tweede uitgawe 2018

4
Onderwysersgids vir ʼn tweeweek-siklus Onderwysersgids vir ʼn tweeweek-siklus Tweede uitgawe 2018 Die drie bokkies ʼn Vroeë geletterdheidsprogram deur

Upload: others

Post on 15-Oct-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Tweede uitgawe 2018

Onderwysersgids vir ʼn tweeweek-siklusOnderwysersgids vir ʼn tweeweek-siklusTweede uitgawe 2018

Die drie bokkies

’n Vroeëgeletterheidsprogram deur

ʼn Vroeë geletterdheidsprogram deur

Page 2: Tweede uitgawe 2018

Leer is ’n reis …

Leer is ʼn reis. Dit verg tyd en baie oefening in ʼn veilige ruimte om iets nuuts te leer. Wanneer babas leer loop, neem

dit hulle maande om die vaardighede te ontwikkel wat nodig is om onafhanklik te kan loop. Hulle oefen elke nuwe

vaardigheid oor en oor voordat hulle tot die volgende vlak van krag en beweeglikheid oorgaan.

Dink aan hoe ons met babas praat wanneer hulle hul eerste treë gee. Kan jy

hoor hoe vriendelik ons praat om ons kind aan te moedig? “Kom, Tanya. Kom

na Mamma toe. Kyk net hoe sterk word jou bene.”

Verbeel jou dat hierdie prente ʼn jong kind wys wat op ʼn reis is om ʼn

onafhanklike leser en skrywer te word. Dink aan al die vaardighede wat

hulle moet aanleer: taalvaardighede (soos woordeskat en begrip) en

kodeverwante vaardighede (soos letter- en klankkennis). Dink ook

aan hoeveel oefening hulle elke dag moet kry om selfversekerd en

gemaklik met elke nuwe vaardigheid te word.

Hoe kan ons leeromgewings skep waarin jong kinders die

ondersteuning, begrip en genot ervaar wat ons sou beleef as

hulle babas was wat hul eerste treë gee?

Page 3: Tweede uitgawe 2018

Wordworks 2 Jacobs Ladder, St James, Cape Town 7945www.wordworks.org.za

© Wordworks 2018

Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie werk mag sonder die toestemming van Wordworks, gereproduseer word nie.

ISBN: 978-0-620-78497-9

ERKENNINGSBydraers: Eerste uitgawe van die program gegrond op inhoud deur Brigid Comrie; ontwikkel en geskryf deur Angelique Twiss. Tweede uitgawe se hersienings en nuwe inhoud deur Shelley O’ Carroll, Jane Coombe en Cathy Lincoln.

Illustrasies: Helga Hoveka en Adam CarnegieOntwerp: Fire & Lion (Karen Lilje)Setwerk en uitleg: Jacqui BothaVertaling en verwerking: Laetitia Bedeker, Xoli Guzula, Pumeza Ngobozana en Bukelwa YuzeProjekbestuur: Natalie Bell Redigering: Natalie Bell , Thobeka Nqubelani and Martinette van der WesthuysenGedruk en gebind in Suid-Afrika deur Tandym Print, Epping, Kaapstad

SPESIALE DANK AAN:Die onderwysdistriksbeamptes en onderwysers van die Wes-Kaapse Metropool-Suid vir deelname aan ons eerste fase van Stellar-onderwyseropleiding van 2012 tot 2014.

Beamptes van die Wes-Kaapse Provinsiale en Distriksonderwysdepartement, hoofonderwysers en onderwysers oor die provinsie heen, wat Stellar met ope arms ontvang het en dit hul eie gemaak het in die bekendstelling van die provinsiale Ontluikende Geletterheidsprojek in 2015–2016.

Ons vennote: Khululeka, ITEC, Early Inspiration, Lebone, CSD, K2A, SDU, PSP en ELRU, vir die gebruik van Stellar in hul werk met skole en VKO-sentra, en dat hulle hul leer met ons gedeel het.

Wordworks-spanlede wat die groei van die program in die veld ondersteun het: Angelique Twiss, Colleen Diedericks, Cathy Lincoln, Asanda Mphahla en Bukelwa Yuze.

Ons skenkers: DG Murray Trust, USAID, die ELMA-stigting en JP Morgan, vir hul rojale befondsing en ondersteuning tydens Stellar se ontwikkeling.

Hierdie tweede uitgawe is moontlik gemaak deur die rojale ondersteuning van die Amerikaanse nasie deur die Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID). Die inhoud is die verantwoordelikheid van Wordworks en weerspieël nie noodwendig die sienings van USAID of die Amerikaanse regering nie.

Page 4: Tweede uitgawe 2018

Wordworks se Stellar Huistaalprogram vir Graad R-onderwysers is ten volle ooreenkomstig die KABV opgestel. Dit bestaan uit die volgende komponente:

• Storiepakke (insluitende ʼn Onderwysersgids, ʼn Groot Boek, handpoppe en opeenvolgende prente) Die groen rok | Ali en die verf | Spot gaan winkel toe | Baba Voëltjie vind sy mamma | Skilpad en sy dop |

Gouelokkies en die drie bere | Die drie bokkies | Bosbok se besoeker

• Onderwysersgids vir ouervergaderings Hierdie gids verskaf skemas vir ses byeenkomste waar onderwysers aan ouers ondersteuning kan

gee om hulle kinders se taal- en geletterdheidsvaardighede tuis uit te brei.

• Werkboeke vir onderwysersHierdie werkboeke berei Graad R-onderwysers voor om die Stellar Huistaalprogram te gebruik.Die werkboeke is ontwerp om in onderwyseropleidingskursusse gebruik te word om inhoudelikekennis van ontluikende geletterdheid te verdiep en klaskamerpraktyk en ouerbetrokkenheid teversterk.

Die drie bokkies ʼn Noorse feëverhaal kry ʼn Afrika-kinkel wanneer drie bokke besluit om die groener gras anderkant die brug te gaan eet … Hierdie Stellar-storie word vir die kinders lewendig gemaak deur ʼn goed ontwerpte program van aktiwiteite wat hul mondelinge taal en ontluikende geletterdheid versterk.