tvs hart en hand 2013 06 23r

8
Gereformeerde Kerk Brooklyn Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens Luister na jou Gids, Hy lei jou na ewige heerlikheid Dr Klasie Heystek Mense verlang na heerlikheid: selfvervulling, geborgenheid, heiligheid.... Ja, ons is geskape weinig minder as ’n goddelike wese...daarom.... Waar kan ons ware heerlikheid vind nou en vir altyd? Eredienste Duxbury: 09:30 Dr Klasie Heystek Skriflesing: 1 Korintiërs 2:6-16 Sang: Ps 111b:1, 2, 3 Sk 12-3:1, 2 Sk 12-3:3 (Van Wyk) Ps 112b:1, 2, 3 Sk 12-2:1-5 Sk 18-6:1, 3, 5 Sk 10-2 Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Efesiërs 6 Sang Sang word tydens die erediens op die skerms vertoon. Karmel- en Troyestraat Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël. New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau 23 Junie 2013 Saam op pad met God Aanddiens Geestelike klerekas Griffel van Wyk ’n Groot deel van ons energie gaan daarin om elke oggend seker te maak ons is reg aangetrek, ons klere pas bymekaar en dit is geskik vir wat daardie dag gedoen moet word... maar dit wat jy daardie dag gaan doen... is eintlik net ’n dekmantel vir jou regte werk... om te doen wat Jesus daardie dag deur jou wil doen... en daarvoor moet jy ook reg aangetrek wees. Wat hoort dan in daardie deel van jou 'klerekas'? Hart & Hand Hart & Hand en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is, 1 Thessalonicense 3:12

Upload: gerformeerde-kerk-brooklyn

Post on 13-Mar-2016

259 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Brooklyn Pretoria

TRANSCRIPT

Page 1: Tvs hart en hand 2013 06 23r

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

Luister na jou Gids, Hy lei jou na ewige heerlikheid Dr Klasie Heystek Mense verlang na heerlikheid: selfvervulling, geborgenheid, heiligheid.... Ja, ons is geskape weinig minder as ’n goddelike wese...daarom.... Waar kan ons ware heerlikheid vind – nou en vir altyd?

Eredienste Duxbury: 09:30 Dr Klasie Heystek Skriflesing: 1 Korintiërs 2:6-16 Sang: Ps 111b:1, 2, 3 Sk 12-3:1, 2 Sk 12-3:3 (Van Wyk) Ps 112b:1, 2, 3 Sk 12-2:1-5 Sk 18-6:1, 3, 5 Sk 10-2

Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Efesiërs 6 Sang Sang word tydens die erediens op die skerms vertoon. Karmel- en Troyestraat Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau

23 Junie 2013

Saam op pad met God

Aanddiens

Geestelike klerekas Griffel van Wyk ’n Groot deel van ons energie gaan daarin om elke oggend seker

te maak ons is reg aangetrek, ons klere pas bymekaar en dit is

geskik vir wat daardie dag gedoen moet word... maar dit wat jy

daardie dag gaan doen... is eintlik net ’n dekmantel vir jou regte

werk... om te doen wat Jesus daardie dag deur jou wil doen... en

daarvoor moet jy ook reg aangetrek wees. Wat hoort dan in

daardie deel van jou 'klerekas'?

Hart & Hand Hart & Hand

Hand

en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en

vir almal, soos ons ook teenoor julle is, 1 Thessalonicense 3:12

Page 2: Tvs hart en hand 2013 06 23r

Maandag: UP-eksamens eindig

Woensdag: Mootkamp vir groepleiers begin.

Saterdag: Mootkamp begin

Gelukwense Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.

(Psalm 146:5) 23/6 Anneri

Cilliers 083 259 6880

23/6 Lisa de Ronde

082 886 9450

23/6 Leonore Jacobs

082 851 5772

23/6 Hendré Steenkamp

083 447 3315

23/6 Chrissie van Vuuren

012 343 0390

24/6 Jeanette Oosthuizen

082 293 7285

25/6 Meintje Schalekamp

072 406 9092

26/6 Ignetia Mashau

082 971 2725

26/6 Pieter Stronkhorst

012 804 3661

26/6 Herkie Venter

082 320 8400

26/6 Mechiel Venter

073 284 2081

27/6 Trudie Nel 083 740 6950

27/6 Cobus Stoltz

082 902 0032

28/6 Delmari Ambrosius

072 682 3470

28/6 Danie Eloff 083 952 4764

28/6 Magdel Marais

083 299 1407

28/6 Emke Stronkhorst

083 299 7413

29/6 Julie D Artnall

072 322 0828

29/6 Merle Potgieter

012 348 7787

Kosbank ’n GROOT dankie vir soveel gemeentelede wat die afgelope tyd bygedra het tot die kosbank. Bydraes is egter steeds welkom, aangesien die kosbank in heelwat behoeftes voorsien. Berei asb. ’n ekstra porsie, vries dit en gee dit Sondag by die kerk aan Erna Kruger (082 453 2417) of aan enige Agapé-lid.

Eljadahuis Eljadahuis gee daagliks kos vir sowat 30 tot 40 mense. Hiervoor is baie kos nodig. Ons vra skenkings van enige nie-bederfbare blikkieskos wat aan die einde van elke maand na Eljadahuis geneem word

Multimedia- en

klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.

Tema: Josef Storielyn Bybelverse Datum

Jakob seën Josef se kinders

Gen 48:1-9 24 Jun

Meer oor die seën Gen 48:10-21 25 Jun

Josef se pa sterf Gen 49:29-50:6 26 Jun

Josef begrawe sy pa

Gen 50:7-14 27 Jun

Die broers is bang vir wraak Josef se lewe is verby

Gen 50:15-21 Gen 50:22-26

28 Jun

DAGBOEK

Dr Oosthuizen officially retired from Mukhanyo. We thank the Lord for Dr Gerhard Oosthuizen and his many years of service at Mukhanyo Theological College. Dr Oosthuizen began serving at Mukhanyo in 1994. He started then as the Registrar and has served in many other areas including as Office Manager and as the longest-serving lecturer. Oom Gerhard or Oupa Gerhard has been teaching certificate and diploma level modules.

http://www.mukhanyo.co.za/.

Page 3: Tvs hart en hand 2013 06 23r

Diakonie van Pretoria-Wes:

Fondsinsameling Die diakonie van Pretoria-Wes verkoop “Best Braai”-houtskool, brikette en vuur-aanstekers as deel van hul fondsinsamelingsprojek. Houtskool verkoop @ R22 en vuur-aanstekers @ R15. Indien u belang stel, kan u Sondae by Marga Koelman u bestelling plaas.

Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.

Brooklyn Brokkies Ons soek iemand wat vir ons die bladuitleg van Brokkies kan doen, verkieslik met vorige ervaring van die bladuitleg van publikasies. As jy boonop rekenaarvaardig is en MicroSoft Office 2010 het, kontak Johanna asseblief by 073 295 5848.

Sewe redes waarom ons ons nie

moet bekommer nie Geneem uit ‘Die Bybel in Praktyk’

Baie dankie vir jou finansiële

bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Finansiële bydraes: Maart tot Mei 2013

Biltongfees, biltongfees!

16 Augustus 18:30 – 19:00 Die reëlings vir die biltongfees is nou sommer ernstig aan die gang, maar behalwe vir wildsbokke en ander borge vra ons ook veral vir makataankonfyt wat ’n pasmaat is vir die brood en biltong, ook iemand wat vir ons kaas kan voorsien of inligting oor besonderse kaas teen besonderse pryse natuurlik!

Die heel nodigste is natuurlik gasvroue en gashere met gaste vir tafels, rond of vierkantig, wat die minimum van 12 tot 20 persone kan akkommodeer. Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R75 vir studente en R50 vir skoolkinders. Dit is beskikbaar by Marga op Sondae in die kerkkantoor en op ander tye by Wina, Elfrieda, Bets, Frikkie, Harm, Danie en die kerkkantoor.

Baie dankie en ons hoop almal voel opgewonde om hierdie funksie te laat slaag!

Matt. 6:25 Jy kan jou hele lewe elke dag toevertrou aan dieselfde God wat jou ‘n lewende wese gemaak het.

Matt. 6:26 Kommer oor die toekoms haal jou uit rat vir vandag.

Matt. 6:27 Kommer doen meer skade as wat dit help.

Matt. 6:28-30 God ignoreer nooit diegene wat op hom vertrou nie.

Matt.6:32 Kommer dui op ‘n gebrekkige geloof en begrip van God.

Matt. 6:33 God wil hê dat jy werklike uitdagings die hoof moet bied en kommer weerhou jou daarvan.

Matt. 6:34 Doen elke dag wat jy kan doen, dan sal jy nooit deur kommer vernietig word nie.

Page 4: Tvs hart en hand 2013 06 23r

Voorbidding – Katar Geopende Deure wil graag saam met plaaslike gelowiges in Katar werk en geleenthede daarstel vir geïsoleerde gelowiges om saam met medegelowiges rondom die Woord of in gebed te kuier. Bid dat goddelike verhoudings met die plaaslike inwoners gesluit sal word, sodat ware gelowiges “gevind” kan word en samesyn bewerkstekllig kan word.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die

liggaam van Christus is, wil ons

graag mekaar se lief en leed

deel, meeleef en daaroor

saambid. Indien jy bewus is van

enige siekte of krisis, neem die

vrymoedigheid en kontak die

kerkkantoor of Joëlna Heslinga

by 082 374 1974 sodat ons dit

onder die aandag van die

gemeente kan bring. Kontak

gerus een van die predikante vir

meer sensitiewe persoonlike

sake.

Meelewing Ian Nagel is verlede week oorlede. Ons bid sy familie sterkte en vertroosting toe.

Fanie van der Schyff se moeder,

wat ook Louis de Klerk se suster

was, is Dinsdagoggend oorlede

en Vrydag in Potchefstroom

begrawe. Ons dink aan die

familie in ons gebede.

Bedanking Baie dankie vir liefde en ondersteuning in hierdie tyd. Ons Here leef! Fanie, Elmarie en kinders.

Gebeure wat die

gemeente raak Laat weet ons per e-pos by

[email protected]

Voorbidding en steun gevra

Ons hoop om weer vanjaar met sowat 100 skoolkinders te gaan

kamp. Vir elkeen van hierdie kinders is die kamp nie net ’n groot

klomp gesonde, skoon pret nie, maar ook die geestelike

hoogtepunt van die jaar. Dit sal nou my sesde Mootkamp wees

en ek was bevoorreg om nog op elke kamp te kon sien hoe

kinders dit vir die eerste keer waag om die Here te begin vertrou

en werklik daarna begin soek om Hom as sy dissipels te volg.

Baie hegte verhoudings word ook tussen ons eie studente as

groepleiers gesmee. Hierdie verhoudings loop dikwels uit op

vriendskappe wat jare lank hou. Ons hoop is dat hulle ook die

ervaring wat hulle as groepleiers opdoen, sal indra in die

gemeentes waarheen hulle gaan met hul vertrek uit Brooklyn.

Meer inligting en getuienisse van die kinders is te sien by

www.mootkamp.co.za

Borge vir kinders wat dit nie self kan bekostig nie

Ons soek weer vanjaar borge vir die sowat 20 kampgangers wat

nie self hul kampgeld kan betaal nie. Indien jy ’n kind/student

borg soos hieronder, maak jy dit vir hulle moontlik om te gaan

kamp:

MOOTlight (Gr 7, 8, 9) kampkoste is R540 (5 dae)

MOOT (Gr 10, 11, 12) kampkoste is R920 (7 dae)

Groepleierskoste is R1 170 (10 dae) ABSA Hatfield: Moot Skoolverlaterskamp: Tjekrekeningnommer: 2140279016 Takkode: 632 005 Stuur asb ook vir my ’n e-pos sodat ek op die hoogte kan wees

van watter bedrag en waarvoor die borg van ’n kampganger

gaan by [email protected]

Voorbidding gevra En dan, wat elkeen van ons kan doen en wat

onmeetbare waarde sal hê: Bid asb.

Dat die Here hierdie kamp sal gebruik sodat Hy sigbaar sal word vir jongmense om hulle oor sy goedheid te verwonder.

Vir wysheid vir die jong groepleiers waarna die skoolkinders vreeslik opsien.

Vir die predikantespan wat moet bontstaan met leiding en raad. Griffel 082 354 3726

Page 5: Tvs hart en hand 2013 06 23r

.

Igreja Reformada em Moçambique (TOPIA besoek – Maart tot

Mei 2013: Deel 3)

Stap saam met TOPIA op ’n reis van verandering. Sien die impak van ’n Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in mense, gemeenskappe en nasies. Luister hoe die stories ontvou in en deur God se kerk. Ná drie weke in Zambië het ons via Malawi na Milange in die noorde van Mosambiek vertrek. Ons is die Here baie dankbaar dat alles voorspoedig afgeloop het. Albei die kinders het ’n baie hoë koors ontwikkel, maar hulle het genadiglik negatief vir malaria getoets. In die noorde van Mosambiek werk TOPIA saam met die Igreja Reformada em Moçambique, Sínodo de Tumbine (IRM). Die eerste week het Johannes ’n Visie-konferensie met die jeugleiers van die Liazi-, Luala- en Tumbine-klassisse in Milange gehou. Die jeugleiers is ouer as wat ’n mens sal dink en vervul ’n belangrike leierskaprol in hul gemeentes. Die konferensie het goed verloop en die Luala-groep het ’n toneel opgevoer as antwoord op een van die praktiese oefeninge waardeur na die leuens in hul gemeenskappe gekyk moes word. Die toneel het uitstekend daarin geslaag om die groep by die praktyk uit te bring en Johannes het besluit om vorentoe meer van rolspel gebruik te maak. Die laaste konferensie is by die gemeente van Mikongoni gehou. Die Visie-konferensie by Mikongoni is by die Itchi prayer house (wyk) gehou. Die gemeente bestaan uit 15 prayer houses. Die dominee kom hoogstens twee keer per jaar by elke prayer house uit en sy groot taak is om die leiers van die prayer houses toe te rus. By die konferensie het die praktiese toepassings deur musiek en rolspel baie goed gewerk. Donderdagmiddag het die kerkleiers Christus se liefde aan bejaardes in die gemeenskap betoon deur sogenaamde saadaksies en Vrydag het hulle beplan hoe die ouderlinge van elke prayer house dit wat hulle by die konferensie geleer het aan die gelowiges in hul prayer house sou oordra en hoe hulle deur middel van saadaksies na hul gemeenskappe sal uitreik. Vir foto’s en 'n vollediger weergawe van ons besoek, lees asseblief die Voetspore van Hoop-blog. Gebede: Dank en prys die Here vir wie Hy is. Bid vir die uitbou van God se koninkryk op alle vlakke van die samelewing in Afrika. Bid vir kerke en kerkleiers van die Igreja Reformada em Moçambique. Dank God vir tweedegeslag-fasiliteerders en bid God om ons getrou te ag om nog mense te stuur wat sy boodskap kan uitleef en versprei. Dank die Here vir sy beskerming aan ons tydens hierdie besoek aan Botswana, Zambië, Malawi en Mosambiek. Voetspore van Hoop-blog – teken in vir nuus en foto’s: (1) Gaan na die TOPIA-webblad (www.topia.org.za). (2) Klik op die blog-skakel. (3) Tik jou e-pos-besonderhede in die Voetspore van Hoop-blokkie in. (4) Klik op subscribe. Koninkryksbelegging – Indien God jou roep om by TOPIA ’n koninkryksbelegging te maak: ABSA-tjekrekening, TOPIA Tessa Trust, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 4074089319. CHRISTUS HET OPGESTAAN – IN HOM, DEUR HOM EN VIR HOM! Lizanne, Lourens, Arina en Johannes Aucamp

Kermis Ons Huis-ouetehuis Florida 27 Julie van 10:00 tot 14:00 Die inwoners, personeel en beheerliggaam nooi u om die dag saam met hulle te kom geniet

Madelinestraat 110, Tel: 011 672 5018

Page 6: Tvs hart en hand 2013 06 23r

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected]

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)

082 971 2725 [email protected]

Reëlings Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

23 Junie Duxbury Ouderling Gert

Lambert Erasmus

Diaken Hannes Welman

Onder die diens

Diakonale werk

By die deure GKSA

Sustentasiekas

Ronel

23 Junie Troyestr Dienste deur die

Hervormde Kerk

30 Junie Duxbury Ouderling Christoff Pretorius

Diaken

Hendrik J v Rensburg

Onder die diens

Diakonale werk

By die deure Uitreikfonds

Soekie

30 Junie Troyestr Ouderling Gerhard

Oosthuizen

Ek slat my twee oge op; My kyk vang die verste kop. Waarvanaf sal my hulp nou kom? My hulp is vannie Jirre, van Hom. Hy't nou jimmel en Prieska gekom maak. Sonner lat jou voet klippers raak, Is Hy skoene agterrie skaap. Sontyd is Hy hoed op jou kop. Innie nag hou hy gevaarlikheid dop. Hy's mos nou da om jou op te pas. Jou siel hou Hy tussen ribbes vas. Gan jy nou in of gan jy nou yt, Hy's oor jou vir ewig an vir altyd. (Psalm 121) Die Bybel In Griekwa-Afrikaans, Die Burger, 28 Augustus 1997 (opgeteken deur proff. Hans du Plessis en Christo van Rensburg)

Page 7: Tvs hart en hand 2013 06 23r

ADVERTENSIEBLAD

6. TUINWOONSTEL TE HUUR Oopplan-tuinwoonstel, met aparte badkamer (stort, wasbak en toilet). Eie binnehof, met ingeboude braaiplek. Water, elektrisiteit en wasgoed een maal per week ingesluit in R3 100 per maand. Gemeubileerd met 'n klein yskassie, tafel, stoel, mikrogolfoond, klein induksie-stoofplaat en dubbelbed (alles nuut). Ideaal vir mediese student of werknemenr by Steve Biko-hospitaal, 500m van hospitaalingang. 1 maand deposito. Baie trappe. Beskikbaar 1 Junie 2013. Kontak Mathilda du Preez by 083 657 7007.

7. BROOKLYN BROKKIES Ons soek iemand wat vir ons die bladuitleg van Brokkies kan doen, verkieslik met vorige ervaring van die bladuitleg van publikasies. As jy boonop rekenaarvaardig is en MicroSoft Office 2010 het, kontak Johanna asseblief by 073 295 5848. 8. OPTIMALE GESONDHEID Weens ons veeleisende lewenswyse skenk ons selde tyd aan ons welstand. Ons liggaam is geskape as ’n selfregulerende organisme. As ons gesond leef en die regte nutriënte inneem, kan ons liggaam optimaal funksioneer en homself beskerm en genees. ’n Nuwe benadering van geïntegreerde gesondheid kombineer die beste van “moderne medisyne” met die beste gesondheidstrategie vir die ondersteuning van die liggaam se normale herstelproses om so die beste vir ’n pasiënt te bied. Om meer uit te vind van die nuutste tegnologie in plantaardige aanvullings en wat dit vir jou gesondheid kan beteken, skakel Contessa vir ’n afspraak by 082 464 2690.

1. WOONSTELKAMER TE HUUR teen R3 000 per maand, 1.4km van hoofkampus af, om te deel met manstudent. Onbeperkte “wi-fi”-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Dadelik beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 037 1155.

2. NUWE PRIVATE OUETEHUIS op 1 Junie vanjaar geopen in Hennopspark, Centurion. Versorger, sekureitskompleks, dubbelkamers, gesonde maaltye, skoonmaak en wasgoed ingesluit. Vervoer beskikbaar na inkopiesentrums. Skakel Liza du Plessis by 082 564 1793.

3. TUINWOONSTEL Eenslaapkamer-tuinwoonstel in Helderkruin, Jhb. Oopplan-kombuis, sitkamer, eie veiligheidshek-ingang. Troeteldiere welkom. Braaigeriewe beskikbaar en gebruik van swembad. R3 800 pm water en ligte ingesluit. Kontak Wilna Dreyer by 072 589 4091.

4. KUNSKLASSE vir kinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of [email protected]. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig.

5. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ‘n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ‘n Christelike manspersoon. Beskikbaar van 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

Page 8: Tvs hart en hand 2013 06 23r

Groot DANKIE vir Brooklyn se NIE-

KOFFIE-FONDS! ’n Groot dankie vir die mildelike bydraes tot Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS! Ons bedieninge in en vanuit die gemeente kan steeds voortgaan om te groei met die heerlike verwelkomende geur van koffie in die lug! Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat broers en susters in Christus behoort te doen.

BILTONGFEES 2013

16 Augustus + halfton biltong, droëwors, tuisgebakte brode,

konfyt + vriende = BILTONGFEES

Die jagseisoen is oop...! As jy dalk self ‘n wildsdingetjie (of ‘n gedeelte daarvan) vir

die fees wil gaan skiet, of dit wil borg om te láát skiet, of jy het ‘n gawe pa, oupa, oom

of buurman wat van oortollige wild ontslae wil raak, dan is dit nou die regte

geleentheid daarvoor. Hoe meer en groter die verskeidenheid wild, hoe vreugdevoller

die fees! Ons gaan ook weer beesbiltong van Pongola

af invoer – 35 boude se kwaliteitsbiltong! Hierdie biltong kan vooraf geborg word

teen R45 p/kg – ons beplan om meer as ‘n halfton nat biltong te bestel.

Ons minister van biltong vanjaar is Jaco Marais. Vir enige borge of navrae, skakel

hom gerus by 082 491 6204. Hierdie is ons fees, kom ons almal werk

saam daaraan!

Biltonggroete!

NOOITGEDACHT

SKOOLVERLATERSKAMP 2013

Kompas deur die dongas Alle gr 10-12’s

7-12 Julie R650,00 p.p.

Kontak Hardus by 084 983 8714 of JG by 084 906 3732

Augustus

Dankoffer:

OPEDAG: GEREFORMEERDE SKOOL

DIRK POSTMA Die opedag is op 1 Augustus by

die skool by Cunninghamlaan

1182, Waverley.

Vir navrae kontak

Mariska by 082 334 9240