tweede uitgawe 201720170622124934 pm) transcareafrq22017.pdf · indien ‘n hoes vir langer as drie...

8
TWEEDE UITGAWE 2017 IN HIERDIE UITGAWE PETRUS SE PEN GESONDHEID • Hoes • Griepinenting • Gesondheidsaanhaling • Gesondheidsvoordele van lemoene • Verstuiting: Eerstehulp • Raak hierdie winter gesond met Clicks LEWENSTYL • Daaglikse gesondheidskontrolelys VERSTAAN DIE FONDS BETER • Gaan u eisestaat na • Transflits! ALGEMEEN • Opsomming van gesondheidsorguitgawes • Oorblywende eisebetalingslopies vir 2017 Welkom by die tweede uitgawe van TransCare vir 2017 BELANGRIKE KONTAKBESONDERHEDE DIENSTE KONTAKNOMMERS Kliëntediensdepartement (algemene navrae) 0800 110 268 Aansoek om chroniese medikasie (faks) 0800 122 236 Voorafmagtiging vir hospitalisasie en grootskaalse mediese behandeling 0800 225 151 24-uur-gesondheidsadvieslyn 0800 115 750 Optiese dienste (PPN) 0860 304 060 HIVYourLife-program 0861 888 300 Voorafmagtiging vir ambulansdienste 0800 115 750 KPMG-bedroghulplyn 0800 200 564

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TWEEDE UITGAWE 201720170622124934 PM) transcareafrq22017.pdf · Indien ‘n hoes vir langer as drie weke aanhou sonder om beter te raak, moet ‘n dokter geraadpleeg word. In die

TWEEDE UITGAWE 2017

IN HIERDIE UITGAWE

PETRUS SE PEN

GESONDHEID • Hoes• Griepinenting• Gesondheidsaanhaling• Gesondheidsvoordele van lemoene• Verstuiting: Eerstehulp• Raak hierdie winter gesond met Clicks

LEWENSTYL • Daaglikse gesondheidskontrolelys

VERSTAAN DIE FONDS BETER • Gaan u eisestaat na•Transflits!

ALGEMEEN • Opsomming van gesondheidsorguitgawes• Oorblywende eisebetalingslopies vir 2017

Welkom by die tweede uitgawe van TransCare

vir 2017

BELANGRIKE KONTAKBESONDERHEDE

DIENSTE KONTAKNOMMERS

Kliëntediensdepartement (algemene navrae) 0800 110 268Aansoek om chroniese medikasie (faks) 0800 122 236Voorafmagtiging vir hospitalisasie en grootskaalse mediese behandeling 0800 225 151

24-uur-gesondheidsadvieslyn 0800 115 750Optiese dienste (PPN) 0860 304 060HIV YourLife-program 0861 888 300Voorafmagtiging vir ambulansdienste 0800 115 750KPMG-bedroghulplyn 0800 200 564

Page 2: TWEEDE UITGAWE 201720170622124934 PM) transcareafrq22017.pdf · Indien ‘n hoes vir langer as drie weke aanhou sonder om beter te raak, moet ‘n dokter geraadpleeg word. In die

PE

TR

US

SE

PE

N Welkom by die tweede uitgawe van TransCare vir 2017. Dit is ongelooflikhoevinnigdietydverbygegaan het en dat ons ons reeds in die tweede kwartaal van die jaar bevind.

Aangesien die warm dae nou verander na kouer dae en dat die winter hier is, raak griepinfeksies meer algemeen. Ons wil u aan- moedig om u en u gesin teen die griepkiem in te ent. Transmed Mediese Fonds dek een inenting per begunstigde per jaar.

Ons voorsien u steeds van nuttige gesondheidsverwante artikels om u en u geliefdes gesond en gelukkig te hou. In hierdie uitgawe sluit ons artikels in oor eerstehulp, hoese, die gesondheidsvoordele van lemoene en voorsien u van ‘n gesondheidskontrolelys en ander algemene inligting.

Ons hoop u staan die tyd af om hierdie nuusbrief te lees en dat u dit leersaam en handig vind.

Ons waardeer u terugvoering en wil u uitnooi om ons te voorsien van inligting wat ons sal help om die kwaliteit van ons diensvlakke te verbeter. Stuur asseblief u terugvoering na [email protected] of na Voorstelle, Posbus 32931, Braamfontein 2017.

Vriendelike groetePETRUS WASSERMANNHOOFBEAMPTE

2

>> Daarisdriefasesverbondeaan‘nhoesrefleks:• ‘n inaseming• verhoogde druk in die keel en longe met die

stembande gesluit• ‘n kragtige vrystelling van lug wanneer die

stembande oopgaan, wat ‘n hoes sy kenmerkende klank gee.

‘n Hoesery kan wees as gevolg van besoedeling, irritasie,gastro-esofagealereflukssiekte,verstikking,chroniesebrongitis,asmaofemfiseem,‘ngewasindielonge, hartversaking, mukus wat in die keel van agter die neus afdrup (‘post-nasal drip’) en rook.

KLASSIFISERING VAN HOESE• Akute hoes – slaan skielik uit en hou vir tot drie

weke aan• Sub-akute hoes – hou vir drie tot agt weke aan• Chroniese hoes – hou vir meer as agt weke aan• Nat hoes – ‘n hoes wat byvoorbeeld speeksel

voortbring• Droë hoes – ‘n hoes wat niks voortbring nie• Nagtelike hoes – kom slegs snags voor

OORSAKE VAN HOESEDie meeste hoese word deur virusse veroorsaak en raak sonder behandeling gesond.

‘n Hoes is ‘n kragtige vrystelling van lug vanuit die longe wat gehoor kan word. Hoesery

beskerm die asemhalingstelsel deur irritasies en afskeidings te

verwyder.

Hoes Gesondheid

Page 3: TWEEDE UITGAWE 201720170622124934 PM) transcareafrq22017.pdf · Indien ‘n hoes vir langer as drie weke aanhou sonder om beter te raak, moet ‘n dokter geraadpleeg word. In die

32

Griep- inentingDie griepseisoen is hier en almal loop die risiko om deur die griepvirus aangesteek te word. ‘n Jaarlikse, seisoenale griepinenting is die beste manier om die risiko te verminder om griep te kry en dit aan ander oor te dra. Transmed Mediese Fonds moedig alle lede aan om hul jaarlikse griepinspuiting te kry.Die Fonds dek een griep-inenting per begunstigde per jaar vanuit versekerde voordele. Die Fonds sal vir die koste van die inenting teen Transmed se tarief betaal, onderhewig aan dieinentingsvoorskriflys.Indien‘n konsultasiefooi gehef word, sal dit vanuit u dag-tot-dag-voordele gedek word.

Transmed se apteeknetwerk is die aangewese diensverskaffer vir griepinentings.!

{

Oorsake van ‘n akute (korttermyn) hoes – in die meeste gevalle is die infeksie in die boonste lugweë en beïnvloed dit die keel; dit staan as boonste lugweginfeksie bekend. Voorbeelde sluit griep, die algemene verkoue en laringitis in.

Indien dit ‘n laer lugweginfeksie is, word die longe of die lugweë aangetas wat laer af van die keel geleë is. Voorbeelde sluit brongitis en longontsteking in.

‘n Akute hoes kan ook deur hooikoors veroorsaak word.

Oorsake van ‘n chroniese (langtermyn) hoes – ‘n chroniese hoes kan veroorsaak word deur te rook, deur mukus wat in die keel van agter in die neus afdrup (‘post-nasal drip’), gastro-esofagealereflukssiekte,asmaensommigemedikasie.

Chroniese hoesery in kinders word mees dikwels deur asma veroorsaak, maar dit kan ook as gevolg van toestande soos gastro-esofagealereflukssiektewees.

Minder algemene oorsake van ‘n chroniese hoes in volwassenes sluit in tuberkulose (TB), swamagtige infeksies van die longe en longkanker.

WANNEER OM ‘N DOKTER TE BESOEKIndien ‘n hoes vir langer as drie weke aanhou sonder om beter te raak, moet ‘n dokter geraadpleeg word. In die meeste gevalle sal daar nie ‘n ernstige onderliggende rede vir die hoes wees nie, maar in seldsame gevalle kan ‘n langtermyn hoes ‘n teken wees dat behandeling benodig word, soos vir longkanker of hartversaking.

Ander redes om mediese raad te vra sluit in:

Bron: http://www.medicalnewstoday.com/articles/220349.php

Hoes

• die hoes raak erger• swelling of klonte kom in

die nekarea voor• gewigsverlies• erge hoesery• veranderinge aan die

klank van die stem• bloed uithoes• moeilik asemhaal• borspyn• koors wat nie verbeter

nie.

Page 4: TWEEDE UITGAWE 201720170622124934 PM) transcareafrq22017.pdf · Indien ‘n hoes vir langer as drie weke aanhou sonder om beter te raak, moet ‘n dokter geraadpleeg word. In die

4

VRYWARING: Die inligting en artikels in hierdie nuusbrief dien nie as mediese raad of as gronde vir ‘n mediese eis vir enige produk van hoegenaamd enige aard namens die uitgewer, Fonds, Administrateur of die verspreider nie. Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde gesondheidsorg-verskaffer vir die diagnose of be- handeling van enige siektes of mediese toestande.

Gesondheidsaanhaling

Om u hande te was is die beste manier om te verhoed dat kieme versprei.

Dit is ‘n wetenskaplik bewysde feit dat

sitrusvrugte, en veral lemoene met hul oorvloed

van vitamiene, antioksidante en minerale,

baie voordele bied.

Gesondheid

Page 5: TWEEDE UITGAWE 201720170622124934 PM) transcareafrq22017.pdf · Indien ‘n hoes vir langer as drie weke aanhou sonder om beter te raak, moet ‘n dokter geraadpleeg word. In die

5

{

• Voedingstowwe in lemoene is volop en uiteenlopend. Die vrug is laag in kalorieë en bevat geen versadigde vette of cholesterol nie, maar is ryk aan die dieetvesel pektien. Omdat pektien ‘n lakseermiddel is wat die volume van die derminhoud verhoog, help dit om die mukusmembrane van die kolon te beskerm deur die tydsduur waarteen dit aan giftige stowwe blootgestel word, te verminder, sowel as om te bind aan chemikalieë in die kolon wat kanker kan veroorsaak. Deur aan galsure in die kolon te bind, het pektien al bewys dat dit bloedcholesterol-vlakke verlaag deur die herabsorbering daarvan in die kolon te verminder.

• Lemoene, soos ander sitrusvrugte, is ‘n uitstekende bron van vitamien C. Vitamien C is ‘n kragtige, natuurlike antioksidant. Inname van voedsel wat ryk is aan vitamien C help die menslike liggaam om weerstand op te bou teen aansteeklike agense en skadelike, pro-inflammatoriesevryradikalevanuitdiebloed op te neem.

• Lemoene bevat ook baie goeie vlakke van vitamienAenanderflavonoïedeantioksidantesoos α- en β - karoteen, β - cryptoxanthin, zeaxanthin en luteïen. Hierdie samestellings bevat antioksidante. Vitamien A word ook benodig om gesonde mukusmembrane te handhaaf en is noodsaaklik vir goeie sig. Deur vrugteteeetwatrykisaanflavonoïedesword die menslike liggaam bygestaan om dit teen long- en servikale kanker te beskerm.

• Dit is ook ‘n baie goeie bron van B-kompleks vitamienes, soos tiamien, piridoksien en folate. Hierdie vitamienes is noodsaaklik in die sin dat die menslike liggaam dit vanuit uitwendige bronne benodig om inwendige vlakke te hervul.

• Oranje vrugte bevat ook sommige minerale soos kalium en kalsium. Kalium is ‘n belangrike komponent van sel- en liggaamsvloeistowwe wat help om die hartklop en bloeddruk te beheer deur die drukking wat deur sodium veroorsaak word, teen te werk.

Sitrusvrugte word dus lank reeds waardeer vir hul heilsame, voedsame en antioksidant-eienskappe. Dit is ‘n wetenskaplik bewysde feit dat sitrusvrugte, en veral lemoene met hul oorvloed van vitamiene, antioksidante en minerale, baie voordele bied. Verder is dit nou ‘n erkende feit dat die ander biologies-aktiewe, nie-voedende samestellings in sitrusvrugte soos plantchemikaliese antioksidante en oplosbare en onoplosbare dieetvesel help om die risiko van kanker en chroniese siektes soos artritis, vetsug en koronêre hartsiekte te verminder.

4

>>

>>

>>

>>

VOORDELE VAN LEMOENE

GESONDHEIDS-

>>

Bron: http://www.nutrition-and-you.com/orange-fruit.html

Page 6: TWEEDE UITGAWE 201720170622124934 PM) transcareafrq22017.pdf · Indien ‘n hoes vir langer as drie weke aanhou sonder om beter te raak, moet ‘n dokter geraadpleeg word. In die

VERSTUITING: EERSTEHULP

U ligamente is taai, elastiese bande wat been met been verbind en u gewrigte in plek hou. ‘n Verstuiting is ‘n besering aan ‘n ligament wat veroorsaak word wanneer die vesel van die ligament skeur. Die ligament kan gedeeltelik skeur of geheel en al afgeskeur word.

Vanuit alle verstuitings word enkels en knieë die mees dikwels verstuit. Verstuite ligamente swel vinnig op en is pynlik. Hoe erger die pyn en swelling gewoonlik is, hoe ernstiger is die besering. Vir die meeste klein verstuitings kan u die aanvanklike behandeling self toedien.

VOLG DIE INSTRUKSIES VIR R.I.C.E

1. ‘Rest’: Laat die beseerde ledemaat rus. U dokter kan aanbeveel dat u vir 48 uur geen gewig op die beseerde area plaas nie, so u sal dalk krukke moet gebruik. ‘n Spalk of stywe verband kan aanvanklik ook van hulp wees. Maar moenie alle beweging vermy nie. Selfs met ‘n verstuite enkel kan u gewoonlik nog steeds ander spiere oefen om te verhoeddatuonfiksword.Ukanbyvoorbeeld‘noefenfietsmethandvatselsvirarmoefeningegebruik, wat beide u arms en die onbeseerde been oefen terwyl die beseerde enkel op ‘n ander gedeeltevandiefietsrus.Sodoendekanuoefening kry vir drie ledemate ten einde kardiovaskulêrefiksheidtebehou.

2. ‘Ice’: Plaas ys op die plek. Gebruik ‘n yspak, ‘n verkoelende bad of ‘n rekverband gevul met koue water om swelling na ‘n besering te help beperk. Probeer so vinnig as moontlik na die besering ys op die area plaas en hou dit vir 15 tot 20 minute koel vir vier tot agt keer ‘n dag vir die eerste 48 uur of tot die swelling sak. Indien u ys gebruik, wees versigtig om dit nie te lank op dieselfde plek te hou nie, aangesien dit weefsel kan beskadig.

3. ‘Compress’: Plaas drukking op die plek met ‘n elastiese verband. Drukking deur verbande of moue wat van elastiese of sintetiese rubber gemaak is, werk die beste.

4. ‘Elevate’: Lig die beseerde ledemaat waar moontlik tot bo die vlak van die hart om swelling te verhoed of te beperk.

Soos die pyn en swelling sak, begin die beseerde ledemaat liggies gebruik. U behoort ‘n geleidelike, stelselmatige verbetering te voel. Pynstillers wat oor die apteker se toonbank verkry word, soos ibuprofen (Advil, Motrin IB en ander) en asetaminofeen (Tylenol en ander), kan help om pyn te beheer gedurende die gesondword-proses. Dit is noodsaaklik om die krag en stabiliteit van die beseerde ledemaat te herstel voor daar na sport- of oefeningsaktiwiteite teruggekeer word. ‘n Fisiese terapeut of ander sportmedisyne-verskaffer kan u van die toepaslike krag- en stabiliteitsoefeninge voorsien ten einde gesond word te optimaliseer en die risiko om beserings te herhaal te verminder.

Besoek u dokter indien u verstuiting nie na twee of drie dae verbeter nie.

KRY MEDIESE NOODHULP INDIEN:

• U nie gewig op die beseerde been kan plaas nie, die gewrig onstabiel of gevoelloos is of u nie die gewrig kan gebruik nie. Dit kan beteken dat die ligament geheel en al geskeur is. Wend ‘n yspak oppad na die dokter toe aan.

• U rooiheid of rooi strepe wat vanuit die beseerde area strek ontwikkel. Dit kan beteken dat u ‘n infeksie het.

• U ‘n plek wat ‘n aantal kere in die verlede beseer is, weer beseer.

• U ‘n ernstige verstuiting het. Onvoldoende of vertraagde behandeling kan bydra tot langtermyn onstabiliteit van die gewrig of chroniese pyn.

Bron: http://www.mayoclinic.org/first-aid/first-aid-sprain/basics/art-20056622

6

Gesondheid

(ENGELSE AFKORTING)

Page 7: TWEEDE UITGAWE 201720170622124934 PM) transcareafrq22017.pdf · Indien ‘n hoes vir langer as drie weke aanhou sonder om beter te raak, moet ‘n dokter geraadpleeg word. In die

6

Page 8: TWEEDE UITGAWE 201720170622124934 PM) transcareafrq22017.pdf · Indien ‘n hoes vir langer as drie weke aanhou sonder om beter te raak, moet ‘n dokter geraadpleeg word. In die

OORBLYWENDE EISEBETALINGS- LOPIES VIR 2017Die Fonds het twee eisebetalingslopies per maand.

Verseker asseblief dat u u lidmaatskapnommer verstrek wanneer u reke-ninge en korrespondensie by die Fonds indien. Wanneer u ‘n eis vir ‘n terugbetaling indien, onthou ook asseblief om bewys van betaling te voorsien.

Wanneer u u eisestaat ontvang, maak asseblief seker dat:

• al u eise verwerk is;• al die eise wat aangedui is vir

gesondheidsorgdienste is wat aan u en u geregistreerde afhanklikes voorsien is; en

• indien u en u afhanklikes nie dienste ontvang het waarvoor betaal is nie, u die Fonds onmiddellik in kennis moet stel.

GAAN U EISESTAAT NA

OPSOMMING VAN GESONDHEID- SORGUITGAWESDie Fonds reik jaarlikse state uit wat ‘n opsomming van u gesondheidsorguitgawes vir die belastingjaar bevat. Hierdie staat word slegs aan mense uitgereik wat ‘n gedeelte het wat van belasting geëis kan word en sal gedurende Junie 2017 aan lede gestuur word. Transmed Mediese Fonds sal ook u lidmaatskap- en eise-inligting aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens kommunikeer deur middel van die elektroniese fondsoordrag (EFO)-stelsel. Onthou ook asseblief dat u die opsomming van gesondheid- sorguitgawes vanaf die Fonds se veilige area vir lede by www.transmed.co.za kan druk.

ALGEMEEN

Dit is belangrik om ‘n gesonde lewenswyse deel van u daaglikse roetine te maak, maar dit is nie noodwendig ‘n maklike taak nie. Om u te help om ‘n gesonde lewensstyl te handhaaf het ons ‘n kort, daaglikse kontrolelys opgestel:

Haal asem – Neem ‘n blaaskans en ontstres. Haal diep asem of mediteer.

Kom saam – Doen iets saam met vriende of familie.

Drink – Drink oorgenoeg water.

Eet – Eet elke dag vrugte, groente en volgraan.

Leer – Wees nuuskierig en verken.

Slaap – Kry elke aand sewe tot agt ure se slaap.

kontrolelysDAAGLIKSE

lewenstyldie FONDS

beterVerstaan

TRANS-

FLITSBedrog kan anoniem by

die KPMG-bedroghulplyn

by 0800 200 564 aangemeld word.!

Maand Middel van die maand Einde van die maandJunie 09/06/2017 23/06/2017

Julie 07/07/2017 21/07/2017

Augustus 04/08/2017 18/08/2017

September 08/09/2017 22/09/2017

Oktober 06/10/2017 20/10/2017

November 03/11/2017 17/11/2017

Desember 08/12/2017 15/12/2017

GESONDHEIDS-