tuin se tydslyn.docx  · web viewin jan van riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van...

15
‘n Tuin se tydslyn Kompanjiestuine, Kaapstad In the Gardens few are tough enough for this Hinterland stuff – are you? The children potter at the cage for hours the aged totter to their favourite flowers – it’s all they want to do. Cape Scenes, Rupert Shephard, 1954 . Daar loop spoke met groen vingers in die Kompanjiestuine; hulle kom van ver, waar die voet van die berg eers uitgedy het onder die galop van springbokkies, die heerskappy van brullende leeus en die vrede van onbedreigde renosters – vandaar al kom hul stemme : uit die soetwaters waar die Khoekhoen se vee gewei het en uit die eerste beddings wat gespit is deur Hendrick Boom, ritmies wieg hul versugtinge vandag in die purperwinde van die wisteria. Bo -oor al die stemme wat vir soveel dekades uit die vergete setels in Parlementslaan opklink, is die suising van iets wat tyd en grense oorskry : die Moederstad se groen long. 1

Upload: lamque

Post on 06-Feb-2018

245 views

Category:

Documents


13 download

TRANSCRIPT

Page 1: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

‘n Tuin se tydslyn

Kompanjiestuine, Kaapstad

In the Gardens few are tough enough for this Hinterland stuff – are you? The children potter at the cage for hours the aged totter to their favourite flowers – it’s all they want to do. Cape Scenes, Rupert Shephard, 1954

.

Daar loop spoke met groen vingers in die Kompanjiestuine; hulle kom van ver, waar die voet

van die berg eers uitgedy het onder die galop van springbokkies, die heerskappy van brullende

leeus en die vrede van onbedreigde renosters – vandaar al kom hul stemme : uit die

soetwaters waar die Khoekhoen se vee gewei het en uit die eerste beddings wat gespit is deur

Hendrick Boom, ritmies wieg hul versugtinge vandag in die purperwinde van die wisteria. Bo -

oor al die stemme wat vir soveel dekades uit die vergete setels in Parlementslaan opklink, is

die suising van iets wat tyd en grense oorskry : die Moederstad se groen long.

‘n Huisgenoot voorblad van September 1936 met ‘n illustrasie van Wisterias in

die Kompanjiestuine deur D. de Beer

1

Page 2: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

Josephus Jones se grondplan van die tuine soos dit

in 1791 daaruit gesien het.

Ons oudste tuin wat sy ontstaan te danke het aan die noodsaaklikheid van groente verbouiing

vir die verversingpos van die VOC, het sedert die Nederlanders se eerste voorbereiding en

aanplantings, binne die eerste maand nadat hulle aan wal gekom het, transformasies

ondergaan wat lees soos die dagboek van ‘n tuinier met nege lewens . Die organiese tydslyn is

‘n spoor wat loop van een koloniale bewind na die ander tot by die begin van ons uiteindelike

demokrasie. Die Nederlanders moes vroeg vrede maak met die elemente en hul tuinboukunde

daarna skik, soms het die saad wat per skip arriveer het, nie ontkiem nie en in verskeie

dagboekinskrywings van die tyd word daar uitgebrei oor die strawwe klimaat en wispelturige

weerspatrone waaronder die suidooster wat nouliks getemper kon word deur mirtehout

windskerms.

In Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29

April 1652 die eerste stuk grond voorberei het om uitvoering te gee aan Here Sewentien se

opdrag aan van Riebeeck om ‘n groente- en vrugtetuin aan te lê. Dit was in die omgewing waar

‘n tydelike houtfort opgerig is langs lopende soet water min of meer op die huidige hoek van

Adderley- en Strandstraat.

Boom het ook ‘n kruie- en medisinale tuin uitgelê. Daarna het verskeie ornamentele plante

gevolg en klaarblyklik is die eerste Rosa Centifolia op 1 November 1659 gepluk.

Met die toename in skeepsvaart om die Kaap en ‘n groeiende bevolking het die tuin in die

rigting van Tafelberg uitgebrei en teen 1661 het die tuin reeds 21 morg(17.9ha) beslaan. Die

sentrale aksis wat deur die middel van die tuin geloop het, het die tuin met die nedersetting

wat nader aan die see geleё was, verbind. Dit het Goewermentslaan geword wat na die

2

Page 3: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

Heerengracht of Gentleman’s walk (Adderleystraat) gelei het en word beskou as die hoofaar

van Kaapstad. Die beskikbaarheid van vars water a.g.v die standhoudende strome wat deur

Tafelberg se afloop gevoer is was ‘n belangrike faktor in die kanalisering van water besproeiing.

Hierdie kanale het dan ook mettertyd die riglyne van die oorspronklike paaie bepaal en dus die

uitleg van die sentrale stadskern soos dit vandag daar uitsien.

Onder Simon van der Stel (1679 – 1699) het die tuiniers Hendrik Oldenland en Jan Hartog die

oorspronklike vrugte-en groentetuin aangevul met inheemse- en eksotiese plante, struike en

bome wat daartoe bygedra het dat dit ‘n wêreldbekende botaniese tuin geword het. Johan

Andries Auge is in 1751 as superintendent aangestel en het verskeie inheemse plantspesies

versamel tydens ekspedisies na die binneland. ‘n Strelitzia Nicolai wat vermoedelik deur Auge

geplant is groei steeds in die tuine.

Met die bankrotskap van die VOC teen die draai van die 18e eeu en die Kaap onder Britse

bewind tusen 1795 - 1803 was die tuin nie ‘n prioriteit nie en is algaande verwaarloos. Die

uitbreiding van landbougrond vanwee die vestiging van binnelandse setlaars (vryburgers) het

die afhanklikheid van die Kompanjiestuin as voedselbron algaande laat afneem en die fokus het

verder verskuif van kombuistuin na ornamentele tuin. Onder die Bataafse bewind van 1803 tot

1806 het die tuin weer ‘n groeifase ervaar en uitbreidings soos die sentrale Goewermentslaan

aslyn is verleng tot by Oranjestraat.

In 1806 was die Kaap weer onder Britse bewind en dit was dan ook die begin van “institutional

creep” met die geleidelike oprigting van verskeie geboue soos onder andere Sint George’s Kerk

(1834) – wat later vervang is deur Sint George’s katedraal (begin in 1901), die Nasionale

Biblioteek (1854-1857) en die Parlementsgeboue (1875-1885).Teen 1848 is die onderste deel

van die tuine beskibaar gestel vir publieke gebruik wat ook die begin was van die landskap se

karakter soos wat dit grotendeels vandag daar uitsien . Die oprigting van die Suid Afrikaanse

Museum op die mees ornamentele deel van die tuin het gelei tot die bedanking van die hele

Tuin Kommissie in 1890. In 1892 is die beheer van die tuine verplaas van die Koloniale Regering

na die plaaslike Munisipaliteit en volwaardig oopgestel as publieke ruimte vir die landsburgers.

3

Page 4: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

‘n

Man sit en lees langs die welige drolpeer naby die roostuin Die tuine in die Victoriaanse tydperk

Vandag kan die volk op lowergroen gras baljaar en piekniek hou. Stap deur die tuin en dit roer.

Kinders voer die spekvet eekhorings wat soos boodskappers uit ‘n kinderverhaal al hulle

geheime na die hoogste bome toe aandra. Hadedas marsjeer naby die ou waterkanaal,

Janfrederik wip vernuftig tussen die akkerblare en ‘n duifformasie swiep teen die blou lug bo

die Delville Wood kanon. ‘n Maer man met ‘n reuse groen plastiekpadda verskyn in die

wandellaan naby ‘n Vrekboom: die padda is te koop. Onder die plaat palmbome neem twee

meisies in ligroos klere fotos van hul vriend Kurt Abrahams wie hulle glo moontlik die volgende

James Dean is. Laatmiddag verskyn ‘n groot groep Japanse toeriste. Hulle kameras flits so woes

rondom ‘n albino eekhoring dat jy sal dink dis een van die groot vyf wat hier tussen die reuse

rubberboom uittroon. ‘n Ent verder word die standbeeld van Cecil John Rhodes nageboots vir ‘n

Kodak oomblik. Onder eertydse tuinier Andries Auge se Outeniekwa Geelhoutboom is ‘n man

besig met Houdini se truuks. Met behendige reptielbewegings klim hy oor en deur ‘n groot

swaar ketting - ‘n katspoeg verder verdwyn ‘n bruid in wit chiffon langs ‘n bloedrooi poinsettia.

4

Page 5: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

Rory Phelan is sedert 2006 direkteur van die Kompanjiestuine. Hier staan hy by wat beskou word as die oudste gekweekte boom in Suid Afrika – ‘n Pyrus communis (Saffraanpeer) Dit is ‘n oorblyfsel van die produksietuin wat dateer uit die VOC tydperk. Hierdie spesie kan tot 500 jaar oud word .

Kelvin Duminy werk al agt jaar in diens van die tuin: Boslelies is sy grootste

vreugde en jaar na jaar wag hy vir Augustus wannneer hulle vlam vat onder die bome.

Rory Phelan is sedert 2008 die huidige direkteur van die tuine en hy glo aan ‘n tuinboukundige

diens wat daarna streef om die kwalitiet van die omgewing in al sy fasette te verbeter. Die man

dra ‘n leeftyd se tuinkodeks met hom saam wat strek van die Bronx in New York tot by die

Jardin de Pamplemousses in Mauritius. Hy is reeds agt en twintig jaar lank ‘n tuinboukundige

en het sy opleiding aan die Durban Botaniese tuine ontvang waarna hy vir etlike jare parke in

5

Page 6: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

Amanzimtoti bestuur het, daarna Sol Kerzner se hoteltuine op die Comoro-eilande en later die

tuin van die UN Plaza Hotel in New York. Toe die winters in die V.S.A te straf word het hy

teruggekeer na Suid Afrika en betrokke begin raak by gemeenskapstuine in Inanda, Natal en

Mbekweni in die Paarl. Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat funksioneer op die vlak

van metropolitaanse tuin, kom hier goed te pas.

Die Kompanjiestuine is ons Central Park meen hy, en groen ruimtes in die stedelike landskap is

van belang omdat daar in die mens se onderbewussyn ‘n noodwendige behoefte tot interaksie

met die natuur bestaan. Groen ruimtes verskaf surplus suurstof wat lei tot ‘n fundamentele

gevoel van goedgesindheid en die addisionele vreugde wat die natuurlike skoonheid van plante

, voёls en insekte het. Op ‘n vlak van genetiese geheue weet die mens dat alles wat leef met ‘n

komplekse web van die lewe verbind is. Bome en plante absorbeer besoedelingstowwe en

verminder die “stedelike hitte-eiland effek” wat in metropolitaanse gebiede voorkom as gevolg

van die digtheid van geboue, teer en konkreet.

Van die bome wat oor tyd deur verskeie kurators hier aangeplant is sluit in die Judasboom,

Koraalboom, Fakkelboom, Kiepersol, Franse esdoring, Louriermagnolia en - volgens Dennis

Bailey wat al dertig jaar hier werk - ‘n spokende Moerbeiboom. Binne hierdie konteks het

Phelan vrede met die argument vir suiwer inheemse aanplanting – daarvoor het ons per slot

van sake vir Kirstenbosch, hierdie is ‘n tuin wat ‘n samesmelting is van beide eksotiese en

inheemse plantsoorte en die talle spesies skep hul eie hoogtepunte binne die verskeie

seisoene, soos byvoorbeeld klein eilande geel narsings se kontras met die strak lyne van

strelitzia beddings. Die tuin is ‘n botaniese refleksie van 359 jaar se kulturele kruisbestuiwing.

Benewens die groot verskeidenheid van bome is daar ontelbare ander plantspesies wat wissel

van Asaleas, Kniphofias, Proteas, Clivias, Watsonias, Verbena, Nasturtiums, Agapanthus,

Hydrangeas, Sikadeё, Arctotis, Plectranthus, Acanthus, Helichrysum, sukkulente, eksotiese

dekplante, verskeie bolplante en rose met name soos Satchmo, Tineke, Harmonie, Just Joey en

Bride’s dream. Sommige van die voёls wat hier nes maak sluit in Kaapse witogies, Hartlaubse

meeus, Kroonkiewiete, Olyflysters, Gewone kwikkies, Witborskraaie, Dikkoppe, en

Fiskaallaksmanne. Die tuin is vandag sewe en ‘n half hektaar groot en word deur ‘n personeel

6

Page 7: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

van vyf en twintig in stand gehou. Die tuin word gefinansier deur die Stad Kaapstad asook deur

privaat skenkings en word deur die Cape Heritage Trust bestuur.

Heelwat restourasie werk is die afgelope paar jaar aangepak waaronder die Bothy - (afgelei van

die ou Skotse word Both wat beteken arbeiders kwartiere) en wat onder andere al gebruik was

as tuinierskwartiere, kuratorshuis, saadstoor en vergaderplek vir die Botaniese tuine komitee.

Tans is dit nie in gebruik nie en verskeie opsies word vir die Victoriaanse gebou oorweeg.

Ook die eertydse direkteurswoning is in 2008 opgeknap en huisves nou die netjiese

inligtingsentrum. Daar is 23 “groen kamers” te vind in die tuine. Dit is ruimtes in

terreinargitektuur wat in skaal is met die mens ten opsigte van skutting en intimiteit en wat jou

lei van een ruimte na ‘n ander. Hierdie beginsel van tuinontwerp skep intrige tussen die

deurloop na verskeie areas sodat die ervaring van ‘n tuin as’t ware in openbarende hoofstukke

kan plaasvind. Ook die voёlhuis het vernuwing ondergaan en tjirpende kwarteltjies wei tussen

rooibeksysies terwyl daar ywerig nes gebou word uit die grassoorte wat in die hokke

aangeplant is. Daar is ook Namakwaduifies, Java sperwers, Kaapse kanaries, Zebravinke, en ‘n

vuurvinkie. Koi-visse swem rustig in die vierkantige damme waaruit die voёls water drink. In die

pyplyn is planne om die ontwerp guru van die agentskap Animalfarm, Porky Hefer se reuse

wewersneste in die bome tuis te maak want Phelan voel sterk oor die feit dat daar eko-

vriendelike aktitiwiteite vir veral kinders geskep moet word. Verder word daar beoog om weer

‘n groentetuin te vestig wat gebaseer sal wees op die oorspronklike Hollandse ruitplan.

Eers wanneer hy die trasering van die twee uiteenlopende karaktertrekke as grafiese tydlyne op

die kaart in sy kantoor uitwys, word die nalatenskap van die historiese inplanting wat die tuin

so merkwaardig maak, duidelik : die Nederlanders se reghoekige matigheid oorheenliggend tot

die sieraad van die Engelse tuiniers se kronkelende romantiek.

Die telefoon in sy kantoor lui: dis ‘n korporatiewe groep wat ‘n spanbou sessie in die tuine wil

kom hou. Geen probleem, sê Phelan, dit staan julle vry om die “paddocks” daarvoor te benut,

solank julle net nie gaan ploeg nie. Hierdie onbelemmerde ruimte van ses grasperke onder

lanings akkerbome aan die suidoostelike kant van die tuine is aangrensend tot die Groot

Sinagoge en Gardens Commercial High School. Dit is omring deur waterkanale en in die 17de

7

Page 8: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

eeu is ‘n verskeidenheid wilde diere binne hoё gevormde heinings aangehou vir die besigtiging

van besoekers.

In die broeiseisoen, vertel Phelan, bring van die besoekers soms ‘n beseerde klein eekhorinkie

wat die uit die nes geval het en soms ‘n siek tortelduif of mank kolgans . Oor die legendariese

gerugte dat parkbewoners die ganse soms vang vir die pot, is daar nie bevestiging nie. Dis

Vrydagmiddag en vir Phelan lê die rondte van vader Cloete nog voor, aleer die naweek

aanbreek. Ons groet duskant die oudste boom in die tuin.

Vroeg die volgende oggend loop ek drie joernaliste raak by die tydelike bonsai uitstalling waar

elkeen verdiep is met sy eie Wabi sabi . 37 Bonsai boompies wat behoort aan lede van die Cape

Bonsai Kai is te besigtig en sluit in spesies soos Acacia galpinii(Apiesdoring), Taxodium

distichum(vlei-sipres) en Diosphyros whyteana (Swartbas) – almal ideale spesies vir hierdie

duisend jaar oue Japanese kunsvorm. Die miniatuur olienhout en -karee lyk soos japsnoete

onder die tamaai papierbasbome, hoewel laasgenoemde veel jonger is as die dwergies. Op ‘n

Saterdagmiddag sal jy gewoonlik ‘n bruidsgevolg hier teekom. Hulle figureer onder ‘n

Australiese vyeboom of by Thorne se fontein, dan beweeg hulle met sissende sluiers tot by die

boonste terrasse vir ‘n foto sessie onder die wakende oё van die beeldhouer Alfred Turner se

monumentale uitbeelding van Castor en Pollux.

Morake Ofentse mik en druk om Lloyd en Comfort se huweliksdag onder die

reuse Australiese vy vas te lê

8

Page 9: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

‘n groep skoolkinders van Wallacedene Sekondêre Skool

vertoef by Thorne se fontein wat in 1900 opgerig is as skenking van die burgemeester Sir William Thorne

So wandel landsburgers en besoekers al vir dekades deur die lieflike ou tuin

met sy poele skaduwees

Dis heerlike lente wannneer ek teen middel September saam met Andrew Lamprecht

(kunskurator en lektor by die Michaelis Kunsskool aan die suidwestekant van die tuine),

melkskommels drink by die ou tuinrestaurant wat grens aan Koninging Victoriastraat . Om ons

bars die bloeisels van Ridderspoor, Vingerhoedjies en Verbleikblomme uit hul nate en ons volg

die bedwelmende reuk van Saliehout. Die Tretchikoff uitstalling in die Suid Afrikaanse

Nasionale Kunsgalery, waarvan hy die kurator was, loop eersdaags ten einde. Lamprecht het

as’t ware hier opgegroei, en hy onthou heelwat van die eksentrieke siele wat amper so

emblematies soos die monumente geword het – die onberispelik geklede lang, maer vrou met

die gitswart hare opgestapel in ‘n mossienes.

9

Page 10: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

Dan was daar die vrou wat jare lank die katte kom voer het. Op ‘n keer het hy ‘n Nederlandse

kunstenaar ontmoet wat ‘n tulpprojek hier kom plant het wat een maal ‘n jaar tot ‘n

beduidende patroon sou uitblom. Die geheimsinnige man het beloof om verdere kommunikasie

oor die projek aan te stuur maar so ‘n brief het Lamprecht nooit bereik nie. Driehonderd jaar

gelede sou jy seker kon aanvaar dat sy skip iewers tussen die Kaap en Amsterdam gesink het.

Die Kompanjiestuine verwelkom skenkings om sodoende as ‘n tuin van uitnemendheid te bly voortbestaan. Kontak asseblief vir Rory Phelan by tel: 021 400 2521

Lien Botha, Oktober 2011

Bronne:

-Company’s Garden Cape Town: The history of the Company’s Gardens Vol I (1652 – 1806) en Vol II (1806 -1988), Report prepared for the City of Cape Town by Gwen Fagan, 1989

-Company’s Garden Self-guided Walk, City of Cape Town heritage pamphlet no 10, Heritage Resources Section, City of Cape Town for City Parks and Nature Conservation, 2005

-Gesprekke: Rory Phelan, Kelvin Duminy, Dennis Bailey en Andrew Lamprecht, September 2011

10

Page 11: Tuin se tydslyn.docx  · Web viewIn Jan van Riebeeck se dagboek word vermeld dat die tuinier van die VOC Hendrik Boom op 29 ... Sy groeiende filosofie van gemeenskapstuin wat

11