tydskrif van die christelike vereniging van suid-afrika nr 22.pdf · die saligheid word verkry...

9
Nomm\. IZ2 - Maart 1950 DI E llG RAER TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA v {) WANT EK HET MY VOORCENEEM OM NIKS ONOER ·JULLE TE WEET NIE BEHALWE JESUS CHRISTUS ENHOM AS CEKRUISICOE I MA. t .1tR2. ,. ... Rig alle korrespondensie aan Redakte'J.r, Carlstraat 439, Pretoria.

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 22.pdf · Die saligheid word verkry langs die weg van diepe ver nedering soos Jesus self ook moes ondergaan het. Laat ons

Nomm\. IZ2 - Maart 1950

DI E llG RAERTYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE

VERENIGING VAN SUID-AFRIKA

v{)

WANT EK HET MY VOORCENEEM OM NIKS ONOER

·JULLE TE WEET NIE BEHALWE

JESUS CHRISTUS ENHOM AS CEKRUISICOEI MA. t .1tR2.,. ...

Rig alle korrespondensie aan Redakte'J.r, Carlstraat 439, Pretoria.

Page 2: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 22.pdf · Die saligheid word verkry langs die weg van diepe ver nedering soos Jesus self ook moes ondergaan het. Laat ons

Ii.'

OES EN, ARBEIDERS

"Kyk, ,Ek se vir julle, slaan julle oe op en aanskou die landedat hulle wit is vir ,d~eoes."-(J oh. 4: 35).

Beer, gee dat U yolk hul oe op sal slaan,Dat hulIe mag aanskou die oes

Reeds wit; mag sien hoe kosb're korrels graan

Ongeoes, deur vyandsmagte word verwoes,Wat by' gebrek aan sekels gaan tot niet;

Vergeefs vir hulle het V Seun Sy bloed vergiet!

Beer, gee dat V yolk se harte oop sal. gaan,Dat hul mag voel V pyn en sm,irt

Terwyl die aarde nutteloos word beslaan

Deur sondaars smagtend na U vrede in hul hart!Help ons 0, Beer, om V smarte ook te voel.En bereik in elke'lewe, Beer, V doel.

Beer, roep uitgenade wie jonk is en sterk,Vit na V oesveld waar verlorenes sterf,

Om daar waar die mag van die bose werk,Kosbare siele vir V Ryk te gaan werf!

Roep hulle, Beer, teen elk koste en prys .

Salf hul met V Gees Beer, 0, maak hulle wys!

Beer, open"2'uit genade die deur van V kerk;Stuur \lit V kudde noord, oos, wes en suid,

Om te soek en te trek, om te dwing en te werk!Stort op V kudde nou V Pinksterkrag uit!Wil vir h~l moeite, arbeid en swerwe

E'ens hul en hul gerwe V kroon laat beerwe.

K. P.

2

~~~,~~."').;.

"";"

/.

'N GOb f KRYGSMAN

Ly dan verdrukking soos in goeie krygsman van Jesus. Christus"-(2 Tim. 2: 3).

Hier leer die apostel ons dat ons nie 'n goeie krygsman vanChristus kan wees, tensy ons gewillig is om verdrukking deur 'te maak. Ons moet ook leer wat die apostel Paulus geleer het.Hy het self gese: "Daarom het ek behae in swakhede, in mis­handelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christusontwil"-(2. Kor. 12: 10). /

Die saligheid word verkry langs die weg van diepe ver­nedering soos Jesus self ook moes ondergaan het. Laat ons danmet alle mag en krag tot ons beskikking die stryd aanvaar, diestryd wat Jesus en al die apostels en profete deurgemaak het.0, dit is so gelukkig as die Here se kinders Hewers so laagwil sak dat ons mekaar se voete kan was en mekaar se diens­knegte kan wees. Ja, as die ware liefde so in ons harte branddat ons self nie omgee om maar skade te ly nie, dan salonsdankbaar wees as ons net iets aan ons medemens kan doen wattot eer van die Here en tot nut van die ewigheid kan wees.

Laat ons maar alles in ons vermoe doen om 'n skat in dieewigheid te kan vergader, want dan salons later die -vrugtedaarvan kan gaan sien soos baie van ons dierbares wat alleshier op die altaa.r van toewyding neergele het,' dit nou reedssien en aanskou. Hulle het niks te dierbaar geag vir die salig­l1eid nie maar nou is hulle dankbaar dat die Here hulle sogehelp het om op te offer en te ly. Vir hulle lyk daardieopofferinge nou nietig by die heerlikheid wat hulle beerwe het.

As ons ook nou al ons tyd en kragte opoffer om iets in dieewigheid te kry, as ons nou gewillig is om te ly soos 'n goeie ,krygsman, dan salons ook eenmaal kan se die helfte van dieskoonheid en luister van die saligheid is nooit aan die sterflingvertel nie. Want al lyk die ding-e van hierdie wereld hoegelukkig. is dit maar net tydelik, en met al die prag en heerlik­he id van die wereld kan ons nie eers een enkele siel vir dieHemel koop nie. Alles gaan so haastig verby: ure, dae, maande,jare, met al hul plesiere vlieg soos 'n gedagte verby. Al genietdie mens op aarde 'n lewe van plesier wat 100 jaar duur, danbreek die oomblik spoediger aan as wat ons verwag wanneerdaar die 100 jaar verby is en dan .... dan is die oomblik daarwanneer ons ha or : "Kom siel, gee nou rekenskap van jou afge­legde lewe." Dan staan die siel, wat aan di,e dinge van diewereld vasgeklem het, nakend sonder iets wat tel vir die ewig­heid, want alles wat hy hier op aarde met moeite deur die ja,reheen bymekaar gemaak het, tel by die dood glad nie, omdat ditalles 5005 kaf sal verbrand!

3

Page 3: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 22.pdf · Die saligheid word verkry langs die weg van diepe ver nedering soos Jesus self ook moes ondergaan het. Laat ons

)

Al wat daardie oomblik, 'wanneer die dood in tree, sal tel,is die dinge wat deur die Heilige Gees gedoen is, omdat slegsdie werk van die Heilige Gees die vuurproef gaan deurmaak.Dit is die Heilige Gees wat die gewig van die ewighed in diemens se siel inwerk, want die Gees kom van die hemel engetuig van die hemel, en dit werk in ons lewe die werke watsal te1 in die hemel. 0, die Ewige God verlang dat ons armemense wat eenmaal arme verlore sondaars was, vir Horn 'newigheidswerk hier op aarde moet doen en dit kan nie sonder

'Ewigheidskrag gedoen word nie.

Van ons word dan nou geeis om al ons goeie werke wat inons krag gedoen is, aan daardie nederige Heiland se voete neerte le en vir· Horn te se: "Here, ek sien al my goeie goed inhi'erdie wereld is kaf en dit moet verbrand word. Gee dannou uit genade vir my deur U allesoorwinnende krag en HeiligeGees van die hemelse werke om hier vir ander te vertel en voorhune uit te lewe, sodat dit nie meer my goeie. goeid is wat eksaai nie,' maar van die hemelse goeie saad wat'sal groei sodatek ook eendag as ek daar sal kom '.nskat in die ewigheid kan he."

Dan salons ook met 'n vrymoedige hart kan se: "Here ekkom nou maai wat ek gesaai het in my lewe" of ons sal soos dieman Gods kan se: "Here vergelde nou die werk van ons handeoor ons kinders. Laat dicebrood wat ons in al die jare op diewater' gegooi het, nou na ons kinders en dierbares toe kom."Dan salons sien die diepe vernedering en verootmoediging hetons ge1eer om ook te ly soos 'n goeie krygsman van Christ usJesus.

F. J. VISAGIE, Leraar.

!!i>

Waarskuwings aan die Christen

Geld koop alles behalwe ware geluk.Alles buit'en God is op sand gebou.As jy die een mens haat is dit onmoontlik om die ander een

waarlik lief te he.Die weg van die oortreder is die weg van ellende en dood.'n Man wat wys is in sy eie oe - vir 'n dwaas is daar meer

hoop as vir horn. 'Selfsug is die wortel van 'baie sonde.Dit help niks om al die kennis van die Bybel te he en C:ie

gebooie nie te doen nie.Die rede waarom mense hulle besig hou met kritiek en

skinderpraatjies is 'n gebrek aan liefd~. .Die we.reld se lof is nie meer werd as haar verwyte pie.

4

KOM ONS GAAN KYK

Ons gaan na Betlehem, 0 my sic!' D~ar le 'n kindjie teeren rein, in die krip van 'n koeistal. Groot is' jou hoop en ver­wagting, 0 my siel, want dit geskied om jou ontwil. Hy vlugvir Herodes, is onderworpe aan verdrukking en ellende om jouontwil, 0 my si'el.

Verwonderirig en verbasing gryp die skrifgeleerdes aanwant Jesus, 'n Seun van twaalf "jaar oud, die seun van 'n tim­mermart, wat geen onderwys ontvang het nie, leer hulle wys­heid, ja, ook vir jou, 0 my siel. In lewe en wande! word Hyverag, word Hy beskou as die onwaardigste van alle mense ....en dit was om vir jou nederigheid te leer, 0 my siel.

. In Getsemane bid Hy in angs en benoudheid totdat bloed­druppels val, om jO'l ontwi!, 0 my sie!'

Kom na die heuwel van Golgotha, 0 my sic!' Luister nadie laster' en spot van 'n rumoerige skare. ;,Kruis Horn! KruisHorn! Weg met Jesus van Nazaret!" Dit is hul eis gedryf deurdie bose.

K.1k, my siel, daar eenkant staan 'n klein groepie mens-e.Hulle raas nie maar is stil, versIae en teneergedruk, want Bydaar aan die k.ruis is hul Dierbaarste Vriend en hulle is Sy

kinders yerlos deur Sy bIoed.

° my siel, waar staan jy? Is jy by die klein groepie oftel jy onder die rumoerige skare? ° my siel, maak tog seker

waar jy staan! Miskien staan jy, 0 my siel, in die voorste ryvan die skare van spotters! As dit so is my siel, waarom wagjy? Kom kyk Jesus sien vir jou, Hy sien jou nou. Kyk op inSy heilige oe en aanskou die licide wat jou nou wi! red, 'n licidewat jou niks wi! verwyt nie, 'n liefde wat "jou wil omhelS"as 'nverloste!

o my sic!, gaan kniel by die kruis elke dag en ontvang daardie krag om te lewe tot EER VAN SY NAAM elke dag.

'N STRYDER.

5

Page 4: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 22.pdf · Die saligheid word verkry langs die weg van diepe ver nedering soos Jesus self ook moes ondergaan het. Laat ons

OORWINNING

,;Maar die wat op die Here wag, kry nuwe KRAG: hullevaar op met vlerke so os arende; huLle hardloop en word nie matnie, huLle wandel en word nie moeg nie"-(J es. 40: 31).

Krag is een van die onmisbaarste dinge op aarde. Soos dieeeue verbygesnel het, het die drang na krag gedurig aangeg,roeionder die mensdom van die aarde. Nama te die een nasie die

. ander oortref het in krag, het hy heerskappy gevoer oar dieswakkeres. Dit is dan oak daardie begeerte om as oorwinnaaruit die stryd te t.ree wat nasies aangespoor het om krag sanderperke te probeer verwerf om sodoende heerskappy te voer.

Nog nooit in die bestaan van die were Id het die wedloopna krag so 'n hoogte bereik soos vandag nie. Die hele wereldhet as het ware een groot pakhuis van onmeetbare hoeveel­hede krag gewRrd.

As ons ons teksvers en die vorige vers aaridagtig lees, danontbrand daar 'n verlange 'in ons hart na daardie krag waarvandie profeet praat. Dit moet wonderlik wees om so 'n staat vanveiligheid te bereik soos die arende wat ver bokant die wolkeheen en wee.r sweef waar hulle enige gevaar trotseer. Dit moetwonderlik wees om te hardloop en nooit moeg te word nie. Ditskyn asof hierdie krag ons voer na die toppunt van veiligheiden is dit nie waar dat veiligheid die een groot verlange is vanelke mens op aarde nie?

So vind ons vandag die hele wereld gewikkel in 'n bynaongekende wedloop om krag .. Die krag waarna die wereld jaagis weliswaar nie die krag waarna ons verlang nie maar word intwee vorms geopenbaar en geken, naamlik geLi en krygstuig.Die ryk man word 'n sterk man genoem al is hy liggaamlik ookhoe tengerig en swak. Die nasie word 'n sterk nasie genoemnamate hy geld en oorlogstuigbesit.. Word die vraag gestelwaarom die gejaag na hierdie soort krag, is daar net een ant­woord en dit is: mense en nasies wil seljstandig wees sodathulle op aarde in eie krag, kan lewe!

Uit ons teksvers straal 'n gevoel van veiligheid deur kragmaa~ as ons na die krag van die nasies kyk, moet ons erkendat dit net ellende' op ellende en verwoesting op verwoestinggebring het, en vandag is die ou wereld so onveilig as wat ditnog nooit tevore was nie. Wanneer die nasies van die wereldvoor die groat wit troon van God gedaag word, salons eerswaarlik verstaan watter onberekenbare skade hierdie aardsekrag die mensdom berokken het, wanneer miljoene kosbare sielewat op hul eie krag en na hul eie goeddunke en selfstandig-

6

heid die lewe op aarde VOOl Lgesit het, die verdoemnis ingestuursal word. Want jy se: "Ek is ryk en het verryk geword en hetaan niks gebrek nie; en jy we et nie dat dit jy is wat ellendig enbeklaenswaardig en arm en blind en nakend is nie."-(Open.3: 17).

Voorgaande waarhede vertel vir ons dat daar twee soortevan krag is, naamlik GoddelLike en menslike krag, maar dit ver­tel ons ook baie meer : . waar God volmaakte voorsiening ge­maak het, deur die middels wat Hy self daargestel het om diemens veilig deur hi'erdie wereld te lei na die ewige lewe, daarhet satan voo.rsieninggemaak vir namaakseIs van God se mid­dels om daardeur die mens se ewige ongeluk te bewerk. Jesushet dikwels melding gemaak van hierdie onegte dinge bv. inJoh. 14: 27 "My vrede gee Ek julle, nie soos {he wereld, gee Ekvir julle nie." Ons hoor van wereldse vrede, wereldse krag,wereldse verlustiging, wereldse eer, wereldse liefde, ens., almal

. namaakseLs van die Goddelike gawes wat satan vandag @ebruikom mense tevrede te stel en die verderf in te stuur.

Voorgaande is aangestip om in 'n geringe mate die listigeplanne van satan in die lig te stel. Om nou terug te kom nadie krag waarvan ons tJeksvers praat, wil ons met al die ernsvan ons hart dit afdruk op elke siel dat sonder hierdie Godde­like krag niemand ooit die hemel sal sien nie. Laat ons baiebeslis verstaan dat geen mens bestand is teen satan nie. Godalleen is bestand teen hom en alleen in dk~ krag van God kandie mens ham oorwin. Daarom is dit lewensbelangrik en uitersnoodsaaklik vir elke mens om 'n ·deelgenoot te wees van diekrag van God.

Waar menslike krag horn vertoon in selfstandigheid enonafhanklikheid daar is die uitstaande kenmerk van Goddelikekrag 'n gevoel van diepe ajhanklikhe~dJ van God, oomblik naoomblik. Gp meesterlike wyse het die Here Jesus uiting gegeeaan hierdie kenmerk in die gelykenis (Joh. 15: 5) "Ek is diewynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in horn, hy dra baievrug; want sander my kan juIle niks doen nie."

Gp ons lewerispad na ons eindbestemmirig moet een vantwee dinge plaasvind: ons moet satan met al sy magte oarwinom in die hemel in te gaan of satan salons oorwin om dieewige verderf ing'eslinger te word. Ons kan satan nie oorwinmet eie middels of krag nie, en daarom moet ons ons tot Godwend vir Goddelike krag om die vyand wat rondgaan soos 'nbrullende leeu te verslaan. U se: "Ek het dikwels van Godkrag gevra en nog keer op keer die neerlaag gely, moedeloosgeword, ja byna in wanhoop die stryd gewonne gegee!" Miskienhet u nog "i'ltyd op u eie manier gaan krag vra en nie soos God

7

Page 5: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 22.pdf · Die saligheid word verkry langs die weg van diepe ver nedering soos Jesus self ook moes ondergaan het. Laat ons

edit voorskryf nie: ;,Die wat op die 'Here wag, kry), Je bag."Hier is twee diepgaande waarhede opgesluit: Eerstens moetons baie beslis die aangesig'van die Here soek om, kos wat ditwil, krag te ontvang. 'n Vlugtige gebedjie sal God nie bevredignie. Ons moet biddend, gelowig wag totdat God antwoord. DieHere wil ons leer om meer tyd vir gebed te gee, om meer hartliken gelowig te bid, om ons meer af te sonder met Horn, ja omin e~n woo.rd gemeenskap met God te beoefen. Hy is die Bron

.van krag; solank ons met Horn in aanraking vel'keel' soos die. rank in die wynstok, salons krag tot 'oorwinning ·besit. Di€Here se ons moet op Hom wag in gebed, sodat ons ontslae kanraak van 'n Iewe van biddeIoosheid .. Dit is dikweIs hulle watdie minste tyd maak vir gebed wat die langste moet wag opantwoord. Maak.ons nie ook so nie: as iemand wat ons liefhet en in wie ons baie belangstel, by ons kom dan doen onsaUes in ons vermoe om hom solank as moontlik by ons te hou!Hoeveel te meer die dierbare Here Jesus Wie mense liefhetmet 'n grenslose liefde. Hy wo.rd dikwels genoodsaak om daardie kosbare krag van Hom, asook baie ander seenings van onste weerhou om daardeur langer ons gemeenskap te behou.

Tweedens: Die wat op die Here wag ontvang nuwe krag.Ons kan nie vandag genoeg krag ontvang om vir 'n week of 'nmaand aan te gaan -nie. Ons moet gedurig nuwe krag kry virelke werkie, vi.r elke beproewing, vir elke aanval van die bose,ja vir elke omstandigheid waarin ons ons oomblik na oomblikmag bevind. Die krag van God is soos 'n elektriese stroom:die wat reeds gebruik is, is weg en die masjien wat met elek­triese krag loop, moet in kontak met die stroom bIy. Sodradie toevoer afgesny word, staan dit stil totdat die toevoer weeI'herstel is, sodat nuwe krag dit in staat sal stel om weeI' te loop.Wanneer die mens die nuwe -krag ontvang, word hy nie moegof mat nie./' So wil die Here ons le€r om diep afhanklik van Horn telewe sodat wannee.r satan ons aanval ons in Horn Skuiling salvind.

Liewe leser, gaan u nog gebuk onder die neerlae vansatan? Dis nie nodig nie omdat Christus 'n volmaakte oorwin­

/ ning aan die kruis op Golgotha uitgewerk het. Waar daar dusneerlaag en magteloosheid ondervind word, soek dan na die

-onderb.reking van die toevoer van krag. D kan seker wees dierout le nie by die Kragstasie nie. Breek met die Wereld en syonegte dinge, gee aUes prys vir Jesus en u sal ·voortgaan inkrag tot oorwinning. Wat die mens nie nou wil prysgee enskade ag vir Jesus nie •...sal hy eendag moet prysgee wanneer hydie tyd met die ewigheid verwissel, miskien lank voor diemens dit verwag.

S. P. SMIT.

8

,

'to.. GETUIENIS

Met my laaste verjaarsdag, terwyl ek die Here in gebeddank dat Hy my s-oveel jare op my lewenspad vergesel en deural my moeilikhede gehelp het, het ek met my geestesoog gesienal die weidade en lie£de wat die Here al aan my gedoen het deurdie jare heen. Dit aUes het weeI' in my geheue herleef daardieoomblik. Ek wil net enkele gevaUe aanhaal as voorbeelde .

Op 'n sekere dag het ek baie swaarmoedig en bedruk gevoel. oar die sieIstoestandvan my kinders en ek slaan die Bybel oopby Rut 3 en in die laaste deel van die negende vel'S lees ek datRut vir Boas se: "Want u is die losse.r." Hierdie woorde hetdiep in my hart geval en daar 'n verlange laat ontbrand omvir die Here te se: "D is die Losse.r van my siel en die sielevan my kinders" en terwyl ek bid, kom in my siel daardievaste vers.ekering dat die Here my kinders sal red as hulle naHam toe kom.

Een nag terwyl my eggenoot weg was op besigheid en ekvinge.ralleen tuis was, gryp 'n angs my aan en my enigste toe­vlug was by die Here. Ek lees in Gen. 21: 14 en 17 hoe Hagaren haar kind in die woestyn van Berseba ·huIpeloos was enhoe God hulle gehelp het. Dadelik kom daar rus in my sielen die oortuiging dat die Here my sal bewaar soos vir Hagar.0, hoe goed is dit om die Here te kies vir 'n Vriend. As al onsdierbares Vel' is dan is Hy naby" Al sal ek nog so lank lewe aswat ek alreeds gelee£ het, dan wil ek graag my hele lewe. eIkedag daarvan, vir die Here 10.0.£.

M. PRETORIUS, Klerksdorp.

'N WAARSKUWING

Aangesien miskien een en auder van ons nog nie daar­van bewus 'mag wees nie wil ek nogeens vertel van diegesig wat ek gesien het. Dit was nog in die leeftYd van onsoorlede voorganger, oom Fanie Roos, dat €k helder oordag om­trent 12-uur 'n bietjie gele en rus het. Ek het nie geslaap niemaar het wakker gele en rus. Dit was aso£ my gedagtes totstilstand kom en ek sien 'n groat skip op di'e see voortvaar, 'n

. skip vol mense.. Waar die skip heengaan, weet ek Die maarrondom die skip so Vel' as wat die oog kon sien, was net see­water, glad geen land :vas in sig nie.

9

Page 6: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 22.pdf · Die saligheid word verkry langs die weg van diepe ver nedering soos Jesus self ook moes ondergaan het. Laat ons

10

C. P. STRYDOM.

'N GETUIENIS

GENESING

11

julle rus gee." Die b0~-,skap, wat tot ons gekom het was:Jesus in Getsemane. Ek het Jesus gevolg in die gees tot in dietuin van Getsemane en my hart het gesmelt toe ek met diegeestesoog aanskou wat Hy vir my moes verduur, smart opsmart. Dit is waarlik die moeite werd om Jesus lief te he,Horn te ken as die Liefling van ons hart. Ons het weer nuwemoed geskep op ons pelgrimsreis.

Dieper in U Li-efde JesusStel ek liggaam, siel en gees,Tot my lewe 'gans verborgeRein deur kosbaar bloed sal wees.

SANNIE FOURIE.

"Daarin het 'n groat menigte van siekes gele: blindes enkreupeles en lammes wat vir die roering van die water gewaghet"-(Joh. 5:3).

As daar een ding in hierdie lewe is waarna elke mens ver­lang, dan is dit seker gesondheid. Ons wil almal graag lig­gaamlik in staat wees om te deel in die dinge wat die lewe onsbied. Maar die Here stel nie soveel belang in ons liggame seg-esondheid nie. Hy stel baie meer belang in die mens se sielen dikwels laat Hy 'toe dat die mens langdu.rig siek bly omsodoende die mens se siel te probeer red. So was hier 'n manwat reeds 38 jaar lank siek was d.w.s. hy was ten minste vanaf4 jaar voor die vleeswording van Jesus siek. Jesus kon homlank van tevore reeds genees het maar Hy het eel'S gewag omSy' doel met horn te bereik.

In die wereld vandag nog is daar baie siekes wat aan aller­hande kwiJJe ly, maar as ons die mens kon sien soos Jesus hullesien dan sou ons seker baie min rus geniet het. Ons sou sienmense. miljoene van mense, siek tot die dood toe, nie aan dieliggaam nie maar aan die on:oterflike siele; mense vir wie Jesuskosbare lewensbloed gestort het, tot die laaste druppel toe.

Ons sou sien die blindes van die wereld, mense geestelik soverblind dat daar vir hulle geen hoop is nie,t-ensy God Sykinders deur die Heilige Gees wakker skud om daardie blil}deswie vir Jesus nie ken nie, te gaan opsoek, om vir hulle te bidmet harte gevul deur Golgotha's liefde, totdat genade hul oe

, sal oopmaak sodat hulle kan sien, kan sien in die gees, diewonderlike verlossing wat almal se deel kan wees in onse HereJesus.

Liewe Broers en Susters,Ek is dankbaar om deur middel van Die Ligdraer te kan

getuig wat die Here vir ons gedoen het gedurende die laastereeks dienste wat 'n broer hi!=r op Straatsdrift gewerk het. Ekkan net met -een woord se dit was heerlik en lieflik. 0, onshet Jesus so lieflik en kennelik ontmoet. Die stryd was somsbaie hard. Satan het sy beste gedoen om die werk van dieHere te strem, maar loaf die Here, Jesus het oorwin.•

Die Sondagmore om halfelf het ons waarlik gevoel ons staanop heilige grand. 0, hoe kon ons weer Jesus se voete natmaakmet ons trane en in Sy vriendelike gelaat opkyk waar Hy virons toeroep: "Kom almal wa t dol'S het, kon drink van 'dielewende water, en almal wat vermoeid en belas is kom; Ek sal

,·Toesien ek 'n klompie mense van die skip afklil, ie seein.i Hulle was nie gedwing nie maar het self vrywillig afge­klim en terwyl hulle so ronddrywe, het hulle heeltemal tevrede

.met hulleself gelyk en geen poging aangewend om terug tekeer na die skip nie of om hulp te soek nie. Hulle het ooknie bymekaar gebly nie maar elkeen sy eie koers in voort­gespartel. Die mense van die skip het blykbaar ook nie 001'

diegene in die water bekommer nie. Terwyl ek so na diemense in die water staan en kyk, het hulle een vir een onderdie golwe verdwyn.

, Nadat die skip so 'n ent ver gevaar het, het nog 'n klompiemense op dieselfde wyse as die eerstes, afgeklim en ondel' dieiolwe verdwyn.

Ek het lank daarna gewonder wat dit kan beteken en kondit eel'S nie verstaan nie. Later het dit vir my lig geword datdie skip die Christelike Vereniging-geeswerk voorstel en diemense wat afgeklim het is mense wat nie tevrede is met dieleiding van Gods Gees nie en dan hul eie koers volg en ramp-spoedig onkom. "

\.

. Daarom wil ek 'n waarskuwing rig aan al die lede van dieChristelik Vereniging-geeswerk. Ons moet waak en bid datons nie allerhande vreemde dinge in die Geeswerk inbringnie. Laat ons in nederigheid volg soos die Gees lei anders vreesek vir die gevolge van ongehoorsaamheid. Laat ons almalgewaarsku wees.

Page 7: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 22.pdf · Die saligheid word verkry langs die weg van diepe ver nedering soos Jesus self ook moes ondergaan het. Laat ons

.

.":' Ons sou sien die kreupeles van die were Id, mense .. ,c een­maal vir Jesus geken het maar op die pad vermink geraak hetonder die'a~mslae van die bose, wat soms medereisigers gebruik

.om smartlike wonde toe te dien. Ons sien die kreupeles vandie wereld, sommige sit in die pad, and ere gaan strompelend

Hune het almal steun nodig, 'n woord van bemocdiging.'n blyk van meegevoel, 'n gebed.

Ons sou sien die lammes op die pad, mense wo.t 'n begingemaak het op die pad maar gebind deur sondebande magte­loos langs die pad bly le. Tensy diebande gebreek word deurdie krag van Gods Gees kan daardie arme siel nie een treevoorwaarts gaan nie. So dikwels ondervind die mens sonde­vergifnis maar die hart word nie gevul deur di~ Gees van Godnie en die mens kan maar nie loskom uit die mag van die

, sonde nie.")Al daardie mense wag op die een gr~ot gebeurtenis in hur

lewe: die oomblik waarop die water beroer sal word en dit kanalleen gebeur as Gods Gees met herlewing die wereld skud.Die oomblik wanneer Jesus deur Sy Gees aan siele verskyn,word die, blindes siende, die kreupeles en lammes wandel. OpGods verloste yolk rus 'n groot verantwoordelikheid. ToeAbraham intree, was God gewillig om te spaar: as die verlostekinders van God hul verantwoo,rdelikheid besef en oorgaan totvolhardende gebed kan God, voor Hy kom, nogeens die wereldskud deur herlewing. Salons nog langer uitstel en metbebloede hande gaan staan voor die Groot Wit Troon?

K. P.

'N GETUIENIS

Ek was vir omtrent 3 jaar 'n soekende siel en gedurende'daardie tyd was daar baie st.ryd in my siel asook baie vrees.Een ding was vir my baie seker nl. as ek moes sterf dan was ekverIore. ,Oujaarsaand, 13 jaar gelede, was ek in "n diens. Daar­die aand was die gelukkigste aand in my lewe want toe het ekmet die 1:Iereversoen en daar het vrede in my siel gekom.

Vanaf daardie aand het die lewe van stryd begin soos onsdit almal ondervind. Vir 11 jaar was my geestelike loopbaansoos die van baie ander: 'n loopbaan van val en opstaan en baiedae in die vyoestyn van ongeloof. Maar ek loof en dank dieHere dat Hy twee jaar gelede vir my gena de en lig gegee hetom oorwinning te kry. oor die sonde sodat ek vandag as 001'­winnaar met Hom kan wandel.·

12

Ja die oorwinning wat Hy aan elkeen belowe het wat Hornwil aanneem as sy Saligmaker. Die gebed van my hart is datdit die onder'vinding van elke kind van die Here sal wees.

As ek terugdink aan die 11 jaar van mislukking dan voel ekskaam om te dink dat ck vir niks goed was nie: nie vir dieHere nie en ook nie vir die duiwel nie. Ja liewe kind van God.hoeveel is daar vandag op so 'n pad!

Liewe broer en suster, glo u dat die Here Jesus u kan verlosvan sonde, of glo u dat· u onder die sonde gebuk moet gaan en'n dienskneg daarvan bly? Kom ons kyk wat se Gods Woord.

Toe die engel van die Here in 'n droom aan J osef verskynhet en die geboorte van die Saligmaker aangekondig het, het hygese: " .... en jy moet Horn Jesus noem, want dit is Hy wat Syvolk van hul sondes sal verlos"-(Mat. 1: 21).

• Toe Sagaria, vervuI met die Heilige Gees, no. die geboorte\ van sy seun, geprofeteer het, het hy gese: "Laat die Here, die

God van Israel, geloof word, omdat Hy sy volk besoek en virhulle verlossing teweeggebring het." Hier belofte was: "datons, verI os uit die hand van ons vyande, Horn sonder vrees kandien, in heiligheid en g'eregtigheid voor Hom, 0.1 die dae van onslewe"-(Luk. 1: 68 en 74-75).

Petrus se: "Christus .... wat self ons sondes in Sy liggaamop die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterween vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is."

Paulus het die vraag baie duidelik beantwoord in Rom.6: 1-23 -en ons getoon dat ons 'n oorwinningslewe kan lei.

P. C. F.

Wenke vir die Christen,

Minsaamheid, die vrug van nederigheid, is die bevalligstesieraad wat 'n Christen kan he.

As ons God waarlik vertrou, bring dit ons meer geluk asalles in die wereld.

Christus is die enigste oplossing van elke vraagstuk.Lyding is die vuurtoets vir die mens .Vreesagtigheid is 'n teken van ongeloo£.Bekering is slegs die begin van 'n genadelewe.Heiligmaking is lewe en oorvloed.Ontvlug nou van die tpo):'n wat kom.

13

Page 8: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 22.pdf · Die saligheid word verkry langs die weg van diepe ver nedering soos Jesus self ook moes ondergaan het. Laat ons

Liewe Broers en Susters,

Sewe-en-vyftig jaar gelede het die Here 'n' Geeswerk beginwat sal staan tot Hy kom op die wolke. Ek glo daar is in elk­een van ons 'n verlange 'om ons deeItjie te doen om die Lig wat'aan ons gegee is te versp,rei onder die mense. Een manierwaarop u dit kan doen is om in te teken op die Ligdraer. Mis~kien woon u by die kerk en het nie die boodskappe daarinnodig nie, maar daar is baie ander wat nie in dieselfde voorregis as u nie. Teken in op die Ligdraer en maak dit so moontlikvir hulle, wat miskien alleen Vel' weg moet werk, om die bood­skappe te hoor. Tensy ons ten minste 300 intekenare kry worddie blad op 'n verlies gedruk. Die intekengeld is slegs 4/- perjaar! en u kan dit betaal by die Sekretaris, Goedehoopstraat 130,Klerksdorp, of aan die Redakteur, Carlsfraat 439, Pretoria. Asu weet van iemand wat nie die intekengeld kan betaal nie,stuur net die naam en adres en dit sal gratis aangestuur word.Kom laat ons saam werk tot eel' van God!

Spesiale Dienste

••

My Verjaardag en Gebed

As u waarlik voorbidding verlang op die merkwaardige dagvan u lewe, u geboortedag, stuur dan u naam, adres en geboorte­datum aan die Redakteur, Carlstraat 439, Pretoria.

Oris publiseer die name wat ontvang is vir die volgendedrie maande. Maak'n lys daarvan en sit dit in u Bybel enmaak elke dag seker of dit iemand se verjaardag is:

1 Febr.: Hettie Ferguson, Pretoria.2 April: Marie Swanepoel, Bosveld.

10 April: David du Plessis, Venterstad, KP.13 April: Annie Spies, Border.24 April: Sienie Swart, Klerksdorp.6 Mei: Aridries Brits, Betsjoeanaland.

Marie Stehlik, Pretoria.11 Mei: Albert Wessels, Pretoria.

Sannie Swanepoel, Bosveld.18 Mei: H. C. FIemming, Bosveld.27 Mei: Hester Spies, Klerksdorp.

Johnny Brazer, Klerksdorp.30 Mei: Lenie Nel, Klerksdorp.1 Junie: Bettie CelIiers, Devondale.3 Junie: Nikl<jas Pretorius, Devondale.

Benjamin van' Vuuren, Pretoria.7 Junie: CIive Robinson, Pretoria.8 Junie: Kosie Pretorius, Meetfontein.

14 Junie: Lukas Swanepoel, Bosveld.23 Junie: Bettie Preforius, Meetfontein.24 Junie: Kotie Pretorius, Pretoria.28 Junie: Pi eter Pretorius, Pretoria.29 Junie: Petrus Pretorius, Klerksdorp.

Stuur asseblief artikels soos getuienisse, vir plasing in DieLigdraer om die Redakt'eur te berelk ongeveer ses weke voordie maand van publikasie en voorkom so drukte op die laasteoomblikke. Baie dankie byvoorbaat vir u liefdevolle same­werking. Mag die Here u help en krag gee!

Belangrik

/

Belangrik

Aanddiens 7-uur.

Morediens 10.30; Aanddiens 7-uur./

Kinderdoop 10.30 vm.; Aandiens 7-uur.

Nagmaal 10.30 vm.

Hemelvaart 10.30 vm.; Aanddiens 7 nm.

Aanddiens 7-uur.

Kinderdoop 10.30 vm.; Aandiens 7-uur.Nagmaal 10.30 vm.

Bidure 7 nrn. daagliks.

Kinderdoop 10.30 vm.; Aanddiens 7-uur.

Nagrriaal 10.30 vm.

~

~AVIAANSKRANS:,28 April 195029 April30 April

BETSJOEANALAND:

6 April 1950

7 April

8April9 April

,', f

KLERKSDORP:

18 Mei 1950

19 Mei tot enmet 26 Mei :

27 Mei

28 Mei

14 15

- /

Page 9: TYDSKRIF VAN DIE CHRISTELiKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA nr 22.pdf · Die saligheid word verkry langs die weg van diepe ver nedering soos Jesus self ook moes ondergaan het. Laat ons