tweeweeklikse nuusbrief van die hoËrskool … · 2014-01-31 · tel: 021 uitgawe 8 ~ 17 mei 2013...

15
UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! www.durbanvillehs.co.za TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 [email protected] IN HIERDIE UITGAWE Brief van die Skoolhoof 2 Career GPS Psigometriese Dienste 3 Die Eksamen is om die Draai 4 Career Direct Konsultante 6 Senior Blaasorkes Presteer 7 Durbies for All Seasons 7 Eenbedrywe 2013 8 Werksgeleentheid 9 Miles for Smiles 10 Wen ‘n Wildernis-Safari 10 Sportspanne Oorrompel Opponente 11 TownCaptain.com Gesels met 14 Kontak ons 15 Belangrike Datums 15

Upload: others

Post on 16-Feb-2020

10 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013

TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE

Die skool waar elkeen iemand is!

www.durbanvillehs.co.za

ber 2012

TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976

3189

[email protected]

IN HIERDIE UITGAWE

Brief van die Skoolhoof 2

Career GPS Psigometriese Dienste 3

Die Eksamen is om die Draai 4

Career Direct Konsultante 6

Senior Blaasorkes Presteer 7

Durbies for All Seasons 7

Eenbedrywe 2013 8

Werksgeleentheid 9

Miles for Smiles 10

Wen ‘n Wildernis-Safari 10

Sportspanne Oorrompel Opponente 11

TownCaptain.com Gesels met 14

Kontak ons 15

Belangrike Datums 15

Page 2: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

BRIEF VAN DIE SKOOLHOOF

Geagte Ouers

Skielik is die kwartaal

amper op sy einde.

Die seniors begin oor

twee weke met hulle

eksamen, die juniors volg

op hulle hakke en dan is die

aandag totaal op die akademie. Baie

dankie vir die van u wat aangebied het om

te kom help met toesig – dit vergemaklik ons

organisasie aansienlik.

Ons Ope Dag is uitstekend bygewoon en die

inskrywings vorder baie vinnig. Ons beoog

om die inskrywings teen 20 Junie vir 2014

afgehandel te kry.

Op sportgebied gaan dit ook baie goed met

die verskillende spanne en ons slaag daarin

om goed rekenskap van onsself te gee.

Hierdie Saterdag kan u rugby en hokkie hier

op ons velde kom kyk. Ons netbalspelers

gaan hulle slag by die Hoërskool Bellville wys.

Ons orkes het pas opgetree by die Wind

Worx Fanfare en ‘n uitmuntende 90 %

ontvang vir hulle optrede. Hulle volgende

optrede is by die Kaapse Eisteddfod by

Wynberg Boy’s High op 18 Mei.

Ons debatspanne vaar ook goed en die

juniorspan het deurgedring na die volgende

rondte van die ATKV-kompetisie.

Die bouwerk aan die astrobaan is volgens

skedule (die sonskynweer help natuurlik ook

baie) en die nuwe krieketblad toon ook

tekens dat hy besig is om te vestig.

Baie dankie ook aan Ben van der Westhuizen

en Adriaan Raats wat ons help om die grond

voor te berei vir ons nuwe krieketnette.

Ons volgende SBL -tussenverkiesing vind

plaas op 5 Junie. Ons kon by die eerste

rondte nie ‘n kworum bymekaar kry nie en

daarom moet die proses weer van vooraf

begin.

Ons wil u dus graag aanmoedig om op 5

Junie om 18:30 by die ouditorium te wees.

Die proses neem min tyd in beslag (ons

behoort om 19:00 klaar te wees) en ons sal

u teenwoordigheid hoog op prys stel.

Baie dankie aan al ons ouerkomitees wat

elke Saterdag op verskillende plekke diens

doen. Ons waardeer u betrokkenheid.

Groete

G.L. Germishuys

REKLAMEMATERIAAL: VRYWARING

Let asb. op dat Hoërskool Durbanville nie

verantwoordelik gehou kan word vir die

inhoud van advertensies van ‘n derde

party wat hul dienste en/of produkte in

die aanlyn-nuusbrief adverteer nie; ook

nie vir die geloofwaardigheid en/of

korrektheid van die geadverteerde diens

en/of produk nie.

Die derde party adverteer sy / haar diens

en/of produk op eie risiko op die

voorwaardes soos vervat in die

oorspronklike ooreenkoms en enige

verbruiker wat gebruik maak van die

geadverteerde diens en/of produk, doen

dit op eie risiko.

Hoërskool Durbanville kan dus nie

verantwoordelik gehou word vir enige

verliese wat gely word a.g.v. sulke

dienste en/of produkte nie.

Page 3: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

Verdwaal as dit kom by jou kind se toekomsplanne?

Gewens jy kon ‘n GPS inspan?

Vind die weg tussen al jou kind se beroepsmoontlikhede met

– GPS

Wie of wat is “Career GPS” ?

Kwaliteit en holistiese psigometriese dienste wat bekostigbaar, gerieflik, relevant en

effektief is ten einde die kliënt te bemagtig om ‘n beter ingeligde beroepsbesluit

en/of vakkeuse te maak.

Alle toetse word deur HPCSA geregistreerde en geakkrediteerde professionele

persone uitgevoer. Toetse is gestandaardiseer en relevant binne die Suid-Afrikaanse

konteks.

Die volgende areas word gedek:

Aanleg, persoonlikheidsvoorkeur, belangstelling en waardes.

Ons kombineer hierdie toetse met ‘n onmisbare individuele beroepsgesprek en

“coaching” sessie.

Bevindinge en aanbevelings word ook in ‘n assesseringsverslag uiteengesit.

Die uiteinde is ‘n omvattende benadering met meer bevredigende resultate.

Wanneer vind die assesserings plaas?

Saterdag 11 Mei 2013 @ 08:00 – 16:00

Saterdag 22 Junie 2013 @ 08:00 – 16:00

Saterdag 13 Julie 2013 @ 08:00 – 16:00

Saterdag 17 Augustus 2013 @ 08:00 – 16:00

Wat kos dit?

R1500 per leerder – kan verhaal word van meeste mediese fondse.

Kontak ons gerus vir meer besonderhede.

Page 4: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

GRAAD 12 GRAAD 11 Di 28 Mei Lewenswetenskap 1

VS Prakties Groep 1

10:20 – 12:50

08:00 – 11:00

Lewenswetenskap 10:20 – 12:50

Wo 29 Mei RTT (Prakties)

IT (Teorie)

09:30 – 12:50

09:50 – 12:50

Dramatiese Kuns Teorie

Dramatiese Kuns Prak

08:10 – 11:10

11:30 – 14:00

Do 30 Mei Afrikaans 2 10:20 – 12:50 English HL 1

English AL 1

10:50 – 12:50

10:50 – 12:50

Vr 31 Mei Fisiese Wetenskap 1 09:50 – 12:50 Fisiese Wetenskap 1

VS Prakties Groep 1

10:50 – 12:50

10:20 – 12:50

Ma 03 Jun English HL 2

English AL 2

10:20 – 12:50

10:50 – 12:50

Ekonomie 1

Ekonomie 2

Visuele / Ontwerpkuns

Geskiedenis

08:30 – 10:00

11:20 – 12:50

10:50 – 12:50

09:50 – 12:50

Di 04 Jun Rekeningkunde

VS Prakties Groep 2

09:50 – 12:50

08:00 – 11:00

RTT (Prakties)

IT (Teorie)

Musiek Prakties

10:00 – 12:50

10:20 – 12:50

11:20 – 12:50

Wo 05 Jun Dramatiese Kuns (Teorie)

Dramatiese Kuns (Prakties)

08:10 – 11:10

11:30 – 14:30

Geografie 1

Geografie 2

IGO 1

Verbruikerstudie

09:00 – 11:00

11:20 – 12:50

09:50 – 12:50

10:50 – 12:50

Do 06 Jun Wiskunde 1

WG 1

09:50 – 12:50

09:50 – 12:50

Afrikaans 2 10:20 – 12:50

Vr 07 Jun Afrikaans 1

Afrikaans Mondeling

08:00 – 10:00

10:20 - klaar

Wiskunde 1

WG 1

10:50 – 12:50

10:50 – 12:50

Ma 10 Jun Lewensoriëntering

English HL 1 & AL1

08:30 – 09:30

10:50 – 12:50

English HL 2

English AL 2

10:20 – 12:50

11:05 – 12:50

Di 11 Jun Fisiese Wetenskap 2

VS Prakties Groep 3

09:50 – 12:50

08:00 – 11:00

RTT (Teorie)

IT (Prakties)

10:20 – 12:50

09:30 – 12:50

Wo 12 Jun RTT (Teorie)

IT (Prakties)

09:50 – 12:50

09:30: 12:50

Fisiese Wetenskap 10:50 – 12:50

Do 13 Jun Lewenswetenskap 2

VS Prakties Groep 4

11:35 – 12:50

08:00 – 11:00

Afrikaans 1 10:50 – 12:50

Vr 14 Jun Geografie 1

Geografie 2

IGO 1

Verbruikerstudie

09:00 – 11:00

11:20 – 12:50

09:50 – 12:50

09:50 – 12:50

IGO 2

VS Prakties Groep 2

09:50 – 12:50

10:20 – 12:50

Ma 17 Jun SKOOLVAKANSIEDAG

Di 18 Jun Ekonomie

Visuele / Ontwerpkuns

Geskiedenis 1

09:50 – 12:50

10:20 – 12:50

09:50 – 12:50

Wiskunde 2

WG 2

10:50 – 12:50

11:20 – 12:50

Wo 19 Jun Geskiedenis 2

Visuele / Ontwerpkuns Prakties

09:50 – 12:50

08:00 – 14:30 reël eie pouse

Rekeningkunde

Musiek 1

Musiek 2

09:50 – 12:50

09:10 – 11:10

11:50 – 12:50

Do 20 Jun Wiskunde 2

WG 2

09:50 – 12:50

10:50 – 12:50

VS Prakties Groep 3

Lewensoriëntering

08:10 – 10:40

11:50 – 12:50

Vr 21 Jun IGO 2

Musiek (Teorie)

08:10 – 11:10

08:10 – 10:40

VS Prakties Groep 4 08:10 – 10:40

AKADEMIE

JUNIE-EKSAMEN

Met skaars twee weke voordat die eksamen aanbreek, is dit nodig om die boeke nader te trek,

fyn beplanning aan die dag te lê en ‘n hersieningsrooster op te stel. Dis veral die matrikulante

wat ernstig moet begin dink aan die positiewe impak wat goeie voorbereiding en beplanning

op die res van hul toekoms gaan hê. Die Durbies het nog altyd ‘n baie goeie akademiese

standaard gehandhaaf – bou voort op jul voorgangers se voorbeeld en begin NOU beplan.

Hieronder verskyn die rooster vir alle grade. Let asb op dat grade 8 & 9 eers op Woensdag, 5

Junie met die eksamen begin.

Page 5: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

GRAAD 10 GRAAD 9 GRAAD 8 Di 28/05 Wiskunde

WG 1

WG 2

09:50 – 12:50

09:50 – 10:50

11:50 – 12:50

NORMALE

AKADEMIESE

ROOSTER

NORMALE

AKADEMIESE

ROOSTER

Wo 29/05 English HL 1

English AL 1

10:50 – 12:50

10:50 – 12:50

Do 30/05 Rekeningkunde 10:50 – 12:50

Vr 31/05 Ekonomie 1

Ekonomie 2

Visuele Ontwerp/Kuns

Geskiedenis

09:00 – 10:00

11:50 – 12:50

10:50 – 12:50

10:50 – 12:50

Ma 03/06 IGO 1

Verbruikerstudie

10:50 – 12:50

11:20 – 12:50

Di 04/06 Afrikaans 2 10:20 – 12:50

Wo 05/06 Lewenswetenskap

VS Prakties Groep 1

10:20 – 12:50

11:20 – 12:50

Eng. HL

Eng. AL

10:20 – 12:50

10:35 – 12:50

NW 11:20 – 12:50

Do 06/06 RTT (Prakties)

IT (Teorie)

10:00 – 12:50

10:50 – 12:50

NW 1

NW 2

08:30 – 09:30

11:50 – 12:50

EBW 11:20 – 12:50

Vr 07/06 Geografie 1

Geografie 2

08:50 – 10:50

11:20 – 12:50

Afr 1 11:05 – 12:50 Teg. 12:00 – 12:50

Ma 10/06 Fisiese Wetenskap

VS Prakties Groep 2

10:50 – 12:50

11:20 – 12:50

EBW 11:20 – 12:50 SW 11:20 – 12:50

Di 11/06 English HL 2

English AL 2

10:50 – 12:50

10:50 – 12:50

K & K 11:50 – 12:50 Afr. 1 11:05 – 12:50

Wo 12/06 Lewensoriëntering

VS Prakties Groep 3

11:50 – 12:50

09:00 – 10:30

SW 11:20 – 12:50 LO 12:00 – 12:50

Do 13/06 RTT (Teorie)

IT (Prakties)

10:50 – 12:50

10:00 – 12:50

Afr. 2 11:05 – 12:50 Wisk 1 10:50 – 12:50

Vr 14/06 Musiek (Prakties)

Afrikaans 1

08:10 – 10:10

10:50 – 12:50

Wisk 1 10:50 – 12:50 Eng. HL

Eng. AL

10:20 – 12:50

10:35 – 12:50

Ma 17/06 SKOOLVAKANSIEDAG

Di 18/06 Musiek 1

Musiek 2

09:10 – 11:10

11:50 – 12:50

Teg. 11:50 – 12:50 K & K 11:50 – 12:50

Wo 19/06 IGO 2

VS Prakties Groep 4

10:50 – 12:50

11:20 – 12:50 LO 11:50 – 12:50 Afr. 2 11:05 – 12:50

Do 20/06 Dramatiese Kuns

(Teorie)

Dramatiese Kuns

(Prakties)

08:10 – 09:40

10:10 – 12:50

Eng HL

(Oral)

08:00 – 12:50

Vr 21/06 Wisk 2 08:10 – 10:10 Wisk. 2 08:30 – 10:00

AKADEMIE

“Ek het n BLANK geslaan!”

“Ek was so gespanne en kon nie konsentreer nie!”

“Ek was moeg en sonder energie!”

EXAM Cocktail is die ANTWOORD!

Vir Meer Besonderhede & Prys:

SMS Naam, DVHS & e-posadres aan 082 907 9060

Page 6: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand
Page 7: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

KULTUUR

WINDWORX FANFARE

Die Senior Blaasorkes het die afgelope

naweek deelgeneem aan die Windworx

Fanfare by die Hugo Lambrechts-

Musieksentrum. By hierdie geleentheid

het 8 Senior en 4 Junior orkeste wat

orkeste van musieksentrums en

jeugorkeste insluit, deelgeneem.

Die formele evaluering is deur Prof Matei

en Faan Malan gedoen – kenners op die

gebied van blaasorkeste en dirigeerkuns.

Die Durbies het ’n DIPLOMA-toekenning

van 90% ontvang! Welgedaan! Ons

wens jul net die beste toe vir die res van

2013 se optredes.

S. Theron

DURBIE SKOUSPEL

Datum: 22 Mei

Tyd: 19:00 stiptelik

Plek: Hoërskool Durbanville Ouditorium

Kaartjies: R40 volwassenes

R20 kinders en studente

Kaartjies is voor skool, pouses en direk na skool by die skool te koop, so as u nog nie een het

nie, moet u maar opskud, aangesien die aanvraag groot is.

Die jaarlikse Durbie Skouspel vind plaas op 22 Mei en vanjaar s’n gaan beslis die beste wees

wat nog aangebied is. Met die tema “DURBIES FOR ALL SEASONS” gaan daar iets vir elke

smaak en voorkeur op die program wees.

Die beste talent onder ons leerders gaan optree, asook ons koor en orkes. Ons droom is om

ons oud-Durbies, personeel en ouers uiteindelik aktief deel te maak van die aand en ons skop

vanjaar al daarmee af.

Drie oud-Durbies vorm alreeds deel van die aand: Rudi Smit (dans), Madeleen Falck (sang),

Erik Botes (klawerbord), Lindi Grobler (sang), Ruben Gerryts (sang en kitaar) en Andre van der

Merwe (kitaar).

En vir die eerste maal neem ‘n hele klompie van ons personeel ook deel! Ons gaan nie nou al

die aap uit die mou laat nie, so kom kyk gerus wat hulle verhoog toe bring! J. Burger

Page 8: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

KULTUUR

ROET ‘n Nuwe teks, spesiaal vir HSD geskryf

Dramaturg: Brink Nelson

Regiseurs: Jan Burger & Andrea Winckler

Sinopsis: ROET speel af in 1932 in die Noord-

Kaap, die tyd van die Groot Depressie, met

armoede wat hoogty vier. Petronella Kapp

is ‘n bywoner op die plaas van Abel Swardt,

‘n ryk en gerespekteerde boer. Sy werk in

die kombuis. Sy en haar tweeling-dogtertjies

sukkel om te oorleef op ‘n halfkroon se loon

per week. Van haar swangerskap af hou sy

vol dat Abel Swardt die kinders se pa is.

Daarvoor word sy ‘n dekade lank deur die

gemeenskap verguis en verwerp. Dan raak

haar kinders siek, en word ‘n ma se liefde vir

haar kinders tot die uiterste getoets. . .

Rolverdeling

Elzette Stramrood Petronella

Nienke Geldenhuys Mev Dominee

Carla Smith Vroedvrou

Wietsche Fourie Abel Swardt

Mieke Fabel Skim 1

Lara van Tonder Skim 2

Tegniese span

Loui Griebenow Klank en Beligting

Chanté du Toit Verhoogassistent

Marizan Coetser Verhoogassistent

EENBEDRYWE Met die toneelseisoen om die draai is 32

ywerige akteurs en 11 tegniese spanlede

saam met hul drie regisseurs al kliphard aan

die werk om vanjaar se drie toneelstukke

gereed te kry vir die verhoog. Met drie

uiteenlopende stukke kan gehore hul gereed

maak vir ‘n toneelspyskaart wat elke smaak

sal bevredig. Ons sal in die volgende

nuusbrief vir u die optreeprogram verskaf,

maar hou solank die volgende datums oop:

12 - 17 Augustus: HSD Tienertoneelfees

26 - 31 Augustus: ATKV Nasionale

Tienertoneelkompetisie - Wes-Kaap uitdunne

by HSD.

Iets meer omtrent elkeen van die stukke:

VLIEG IN DIE SALF (amper ‘n kabaret)

‘n Nuwe teks, spesiaal vir HSD geskryf

Dramaturg: Francois Toerien

Regiseurs: Andrea Winckler &

Amelia van Wyk

Sinopsis: Vlieg in die salf is ‘n eerste vir HS

Durbanville - ons steek ons toon in die

troebel waters van KABARET. Ons haal jou

bietjie uit jou gemaksone van hoe jy oor

dinge dink en plaas jou eie persepsies,

opinies en oortuigings onder die

vergrootglas. Ons stamp mekaar se

perspektiewe oor sekere dinge bietjie rond

tussen ons. Jy gaan dalk lustig wil

saamspeel, of jy gaan jou vir die speletjie

vererg. En net wanneer jy ons te ernstig

begin opneem, sal jy agterkom ons skeer

eintlik bietjie gek. Maar dan . . . wanneer jy

dink ons skeer bietjie gek, kom jy agter ons is

eintlik baie ernstig. Is daar dalk ‘n vlieg in jou

salf ook?

Rolverdeling

Lara Hattingh Vlieg, BEE-sirkusbaas,

Aanbieder

Jumaine Hansen

Rudy Maasdorp

Anna Mödler Tsetsevlieg-bende

Mieke Verster

Nina Faulhammer

Alicia van Zyl Skropvrou

Jumaine Hansen Jeromé

Nina Faulhammer Sielkundige

Linda Ntentema Qaqamba Ngciba

Larissa vd Westhuizen Susan Greeff (gefrustreerde tiener)

Estée van Tonder Leandré van Deventer (“clueless” tiener)

Andries Meyer Pa Greeff

& Frikkie Labuschagne

Lana Groenewald Ma Greeff

& Annette Labuschagne

Tegniese span

Loui Griebenow Beligting

Jason van der Walt Klank

Carla Venter Verhoogassistent

Nicky van Rensburg Verhoogassistent

Page 9: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

Justine, ‘n direkte-verkope maatskappy is

op soek na bevoegde verkoopsleiers en

konsultante om op ‘n kommissie-basis te

werk. Ons bied ‘n uitstekende kommissie-

struktuur!

Vir meer inligting of die nuutste brosjure,

kontak Mariaane.

083 284 2771 / 021 976 9408

[email protected]

KULTUUR

DIE TOEKOMS LÊ IN EIERS

Dramaturg: Eugene Ionescu

Regisseurs: Amelia van Wyk & Jan Burger

Sinopsis: In hierdie absurde teks stel ons u

voor aan Roberta en Jacques, ‘n hoender-

paartjie wat nou al 3 jaar getroud is, en hul

twee hoenderfamilies, die Robertas en die

Jacques’e. Die twee families kom so goed

oor die weg as wat effe afgunstige

skoonfamilies maar oor die weg kom, maar

oor een ding stem hulle saam, en dit is dat

dit nou hoog tyd is dat Roberta en Jacques

begin “produseer”, want daar is nog geen

teken van ‘n eier nie! Die Robertas is dit eens

dat dit nie deur hul dogter Roberta se

toedoen is nie, en die Jacques’e voel net so

sterk dat dit ook nie hul seun Jacques se

skuld is nie. Onder groot druk van die twee

families begin beide Roberta en Jacques

druk vir ‘n vale om te begin “produseer” . . .

Rolverdeling

Carla Smith Roberta

Jesse Cupido Jacques

Andries Meyer Pappa Roberta

Elmien Viljoen Mamma Roberta

Louw Redelinghuys Pappa Jacques

Izelle Viljoen Mamma Jacques

Licia van Zyl Jacqueline

Nicolaas Joubert Oupa Jacques

Nina Faulhammer Ouma Jacques

Zander Koen Die Jacques’e se lyfkneg (eierkneg?)

Mckayla Phyfer Vroedvrou / verpleegster

Marlenke Scholtz

Denicke Nel

Jessica Addinall

Lorin Blaauw Hoender-Ensemble

Ameré Prinsloo

Phia Rossouw

Aimee Erasmus

Tegniese span

Wian Steenkamp Beligting

Nadja Cornelissen Klank

Leanke Pepler Verhoogassistent

Jessica Vice Verhoogassistent

Nicolene Potgieter Verhoogassistent

Page 10: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

GEMEENSKAPSDIENS

Die Durbies het onlangs fluks

bygedra tot hul Omgee-Projek

en ‘n volle R7600 deur middel

van ‘n muntlegging ingesamel!

Hierdie projek, nl. Miles for Smiles

het dit ten doel om

minderbevoorregte kinders wat

met ‘n gesplete verhemelte

gebore word, te ondersteun.

Met elke R5500 kan een

operasie geskenk word.

Wat ‘n wonderlike uitreikaksie is

dit nie! Baie dankie aan elke

leerder wat bygedra het tot

hierdie muntlegging, asook aan

die leerders wat die inisiatief

geneem het om hierdie projek

te loods. Mag julle daarin slaag

om nog meer operasies geborg

te kry.

Indien enige persoon of

besigheid betrokke wil raak by

hierdie uitreikaksie, skakel asb

die skool vir meer inligting.

Registreer en vind meer uit by :

www.swipeforafrica.co.za

Of sms u kaartnommer &

AFRICA na 43139.

‘Swipe’ u My Schoolkaart

meer as 4 keer

by enige van die volgende

instansies om vir ‘n gelukstrekking

in aanmerking te kom:

Woolworths, Engen Quickshops,

Waltons, Kalahari.com,

Toys R Us, Reggies, Supa Quick,

Bargain Books, Club Travel,

Dis-Chem en Vee’s Videos.

Elke week kom die leerders

van die top 3 skole in aanmerking vir pryse!

Op die foto hierbo verskyn die projekkomitee v.l.n.r.

Mari Theron, Wianke Jenkins, Elke ter Borg, Attie

Lombard, Inge Odendaal en Cornè Thiart

Page 11: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

SPORT

Lank gelede het die rugbylegende, Boy Louw na die Springbokke se naelskraapse oorwinning

oor die All Blacks, die volgende kwytgeraak: “Looks (sic) at the scoreboard!” Dit kan maar net

beaam word. En nie omdat die Durbies net naelskraaps wen of verloor nie! Die sportspanne

lewer die afgelope tyd baie goeie resultate op die veld en baan teen sterk opponente van

skole heelwat groter as HSD en verdien ‘n klop op die skouer. Ons is trots op die Durbies!

Sat. 04 Mei vs Hugenote HS

o.19 A wen 20 - 16

o.19 B wen 20 - 13

o.19 C verloor 3 - 5

o.16 A wen 19 - 13

o.16 B verloor 0 - 19

o.15 A wen 20 - 0

o.15 B wen 15 - 5

o.14 A verloor 0 - 35

o.14 B wen 22 – 10

Sat. 11 Mei vs HS Tygerberg

o.19 A wen 20 - 18

o.19 B verloor 7 - 24

o.19 C verloor 3 - 32

o.16 A verloor 5 - 41

o.16 B verloor 12 - 42

o.15 A verloor 10 - 17

o.15 B verloor 0 - 24

o.14 A verloor 5 - 19

o.14 B wen 5 – 3

o.14 C verloor 12 - 24

H. Jordaan

Sat. 04 Mei vs Hugenote HS

o.19 A verloor 22 - 29

o.19 B wen 19 - 15

o.19 C verloor 8 - 28

o.19 D verloor 14 - 16

o.16 A wen 14 - 11

o.16 B wen 14 - 7

o.16 C verloor 8 - 16

o.15 A verloor 18 - 25

o.15 B verloor 5 - 12

o.15 C verloor 5 - 16

o.14 A wen 19 - 13

o.14 B wen 9 - 5

o.14 C verloor 0 - 9

Sat. 11 Mei vs HS Tygerberg

o.19 A verloor 30 - 34

o.19 B verloor 13 - 25

o.19 C wen 27 - 4 O.19 C is die Span van die week!

o.16 A verloor 17 - 18

o.16 B gelykop 17 - 17

o.16 C verloor 6 - 9

o.15 A verloor 10 - 29

o.15 B verloor 11 - 18

o.14 A verloor 14 - 17

o.14 B gelykop 12 - 12

o.14 C verloor 11 - 21

NETBALPROEWE

Vier Durbies, Huibri Smith (o.15), Nadia

Brunner, Chanè Erasmus (o.17) & Brunick

Bezuidenhout (o.17) is in die verskillende

WP-groepe opgeneem. Die finale indeling

word op 25 Mei bekend gemaak. Ons sien

met groot verwagting uit na die resultate

en hou duim vas vir ons 4 netbalsterre!

A. Stoffberg

KORREKSIE

Ons vra om verskoning vir die telling van

die o.16 A-rugbyspan teen Tygerberg RFC

wat in die vorige uitgawe verkeerdelik

aangedui is as 17 – 10. Die korrekte telling

is 19 – 0 in HSD se guns.

N. Minnie

Page 12: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

SPORT

Sat. 04 Mei vs Hugenote HS

o.19 A gelykop 0 - 0

o.19 B verloor 0 - 3

o.16 A verloor 0 - 2

o.16 B verloor 0 - 4

o.14 A verloor 1 - 2

Sat. 11 Mei vs Fairbairn College

o.19 A wen 1 - 0

o.19 B verloor 0 - 4

o.16 A wen 1 - 0

o.16 B verloor 0 - 2

o.14 A verloor 0 – 1

NOORD-SONE PROEWE

Conrad Swart, Mattieu Bettings en Ruan

Mostert is deur na die volgende rondte

proewe. Baie geluk! Ons vertrou dat die

toegewyde oefening die verlangde

resultate sal lewer! J. Wessels

Sat. 04 Mei vs Hugenote HS

o.19 A gelykop 0 - 0

o.19 B gelykop 0 - 0

o.19 C wen 3 – 0

o.19 D wen 3 - 0

o.16 A verloor 0 - 1

o.16 B gelykop 0 - 0

o.14 A wen 1 - 0

o.14 B verloor 0 - 3

DOELE o.19 C:

Natasha Rossouw (2); Alné Barnard (1)

o.19 D:

Margitte Connan (2); Charmoné Lotriet (1)

o.14 A: Jean-Marie Bettings

Sat. 11 Mei vs Fairbairn College

o.19 A verloor 1 - 3

o.19 B wen 2 - 0

o.19 C wen 3 –0

o.19 D verloor 1 – 2(The Settlers)

o.16 A wen 3 - 0

o.16 B wen 1 - 0

o.16 C verloor 0 - 2

o.14 A verloor 0 - 4

o.14 B verloor 0 - 3

DOELE o.19 A: Sylvia van Rooyen

o.19 B: Nadia de Bruin,

Janke Jacobs

o.19 C: Chanel van Tonder (3)

o.19 D: Anja Boonzaaier

o.16 A: Lizaan van Aardt,

Nadia Redelinghuys &

Inge van der Merwe

o.16 B: Melanie Mouton

Y. van Huyssteen

VERSTAAN HOKKIE BETER MET DIE

VOLGENDE MAKLIKE REËLS

1. Die bal mag nie aan ‘n speler se voete

raak nie.

2. Die bal mag nie hoër as kniehoogte gelig

word, tensy dit veilig is en waar geen speler

in gevaar is nie.

3. Die bal mag nie bo skouerhoogte gespeel

word nie, behalwe deur die doelwagter.

4. Spelers moet 5m weg staan wanneer spel

begin, asook wanneer die bal by kantlyn

uitgeslaan word. So ook met ‘n afslaan na

‘n obstruksie of by die sestien tree-

“lyn” (wanneer bal agter die doellyn

uitgeslaan is).

5. ‘n Korthoek word gegee wanneer die bal

aan ‘n persoon se voete raak in die

doelsirkel of reflekteer om ‘n doel te keer.

6. Daar mag nie twee spelers by ‘n bal wees

om te verdedig nie.

7. Spelers mag nie fisiese kontak maak met

opponent of obstruksie veroorsaak met

sy/haar lyf nie.

8.

8. ‘n Doel word aangeteken wanneer ‘n aan-

vallende of verdedigende speler die bal

in die doelsirkel raak en in die doelhok

beland.

9. Bal mag nie met agterkant van stok gespeel

word nie.

10. Doelwagters mag nie op hokkiebal gaan lê

nie. Saamgestel deur me. Sharon de Bruin

Page 13: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

2de LIGA: Woensdag 24 April by HTS Bellville

DOGTERS O.15

Bertmari Kraay 8ste

Jana Duvenhage 18de

Linzé Dippenaar 21ste

DOGTERS O.17

Dominique Rocher 9de

DOGTERS O.19

Pascal Rocher 3de

Wendy Pick 10de

SEUNS O.14

Rohann Bester 28ste

Eric Laker 47ste

SEUNS O.15

Mjé Boshoff 14de

Jason van der Walt 59ste

SEUNS O.16

Lambert Brink 19de

Jean-Luc Herbst 42ste

Niel Coetzee 44ste

SEUNS O.17

Hanno Esterhuizen 59ste

SPORT

Ma. 06 Mei

A- Span vs HS Stellenberg verloor 2½ - 3½

B-Span vs Atlantis verloor 58 – 67 (op Stableford-punte)

H. du Plessis

Vr. 10 Mei

o.15 vs El Shaddai Christian School

verloor 1.5 – 4.5

Koningin is Chanté du Toit in gr. 9

H. Rebel

3de LIGA:Woensdag 30 April in Blackheath

Die onderstaande atlete het deelgeneem:

DOGTERS O.15:

Bertmarie Kraay

Jana Duvenhage

Linzé Dippenaar

Marinel Wegman

DOGTERS O.17:

Dominique Rocher

DOGTERS O.19:

Pascal Rocher

Wendy Pick

SEUNS O.14:

Eric Laker

Rohann Bester

SEUNS O.15:

Jason van der Walt

MJé Boshoff

SEUNS O.16:

Jean-Luc Herbst

Lambert Brink

Niel Coetzee

SEUNS O.17:

Hanno Esterhuizen

M. Blom

Page 14: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

TOWNCAPTAIN.COM GESELS MET…

TownCaptain.com bied nie net die

geleentheid vir blootstelling aan sport nie:

skoliere wat op bykans enige terrein -

hetsy akademie, kultuur en ander

buitemuurse aktiwiteite- uitsonderlik

presteer, word uitgenooi om dit onder ons

aandag te bring.

Vir navrae en inligting, kontak ons by

[email protected]

Om op hoogte te bly van die jongste

nuus en uitslae van omliggende skole,

besoek gerus: www.TownCaptain

En as jy van TownCaptain.com hou,

https://www.facebook.com/TownCaptain?ref=hl

AANLYNREKLAME

HSD het onlangs ‘n reklame-ooreenkoms

aangegaan met TownCaptain.com, ‘n

aanlyn-publisiteitsforum wat daarna streef

om soveel as moontlik rolspelers in die

gemeenskap, nl. skole, kerke, sportklubs,

plaaslike owerhede en welsynsorganisasies

in kontak te bring met die

besigheidsgemeenskap.

TownCaptain.com spits hom veral toe om

blootstelling te verleen aan prestasies van

skole en leerders via die webtuiste

www.towncaptain.com en Facebook.

Dries Badenhorst, van TownCaptain.com

voer op ‘n gereelde basis onderhoude met

jong presteerders. Hierdie onderhoude kan

op sy webtuiste gelees word. Vir hierdie

uitgawe fokus Dries op ons eie tennissterre,

Henri du Toit, Lara Mostert en Freddie van

der Merwe.

Lees gerus die onderhoud op

https://www.towncaptain.com/article/hs-

durbanville-se-tennisspelers-is-ware-inspirasie/

TownCaptain.com verskaf origens ook

reklame vir besighede. Eienaars van

besighede kan inligting vir

advertensieblootstelling bekom op sy

webtuiste.

Luister elke Saterdagmiddag na die

sportnuus op Bokradio tussen 15:00 en

15:30. Durbie-sportnuus word per

geleentheid uitgesaai in hierdie

program wat deur Leon Peters

aangebied word.

Durbie-Tennissterre: Henri du Toit, Lara Mostert & Freddie van der Merwe

Page 15: TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL … · 2014-01-31 · TEL: 021 UITGAWE 8 ~ 17 Mei 2013 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand

KONTAK ONS

Tel / Faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)

Algemeen: [email protected]

Sport: [email protected]

Kultuur: [email protected]

Bemarking: [email protected]

Alumni / Oud-Leerders: [email protected]

Borge: [email protected]

Klerewinkel: [email protected]

Boekekamer: [email protected]

BELANGRIKE DATUMS

MEI

21 Afrikaans Olimpiade

30 Eksamen Begin

JUNIE

5 SBL-Tusssenverkiesing

16 JEUGDAG

17 PUBLIEKE VAKANSIEDAG

20 The Heath Toer vertrek na VK

21 Skool Sluit

Let asb op dat alle datums onderhewig is aan verandering.

Indien onseker, skakel gerus die skool @ 021 976 3188 om bevestiging te kry.