tradisionele suid afrikaanse boererate en boerekos · pdf fileklik hier vir die resepte ......

Download Tradisionele Suid Afrikaanse Boererate en Boerekos · PDF fileKlik hier vir die Resepte ... Kattekruie op brandewyn getrek en saans 'n sopi drink is hylsaam goed fer inwendige ambei,

If you can't read please download the document

Upload: lamcong

Post on 06-Feb-2018

772 views

Category:

Documents


227 download

TRANSCRIPT

  • Tradisionele Suid Afrikaanse Boererate en Boerekos Resepte

    Ek het al lankal gedink dat ons tradisionele resepte en veral boererate meer toegangklik moet wees. Daar is nie veel boeke oor die onderwerp nie en van die wat daar is is al lankal uit druk en nie meer beskikbaar nie. Nie almal het toegang tot die internet nie en dis net daar waar ek en vriendin Annie Rieck besluit dat dit nou hoog tyd is dat dit ook as eBoek beskikbaar moet wees, en hier is die resultaat. Ek het bymekaar gemaak en Annie het die tikwerk gedoen. Meeste

    van die bydraes het deur navrae op my webwerf en in my nuusbriewe gekom en ek s groot dankie aan al die lesers en intekenare.

    Klik hier vir die Boererate

    Klik hier vir die Resepte

    file:///C|/Documents%20and%20Settings/User/Desktop/Rate%20en%20Respte%20eboek%20files/index.html2006/06/27 11:00:31 AM

  • Boererate - Inhoud

    Tradisionele Suid Afrikaanse Boererate

    Toe ek besluit het om te begin om Boererate bymekaar te maak was ek verbaas om te sien hoeveel belangstelling daar is! En nie net onder bejaardes nie! Selfs skoliere het my genader om te help met take oor Boererate. Ek noem toe by vriende, op my webwerf en in my nuusbriewe van my versameling en tot my

    verbasing begin die rate instroom. Nie net van Suid Afrika nie, maar selfs van Suid Afrikaners in Alaska en ander lande! Amper elke persoon wat rate gestuur het wou deel in my versameling! Die besluit om die rate te boekstaaf het gevolg en om drukkerskoste te bespaar het ek dit toe op CD gesit en nou ook in eBoek formaat. Party van die rate is nog in "ou" Afrikaans en die rate is geplaas soos

    hulle ontvang is so verskoon maar die taal- en spelfoute.

    Die rate moes to getik word en daar roep ek toe die hulp van my vriendin Annie Rieck in. Nie net het sy die tikwerk gedoen nie maar sy sit toe sommer ook van die rate in haar eie versameling by. Hierdie versameling bevat nou so om en by

    2000 rate! Party van die rate moet maar met 'n knippie sout geneem word (sommige letterlik!) en andere was deur ons voorouers gebruik.

    Raadpleeg tog asseblief eers 'n geneesheer as julle van die rate wil gebruik, die samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige

    gevolge met die gebruik van die rate nie. Die rate is nie bedoel vir gebruik nie maar as bewaring van ons erfenis

    Ons hoop julle put ure se genot uit die rate .Peter Thomas en Annie Rieck

    Kontak: [email protected]

    file:///C|/Documents%20and%20Settings/User/Desktop/Rate%20en%20Respte%20eboek%20files/inhoud-rate.html (1 of 2)2006/06/27 11:00:32 AM

    mailto:[email protected]

  • Boererate - Inhoud

    Die Boererate is in alfabetiese volgorde, as jy na 'n spesifieke raat soek, klik

    net op die letter van die alfabet en jy behoort daar uit te kom, byvoorbeeld, as jy 'n raat soek vir verkoue, klik net op V.

    A B D E F G H I J K

    L

    M

    N

    O

    P

    R

    S

    T

    V

    W

    file:///C|/Documents%20and%20Settings/User/Desktop/Rate%20en%20Respte%20eboek%20files/inhoud-rate.html (2 of 2)2006/06/27 11:00:32 AM

  • Boererate

    Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge

    AAMBEINeem 'n paar blare hotnotsvyekneus dit en sit dit op die aambeie.

    AAMBEIE... 6 pakkies rhubarberpoeier 6 pakkies salpeter 1 pakkie epsomsout 2 bottels water. Kook alles saam tot 1 bottel oorbly. Drink 1 dessertlepel vol.

    AAMBEIEAs jy kwaai ly aan aambeie wat baie pyn en brand dan moet jy 1 lepel roumelk of roubies neem en 80 druppels harlemensies daarop drup en dit drink en so bietjie gaan le. As jy daarby hardlywig is dan moet jy saans as jy gaan slaap 1 dessertlepel bitter cascara drink. Indien nodig drink die volgende dag 7 druppels daarvan voor elke ete.

    AAMBEIEEet baie rosyntjiesdit is goed vir iemand wat aan aambeie ly.

    AAMBEIEFars botter en di geel van di yer deurmakaar gebraai in 'n pan en deur 'n doek gedruk, om m te smeer.

    AAMBEIEKattekruie op brandewyn getrek en saans 'n sopi drink is hylsaam goed fer inwendige ambei, feral as dit di maag kwel, haarlemmeroli is ook goed fer di lewer.

    AAMBEIEMaak n salf van n koekie blousel en n botteltjie vaseline en smeer aan.

    AAMBEIEMaal n stukkie harpuisdie soort wat hulle gebruik om viool mee te speel en alyn saam. Sodra dit fyn is en goed gemeng is dan sit jy so n mespunt vol op jou tong en sluk weg met water. Doen dit 2 keer per week en die aambeie sal verdwyn.

    AAMBEIEMeng 1 blikkie stroop.1 teelepel blomswawel en 1 pakkie kremetart baie goed saam. Meng baie goed en eet 3 maal per dag 1 eetlepelvol.

    AAMBEIEMeng 2 eetlepels rabarber2 eetlepels suiker2 eetlepel engelse souten 1 botteltjie groenamara en voeg by 1 bottel brandewyn. Drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol.

    AAMBEIEMeng deurmekaar 1 blikkie versoete kondensemelk1 botteltjie

    file:///C|/Documents%20and%20Settings/User/Desktop/Rate%20en%20Respte%20eboek%20files/a.html (1 of 9)2006/06/27 11:00:33 AM

  • Boererate

    harlemensies en 1 botteltjie balsemsulfuris. Maak seker dat dit baie goed gemeng is. Gebruik 1 teelepelvol op jou nugtermaag en dan weer 1 teelepelvol saans voor bedtyd.

    AAMBEIENadat jy gebad of gestort hetdroog heel eerste jou hande goed af sodat dit so droog moontlik is. Droog daarna die res van jou lyf af. Die aambeie verdwyn vinnigen nadat dit verdwyn hetmoet jy hierdie ritueel aanhou doenveral as jy nogal baie sukkel met aambeie. Probeer om dit 'n gewoonte te maak om jouself so af te droog. As hierdie ritueel gelowig gevolg word sal jy nooit weer probleme met aambeie h nie.

    AAMBEIENeem 1 bottel klapperolie..nie te groot nie2 Vitalis poeiersen 2 Solaris poeiers en meng baie goedmaak die klapperolie effens warm sodat dit makliker meng. Drink elke aand 1 teelepelvol.

    AAMBEIENeem 1 bottel suiwer gliserien en 1 bottel olyfolie en meng baie goed. Drink elke aand 1 dessertlepelvol.

    AAMBEIENeem groenamara blare en sit in glas of erdekastrol en gooi 1 bottel kookwater daaroor. Laat goed trek tot donkergroen en suig dan deur en gooi die water in n bottel en voeg 1 klein botteltjie lewensessens by en skud die bottel goed om te meng. Drink elke more op jou nugtermaag n goeie mondvol. Dit is n lakseermiddelmaar as dit te kwaai werk moet jy net die dosis verklein.

    AAMBEIENeem so 1 of 2 maal per dag n mespunt salpeter in 1 eetlepel melk.

    AAMBEIESit 10 druppels swawelbalsem in melk en drink 3 keer per dag.dit werk gou en dan is die aambeie iets van die verlede.

    AAMBEIESit kattekruid in brandewyn en laat goed trek. Drink elke aand n kelkievol.

    AAMBEIESoggens as jy was maak seker dat jy eers jou hande en dan jou gesig afdroog.

    AAMBEIETrek 1 eetlepel koljander in kookwater en drink soos tee 3 maal per dag na etes n kelkievol.

    AAMBEIETrek rabarberbas in kookwater en dan kan jy 2 of 3 maal per dag daarvan drink.

    AAMBEIETrek tiemie soos tee en drink soggens en saans n wynkelkievol.

    file:///C|/Documents%20and%20Settings/User/Desktop/Rate%20en%20Respte%20eboek%20files/a.html (2 of 9)2006/06/27 11:00:33 AM

  • Boererate

    Maak seker dat jy baie groente eeten gaan stap elke dag vir so n half-uur.

    AAMBEIEVat 4 pakkies engelse sout1 pakkie kremetart1 botteltjie rooi poeier en 2 eetlepels suiker en meng goed deurmekaar. Sit n houer met skroefdeksel and maak dig toe. Sit elke oggend op jou nugtermaag n mespuntvol op jou tong en sluk weg met water.

    AAMBEIEVir aambeie moet mens diep in die brandewynbottel.waarby n knertsie kattekruid gevoeg is kyk of jy kan 'n bietjie aansmeer as jy wil.

    AAMBEIEVoeg 5 druppels skoonteer op 1 eetlepel melk en drink dit elke aand met slapenstyd.

    AANSTEEKLIKE SIEKTESOm te verhoed dat jou kinders die siektes optel moet jy gekneusde knoffelhuisies in n sakkie sit en dit om die kind se nek hangof steek dit aan die kinders se klere vas.

    AKNEE As jy met aknee gepla is kan jy n rooibostee-sakkie baie sterk laat treken jou gesig soggens en saans daarmee wasof gebruik sommer stukkie watte om die tee mee op jou gesig te smeer. Die tee sal nie jou gesig vlek niemaar indien jy daaroor bekommerd isspoel maar jou gesig met koel water afdie tee sal wel die houer waarin jy die tee hou vlekso gebruik maar n houertjie wat jy nie voor jammer is nie om die tee in te hou.

    AKNEE.Aknee/puisies. Meng 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel tot n pastasmeer aan puisies net voor slaap tyd, en was volgende oggend met warm (lou) water af. Indien dit vir 2 weke daagliks gedoen word sal puisies verdwyn.

    AKNEEAartappelskil werk baie goed. Smeer dit aan elke dag. Aknee vertel 'n mens dat jy allergies is vir iets. Hou maar jou dieet dop en kyk wanneer jy iets eet watter kossoorte n reaksie gee.

    AKNEEMeng drie eetlepels heuning en een teelepel kaneel tot pastaen smeer saans aan die vel voor jy gaan slaapen was die volgende oggend met warm water af. As dit daagliks vir twee weke gedoen word verwyder dit die puisies en aknee van die wortels af uit.

    ALKOHOLAlkohol verslaaf eet elke oggend 'n groot lemoen en gebruik wilskrag en jy is genees!

    ARETrek tiemie soos teeen drink kort-kort so n bietjie.

    file:///C|/Documents%20and%20Settings/User/Desktop/Rate%20en%20Respte%20eboek%20files/a.html (3 of 9)2006/06/27 11:00:33 AM

  • Boererate

    AREVir verkalkte are moet jy elke dag knoffel en Lesitien gebruik.

    AREVir verkalkte are moet jy soveel dikmelk of karringmelk as moontlik drink. Die suur melk vreet die verkalking weg.

    AREVir verkalkte arekoop 6 rooiwortels by Bossiedokter en gooi op een bottel Cane. Drink elke aand 'n bietjie. Na die behandelin