat (d) getuienis ten gunste van Spesiale Skepping in die Natuur baie meer geloofwaardig is as die sogenaamde 'getuienis' vir Evolusie, en dat (e) die Fossiel-Rekord in werklikheid die Génesis-Skeppingsverslag bevestig! 1.2 Kan Evolusionisme regtig 'Skep'? (a) Die Wet Van Skepperskap. Daar is 'n Wet in die Natuur, nl. Die Wet Van Skepperskap, wat beteken dat die Skepper/Maker van 'n Produk/Voorwerp altyd self méér intelligent sowel as méér kompleks as daardie besondere Produk/Voorwerp sal wees. Dit geld nou of die Skepper/Maker (i) 'n servet vou (ii) 'n papier-vliegtuie maak of (iii) 'n kernaanleg oprig. In terme van hierdie Wet was die Heelal dus geskep deur 'n Superwese baie méér kompleks en intelligent as die Heelal self, want soos U moet erken, is die Heelal self 'n baie komplekse plek ... kyk maar net bv. na die 'Elektromagnetiese Spektrum' of 'Periodieke Tabel Van Elemente'. Maar, dit is nou juis waar die probleem lê, want die Evolusioniste beweer dat Evolusie lukraak, en breinloos plaasvind, en dat daar geen intelligensie tydens die proses werksaam was/is nie! (b) Die Eerste En Tweede Wette Van Termodinamika. Evolusionisme kan bv. nie 'Die Eerste En Tweede Wette Van Termodinamika' verklaar nie. (i) 'Die Eerste Wet Van Termodinamika'. Stel dit dat Energie & Materie (suster-verskynsels) nie geskep of vernietig kan word nie. Maar, indien Energie & Materie dan nie geskep of vernietig kan word nie, hoe het Evolusie dit dan reggekry om nie net die Wêreld te 'skep' uit die beskikbare 'roumateriale 0f grondstowwe' nie, maar ook daardie einste 'roumateriale' in die eerste plek eers uit niks te maak? (ii) 'Die Tweede Wet Van Termodinamika'. Stel dit dat die Heelal besig is om af te loop ... Tyd se pyltjie wys afwaarts. Daar is 'Wet Van Verderf En Dood' aan die werk in die Natuur, en niks wat ons doen kan dit keer nie. Ons mag die proses van verderf vertraag deur dinge in stand of skoon te hou, maar uiteindelik keer alles terug tot stof. Hierdie 'Wet Van Verderf' ('Die Tweede Wet Van Termodinamika') stel dit dat lukrake, doellose

en breinlose gebeurtenisse soos Evolusie nooit tot Orde uit Chaos (lae entropie) kan lei nie, maar altyd tot Chaos uit Orde (hoë entropie). Die hoop, drome en illusies onderliggend aan die Evolusie-Leer is gefundeer op dieselfde hopelose wiskundige waarskynlikhede as die Natuurbeginsels wat dobbel en weddenskappe reguleer. Evolusie, indien dit wáár sou wees, sou dan heeltemal van 'geluk' afhanklik moes wees. (iii) Die Heelal Loop Af. Die Heelal is besig om áf te wen soos 'n reuse horlosie. Uiteindelik sal dit ook verweer, ophou tik en tot stilstand kom. Maar dan ... Wie het dit opgewen in die eerste plek? Net die feit dat daar dus wette soos 'Die Eerste En Tweede Wette Van Termodinimika' bestaan, vereis die bestaan van Skepper, 'n Intelligente Eerste Oorsaak. (iv) Die Twee Wette Onbetwis. Hierdie twee Wette staan onbetwis vas by wetenskaplikes in die veld van die Fisika, en dit is slegs die Evolusioniste (pseudo-wetenskaplikes) wat die Natuurwette van die Heelal so non-chalant probeer omseil. (c) Biogénesis. Wetenskaplikes in die veld van Genétika sal ook getuig dat Biogénesis beteken dat slegs 'n Lewende Sel kan aanleiding gee tot 'n Lewende Sel ... Lewe kan nie ontstaan uit Nie-Lewe nie. (d) Nie-Reduseerbare-, Onmiddelike En Spesifieke-Kompleksiteit. Die drie beginsels van Nie-Reduseerbare, Onmiddellike en Spesifieke Kompleksiteit maak van Evolusie 'n onmoontlike konsep, bv. (i) Bloed Stol? Hoe lank kan 'n lewendige organisme, wat besig is om oor 'miljoene jare' te 'ontwikkel' ('evolve'), bekostig om te wag voordat sy bloed geleer het om te stol? Moet bloed nie dadelik (binne minute) kan stol vir die organisme om te oorleef nie? (ii) Waterpistooltjie? Hoe lank kan die vissie, wat sy aandete uit die lug moet afskiet met sy ingeboude waterpistooltjie, bekostig om te wag voordat hy hierdie merkwaardige kuns aangeleer het ... 'miljoene jare'? Moet hy nie daardie einste aand nog kan eet om te oorleef nie? (iii) Baba-Walvissie? Hoe lank kan die baba-walvissie bekostig om te wag voordat die moeder-walvis 'n ten volle-funksionele (nie-terugkeerbare) eenrigting-kleppie ontwikkel het vir die baba-walvissie om aan te drink (onder water!) ... 'miljoene jare'? (iv) Muisval? Dink net aan die gewone huishoudelike muisval met omtrent vyf bewegende dele ... kan so muisval homself maak? Hoe lank is u bereid om te wag vir Evolusie om een te maak ... of sal u dit maar liewer by die winkel gaan koop? Nou, as 'n muisval (vyf bewegende dele) homself nie kan maak nie, hoe kon die flagellum van die bakterium (veertig bewegende dele); die menslike liggaam (biljoene bewegende dele) en hierdie Heelal (mega-ziljoene bewegende dele) ditself gemaak het?

(e) Wiskundiges Verwerp Evolusie. Tydens die 1966 Wistar-Simposium (VSA) het die Wiskundiges vir die Evolusioniste ingelig dat Evolusie wiskundig nie haalbaar is nie ... die kanse daarvoor is, in terme van wiskundige en statistiese waarskynlikheid, so skraal dat dit feitlik nie bestaan nie. Mens moet waarlik baie geloof hê om in die fabel van Evolusie te kan glo!

(f) DNS ('DNA') Verbied Evolusie Oor Spesies Heen. Die ontdekking van DNS ('DNA') het van Evolusie 'n uitgediende, nuttelose Teorie gemaak. Wetenskaplikes wat gereeld in die veld van DNS werk sal getuig dat die ge-enkodeerde DNS in die liggaamselle van bv. diere en mense oor 'n ingeboude sekerheidsmeganisme ('Firewall') beskik wat Evolusie oor spesies heen onmoontlik maak.

2. IS DIE AARDE REGTIG '4,6 BILJOEN JAAR' OUD? 2.1 Hoe Die '4,6 Biljoen Jaar' Storie Begin Het.

(a) Astronomiese Inflasiekoers. Die Aarde was nie altyd '4,6 biljoen jaar' oud nie ... Kyk hoe het die storie begin: (i) In 1862 het Thompson beweer dat die Aarde '20 miljoen jaar' oud is; (ii) In 1897 verdubbel Thompson dit na '40 miljoen jaar'; (iii) In 1899 besluit Joly toe dat die Aarde '90 miljoen jaar' oud is; (iv) In 1921 beweer Raleigh dat die Aarde '1 biljoen jaar' oud is; (v) In 1932 skuif W.O. Hotchkiss die syfer op na '1,6 biljoen jaar'; (vi) In 1947 verklaar A. Holmes die Aarde '3,35 biljoen jaar' oud; (vii) In 1956 verhoog A. Holmes die syfer na '4,5 biljoen jaar'; (b) Vermiste Skakel? Tans staan die ouderdom van die Aarde op 'n allemintige '4,6 - '5 biljoen jaar' ... en hulle noem dit 'Natuurwetenskap'? Die Evolusioniste se aansprake grens soms aan absolute verspottigheid, en die enigste vermiste skakel hier blyk 'n bekwame psigiater te wees. 2.2 Waarom Die Aarde Waarskynlik Net 6000 Jaar Oud Is. Indien die Aarde regtig '4.6 biljoen jaar' oud was, dan (a) Bome, Koraalriwwe En Woestyne. Waarom is die oudste lewendige bome (Sequoia Redwoods); die oudste en grootste koraalrif (Australië se Great Barrier Reef); en die oudste en grootste woestyn (Sahara), maar slegs ± 4000 jaar oud? (b) Die Polonium-218 Radio-Stralekransie. Waarom wys Robert Gentry se navorsing met graniet se Polonium-218 Radio-Stralekransies ('n verskynsel wat oral deur geo-fisici in graniet waargeneem word) dat die graniet op ons Planeet na die formasie daarvan binne 3 minute moes gestol het? Indien die Aarde dan regtig uit rooiwarm lawa (graniet) ontstaan het, waarom vind geofisici dan dat wanneer hulle graniet opsmelt en weer toelaat om af te koel, daardie lawa nooit terugstol na graniet nie, maar na rioliet? Indien die Aarde uit gesmolte graniet

graniet ontstaan het, sou die fondasiesteen van die Aarde vandag dus rioliet gewees het, en nie graniet nie.

(c) Oliedruk In Die Aardkors. Die oliedruk in die kors van die Aarde is 20 000 psi. Dit, sowel as die gemiddelde dikte van bogrond op die Aarde(± 35 cm.) en stof op die Maan (±1,92 cm) dui op 'n ouderdom vir die Aarde nie ouer as 10 000 jaar nie.

3. DIE FOSSIEL-REKORD BEVESTIG DIE GÉNESIS SKEPPINGSVERSLAG. 3.1 Die Skepping In 6 Dae Van 24 Uur Elk. (a) 'Skeppende' Evolusie? Die getuienis in die Natuur wys na 'n Skepping en Aarde wat ongeveer 6000 jaar oud is. Die dapper (maar tevergeefse) poging deur 'teïste' (mense wat in God glo) om 'n kompromie met Evolusioniste aan te gaan met die Onbybelse idee van sogenaamde Teïstiese of Skeppende Evolusie (in terme waarvan God kwansuis die Heelal deur die proses van Evolusie sou gemaak het en in stand hou) is belaglik. Hierdie Teïste glo waarskynlik nie dat God, met Sy IK van ∞ (Oneindig) almagtig genoeg (?) is om 'n Heelal in 144 uur te maak nie. (b) Langer Periodes Nog Moeiliker. Indien God nie hierdie Heelal in 6 dae van 24 uur elk kon maak nie, waarom sou Hy sterk en slim genoeg kon wees om dit in '15 biljoen jaar' te maak? Sou dit nie selfs nog moeiliker gewees het nie? Vra enige wiskundige bekend met die 'Waarskynlikheidsleer' en hy sal getuig dat langer periodes (soos bv. '15 biljoen jaar') Evolusie net méér onwaarskynlik sou maak. Hoe langer 'natuurlike seleksie' sou probeer, hoe meer sou die kanse vir sukses eksponensieel begin afneem, bv. een probeerslag met 'n kans op sukses van 1/1000 (0,001) word na drie probeerslae agtermekaar 'n kans op sukses van (1/1000 x 1/1000 x 1/1000 = 0,000000001). Probeer u voorstel hoe swak die kanse vir Evolusie sou wees na ziljoene probeerslae oor 'biljoene jare'! Hier is nou een 'pseudo-wetenskap' waar aanhouer beslis nie wen nie! (c) TYD Kan Nie Die Onmoontlike Regkry Nie. Vance Ferrell BA., MA., BD. skryf: “Die punt is dat TYD nooit in die guns sal werk van iets wat nie kan gebeur nie. Kan TYD klippe in ratels verander; seewater in kalkoene; of sand in visse? Kan TYD menslike hormone ontdek; die teleskopiese oog van die arend maak; of reël dat die Maan om die Aarde wentel? Die waarheid is dat, hoe langer die TYD, hoe groter die verderf, en hoe minder die kans dat Evolusie sal plaasvind.” (Vance Ferrell BA, MA, BD: 'Science vs. Evolution', p.162).

3.2 Redes Waarom U Die Génesis Skeppingsverslag kan Vertrou. (a) God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie. Het Jesus ooit gelieg? Het U al ooit Sy CV (Curriculum Vitae) gelees? Sal die Heilige Gees ooit vir U lieg? ... watterGodslastering! (b) Onthou, Jesus het duisende porsies brood en vis vir honger skares

gemaak uit 3 vissies en 5 brode; en water in wyn verander, alles binne minute. Waarom sou Hy nou skielik '15 biljoen jaar' benodig om 'n Heelal te maak; '4,6 biljoen jaar' om die Sonnestelsel (en die Aarde) te maak en '3 miljoen jaar' om die mens ('homo sapiens' en homo sapiens sapiens') te maak? Hoe het hulle in elk geval by '15 biljoen jaar' as die ouderdom vir die Heelal uitgekom as die Sonnestelsel maar '5 biljoen jaar' oud is ... die 'horlosie' waarmee mens jaartyd meet (365¼ omwentelinge van die Aarde jaarliks om die Son) het dan eers '4,6 biljoen jaar' gelede ingeskop? (c) Die Skeppingsweek Was Ses Dae Van 24 Uur Elk. Die 6 dae van die Skepping was duidelik dae van 24 uur elk: (i) Plante. Die plante is gemaak op Dag 3 ... hoe lank sou die arme blomme kon bekostig om te wag vir die Son om op te kom (op Dag 4) om die sonstrale te verskaf vir fotosintese ... 1000 jaar? (ii) Insekte, Voëls En Vlermuise. Die insekte is waarskynlik gemaak op Dag 5 en die voëls en vlermuise op Dae 5 & 6 ... hoe lank sou die blomme kon wag vir die voëls en vlermuise se kruisbestuiwing van die blomme ... 2000 tot 3000 jaar? Dit maak mos nie sin nie. Die 6 dae van die Skepping kan slegs verstaan word in terme van 6 dae van 24 uur elk (Heb. 'Yom'). 3.3 Wat Die Fossiel-Rekord Vir Ons Wys. (a) Diere-Klassifikasie Maak Evolusie Vals. Net die feit dat die diere-koninkryk deur taksonomiste ingedeel en geklassifiseer kan word bv. 'koninkryk; phylum; klas; orde; familie; genus & spesie' bewys Evolusie vals. Volgens die Evolusioniste is alle organismes gedurig 'in flux' (besig om te ontwikkel/ 'evolve') en behoort daar geen duidelik-uitkenbare spesies te bestaan nie. Tog vind ons dat oral waar ons kyk in die Natuur (insluitend die Fossiel-Rekord) daar slegs stabiele, duidelik-uitkenbare spesies bestaan ('Stasis'). (b) Die 'Kambriaanse Ontploffing'. Die Evolusioniste kan ook nie die 'Kambriaanse Ontploffing' ('Cambrian Explosion'), nl. die skielike verskyning van duidelik-uitkenbare en volledig-ontwikkelde spesies in die Kambriaanse sediment (Paleozoïse Era) van die sogenaamde Geologiese Tydskaal ('Geologic Column') verklaar nie. Die ironié van die saak is dat, in die 'Pre-Kambriaanse' sediment (onmiddellik onder die 'Kambriaanse'), word geen diere-fossiele aangetref nie, maar, skielik, in die 'Kambriaanse', word die volledige diversiteit van die (kamstig antieke) diere-koninkryk aangetref in al sy glorie, aangetrek in moderne kostuums asof vir teater, presies soos Génesis dit stel. M.a.w. daar het toe al die tyd nooit enige sogenaamde 'Evolusie' plaasgevind nie! (c) Fossiele En Die Sondvloed. Meeste fossiele word aangetref in die Kryttydperk-stratum (Cretaceous) wat 'n gewisse waterdood vir

daardie diere beteken het. Nou, 'n voorvereiste vir fossilering is o.a. (i) alkaliese en vogtigegrond en (ii) skielike teraardbestelling in sediment onder enorme druk ... m.a.w. presies die soort van toestande wat met die Sondvloed (ongeveer 2348 V.C.) ge-assosieer word. Een bron skryf dat dit was asof al die diere in modder vasgesit het (Peter Schirmer, 'Die Beknopte Ge-Illustreerde Ensiklopediese Geskiedenis Van Suid-Afrika', C.N.A.-1980). (d) Geen Oorgangstadium- (Intermediêre) Fossiele Nie. Daar is 'n geskatte 100 miljoen (of meer) fossiel-fragment in die Wêreld, en nie een van hulle is 'n voorbeeld van 'n oorgangstadium-fossiel nie. En, ten spyte van biljoene fossiele wat nog in die ryk Karoo-afsetting begrawe lê (Robert Broom se skatting) is nog nie een oorgangstadium-fossiel ooit daar gevind nie. Uit meer as 100 miljoen geklassifiseerde fossiel-fragmente in die Wêreld, is daar nie één wat as voorbeeld van 'n transisionele (intermediêre, oorgangstadium) fossiel tussen ape en mense kan dien nie, en Evolusioniste soek al oor 'n 100 jaar na so 'n eksemplaar! Ook uit die biljoene fossiele wat nog in die ryk Karoo-Formasie begrawe lê, het daar nog nooit enige transisionele fossiel tussen enige spesies van watter aard ookal tevoorskyn gekom nie. (e) Geen Transisionele Stadiums In Lewe. Indien Evolusie wáár was, sou daar vandag mos ook baie lewendige, transisionele ('oorgang- stadium') spesies op straat gestap het as voorbeelde van die transisie tussen ape en mense. Ons sou bv. (i) Ape gesien het wat besig is om die ledemate, voorkoms, gedrag, gewoontes, taal, wiskundige vermoëns, godsdiens-uitdrukking, kleredrag, kommersiële bedrywighede en kulturele uitdrukking van Mense aan te neem, en (ii) Mense wat finaal besig is om die ledemate, voorkoms, gedrag, en gewoontes van Ape af te skud! Het u al so iemand ontmoet? En, indien Evolusie wáár is, (iii) watter morele wet verplig ons dan nog om klere te dra? (klere is duur!) en (iv) waarom het die mens, in teenstelling met ape (na 'miljoene jare') nog nooit sy inherente skaamte-gevoel kon afskud nie? (f) Die Fossiel-Rekord Bots Met Evolusioniste Se Teoriëe. Sommige wetenskaplikes beweer dat ±99% van die totale diere-koninkryk wat ooit gelewe het alreeds uitgesterf het ... wat ons vandag sien is maar ± 1% van die geweldige diversiteit wat vóór die Sondvloed (ongeveer 2348 V.C.) moes bestaan het. Maar, dit is mos presies die teenoorgestelde wat die Evolusie-Leer ons probeer leer, nl. dat die diere-koninkryk kastig sou weggespring het met lae diversiteit (± 1% ?) en ontwikkel het ('evolved') na groter diversiteit (± 99% ?)! Hoe dan nou? Diere is ook vandag kleiner as in die verlede ... presies die teenoorgestelde as wat Evolusioniste leer.

4. FOSSIEL-REKORD GETUIG VAN DIE SONDVLOED. Wat Behoort Ons In Die Sediment (Strata) Aan Te Tref? Die vraelys en antwoorde illustreer hoe die verwagtinge m.b.t. die fossiel-rekord aan die vereistes van 'n Wêreldwye Sondvloed voldoen: Is Diere wat op die LAAGSTE VLAKKE geleef het begrawe in die LAAGSTE STRATA ? Is skepsels van DIESELFDE EKOLOGIESE GEMEENSKAP SAAM begrawe? Is skepsels met die EENVOUDIGSTE VORMPIES EERSTE BEGRAWE? [HIDROLOGIESE KRAGTE d.w.s. die gesuig en getrek van vinnig-bewegende water sou skepsels van OOREENSTEMMENDE VORMS dienooreenkomstig sorteer het] Is INVERTEBRATE SEEDIERE (Nie-Werweldiere) in die LAAGSTE STRATA gevind aangesien hulle op die seebodem lewe? Is VISSE in HOËR STRATA gevind aangesien hulle kon geswem het na 'n hoër ligging?. Is AMFIBIËE en REPTIELE HOËR OP AS VISSE begrawe maar LAER of ONDERKANT LANDDIERE; en is baie min LANDPLANTE en LANDDIERE in die LAER STRATA aangetref? Is die EERSTE LANDPLANTE gevind waar die EERSTE AMFIBIËE gevind is? Is DIERE en VOËLS oor die algemeen op HOËR VLAKKE as REPTIELE en AMFIBIËE gevind? Is TROPDIERE wat saam sou vlug SAAM IN STRATA aangetref? Is baie MIN VOËLS in STRATA gevind aangesien hulle kon vlieg na HOËR VLAKKE?

Is SWAARDER, STERKER DIERE APART gesorteer van SWAKKER KLEINER DIERE?

Is BAIE MIN MENSE in STRATA gevind?

5. IS JESUS CHRISTUS IN HULLE PAD? Kultuur-histories deel ons vandag die geskiedenis hoofsaaklik in twee dele, nl. Vóór Christus (V.C.) en Na-Christus (N.C.). Selfs die ateïs en evolusionis skryf dit elke dag in sy/haar dagboek, briewe, korrespondensie, fakture, kwitansies ens. Indien Jesus van Nasaret dan regtig so onbeduidende historiese figuur en irrelevante 'messias non grata' is (volgens sekere blasé skrywers van disformaat) waarom verwyder hulle nie die V.C. en N.C. net eenvoudig uit ons kalenders uit nie? As Hy hulle dan so pla, waarom kan hulle nie ontslae raak van Hom nie?

Die Geheim Is Uit!

FossiEl-REkORD Bevestig

Génesis Skeppingsverslag

“Ons soek nou al meer as 100 jaar lank tevergeefs na 'n oorgangstadium (transisionele, intermediêre) fossiel as bewys vir evolusie tussen spesies. Ek wonder waar die knapie dan tog so wegkruip?”

ERKENNING

Die Bybelgenootskap Van SA, 'Die Bybel In Afrikaans ' (OV)

Bronne & Illustrasie: Vance Ferrell BA,MA,BD: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution Facts Inc. (2001)

GRATIS Traktaat. Toestemming Word Hiermee Verleen Om Kleur-afdrukke Van Hierdie Traktaat Te Maak Vir

GRATIS Verspreiding. Vra Asb. Vir Die Inligtingspamflet Oor Hoe U 'n Amptelike Verspreider Van Ons Volledige

Reeks Van Christelike Traktate Kan Word.

© P.J. Stassen 2007

Evangelism RSA EvangelisasiePosbus/P.O. Box 14492 Sinoville 0129 Pretoria RSA

Sel/Cell 072 237 5793