tuislander - durbanvillehs.co.za · fair cape dairies aan mnr germishuys tydens „n saal-byeenkoms...

6
orkes by hierdie gesogte kuns- wedstryd. Die orkes het in die afgelope paar jaar geweldig gegroei vanaf „n ledetal van slegs 24 in 2008 tot ‘n ledetal van oor die 65 leerders in die Senior Blaasorkes. Hoërskool Durbanville spog tans met twee blaasorkeste, die Junior Blaasorkes en die Senior Blaasorkes, asook „n “drumline” met ‟n totaal van meer as honderd leerders in die blaasorkesteprogram. Behalwe vir die trotse musikale prestasies van die orkes, verskaf die groep ook „n wonderlike sosiale platform vir leerders. Dit is „n groep waar leerders nie net musiek leer nie, maar ook waardevolle eienskappe soos spanbou, geesbou, dissipline en selfvertroue. Die Hoërskool Durbanville Blaasorkes is in 1979 gestig deur mnr. Agustino Texeira en die destydse skoolhoof, dr. Orlando Firmani, en was die eerste skoleblaasorkes in die Noordelike voorstede van Kaapstad. Sedert die orkes se bestaan het hulle verskeie kompetisies en eisteddfods gewen, waaronder die Roodepoort Eisteddfod, die Stellenbosch Eisteddfod en die Tygerberg Internasionale Eisteddfod onder leiding van dirigente soos Mike Oldham, Leon Hartshorne, Emile Heunis, Lizeth Malan, Chrisna Esterhuyse, Hannalie Tredoux en Suretha Theron, ’n oud-Durbie (Matriek 1991). In 2011 en 2014 het die orkes na Pretoria getoer om deel te neem aan die Suid- Afrikaanse konsert- en marsorkeste kampioenskappe. Vir hierdie nasionale kompetisie is die jazzorkes beide kere aangewys as die beste ensemble en die Blaasorkes het tweede plek verwerf in die land. In 2012, 2013 en 2014 verwerf die orkes ‟n Goue Diploma by die Cape Town Eisteddfod met kommentaar van die beoordelaar, Stuart Scott: “The team spirit is evident in your orchestral playing. An excellent performance!”. Hulle ontvang ook in 2013, 2014 en 2016 die trofee vir die beste Simfoniese Blaas- SENIOR BLAASORKES: OUD-DURBIE LEI HUL NA SUKSES IN HIERDIE UITGAWE BLAASORKES 1 OUD-DURBIE PRESTEER 2 SUKSESVOLLE GHOLFDAG OUD-DURBIES LIEF EN LEED ONS KUIER BY…??? 3 MNR & MEJ DURBIE 4 OUD-DURBIE SPORTMANNE OUD-DURBIE NOU GESOGTE STORIE- BOEKSKRYWER 5 OUD-DURBIE GENOMINEER VIR GHOEMA- TOEKENNING 6 EPOS JOU ARTIKEL / ADVERTENSIE : leonie@ durbanvillehs.co.za TUISLANDER UITGAWE 6 Bladsy 1

Upload: dinhnhi

Post on 06-May-2018

246 views

Category:

Documents


5 download

TRANSCRIPT

orkes by hierdie gesogte kuns-

wedstryd. Die orkes het in die

afgelope paar jaar geweldig

gegroei vanaf „n ledetal van slegs

24 in 2008 tot ‘n ledetal van oor

die 65 leerders in die Senior

Blaasorkes.

Hoërskool Durbanville spog tans

met twee blaasorkeste, die

Junior Blaasorkes en die Senior

Blaasorkes, asook „n “drumline”

met ‟n totaal van meer as

honderd leerders in die

blaasorkesteprogram.

Behalwe vir die trotse musikale

prestasies van die orkes, verskaf

die groep ook „n wonderlike

sosiale platform vir leerders.

Dit is „n groep waar leerders nie

net musiek leer nie, maar ook

waardevolle eienskappe soos

spanbou, geesbou, dissipline en

selfvertroue.

Die Hoërskool Durbanville

Blaasorkes is in 1979 gestig

deur mnr. Agustino Texeira

en die destydse skoolhoof,

dr. Orlando Firmani, en was

die eerste skoleblaasorkes in

die Noordelike voorstede van

Kaapstad. Sedert die orkes

se bestaan het hulle verskeie

kompetisies en eisteddfods

gewen, waaronder die

Roodepoort Eisteddfod, die

Stellenbosch Eisteddfod en

die Tygerberg Internasionale

Eisteddfod onder leiding van

dirigente soos Mike Oldham,

Leon Hartshorne, Emile

Heunis, Lizeth Malan, Chrisna

E s t e r h u y s e , H a n n a l i e

Tredoux en Suretha Theron,

’n oud-Durbie (Matriek

1991).

In 2011 en 2014 het die

orkes na Pretoria getoer om

deel te neem aan die Suid-

Afrikaanse konsert- en

marsorkeste kampioenskappe.

V ir h ierdie nas ionale

kompetisie is die jazzorkes

beide kere aangewys as die

beste ensemble en die

Blaasorkes het tweede plek

verwerf in die land.

In 2012, 2013 en 2014

verwerf die orkes ‟n Goue

Diploma by die Cape Town

Eisteddfod met kommentaar

van die beoordelaar, Stuart

Scott:

“The team spirit is evident in

your orchestral playing. An

excellent performance!”.

Hulle ontvang ook in 2013,

2014 en 2016 die trofee vir

die beste Simfoniese Blaas-

SENIOR BLAASORKES:

OUD-DURBIE LEI HUL NA SUKSES IN HIERDIE

UITGAWE

BLAASORKES 1

OUD-DURBIE

PRESTEER 2

SUKSESVOLLE

GHOLFDAG

OUD-DURBIES LIEF

EN LEED

ONS KUIER BY…???

3

MNR & MEJ

DURBIE

4

OUD-DURBIE

SPORTMANNE

OUD-DURBIE NOU

GESOGTE STORIE-

BOEKSKRYWER

5

OUD-DURBIE

GENOMINEER VIR

GHOEMA-

TOEKENNING

6

EPOS JOU

ARTIKEL /

ADVERTENSIE :

leonie@

durbanvillehs.co.za

TUISLANDER U I T G A W E 6 B l a d s y 1

Registeer op die Durbienetwerk:

http://durbanville.alumnet.co.za

UIT DIE NUUSKANTOOR

Blaasorkes (vervolg vanaf bladsy 1)

Die Senior Blaasorkes toer in die Ok-tober-skoolvakansie na Empangeni, KwaZulu-Natal, waar hulle gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Mars-en Konsertorkeste kampioenskappe. Orkeste van regoor Suid-Afrika neem aan hierdie gesogte kompetisie deel. Die Hoërskool Durbanville Blaasorkes is verlede jaar as naaswenners aangewys en volgens Suretha Theron, dirigent van die orkes, beoog hulle om hierdie jaar selfs op hierdie besondere prestasie te verbeter. Die Drumline, wat al reeds twee keer as kampioene weggestap het en die ensemble, ook voormalige kam-pioene, gaan weer hierdie jaar hulle

staal wys.

Die orkeste en al die deelnemers aan

die kompetiesie hou op Sondag, 31

Julie, om 15h30 ‘n fondsinsameling-

skonsert vir die toer. Die konsert beloof

om almal se bloed lekker vinnig te laat

vloei om al die winterkoue te verdryf.

Carmen Eksteen (matriek 2013) is

onlangs beloon met n toekenning van

The Private Hotel School, tydens hul

gradeplegtigheid, vir die beste

kulinêre prestasie.

Carmen het haar internskap gedoen by

The Tasting Room by Le Quartier in

Franschhoek en is onlangs aangestel

as „junior pastry chef de partie‟ by

The Tasting Room. Dit is alles treet-

jies om haar droom om eendag

haar eie boetiekbakkery te open,

te verwesenlik. Carmen se pres-

tasie is „n aansporing vir menige

Durbie!

Op die foto (links) Carmen doenig met haar trotse werk!

Carmen se e-posadres:

[email protected]

Die DurbieNet simboliseer die trotse ondersteuning en werksaamhede van oud-leerders, oud-ouers en vriende van die skool. Dit wys dat opregte be-trokkenheid by die skool en in die gemeenskap „n daadwerklike verskil kan maak. Die Tuislander nooi jou dan ook graag om jou storie met die Durbienet te deel. Stuur dit gerus aan

[email protected] / [email protected]

Durbies het winter-interskole teen Stellenberg – hierdie jaar weg - in die 3de kwartaal en die tradisionele “Rocking-the-Durbie”- kuier van oud-Durbies gaan weer „n hoog-tepunt wees op 26 Augustus, die aand voor die groot dag. Hou die Facebook-blad dop vir reëlings vir die aand.

Die interskole-opskop, Jeans & Boots, vind ook weer hierdie jaar plaas in die skuur op die plaas Welgegund. Nic Stevens tree op en kaartjies is te koop by

www.quicket.co.za.

Geniet „n heerlike koue vakansie!

BIE DURBIENET-GROETE!

OUD-LEERDER—CARMEN ESKSTEEN

Kwartaal 2 is agter die rug en die winter is uiteindelik hier!

Die Durbies het hierdie kwartaal gewoeker op vele terreine: Die wintersport is in volle swang, die koor en blaasorkes het deelgen-eem aan „n hele aantal eisteddfods en kompetisies en uitstekend gevaar en die akademie het ook nie agter gebly nie. Lees ook verder oor die kroning van Mnr en Mej Durbie, wat ook hierdie kwartaal plaasgevind het.

Die DurbieNet het „n logo gekry en ons is trots om dit aan ons lesers bekend te stel:

2

FAIR CAPE CHARITY GOLF CLASSIC 2016 3

Die Fair Cape Charity Golf Classic te Pearl Valley

gholfbaan was vanjaar (met groot ondersteuning van

ons oud-Durbies) weer „n reuse sukses en het volle

R100 000 vir die skool ingesamel. Die tjekoorhan-

diging is gedoen deur drie van die Loubser-broers van

Fair Cape Dairies aan mnr Germishuys tydens „n saal-

byeenkoms op 23 Mei.

Op die foto (van links): Melt Loubser (Hoof-

uitvoerende direkteur: Fair Cape), Eduard Loubser

(Logistieke Direkteur: Fair Cape en oud-Durbie 1994),

George Germishuys (skoolhoof) en Louis Loubser

(Bemakring- en Kommunikasie

Direkteur: Fair Cape en oud-

Durbie 1997)

dogter in die pragtige dorpie Stellenbosch.

Pieter is buiten sy vernuftige besigheidsvermoëns ook „n kranige sportman en onder-steun graag elk jaar die skool se Durbie Dash.

(www.durbiedash.co.za)

Ons sien uit om hom as gasspreker te verwelkom by die skool se jaarlikse prestige prysuitdeling later vanjaar op

12 Oktober.

Op foto (van links): Eduard Loubser (1984- DurbieNet-voorsitter), Louis Loubser (1987), Pieter Uys (1980) en Jan Slabbert (DurbieNet-tesourier)

Verteenwoordigers van die DurbieNet het onlangs saam met Pieter Uys gaan koffie drink. Pieter het met passie vertel dat harde werk en deursettingsvermoë wel jou die vrugte laat pluk.

Hierdie suksesvolle sakeman was tot en met „n paar jaar lede die Hoof Uitvoerende Direkteur (“CEO”) van Vodacom Group Ltd. Nou staan hy egter sy skoene vol as Strategiese Beleggings Direkteur te REMGRO Ltd.

Hy en vroutjie Irma vier 23 jaar van saamwees met hul seun en

Baie geluk aan PG Engelbrecht

(oud-Durbie 2005) en sy vrou,

Louise, met die geboorte van hul

eerstelingdogter.

*

Ons neem afskeid van Johan

Malan (of te wel Spokie) - oud-

Durbie 1949 & Kosie Nel - oud-

Durbie 1984 - wat onlangs af-

gesterf het.

DURBIE lief en leed

Ons kuier by... PIETER UYS (matriek 1980)

LUCKY LUCY BAAT BY MNR &

MEJ DURBIE INISIATIEWE

Primary Business Address

Address Line 2

Address Line 3

Address Line 4

Ruben van der Merwe, mnr Durbie 2016, is sowaar die seun van „n oud-Durbie! Sy ma, Sujana (Wolmarans) was in 1988 in matriek aan Hoërskool Durbanville en, net soos haar twee spruite, Ruben (gr 12 en Anja (gr 8), was sy ook „n baie veelsydige leerder van die skool. Behalwe dat sy die ma van hierdie twee pragkinders is, is sy aan die hoof van die musiekdepartement by Reddam School Durbanville.

Foto regs (vlnr): Sujana, Ruben, Rocher en

Anja Van der Merwe

Foto links (SA School Portraits) (vlnr ) agter: Cinaé Swart (2de prinses), Inge van der Merwe (1ste prin-ses), Me Van Wyk, Muller van der Westhuizen (1ste prins), Andries Meyer (2de prins); voor: Ingrid Baartman (mej Durbie) & Ruben van der Merwe (mnr Durbie).

Die kroning was voorwaar „n spoggeleentheid met

Pedro Kruger as die seremonie-meester en „n

paneel beoordelaars – meeste oud-Durbies - wat

dit „n wêreldklas geleentheid kon maak.

We’re on the Web!

example.com

MNR & MEJ DURBIE – 2016

Die Mnr & Mej Durbie finaliste het kos ingesamel en

geskenk aan die Lucky Lucy Foundation. Selfs die

grootouers het hier betrokke geraak. Links op die foto is

mnr Wolmarans, Ruben se oupa, waar hy „n hondehok vir

die projek skenk.

Mnr Durbie kom uit ‘n Durbie-huis !

4

BATTLE OF THE

TITANS

WENNER 2016

Oud-Durbie 1999, Vernon van

Rhyn – baie geluk!

OUD-DURBIE-SPORTMAN NOU OOK SKRYWER

James (JB) Home was in 1988 in ma-triek – „n baie goeie sportman op skool – en vandag „n biokinetikus. Hy was vanjaar een van die beoordelaars op die paneel van die Mnr en Mej Durbie-kompetisie.

James vertel dat hulle ongeveer 7 jaar

gelede Melkbosstrand toe verhuis het

waar sy dogter kaalvoet skool toe gaan

in Laerskool Van Riebeeckstrand en sy

vrou binneversiering doen.

“Mnr Lerm het my kop honderd keer in standerd 6 onder die kraan gedruk om my houtwerktalent 'aan te help'. Hy sal bly wees om te hoor dat ek soms help met die restourasiewerk op kliënte se meubels. Volgens my is my werk heel skaflik, ek hou maar my kop droog!

“Dit was seker 'n fout om oor te slaan na Duits toe, maar ten minste was daar nie 'n kraan in die Duits-opslaanklas nie! Die dag toe Herr Fröhlich 'n dagdroom van my met 'n Duitse opdrag onderbreek en Walter Andrag my aanmoedig om valshede te gaan doen, het hy seker gewens hy het 'n brandslang naby gehad! 'Kom aan de wantafel' beteken toe iets anders as 'klim op die tafel‟ (met jou vuil skoene aan!)”

James, of JB soos ek hom

onthou, vertel verder: “Die

dagdroom-ding het ek al die

jare erg onderdruk totdat ek

eendag 'n brainwave kry om

ons geskiedenis oor te skryf.

Mnr Smith en oorlede mnr

Lochner behoort saam met

Mnr Lerm vandag voorwaar

trots op my te wees. Ek het

in standerd 5 ophou gedigte

skryf, want geen atleet en

rugbyspeler met selfrespek

skryf gedigte en stories op

hoërskool nie (Wie't daardie

simpel reël gemaak?) Toe

my tannie en Ma eendag op

die strand stap en kla omdat

hulle sukkel om ons 'ou'

geskiedenis aan hul klein-

kinders oor te dra, het ek

besluit om die probleem op

te los.

Toe skryf ek 'n boek – iets

soos Kuifie, net beter.”

OUD-DURBIE IN BOLAND

-CURRIEBEKERSPAN

Kirsten Adams (Matriek 2015) het Vrydag 27 Mei, sy buiging vir die Boland juniors in die Currie Beker gemaak. Die Boland het die SWD Arende in Wellington aangepak en oortuigend geklop. Kirsten het skrumskakel

gespeel en het ook uitgehelp op heelagter .

5

JB en „n plaaslike „maltrap kunstenaar‟, soos wat hy die illustreerder van die boeke beskryf, is tans besig met die derde in „n reeks van 10 kinderboeke oor ons land se geskiedenis – van Jan van Riebeeck tot die Boere-oorlog. Hendrik Leerdam vaar saam met die Drom-medaris Kaap toe en tref allerhande dinge, soos Khoi-oorloë en „n pokke-epidemie in die Kaap aan.

Tafelberg is die uitgewer van hierdie boeke en “Hendrik Leerdam: Kaap van Storms‟ is on-langs benoem vir „n lektuurprys – hou gerus die media dop.

JB beloof om oor twee jaar na die 1988-

matrieks se reünie te kom met „n baard en „n

sarong en “allerhande wyshede kwyt te raak

soos wat dit „n skrywer betaam”.

OUD-DURBIE GENOMINEER

VIR

GHOEMA-TOEKENNING

Maria Rademan-Viviers (Matriek 2007) en haar sangmaat, van die groep TWEE, Herman Kleynhans is onlangs vir die gesogte Ghoema toekennings genomineer. TWEE is ook die afgelope tyd nommer 1 op die Top-20 op KykNet.

Die wyne word tans verkoop om die skool se

fondse vir hokkie te versterk. Navrae:

Heidi Bredenhann (matriek 1985) - [email protected]

SKOOLNUUS: Die koor, onder leiding van Maria Rademan-Viviers, oud-leerder en oud-onderwyseres van die skool, het het met optredes by onderskeidelik die ATKV Applous, die Stellen-bosch Kunswedstryd en die Tygerberg Ei-steddfod goud (Cum Laude) gewen. Hulle tree op by die finale rondte van die ATKV Applous-kompetisie vroeg in Augustus in Stellenbosch. Die sanggroep VIVOX het ook goud verwerf. Philip Swart eindig algeheel 2de in sy afdeling by die UCT Wiskunde Olimpiade. Jean Aucamp, skrumskakel van die Eerste XV Rugbyspan, is na afloop van die Wynberg Rugbyfees ingesluit in die Wynberg Rugbyfees se “Dream Team”. Jean het „n rugbybeurs ontvang van die WP Rugby Instituut. Die o/16A-netbalspan het die Weskaap Topskole Uitdaagtoernooi gewen. Die skool het vanjaar 13 netbalspeelsters in die WP– Weskaap-spanne.

6